Die Hartland van Proto-Germaans Die Wessenstadt- en/of Jastorfkulture van 800 – 300 vC. Die Wessenstadtkultuur (800 – 600 vC) op die Lüneburger Heideland is ‘n argeologiese merker van Hallstatt "C". Die oorspronklike Heimat was tussen die Erzebirge, Thüringerwald, Elbe-, en Allerriviere. Die verspreiding van die bevolking is bepaal deur die turfmoerasse wat destyds oor groot dele van die streek voorgekom het.
Die noordelike deel van Neder-Sakse bestaan uit die Noord-Duitse Vlakte. Aan die noordweste is die kus van die Noordsee en die sewe Oos-Friesiese eilande. In die verre weste is Emsland, ˈn ylbevolkte streek wat aan Nederland grens en wat voorheen grootliks moeraswêreld was. In die noordooste is die Lüneburg Heideland (Lüneburger Heide), ˈn natuurreservaat omring deur die Elbe-, Drawehn-, Aller- en Wümmeriviere. Na die suide lê die Laer-Sakse-Heuwels wat in hulle breër omvang die Weser- en Leineheuwels insluit.
Weens snelle bevolkingsgroei het die Proto-Germaanse gebied teen 500 vC na die suide en weste van Neder-Sakse, sowel as die Harzberge, die laer Rhyn en Thuringia uitgebrei. Verdere ekspansie het die Proto-Germane deur Schleswig-Holstein na die ooste van Jutland in Denemarke geneem, en van daar na Swede en Noorweë. 14