Gratis / Free ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer www.proagri.co.za www.agri4all.com No / Nr 279 ISSN 1042 - 1558 stap die pad saam met boere Volstruise behaal rekordpryse Kommer oor vleisbedryf Degelman –wat 'n deeglike dis!
SUKKEL JY OM JOU
VEE TE BESTUUR?
Oplosser van boerderyprobleme sedert 1983. Vindingrykheid in innovasie. www.gallaghersa.co.za 85 JAAR VAN JOU WÊRELD BESKERM
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 03 bewaak volhou moniteer beskerm meet Gee boere die mag om te: Innoverende dierebestuur en weegoplossings. Word 'n slim boer met Gallagher. - Kusstreek - Afrika / Gauteng / Limpopo / Mpumalanga - Noord-Kaap / Vrystaat / Noordwes- Aanlyn winkel Demi: demi.nel@gallagher.com / +27 73 001 4690 Mark: mark.smit@gallagher.com / +27 83 297 6079 Benard: benard.willemse@gallagher.com / +27 81 036 0173 Zinia: zinia.moloi@gallagher.com / +27 76 792 3737 sales.za@gallagher.com / +27 11 974 4740
www.proagri.co.za 04 ProAgri Suid-Afrika 279 TO FIND A DEALER NEAR YOU, SEE CONTACT DETAILS BELOW: WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA | WHOLESALE@ULTRANEXUS.CO.ZA | 083 559 0001 MERGER LRF XP50 PRO WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA AUTHORISED DISTRIBUTOR UP TO 10 HOURS BATTERY LIFE DETECTION RANGE1800M 640x480 PIXEL @ < 25 mK NETD SENSOR
Die ou, bekende gesegde lui dat ՚n ketting net so sterk is soos sy swakste skakel. In boerdery is dit vir seker ook so.
Jou boerdery kan oor die beste veld en diere-genetika beskik, pryse kan bogemiddeld wees en op ՚n tegniese front is jy aan die voorpunt, maar iets soos ՚n gebrek aan gesonde sakestrukture of opvolgbeplanning kan in ՚n oogwink die boerdery se volhoubaarheid kelder.
Hoewel dit nie altyd maanskyn en rose vir boere is nie, al lyk oeste vanjaar belowend, is die oes eers daar as dit by die silo’s is. Stygende kostes en pryse, met winsmarges wat al hoe kleiner word, het tog maar ՚n negatiewe impak op die boer. Ook sonneblom wat nou gestroop moet word, dra die risiko van skade deur duiwe, hoewel minder kritiek as met sojabone.
Om ՚n suksesvolle boerdery te bestuur, vereis dat ՚n klomp fasette van die boerdery soos ՚n goed geoliede masjien saamwerk, en wanneer dit gebeur is dit een groot plesier. In die meeste boerderye is die boer die eienaar, bestuurder en sleutelman in die onderneming; daarmee saam vervul hy die rol van ՚n wetenskaplike, menslikehulpbronbestuurder, regskenner, bemarker, opleier,
plant- en dierkundige, veearts, navorser en nog vele meer.
Die afgelope dekade het die landbousektor baie verander en het die ingewikkeldheid van boerderysake geweldig toegeneem. Jy kan nie net al die verskillende hoede dra nie, jy moet by die beste deskundiges in elke afdeling kers vashou.
Die ProAgri-span se doelwit en bestaansrede is om die skakel tussen die boer en die deskundiges te wees.
In ons voorbladstorie kan jy meer lees oor Pioneer se plan met boeredae en hoe hulle die pad saam met die boer stap. Die volstruisbedryf tel ook goed op waar twee volstruise vir ՚n rekordprys verkoop is. Die omsetprys van die veiling was R1 271 000, met 'n gemiddelde prys van R14 443 per volstruis. Lees meer op bladsy 58. Wees ook op die uitkyk vir die bekendstelling van die kragtige Degelmanmasjien van Jupidex wat by NAMPO die koppe gaan laat draai.
Lekker lees aan hierdie uitgawe, en maak gereed vir ons volgende uitgawe met al die NAMPO-nuus wat vir jou wag.
ProAgri-groete!
Bianca Henning
bianca@proagri.co.za
Op ons voorblad
Pioneer plant jaarliks duisende agronomieproewe om boere met plaaslike, op-die-plaas gewasbestuurinsigte te voorsien. Die data wat hieruit verkry word is baie waardevol om te bepaal waar ՚n produk inpas, waar dit nie pas nie en wat die beste gewasbestuurstrategieë is om te volg. Lees meer op bladsy 3.
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577
Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708
www.proagri.co.za
Copyright © 2023. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
ProAgri
Redakteur tydskrif en aanlyn
Bianca Henning >
Verslaggewers
Maryna Steyn >
Natasha Pansegrouw>
Benine Ackermann >
Spesialisskrywer
Annemarie Bremner >
Kyk net al die kampioen-kultivars!
Pekanboerdery is ’n harde neut om te kraak ... Hoekom hou bye soms nie van uieblomme nie? Groentetuin vir beginners 3
Vir meer as 85 jaar beskerm Gallagher boere se bates Die jongste in landboutegnologie van regoor die wêreld Kom kyk self: Degelman dis dwarsdeur NAMPO toe!
Valtrac se veelsydige viersilindertrekker wys sy staal
Nedbank is ՚n bank vir boere Die Overberg renosterveld: Bewaar die paradys
Kleinboere kry groot present
Agritoerisme is veel meer as net ՚n plaaskuier
Winsgewende skaapboerdery deel 19
Die vee- en vleisbedryf sukkel steeds
Volstruisveiling: Die vere maak toe al die tyd die voël
082-326-2572
bianca@proagri.co.za
082-261-9177
maryna@proagri.co.za
081-736-4236
natasha@proagri.co.za
073-105-6938 benine@proagri.co.za
082-320-3642
annemarie@proagri.co.za
Bemarkingsbestuurder
Diane Grobler >
Bemarkers
Xander Pieterse >
Johan Swartz >
Tiny Smith >
Lynette van Tonder >
082-555-6866 diane@proagri.co.za
062-391-6507
xander@proagri.co.za
071-599-9417
johan@proagri.co.za
082-698-3353 tiny@proagri.co.za
074-694-4422 lynette@proagri.co.za
Skeppende bestuurder
Christiaan Joubert >
Uitleg en ontwerp
072-419-3990
christiaan@proagri.co.za
Michelle Kruger & Jamie-Lee Tromp
Kliëntverhoudingsbestuurder
Carin Swartz >
Navrae
Engela Botha >
Rekeninge
Ronel Schluter >
084-233-0123 carin@proagri.co.za
073-663-1234 engela@proagri.co.za
084-088-0123
accounts@proagri.co.za
Verspreiding en intekening
Nita Volmer-van Zyl >
Sakebestuurder
George Grobler
079-515-8708 nita@proagri.co.za
www.proagri.co.za
Inhoudsopgawe
/ Contents
3 9 13 32 52 58 Voorbladartikel 3. Gewasproduksie 5. 9. 13. Meganisasie 17. 19. 25. 27. Hulpbronbestuur 29. 32. 45. 49. Vee en Wild 52. 55. 58.
ProAgri 279 1
Cereals System Portfolio Growing Progress
HERBICIDES
Aubaine® 518 SC
A suspension concentrate herbicide for the residual pre-plant, pre-emergence or early post-emergence control of Italian Ryegrass and other selected weeds in wheat in the winter rainfall region.
Kerb™ FLO 400 SC
A suspension concentrate herbicide used for annual winter grasses on canola in the winter rainfall areas.
Pixxaro® 266 EC
An emulsion concentrate herbicide for pre-plant burndown of broadleaf weeds on fallow lands and selective early post-emergence control of broadleaf weeds in wheat and barley.
Quelex™ 200 WG
A water dispersible granule herbicide for early post-emergence broadleaf weed control in wheat in the Western Cape and the summer rainfall region.
Tarzec® 320 WG
A water dispersible granule herbicide for selective, early post-emergence control of broadleaf weeds and some annual grasses in wheat in the Western Cape and irrigated areas in the summer rainfall region.
ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: Aubaine® 518 SC contains chlorotoluron (Urea) and isoxaben (Benzamide) (Harmful) • Reg. No. L11069 | Kerb™ FLO 400 SC contains propyzamide (Caution) • Reg. No. L4065 Pixxaro® 266 EC contains Arylex® (halauxifen-methyl) and fluroxypyr (Caution) • Reg. No. L11191| Quelex™ 200 WG contains Arylex® (halauxifen-methyl) and florasulam (Caution) • Reg. No. L10759 | Tarzec® 320 WG contains Arylex® (halauxifen-methyl) and Pyroxsulam (Caution) • Reg. No. L10760 | Act No. 36 of 1947.
www.proagri.co.za 2 ProAgri Suid-Afrika 279
us at corteva.co.za
Visit
Kyk net al die kampioen-kultivars!
deur Benine Ackermann
Boeredae bring boere bymekaar en gee hulle die kans om die verskillende kultivars van nader te beskou sodat elke boer presies die regte kultivar vir sy plaas en sy omstandighede kan kies om ՚n groter opbrengs te kry.
By Pioneer se onlangse boeredag in Middelburg was die besprekingspunte onder meer Pioneer se nuwe mielie-
in 2022 vrygestel is, help om gewasse teen skadelike bogrondse insekte soos die Afrika-mieliestronkboorder te beskerm. Dit het ook onkruiddoderbestande eienskappe.
Pieter Erasmus, agent vir Pioneer vir die afgelope 30 jaar en boer in die Middelburg-omgewing, sê dit is voordelig om Bt-saad te plant in plaas van konvensionele saad.
Jacobus Dürr, gebiedsbestuurder vir Oostelike Hoëveld-/Limpopo-gebied van Pioneer, sê boeredae is belangrik want die inligting wat daar gedeel word, is nuttig vir die boer.
wat ons van Pioneer af kry en dat hulle belê in ons boere,” voeg Francois by.
Meer oor P1975-geelmielies:
• Dit het ՚n uitstekende en stabiele opbrengspotensiaal vir oostelike produksiestreke in die medium groeiseisoenmark. ՚n Nuwe byvoeging tot hierdie platform is die nuwe PowerCore™-tegnologie, P1975PW.
• Dit het ՚n uitstekende vermoë om in gunstige toestande en teen ՚n laer plantestand ՚n tweede kop te maak.
Pioneer se boeredag by Middelburg het 150 boere gelok.
en sojaprodukte vir die ooste, nuwe PowerCoreTM-tegnologie en LumiGEN®saadbehandeling wat deur landboukundiges en ander kenners gedeel is. Sowat 150 mense het die dag bygewoon.
As boer kies jy ’n saadbehandelingspakket wat ’n suksesvolle seisoen sal verseker. LumiGEN®-saadbehandeling is ontwerp, getoets en bewys om saam met Pioneer ®-genetika te werk, wat boere meer vertroue in hulle saadbehandelingsopsies gee.
LumiGEN®-saadbehandeling is gegrond op meer as 100 jaar se kennis van gewasbeskerming, saam met goeie begrip van wat boere nodig het en hoe hulle boer. Pioneer se saadbehandelingskombinasies word noukeurig geëvalueer by die Corteva Agriscience Center of Seed Applied Technologies (CSAT).
Johan Janse van Rensburg, Saadtoegepaste Tegnologiebestuurder vir die Afrika en Midde-Ooste streek by Corteva Agriscience, sê “Saadbehandeling bied ՚n geteikende oplossing wat direk op die saad toegedien word vir die vinnigste en doeltreffendste manier om saad teen vroeë peste en plae te beskerm.
“Dit pas ook perfek in ՚n geïntegreerde pes- en plantstelsel waar ons minimale insette het met maksimum uitsette,” sê Johan.
Die nuwe PowerCoreTM-tegnologie wat
Een van die boere van die plaas Vaalbank, Bethal, Gerhard de Jager, wat met mielies, sojabone en beeste boer, sê dit is goed om te die resultaat te sien as die regte kultivars op die regte grondtipes geplant word. “Dit is ook belangrik om die regte stand op die regte grond te plant.” Gerhard het verlede jaar die P1975mieliekultivar geplant. Hy het ook die P2383W witkultivar geplant, wat uitgestaan het.
Francois Hattingh, boer van die plaas Rietfontein by Middelburg, sê die
• Stoot twee koppe meestal gelyk, maar gebruik onder stremming eerder energie om ՚n groter primêre kop te maak.
• Is baie goed aangepas by hoë en lae potensiale.
• Pas goed in tussen P2432- en P1788-platforms.
• Nie ՚n groot plantraam nie en kophoogte kan laag wees by laer plantestande
• Koppe is goed geplaas by normale plantpopulasies vir die omgewing.
• Goeie blaarsiektepakket, veral teen noordelike blaarskroei.
• Bevat noordelike blaarskroei-geen en toon redelik goeie verdraagsaamheid teen gewone blaarroes.
• Agronomies baie sterk.
kultivars wat in die proef geplant word fokus meer op wat aangepas is vir die omgewing, maar hulle toets ook kultivars wat uit ander gebiede kom. “Die voordele wat dit vir die boer inhou om ՚n proef op sy eie plaas te plant, is dat hy die resultaat op sy eie grond sien, en dat hy weet wat sy bestuurspraktyke was.
“Ons is dankbaar vir die ondersteuning
Boere luister aandagtig na die raad wat die agronome gee oor die mieliekultivars.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 3
Vir meer inligting oor Pioneer se produkte, besoek Pioneer se webwerf by https://www.pioneer.com/ za of stuur ՚n e-pos na info.rsa@ pioneer.com
stroom na Pioneer se Boeredag in Middelburg:
Boere
P54T22R is een van Pioneer se vele kultivars wat in die proef geplant is waarna boere kon kyk.
Voorbladartikel
Outomatiese herset van tande sonder om spoed te verminder of die implement te lig
Lae brandstofverbruik weens lae wrywing en effektiewe wegbreekaksie
Effektiewe grondbewerking bied een van die mees egalige grondprofiele op die mark
Taai materiale verminder slytasie vir 'n verlengde leeftyd
Laat niks jou keer nie. Die T-reeks is Agrico se staatmaker herset skeurploeg. Tande beweeg outomaties uit die pad wanneer klippe of ander hindernisse teëgekom word, en skuif daarna terug na die werksposisie. Dít alles sonder om spoed te moet verlaag of die implement uit die grond te lig. Die T-reeks spog met 'n elegante en koste-effektiewe geometrie vir beter beheer en optimale werking. Breek grond by verskeie werkdieptes en skop die seisoen reg af. Beskikbaar in 'n verskeidenheid groottes as driepuntgemonteerde of sleepmodelle. Pryse op aanvraag.
www.proagri.co.za 4 ProAgri Suid-Afrika 279
Pekanboerdery is
harde neut om te kraak ...
Maar die beloning is groot
langer ek in hierdie bedryf is, hoe meer verwonder ek my oor die wondere van neutproduksie,” sê Heinrich Weideman. Hy boer sedert die vroeë negentigerjare met pekanneute naby Perdeberg in die Noord-Kaap. Sy lowergroen pekanneutboorde staan trots oor die plat vlaktes van sy plaas. By die ingang van die plaas is die groot neutkraakaanleg wat onlangs opgerig is. Patrysvlei Pecans se naam pronk op die kant van die gebou.
Heinrich is een van die voorloperpekanneutboere in Suid-Afrika omdat hy met pekaneute begin boer het voordat daar volledige inligting beskikbaar was oor pekanneutverbouing in Suid-Afrika.
Voordat hy in permanente gewasse
belê het, was hy ՚n groenteboer. “Ons was eers in die groentebedryf met aartappels en uie, katoen, saadsonneblom en al die graangewasse, maar sedert 1994 het ons na pekanneute begin skuif,” vertel hy. “Ons het begin kyk na alternatiewe markte omdat die varsproduktemark waarin ons was, veral die aartappel- en uiemarkte,
baie arbeidsintensief is. Die kostes en risiko’s van daardie gewasse was ook geweldig hoog.”
Sedertdien het Heinrich-hulle al hulle aandag op pekanneute toegespits. Vandag, byna drie dekades later, is daar 220 hektaar pekanbome wat neute vir die uitvoermark lewer.
“Ons bemark en verkoop die neute in dollars en ons kan dit opberg,” noem hy die voordele van hierdie gewas. “Ons kan dit totaal meganiseer om so ook die arbeidsprobleme van die varsproduktemark te omseil,” brei hy uit.
Die Noord-Kaap se grondstruktuur is klei-agtig. Waar Heinrich se boorde staan, kom ՚n mens dit gou agter wanneer die besproeiing aangeskakel word.
Die dun groen omhulsel is die buitenste laag van die pekanvrug. Die neut bestaan uit die dop en kern. Hier is dit nog besig om te vorm. Die ligte geel middel is die vlesige gedeelte wat later die harde bruin dop word. In die middel is die holtes die perfekte vorm van waar die kern sal vorm.
Weens die tekort aan inligting rondom verbouing toe Heinrich met pekanneute begin het, het hy heel eerste by prof Holtshauzen van die Landbounavorsingsraad (LNR) aangeklop. Prof Holtshauzen het Suid-Afrika gekarteer volgens geskiktheid vir pekanneutverbouing. Die gebiede is geklassifiseer as A, B en C. “Ons wou uitvind of ons gebied geskik was en ons was toe in ՚n A+-gebied. Die hele Namibië, Vrystaat en Noordkaap is geskik vir pekanneute,” vertel Heinrich.
Om in ՚n A+-gebied te wees beteken die boom sal op sy gelukkigste wees, want die klimaat het alles wat dit tevrede stel: Die bome soek in die somer baie hoë hitte-eenhede en in die winter soek dit weer baie koueeenhede sodat dit in ՚n rusperiode kan ingaan. “Die Laeveld, waar hulle aanvanklik begin het met pekanneute, was die verkeerde gebied. Die boom gaan nooit in rus nie (omdat die winter so warm daar is) en die reënval is te hoog, wat beteken die wortels versuip en die nat omstandighede veroorsaak die perfekte omstandighede vir siektes om oor te neem.”
Hierdie olie is baie goed vir jou vel. Die deursigtige olie is die basis van die eetbare neut.
Vir verdere inligting het Heinrichhulle na Amerika gereis om by die wêreldleiers in pekanneutboerdery te leer. Daar boer hulle al vir geslagte met hierdie neute.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 5 Gewasproduksie
“Hoe
’n
deur Maryna Steyn
Landelike Veiligheid DMV Video Stelsels
Aanwending
Stelsel ontwerp
• Intensiewe terrein besoeke.
• Professionele ingenieurs ontwerpe.
• Hoë gehalte produkte.
• Onafhanklike mikrogolf kommunikasie netwerk.
• Geen selfoon netwerk of internet diens verskaffers.
• HOOGS opgeleide 24/7 beheerkamer personeel.
Gebruikers
• Landbouers.
• Myne.
• Boere verenigings.
Tegnies:
Swak selfoonsein
Applikasie:
• Algemene omgewings beveiliging.
• Plaasbestuur.
• Monitering van vee, voertuie, ens.
• Bekamping van misdaad.
• Vroeë waarskuwing.
Moniterings voordele
• Pro-aktiewe en re-aktiewe monitering.
• Vermeerder oë in die omgewing.
• Verhoog reaksie tyd.
• Help met insameling van inligting.
• Verhoog landelike veiligheid.
• Verminder diefstal.
• Bou data basis op van beweging.
• Vroeë waarskuwing met verdagtes in omgewing.
• Ondersteun met inhegtenis innames.
• Skep ‘n veilige omgewing.
• Gemeenskapspolisieforums
• Handelsmerkprodukte gesertifiseer deur ICASA. Verskillende kragvlakke en frekwensie soos benodig.
• 2G, 3G, alle LTE reikwydtes sowel as 5G waar beskikbaar.
• Hoë aangedrewe antenna- en boosterstelsels.
• UPS en sonkrag beskikbaar.
• Versterking van selfoonsein regoor RSA.
• Oplossings vir huis, kantoor, lodges, plaas en nywerheid.
• Waar wettig, ICASA tipe goedgekeurde RF-toerusting soos vereis - anders as toestelle aanlyn beskikbaar.
• Die oplossing bied ‘n behoorlike waarborg, asook beskerming teen beurtkrag en stroomspanning.
• ‘n Oplossing wat bewese rugsteundiens bewys het, in RSA.
Voordele:
• Aankoop van die regte topgehalte produk.
• Aflewering en installasie regoor RSA.
• Produkte goedgekeur en gebruik deur die netwerkoperateurs.
• Versekering dat jy uitstekende stem- en netwerkdata sal hê.
• ‘n Behoorlike ingebruikneming nadat installasie voltooi is.
• Ons bied ‘n volledige ondersteunings- en hersteldiens in RSA.
www.proagri.co.za 6 ProAgri Suid-Afrika 279 Gewasproduksie
t e l s e l
Gewaarborgd e S
diehdnementiU
+27-12-663-4331 l +27-72-668-0800 l dirk@sdexperts.co.za l andridebeer@sdexperts.co.za www.sdexperts.co.za
“Daardie mense doen dit anders,” vertel Heinrich. “Hulle jaag nie rekordoeste nie, want hulle het gesien hoe rekord-oeste gevolg word deur swak oeste.” Pekanbome dra gewoonlik elke tweede jaar ՚n goeie oes, so die mikpunt moet wees om sowel die “goeie jaar” as die “swak jaar” se opbrengste so na as moontlik aan mekaar te hou. Die Amerikaners verstaan dit; dit is geen wonder dat Amerika tans die grootste pekanneutprodusent is nie. Suid-Afrika staan darem stewig in die derde plek.
Tydens een van hulle besoeke aan die Verenigde State het hulle ook inligting ingesamel om die kultivars wat hulle moet plant asook die plantspasiëring te bepaal.
Die kultivars moet goed aard in die Noord-Kaap en die optimale venster vir kruisbestuiwing bied. “In Amerika het hulle weggetrek en elke 10 by 10 meter ՚n boom geplant en toe na jaar 10 elke tweede boom uitgehaal. Na twintig jaar het hulle dan weer elke tweede boom uitgehaal en dan eindig hulle met 25 bome per hektaar.
“Die rede hoekom hulle dit doen is om die sonlig te bestuur. Die bome groei alles toe en dan is daar minder sonlig wat op die blare beland.”
Hoe minder sonlig die boom kry, hoe swakker presteer dit en dan vrek die middelste takke.
Patrysvlei Pecans se bome is ook 10 meter uitmekaar geplant. Om die sonlig in die toekoms te bestuur sal hulle die weerbarstige takke terugsnoei.
Wat die kultivars betref, was dit ook nodig om in ag te neem waarvoor die neut gebruik sal word. Heinrich verduidelik: “Die verskillende kultivars het verskillende vorms. Die Choctaw is ՚n ronde neut met ՚n dun dop so hy kraak baie maklik. Hy vul nie so goed nie, maar die kern kom heel uit. Die Wichita, byvoorbeeld, vul baie mooi, maar dit is ՚n platter neut met ՚n dikker dop en kraak baie moeilik. Die Sjinese gee nie om nie, want hulle het baie hande-arbeid wat dit deur hulle kraakproses neem. Die neute word dan deur ՚n suikersous gesit en die behandelde neute word verpak en net so verkoop.
Die kultivars wat Heinrich-hulle aanvanklik geplant het was Choctaw, Wichita, Western Schley, Pawnee, Mohawk, Ukalinga en Barton. Die koue het egter gewys dat daar weggebly moet word van die laaste twee en mettertyd het hulle beweeg na net Witchita en Western Schley.
Heinrich stap deur sy boord. Onder sy voete lê die fyn kleigrond, maar dit verander gou in ՚n nat pappery wanneer die besproeiingstelsel aangeskakel word. Al Patrysvlei Pecans se bome het besproeiing. Tans is die jonger boord onder mikro-besproeiing, maar net soos die ouer boord sal dit oorgeskakel word na makro-besproeiing soos die bome verouder en groter word.
Vir ՚n pekanneutboom benodig die boer ongeveer 1 200 liter water per seisoen. Die Amerikaanse boere het aanbeveel dat die stelsel 400 liter
Die pekanneute hang gewoonlik in bondeltjie aan die boom. Met die aanstap na die boord sien jy hoe die bome reeds oortrek is van die sade.
per boom per dag moet kan toedien, maar Heinrich se stelsel kan tot 1 300 liter per boom per dag toedien vir piekseisoenbesproeiing. Wanneer hy in maande van Desember tot middel Februarie besproei, trek die stelsel 270 tot 290 liter per uur per boom. In die winter benodig die bome selde water omdat dit dormant is.
Pekanbome is tweeslagtig. Dit beteken dat die manlike stuifmeel en die vroulike blomme onderskeidelik op die boom verskyn. Die tydperk van gereedheid vir elke kultivar se blomtydperk verskil ook, daarom is dit belangrik om kruisbestuiwing te hê.
Die bome begin bloeisels dra vanaf lente tot laatsomer. In Suid-Afrika beteken dit enige tyd vanaf Oktober. Na bestuiwing begin die vrug vorm. Dit is ՚n langwerpige, groen vrug wat gewoonlik in klossies aangetref word. Die dik, groen buitelaag van die vrug is die omhulsel vir die saad – die deel wat Jan Alleman as die neut ken wat natuurlik uit die dop en die smullekker kern bestaan. Neutset begin gedurende Desember.
Die neut is baie interessant. Die kern het ՚n baie hoë vetinhoud en vorm op ՚n wonderbaarlike manier. Gedurende die groeiproses vorm die dop binne in die omhulsel. Dit begin as ՚n sagte, vlesige gedeelte wat binne ruimte het vir die kern. Die kern vorm deur eers die holte met vog te vul. Dit is waar die olie geproduseer word. As jy dit oopbreek tydens hierdie proses, kan jy sien hoe die holte reeds ՚n volmaakte afdruk het waar die neut gaan ingroei in die ontwikkellingsfase. Die deursigtige pekanolie kan jy sommer in jou vel insmeer.
Wanneer die neut gereed is om geoes te word, bars die groen omhulsel oop om die kenmerkende bruin gestreepte dop te wys. Die saad word geoes en verwerk volgens elke mark se behoefte.
Al neem dit agt jaar vir pekanbome om volwassenheid te bereik, dra die boompies al vanaf ses jaar neute.
Patrysvlei Pecans voer hoofsaaklik uit na Sjina, die grootste invoerder van pekanneute ter wêreld.
“Die markte waarna ons aanvanklik gekyk het, was die Suid-Afrikaanse mark, maar sedert 2006 het die Sjinese ook die mark betree,” brei Heinrich uit. “Aanvanklik was dit die
kern (die neut, ontdop) mark wat nog ontgin moes word, maar nadat die Sjinese die mark betree het, het dit ՚n wêreld oopgemaak omdat hulle die neute in dop aankoop.
Patrysvlei voer al hulle neute uit in samewerking met SA pecans.
Die sukses wat Patrysvlei Pecans behaal het, is ook te danke aan die sorteeraanleg wat hulle opgerig het. “Ons wou al in 1998 ՚n kraakaanleg oprig, maar na deeglike navorsing het ons gesien daar is nie genoeg volume wat geoes word nie,” verduidelik hy. “Om die kraakmark te betree, kos geweldig baie geld en jy moet die mark ontwikkel. Ons het toe besluit die neut moet net beter gradeer word, want dit is die belangrike deel van die verkoopsproses.”
Gradering behels dat elke neut volgens grootte gegradeer word. Die neut word op die sy gemeet en dan in ՚n klein, medium, groot, ekstragroot en oorgroot geklas. “Die belangrike ding met neute is om die dowwer neut (die neut wat swakker gevul is) tussen die ander uit te haal. Dit doen ons met verstelbare vakuum en dit is deurslaggewend belangrik, want die neut lyk dalk mooi buite, maar dit is swak gevul binne. Jou koper oorsee wil verseker wees van die gehalte wat hy koop.”
Die graderingsaanleg is daarop gerig om verwerkers te verseker van die gehalte wat hulle na Sjina uitvoer. Deesdae lewer Patrysvlei Pecans ook hierdie diens aan ander pekanboere wat gesien het hoe voordelig dit is.
“Ons ry saam na die boere toe, versamel die neute en doen die gradering. Verpakking en goedkeuring word gedoen deur PPECB (Perishable Products Export Control Board), die beheerliggaam, en dan sorg SA Pecans vir die finansiering wat die boere betaal,” brei hy uit. Daarna word die produk na Durban vervoer en verskeep na die Ooste.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 7 Gewasproduksie
Heinrich-hulle het die bome op Patrysvlei 10 meter uitmekaar geplant.
+ + + + V L U G T E N A F R A N K RY K M A S S E Y FA B R I E K T O E R A K K O M O D A S I E K O S E N D R A N K I E S
Hoekom
hou bye soms nie van uieblomme nie?
Hoekom hou bye soms nie van uieblomme nie?
Dit is ՚n groot vraag waarom uie se blomme nie altyd aantreklik is vir bye nie. (Foto: Pixabay)
Heuningbye wat soms nie lus het om op uieblomme te werk en dit te bestuif nie, is wêreldwyd ՚n probleem.
“Dit bly ՚n raaisel waarom bye soms weier om uieblomme te bestuif,” sê Charles Salmon, wat onlangs by die Afrika Apimondia-streeksimposium in Durban sy navorsing oor die verskynsel gedeel het.
Suid-Afrika, veral die Klein-Karoo, is een van die grootste uiesaadprodusente ter wêreld en dit is die land se waardevolste groentesaadoes. Maar bye, as die belangrikste bestuiwers van uiesaad, ignoreer al jare lank van tyd tot tyd uieblomme wat tot power bestuiwing en swak saadopbrengs lei.
Soms stel nie eens die bye in kommersiële korwe wat teen groot koste van elders af ingebring word, stel soms belang in die uieblomme nie. “Niks help nie; as die bye nie op die uieblomme wil werk nie, kan niks hulle oorreed om dit te doen nie.”
Charles, self ՚n byeboer en ՚n senior voorligtingsbeampte van die WesKaapse Departement van Landbou, se meestersgraad in Landbou by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT), het gefokus op watermanipulasie (besproeiing) tydens die blomtyd van Texas Grano-uiesaad, hoe dit heuningbye se besoeke en die saadopbrengs beïnvloed het.
Navorsing by Ladismith
Charles se navorsing is die eerste en enigste wat sover oor dié verskynsel wat ՚n geweldige impak op uiesaadproduksie hier en elders het. “Verliese kan tot 44% van die jaarlikse produksie beloop en selfs meer,” sê Charles. “Dis ՚n globale probleem en niemand weet regtig waarom die bye soms by uieblomme verbyhou nie.”
Die huidige opvatting dat besproeiing natuurlike afweermiddels in die plante vrystel en/of lei tot ՚n laer suikerkonsentrasie in die blomme, het gelei tot sy navorsing op sy tuisdorp Ladismith in die Klein-Karoo.
Hy het die verband tussen saadproduksie, besproeiing en die besoeke van heuningbye en ander insekte op ՚n uieland, wat in 56 proefblokkies opgedeel is, gemoniteer.
Gedurende die blomseisoen het hy verskillende hoeveelhede water gegee en opgeteken wanneer en watter bestuiwers, veral bye, die blomme besoek. Uiteindelik het hy die sukses van die saadproduksie in elke proefblokkie opteken en die verskillende proewe se uitslae met mekaar vergelyk.
Hy het bevind dat die hoeveelheid water wat toegedien is geen invloed op die besoeke van bye en ander bestuiwers in die oggende gehad het
nie, en ՚n klein maar beduidende invloed op byebesoeke en die algemene byebedrywigheid in die namiddae. Soos te verwagte, het saadproduksie ՚n noue verband met die besoeke deur insekte getoon.
Die afleiding kon gemaak word dat besproeiing gedurende die blomfase nie verantwoordelik is vir die periodieke onaantreklikheid van saaduie vir bye nie.
Nog navorsing nodig
“Meer navorsing moet gedoen word om die aanloklikheid van die nektar en stuifmeelsamestelling van verskillende uiekultivars se blomme vas te stel,” sê Charles. “Wanneer ՚n basislyn vir die aantreklikheid van die kultivar vasgestel is, sal dit moontlik wees om kultivars te kweek waarvan die nektar en stuifmeel meer aanloklik vir die bye sal wees.”
Dit is ook belangrik om vas te stel of die stuifmeel tussen die hibriede kultivars versoenbaar is, aangesien
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 9 Gewasproduksie
deur Tisha Steyn
Heuningbye is die hoofbestuiwers op uielande, (Foto: Pixabay)
Charles Salmon verduidelik sy navorsing oor die invloed van besproeiing op die bestuiwing van uie tydens die onlangse Afrika Apimondia-simposium in Durban. (Foto: Facebook)
stuifmeel vanaf een kultivar na ՚n ander oorgedra moet word. Die klem van die navorsing moet val op faktore wat die lewensvatbaarheid van stuifmeel in hibriede uiekultivars kan beïnvloed.
Dit is ook noodsaaklik om die weidingsgedrag van die heuningbye met betrekking tot natuurlike faktore soos temperatuur, reënval, korfaktiwiteit en insek-aktiwiteit vas te stel.
“Dié inligting sal die bedryf help om vas te stel of dit ՚n aanduiding is van moontlike komplikasies met bestuiwing van uiekultivers deur heuningbye.”
Nog moontlike redes
Daar is baie redes, sê Charles, maar die regte antwoord bly die ganse wêreld ontglip.
In 1972 is daar al gekyk na die nektarsamestelling van verskillende uiekultivars om vas te stel wat die rede vir die bye se onwilligheid is om op uieblomme te werk.
Sommige mense meen hoë kaliumvlakke maak die nektar bitter, terwyl ander meen te veel swael in die water of bemesting verleen ՚n skerp swaelreuk aan die uieblomme, wat die heuningbye laat verbyhou.
Oplossings bly ontwyk
“Dit help nie om korwe te vervang nie – desperate boere het byvoorbeeld korwe van die Suid-Kaap af vervang met korwe uit die Weskus, maar tevergeefs. Dit help ook nie om bykomende bye by te sit nie, want as die bye nie op uie wil werk nie, werk hulle net nie.”
Hy vermoed uieheuning is aanvaarbaar vir bye, want soms is daar tog geen probleem nie. “Dis ook nie net die bye wat ophou werk nie, ander bestuiwers hou ook op.”
Goeie reën, soos wat vanjaar in die Klein-Karoo geval het, lei tot baie veldblomme wat meer aantreklik vir die bye is. “Ons weet nie of reën of droogte die uieplante fisiologies verander nie – dalk gebeur iets wat die blomme onaantreklik vir die bye maak.”
Gewone hitte en koue beïnvloed die bye se werk op die land, maar hulle pas aan deur net later in die dag te begin werk, terwyl hulle die warmste tyd van die dag in die korf bly, maar hulle hou normaalweg nie op werk nie! As die bye regtig wegbly van die uieblomme af, gaan hulle vir die volgende drie, vier weke nie weer terug nie, en dan is dit ՚n groot krisis.”
Bestuiwing
Die ingewikkelde bestuiwingspatroon vir die verskillende uiekultivars maak dit ook nie makliker nie.
Bestuiwing van die verskillende uiekultivars vind op verskillende tye plaas: Lente-uie is van einde September tot middel Desember in die blom, terwyl gewone uie van middel Oktober tot middel Desember blom.
In ՚n homogene land kry ՚n mens ooplyn-kultivars, waar al die plante van dieselfde kultivar is en die manlike en vroulike blomme op dieselfde plante voorkom.
By basterkultivars word die manlike en vroulike plante in afsonderlike rye langs mekaar en gewoonlik in ՚n verhouding van een ry manlik en drie rye vroulike plante geplant.
By basterkultivars het die manlike plante stuifmeel wat na die vroulike plant oorgedra moet word. Die bye moet van die ry manlike plante na die ry vroulike plante vlieg om die stuifmeel oor te dra.
Bestuiwing van uie op die regte tyd is noodsaaklik vir ՚n behoorlike saadopbrengs. (Foto: Pixabay)
Nog ander meen hoë temperature of hoë humiditeit het ՚n invloed. “Daar is baie redes wat die oorsaak kan wees, maar wêreldwyd kon niemand nog ՚n vinger op die ware rede lê nie. Wat dit moeiliker maak, is dat daar sommige jare geen probleme is nie, terwyl daar ander jare massiewe probleme is. Die groot vraag bly: waarom is uieblomme in sekere seisoene of tye binne ՚n seisoen nie vir bye aantreklik nie?
In 11,9% van die gevalle werk die bye van die manlike plant na die vroulike plant toe; in 2,4% van die gevalle werk die bye van die vroulike plant na die manlike plant toe, en in 85,7% van die gevalle werk die bye in die ry af, dus net op manlike of net op vroulike plante. Die bestuiwingspatroon kan ook ՚n invloed op bestuiwingsukses hê.
Om saad suiwer manlik of suiwer vroulik te hou, word die manlike plante na bestuiwing verwyder. “Sommige boere werk dit in die grond in, ander pluk die manlike plante uit en gooi dit op ՚n hoop ver van die lande af sodat daar nie eens een pit van dié plante tussen die sade van die vroulike plante beland nie.”
www.proagri.co.za 10 ProAgri Suid-Afrika 279 Gewasproduksie
Nie net bye nie, maar ook ander bestuiwers werk op uielande onder gunstige omstandighede. (Foto: Pixabay)
Uielande so ver as die oog kan sien. As die omstandighede die heuningbye en ander bestuiwers nie geval nie, sal die uieblomme nie bestuif word nie. (Foto: Pixabay)
Die saad van die verskillende uiekultivars moet so suiwer moontlik gehou word.
Kontakbesonderhede
Kwarantyngebiede tussen uiesaadlande is nog ՚n manier om die saad suiwer te hou. Vir sommige kultivars, moet daar 1,5 km tussen die lande wees, vir ander 2 km, en tussen rooien wit uie moet die afstand 6 km wees. Dit maak dit nogal moeilik vir boere wat beperkte geskikte grond op hulle plaas het.
Maar dit is alles die moeite werd, want die kweek van uiesaad is baie winsgewend, mits die saad suiwer is EN die bye hulle kant bring!
Kontak Charles Salmon by 082-6517466 of Charles.Salmon@westerncape.gov.za
Bronverwysings
Steyn, T. (2022) Veldblomme lok bye uit saadlande. ProAgri https://www. proagri.co.za/veldblomme-lok-byevan-saadlande/ Onions. BeeAware
https://beeaware.org.au/pollination/ pollinator-reliant-crops/onions/
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 11 Gewasproduksie
Die kweek van uiesaad is die belangrikste groentesaadproduksie in Suid-Afrika. (Foto: Pixabay)
(Foto: Pixabay)
LIMPOPO SE GROOTSTE LANDBOU EKSPO! LIMPOPO SE GROOTSTE LANDBOU EKSPO!
Vermaak vir oud en jonk!
Deel in die pret!
Alle verversing en wegneemetes word verskaf deur plaaslike skole, kerke en fondse – só help ons die gemeenskap groei!
‘n Fantastiese geleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo besigheid te doen.
Ons bring die boer en die besigheid bymekaar!
Die Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei t.o.v die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en enige Landbou verwante kwessies.
12-14 Oktober 2023 Vivo, Limpopo
vChrissBurgess an
Landbou
Bok
Kom toets die nuutste landboutegnologie, trekkers en toerusting by ons landboudemonstrasie
Bespreek vandag nog jou uitstalruimte!
Besoek die webwerf, Quicket en soek vir: Vivo Boerebemarkingsdag Volg ons op Facebook: vivoboerebemarkingsdag
Michelle van Wyk - 083 713 0204 / vivobemarkingsdag@gmail.com
12 ProAgri Suid-Afrika 279 Gewasproduksie
Prop
van Blerk
Om ՚n groentetuin aan te lê en te onderhou kan ՚n duur spulletjie raak. Daarom is dit belangrik om mooi te dink en te beplan watter groente en hoeveel daarvan jy in jou tuin wil kweek. Hou die klimaat en mikroklimaat in jou omgewing in gedagte wanneer jy beplan. Is dit geskik vir die behoeftes van die verskillende groentesoorte wat jy wil kweek? Neem ook jou gesin se behoeftes en voorkeure in ag.
Watter groentesoorte eet julle?
Die belangrikste oorweging by die keuse van groente om te kweek, is jou huismense se behoeftes. Dit help nie jy plant soetrissies as jou huismense die neus daarvoor optrek nie. Dit help ook nie jy plant ՚n vierkante meter blaarslaai op een slag nie, want jy kan nie alles opeet nie en ՚n mens kan dit nie juis bêre nie – jy kan altyd weer later in die seisoen nog plant.
Hou die volgende in gedagte wanneer jy besluit watter groente om te plant:
Maak ՚n lys van jou gesin se voorkeure, watter groente jy gewoonlik gebruik om gebalanseerde maaltye voor te berei en hoeveel van elke groentesoort jy per dag, week en maand gebruik. Ek gebruik baie spinasie, wortels en tamaties en maak bykans elke dag ՚n mengelslaai met tamaties, blaarslaai en komkommer. Ek gebruik so ՚n halwe kopkool per week, en kook net een maal sowat elke twee weke beet. Dit help my bepaal watter groente bo-aan my lysie van groente vir my tuin moet wees.
Is die groente wat jy by die supermark koop van goeie gehalte of moet jy dikwels groente wat verlep, verbruin of Nie alle supermarkte het ՚n kontrak met groot boere om groente volgens
Groentetuin vir beginners 3:
Beplan volgens jou gesin se behoeftes
՚n vasgestelde groeiprogram te lewer nie. Die groente wat in koeltrokke regstreeks van die plaas na die supermark se verspreidingsentrums vervoer word, het ՚n langer raklewe as groente wat kleiner supermarkgroepe op ՚n varsproduktemark aankoop.
Groot supermarkgroepe het baie streng vereistes om goeie gehaltestandaarde te handhaaf en om seker te maak die groente wat hulle aankoop kan teruggespoor word na die plaas waar dit geproduseer word. Dit is ՚n internasionale vereiste dat groente en vrugte volhoubaar geproduseer moet word sonder dat dit skadelik is vir die verbruiker, arbeiders, diere, die grond en organismes daarin, water en die atmosfeer – met ander woorde die hele ekosisteem.
Groente met ՚n etiket wat aandui dat dit organies geproduseer is en nie chemiese bemesting, onkruid- en insekdoder bevat nie, is gewoonlik duurder as ander produkte.
Mens leer mettertyd watter handelsname van groente wat by supermarkte beskikbaar is betroubaar is en volhoubaar groente van gehalte lewer. Maar dit gee jou net soveel meer gemoedsrus as jy jou eie groente kweek, oes en eet. My kleindogter kan vir haar ՚n tamatie of ՚n aarbei in die tuin pluk en ek weet sy kry nie skadelike middels in nie. Ons weet mos wat ons eet ...
Beskikbaarheid
Watter groente is deur die jaar tot jou beskikking? As jy daarop fokus om groente te koop wat seisoenaal volop is, kan dit dalk goedkoper wees om daardie groente by jou supermark te koop, mits dit van goeie gehalte en teen ՚n redelike prys is.
Groente is seisoengebonde omdat sekere soorte warm weer verkies, terwyl ander beter in ՚n koeler klimaat groei. Daarom is sekere groente vroeg in die seisoen en wanneer die seisoen
ProAgri South Africa 279 13 Gewasproduksie
deur Tisha Steyn
einde se kant toe staan duurder omdat dit skaarser is.
As jy goed beplan watter groente jy in die lente en somer plant en oes en watter jy laatsomer kan plant om in die herfs en winter te oes, kan jy deurlopend jou gunsteling groente uit jou tuin gebruik.
Hou die volgende in gedagte wanneer jy probeer bepaal wanneer, watter en hoeveel groente jy moet aanplant:
• Watter groente eet julle?
• Hoeveel daarvan gebruik jy?
• Hoeveel plante sal genoeg groente lewer?
• Wanneer moet jy groente vir die lente/somer en herfs/winter plant?
• Wanneer/hoe gou sal die groente gereed wees om te oes, en wanneer moet jy weer in die seisoen plant?
Koste
Die prys van groente hang af van die beskikbaarheid daarvan. Wat kos die groente wat jy koop en kry jy werklik kraakvars groente wat waarde vir jou geld is? Jy kan dit goedkoper doen deur jou gunsteling groente in jou tuin te kweek, mits jy goed beplan en hard werk.
Om ՚n groentetuin aan die gang te kry kan geld kos, maar daar is maniere om dit goedkoper te doen:
• Kweek saad in saadbakkies of houers en plant dit uit wanneer die saailinge sterk genoeg is, eerder as om saailinge by ՚n kwekery te koop;
• Maak jou eie kompos, eerder as om dit te koop;
• Gebruik reënwater wat jy opvang of gryswater wat jy weer gebruik in plaas van duur munisipale water of water wat jy ten duurste uit ՚n dam of boorgat moet pomp;
• Bespaar op chemiese kunsmis deur kompos en deklae te gebruik;
• Gebruik metgeselplante wat insekte van jou groente af weglok, asook organiese middels wat jy met plante uit jou eie tuin en basiese skoonmaakmiddels aanmaak, eerder as om duur chemiese insek-, onkruid- of swamdoder te koop;
• Laat sommige plante toe om saad te skiet sodat jy jou eie saad kan oes, droog en bêre om die volgende seisoen weer te plant, eerder as om aan te hou saad koop. Maak net seker jy koop aanvanklik goeie saad van ՚n betroubare saadhandelaar.
Wat kan jy met ՚n oormaat groente doen?
Dit is nie maklik om te bepaal presies hoeveel ՚n groenteplant gaan produseer nie. Verskeie faktore speel ՚n rol, soos die klimaat en of dit baie warm of baie koud is, die grondsamestelling en -gehalte, hoeveel dit reën en hoe gereeld
www.proagri.co.za 14 ProAgri Suid-Afrika 279 Gewasproduksie
jy moet besproei, hoeveel peste en plae jou teister, om maar enkele te noem. Omstandighede verander ook van jaar tot jaar, wat dalk iets te doen kan hê met klimaatsverandering. Wie sal weet, want navorsing kan nie regtig bybly nie?
Namate toestande wissel, verander die opbrengs. Hoe gemaak as jy op ՚n dag met ՚n oormaat groente sit wat jy en jou gesin nie kan opeet nie?
Daar is verskillende maniere om baie van die groentesoorte te verwerk en bewaar.
Annette Human, samesteller van die gewilde Huisgenoot se Wenreseptereeks, skryf in die voorwoord van haar boek Lekker vir Later PLUS!: “Om ՚n krat vol vars vrugte of groente voor jou te hê en dan te kan wik en weeg: Sal ek die mooistes vries of sal ek liewer van daardie spesiale stukkonfyt kook? Dalk ook ՚n bietjie blatjang maak ... en braaisous terwyl ek nou aan die gang is.”
Die resepteboek gee vir jou ՚n keur van resepte om groente (en vrugte) te verwerk en te vries, in te maak, konfyt (dink uiemarmelade) te kook, asook blatjang, rissiesous of pesto wat goed in die yskas of op die spensrak gebêre kan word. En as jy nie juis ՚n kombuismens is nie, kan jy van die groente uitdeel aan jou bure, versorgingsinstansies soos ouetehuise, skole met ՚n voedingstelsel, of selfs aan ՚n sopkombuis skenk. “Sharing is caring,” sê my kleindogter van vyf.
Moenie wag nie, haal uit jou Tuinjoernaal en begin beplan.
Flygt Concertor ®
THE TOTAL WASTEWATER PUMPING SOLUTION THAT ADAPTS TO OPERATIONAL CONDITIONS Find
Verwysingsbronne
Anthony, D. (2014) Enigeen kan groente kweek. Metz. ISBN 978-1-928201-12-0
Human, A. (2014) Lekker vir later PLUS! Die Suid-Afrikaanse A-Z van preservering. Human en Rousseau. ISBN 978-0-7981-6579-2
ProAgri South Africa 279 Gewasproduksie
the right solution for your challenge now
www.proagri.co.za 16 ProAgri Suid-Afrika 279 TRIPLE THE VALUE in *when you purchase a NEW 5D or 5E 3-Cyl tractor before 31 Oct 2023. Ts & Cs: https://bit.ly/3VyE9Qm SETA ACCREDITED FREE* OPERATOR TRAINING FREE* SERVICE PARTS *when your parts order on 5D or 5E 3-Cylinder Tractors are not available from your South African Dealer within 24 hours. Offer valid until 31 Oct 2023. Ts & Cs: https://bit.ly/3gpvuAZ *T’s and C’s apply. Only applicable on selected tractors and service parts when ordered directly from your Dealer. Contact your local dealer for more information. JohnDeereAME John Deere Africa & Middle East John Deere www.deere.africa | africa@johndeere.com | Customer Care: 0800 983 821 | *20% Deposit with Annual Repayments Over 3 Years at Prime -9%*. VAT back after 3 months. First Repayment 1 Oct 2023. Valid until 30 Jun 2023 while stocks last. 5075E MFWD OOS 9/3 TSS TRANSMISSION PRIME -9% Experience affordability, skills development, and peace of mind.
Vir meer as 85 jaar beskerm Gallagher boere se bates
deur Bianca Henning
Seepgladde bestuurstelsel is die behoefte van elke veeboer. Danksy Gallagher se moderne tegnologie en oplossings, maak hulle produkte die boer se lewe makliker en veiliger. Die maatskappy bied ՚n wye reeks produkte en dienste wat ontwerp is om boere te help om hulle vee meer doeltreffend te bestuur. Die produkte sluit elektrieseheiningoplossings, weeg- en EID(elektroniese identifikasie)-stelsels, weidingbestuursgereedskap en diere se waterstelsels in.
Elektriese heinings
Gallagher se elektrieseheiningstelsels is ontwerp om diere veilig binne te hou. Hulle bied ՚n wye reeks bekragtigers, geleiers, isoleerders en bykomstighede om presies by die boer se behoeftes te pas. Die voordele van elektrieseheiningstelsels sluit laer koste, maklike installasie en meer buigbaarheid in dierebestuur in.
Elektriese heinings los die kwessie van wildkonflik op en help om wild uit gebiede te hou waar hulle oesskade kan veroorsaak, en sodoende die behoefte aan skadelike wildbestuurspraktyke verminder.
Weegskale
Verby is die dae van raai en skat. Met Gallagher Dierebestuur se weegskale kan ՚n boer nou presies bepaal of sy vee die voer en weiding wat hy hulle gee in goeie en lonende groei omsit. Gallagher se weegskale is bekostigbaar, betroubaar, maklik om te gebruik en deur en deur hulle geld werd. Gallagher se weegskale is ՚n nuttige bestuurshulpmiddel as jy langs die drukgang staan. Jy hoef nie tussen papiere rond te krap nie, jy het onmiddellik toegang tot die data op jou foon.
“Gallagher se skale is een van ons gewildste produkte,” sê Mark Smit, verkoopsbestuurder van Gallagher SA se Dierebestuursafdeling.
“Dit is die manier waarop boere oor ՚n tydperk hulle vee se groei en presta-
sie dophou en betyds kan aanpassings maak as dit nodig is. Soos die dier met sy spesifieke nommer geweeg word, kom dit dadelik op jou foon. Die boer kan ook verstellings maak, inligting verander en die data in grafiekformaat bekyk,” verduidelik Mark.
Gallagher se skale het ՚n robuuste ontwerp, is waterbestand, verseël en stofbestand, en registreer gewig in kilogram en pond. Die skerm se syfers is ook groot en in kleur om maklik te lees.
Gallagher bied ook draadlose skale, wat gekoppel word deur ՚n bluetoothverbinding. Dit is maklik om van een plek na ՚n ander te verskuif, met jou data wat alles op een plek in die kuberwolk geberg word. Die bluetoothverbinding stuur jou diere se gewigte reguit na 'n Gallagher TW- of TWRweegskaal - weg met die frustrasie van tradisionele laaibalke. Versoenbare weegskale is die TW-1, TW-3, TWR-1 en TWR-5.
Draadlose watermonitering Gallagher bied ook ՚n reeks nuttige waterbestuursoplossings wat die boer se lewe makliker en sy diere se lewe lekkerder maak. Dit sluit dinge in soos outomatiewe watermerkers, krippe en pompe. Verby is die dae van onsekerheid oor jou watervlakke, kommer oor jou vee wat nie genoeg water het nie of verskuilde waterlekke.
Gallagher se draadlose watermonitering stel boere in staat om tenkvlakke dop te hou sodat jy met sekerheid kan bepaal hoeveel water jy beskikbaar het. Die grootste voordeel van die stelsel dat boere nie vroegoggend of laataand hoef
Gallagher is trots om die nuwe TWR-5- en TWR-1-weegskaal aan lesers bekend te stel - die weegskale wat jou diere se etikette lees.
uit te gaan om hulle watervlakke na te gaan nie. Hulle kan dit veilig vanuit hulle huise doen. Dit gee jou ook al die inligting soos die waterverbruik, tenkvlakke en outomatiese pompbeheer. Die boer word ook vroegtydig gewaarsku as watervlakke daal.
Wat sluit die draadlose watermonitering in?
• Moniteer tot nege tenkvlakke
• Beheer tot twee waterpompe
• Meet waterverbruik
• Ontleed waterverbruik om vermorsing te verhoed en dadelik te weet as daar ՚n waterlek is
• Stuur kennisgewings en waarskuwings deur die raakskermontvanger of mobiele toepassing
Gallagher se mobiele toepassing stel jou in staat om die watervlakke van jou damme of tenks gemaklik vanaf jou selfoon te bestuur.
Gallagher is aan die boer se kant, en daarom bied hulle oplossings wat kostedoeltreffend is, maklik is om te installeer, gebruikersvriendelik en die boer se lewe vergemaklik. Geen wonder hulle is al die afgelope 85 jaar markleiers in die veld nie.
Vir meer inligting, besoek Gallagher se webwerf by www. gallaghersa.co.za, of kontak hulle by 011-974-4740, of stuur ՚n e-pos aan sales.za@ gallagher.com. Hulle produkte is ook by koöperasies en ander verspreiders beskikbaar.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 17 Meganisasie ՚n
Gallagher beveilig jou eiendom en sorg dat diere bly waar hulle hoort.
Die verskillende weegskale wat Gallagher bied.
Nuutste landboutegnologie nuus Die jongste in landboutegnologie van regoor die wêreld
DeLaval dis voer op met robot
DeLaval het sy reeks robotte uitgebrei met ՚n outonome voerverspreidingsrobot – Optiwagon. Voer is een van die grootste uitgawes op ՚n melkplaas en boonop die mees arbeidsintensiewe bedrywigheid na melk. DeLaval stel nou hulle nuwe robot bekend as ՚n module in hulle volledig geoutomatiseerde voeroplossing –DeLaval Optimat™.
Hierdie volledige voeroplossing sluit alles in vanaf weeg, kerf en meng tot die opdis van die voer aan die beeste. Dit sal binnekort aan boere in Europa beskikbaar gestel word.
Die jongste robot is ontwerp as ՚n module vir gebruik saam met die vervaardiger se Optimat vasstaande outomatiese voerstelsel. Dit meng die bestanddele, wat dan na die OptiWagon se pens oorgeplaas word om dit aan die diere te gaan opdien.
Ludo Bols, voerstelselspesialis by DeLaval, sê: “Die nuwe voerverspreidingsrobot optimaliseer die omskakeling van ruvoer na melk. Die vermoë om dit doeltreffend te doen is ՚n groot voordeel op ՚n melkplaas. Die inskakeling van die OptiWagon as deel van die Optimatstelsel bied die boer ՚n doeltreffende en aanpasbare voerstelsel wat help om waardevolle tyd te bespaar en energiekoste op die plaas te beperk.”
DeLaval hou by hulle konsep om afsonderlike spesialistoerusting te hê
vir kerf en voer en vir opdiening. “Op hierdie manier verskaf ons die allerbeste toerusting om elke taak op die beste moontlike manier af te handel,” sê Ludo. Die mengresepte en bedieningsroetes word met DeLaval se Delpro-plaasbestuurstelsel opgestel en aangepas en dan voorsien die OptiWagon twaalf keer per dag verskillende voermengsels aan verskeie dieregroepe.
Hoë eerbetoon vir Valtra se
Die
DeLaval sê die Optimat-stelsel werk al op meer as 600 plase, hoofsaaklik in Europa. Dié eenvoudige, doeltreffende stelsel is geskik vir 120 tot 130 koeie. Die Master-weergawe is ’n ten volle outomatiese voeroplossing vir melkkuddes van tot 1 000 diere.
(Bron: DeLaval.com)
Valtra vier nog ՚n onderskeiding deurdat hulle Q-reeks “Beast” die gesogte Red Dot-toekenning vir Produkontwerp losgeslaan het. Hierdie aankondiging kom in minder as ses maande nadat Valtra se jongste trekker, die Q-reeks, vrygestel is. Die nuwe reeks pas netjies in die hoërperdekragsegment.
Die Q-reeks is in September 2022 geloods en het gou aandag in die bedryf getrek deur November verlede jaar die Plaasmasjineriejurietoekenning 2023 by die SIMA-skou in Partys te wen. Die jurie het die Q-reeks aangeprys vir sy toespitsing op die behoeftes van landboukontrakteurs.
Teen 171 tot 227,5 kW (230 tot 305 perdekrag) vul die Q-reeks die gaping tussen Valtra se T-reeks en S-reeks. Klante is veral ingenome met die Qreeks se gladde ratoorskakeling, ratse bestuurbaarheid en goeie uitsig vir so ՚n hoëperdekragtrekker. Die sorgsame en slim ontwerp van die Q-reeks het al hierdie eienskappe moontlik gemaak.
Die hoof van die Nywerheidsontwerpen Gebruikerservaringdepartement, Kimmo Wihinin, verduidelik dat die beste trekkerervaring van luister na die klant kom: “Klante het gevra vir ՚n groter T-reeks. Ons het ՚n totaal nuwe trekker gebied. Groot plase en landboukontrakteurs benodig ՚n doeltreffende hoëperdekragtrekker, maar met ratsheid en ՚n goeie uitsig. Alles, vanaf maklike toegang via die aluminiumtrap, die nuwe, sterk werksligte, kajuitgerief, ten volle geïntegreerde tegnologie via die SmartTouch-gebruikerskoppelvlak, spruit uit gebruikersversoeke. Alles is ontwerp om die Q-reeks ՚n gerieflike en goed-toegeruste trekker te maak. Dit
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 19
deur
Annemarie Bremner
Die nuwe DeLaval Optiwagon dis gespesialiseerde voorafvermengde voerrantsoene op aan verskillende kuddes.
standaard-weergawe van die Optimat met die OptiWagon.
“Beast”
Meganisasie
Valtra se bekroonde Q-reeks is verlede jaar vrygestel.
is die beste trekker wat ons ooit hier in Sualahti in Finland ontwerp en gebou het. Ons is baie bly dat die Q-reeks Valtra se geskiedenis van die verowering van Red Dot-ontwerptoekennings voortsit.
Valtra se vorige suksesse met die verowering van Red Dot-toekennings sluit in ՚n toekenning vir die T-reeks in 2016, ՚n Eerbare Vermelding vir die N-reeks in 2017, ՚n wentoekenning vir die A-reeks in 2018, vir die G-reeks in 2021 en, meer onlangs, ՚n Red Dot-toekenning vir die N-reeks in 2022.
Valtra se Q-reeks sal binnekort deur Europa toer as deel van Valtra se SmartTour 2023.
(Bron: world-agritech.com)
Outomatiese herlaaistasie vir hommels
Hommeltuie kan baie nuttige hulpmiddels vir plaasbeveiliging en oesbeskerming wees, maar kort werktye as gevolg van beperkte batterykrag is problematies. Dock-One is Skydock Systems se outomatiese hommeltuigbattery-omruiling en sendingbeplanningsoplossing vir DJI Mavic; met ander hommeltuie wat binnekort sal volg.
Dock-one is 'n bekostigbare hommeltuigbattery-ruilstasie wat in Suid-Afrika ontwikkel is vir die plaaslike en internasionale mark.
Verhoogde hommelreikwydte
Deur die SkyDock/Flight Now-stelsel te gebruik, kan jy outomatiese sendings skep en die hommeltuig dophou oor die internet.
Herkenning vir outomatiese landing
Ses batterybanke vir ononderbroke vlieg
Intrekbare
landingsplatform
Weerbestande omhulsel
Dit laat jou toe om outomaties dag en nag hommeltuigsendings te vlieg. Die dokstasie is deur Roelf Diedericks en Wikus Combrinck ontwerp tydens die COVID-19 pandemie, toe 'n familieplaas naby Mabalingwe-wildreservaat in die noorde van Suid-Afrika deur 'n vlaag nagtelike inbrake geteister is. Patrollies deur die reservaat met behulp van 'n termiese hommeltuig, het tot verskeie arrestasies gelei en het gedien as 'n afskrikmiddel vir voornemende misdadigers. Insidente is met 99% verminder.
Die uitdaging van opgeleide personeel
Vlieg met internetafstandbeheer Sluitpanele
Robotklou vir batteryruil binne
Die DockOne-oplossing bestaan uit drie komponente: Die DockOne-dokstasie, FlightNow-sendingsbeplanning en afstandbeheersagteware, en die DJI Mavic 2 Enterprise-hommeltuig.
DockOne vinnige inligting
• Vinnige batterywissel-dokstasie.
• 5 batterye altyd op laai.
• Weerbestande, poeierbestrykte omhulsel van staal.
• Ingeboude kamera vir afstandmonitering.
• Eksterne LUD-landingslig.
• 2 x 12 V-rugsteunbatterye vir veilige landing in kragonderbrekingsituasies.
• Outomatiese presisielanding.
• Dubbele, uitgebreide reeks hommeltuig-antennas (tot 10 km).
wat nodig is vir die hantering van die hommeltuie en voortdurende batterywisseling word deur die DockOne-dokstasie opgelos.
Gekoppel met die DJI Mavic 2 Enterprise-hommeltuig, laat DockOne jou toe om outomaties dag en nag te patrolleer. Deur die hommeltuig se bykomstighede soos die kollig of luidspreker te gebruik, kan skelmstreke gestuit word.
Hommeltuie wat vir oesmonitering en beskerming in boorde gebruik word, sal ook onophoudelik met hulle werk kan voortgaan.
• Ingeboude 4G/LTE-, WiFi- of Ethernet-internettoegang.
• Afstandbeheerpaneel.
• Afmetings (H x B x W): 690 mm x 970 mm x 920 mm
• Gewig: 70 kg
SkyDock Systems is 'n afdeling van ByteHeavy Industries (Edms) Bpk, 'n Suid-Afrikaanse sagteware- en robotika-ingenieursfirma. Vir meer inligting, besoek https://skydock.systems/dockone/.
www.proagri.co.za 20 ProAgri Suid-Afrika 279 Meganisasie
Die Skydock outomatiese batterywisselstelsel vir hommeltuie is in SuidAfrika ontwikkel.
Plaasbestuur deur digitale tweelingbeelde
Boere kan nou hulle plase van ՚n afstand bestuur deur 3D-tegnologie te gebruik.
Die Sweedse nuutskeppingsplatform, Agtech 2030, aangebied deur Linköping Universiteit, het 'n digitale beheerkamer vir landbou geskep. Dit word die Agtech Dashboard genoem, kortweg AGDA, en sluit ՚n digitale tweelingbeeld van plase in.
Martin Stenmarck van die tegnologiemaatskappy HiQ sê: “Boere het vandag baie stelsels om te bestuur: trekkers, masjiene, melkrobotte en silo’s. Alhoewel 'n mate van integrasie van die stelsels gedoen is, is daar nog baie meer nodig. Verder ontbreek gebruikersvriendelike koppelvlakke dikwels.”
Inspirasie uit Afrika
Fredrik Gustafsson, professor in sensorinformatika aan die Universiteit van Linköping, sê: “Ons is geïnspireer deur die behoeftes van wildwagters in Kenia. In die Ngulia-projek is nuwe tegnologie ontwikkel vir verhoogde beskerming van renosters. Dit gaan oor digitalisering, elektroniese veldverslae, sensornetwerke en posisioneringstelsels.
'n Sentrale deel was posisionering en bewegingsontleding in werklike tyd. Ons het dit nou oorgedra en aangepas by die Sweedse landboukonteks.”
Die span het gevorderde funksies in die model getoets, byvoorbeeld kaarte waar jy presies kan sien waar elke koei die afgelope 24 uur beweeg het.
Digitale 3D-modelle
Die span het ook digitale tweelingbeelde geskep. Die idee is dat die boer die hele plaas as 'n interaktiewe 3D-model moet kan opstel.
Die model sal 'n boer in staat stel om 'n goeie oorsig van sy plaas te kry en hy kan die werk makliker saam met sy span beplan. Die inligting is visueel en maklik om te absorbeer, jy kan dit selfs deur VR-bril beskou.
Mikael Pettersson, plaasbestuurder by Rotenberg Manor en deel van die span agter AGDA, sê: “Die 3D-model bestaan uit twee modelle, een oorsig wat die lande insluit en een wat op die plaasgeboue fokus. Hierdeur kan jy vinnig en
duidelik wys na iets wat jy wil bespreek, byvoorbeeld watter sonpanele reggemaak moet word. Dit sal maklik wees om die werk te beplan en take te koördineer.”
Baie foto's en video's
Oscar Hoffmann van Linköping Universiteit, wat die 3D-model geskep het, verduidelik: “Die model is gegrond op ongeveer 4 000 stilbeelde wat met hommeltuie gefotografeer is, asook beelde van die grond af met ’n handkamera om besonderhede vas te vang. Die samestelling van die beelde in 'n 3D-model word fotogrammetrie genoem. Die 3D-modelle het ook fokuspunte. As jy daarop kliek, word foto's en in sommige gevalle video's intyds vertoon.
"Hierdie konsep gee 'n voorsmakie van hoe toekomstige plaasbestuur moontlik sal wees," sluit Per Frankelius, skeppingsleier in Agtech 2030 af. (world-agritech.com)
Meganisasie
www.proagri.co.za 22 ProAgri Suid-Afrika 279
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 23 SCAN HERE Your daily partner Tailor-made lubricants for agriculture Visit us at NAMPO on 16 to 19 May 2023 at Stand 18 in the TotalEnergies hall.
PRO-TILL
12m HIGH PERFORMANCE TILLAGE with TRUE GREASELESS TECHNOLOGY
MAXIMIZE PRODUCTIVITY & PROFITABILITY
IMPROVED SOIL STRUCTURE & HEALTH
INCREASED VERSATILITY
SHREDS RESIDUE AT SPEEDS OVER 16 km/h
Three times the speed of traditional cultivators
ROLL FORWARD & SELF CONTOURING FRAME
Follow the curvature of varying terrains while maintaining a consistent depth
World-class implements available at your nearest Jupidex approved dealer. www.jupidex.co.za
Kom kyk self: Degelman dis dwarsdeur NAMPO toe!
deur Bianca Henning Dubbele V Notch-skottelontwerp
Tradisie is nie meer die bepalende faktor wanneer boere besluite neem oor grondbewerking nie. Suksesvolle boere laat hulle lei deur die jongste navorsing en noukeurige ontleding en is nie bang om self te eksperimenteer nie. Net die hoogste, gesondste opbrengste kan vandag se boer se toekoms verseker. Daarom moet die boer die beste saadbedding skep om die beste groei te verseker.
Die Jupidex-span spog met ’n nuwe toevoeging in hulle stal, die Degelman Pro-Till 40, 12-meter hoespoed dis wat ook vanjaar by NAMPO bekendgestel gaan word. Nat of droog, lente of herfs, geen omstandighede is te uitdagend vir die Degelman nie.
Degelman is toegewyd daartoe om dinge reg te doen. Degelman weet dat eenvoudige plaastoerusting met die minste bewegende dele langer hou, daarom is eenvoud die kern van Degelman se Pro-Till-ontwerp. Dit is die vinnigste en veelsydigste stuk bewerkingstoerusting wat jy ooit sal besit!
Veelsydigheid op ՚n ander vlak
Hoëspoed-bewerking
Die Degelman Pro-Till werk teen 16 km per uur en hoër, tot drie maal die spoed van tradisionele grondbewerkers, terwyl dit eenvormigheid en die perfekte bewer-king tot gevolg het.
Perfekte saadbedvoorbereiding
Een beweging wat ’n gerieflike, groeibevorderlike saadbed skep. Die Pro-Till se bewerkingsontwerp skep ՚n afgeronde saadbed in net een lopie deur die land. Saam met die rollers en hoëspoed-disaksie sny en vermeng die Degelman die reste, wat ՚n gesonde grondstruktuur tot gevolg het. Die rifvorm van die rollers breek kluite en skep 'n geriffelde grondprofiel en 'n ideale saadbed.
Reste op jou land is iets van die verlede
Boere se opbrengste kan belemmer word deur taai, swaar oorblyfsels en reste van gewasse soos ertjies, sonneblom, gars, koring, sojabone, katoen en mielies. Die Pro-Till loop die land storm teen tussen 16 tot 22 km per uur om reste behoorlik te sny en met die grond te vermeng waar hulle afbreek om grondlewe te bevorder en grondtekstuur te verbeter. Die Pro-Till se werking is indrukwekkend – geen wonder die Degelman Pro-Till staan bekend as die robuuste restedoodmaakmasjien nie.
Unieke eienskappe van die Degelman Pro-Till
Rubbersuspensiestelsel
Degelman weet ՚n ding of twee van
klippe in jou lande. Toestande is nie altyd perfek nie. Die Pro-Till se skottelontwerp vervang die ouer tradisionele skottels met onafhanklike arms wat jou grond opbreek en vermeng teen snelhede wat nog nooit tevore bereik is nie.
Wanneer 'n klip teëgekom word, rol en druk die rubberelemente saam, wat die impak outomaties demp en beskerming bied, terwyl die skottels onmiddellik weer in werking gestel word.
Die dubbele V Notch-skottelontwerp doen die werk om harde grond op te breek en deur reste te sny. Hierdie ontwerp laat die trekkrag om die lemme draai, en help om die masjien geanker en stabiel te hou terwyl dit deur die grond getrek word. Die gevolg is ‘n fermer en gladder grondoppervlak in vergelyking met die bewerking wat die U-skottel doen.
'n Gepatenteerde hittebehandelingsproses lei tot 'n oorgangshardheidsprofiel waar die binneste gedeelte minder hard is (vir buigbaarheid), en die buitenste slytasievlak maksimum hardheid het, wat verseker dat die Double V Notch-skottels 20% langer hou as die skottels van mededingers.
Unieke raamontwerp
'n Unieke voordeel van die Pro-Till is die gepatenteerde voorwaartse rolraamontwerp wat operateurs die vermoë gee om die raam- en agterste skyfgedeeltes heeltemal van die grond af lig en te draai, wat dit maklik maak om in nat toestande uit die moeilikheid te beweeg.
Weg met die ghries
Ons almal weet die bewerkingstydperk vir die lente en herfs is beperk. Gee jouself die voorsprong met Degelman se ghrieslose tegnologie. Boerderye raak vinnig al hoe groter met meer uitdagings, en ons almal weet dat tyd geld is. Weg is die dae toe jy knaend met ‘n ghriespomp in die hand al om elke werktuig rond moes kloek. Degelman het vooruit gedink en daarom bied hulle ghrieslose tegnologie aan vir al die werktuie wat hulle vervaardig.
Gewigsverspreiding
Die Pro-Till dra sy gewig in sy raam, waar dit hoort. Die Pro-Till het ՚n afwaartse kragafdrukking om die mees uiterste en uitdagende toestande te hanteer.
Die Pro-Till 40 (12m) het 'n totale gewig van net so oor die 15T wat 'n afwaartse kragafdrukking van 1,300kg per meter gee om die mees uiterste en uitdagende toestande te hanteer.
Eenvoudige dieptebeheer
Die verstelling van die Pro-Till se voorste en agterste snydiepte is maklik en akkuraat. Meganiese plate draai in of uit om snydiepte in tussenposes van 1,27 cm aan te pas, wat dit 'n eenvoudige, georganiseerde en betroubare stelsel maak.
Hierdie ontwerp, tesame met die indrukwekkende gewigsverdeling van die groot hoë-flotasiebande, laat die operateur terug, vorentoe ry, ontkoppel of eenvoudig wegry van enige moeilikheid.
Die Degelman Pro-Till se selfkontoerraam stel hom in staat om oor die steiltes en ongelykheid van verskillende terreine te beweeg terwyl 'n konstante werkdiepte behou word.
