Eurasiatic vs Dene-Sino-Caucasian in Eurasia.

Page 3

Die Moedertaal Die soeke na die Moedertaal, Proto-Mens of Proto-Wêrelds, het ‘n belowende fase betree sedert die stigting van die Tower of Babel: Evolution of Human Language projek en die Global Lexicostatistical Database (GLD). Dié vordering is ook te dankie aan die navorsing en insigte van mense soos John D Bengtson, Allan R Bomhard, Murray Gell-Man, Petra Goedgebuure, Tetyana Kozlova, George Starostin, Roger Blench, Wim van Binsbergen, John McWorter, Fee-Alexandra Haase, Valentyn Stetsyuk, Theo Vennemann en Peter Schrijver. Die onthulling en bestudering van Bories is ‘n opwindende mylpaal wat kosbare kennis bring en nuwe uitdagings skep. Dis ‘n geskenk en ‘n geleentheid wat sigself nie aldag voordoen nie. Om realisties te wees: Bories is waarskynlik die naaste wat ons ooit sal kom aan die mitiese moedertaal. En dalk ís dit sy, onder ‘n skuilnaam. Hierdie skrywe is ‘n huldeblyk aan die voorgangers soos Merritt Ruhlen en Joseph Greenberg, wie se bydraes tot in lengte van dae waardeer sal word. Die historiese linguïstiek het oor die laaste drie dekades ‘n nuwe dimensie van die verlede aan die lig gebring: dat twee taalfilums tydens die laat Paleolitikum en vroeё Mesolitikum (15,000 – 8,000 vC) in Noord-Eurasiё gepraat is: Dené-Sino-Kaukasies en Eurasiaties. Die ander twee makrotaalfamilies van Eurasiё is Afro-Asiaties (waaronder Egipties, Berber en Semities) in die suidweste en Austries in die suidooste. Al vier dié filums sou uit die hipotetiese oertaal Bories spruit, die taal van die Steentydperk. Dené-Sino-Kaukasies het waarskynlik sowat 15,000 jaar gelede ontstaan, en rondom 10,000 jaar gelede verbrokkel. Haar afstammelinge word vandag in Tibet, China, Myanmar, Bhutan, ‘n deel van Frankryk en Spanje, die Kaukasus, en dele van die Himalayas, Siberiё, Alaska, oostelike Kanada, en suidwes VSA gepraat. Hulle sluit in al die Chinese dialekte, Tibetaans, Burmees, Athabascan, Navajo, Apache, Baskies, Burushaski, Noord-Kaukasies en Ket.

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.