Oorsprong en Ontwikkeling van die Indo-Europese Taalfamilie

Page 5

Taalkontak: Kartveels & Semities

Die kern van die probleem is die taal se raakpunte met Oeraals aan die een kant, en met Semities en Kartveels aan die ander. Eintlik stem PIE op ‘n diep morfologiese en fonologiese vlak nie net met Oeraals nie, maar met verskeie ander taalfamilies van noordelike Eurasiё ooreen, insluitend Altaïes, Inuit-YupikInangan, Nivkh en Kamchadaals. Saam word hulle die Eurasiatiese familie genoem. Terselfdertyd bestaan daar leksikale ooreenkomste met Kartveels van die westelike Kaukasus en Semities van Siriё en Mesopotamiё.

Oeraals het heelwat PIE leenwoorde maar PIE het min Oeraalses. Die sprekers van Oeraals was steeds jagters en versamelaars lank nadat veeteelt en landbou in die Midde-Ooste en Europa posgevat het en Altaïes en Oeraals beskik ook oor volop leenwoorde van die Iraanse dogtertaal van PIE, wat op ‘n later stadium oor groot dele van Sentraal-Asiё gepraat is, waar vandag die Turkssprekende lande Kazakhstan, Kirgizstan, Uzbekistan en Turkmenistan geleё is.

Die Eurasiatiese familie, wat PIE insluit, word onderskei deur /m/ in die eerstepersoon- en /t/ in die tweedepersoon-voornaamwoord, byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/, Spaans /me/ en /te/, Fins /minӓ/ en /te/, sowel as ‘n meervoud wat met die suffiks /-t/ aan die naamwoordstam gevorm word, en ‘n dualis gevorm deur die suffiks /-k/. Hierdie patrone word nie in tale buite Eurasiaties gevind nie.

5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.