3 minute read

Sjokolade: Kos van die gode

Heerlik in

PARFUUM

Advertisement

Parfuum met ’n sjokoladenoot is gewoonlik redelik kompleks. Dit hoef nie noodwendig soet te wees nie, maar almal het een ding gemeen: Dit ruik baie lekker in koue weer. Nie altyd só op warm dae nie, volgens Fragrantica (fragrantica.com), ’n aanlyn ensiklopedie van parfuums. Black Orchid is ontwerper Tom Ford se sensuele geur van denkbeeldige swart orgideë, blomme soos jasmyn en ilang-ilang, speserye, sjokolade, balsem en swart truffel. Fantasy van pop-prinses Britney Spears se Swarovski-kristalbedekte pienk bottel is ’n voorspel van die supervroulike note binne-in en hart van syagtige witsjokolade. Daar is verskeie ander, dalk ook een vir jóú.

GÓÉD VIR JOU

KAKAOBOTTER (in donkersjokolade met 75% of meer kakao) is ryk aan ’n sekere vet, steariensuur. Jou liggaam absorbeer dit nie juis nie en dit kan dus nie jou cholesterol verhoog nie. Kakaobotter het boonop van dieselfde soort vet as olyfolie wat jou cholesterolvlakke in toom hou. oe DONKERDER die sjokolade, hoe meer antioksidante bevat it. Antioksidante het baie gesondheidsvoordele. Só kan dit die goeie” cholesterol in jou liggaam verhoog. Dit is ook belangrik vir sterk immuunstelsel en kan selfs ’n rol speel by ’n mooi vel. Studies wys kakao (in goeie sjokolade met 60-70% of meer daarvan) bevat plantstowwe wat help om jou BLOEDDRUK te verlaag. Dit kan ook INSULIENSENSITIWITEIT (as jy insulienweerstandig is) en die gebruik van glukose (belangrik om jou gewig in toom te hou) in jou liggaam verbeter. oe minder kakao jou lekkerny bevat, hoe minder gesond is dit.

Wees op jou hoede: Sekere produkte het so min as 5% KAKAO. Die es is plantvette, suiker, melk en ander geurmiddels. Hou MATIGHEID voor oë en geniet sjokolade in die plek van ander suikerbronne. Die mikpunt vir jou totale suikerinname – dus van alle bronne – is 3-6 teelepels per dag. Nog bronne wat “soet” proe, maar minder suiker per teelepel bevat, is heuning wat soeter as tafelsuiker is, so minder is nodig, agawe-suiker, en vrugtepulp en -puree. avorsing stel die gesondheidswaarde van donkersjokolade et 85% KAKAO gelyk aan vrugte s’n. ’n Blokkie ’n dag is dus góéd

r jou. Bron: Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van BeterEet, aanlyn praktyk

SONDIGE PLESIER

Die Asteke het sjokolade as ’n koninklike seksstimuleermiddel beskou. Die Majas, weer, het dit met hul vrugbaarheidsgod vereenselwig. In Spanje is dit lank beskou as ’n drankie wat onkuise begeertes in jou aanwakker. Net die ryk mense kon dit bekostig en baie priesters het dit as die duiwel se doepa beskou. In Chocolat, Joanne Harris se ongewone, boeiende sprokie oor sjokolade, word die plegtigheid van die kerk teenoor die sondige plesier van ’n sjokolade-truffel gestel. Sjokolade is ’n versoeking, want dit verlei jou, weg van die onthouding van vleeslike dinge wat die kerk voorstaan. Maar dis ook bevrydend, want die genot daarvan help jou ontspan en om net jouself te wees. Nou ja, hier is die wetenskaplike feite. Sjokolade bevat die chemikalieë fenieletielamien en serotonien, wat jou goed laat voel en ligte seksuele stimulante is. Maar die eienskappe wat jou ’n groter seksuele aptyt gee, gaan dalk meer oor die sensuele plesier daarvan. Sjokolade stel nooit teleur nie. Kaas? Dit kan sleg ruik, al smaak dit ook hoe lekker. Koffie? Dit ruik altyd hemels, maar soms is jy teleurgesteld as jy daaraan teug. Met sjokolade vul geur en smaak mekaar aan. Sjokolade is vir mans én vroue lekker, maar vroue se uitstekende reuksin beteken dat hulle soveel meer genot daaruit put.

Bronne: BBC.com, webmd.com

Eet en kook SLIM DAARMEE

Gebruik sjokolade in kombinasie met neute vir ’n dubbeldosis goeie gesondheid. Kies dié met ’n kakao-inhoud van hoër as 60%; 85% is koning vir ’n gesonde dieet. Sjokolade-nagereg met volume danksy die byvoeging van geklitste eierwit het dikwels minder kilojoules per porsie as koekies of koek. Gebruik meer rou kakaopoeier – in ’n smoothie, gesmelt in koffie/ cappuccino, of gemeng met kaneel in amandelmelk.

KONTAK

Mariza van Zyl: bettereat.co.za, Facebook: bettereat, Instagram: bettereat.betereet SARIE.com Januarie/Februarie 2022 | 41

This article is from: