5 minute read

Praat jy of swyg jy?

WAARMEEISJYBEREIDOM SAAMTELEEF? PRAAT JY SWYG JY

Diefluitjieblasersebeweringsin The NewYorkTimes was verdoemend, gestaafdeur lywigeuitgelektedokumente.Indie spervuurwassosialemedia-reus Facebook metbeskuldigings van gevoelloosheidteenoordie welsynvansy gebruikers. MarkZuckerberg,Mnr.Facebook,se onmiddellike reaksie? ’nDawerendestilte.Wag.Hyhet welfoto’s opsysosialemediaprofiel geplaasvanhomopsyluuksejagenwaar hy staanen skerm. Praatvan’nmiddelvingerwys. Met FrancesHaugen,’nvoormaligewerknemervan Facebook,selatereverskyning voor’nsubkomiteevandie Amerikaansesenaathet Zuckerberguiteindelik gereageermet ’n verklaringop Facebook.Daaris gemordat hy Facebook geengunsbewyshet deursolankstilteblynie.(Facebook se moedermaatskappyhetnatuurliknou’nnuwenaam,Meta. Metdieplan om ’n “metaverse”,oftewelmeta-heelal,teskep. Kriticisêsarkastiesdiéfantasiewêreldmoet onshelp vergeet wat Facebookaan onsbestaande werklikheid gedoenhet.) Opeiebodem: “WaarisCyril?”hetmense tydensdie inperking gemurmureer.“Hiersit onsinonshuis gekluister en onshoornetsoafentoevan onspresident.As hy net meermet onswilpráát!”Natuurlikwasdaardienoubekende “familiebyeenkomste”opTVwat CyrilRamaphosa gewoonlik beginmet: “Mede-Suid-Afrikaners”.Onsepresidentop’n afstand, formeelmetsyalomteenwoordigeiPad. Somshet hy lippe-teen-die-klippe gelyk,enwiekanhomkwalikneem? “Onsmoetaanvaarleiersisniealwetendnieensoms onseker.Maardeursigtigheidisbelangrikvir vertroueen om spekulasiediemondtesnoer,”sêprof.Renata Schoeman, psigiaterenmedeprofessoraandieUniversiteit Stellenbosch sebestuurskool.

Advertisement

Ons moet aanvaar leiers is nie alwetend nie

prof. Renata Schoeman

aandadig raak? Terwyl ’n ander práát, verplig voel om alles op die spel te plaas om iets wat verkeerd is uit te wys? Vra mense of hulle die moed sal hê om die regte ding te doen, byvoorbeeld iemand te konfronteer wat ’n rassistiese of seksistiese aanmerking maak, en die meeste van ons sal ja sê. Maar in werklikheid doen ons dit dikwels nie. (Ons praat nou nie eens van menseregtevergrype onder ’n korrupte regering waar jy in die tronk kan beland nie. Dít verg ’n ander soort moed. As jy boonop weet jou gesin kan ook in die spervuur beland, is dit ’n amper onmoontlike besluit.) Moenie te hard met jouself wees nie, dis menslik. Een faktor wat ons tjoepstil laat bly, is vrees vir die gevolge.

STEL JOU GRENSE

Stel jou grense om jouself te beskerm, sê prof. Renata Schoeman. Watter gedrag is nie vir my aanvaarbaar nie? Dat jy my rondstamp, my vloek, in die eksamen gekul het? “As jy nie grense trek nie, stel jy jouself bloot aan emosionele of fisieke mishandeling. Grense gee jou ook selfrespek.” Dis gekoppel aan jou kernwaardes, soos deernis, integriteit, toegewydheid, lojaliteit en eerlikheid en verskil van mens tot mens. Jou waardes is ’n grens en as iemand dit oorsteek, kan jy daaroor praat, of iets daaraan doen. Doen jy dit nie, kan dit innerlike konflik veroorsaak en jou angstig, later selfs depressief maak. Waaroor mense praat, gaan dus verskil, na gelang van hul waardes. Jy kan dit na die werkplek toe deurtrek. As toegewydheid een van jou kernwaardes is, is dit meer waarskynlik dat jy in ’n vergadering jou mond gaan oopmaak as iemand nie sy kant bring nie. Vir iemand anders is dit dalk nie so belangrik nie. Daar is tye wat jy kan besluit om iets te laat vaar. “Vra jouself af of dit die emosionele energie werd is. Want dis emosioneel uitputtend en boonop voel jy daarna sleg omdat jy al weer jou humeur verloor het. By die werkplek geld dieselfde beginsel. Gaan jy iets ignoreer omdat dit net nie die emosionele energie werd is nie? Of gaan dit ’n groter impak op jou emosionele energie hê as jy stilbly?” Die probleem is as twee kernwaardes bots, soos lojaliteit en integriteit. Jy is lojaal teenoor jou bestuurder, maar voel jou integriteit is op die spel. Wat nou? Dit kan baie innerlike konflik veroorsaak.

En onthou, daar is altyd emosionele pyn betrokke, volgens James. “Die vraag is met watter pyn of ongemak jy bereid is om saam te leef en watter pyn die meeste sin aan jou lewe gee.”

Gaan dit my ’n bevordering of verhoging kos? Sal ek ’n vriendskap verloor, ’n reputasie as ’n moeilikheidmaker kry, of deur die groep (familie, kollegas of vriende) uitgesluit word? Wat jy dikwels nie besef nie, is dat baie ander mense in die groep nes jy voel, volgens sielkundige Catherine A. Sanderson in haar boek Why We Act: Turning Bystanders Into Moral Rebels (Harvard University Press, 2020).

DAAROM PRÁÁT ONS NIE

Navorsing het bevind sosiale pyn – wanneer jou mense jou verwerp – aktiveer die brein op presies dieselfde manier as wanneer jy fisieke pyn ervaar, skryf Catherine. Dus op dieselfde manier as wanneer jy jouself met warm koffie brand. Daarom dat ons tot sulke uiterstes toe sal gaan om dit te vermy. Interessant: Volgens haar verlig pynmedikasie ook sosiale pyn. Die werkkultuur speel ’n groot rol. ’n Streng hiërargiese struktuur kan selfs lewensbedreigende gevolge hê. In ’n mediese opset, byvoorbeeld, is dokters boaan die magsleer. Baie verpleegkundiges gaan tjoepstil bly wanneer hulle besef ’n dokter vat kortpaaie, het ’n studie bevind. Al ly die pasiënt daaronder, sê sy. Nog ’n faktor is verwarring oor wat ons nou eintlik sien, of hoor. Is daardie opmerking op kantoor ’n onskadelike grap, of is dit rassisties en aanstootlik? Is dit ’n storm in ’n teekoppie, of ’n geval van gesinsgeweld? Dubbelsinnige situasies maak dit moeiliker om op te tree, want ons wil nie dom of oorsensitief lyk nie. In só ’n geval is ons natuurlike reaksie om na die mense om ons te kyk vir duidelikheid. Maar as ons almal na die volgende ou kyk en niemand wil waag om soos ’n gek te voel nie, is die gevolg ’n dawerende stilte, volgens haar. Voorts is daar ’n gebrek aan ondersteuning of beskerming vir die een wat praat, sê James.“Dit kan ’n kind wees wat deur ’n sib geboelie word; ’n werknemer wat mishandel of seksueel geteister word; iemand wat ’n onreg of korrupsie openbaar maak.”

DÁN IS STILTE GOUD WERD

As jy dit nie gesien, gehoor of self die feite nagegaan het nie, bly stil. Fopnuus het ’n manier geword om propaganda vir jou saak uit te saai. Of soms is ’n brokkie net te sappig om daar te laat. James reken stilbly is ook goed as jy weet jy gaan iemand anders seermaak. Dit gaan dus nie oor jou nie, maar die ander een.“Jy praat nie voor Petrus van die haan nie,”sê hy. Dalk roem jy jou daarop dat jy altyd die kaalkop waarheid vertel. Maar eintlik verlustig jy jou in die geniepsige dolksteke wat jy onder die dekmantel van die waarheid gee.“Om die waarheid só te vertel maak nie vry nie.”

KONTAK

James de Villiers: 021 559 6400, jamesdv@iafrica.com

Prof. Renata Schoeman: 021 913 1868, oudewesthof@ renataschoeman.co.za, renataschoeman.co.za

This article is from: