Witzenberg Herald Vol.26 no.13 (Online Weergawe)

Page 5

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees op Vrydag 7 April 2023 en Maandag10 April 2023 April 2023 Maandag10 2023 Ons wens al ons lesers ‘n geseënde Paasfees toe

(John 11:25) Rejoice in hope this Easter season!

Sending many blessings to you during this time of hope, joy, and renewal. Praying that you feel Christ's love throughout this Easter Day and beyond. May the miracle of Easter bring you peace and joy.

Editorial: nuus@witzenbergherald.com

• Onafhanklike finansiële advies

• Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.

Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com

Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Stappers gered, vrou verloor baba

‘n TWEEDE stapgroep, wat waarskuwings om om te draai geïgnoreer het, moes einde verlede week deur WSAR vrywilligers gered word - skaars drie dae na die redding van ‘n ander stapgroep op die Witels staproete.

Die tweede stapgroep van 6 lede, wat ‘n ouerpaar en hul drie kinders insluit, is Donderdag 31 Maart omstreeks 10:00 op die Witels staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas deur ‘n AMS noodhelikopter en vrywilligers van Wildernis-soek-enredding (WSAR) opgepik nadat ‘n ander lid van die stapgroep reeds Woensdag ‘n ontsnappingsroete gebruik het om hulp te ontbied.

Die stapgroep is volgens inligting buitelanders van Plettenbergbaai en het verlede naweek begin stap.

Hulle is verlede Sondag deur ‘n polisiehelikopter gevra om terug te draai na die beginpunt maar het waarskuwings geïgnoreer en aangestap.

Die ma van die kinders was ses maande swanger en het moontlik weens skok en uitputting in kraam gegaan. Sy het die baba verloor. Die helikopter het later die stappers by Winterberg Mountain Inn afgelaai waarna die vrou na ‘n hospitaal gehaas is.

Ander reddingspoging

Die eerste stapgroep is Sondag 26 Maart gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op die staproete in die Waaihoekberge vasgekeer was.

Twee Kaapse families was deel van dié stapgroep en het Saterdag 18 Maart die staproete na Michellspas aangepak. Hulle moes teen Donderdag 23 Maart die eindpunt in Michellspas bereik het maar swaar reën het riviere laat afkom en die stappers in die berg vasgekeer.

Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is Saterdag 25 Maart ontbied en ‘n reddingspoging is geloods met 20-30 reddingswerkers van die Wildernis-soek-en-redding (WSAR), die SAPD se duik- en honde-eenheid en lede van EMS. Donkerte, die slegte weer en ‘n rivier invloed

het egter verhoed dat die stapgroep bereik kon word.

Reddingswerkers het weer die Sondag bymekaar gekom en is die groep bygestaan met ‘n AMS noodhelikopter, ‘n polisiehelikopter en rubberbote.

‘n Klein groepie reddingswerkers is met die AMS noodhelikopter na die kloof geneem waar die agt stappers vasgekeer was. ‘n Paar reddingswerkers is met toue laat sak om die stappers te bereik. Die agt stappers is daarna opgehys en na ‘n landingsarea by die nabygeleë Winterberg Mountain Inn geneem.

Roete gesluit

Die staproete wat as uiters moeilik beskryf word, is gewoonlik van 1 April tot 1 November gesluit. Op die roete moet stappers riviere en bergstrome kruis en oorswem en teen berghange afklim. Stappers op die roete moet ook hul eie kosvoorraad en slaapgoed saamdra.

Die WSAR se noodnommer is (021) 9370300 en is 24-uur beskikbaar.

INWONERS van die Witzenbergstreek moet water bespaar. * Damfoto word net as illustrasie gebruik en is geneem deur Cordré Smith van Ceres.

Bespaar water!

INWONERS van die Witzenbergstreek moet dringend kennis neem dat waterbeperkings reeds op Tulbagh ingestel is en dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat Ceres ook eersdaags met minder water sal moet klaarkom.

Indien die Koekedouwdam se watervlak tot 39% (7 maande se water) daal, dan sal die munisipaliteit genoodsaak wees om vlak 1 waterbeperkings in te stel.

Inwoners van Ceres, Nduli, Bella Vista en P.A. Hamlet word gevra om water spaarsamig te gebruik. Die Koekedouwdam se watervlak het verlede week na die goeie reën met 1.4% gestyg tot 40.4% maar weer Woensdag gedaal tot 39%.

‘n TWEEDE stapgroep, wat waarskuwings om om te draai geïgnoreer het, moes einde verlede week deur WSAR vrywilligers gered word - skaars drie dae na die redding van ‘n ander stapgroep op die Witels staproete.

FOTOS: WSAR - Tim Lundy, Shukri Petersen en Richard Mattheyse.

Indien geen reën uitsak nie, is die vooruitskatting dat dié dam teen einde Junie so laag as 13% sal daal.

Tulbagh se waterkrisis is ‘n bietjie erger en die verwagting is dat die dorp Dag Zero sal bereik op 1 Julie indien geen reën in die Tulbagh omgewing uitsak en inwoners voortgaan om water te mors nie. Vlak 4 beperking is reeds van 16 Februarie van krag.

Tulbaghdam se watervlak is tans op 23%.

Volume 26 no. 13 R 8.50 Friday, 7 April 2023 Ceres Koekedouw dam 39% Tulbagh dam 23% Lesings geneem: 2023/04/05
Witzenberg
Donderdag 6 April 15° 35° Vrydag 7 April Saterdag 8 April Sondag 9 April 9° 24° 5° 19° 4° 20°
NEW TRADING HOURS : Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street, Ceres Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres VALID UNTIL 30 APRIL 2023 - WHILE ST 2023 STOCKLASTOCKLAST OCKLASTOCKLAST OCK LAST on all Surge bicycles

Haweloses help skoonmaak

DIE groep haweloses het onlangs gehelp om die Ceres Omgeewinkel se terrein skoon te maak. Die haweloses kon na afloop van die skoonmaakpoging elkeen ‘n hemp, broek en kouse kies by die winkel. Die Omgeewinkel kry donasies wat klere insluit, en verkoop dit dan om fondse vir liefdadigheid in te samel. Die winkel is oorkant Ceres Cycles.

Dankie vir die Ceres gemeentes se omgee en liefde

Ds. PJ Retief van Garies skryf:

EK wil begin deur te sê ons is trots om hier te wees, om nog hier te wees, deur die genade van Bo! Sonder Sy sorg en beskerming sou ons lankal nie meer kon nie.

As ons mense terugdink oor die afgelope 9 of wat jaar en ons kyk na die syfers alleen, dan moes min boerderye nog bestaan het want dit is doodeenvoudig nie winsgewend nie.

Soos een oom so gereeld sê “Ons het begin om ons weglê-planne te gebruik, daardie planne wat jy bêre vir die moeilikste van moeilike tye en daardie weglê-planne begin ook nou opraak.”

In baie opsigte het die droogte ons baie dieper geraak as Covid 19.

In die somer van 2021 het ons plek-plek in die Boesmanland reën gehad en die afwagting vir die winter van 2022 was baie groot.

As ons egter nou terugkyk, dan het ons vir die kalender jaar van 2022 minder as 100 mm reën gekry. So ons veld is uitgeëet, die bosse is dood en dit gaan jare neem vir die veld om regtig te herstel - ás dit herstel.

Dit mag nou klink of ek namens die ganse Namakwaland kla en dit is geensins die geval nie. Die afgelope jare het ons hoop - wat altyd reën was - in ander vorme gekom.

In ‘n boksie wat deur ‘n onbekende gestuur word en oopgemaak word met verwagting.

In ‘n sak voer wat iemand anoniem vir jou gekoop het.

In ‘n boodskap van iemand aan die ander kant van die land wat net vra hoe dit gaan en sê “Ons bid vir jou!” In ‘n nuwe plan wat God in ons binneste laat ontkiem. Party dae gaan dit met ons beter as ander. Party dae gaan dit ook slegter as ander. Maar of dit goed gaan en of dit minder goed gaan, die genade van Bo is elke dag net genoeg om ons deur die dag te dra. En dit is baie kosbaar!

Ons is bevoorreg om nog elke oggend die bed leeg te maak en die velskoene volstaan. Ons is bevoorreg om elke dag uit die hand van die Vader te leef. Ons is bevoorreg dat ons mense ken wat vir ons bid, aan ons dink en na ons uitreik. Ons is bevoorreg om hier in die baie spesiale plek wat ons die Namakwaland noem, te kan leef en boer.

Ons is gelukkig hier. Ons leef naby die aarde en naby aan ons God. En dit is ‘n voorreg wat geld nie kan koop nie!

Dankie vir die Ceres gemeentes se omgee en liefde. Dankie vir elke oproep of Whatsapp. Dankie vir elke gebed. Dankie vir wie julle elkeen is!

Mag die Here julle gemeentes seën, nie omdat julle al baie gegee het nie, maar omdat julle bitter spesiale mense is! Mag julle God raaksien in alles wat julle doen en as julle hierdie kant toe kom, kom kuier gerus vir ons.

WASTE REMOVAL SCHEDULE FOR EASTER WEEKEND 2023

Friday 7 April 2023 NO SERVICE / GOOD FRIDAY

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas.

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

WITZENBERG HERALD Friday, April 7, 2023 2
DAY Thursday SERVICE AREA Wolseley
DATE 6 April 2023 SERVICE Service continues as normal PERSON RESPONSIBLE Frank Samuel Mario Colin SERVICE TYPE
and Op-die-Berg and all businesses; P.A. Hamlet, Waterfall area and Swaneberg Park area and all businesses
•Black & Green bags removal and business districts, Public Toilets
•Skips, Street cleaning
Monday
10
Service
Frank Mario Samuel Colin
Ceres town, including Cilliers and Retief Street industrial zone; Oosterlig industrial zone and all businesses
April 2023
continues as normal
• Black & Green bags removal and business districts, Public Toilets
The normal Friday services will also be delivered on Thursday,
April 2023 due to the public holiday on Friday, 7 April 2023.
• Skips, Street cleaning
6

Motoriste moet versigtig wees die Paastyd

DIE Witzenberg munisipaliteit en padveiligheid rolspelers in die Wes-Kaap gaan gedurende die Paastyd baie sigbaar wees. Motoriste word gevra om meer veiligheidsbewus te wees op die provinsie se paaie wat baie besig gaan wees dié langnaweek. Die April skoolvakansie veiligheidsplan is Maandag 3 April geloods deur die Wes-Kaap minister van mobiliteit, Ricardo Mackenzie. Dronkbestuur, hoë snelhede en moegheid lei tot 85% van alle ongelukke in die land. Motoriste word gevra om hul veiligheidsgordels te dra en nie op selfone moet praat nie. Voetgangers word ook gevra om versigtig te wees tydens die Paastyd. In 2021 is 235 sterftes gedurende die Paastyd aangemeld en 162 in 2022.

Foto ter illustrasie.

Raadslid geskors na tugverhoor

‘n GOOD-raadslid en onderburgemeester van Witzenberg munisipaliteit se tugverhoor is afgehandel en einde Maart is sy deur haar politieke party geskors in afwagting van die finale afhandeling van die tugverhoor en haar straf.

Rdl. Felicity Klazen (onderburgemeester van Witzenberg) en Shaun August (lid van Wes-Kaap wetgewer) is verlede jaar voor ‘n tugverhoor gedaag na beweringe van wangedrag tydens ‘n Maart 2022-stemwerwingsveldtog in Dennebos op Ceres.

GOOD het kort na die voorval gesê dat die party ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel het om dié beweringe van wangedrag te ondersoek.

Brett Herron, GOOD sekretaris-generaal en woordvoerder, het op 31 Maart in ‘n verklaring gesê dat die party se nasionale bestuurskomitee het besluit om Felicity Klazen amptelik uit alle party-aktiwiteite te skors in afwagting van ‘n finale straf. Sy mag nie in kontak wees met enige Goodlid nie, mag nie party vergaderings bywoon of reël nie en mag ook nie enige kommentaar op enige sosiale media platvorm lewer nie. Sy mag wel nog voortgaan met haar pligte as raadslid en onderburgemeester.

In ‘n Rapport-artikel op 2 April het mnr. Green, wat rdl. Klazen in die tugverhoor verteenwoordig het, gesê die fotos wat in die tugverhoor gebruik is, is persoonlike fotos. Hy het ook gesê hulle gaan appèlleer teen die bevindings.

Moordverdagte vrygelaat op R500 borg

‘n VROU wat verdink word van moord, is verlede week op borg van R500 vrygelaat.

Elizabeth Sagarias (62) van Bella Vista het op 22 en 29 Maart in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Haar verskyning spruit uit ‘n voorval op Saterdag 18 Maart in Vygiesingel nadat die polisie die liggaam van die 25-jarige Denrico Jensel in die straat gevind het. Hy het ‘n oopwond in sy bors gehad en is op die toneel dood verklaar. Sagarias is kort na die voorval gearresteer en op 29 Maart op borg van R500 vrygelaat. Die saak is tot 5 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Hokkiefees op Ceres

CHARLIE Hofmeyr se 2023 Hokkiefees het oor vier dae van Vrydag 31 Maart tot Maandag 3 April plaasgevind. 23 Hokkiespanne het aan die toernooi deelgeneem. * Meer oor die toernooi in volgende week se uitgawe.

UITREIK NA NAMAKWALAND

6 Mei 20236 Mei 2023 6 Mei 20236 Mei 2023 2023

Ons beplan om uit Ceres uit te reik na die boere in NUWERUS + GARIES waar dit nog bitter droog is Ons benodig asb.: Vars produkte, kruideniersware, boeke, tydskrifte, klere of meld jouself asb. aan.

KontakpersoneKontakpersone KontakpersoneKontakpersone Kontakpersone: Annes Geldenhuys082-653-2172

DuToit Conradie071-675-0743

Diane Steenkamp084-247-2513

Christine Conradie082-336-9324

John sterf na kort siekbed

‘n BEKENDE inwoner, plaaslike rolbalspeler en jarelange werknemer van CFG, John Ackermann (63), is Saterdag na ‘n kort siekbed oorlede. “Ons neem met hartseer afskeid van ons kollega, John Ackermann. Vir 34 jaar het Ceres Fruit Growers die voorreg gehad om geseën te wees met John se glimlag, vriendelikheid en hulpvaardigheid as gewaardeerde kollega en vriend. Ons bid vir Elize, Sanelle, Jacques, gades, kleinkinders, familie en vriende in hierdie hartseer tyd. Ons gaan vir John baie mis. Vir ewig in ons harte”. Van die direksie, bestuur en personeel van Ceres Fruit Growers.

2023 Easter Message

Witzenberg Municipality wishes our residents a blessed Easter. May this Holy season renew your bond with our Heavenly Father and strengthen your faith in His wisdom and mercy.

Witzenberg Munisipaliteit wens sy inwoners ‘n geseënde Paasfees toe. Mag hierdie tyd ons band met ons Heilige Vader hernu en ons geloof in Sy wysheid en groot genade versterk.

Umasipala waseWitzenberg unqwenela abahlali iPasika enamathamsangqa. Yanga eli xesha lingcwele lingavuselela ubudlelwane bakho noBawo wethu wasezulwini kwaye lomeleze ukholo lwakho kubulumko nenceba yakhe.

WITZENBERG HERALD Friday, April 7, 2023 3
Alderman Hennie Smit Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor Usodolophu

Wees op die uitkyk vir dié slenter

DIE Witzenberg gemeenskap word gevra om versigtig te wees vir mense wat geld insamel namens organisasies waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Hendrik Skippers van Bella Vista en enigste lid van die Tabernakel Evangelie Pinkster Sending samel geld in op die dorp. Hy gebruik adresse vir die kerk in Malmesbury maar ook in Bella Vista. Die Tabernakel Evangelie Pinkster Sending het nie ‘n NPO-nommer nie. Die NPO nommer 115-017 op sy brief - wat toevallig deur Ceres SAPD gestempel is as ware afskrif - behoort sedert 11 Desember 2012 aan Out Comes Community Project. Enige NPO nommer kan op die departement sosiale ontwikkeling (social development) se webtuiste http://www.npo.gov.za getoets word.

Gesondheidsdienste in gemeenskappe steeds ‘n prioriteit

MET die hulp van verskeie vennote bring die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand steeds omvattende gesondheidsdienste na kliënte.

Die departement het onlangs ooreenkomste gesluit met meer as tien nie-regeringsorgansisasies vir ‘n volgende termyn. Plekke soos klinieke en daghospitale is ankerpunte vir dienste in die gemeenskap, maar om bystand te gee aan soveel as moontlik mense, werk die departement saam met verskeie vennote.

Voorbeelde van dienste wat op hierdie manier beskikbaar is, sluit in:

● Plekke waar kroniese medikasie afgehaal kan word in woonbuurte

● Tuisbesoeke vir die deel van inligting oor gesondheid (veral gesinsbeplanning, babagesondheid, immunisasie, en voor- en nageboortesorg)

● Tuisbesoeke vir ondersteuning met die neem van kroniese medikasie

● Geestesgesondheidsondersteuning

● Rehabilitasie en/of palliatiewe sorg

Aan die einde van die finansiele jaar het sommige ooreenkomste wat gesluit is tussen die departement en nieregerings organisasies verstryk. Ná ‘n proses waar diensverskaffers kon aansoek doen vir kontrakte, is ooreenkomste vir ‘n nuwe termyn aangegaan sodat hierdie dienste voortgaan sonder onderbrekings.

Wanneer Bibbie Pogieter van Ceres dink aan die dienste wat haar 65-jarige suster, Wendy, ontvang het by een van

die departement se vennote in die Witzenbergstreek, is sy vol lof en dank.

“My suster het serebrale gestremdheid gehad. Die gesondheidswerkers het elke dag na haar gekom, haar gewas en aangetrek. Hulle was ook by haar die oggend toe sy gesterf het” onthou Bibbie.

Wendy is in 2019 oorlede, maar die waarde en impak van die diens wat hulle ongeveer ses jaar lank ontvang het, is nie vergete nie.

“Dit was ‘n wonderlike diens. Hulle was vol empatie en het haar met soveel menswaardigheid behandel. Ek is bly dat sulke dienste voortgaan.”

Die departement is baie dankbaar teenoor al sy vennote. Vennote in die Kaapse Wynland distrik wat gemeenskapsgebasseerde gesondheidsdienste bied vir die Breedevallei, is Boland Hospice, Vukahambe Association for the Multi-disabled en Breedevallei APD.

In die Witzenbergstreek is die vennote NorSA, Vrolike Vinkies dagsorg en Boland Hospice.

“Die behoefte aan gesondheidsdienste is groot. Met die hulp van ander rolspelers kan ons impak baie groter wees en is ons ‘n tree nader aan beter gesondheid en welstand,” sê Handri Liebenberg, Wes-Kaap gesondheid en welstand se direkteur van die Kaapse Wynland distrik. “Ons sê dankie aan die vennote wat ons tot nou ondersteun het en wil pasiënte gerusstel - al verander die diensverskaffer met wie jy bekend geraak het in jou omgewing, sal jy steeds ondersteun word. Jou welstand is steeds baie belangrik vir ons.”

te wees

WANNEER personeel van Ceres Togryers museum inkoop in hul werksomgewing se visie! Dankie, Rudowaan vir dié inisiatief. Die museum se fokus vanjaar is op “Well-being” en daar sal weekliks ‘n opbouende boodskap op die inligtingsbord buite die museum in Oranjestraat geplaas word.

WITZENBERG HERALD Friday, April 7, 2023 4 HEKGELD: VOL HEKGELD: VOL VOLWW WW WASSENES (R20) KINDERS (R10) MOTORS (R10) ASSENES KINDERS (R10) MOTORS (R10) (R10) Skakel Frans 062-096-8078 of Mr. P. 071-402-3195 Skakel Frans 062-096-8078 of Mr. P. 071-402-3195
Boodskap help almal om meer positief

RLT skenk Moringa boompies

OP 28 Maart is ‘n nuwe projek tussen Rustic Living Trading (RLT) en The Girl’s Supply Services and Projects geloods in samewerking met Nuwedrift plaas buite Wellington. RLT het 250 Moringa bome geskenk om opkomende boere te help om Moringa bome in die Wes-Kaap aan te plant. VLNR: Jean Maart (RLT), dr. Dean Pillay (RLT), Moses Mlangeni (Drakenstein munisipaliteit), Derick Mouton (HUB van RLT), Dali Figland (The Girl’s), Pamela Mjungu (The Girl’s) en JG Basson (Nuwedrif).

Help om stoeier se droom te bewaarheid

‘n LID van Ceres stoeiklub en ‘n oudleerder van HTS Drostdy, Franscoies du Toit, is opgeneem in die S.A. senior stoeispan. Die Afrika Kontinentale stoeikampioenskappe (amateur stoeitoernooi) word van 15 - 21 Mei in Tunisia aangebied. Net die bestes word na die nasionale proewe uitgenooi en net die stoeiers wat eerste plekke behaal word vir die SA-span gekies. Slegs twee stoeiers is van die Wes-Kaap. Franscoies neem in die onder 67 kg afdeling in die Grieks Romeinse styl deel. (In die Grieks Romeinse styl mag ‘n stoeier glad nie sy bene in enige van die grepe gebruik nie). * Kostes beloop nagenoeg R40 000 per stoeier om te gaan toer. Susan du Toit vra die gemeenskap se hulp om Franscoies se droom om Suid Afrika op senior vlak te verteenwoordig, te bewaarheid. Enige navrae kan aan haar gerig word by (021) 9494620. Donasies en skenkings kan in die rekening van South African Wrestling Federation, Standard Bank Rivonia, takkode 001255, rek nr: 023-031662 inbetaal word. Die verwysing is F. Du Toit en ‘n bewys van betaling moet asseblief aan die spanbestuurder gestuur word by dewet.lizzy @gmail.com en aan winelandswrestling @gmail.com

IMPORTANT NOTICE

NOTICE IN TERMS OF SECTION 116(3)(b) OF THE LOCAL GOVERNMENT: MUNICIPAL FINANCE MANAGEMENT ACT 56 OF 2003

The Project for the upgrading of the Van Breda Bridge, Ceres is currently in the construction phase, and the anticipated completion date is 31 March 2024. The Project is a joint effort between the Municipality and The Department of Transport and Public Works that funds 80% of the total project costs and the Municipality 20%.

Contract 08/2/17/51: Upgrading of Van Breda Bridge & Associated Road works, Ceres was awarded to the Contractor; Amandla GCF Construction cc, on 3 June 2021, for the total contract value of R39 202 903.87, inclusive of 15% VAT. The Municipality intend to extend the contract, on the same terms and conditions as the previous contract, to a maximum amount of R57 236 326.55, inclusive of 15% VAT. The main reasons for the extension of the contract is a result of Variation orders due to on-site conditions, extension of time claims and contract price adjustment variations.

Any member of the local community who wants further details and or wishes to submit a presentation in respect of the above mentioned contract extension, may do so within fourteen (14) days from the date of publication hereof by contacting the Director: Technical Services per e-mail at: joseph@witzenberg.gov.za

BELANGRIKE KENNISGEWING

KENNISGEWING IN TERME

ARTIKEL 116(3)(b) VAN DIE PLAASLIKE REGERING: MUNISIPALE FINANSIËLE

BESTUUR WET 56 OF 2003

Die Projek vir die opgradering van die Van Breda Brug, Ceres is tans in konstruksie fase, met ‘n verwagte voltooiingsdatum van 31 Maart 2024. Die Projek is ‘n gesamentlike poging tussen die Munisipaliteit en die Departement van Vervoer en Openbare werke, wat 80% van die totale projek kostes befonds en die Munisipaliteit 20%.

Kontrak 08/2/17/51: Opgradering van die Van Breda Bridge & Associated Road works, Ceres was toegeken aan die Kontrakteur, Amandla GCF Construction cc, op 3 Junie 2021, vir die totale kontrakwaarde van R39 202 903.87, 15% BTW ingesluit. Die Munisipaliteit is van voorneme om die kontrak uit te brei, op dieselfde voorwaardes en terme van die vorige kontrak, tot 'n maksimum bedrag van R57 236 326.55, 15% BTW ingesluit. Die uitbreiding van die kontrak kan hoofsaaklik toegeskryf word aan variasies weens die terrein toestande, verlenging van tyd eise en kontrakprys aanpassings.

Enige lid van die gemeenskap wat meer besonderhede soek en of wens om ‘n voorlegging in te dien met betrekking tot die bogenoemde kontrak uitbreiding, mag so doen binne veertien (14) dae vanaf datum van hierdie publikasie deur die Direkteur: Tegniese Dienste per e-pos te kontak by: joseph@witzenberg.gov.za

ISAZISO ESIBALULEKILEYO

ISAZISO NGOKWECANDELO 116(3)(b) LOORHULUMENTE

BASEKHAYA: UMTHETHO WOLAWULO LWEZEMALI (56 KA 2003)

Inkontilakhi 08/2/17/51: Ukuphuculwa kweBhulorho iVan Breda Bridge & neCandelo leMisebenzi yezeNdlela, eCeres yathi yanikwa Inkampani yozolwakhiwo u- Amandla GCF Construction cc ngomhla wesi- 3 kweyeSilimela 2021 ngexabiso lemali ebalelwa kuma R39 202 903.87, kuqukwa irhafu ekumnyinge we-15% ekhulwini. Ixesha elilindelekileyo lokuqukunjelwa kwalomsebenzi ngunyaka ka2024 kweyoKwindla ngomhla wama-31. Le projekithi yintsebenziswano phakathi koMasipala neSebe lezoThutho kunye neMisebenzi yoLuntu ethe yaxhasa eliphulo ngemali ebalelwa kumnyinge wama 80% ekhululwini waze uMasipala yena wafaka ama20% ekhulwini.

Umasipala unenjongo zokongeza ixesha kambe kucangcathwa kwimibandela ekwakuvunyelwene ngayo ntlandlolo kwixabiso elibalelwa kuma R57 236 326.55, kuqukwa umnyinge werhafu obalelwa ku-15% ekhulwini. Owona nobangela uchanekileyo wokuba kwandiswe elixesha yintlaninge yemicelimngeni, indawo abasebenzela kuyo,ukwandiswa kwexesha kunye nokuhlengahlengiswa kwamaxabiso.

Wonke uMhlali ofuna iinkcukacha ezithe vetshe malunga nokwandiswa kwexesha laleNkontilakhi kubalulekile ukuba afake isiphakamiso sakhe zingekapheli iintsuku ezili-14 emveni kokuba esisaziso sipapashiwe ngokuthi aqhagamishelane noMlawuli: KwiCandelo leeNkonzo lezoBuchwepheshe kuleimeyile joseph@witzenberg.gov.za

WITZENBERG HERALD Friday, April 7, 2023 5

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com

066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za

Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

087 095 3617 info@jptek.co.za www.jptek.africa

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees op Vrydag 7 April 2023 en Maandag10 April 2023 Maandag10 2023 Maandag10 Ons wens al ons lesers ‘n geseënde Paasfees toe

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021

w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

(John 11:25) Rejoice in hope this Easter season! Sending many blessings to you during this time of hope, joy, and renewal. Praying that you feel Christ's love throughout this Easter Day and beyond. May the miracle of Easter bring you peace and joy.

WITZENBERG HERALD Friday, April 7, 2023 6
classifieds
SCAN TO DONATE RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. BRAKKIEBRAKKIE (Female) Born 01/08/2022 CHARLIECHARLIE CHARLIE (Male) 10 Weeks old RICKRICK RICKRICK RICKYY YY Y (Male) Born 22/11/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022
Even as the sun goes down to end the light of day, IT’S RISING ON A NEW HORIZON SOMEWHERE FAR AWAY. And though our world seems darker, FOR THE LOSS OF THOSE WE MISS, we know your life has dawned, IN A BRIGHTER WORLD THAN THIS. Valerie, children and grandchildren Llewellyn Aubrey Juries 10 April 2020 2020 Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndréP André du PAndréP André du Preezreez reezreez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com DIANA &KIM is there to help: •Financial assistance •Bring back lost lovers •Court and divorce cases •Pay after job is done 073-478-1181 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND AND TOOL HIRE TOOL TOOL HIRE TOOL
KRY JOU SONKRAG EN BATTERY SISTEEM BY ONS!

DIE oudspeler van Hamlet rugbyklub en skrumskakel van Boland en tans Springbok sewesspeler, Jaiden Baron (25) van P.A. Hamlet, is weer in die Springbok 7’s groep opgeneem vir die komende toernooi in Singapore. Hy vervang Zain Davids wat beseer is.

Klub spog met nuwe truie

CHARLIE Hofmeyr se 2023 Hokkiefees het oor vier dae van Vrydag 31 Maart tot Maandag 3 April plaasgevind. 23 Hokkiespanne het aan die toernooi deelgeneem. * Meer oor die toernooi in volgende week se uitgawe.

nuusbrokkies

DIE Fred Gaum Hostelites van 1979-1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 19742022 uit na galageleentheid ter ere van wyle dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die Dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op 5 Augustus van 17:00-23:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-8800321. Net 250 kaartjies is beskikbaar. Vir navrae skakel Floors Baartman by 081-8157343 , Lynn Julies by 078-915-2902 of Wilhelm Eldrick Jansen by 078-691-4407 BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek bied weer hul Boetevrye tydperk aan. Geen biblioteekgebruiker sal tussen 20 Maart en 21 April ‘n boete op laat boeke betaal nie. Die biblioteke vra dat almal wat biblioteekboeke by hulle het, dit tussen die datums kom ingee.

CERES netbalklub het weer met oefeninge begin op Maandae en Woensdae. Begintyd is vanaf 17:45 -18:00 op Laerskool Gericke se netbalbane. Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Skakel Marelize by 073-3187638

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657- 4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com. * Deposito is betaalbaar voor of op 15 April 2023.

JAFTA Toere is vanjaar Bella Vista rugbyklub se truie-borg. Bella Vista rugbyklub se bestuur het namens die spelers, afrigters, spanbestuurders en ondersteuners hul dank en waardering vir dié borgskap uitgespreek. Ook ‘n woord van dank aan die klub se vorige voorsitter, Craig Volmoer, wat die borgskap geïnisieer het. Hier ontvang die klub se nuwe voorsitter, Pieter Klazen, ‘n trui van ‘n verteenwoordiger van Jafta Toere.

SATERDAG 1 April het La Plaisant United in ‘n wipplank-stryd vir Young Westleyans van Ceres met 22-17 geklop. Jerome Janse, binnesenter van La Plaisant, skop hier een van sy skoppe oor met Ricardo Domingo in die agtergrond. * Byron van Neel het ‘n drie gedruk vir La Plaisant en Jerome Janse het met die doelskop asook vier strafskoppe geslaag. Jason Rabie het ook een strafskop oorgeskop.

FOTO: Luigie Heuning

PUBLIEKE DEELNAME BY HERSIENING VAN RAAD

SE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2023/2024

Kennis geskied hiermee dat ingevolge die Raad se Strategiese Proses Plan, daar nou met ‘n rondte publieke deelname vergaderings begin sal word om die 2023/2024 Konsep GOP en Begroting voor te hou.

Openbare vergaderings sal in die verskeie dorpe vanaf 12 April tot 24 April 2023 plaasvind.

Lede van die publiek word hiermee hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader sodat daar saam oor ons toekoms besin kan word.

Die vergaderings vind soos volg plaas:

Maandag17 April 18:00

Dinsdag18 April 18:00

Gemeenskapsaal

3 & 5 Ceres Stadsaal

1 & 12Nduli Gemeenskapsaal

Woensdag19 April 18:00 P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal

Donderdag20 April 18:00 Wolseley2 & 7 Pine Valley Gemeenskapsaal

Maandag24 April 18:00 Op-die-Berg8 & 9Nyukintaba Gemeenskapsaal

PUBLIC PARTICIPATION IN REVIEW OF COUNCIL’S DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2023/2024

Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation meetings in order to present the 2023/2024 Draft IDP and Budget.

Public meetings will be hosted in the different towns from 12 April to 24 April 2023.

Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officials in order to plan collectively for our future.

The meetings will take place as follows:

DAYDATETIME TOWN/SECTORWARDS VENUE

Wednesday12 April 18:00

Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall

Thurday13 April 18:00 Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall

Monday17 April 18:00 Ceres3 & 5 Ceres Town Hall

Tuesday18 April 18:00 Nduli1 & 12 Nduli Community Hall

Wednesday19 April 18:00 P.A. Hamlet4 &10Kliprug Community Hall

Thursday20 April 18:00 Wolseley2 & 7 Pine Valley Community Hall

Monday24 April 18:00 Op-die-Berg8 & 9Nyukintaba Community Hall

WITZENBERG HERALD Friday, April 7, 2023 7
DAGDATUM TYDDORP/SEKTOR WYKEPLEK Woensdag12 April 18:00 Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal Donderdag13 April 18:00 Tulbagh 7 & 11Witzenville
Ceres
Nduli
DAVID NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER VERW/REF NR: 02/02/1

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Du Toit en Fourie wen kompetisie

CHARL (Tippie) du Toit en Philppetrie Fourie het Saterdag 1 April die beterbal houespel kompetisie op Ceres met 63 houe gewen. Henk Rossouw en Bennie van Rensburg was in die tweede plek, ook met 63 houe. Clement de Bruin en Arno van Wyk was derde met 64 houe gevolg deur Etienne Notley en Johan Smit in die vierde plek met 65 houe.

Ander kompetisies

Die volgende kompetisies word gedurende Aprilmaand aangebied. Daar is nog min inskrywings vir Saterdag 8 April (langnaweek) se enkel syfer plus kompetisie. Indien daar minder as 20 spelers is, word geen kompetisie aangebied nie. Saterdag 15 April vind die tweede Windhoekpare kompetisie plaas. Die Nelson ligaspan speel ook op De Hoek teen Malmesbury.

Saterdag 22 April vind die maandelikse enkel houespel kompetisie plaas en op 29 April borg die klub ‘n enkel stableford kompetisie.

Besprekings

TWEE atlete van Charlie Hofmeyr het verlede week besonderse prestasies behaal toe hulle in die top 50 van hul ouderdomsgroep vir hulle onderskeie atletiekitems geplaas is. Juan Marais (bo) is tans tweede op die wêreld ranglys vir mans o/20 diskus (1.750kg) met ‘n afstand van 61.85 meter. Danie Strooh, ook van Suid-Afrika, is tans eerste met ‘n afstand van 62.94 meter. Lané Giliomee (regs), Charlies se top hekkie-atleet, beklee tans die 44ste plek op die wêreld-ranglys vir vroue o/20 met ‘n tyd van 1:02:74.

Sanaa Hebron van Amerika is tans eerste in ‘n tyd van 56:47.

LOVEDALE rugbyklub van De Keur landgoed het hulle kragspel voortgesit in die streekuitdaag-kompetisie toe hulle Young Good Hope maklik met 35-10 geklop het. Lovedale druk 5 drieë teenoor die een van Young Good Hope. Winston Thuizen was weer onstuitbaar met bal in die hand.

Bespreek op die Clubmaster app of skakel die klub by (023) 3123068. Inwoners wat ‘n funksie wil aanbied en die gholfklub se geriewe wil gebruik, kan Ilse skakel by (023) 312-3068 vir verskillende tariewe.

NET een bergfietsryer van Ceres het vanjaar die ABSA Cape Epic oor 700 km voltooi. Phillip Luff van Ceres (links) het saam met Fietie Rocher van Moorreesburg deelgeneem. Die twee ryers het die Epic in die algehele 300 ste plek voltooi. Die voorlaaste twee dae het deelnemers tot die uiterste beproef. Reën, wind en moeilike roetes het bygedra dat menige spanne nie die afsnytye kon haal nie. Ten spyte van ‘n paar meganiese probleme, het Phillip en Fietie gemaklik klaargemaak. * Hannes Hanekom, een van die streek se voorste ryers, het ook deelgeneem maar moes gedurende die wedren onttrek weens mediese redes.

WITZENBERG HERALD Friday, April 7, 2023 8
(023)312-1094 RETIEF STREET, CERES ONLY AVAILABLE AT CERES LIQUORMARK BUSINESS HOURS: MONDAY - FRIDAY 09:00 - 17:00 SATURDAY 09:00 - 13:00 • All prices include VAT • Offers valid while stocks last • Selected items may not be available at certain stores • No traders • We reserve the right to limit quantities • E & OE. Not for sale to persons under the age of 18. Drink responsibly. Prices valid only from 6 April 2023 - 8 April 2023 26999 Jagermeister 750ml 17999 KWV 5 Year Old Brandy 750ml 14999 Olof Bergh Brandy 750ml 16499 Captain Morgan Spiced Gold 750ml 10499 Hooch Liqueur Howler 750ml 16999 Three Ships 3 year Wisky 750ml 14999 Amarula Liqueur 750ml 15499 Smirnoff 1818 Vodka 750ml 18000 Windhoek Draught 440ml NRB* 2 x six pack 25000 Black Label 330ml NRB* Tray of 24 8999 Smirnoff Spirit Cooler 6 x 300ml assorted NRB* 12599 Du Toitskloof 3L assorted
FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.