8 minute read

SA se 1st lady ‘Ek lei my lewe, Cyril het sy mense’

KykookGreenPlanet Productionssevideo-weergawe vanDaniëllasegesprekmetdie presidentsvroueksklusief op SARIE.com

FOTO KGOMOTSONETO

Advertisement

DR. TSHEPO

MOTSEPE neutedopin’n SE CV

Mediesedokter Behaal’n meestersgraadin openbaregesondheid aanHarvard Dienas voorsitter vandie akkreditasiekomitee vandie Gautengse gesondheidsdepartement

Raadslid vandie Wits-gesondheidskonsortium

Beskermvrou van verskeieorganisasies watomsiennadie belange vanma’sen kinders

Voorsittervan

TheEarlyCare

Foundation

Ditwaskenneliknienet onsverslaggewersnie,maarook gewone Suid-Afrikanerswat gebrandhet om meerte weet vandiekameraskuMotsepe: TervieringvanGoogle Trends sevyftiendebestaansjaarin2021hetdiesoekenjin’n lysvan fraseswat Suid-Afrikanersdieafgelopedekadeen’nhalf diemeeste gegooglehet,bekend gemaak.Onderdieafdeling “Aktuele Sake”teldie frase “WieisCyrilRamaphosase vrou?” onderdietoptien. Dieenkelebrokkiesinligtingwatek wéloorhaarkon uitsnuffel,wassowelfassinerendasindrukwekkend. ’nMediesedokterwathaarmeestersgraadbyHarvard behaalhet. Oususvandiebekendemynmagnaat Patrice MotsepeensakevrouBridgette Radebe.Kampvegtervir vroueregteenpassievoloor vroeëkinderontwikkeling. “Cyril-se-vrou”,hetditvinnig geblyk,is’npiepklein onderafdelingvanhaarcurriculumvitae. ToeekboonopvassteldatMotsepe vlotAfrikaanspraat, hetek geweet –methierdiemerkwaardigevroumóétek ’n onderhoud voer. Ná wekesejoernalistiekespeurwerk,mooipraatjies by kontaktevirtelefoonnommers,endosyneoproepelater,kry ek uiteindelikdiébondigee-pos vanMotsepese woordvoerder: “DearDaniëlla, Ihopethisemailfinds youwell. Kindlynotethat Dr.Motsepehas accepted your request. > SARIE.com Januarie/Februarie2022 | 35

< She further noted she is available to do an interview in Afrikaans.”

Ek’t byna my skootrekenaar van die tafel af gegooi van opwinding.

’n Paar weke later daag ek en ’n kameraspan van Green Planet Productions op by die kantoor van die Cyril Ramaphosastigting in die Goudstad.

Danksy Green Planet se eienaar en vervaardiger, Francois Nolte, wat deel in my opwinding oor die “scoop”, is daar kamera-operateurs, ’n regisseur en ’n klankman wat ’n videoopname maak van die spesiale onderhoud. (Kyk die video eksklusief op SARIE.com.)

Omdat só min bekend is oor Motsepe, weet ek nie wat om te verwag nie. Sy is só mediasku, dat daar immers ’n kans is dat haar antwoorde bot en kortaf kan wees, en die hele onderhoud platval. Dan het ek die hele span se tyd en geld gemors.

Maar my vrese is ongegrond, want hoewel Motsepe aanvanklik effens skugter is, blyk dit gou sy is ook innemend en plat op die aarde.

Sy daag op sonder fanfare, met net haar woordvoerder aan haar sy. Geklee in ’n netjiese, eenvoudige snyerspakkie. Grimeringloos. Wanneer grimeerkunstenaar Yolandé Mostert haar onder hande neem net voor die onderhoud, maan sy haar om dit baie eenvoudig te hou.“Ek is nie een vir optof nie, hoor!” sê sy laggend in Afrikaans.

Toe ek haar bedank vir haar bereidwilligheid, erken sy my pleidooie vir ’n Afrikáánse onderhoud het bygedra tot haar besluit om tog in te stem.“Ek hou van Afrikaans en is bly dat ek ná al die jare nog die taal kan praat,” sê sy trots terwyl sy haar hare reg druk voor die kameras begin rol. Die onderwerp van Afrikaans is ook die aanknopingspunt toe ons onderhoud amptelik begin. Motsepe, die oudste van sewe sibbe, verduidelik sy het die taal as jong meisie leer praat. Sy het haar skoolloopbaan by ’n voormalige bruin Afrikaanse skool in die Noord-Kaap voltooi.

Haar grootwordjare in die 1950’s en 1960’s was tydens ’n onstuimige tyd in die land se geskiedenis en haar pa, wyle Augustine Motsepe, was in die moeilikheid omdat hy kapsie gemaak het teen Bantoe-onderrig.

Gevolglik moes die gesin wegtrek uit die destydse Transvaal.

Ná matriek het Motsepe aangemeld by die Universiteit van Natal – destyds een van net drie universiteite waar sogenaamde “nie-blankes” toegelaat is om medies te studeer.

Nadat sy gegradueer het, is Motsepe gekeur vir ’n meestersgraad in openbare gesondheid aan die gesogte Harvard. Sy erken ruiterlik sy het nie eens geweet presies wáár in Amerika die universiteit geleë is nie.

“In daardie dae het ons in Suid-Afrika maar min van die buiteland geweet. Ek was net te dankbaar en opgewonde om Amerika te kan gaan beleef,”verduidelik sy.

En hoewel dit vir haar ’n goeie ervaring was, was sy ná twee jaar se ysige winters in Boston vol heimwee vir die huis.

“Jy verlang na álles – selfs die kos. Ek wou net weer pap eet!” onthou sy.“Ek was nog vir hulle 4th of July-vieringe genooi na ’n eg Amerikaanse barbeque. Maar ek’t geproe – dié is nie soos die huis nie.”Die laaste strooi was ’n sneeustorm waartydens sy vier dae lank in haar koshuiskamer gekluister was.“Toe dink ek: Wat doen ek hier? Dis nou lekker somer in Suid-Afrika. Ek onthou nog die dag – die twaalfde Februarie – toe ek geweet het ek moet teruggaan.”

Sy het haar graad voltooi en teruggekeer na haar

MOTSEPE IS AS VOORSITTER NOU BY THE EARLY CARE FOUNDATION BETROKKE

Hulle werk in die sektor vroeëkinderontwikkeling om vroue in informele nedersettings te help om geakkrediteerde kleuterskole en speelgroepies te stig – met ’n sukseskoers van 98%.

“Ek het destyds besef daar’s soveel onwettige private kleuterskole,” verduidelik Motsepe. “Ons help nou hierdie vroue dat hulle aan die vereistes voldoen om te kan registreer. Wanneer hulle die nodige kursusse voltooi – hulle leer hoe om goed na jong kinders om te sien – kry hulle ook finansiering by die departement van maatskaplike werk.”

Die stigting se harde werk het verskeie voordele: Nie net bemagtig dit dié vroue om sake-eienaars te word nie, dit skep ook ’n beter omgewing vir die peuters en kleuters wat die skole bywoon.

“Die eerste jare van ’n kind se lewe is die belangrikste wat opvoeding betref,” sê Motsepe. “Ons help dat hul omgewing veilig is en hulle gestimuleer word, sodat hulle nie hul skoolloopbaan op die agtervoet begin nie.”

geboorteland. Die Motsepes was teen dié tyd nie meer in die Noord-Kaap nie en terug in Mmakau, hul piepklein tuisdorp naby Pretoria.

Daar het sy ’n mediese praktyk oopgemaak in die einste gebou waar haar oorlede oupa eens ’n algemene handelaar was.

“My oupagrootjie was ’n Batswana-stamkaptein en hy het drie vroue gehad. So, byna almal in die dorp was op ’n manier familie van my. En hulle wou nie betaal het [vir mediese sorg] nie! Sodra ek vir hulle ’n inspuiting gee, was dit net: ‘Dankie, nè, cuzzy, baai-baai!’” Sy lag. “Maar aan die einde van die maand moes ek nog elektrisiteit koop en my mense betaal.”

Sy het daarom in 1986 getrek na die hartjie van die hoofstad. Daar het sy ’n praktyk op die been gebring – min wetend dat dié besluit in ’n groot mate haar toekoms sou bepaal.

Haar nuwe stadsvriende het Motsepe op al wat ’n toe-oëafspraak is, gestuur. “Hulle het gedink – sy’s klaar op die shelf, sy’s 32 jaar oud. Ons moet iemand vir haar kry.”

Ná vyf onsuksesvolle pogings deur flambojante vlerkslepers wat haar allermins beïndruk het (“Die een ou het ’n geel suit gedra, die ander ’n rooi hoed”), het die sesde kandidaat eindelik haar goedkeuring weggedra.

