N
á 11 jaar, 21 flieks, 48 uur op die silwerskerm en meer as $18 biljoen in die sak het die Marvel franchise sy langverwagte klimaks bereik: Avengers Endgame. Hierdie fliek was ’n pronkstuk, en het nie net Box Office-rekords (en harte) regoor die wêreld gebreek nie, maar dit was die laaste fliek waarin die legendariese super squad, die Avengers, almal sy aan sy sou veg. Dié helde het oor die jare bewys dat hulle meer is as net vegters wat skiet, skop en wheelie, en aanhangers het al baie by hul geleer. En baie van dié lesse is van toepassing op ons skoollewe ...
“aanhouer wen”-benadering het al baie mense geïnspireer en kan as groot motivering dien wanneer dit by akademie kom. In ons skoolkurrikulum is daar baie uitdagings, maar Iron Man het bewys dat harde werk en toewyding ’n mens ver kan dra. Soos Corné Havenga (graad 11) gesê het: “’n Mens hoef nie superpowers te hê om ‘n held te wees nie.” Jy kort net ‘n titseltjie deursettingsvermoë.
NIKS HOU VIR EWIG NIE
AANHOUER WEN Die eerste Avenger met wie ons kennis maak in die Marvel Cinematic Universe (MCU), is die selfversekerde besigheidsman Tony Stark. In sy rooi en geel blikpakkie is hy nie net ‘n krag om mee gereken te word nie, maar is hy in baie se oë die vader van die Avengers. Sy pad tot held was egter nie een wat maklik begin het nie: As gevangene in ’n grot (in die fliek Iron Man) moes hy ’n super suit bou om te ontsnap. Dit was die begin van ’n nuwe stokperdjie, en deur die Marvel-reeks het hy deur trial-and-error aanhou bou en verbeter. Iron Man se
Daar’s min oomblikke in die Marvel Cinematic Universe so hartseer soos wanneer Steve Rogers in Captain America: First Avenger vir sy geliefde sê: “I’m gonna need a raincheck on that dance,” net voor hy in die sneeu duik. Hoewel hy aan die einde van Endgame wel ’n geleentheid kry om op te maak vir die verlore dans, is die kans dat die meeste van ons so ’n do-over kry baie skraal. Daarom het Cap vir ons geleer hoe belangrik dit is om jou geliefdes te koester. Waar die matrieks minder as vyf maande in die skool oor het, raak hul pouses saam met vriende en kanse om herinneringe te maak al minder en is dit belangriker as ooit om die tyd met hul geliefdes te geniet. “Captain America taught me to appreciate my loved ones, because once the moment’s gone, it’s gone,” het Laxmini Patel (Graad 8) gesê.