2 minute read
Die Taal van die Olmecs
Die Olmecs word as die hoeksteen van latere Meso-Amerikaanse beskawings soos die Maya, Zapotec, Toltec en Teotihuacán beskou.
Die Olmec-beskawing het rondom 1,500 VHE na vore gekom in die Landengte van Tehuantepec. Die eerste sentrum was by San Lorenzo, en later het La Venta, Tres Zapotes en ander gevolg, in die hedendaagse Meksikaanse deelstate Veracruz, Tabasco, Mexico, Guerrero en Oaxaca.
Advertisement
Die Olmec het massiewe monumente opgerig, waaronder kolossale klipkoppe, stelae en standbeelde. By Olmec-terreine is akwadukte gevind, en ‘n weelde van artefakte, waaronder beeldjies, spieëls, borde en potte. Hulle het ook piramides gebou, en die Meso-Amerikaanse balspel uitgevind, ‘n seremoniële spansport wat vir eeue lank onder latere kulture voortgesit is. Verder was hulle die eerste sistematiese landbouers wat ‘n wye reeks gewasse gekultiveer het.
Die laat-Olmec of epi-Olmec ( c 300 VHE – 259 HE) was ‘n kultuurarea in die hedendaagse Veracruz, wat in die kom van die Papaloapanrivier floreer het. Tres Zapotes en later Cerro de las Mesas was die grootste epi-Olmec sentra.
Die Olmec het ook piramides gebou, en die Meso-Amerikaanse balspel uitgevind, ‘n seremoniële spansport wat vir eeue lank onder latere kulture voortgesit is. Verder was hulle die eerste sistematiese landbouers wat ‘n wye reeks gewasse gekultiveer het.
Die laat-Olmec of epi-Olmec ( c 300 VHE – 259 HE) was ‘n kultuurarea in die hedendaagse Veracruz, wat in die kom van die Papaloapanrivier floreer het. Tres Zapotes en later Cerro de las Mesas was die grootste epi-Olmec sentra.
In 1976 het die linguïste Lyle Campbell en Terrence Kaufman aan die lig gebring dat ‘n spektrum leenwoorde uit ‘n ouer vorm van die hedendaagse Mije-Soke (Mixe-Zoquean)-tale deur verskeie ander tale van Meso-Amerika geleen is. Dit dui daarop dat Proto-Mije-Soke die taal van die Olmecs was. Die leenwoorde het hand-aan-hand met ander kuns- en kultuur-elemente deur Meksiko en Sentraal-Amerika versprei.
Die name van plante en landboupraktyke is op ‘n vroeë stadium by Mije-Soke geleen. Onder die leenwoorde is die woorde vir landbougewasse soos bone, tamaties, skorsies en kakao.
Hoe weet ons dat die woorde van Mije-Soke na ander tale versprei het? In die eerste plek het MijeSoke min leenwoorde uit ander tale; tweedens word Mije-Soke steeds in die hartland van die Olmecs gepraat. Derdens kan mens leenwoorde in die ontvangtaal uitken op grond van die verskille tussen die struktuur van die leenwoord en die struktuur van morfeme in die ontvangtaal.
Neem byvoorbeeld “aardvark”, die Afrikaanse woord wat deur Engels geleen is. In Afrikaans is “aard-vark” ‘n samestelling, terwyl dit in Engels monomorfemies is. ‘n Woord wat nie by die ontvangtaal se fonologiese struktuur inpas nie, is waarskynlik ‘n leenwoord. Proto-MS se *nas-oʔnaʔ 'mis, newel' (“aarde-wolk”) verskyn in die monosillabiese Mayatale Tojolabal, Chuj, Jacaltek en Motozintlec as ʔasun, ʔason, en ʔaso'n– atipiese tweelettergreep-woorde in Maya.
So ook /tunuk'/tuluk'“kalkoen” in die Mayatale Tzeltal, Tzotzil, Chuj, Jacaltec en Motozintlec van PMZ *tuʔnuk, en koya“tamatie” in Cakchiquel, Tzutujil, Mam, Aguacatec en Chol, van PMZ *koya. Dis betekenisvol dat sulke belangrike Meso-Amerikaanse gewasse soos bone, skorsies, tamaties en kakao deur soveel Meso-Amerikaanse tale by Mije-Sokean geleen is. As die eerste landboubeskawing in Sentraal-Amerika, maak dit sin dat die Olmecs se terme vir gewasse deur ander tale geleen sou word. Die feit dat die Mayas en ander kulture dié terme geleen het, getuig van die hoë aansien wat die sprekers van Proto-Mije-Soke in daardie era beklee het.