Hy was ene Cyril Ramaphosa, destyds ’n jong en dinamiese vakbondleier.

Die vorige mislukte afsprake was vergete, en Motsepe erken laggend dit was liefde met die eerste oogopslag. “Ja, sommer dieselfde dag het ek gedink: ‘Hiérdie enetjie, ek hou van hom!’”

Die verhouding het vinnig vlamgevat, maar voor hy kon lobola betaal, moes Ramaphosa eers die gesiene Motsepefamilie oortuig hy is hul dogter waardig.

“My ouers was baie bekommerd, hulle het gesê: ‘Jy bring ’n man van Soweto af. Ons is nie soos hulle nie! En daai leather jacket van hom, is dit nie tsotsi’s wat dit dra nie?’”

Maar Ramaphosa het nie moed opgegee nie, en eindelik sy skoonfamilie se harte gewen.“Hulle het eintlik gedink hy’t goeie maniere,” onthou Motsepe met ’n glimlag.

In die 1990’s, tydens die oorgang na ’n demokrasie, het Ramaphosa hom voltyds in die politiek begewe. Hoewel daar uitdagings was, het Motsepe ’n wilsbesluit geneem om nie toe te laat dat haar man se nuwe rol haar ontsenu nie.

“Ek was besig met my eie dinge. En as jy ’n ma is, is daar die kinders. Ek het besluit, to structure my lifestyle so that it agreed with the work that I was doing. En in die middag was ek ma-setaxi, om die kinders orals te neem.”

Dit is ’n benadering wat sy stééds volg noudat sy presidentsvrou is.

“Ek is nie ’n politikus nie, en ek’s baie bewus daarvan en waar die grense is,” verduidelik sy. “Ja, so nou en dan moet ek saam met hom na geleenthede toe gaan. Dan is ek soos ’n actress: Ek doen wat ek moet op daardie tyd. Maar sodra ek klaar is, wil ek mý lewe lei.”

Sy lees daagliks koerante en maak seker sy bly op die hoogte van sake, maar verkies om nie vir haar man raad te gee nie.

“As ek hoor hy’s op die foon en hy praat met ’n ander leier, loop ek sommer uit die kamer uit. Hy hét sy mense [om daarmee te help]. I’ve learnt to trust him, so ek bly weg. En ek is bly dat ek my eie goed het.”

Sy en Ramaphosa het drie kinders: Tumelo, ’n seun, en twee dogters, Keneilwe en Mashudu. (Ramaphosa het nog twee ouer kinders, Andile en Tulisa, uit vorige verhoudings.)

Motsepe hou verdere besonderhede oor haar kinders, op hul eie aandrang, privaat – maar is wel bereid om bietjie meer te verklap oor haar en die president se verhouding.

Tyd vir ontspan is min, sê sy, maar wanneer hulle dit wél kan doen, vlug die egpaar uit die stad.

“Ons gaan plaas toe, dis die beste plek,” sê sy.“Sodra jy uit die motor klim, voel jy dis ’n ander wêreld. Daar dra ons ons bruin klere, en hy [Cyril] sy gemaklike rondeneusskoene.”

Saans ontspan hulle voor die televisie. “Ons kyk National Geographic – hy hou baie daarvan! Ons geniet ook flieks by die huis, en lees.”

Albei volg ook steeds die Afrikaanse media – Motsepe sê dat sy byna daagliks “die nuus” kyk en sy mis nie sommer ’n uitgawe van Landbouweekblad nie.

“Ons is mos ook boere. Dis die enigste besigheid waar my man met diere kan werk, so ek maak ook seker dat ek dit lees.”

*** Die uur wat vir ons onderhoud opsygesit is, het byna uitgeloop en ek benut die laaste minute om Motsepe uit te vra oor die oomblik toe sy besef het sy is nou die land se first lady.

“Dit het eintlik nie vir my ’n groot verskil gemaak nie,”sê sy eerlik.“Ek het daardie tyd herstel van ’n ernstige knieoperasie en moes meestal tuisbly. So die titel van presidentsvrou . . .” Sy voltooi nie dié sin nie en trek bloot haar skouers op. “Ek het SONA [die Staatsrede in 2018] gaan bywoon, weer huis toe gegaan en ek was maar net myself. Tot nou – ek is nog net myself.”

Joernalis en eNuus-leser Daniëlla van Heerden en dr. Tshepo

Motsepe. FOTO’S GREEN PLANET PRODUCTIONS

This article is from: