Eksamen? Klaar. Geen stres, geen bekommernisse en die belangrikste … Geen skool! As jy daaraan dink, het ons omtrent vir ses weke geleer en week na week vraestelle geskryf. Natuurlik is dit uitputtend en ons kon nie wag om ons voete by die skool uit te sit nadat ons daardie laaste vak geskryf het nie Wel, nou kan ons!
Hier is vyf wenke om lekker te ontspan ná die eksamen:
1 Ontspan
en
kuier
êrens anders
Kom ’n bietjie weg an die goed wat jy die meeste sien. Dieselfde vier mure en ’n dak kan nogal vervelig raak na ’n rukkie … Kuier by vriende of, familie, of vat net tyd af vir jouself. Dit laat jou vergeet van alles in verband met skool en laat jou agterkom dat jy nog vir ’n drie weke lank elke dag dít kan doen!
2 Eet! Ek bedoel nie “maak koffie en ’n broodjie” nie. Studies sê die beste kos om te eet of drankies om te drink vir ontspanning, is die volgende: Groentee, sjokolade, heuning, mango’s en kougom. Ander kosse wat jy kan eet, is tuisgemaakte kos of jy kan sommer een aand gaan uiteet.