Oorsprong en Ontwikkeling van die Indo-Europese Taalfamilie

Page 8

Transkaukasiё PIE se bewese taalkontak skep dus enorme probleme vir navorsers wat die tuisland soek in ‘n gebied waar al die bovermelde fenomene op ‘n natuurlike wyse sou kon plaasvind. Want sover hulle weet, was Oeraals nooit geografies naby aan Kartveels of Semities nie. Net een linguïs het tot dusver met ‘n “buitedie-kas-oplossing” vorendag gekom. Dis die onafhanklike navorser Valentyn Stetsyuk, wat met behulp van sy grafies-analitiese metode die tuisland van Nostraties in die Transkaukasus identifiseer het.

Die streek sluit in die Kleiner Kaukasusgebergte, die Colchis-, Kura-Aras- en Lankaranlaaglande, die (Persies: ‫ ارسباران‬Arasbârân) bergland in die suide, die Talishberge en die Armeense Hoogland. Die Araksrivier (Grieks: Ἀράξης, Armeens: Արաքս, Georgies: რახსი) vloei uit Turkye en vorm die grens tussen Armenië en Turkye, en later tussen Armenië en Iran, tot in die Kurarivier in Azerbaijan. Die Kurarivier (Georgies: მტკვარი, Mt’k’vari; Armeens: Կուր, Kur) vloei uit Turkye, en deur Georgië suid van die Groter Kaukasusgebergte, om in die Kaspiese See in Azerbaijan uit te mond. Die Rionirivier (Georgies: რიონი, Grieks: Φᾶσις), die grootste rivier in Georgië, dreineer die Wes-Kaukasus en vloei van die ooste na die Swart See. In die noordweste van die Armeense Hoogland is Berg Aragats (Alaghez) omring deur ander bergpieke, plato’s en riviervalleie. Berg Ararat (Armeens: Մասիս,) ’n dormante vulkaan op die plek waar die grense van vier lande bymerkaarkom: Armenië, Iran, Turkye en die Nakhchevan-provinsie van Azerbaijan.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.