1 minute read

Mapudungun

Andies

Sowat 300,000 mense praat Mapudungun, saamgestel uit mapu ('land') en dungun (‘taal’). Die term "Huilliche" (mense van die suide), "Pehuenche" (mense van die berge), "Lafquenche" (mense van die kus), en "Picunche" (mense van die noorde) word onderling gebruik om na streke te verwys.

Advertisement

Die sprekers van Mapudungun woon hoofsaaklik in Chile se Arauco-, Biobio-, Malleco-, Cautín-, Chiloé en Valdiviaprovinsies, en in Argentinië in Neuquén en langs die Rucachoroi- en Quillénmeer in Patagonië. Hulle Chileense woongebied is skilderagtig mooi, ‘n landskap van watervalle en mere met die sneeubedekte Andesgebergte in die agtergrond. In die lente en somer word die lowergroen omgewing aangevul deur veldblomme en bome vol bloeisels.

Mapudungun toon strukturele, fonologiese en fonotaktiese ooreenkomste met die Quechua- en Aymaratale. Tydens die Inkaryk het Mapudungun heelwat woorde by die voorvermelde tale geleen.

Ses vokale [a, e, i, o, u] en [ɨ] en 22 konsonante, almal stemloos, vorm die fonemiese inventaris.

Selfstandige naamwoorde word in twee klasse verdeel: Lewend/nie-Lewend. Die voornaamwoordstelsel bestaan uit iñche 'ek', iñchiw'we (ons twee)', iñchiñ'we (ons meer as twee)'; eymi 'jy', eymu ('julle twee)', eymün (julle meer as twee)'; fey 'hy/sy/dit', feyengu '(hulle twee)', feyengün hulle (meer as twee)'.

Mapudungun is ‘n aglutinerende taal wat tot ses morfeme in werkwoorde gebruik, in die vorm van suffikse wat die persoon en getal van die onderwerp aandui, sowel as die voorwerp, tydvorm, aspek en negering. Modale vorme van die werkwoord sluit in indikatief, voorwaardelik, en imperatief, terwyl die aspektuele onder meer ‘n reeks ruimtelike afleidings bevat, soos “weg vd spreker, na die spreker”, “beweging ver van die spreker” sonder vorige verwysing, sowel as sirkulêre beweging.

Die eerste grammatika van Mapudungun is in 1606 gepubliser, in 1765 het ‘n woordeboek gevolg en in 1777 nog ‘n grammatikawerk.

This article is from: