Die Teutoniese of Germaanse Taal

Page 13

Leksikale stratigrafie van Germaans

Volgens Faurnet se Lexical Stratigraphy of Germanic, is die diepste laag leenwoorde in PG (wat ook in ander IE-tale voorkom) van Kartveelse oorsprong, gevolg deur ‘n laag van Kaukasiese oorsprong. Daarna volg Kartveelse lenings net in Germaans, Grieks en Latyn, en Kaukasiese lenings net in Germaans, Italiaans en Kelties. Jonger lae is die Kaukasiese en Kartveelse terme wat net tot Germaans en Balto-Slawies beperk is, en eindelik ‘n laag Kartveelse en Kaukasiese leenwoorde wat net tot Germaans beperk is.

Kartveelse leenwoorde wat slegs in Proto-Germaans voorkom, sluit in: *daga- m ‘day’ ~ Georgian dġe ‘day’ *dumba- ‘dumb’ ~ Kartvelian *dum- ‘silent’ Kaukasiese leenwoorde wat slegs in Proto-Germaans voorkom, sluit in: *baka- rug, *barku- bas, *basya-, *bazya- ‘bessie’, *bayna- been, *brayda- ‘breed’, *brūdi- f ‘bruide’, *brust- f ‘bors, *gīsla- m ‘’skag , gaiza- spies, , *hleuza- ‘wang, *hnefan- ‘vuis, *hrugya- m ‘rug, *lauba- blaar

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.