Die onafhanklike vlerkgedeeltes en 'n vlak drywende raam gee die Pro-Till die buigsaamheid om steil hellings of afwaartse hellings te hanteer. Hierdie drywende, selfkontoerontwerp, tesame met sy onafhanklike skottels, help om 'n jou lande egalig te bewerk, wat boerdery pure, kommervry plesier maak.
Degelman se reputasie is gebou op die ontwikkeling van sterk, betroubare en deugsame toerusting wat nog jare op jou plaas sal wees. Hulle glo dat minder altyd meer is.
Net soos Degelman se toerusting, is Jupidex toegewyd daartoe om slegs die beste toerusting aan Suid-Afrikaanse boere te bied. Kom kyk self by NAMPO 2023 waarom Jupidex die trotse verspreider van Degelman-toerusting is. Besoek hulle standplaas by B8 + B31.
Vir meer inligting oor die Jupidex-groep en hulle wye reeks verskeidenheid landboutoerusting, besoek hulle webwerf by https://www.jupidex.co.za/ of kontak (+27)33-386-3574 vir meer inligting.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 25 Meganisasie
SINVOLLE AANPASBARE STRUKTURE
100% Suid-Afrikaanse vervaardigde staal
Werkswinkelruimte Verspreidingspakhuise
Het jy dringend ‘n behoefte aan ‘n vinnige en maklike konstruksieplan?
Oorweeg SM Structures se voorafvervaardigde modulêre behuising. Ons bied ‘n wye verskeidenheid keuses, beskikbaar in 1,2,3 of meer slaapkamers met sitkamer, kombuis en badkamer.
SM Structures se staalstrukture is makliker en vinnig om op te rig as ‘n tradisionele huis. Hierdie strukture benodig nie sweiswerk of vervaardiging op die perseel nie.
Benodig jy ‘n skuur vir jou vliegtuig?
SM Structures het baie tyd daarin belê om die beste vliegtuigloodsstrukture in die land te maak. Deur kundige raad van hul vriende in lugvaart het hulle ‘n doeltreffende en bekostigbare manier vervaardig om vliegtuie te beskerm.
Hul vliegtuigskure is ontwerp om funksioneel sowel as esteties aangenaam te wees. Die vlieëniers word gelyk gerus gestel deur hierdie geboue se vermoë om duur vliegtuie te beskerm, en die ruim stoorspasie wat dit bied. Hulle kan al die nodige gereedskap en toerusting stoor.
Ons is geregistreerd om na alle SAOG-lande uit te voer, asook na enige ander land ter wêreld.
besonderhede: 011-786-1043 l info@smstructures.com Jon Marco: 076-519-1734 l jonmarco@smstructures.com
NHBRC-registrasie word deur banke erken vir finansiële goedkeuring. Kontak
Valtrac se veelsydige viersilindertrekker wys sy staal
Valtrac weet: net omdat ՚n viersilinder trekker kleiner klink as sy sessilinder-boeties, beteken dit nie dat hy enigsins terugstaan vir groot take nie. Nee, Valtra se N175 hou kers vas by enige sessilinder en speel selfs vinniger klaar met swaar laai- of kragaftakkerwerk.
Die Valtra N175 is vandag die sterkste viersilinder-trekker wat in SuidAfrika beskikbaar is. “Mense het altyd ՚n storie oor sessilinder trekkers,” erken Wynn Dedwith, uitvoerende hoof van Valtrac. “In die ou dae het sommige boere geglo dat ՚n sessilindertrekker langer hou as ՚n viersilinder.
“Die feit van die saak is dat daar geen rede is dat ՚n vier- of sessilindertrekker nie ewe sterk kan wees of ewe lank kan hou nie; veral nie ՚n Valtra nie.”
Aan die begin van 2023 was dit duidelik dat die Valtra N175 nie terug staan vir enige taak nie. Die Verso-model het tydens die jaarlikse balerwedstryd van King Price en FarmSpace die wen vastekamer-baler gesleep.
Valtra se enjin maak die verskil
Valtra-trekkers spog met die bekende AGCO Power-enjins wat natuurlik die ou Sisu-enjin van Valtra se eie enjin-fabriek in Finland was. AGCO het dit saam met die Valtra-handelsnaam bekom.
Een van die redes vir Valtra-trekkers se besonder lang enjinlewe is die verkoelingstelsel. “Al die enjins van Valtra-trekkers se verkoelingstelsels is in twee gedeel. Een gedeelte bedien die boonste deel van die enjin waar die ontbranding plaasvind en wat dus meer verkoeling benodig. Die ander deel sorg
dat die onderste gedeeltes van die enjin lekker koelkop werk. Die beter verkoeling en watervloei om die enjins verseker dat die enjins langer hou in vergelyking met konvensionele enjins.” Hierdie vernuftige ontwerp sorg al sedert 1980 dat boere daarop kan reken dat hulle Valtra-trekkers hulle jare en jare en jare se troue diens gee.
Dié beginsel van trekkers wat basies dieselfde in elke trekker is verseker die boer van deurlopende gehalte. In die A124 en A134 is die enjins egter presies dieselde, net verskillende baadjies en bykomstighede.
Met ՚n viersilindertrekker het jy 33% minder wrywing in die enjin teenoor ՚n sessilinder. Met elke persent minder wrywing verminder jou brandstofverbruik.
՚n Verdere kenmerk wat die N175 laat uitstaan is die ratkas. “Selfs die ratkas is presies dieselfde is as die sessilindertrekker s’n. So, daar is geen rede dat hierdie trekker minderwaardig teenoor ՚n ander staan nie,” verklaar Wynn.
Hierdie trekkers is ideaal vir die SuidAfrikaanse boer, want Valtra het homself oor die laaste 26 jaar sedert hulle in Suid-Afrika beskikbaar is deur en deur bewys. “Die diensondersteuning en onderdelebeskikbaarheid is in plek,” sê Wynn. Boere beskryf al Valtrac se diens as legendaries.
“Valtra-trekkers is lig op brandstof en lewer hoë werkverrigting. Dit is ՚n veelsydige, betroubare, ekonomiese trekker wat op enige plaas sy plek vind.
Nog ՚n pluspunt is Valtra Connect wat die boer in staat stel om op sy selfoon of ՚n rekenaar te kyk dat die trekker werk,
wat die werksverrigting is en wat die temperatuur is. Jy kan die trekker heeltemal beheer en dit kan ook so opgestel word sodat jy ՚n kennisgewing ontvang wanneer enigiets verkeerd loop. Selfs die dienste kan outomaties bespreek word.
Meer waarde vir geld met die 5 000-uur waarborg van Valtra
Die 5 000-uur enjinwaarborg is ՚n nuwe aanbieding van Valtrac om die boer nog meer gemoedsrus te gee. “Ons weet in die stadium nie van nog so iets in SA nie,” sê Wynn. “Maar ons weet dat daar reeds baie Valtra-trekkers is wat hard werk en sonder sukkel meer as 5 000uur loop.”
Met hierdie waarborg kan die boer verseker wees van die gehalte produk wat hy koop en dat dit vir minstens 5 000-uur sorgelose diens sal lewer sonder enjinprobleme.
Hierdie waarborg geld wel net vir die enjin en dit sluit nie die elektriese stelsel in nie, maar dit is ՚n totale enjinwaarborg wat vir alle Valtra-trekkers beskikbaar is, nie net die N-reeks nie.
Hierdie welkome aanbieding sal tydens NAMPO Oesdag 2023 bekendgestel word en sal vanaf Mei geld op enige nuwe Valtra-aankope.
Besoek Valtrac by standplaas
E34-35 by NAMPO-park om die N- reeks-trekkers van nader te beskou. Vind gerus ook meer uit op hulle webtuiste by www.valtrac.co.za.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 27 Meganisasie
deur Maryna Steyn
Nedbank is ՚n bank vir boere
deur Maryna Steyn
’nBoerdery is ’n onderneming, en ’n onderneming het kontantvloei en finansiering nodig om te groei. ’n Betroubare diensverskaffer wat verstaan wat jou boerdery behels, kan jou help om jou doelwitte te bereik. Daarom het Nedbank Kommersiële Banksake se Landbou-afdeling oor die afgelope dekade moue opgerol om die boer en sy boer-dery te verstaan.
"Oor die laaste tien jaar het ons ’n waardeaanbod vanuit ’n diepe begrip vir landbou ontwikkel," vertel John Hudson, hoof van Kommersiële Banksake vir Landbou by Nedbank. "Om die boer met sy finansiële behoeftes te help, is dit noodsaaklik om na al die verskeie behoeftes te kyk eerder as om ’n standaardpakkie te skep wat sommer net aan elke boer gebied word. Die wagwoord is pasgemaakte kliënteaanbiedinge."
Landboukenners skep waarde
Deur middel van gespesialiseerde aanbiedinge lewer Nedbank aan primêre en sekondêre landbou-ondernemings
finansiering wat ’n verskil maak. Primêre
ondernemings is boere self en sekondêre ondernemings is verder aan in die waardeketting wat die verwerking en waardetoevoeging van die boer se produk behels.
"Om pasgemaakte aanbiedinge moontlik te maak het ons ’n span landbouspesialiste saamgestel. Saam vorm hulle ’n bekwame, kundige landbouspan wat die waarde-aanbiedinge binne Nedbank rig. Dié pakkette word gebore uit ’n begrip en geesdrif vir landbou," verduidelik hy. "Ons wil werklik verstaan wat ons kliënte se behoeftes is."
Hierdie is nie net ’n stelling wat John maak nie, maar word weerspieël in die wye verskeidenheid buigsame dienste wat Nedbank aan boere lewer.
"Die aanbiedinge verskil baie wanneer jy met meer gespesialiseerde, gesofistikeerde boerderye te doen het, veral wanneer boere hulle waardetoevoegings en uitvoere self hanteer. Ons aanbiedinge is uiteenlopend, want wat vir een kliënt werk, gaan nie noodwendig vir ’n ander werk nie. Daarom moet ons landbou se uitdagings ten volle verstaan en weet waar die knelpunte is. As finan-
sierder moet ons vra watter maatreëls ons in staat stel om daardie knelpunte te help oorkom. Daar is dikwels algemene kwessies wat dwarsdeur die landboubedryf sigbaar is, maar in ander gevalle is daar kwessies wat uniek is vir elke boerdery."
’n Bank wat verder as net finansies dink
Vir Nedbank is enige taak wat hulle aanpak deel van die groter soeke na volhoubaarheid. Dit sluit natuurlik aan by hulle onderliggende doel om, as ’n bank, in die beste belang van hulle kliënte en die samelewing te handel.
Van die spesifieke dienste wat Nedbank aan boere bied sluit lenings, beleggings, versekering en verskeie transaksieprodukte in.
Die standaardleningsoplossings wat die bank bied bestaan uit kort-, medium- en langtermynopsies.
• Korttermynlenings behels die beskikbaarstelling van kapitaal om bedryfskostes te dek. Dit kan deel vorm van skuldhantering om die onderneming lopend te hou totdat daar, met die volgende oessiklus, weer kontantvloei is.
• Mediumtermynlenings is deel van wat Nedbank "bategegronde finansiering" noem. Dit is die geld wat beskikbaar gestel word om bates
ProAgri South Africa 279 29 Hulpbronbestuur
John Hudson, hoof van Kommersiële Banksake by Nedbank Landbou.
Gewasbeskermingsprodukte en vloeibare kunsmis is slegs doeltre end as dit behoorlik toegedien word!
StreamJet spuitpunte vir vloeibare kunsmis lei strale reguit na die wortelsone van die gewasse.
Die resultaat: Meer eweredige bedekking en verhoogte opbrengs
GRATIS!
KWALITEIT BESPUITING BEGIN MET TEEJET KWALITEIT SPUITPUNTE
30 ProAgri Suid-Afrika 279 Hulpbronbestuur www.teejet.com
al ons spruite te besigtig. Versoek die Volledige
by info@teejetsa.co.za
om
Sakpas gids vandag,
• soos trekkers, bakkies of werktuie aan te skaf en om groot kostes soos kunsmisaankope te dek. Dit kan ook gebruik word om verpakkingsuitgawes te dek as jy in ’n nuwe produkontwerp belê. Die terugbetalingstyd is gewoonlik tussen twee en ses jaar. In sommige gevalle kan kliënte oor ses jaar terugbetaal, maar die standaard is gewoonlik vyf jaar. • Met langtermynlenings kan die tydperk tot 15 jaar wees. Dit is gewoonlik vir aankope van grond of die vestiging van langtermyngewasse soos vrugteboorde, en die lening word rondom die bepaalde onderneming gestruktureer.
Die dienste wat Nedbank lewer behels veel meer as net geld uitleen.
Dit is noodsaaklik vir ’n boer om enige tyd, op enige plek transaksies te kan doen sodat sy onderneming vlot kan vloei. Daarom moet hy vanuit sy kantoor op die plaas betalings kan doen, aansoeke indien of beleggings maak.
Met Nedbank se Kommersiële Banksake het die boer toegang tot ’n toegewyde bankier, of sakebestuurder soos hulle dit noem, met wie hy sy geldsake kan bespreek. Sakebestuurders word weer ondersteun deur ’n span boerderykenners, en die span sluit ’n kredietbestuurder asook ’n diensbestuurder in wat na die transaksievereistes kyk.
Nedbank bied ook ’n verskeidenheid transaksieprodukte. Dit sluit in elektroniese bankdienste met verskeie funksies en streng sekuriteit asook die Nedbank Business Hub vir uiterste gemak. "Ons bied ook ekstensiewe persoonlike welvaartaanbiedings wanneer kliënte hulle persoonlike en sakefinansies wil skei, en daar is verskeie versekeringsoplossings deur Nedbank Insurance waaruit hulle kan kies", noem John.
Om seker te maak jou sake verloop vlot, kan banktransaksies enige tyd, enige plek gedoen word.
"Om die beste diens aan kliënte te lewer maak ons ook seker dat daar eerlike gesprekke oor die risiko"s van die ondernemings is. Hierdie faktore sluit in die wisselkoers, pryswisselings en onvoorspelbare gebeure soos die Oekraïne-Rusland-oorlog. Ons vra vrae oor die boer se behoeftes en uitdagings, asook wat gedoen moet word om die nagevolge van dié struikelblokke te bestuur. Byvoorbeeld, sou daar ’n droogte wees, wil ons weet hoe dit die boerdery sal raak en wat ons en die boer te doen staan."
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 31 Hulpbronbestuur
Die Overberg renosterveld:
Bewaar die paradys
Pragtige, interessante verrassing om elke draai – dit is wat die Overberg se renosterveld jou bied. So sê Dirk van Papendorp, die derde geslag wat op die familieplaas, Voorstekop, en die buurplaas, Uitvlugt, in die Overbergstreek van die Wes-Kaap met graan en vee boer. Hy is van kleins af lief vir die renosterveld.
Waar is die Overberg?
As jy van Kaapstad se kant af koers vat met die N2 en die Hottentots-Hollandsberge met Sir Lowry’s-pas oorsteek, is jy in die Overberg. Die streek, wat tot by die Breederivier by Swellendam strek, is ook bekend as die Rûensveld vanweë die golwende heuwels met malse groen graanlande en goudgeel
kanola so ver soos die oog kan sien in die winter. Ry jy in die somer hier deur, sien jy troppe skaap en bees wat in die stoppellande wei.
En hier en daar, in die leegtes waar die trekker en ploeg nie kan bykom nie, sien jy stukkies natuurlike veld. Dit is renosterveld, ՚n versamelnaam vir die unieke plante wat daar groei, soos kammetjies (freesia) en swaardlelies (gladioli) wat hier voorkom en deel van die fynbosbioom vorm.
Daar is slegs sowat vyf persent renosterveld oor – die res het voor landbou en dorpsontwikkeling geswig. “Hierdie biodiverse brandpunt is gevaarlik na aan uitwissing,” sê dr Odette Curtis-Scott, wat die Overberg Renosterveld Conservation Trust
www.proagri.co.za 32 ProAgri Suid-Afrika 279 Hulpbronbestuur ՚n
Dirk van Papendorp, derde geslag boer op Voorstekop in die Overberg, is passievol oor die bewaring van die renosterveld op sy plaas.
Duncan Masiwa, nuushoof van Food for Mzansi, voer ՚n onderhoud met Dirk van Papendorp oor die waarde van die Overberg as die broodmandjie van die Wes-Kaap.
Dirk van Papendorp in ՚n koringland. Agter hom tussen die landerye is ՚n stukkie renosterveld.
Soos sy voorgeslagte, plant Dirk van Papendorp steeds koring in die Rûensveld, soos die Overberg ook bekend staan.
deur Tisha Steyn
(ORCT) ՚n dekade gelede begin het om dit wat oor is te red. En daarvoor het sy die hulp van die boere in die streek nodig. Dirk is voorsitter van die ORCT se raad.
Kleintyd al verwonderd Dirk is een van die boere wat ernstig werk maak van die bewaring van die renosterveld op sy plaas. Hy het van kleins af graag in die natuurlike renosterveld op die familieplaas rondgeloop en die verskillende plante en diere waargeneem. “Dit was altyd lekker om die mooi veldblomme te sien,” vertel hy.
Winterreëns het die strome in die klowe laat afkom en dan het sy ma, Christel, die kinders gevat om in die klowe te gaan piekniek hou. “My ma het my liefde vir die veld aangewakker. Sy het gereeld vir ons ՚n mandjie gepak en ons het in die veld gaan piekniek hou. Op ՚n droëlandplaas was dit wonderlik om na lekker reëns in die waterkuile te kon speel.”
In die winter het hy ook soms in dié veld saam met sy pa gaan tarentale en fisante jag.
Sy oupa Dirk het hoofsaaklik met koring geboer, asook bietjie gars wat vir pitvoer in die somer geplant is. Later het kanola en lupiene bygekom.
Toe sy pa, Emile, na universiteit begin boer, het hy lusern begin plant, wat tot ՚n wisselboustelsel gelei het. Omdat die grond toe ՚n baie hoër drakrag per hektaar gehad het, kon die veevertakking uitgebrei word.
Toe Dirk na universiteit by die boerdery betrokke raak, het hy en sy pa ook met vleisbeeste en angorabokke geboer, maar gevind dat die renosterveld ՚n sekere deel van die jaar nie volhoubare weiding kan lewer nie. Die angoras het die taaibosse uitgevreet en in toom gehou, maar hulle het die ander plantegroei en veral die bolplante seergemaak. “Toe ons na agt jaar die bokke tot niet maak, kon ons sien ander primêre spesies kom weer voor. Renosterveld is totaal anders as Karooveld wat geskik is vir beweiding,” sê hy.
Vandag maak graanproduksie sowat 60% van die boerdery uit, terwyl Merino’s en 300 Jersey-melkkoeie, wat intensief bedryf word, die res opmaak. “Ons boer so na as moontlik aan ՚n volhoubare stelsel en probeer sover moontlik ons eie ruvoer voorsien om koste so laag as moontlik te probeer hou,” verduidelik Dirk.
Lusern is destyds vir tot agt jaar in ՚n tipiese lang rotasiestelsel verbou en dan afgewissel met ses jaar van koring, gars of hawer. Slegs die helfte van graanlande is geplant terwyl die res om die jaar braak laat lê is.
Voorheen is die grond in die herfs met ՚n skottel-, skaar- of tandwerktuig omgewerk om suurstof in te werk en sodoende stikstof te laat mineraliseer. Ongelukkig het waardevolle mikrobes so verlore gegaan. Nadat die grond geploeg is, moes dit tot ses bewerkings onder-
՚n Deel van die Van Papendorps se boerdery op Voorstekop in die Overberg is ՚n melkery met 600 Jerseykoeie waarvan die helfte op besproeiingsgrond by Swellendam loop.
waar sy met satellietfoto’s stukkies oorblywende renosterveld kon uitmaak nagery om boere van die waarde daarvan bewus te maak. “Ons het dadelik gekliek en ek het besef as iemand navorsing oor dié veld doen, moet daar waarde in wees,” vertel Dirk.
Dit het daartoe gelei dat sowat 500 ha renosterveld op Voorstekop onder die voogdyskap van CapeNature vir bewaring opsygesit en as Voorstekop Ekoreservaat geregistreer is.
“Wetenskaplikes het begin navorsing doen oor die veld se koolstofvasleggingsvermoë en die uitwerking van brand op die spesiediversiteit. Dit het oortuig dat die veld bestuur moet word om dit te beskerm,” sê Dirk.
Hy het baie uit die navorsing geleer. Een van die belangrikste faktore is dat renosterveld gereeld – so elke tien jaar — gebrand moet word. Dit bevorder spesiediversiteit en laat die bolplante, wat net soos baie van die plante se saad deur vuur gestimuleer word, vermeerder.
“Die ouer garde het destyds gereeld die veld selektief in kolle gebrand en dit dan jaarliks afgewissel sodat met veiligheid gebrand kon word. Ek dink dit is hoekom daar altyd mooi rooigras was. Vandag is baie boere bang om te brand, want ՚n weghol-veldbrand kan
gaan om die onkruid te beheer, en na ՚n harde bui reën in April moes die grond weer van voor af losgemaak word.
Sedert Roundup op die mark gekom het, is die braakstelsel laat vaar. Onkruid kon nou goedkoper en doeltreffender beheer word. Die oppervlak onder gewasse is dus verdubbel en met die hulp van nuwe werktuie, tegnologie en plantmetodes het minimumbewerking gevolg. Dit het oor die afgelope 40 jaar ՚n enorme bydrae gelewer om biodiversiteit in akkerbougronde te verbeter en het dus tot meer volhoubare gewasverbouingstelsels gelei.
Besef die waarde Dirk het die volle waarde van renosterveld eers besef toe hy met Odette kennis gemaak het.
Odette het destyds ՚n klomp plase
baie geld kos. As gevolg daarvan word die veld te oud en baie spesiediversiteit word ingeboet.”
Prof Sampson Chimpango van die Universiteit van Kaapstad se navorsing het onlangs die moontlikheid van sekere renosterveldspesies as stikstofbindende weiding bevestig. Hierdie navorsing mag dalk in die toekoms nuwe geleenthede ontsluit om, veral gegewe klimaatsverandering, ons huidige peulplantweidings te veredel met genetika van hierdie spesies wat op baie lae fosfaatvlakke en met baie minder reën steeds kan produseer en oorleef.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 33 Hulpbronbestuur
Dirk van Papendorp boer met Merino’s wat op die stoppellande wei nadat die koring geoes is.
Dirk van Papendorp plant voersorghum op ՚n gehuurde besproeiingplaas by Buffeljagsrivier vir somerweiding.
CUSTOM FULL-SYSTEM GRAIN SOLUTIONS
aggrowth.com/emea
DELIVERING TURN-KEY SOLUTIONS ACROSS A RANGE OF INDUSTRIES INCLUDING FARMS, GRAIN TRADERS, MILLERS AND FEED MILLS CONTACT US AT emea@aggrowth.com
Wanneer die kanola begin blom, is die bye wat in die renosterveld voorkom dadelik daar om vir ordentlike bestuiwing te sorg.
Nog ՚n voordeel van die natuurlike renosterveldstroke is die kos wat dit in die somermaande vir bestuiwers van die graangewasse bied wanneer daar niks buiten stoppels op die landerye is nie. “As die eerste kanola begin blom, is die bye onmiddellik daar en dit het ՚n groot invloed op die oesopbrengs.”
Die Overberg met sy mooi klofies en ryke verskeidenheid renosterveldplantegroei is ook uit ՚n toerismehoek waardevol en kan gewis meer ontgin word.
“Elke boer weet van ՚n besondere plekkie onder ՚n melkhoutboom aan die rand van die renosterveld waar toeriste kan uitkamp. Luukse verblyf kan byvoorbeeld in ՚n ou arbeidershuisie ingerig word. Wandelpaadjies en fietsryroetes deur die veld sal die ervaring nog meer spesiaal maak. Mense wat die natuur opsoek is sensitief vir die waarde daarvan en sal nie die veld verniel of vernietig nie.”
Formele bewaringsplan
Dirk meen boere kan die renosterveld beter beskerm ter wille van die bewaring van diversiteit. “Ons kyk die natuurlike plantegroei soms mis. Ons wil koring, gars en kanola plant, soek na spesiediversiteit met dekgewasse maar die diversiteit lê ook opgesluit in die veldstroke, klowe en koppies net langsaan om diversiteit te bevorder. Dit moet net reg bestuur word en hiervoor bied Odette se span riglyne waarby hy nougeset hou.
Hy meen boere is onnodig bang om
Lusernsaad word saam met die kanolasaad geplant en groei saam. As die kanola geoes word, is die lusern daar en het die boer peulplantweiding vir die volgende vier tot ses jaar.
՚n stuk van hulle grond in ՚n voogdyskapprogram van CapeNature te laat opteken. Die Overberg Renosterveld Conservation Trust (ORCT) het ՚n nuwe benadering, bekend as ՚n ‘conservation easement’ – in Afrikaans bewaringsverligting – waar ՚n boer deel van sy grond kan bewaar sonder om daarvan afstand te doen. Die regte bly die boer s’n, maar ՚n bindende ooreenkoms met ՚n bewaringsinstansie word op sy titelakte aangebring.
Die grond mag nie bewerk of ontwikkel word nie, maar bly in private besit en kan steeds tot die eienaar se geldelike voordeel benut word, soos deur toerisme.
Die staat kan nie die grond vat nie en dit hoef ook nie vir die publiek toe -
Dirk van Papendorp was van kleins af lief daarvoor om tussen die natuurlike renosterveld se pragtige blomme rond te loop.
ganklik te wees nie. Sodoende bly die natuurlike, bewarenswaardige bates op jou eiendom vir jou kinders behoue.
“As boere eers sien wat in renosterveld aangaan en meer daaroor uitvind, sal hulle agterkom dat hulle iets het wat hulle vir hulle kinders moet bewaar,” sê Dirk.
Kontak Dirk van Papendorp by 082-924-8715 of dirkvp@ hilbert.co.za.
Kontak dr Odette Curtis by 083-551-3341 of besoek die web-tuiste by Overberg Renosterveld Conservation Trust:
https://overbergrenosterveld.org.za/what-we-do/ Bronverwysings
National Conservation Easement Database (2023) NCED
https://www.conservationeasement.us/what-is-a-conservation-easement/
Overberg. Wikipedia https:// af.wikipedia.org/wiki/Overberg
Prof Samson Chimphango. Biological Sciences, University of Cape Town https://science.uct. ac.za/department-biologicalsciences/staff-academic-staff/ prof-samson-chimphango
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 35 Hulpbronbestuur
John Deere Financial bied
meer as finansiële oplossings:
ons bied jou die toekoms
Finansiering wat jou die voorsprong gee
Skandeer die kode om te sien hoe ons jou kan bemagtig.
Vennootskappe met finansiering wat werk vir jou
Skandeer die kode om te sien hoe ons jou finansies laat vooruitgaan.
24 Maandelikse Paaiemente 30% Deposito Geldig tot 30 Junie 2023 PLOEG ‘N NUWE KOERS VIR JOU PLAAS. MAAK GEBRUIK VAN PRIMA -6%* FINANSIERING OP DIE 5090E MFWD OOS TREKKER. Finansiering Gebou Vir Jou. *Bepalings en voorwaardes geld (beskikbaar by https://www.deere.africa/en/current-offers/promotions/). Gebaseer op ‘n 30% Deposito en 24 Maandelikse Terugbetalings. Kies tussen ‘n 12x12 of 9x3 Transmissie. Slegs geldig op die 5090E MFWD OOS. Geldig tot 30 Junie 2023. Vir meer inligting, kontak asseblief jou John Deere Financial Finansiering Spesialis: www.deere.africa/en/finance/financing/south-africa-financing. John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n Gemagtigde finansiëlediensverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7. www.deere.africa | africa@johndeere.com | Kliëntediens: 0800 983 821 JohnDeereAME John Deere Africa & Middle East John Deere
Laat John Deere Financial se ervaring jou lei
Skandeer die kode om te sien waar ons begin het en waarheen ons op pad is.
John Deere Financial hardloop, sodat jy die sprong kan neem
— Henk Michau, Vredevind Boerdery
Skandeer kode om Henk se inspirerende video te kyk.
“Ons kan op hulle staatmaak.”
5075E MFWD OOS 9/3
-9%
Finansiering Gebou Vir Jou.
• 20% Deposito met jaarlikse terugbetalings oor 3 jaar teen Prima -9%*.
• BTW terug na 3 maande.
• Eerste terugbetaling 1 Oktober 2023.
• Geldig tot 30 Junie 2023 terwyl voorraad hou.
John Deere Financial se krediet- en finansieringsprodukte word verskaf in samewerking met Absa Bank Beperk, ‘n Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer en Geregistreerde Kredietverskaffer. Reg No NCRCP7.
*Bepalings en voorwaardes geld (Volg die skakel vir die toepaslike B&V’s: https://www.deere.africa/en/finance/financing/ en kontakbesonderhede beskikbaar by https://www.deere.africa/en/finance/financing/south-africa-financing/).
Geadverteerde aanbiedings is onderhewig aan kredietgoedkeuring en die finansieringsbank se bepalings en voorwaardes. Pryse sluit vervoer- en afleweringskoste uit en inruilitems kan die prys affekteer.
TSS TRANSMISSIE
JohnDeereAME
John Deere Africa & Middle East
www.deere.africa | africa@johndeere.com | Kliëntediens: 0800 983 821 |
John Deere
Vir meer inligting, kontak asseblief jou John Deere Financial Finansiering Spesialis: www.deere.africa/en/finance/financing/south-africa-financing
www.deere.africa | africa@johndeere.com | Kliëntediens: 0800 983 821 | JohnDeereAME John
Reik uit na africa@johndeere.com vir meer inligting of skandeer die kode
John
Deere Financial se krediet- en finansieringsprodukte word verskaf in samewerking met Absa Bank Beperk, ’n Gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.
Deere John Deere Africa & Middle East
www.proagri.co.za 44 ProAgri Suid-Afrika 279 Ervaar optimale operasionele doeltreffendheid JJ Barnard +27 84 268 3332 jj.barnard@nexgro.co.za | Jaco Barnard + 27 72 861 4401 jaco.barnard@nexgro.co.za SILOS GEBOU VIR DIE TOEKOMS Virtuele Produsentenetwerk Graanbestuur Afdeling Graanopbergingsisteme Ondersteuningsdienste SILOS GEBOU VIR DIE TOEKOMS Bemagtig produsente om digitale tegnologieoplossings te gebruik om beheer van die produk regdeur die voedselproduksie waarde-sisteem te behou. Deursigtig. Gekontrolleerd. Direk. Vind ons by NAMPO STANDPLAAS G20
Kleinboere kry groot present
deur Tisha Steyn
Dertien kleinboere wat hoofsaaklik met vee en varke op Barrydale se meentgrond boer, het onlangs ՚n groot geskenk gekry.
Dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van Landbou, het ՚n trekker en hamermeul aan hulle oorhandig. Die boere, twaalf mans en ՚n vrou, boer met beeste, skape, bokke en varke en verbou lusern vir veevoer. Die departement se voorligting- en adviesdienste help hulle daarmee.
Buiten die toerusting sal hulle ook vee van hoogstaande gehalte ontvang om hulle beeste en varke se genetika te verbeter.
Volgens dr Meyer is die bystand en ontwikkeling van kleinboere hoog op sy lys van belangrike insette in die kleinboere se landboubedrywighede. “By-
stand deur ons voorligting- en adviesdienste is noodsaaklik om kleinskaalse boerdery in winsgewende landbouondernemings te ontwikkel,” sê hy.
“Die doel met ons hulppakkette is om hierdie boere te help om die getalle en standaard van hulle vee te verbeter sodat hulle om die beste pryse in die mark kan meeding. Ons praktiese hulp fokus dus op veevoer en die verbetering van die bestaande kuddes se genetika. Die skenking van die trekker en hamermeul sal hulle help om veevoer te verbou. “
Klimaatverandering bring nie net droogte teweeg nie, maar het ook ՚n groot invloed op dieregesondheid, en die departement se veeartsenydienste staan by om bykomende hulp verleen.
Verskil tussen opgee of aanhou boer
Morris Riddles, voorsitter van Barrydale Kleinboervereniging, het die minister vir die hulp bedank. “Die afgelope paar jaar is ons deur droogte, die Covid-19 pandemie en die energiekrisis getref. Die departement se hulp maak die verskil tussen opgee of aanhou boer.”
Die boere, wat verskillende beroepe beoefen, spits hulle na aftrede toe op boerdery. Recardo Carelsen, ՚n landbouvoorligtingsbeampte van Swellendam wat nou saam met die boere werk, sê die Swellendam-munisipaliteit verhuur die meentgrond waar die kleinboere boer vir ՚n tydperk van nege jaar en elf maande aan hulle. Baie van die
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 45 Hulpbronbestuur
Voor: Fransina Lenford, dr Ivan Meyer, Fransina Europa en Joseph Appollis. Bertram Conradie sit agter die trekker se stuur, Recardo Carelsen staan voor die trekker, en Peter Takelo is heel regs. Agter van links is Vuyani Lukas Ngodi, Kevin Martinus, Vuyani Nyatela, William Morris Riddles (voorsitter van Barrydale Kleinboere), George Pokwas en David Ngoni. Foto: Verskaf
Ons skep veelsydige werkruimtes vir die boerderybedryf
Landbou-struktuur oplossings van SM Structures
Hardloop jy uit stoorplek op die plaas?
SM Structures bied pasgemaakte oplossings volgens boere se behoeftes. Strukture bied beskerming teen eksterne elemente vir voorraad, toerusting en kos. Boere kan dit ook as diere skuiling gebruik.
Tydens die ontwerpproses vir landboustaalstrukture word die spesifieke boerderybehoeftes van boere in ag geneem. Elke staalgebou van SM Structures, is individueel ontwerp om aan vereistes te voldoen, asook om aan enige en alle relevante regulasies en standaarde te voldoen.
SM Structure se topprioriteit is die tydige en ekonomiese voltooiing van jou projek. Stuur vir hulle jou navrae, en hulle sal na jou terugkom met ‘n kwotasie.
Alle pryse sluit BTW in
Elke SM-struktuur word van die grond af gebou om sonpanele te akkommodeer.
Doen dit self strukture vir oplaai (geen oprigting).
60 X 6 m
20 x 30 X 6 m
25 x 30 X 6 m
30 x 30 X 6
2 of 12 x 25 x 4
oprigting uitgesluit oprigting uitgesluit oprigting uitgesluit oprigting uitgesluit oprigting uitgesluit oprigting uitgesluit oprigting uitgesluit oprigting uitgesluit
Alle pryse sluit BTW uit
Hulpbronbestuur
12 x 25 x 4 m 15 x 30 x 4,5 m 18 x 30 X 4,5 m 20 x 30 x 6 m 25 x 30 x 6 m 30 x 30 x 6 m oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit R211 000 R281 000 R483 000 R560 000 R711 000 R1 176 000 12 x 25 x 4 m 15 x 30 x 4,5 m 18 x 30 X 4,5 m 20 x
R396 000 R159 000 R223 000 R367 000 R815 000 R419 000 R548 000 R999
000
Kontak besonderhede: 011-786-1043 l info@smstructures.com Jon Marco: 076-519-1734 l jonmarco@smstructures.com
boere boer al die afgelope vyftien tot twintig jaar hier.
“Boerderyopsies word beperk deur die beskikbaarheid van water uit boorgate,” sê Recardo. “Van hulle probeer met groente boer, maar dit is tot die minimum beperk. In die verlede het hulle weidingsgewasse probeer aanplant, maar die afgelope vyf jaar gaan hulle gebuk onder erge droogtetoestande. Die reënval is aan die afneem en dit lei tot sporadiese droogtes.”
Omdat weiding skaars is, word die kleinboere aangeraai om eerder met skape, bokke en varke as beeste te boer. “Huishoudelike voedselsekuriteit geniet voorkeur en hulle slag vee vir eie gebruik,” verduidelik Recardo.
“Volhoubare praktyke, soos die maak van hulle eie varkkos, word aanbeveel. Die gehalte van die kos wat hulle self maak is van hoë gehalte en tussen dertig en vyftig persent goedkoper as die voer wat in die handel beskikbaar is.”
Die departement help ook met infrastruktuur, soos die verskaffing en oprigting van watertenks.
Van die boere bemark hulle vee op plaaslike veilings op Riversdal en Swellendam, en die inkomste wat hulle daaruit verdien vul hulle huishoudelike inkomste aan. “Sommige vee word ook direk van die plaas af aan kopers uit onder meer Kaapstad verkoop,” sê Recardo.
Dr Meyer was baie ingenome met die nuus dat die boere beplan om ՚n plaaslike mark- en veilingsdag te hou, maar die datum is nog nie vasgestel nie. “Die hulp wat ons verleen moet kleinboere help om groter toegang tot die mark te kry,” sê dr Meyer. “Dit sal hulle help om die plaaslike ekonomie te ontwikkel en werksgeleenthede te skep. Dit is ons belangrikste doelwit.”
Die boere ontvang ook gereeld opleiding in onder meer rekordhouding van
produksie en geldsake, die verwerking van landbouprodukte, asook dieregesondheid en -produksie.
“Van die boere hoop om eendag hulle eie plase te besit,” sê Recardo. “Maar op die oomblik het hulle meer hulpbronne nodig wat hulle sal help om hulle landboubedrywighede volhoubaar voort te sit en suksesvolle landbouondernemings tot stand te bring.”
Maar al wat hulle eintlik vra, is water...
www.proagri.co.za Hulpbronbestuur CONTACT US: sales@wsfafrica.com www.wholesalefencingsa.co.za Tel: +27 12 682 0150 (Gauteng, Centurion) Tel: 051 – 880 – 0220(Free-State, Bloemfontein) • Galvanised Wire in Coils • Barbed Wire • Diamond Mesh / Chain Link • Roofing & Reinforcing • Droppers & Standards • Hexagonal Wire Netting • Razor Wire • Welded Mesh • Posts • Gates • Field Fence • Wholeview Panel YOURONESTOP FORFENCINGSOLUTIONS BIG SAVINGS Wholesale prices directly to the public l Support local buy local
YOU’RE BUSY SO WE’LL KEEP THIS SHORT: The full Hino 300 range, now available in automatic. HINO. We’re all business. Contact your nearest dealer today. hino.co.za
Agritoerisme is veel meer as net ՚n plaaskuier
Agritoerisme is nie net ՚n boervrou wat ՚n huisie op die plaas vir toeriste beskikbaar stel ter wille van ՚n ekstra inkomste nie. Dit is veel meer.
Jacqui Taylor, wat toerisme in landelike gebiede bevorder, vertel meer van die konsep.
Jacqui het op ՚n plaas met appel- en peerboorde en plaasdiere soos beeste en varke grootgeword. “Ek het altyd geweet dorps- en stadsmense hou daarvan om op ՚n plaas te kuier, want daar was gedurig vriende van my ouers en selfs my skoolmaats wat nie ՚n kans laat verbygaan het om te kom kuier nie.”
Toe sy begin navorsing doen, het sy inligting oor agritoerisme in Italië gekry. “Daar het agritoerisme ՚n ander doelwit gehad, naamlik om landelike verval en veral verbrokkeling van ou geboue te voorkom. Dit het die platteland gered deur die skoonheid van die omgewing te bewaar.”
Meer ՚n reis as ՚n bestemming
Jackie het in 2016 Rural Tourism Africa geskep met die doel om volhoubare landelike ontwikkeling in Suid-Afrika en elders op die kontinent teweeg te bring.
“Dit gaan nie net oor ՚n bestemming nie, maar meer oor ՚n roete met verskillende interessante besoekpunte en aktiwiteite, wat ook ՚n besoek aan en verblyf op ՚n plaas kan insluit. Dit gee plaaslike en buitelandse besoekers die geleentheid om meer te leer oor die omgewing en die inwoners en hoe hulle leef.”
՚n Plaaslike gemeenskap, sakeondernemings en boere in die omgewing kan saamwerk om so ՚n interessante roete te skep wat toeriste sal lok.
Die deelnemers skep ՚n bykomende
By
deur Tisha Steyn
inkomste vir almal wat betrokke is. Dit is ՚n manier om infrastruktuur en werk te skep wat help om mense op die platteland te hou. Wanneer ՚n gemeenskap saamwerk om iets standhoudend te skep, maak dit hulle opnuut trots op hulle landelike tradisies, wat help dat die landskap behoue bly. Suid-Afrika is, soos die res van Afrika, hoofsaaklik ՚n landbou-kontinent en landboutoerisme kan bydra tot voedselsekerheid.
“Die ideale agritoerismeroete sluit iets in wat elke lid van die gesin vermaak: Pa wil dalk gaan fietsry, Ma wil tradisionele plaaskos en die voorbereiding daarvan ervaar, terwyl die kinders wil sien hoe hanslammers gevoer, koeie gemelk en skape geskeer word.
Volgens Jacqui is dit belangrik dat besoekers terugkeer en vir ander van hulle wonderlike ervaring vertel. “Dit bespaar nogal op bemarkingskoste!”
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 49 Hulpbronbestuur
Jacqui Taylor kuier in ՚n teeplantasie in Rwanda.
Jacqui Taylor spreek gereeld konferensies toe waar sy die agritoerismekonsep verduidelik. Hier is sy aan die woord by die World Travel Market in Kaapstad.
agritoerismebestemmings raak die besoekers betrokke by die tradisionele manier van doen. Hier help ՚n besoeker koffiebone stamp.
Die Uakii Wilderniskamp by Gobabis in Namibië bied interessante veldervarings aan, waaruit die plaaslike gemeenskap ՚n inkomste verdien.
Boere is die superhelde van agritoerisme en kan die leiding neem met die ontwikkeling van ՚n roete.
՚n Groeiende bedryf Agritoerisme het aansienlik gegroei sedert 2016. In ՚n stadium was daar bykans 100 ondernemings gelys, maar sy het dit verminder tot omtrent die helfte.
“Ek wil hê meer mense uit verskillende omstandighede moet betrokke wees en die gemeenskappe moet daarby baat vind. Dit is nie net vir ryk grondeienaars nie ...”
Die gewildheid van agritoerisme kan grotendeels toegeskryf word aan Jacqui se geesdrif. “Dit is nie ՚n maklike taak nie, maar dit is makliker as ՚n mens passievol is!”
Sy werk met landbouinstellings en spreek konferensies toe, veral om die wanopvatting dat agritoerisme net verblyf op ՚n plaas beteken, te besweer.
Ouers besoek graag die platteland, soos hier op Flintbeck Farm, waar hulle kinders die natuur eerstehands kan
“Ek wil hê mense moet die groter prentjie sien!”
Met haar praatjies en joernaalinskrywings bring sy die boodskap tuis dat dit gaan oor landelike ontwikkeling, die bemagtiging van vroue en voedselsekerheid. “Dit is vroue wat die kinders grootmaak en wat desperaat is vir ՚n aanvullende inkomste, hetsy om kos te koop, die kinders op skool te hou, of selfs te spaar sodat hulle eendag universiteit toe kan gaan. Werkskepping skep ook ՚n teenvoeter vir misdaad.”
Sy meen dit hoef nie duur te wees om met so ՚n onderneming te begin nie. “Ek wil graag hê boere en die plaaslike gemeenskap moet saamwerk om so ՚n roete te skep. Hulle moet hande vat met sakelui, toerisme-
instansies en die regering. Deur saam te werk kan hulle ՚n lewensvatbare netwerk van deelnemers skep.”
Roetes en projekte
Jacqui tree op as konsultant om gemeenskappe te help om hier en in Afrikalande gemeenskapsgedrewe projekte aan die gang te sit.
Die Elgin Agritoerismeroete by Grabouw is seker die beste voorbeeld van hoe ՚n gemeenskap iets vir elke lid van die gesin kan bied. Die gebied is bekend vir natuurskoon, vrugteboorde, wynplase en selfs die Kogelbergbiosfeer met sy groot verskeidenheid fynbos wat ՚n UNESCO erfenisgebied is. Daar is ook die Hottentots-Holland Natuurreservaat om te verken.
www.proagri.co.za 50 ProAgri Suid-Afrika 279 Hulpbronbestuur
Thomas en Heidi Scholfeldt van Flintbeck Farm by Magaliesberg maak boerewors.
ervaar.
Jacqui Taylor se geesdrif help haar om die swaarkry met lekkerkry klaar te kry.
Die omgewing bied naas besoeke aan wynplase, restaurante en blyplekke ook talle buitemuurse aktiwiteite om van te kies, van fietsry tot staproetes, piekniekplekke en speelplek vir woelige kinders.
Jacqui is ook ՚n voorstander van projekte wat internasionale vrywilligers betrek, soos die Kwanda-projek wat gemeenskappe in die landelike gebiede in die omgewing van Oos-Londen in die Oos-Kaap insluit.
Die vrywilligers werk nou saam met die gemeenskapslede sodat hulle by mekaar leer, vaardighede oordra en sodoende die gemeenskappe bemagtig. “Ek glo die vrywilligers gaan na deelname aan die projek huis toe met ՚n nuwe waardering van wat die daaglikse lewe in die gemeenskappe behels en met ՚n visie om ՚n verskil te maak.”
Uakii Wildernis-safari’s in die Omaheke-gebied by Gobabis in Namibië is een so ՚n projek wat ՚n reeks unieke kultuurervarings en gemeenskapsgebaseerde toere insluit. Die projek het in 2004 onder leiding van Peter-Hain Kazapua tot stand gekom.
TakuNutepfa het die Lanyula Sustainable Village naby die dorpie Lubabwe in die omgewing van die Victoria-waterval en Hwange-natuurreservaat in Zimbabwe geskep. Die armoede van die gemeenskap te midde van twee van die belangrikste toerismegebiede in die omgewing het haar laat besluit om ՚n inkomste vir haar eie gemeenskap
te skep. Buiten roetes waarlangs die omgewing en die leefwyse van die mense verken kan word, is daar talle aktiwiteite in die natuur waaraan ՚n mens kan deelneem.
Opleiding
Naas Jacqui se insiggewende joernaalinskrywings wat terselfdertyd ook die verskillende roetes en projekte bekendstel en bemark, bied sy ook kursusse aan in die beplanning en bemarking van agritoerisme-roetes, die ontwikkeling van die produk om aan internasionale standaarde en vereistes vir veiligheidte voldoen, en bemarking, naamlik hoe om pakkette saam te stel,
BLOCKS, CRANKSHAFTS,
HEADS, CAMSHAFTS, HOUSINGS, TURBOS, 8PK BELTS, FILTERS, & MORE.
25 YEARS CUMMINS EXPERIENCE
hoeveel om op bemarking te bestee, en watter tipe bemarking suksesvol is.
Hoe word ՚n mens deel daarvan?
Registreer op die webtuiste https:// www.agritourismafrica.com/ waar inligting oor die registrasieproses, koste daaraan verbonde, akkreditasievereistes en die voordele wat gebied word, uiteengesit word.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 51 Hulpbronbestuur
Kontak Jacqui Taylor by 072-3563212 of stuur ՚n e-pos na jacqui@ruraltourismafrica.com
Jacqui Taylor het Rural Agri Tourism in 2016 begin en vandag het sy kliënte in Suid-Afrika en talle Afrikalande.
w w w . a l z u . c o . z a 0 1 3 2 4 9 8 9 0 0
I
A V A I L A B L E A T A L Z U F E E D S B R A N C H E S S u p p l e m e n t s f o r S u c c e s s
Jacqui Taylor saam met Jackie (van onbekend), ‘n agritoerismeboer in Rwanda.
L
C K B L O C K S
CYLINDER
Excellent service and minimum downtime
priority! AGRICULTURE • AUTOMOTIVE • CONSTRUCTION • MINING Instagram @jumanje4u Carradine Varkevisser Facebook & 060 525 9943 011 976 1242 / sales@jumanje.co.za Michael: 063 753 6466 carradine@jumanje.co.za
is our
FOR ALL YOUR CUMMINS-RELATED ENGINE COMPONENTS 4/6B series, C series, L8.9 & L9 series, ISB, ISX, ISC, QSB, QSC, QSX, ISF 2.8, ISF 3.8, B3.3, QSB 4.5, and more.
Winsgewende skaapboerdery deel 19:
Lamoorlewing is afhanklik van ‘n eksklusiewe band tussen ooi en lammers wat kort na geboorte vorm. (Bron: freepik deur wirestock)
die geboorteplek deurbring. Hierdie tydperk is van minder belang by ooie met enkelinge, maar dit is deurslaggewend vir die oorlewing van tweelinge. Die skeiding neem toe soos die tydperk wat op die geboorteplek bestee word, afneem. Ooie wat onderskeidelik minder as 1 uur, 1 tot 2 uur, 2 tot 3 uur, 3 tot 4 uur en meer as 4 uur op die geboorteplek gebly het, is in ongeveer 75%, 62%, 38%, 15% en 5% van die gevalle permanent van een of albei lammers geskei. Ooie met meerlinge moet vir minstens ses uur naby die geboorteplek bly om skeiding van een van die tweeling te verminder. Gevolg-lik kan tot 40 tot 50% van tweelinge binne die eerste 48 uur na geboorte van hulle moeders geskei word omdat hulle haar nie volg as sy wegstap nie.
Die gebruik van lamhokke kan ՚n baie belangrike bydrae lewer om suksesvolle binding tussen die ooi en haar lammers te verseker, waardeur lamvrektes tot minder as 5% verminder kan word.
Die invloed van ooi- en lamgedrag op oorlewing
Die invloed van ooi- en lamgedrag op oorlewing
Al word ՚n hoë vlak van bestuur en voeding toegepas, kom ՚n sekere persentasie lamvrektes nog steeds voor. Lamoorlewing is grootliks afhanklik van ՚n eksklusiewe band wat kort na geboorte tussen die ooi en haar lam(mers) gevorm word, terwyl die vermoë van lammers om hulle moeders te identifiseer en by hulle te bly ook ՚n belangrike rol speel. Seleksie vir grootmaakvermoë kan gebruik word as ՚n metode om lamoorlewing asook algehele kuddeproduktiwiteit te verbeter.
In ekstensiewe gebiede word ooie as swak moeders bestempel as hulle vervreemd raak van hulle lammers (lammers weggooi of van hulle geskei word) en/of geen of baie min melk vir hulle lam(mers) produseer.
Pogings wat aangewend word om die reproduksie-prestasie van ooie te verbeter, veral deur die verhoging van die tweelingpersentasie, is waardeloos indien ՚n hoë persentasie van die tweelinge vrek as gevolg van genoemde faktore. Verskeie faktore kan vir lamvrektes verantwoordelik wees, waarvan die gedrag van sowel die ooi as die lam ՚n baie belangrike oorsaak kan wees.
Swak moederlike gedrag van veral jong-ooie wat vir die eerste keer lam, asook sekere rasse is dikwels verantwoordelik vir die mislukking van die ooi en lam om kort na geboorte ՚n sterk band te vorm.
Tipiese karaktereienskappe van ՚n droë of dragtige ooi:
• ՚n Dier met ՚n tropinstink wat angstig raak wanneer sy van die trop geïsoleer word
• Maklik verskrik raak deur die teenwoordigheid van mense en honde
• Afsydig en selfs aggressief teenoor ՚n lam is
• ՚n Hoë stapaktiwiteit het Karaktereienskappe van ՚n ooi net voor lam:
• Neig om haar van die trop af te sonder
• Haar rondbeweging verminder en sy soek ՚n plek waar sy geboorte gaan skenk en ՚n tydperk met haar lam(mers) gaan deurbring
• Meer aangetrokke tot ՚n pasgebore lam
• ՚n Sterk en selektiewe band met haar lam(mers) vorm
Belangrikheid van die tyd wat op die geboorteplek bestee word Die tydperk wat ooie op die geboorteplek bestee verskil tussen rasse terwyl dit binne rasse wissel op grond van aantal kere gelam en die grootte van die werpsel. Die voorkoms van skeiding tussen ՚n ooi en een van haar lammers gedurende die eerste dag na geboorte word beïnvloed deur die tydperk wat die ooi binne 20 meter van
Die vorming van die ooi-lamband en die oorlewing van lammers word verbeter deur bestuurspraktyke wat die tyd wat die ooi en haar lam(mers) op die geboorteplek bly, verleng. Die oorlewing van tweelinglammers kan merkbaar verhoog word indien die ooi met haar lammers minstens ses uur op die geboorteplek bly.
Volgens Murphy et al is dit nie die feit dat die ooi vir die eerste ses uur na lam op die geboorteplek is nie, maar dat dat sy en haar lammers bymekaar is. Ooie wat in ՚n goeie kondisie (3 tot 3,5 kondisiepunt) met lam is en ook byvoeding gedurende laatdragtigheid ontvang het, is meer geneig om op die geboorteplek te bly om met hulle lam(mers) te bind as skraal (2 tot 2,5-kondisietelling) ooie.
Indien die ooie op volop weiding van goeie gehalte lam, voldoende byvoeding ontvang en die lamkampe voldoende skuiling en skaduwee het, sal die ooie vir ՚n langer tydperk op die geboorteplek bly.
Vermy toestande en faktore wat veroorsaak dat die ooi gou na lam van haar lamplek padgee, want dit werk lamvrektes in die hand. Dit gebeur met swak verspreiding van watersuipings in lamkampe wat ooie noodsaak om kort na lam die geboorteplek te verlaat op soek na drinkwater. Net so word ooie verplig om gou weg van hulle lamplek te wei as hulle op yl, swak weiding lam. Ooie wat aanvulling op sulke weidings ontvang, kan baie maklik van hulle lamplekke gelok word deur die voertuig wat die aanvullings bring.
Om volledige binding tussen die ooi en haar lam(mers) te laat geskied, neem ongeveer 48 tot 60 uur. Die vorming van
www.proagri.co.za 52 ProAgri Suid-Afrika 279 Vee en Wild
die ooi-lamband ontwikkel vinnig gedurende die eerste drie dae na geboorte. Navorsingsproewe toon dat lammers met meerdere vermoë om hulle moeders te herken, hulle moeders beter volg as die wat ՚n swak herkenningsvermoë het. Ooie wat geselekteer is vir meerlinggrootmaakvermoë (dit is ooie wat meerlinge suksesvol speen) se lammers is meer geneig om teenaan die voorbene of midsy te volg, terwyl die lammers van ooie wat teen meerlinggrootmaakvermoë geselekteer is se lammers meer geneig was om langsaan die agterbene te volg of om agter die ooi aan te loop.
Twee faktore speel ՚n sleutelrol in die vestiging van ՚n band met die ooi:
1. Die sukses van die eerste suippogings
2. Vokale kommunikasie deur te blêr
Dit blyk dat die inneem van voldoende biesmelk so gou as moontlik na geboorte, die vorming van ՚n band met die ooi bevorder.
Belang van die omgewingstoestande rondom lamtyd
Ooie wat gedurende laatdragtigheid swak voeding ontvang, toon swak moedereienskappe deurdat hulle meer geneig is om hulle lammers “weg te gooi” omdat hulle geen of baie min of abnormale dik en taai biesmelk die eerste ongeveer agttien uur na geboorte produseer. Hoe minder en hoe taaier die bies is, hoe groter is die kans dat een van ՚n tweeling kan vrek.
Navorsing toon dat die hoogste lamoorlewing geskied waar ooie die laaste maand voor lam byvoeding ontvang het. Deurvloeiproteïen is die voedingstof, veral waar laatdragtige ooie ՚n energietekort ervaar, wat die grootste invloed op die lewensvatbaarheid van die pasgebore lam het.
Strategiese byvoeding van lek of volledige rantsoene, wat baie hoog is in sowel deurvloeiproteïen as energie, asook sekere minerale, gedurende laatdragtigheid en lamtyd, verhoog nie net die geboortemassa van die lam(mers) en verbeter die kondisie van die ooi nie, maar verhoog die biesmelkproduksie en die gehalte daarvan terwyl dit ook die moederlike gedrag van die ooi verbeter waardeur lamoorlewing bevorder word.
Invloed van voeding op biesmelkproduksie
Dit is algemeen bekend dat die voeding gedurende dragtigheid verband hou met die aanvang van laktasie. Die beskikbaarheid van voldoende biesmelk onmiddellik na die geboorte van ՚n lam is van lewensbelang om te oorleef, veral in die geval van meerlinglammers.
Boonop is die aanvanklike suigaksie van die lam belangrik in die vestiging van ՚n band met die moeder en die ge -
assosieerde vrystelling van oksitosienhormoon omdat dit die ooi se moederlike gedrag stimuleer.
Om hoë melkproduksie en gevolglik hoë lamgroei te verseker, moet byvoeding nie onmiddellik gestaak word sodra die ooie gelam het en hulle dan na groen weiding oorgeplaas word nie. Skielike staking van hoë-energie- en deurvloeiproteïenbyvoeding kan nie net die melkproduksie binne twee dae laat daal nie, maar kan ook tot melkkoors lei.
Dikwels is die groen weiding baie sappig, wat tot lae voedingstofinname lei en gevolglik nie in staat is om ՚n hoë melkproduksie te onderhou nie. Hierdie tipe weiding het ՚n tekort aan deurvloeiproteïen omdat tot 85% van die weidingsproteïen in die grootpens van die skaap afgebreek word terwyl dit ook ՚n ernstige tekort aan energie vir lakterende ooie, veral die wat tweelinge soog, het.
Gevolglik moet daar met byvoeding op groen weiding voortgegaan word tot minstens vier weke na lam. Daarna kan, mits daar voldoende goeie gehalte groenweiding beskikbaar is, die byvoeding geleidelik oor die volgende drie tot vier weke uitgefaseer word deur die voedingspeil weekliks te verminder. Dit geld vir gevalle waar lek sowel as volvoer gebruik word. In die geval van ooie met tweelinge is dit hoogs aan te beveel om vir minstens die eerste agt weke na lam met byvoeding voort te gaan, waarna dit oor die volgende vier weke geleidelik uitgefaseer kan word, mits daar voldoende goeie gehalte groen weiding beskikbaar is.
Invloed van voeding op moederlike gedrag
Ernstige ondervoeding gedurende dragtigheid onderdruk moederlike gedrag en verhoog lamvrektes van sowel enkeling- as meerlinglammers. Navorsing toon dat goed gevoerde ooie beter moedereienskappe toon, beter na hulle pasgebore lammers omsien en ook die eerste paar uur na geboorte nader aan hulle lammers bly as ondervoede ooie. Dit verhoog lamoorlewing.
Invloed van gure weer op lamoorlewing
Dit is algemeen bekend dat baie koue, nat en winderige weerstoestande lamvrektes by pasgebore lammers kan verhoog. Afnemende liggaamstemperatuur binne die eerste twee uur na geboorte kan regstreeks vir lamvrektes verantwoordelik wees omdat die lammers kan vrek sonder dat hulle gestaan of gesuip het. Moederlike sorg en gedrag van die ooi, asook die nageboortelike aktiwiteite van die lam, veral die soek na spene, kan deur blootstelling aan koue belemmer word.
Navorsing toon dat die ongemak as gevolg van die koue gedurende die pogings om die spene te vind, belangriker is as die invloed van die vooraf verlies van energiereserwes.
Samevatting
Lamoorlewing word deur verskeie faktore beïnvloed, soos die genotipe, gedrag, temperament, ouderdom en ondervinding van die ooi; samewerking van sowel die ooi as die lam; lewenskragtigheid en gedrag van die lam. Faktore wat die sukses van lamtyd asook oorlewing van lammers bydra en ook deur bestuur gemanipuleer kan word, sluit in tyd wat die ooi op die geboorteplek deurbring; voeding gedurende laatdragtigheid en lamtyd. In hierdie verband is dit ook uiters belangrik dat ooie in gelyke en beskutte kampe lam wanneer dit koud, nat en winderig is of in kampe met voldoende skaduwee tydens warm weerstoestande.
Die twee belangrikste “hekkies” wat die pasgebore lam moet oorkom, is om die geboorteproses te oorleef en onmiddellik na geboorte voldoende biesmelk in te neem. Produksie van biesmelk is baie gevoelig vir ՚n tekort aan sowel deurvloeiproteïen as energie terwyl die aanvang van laktasie ook daardeur vertraag word. Biesmelkproduksie word ook nadelig beïnvloed deur die kondisie van ՚n ooi omdat ooie in ՚n skraal kondisie ՚n laer biesproduksie het. Indien lammers ՚n optimum geboortemassa (3,5 tot 5,5 kg) het, normaal gebore word sonder komplikasies, ՚n voldoende hoeveelheid energie en teenliggaampies via die biesmelk inneem en ՚n sterk band met hulle moeder ontwikkel, is hulle kanse op oorlewing uitstekend.
Om dit te verseker, moet die bestuur, versorging en voeding van ooie regdeur deur dragtigheid en die toesig gedurende lamtyd op ՚n hoë vlak wees. Daarmee saam moet alle ooie wat gelam het en nie ՚n lam speen nie, summier geprul word terwyl die gebruik van teelramme wat gebore is uit ooie wat al hulle lammers suksesvol tot speen grootgemaak het as ՚n vereiste gestel word.
Seleksie vir grootmaakvermoë kan gebruik word om lamoorlewing te verbeter. (Bron: freepik deur wirestock)
ProAgri is dankbaar dat 'n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.
Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@ meadowcape.co.za.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 53 Vee en Wild
www.proagri.co.za 54 ProAgri Suid-Afrika 279 Vee en Wild Live Strong Green Grow & MakitaPowertoolsSA
Die vee- en vleisbedryf sukkel steeds
deur Natasha Pansegrouw
Veeboere staar 'n ernstige bedreiging vir hulle lewensbestaan in die gesig weens stygende produksiekoste en stagnante of dalende pryse. Om die vee- en vleisbedryf te ondersteun, moet hierdie vraagstuk opgelos word. Boere het dalk hulp nodig om produksiekoste te verlaag en wins te verhoog. Om plaaslike boere te ondersteun, kan verbruikers plaaslik verkrygde, volhoubaar geproduseerde vleis koop. Die bedryf se uitdagings vereis samewerking en optrede om hierdie noodsaaklike sektor te onderhou.
Uitdagings vir die sektor se groei en
prestasie wat na verwagting vir 'n geruime tyd sal voortduur, sluit die volgende in:
i. die koste van voer;
ii. die skaal van produksie;
iii. invoer van sekere vleissnitte;
iv. die onvermoë om uit te voer; en
v. die stadige pas van hervorming regdeur die waardeketting.
Die mark vir beesvleis Verbruikers se vermoë om te bestee sal egter waarskynlik beperk bly solank stygende pryse en rentekoerse swaar op hulle skouers druk. Die kombinasie
hiervan en die impak van beurtkrag op besteebare inkomste sal na verwagting voortgaan om die mark vir beesvleis te benadeel. Beurtkrag in die rooivleiswaardeketting verander verbruikspatrone en verhoog produksiekostedruk.
Aangesien die finale vraag na rooivleisprodukte beperk bly, word verwag dat speenkalfpryse ook onder druk sal bly.
Swak verbruikersvraag en groter aanbod van beesslagting het speenkalfpryse laat daal, wat bygedra het tot die uitdagings waarmee boere te kampe het. Dit is belangrik vir belanghebbendes in die rooivleisbedryf om te
(Bron: ABSA, 2023)
*Gebied in grys verteenwoordig Absa AgriBesigheid se voorspellings
(Bron: ABSA, 2023)
*Gebied in grys verteenwoordig Absa AgriBesigheid se voorspellings
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 55 Vee en Wild
Plaaslike bees- en speenkalfpryse
Speenkalfprys Voerlampryse A-graad A-graad C-graad Mei-20 Sep-20 Jan-21 Sep-21 Sep-21 Mei-22 Mei-22 Jan-23 Jan-23 Mei-21 Mei-21 Jan-22 Jan-22 Sep-22 Sep-22 Mei-23 Mei-23 Jul-20 Nov-20 Mrt-21 Mrt-21 Nov-21 Nov-21 Jul-22 Jul-22 Mrt-23 Mrt-23 Jul-21 Jul-21 Mrt-22 Mrt-22 Nov-22 Nov-22 C-graad
Voerlam
Plaaslike skaapvleispryse
Skaapvleispryse
www.proagri.co.za 56 ProAgri Suid-Afrika 279 Diane Grobler: +27 (0)82 555 6866 | diane@p roagri.co.za www.agri4all.com We provide your business with borderless advertising. Tap into the largest online trading platform for all your agricultural needs. Upload your new or used agri products for free onto www.AGRI4ALL.com and grow your business. CONNECTING YOU WITH AFRICA
Vark- en spekvleispryse Plaaslike hoenderpryse
(Bron: ABSA, 2023)
*Gebied in grys verteenwoordig Absa AgriBesigheid se voorspellings
werk aan volhoubare oplossings vir alle betrokkenes.
Die mark vir lamvleis
Die aanvraag na skaap- en lamvleis sal waarskynlik gedurende die winter toeneem, aangesien dit gewild is in tipiese wintergeregte soos bredies en kerriegeregte.
Terwyl die beesvleissektor langtermynimpakte op pryse en vraag kan ervaar, kan die lamsvleismark meer stabiel wees as gevolg van gunstige wisselkoerse vir uitvoere na die MiddeOoste. Karkaspryse kan geleidelik daal, maar daar kan 'n effense herstel in Junie en Julie wees as gevolg van seisoenale uitvoergroei en knap voorrade.
Boonop het voerlammers 'n kans om te groei omdat graan- en oliesaadboere in somerreënstreke hulle met oesreste voer. Dit is belangrik vir belanghebbendes in die bedryf om ingelig te bly oor hierdie neigings en hulle strategieë dienooreenkomstig aan te pas om mededingend in die mark te bly.
Die mark vir varke
Daar was mediadekking van Sjina se stryd teen 'n herlewing van Afrikavarkpes (ASF). In Europa is pryse hoog omdat daar 'n tekort aan slaggereed varke is, en die vraag het stadig maar bestendig gestyg.
Soos die koste van rooivleis afneem, verwag ons laer varkvleispryse. Die stabiliteit van hoenderpryse kan egter die mate waarin pryse verskuif in die komende weke beperk. Hierdie prysvooruitsigte het toename as gevolg van die koste- en volume-implikasies van hoë vlakke van beurtkrag, wat ook intensiewe veebedrywe raak. Verbruikers se vermoë om bykomende stygings in die prys van voedsel te dra is uiters beperk.
Die rooivleismarkte staar uitdagings soos Afrika-varkpes in Sjina en 'n tekort aan varke in Europa in die gesig,
(Bron: ABSA, 2023)
*Gebied in grys verteenwoordig Absa AgriBesigheid se voorspellings
maar die stabiele Midde-Oosterse mark sal na verwagting lampryse bevoordeel. Verbruikers kan egter nie bykomende stygings in die prys van voedsel dra nie.
Die mark vir hoenders Voëlgriep-uitbrake kom steeds oor die hele wêreld voor, wat 'n bedreiging inhou vir Brasilië, die wêreld se grootste uitvoerder van braaikuikens. Die Europese Unie (EU) was Suid-Afrika se primêre bron van hoenderinvoer voor die uitbreek van voëlgriep in Brasilië. Brasilië, wat nou meer as 60% van alle hoenderinvoer uitmaak, het die Europese Unie verbygesteek as SuidAfrika se hoofbron van hoender.
Die verhoogde beurtkrag plaas druk op produsente en verwerkers, wat lei tot stygende produksiekoste en 'n afname in die ketting se vermoë om voëls te verwerk. Van die begin tot die einde van die vleisproduksieproses, wat die berging van die vleis in koelkamers insluit, is die produksie van vleis geheel en al afhanklik van elektrisiteit.
Baie mense in Suid-Afrika wat hoender eet, vind dit al hoe moeiliker om vars hoenderporsies te bekostig. Gevolglik kan IQF- (indiwidueel vinnig bevrore)-stukke en soortgelyke laekoste-alternatiewe 'n mate van prysondersteuning van kopers ervaar.
Moontlike oplossings
• Een moontlike manier om die koste van voer te versag, kan wees dat boere alternatiewe, meer kostedoeltreffende voeropsies soos oesreste, ander plaaslik beskikbare hulpbronne of regeringsondersteuningsprogramme ondersoek.
• Uitbreiding van produksie kan dikwels doeltreffendheid van skaal meebring wat help om koste te verminder en winste te verhoog, maar dit kan aansienlike belegging
in infrastruktuur en tegnologie verg.
• Daar kan ook geleenthede wees vir binnelandse produsente om hulleself te onderskei deur te fokus op topgehaltesnitte of spesialiteitsprodukte wat nie maklik ingevoer kan word nie.
• Strategieë om doeltreffendheid in die produksieproses te verhoog vir kleinskaalse boere wat met skaalvoordele kan sukkel in vergelyking met groter produsente.
Ten spyte van hierdie uitdagings werk die bedryf daaraan om oplossings te vind en die waardeketting te verbeter om volhoubare groei en winsgewendheid op die lang duur te verseker.
Bronne: Louw, L. (2023). Weeklikse Plaashek-Rooivleispryse. AgriOrbit. Beskikbaar by: https:// agriorbit.com/rooivleispryse-redmeat-prices-2/
ABSA, Sector Economics. (2023). Load-shedding and pressured consumers to remain the key factors shaping local livestock markets. Agri trends: Livestock report - agri noord-kaap. Beskikbaar by: http://agrink.co.za/ downloads/ABSA%20Agri%20 Trends%20Livestock%20and%20 Fibre.pdf
Standard Bank. (2023). Livestock biweekly 2022 Report No. 05 2023. Beskikbaar by: https:// www.standardbank.co.za/static_file/South%20Africa/PDF/Business%20Banking/Livestock_Biweekly_Insights_Report.pdf
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 57 Vee en Wild
Mei-20 Mei-20 Sep-20 Sep-20 Jan-21 Jan-21 Sep-21 Sep-21 Mei-22 Mei-22 Jan-23 Jan-23 Mei-21 Mei-21 Jan-22 Jan-22 Sep-22 Sep-22 Mei-23 Mei-23 Jul-20 Jul-20 Nov-20 Nov-20 Mrt-21 Mrt-21 Nov-21 Nov-21 Jul-22 Jul-22 Mrt-23 Mrt-23 Jul-21 Jul-21 Mrt-22 Mrt-22 Nov-22 Nov-22
Vleisvark Spekvark
Heel gevries Heel vars
Volstruisveiling:
deur Tisha Steyn
Die vere maak toe al die tyd die voël
Rekordpryse wat teelmateriaal op die 19de jaarlikse veiling van geselekteerde teelvolstruise op 20 April behaal het, wys dat volstruisvere nog lank nie uit die mode is nie. Volstruisvere van hoogstaande gehalte prikkel opnuut die belangstelling van volstruisboere en modehuise.
Die veiling en die inligtingsdag wat dit voorafgegaan het. is gesamentlik deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Oudtshoorn Volstruisnavorsingsplaas, KarooCape International, die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) en die Wes-Kaapse Volstruisprodusentevereniging (WKVPV) by KCI se nuwe hoofkantoor op Oudtshoorn aangebied.
Inligtingsdag
Sowat sestig persone het die inligtingsdag bygewoon. Piet Kleyn, uitvoerende bestuurder van die SAVBK en dr Chris de Brouwer, hoof van Veekundige Wetenskappe by die Departement van Landbou, het die agtergrond van die bedryf en veilings, en die seleksieproses toegelig.
Dr Adriaan Olivier, volstruisveearts by SAVBK, het die welsynsvereistes, wat toenemend belangrik raak vir
Piet Kleyn, uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), Pierre de Wet en Cor du Toit van Kromkoe Boerdery en dr Anel Engelbrecht.
verantwoordelike produksie van volstruisprodukte toegelig, terwyl dr Anel Engelbrech, senior navorser by die navorsingsplaas, meer inligting gegee het word oor seleksie vir minder hare om velgehalte te verbeter.
Nuwe bloed is goed
Volgens Piet doen die Oudtshoorn Navorsingsplaas al sedert die 1990’s genetiese seleksie op grond van teelwaardes vir gewig en reproduksie (eier-
en kuikenproduksie). Meer onlangse navorsing gebruik ook die teenwoordigheid of afwesigheid van hare op die vel, wat lei tot leer van hoër standaard, as seleksiemaatstaf.
Daar is bevind dat jong broeivolstruise in minder as twee jaar nadat hulle uitgebroei het, kan begin produseer, wat ՚n hele seisoen vroeër is as wat voorheen aanvaar is. Jong volstruise is met goeie gevolge by die navorsingsplaas se teelkudde ingesluit, en die resultate het getoon dat wyfies binne gemiddeld 22 maande begin eiers lê.
Omdat dit belangrik is dat die oudste en onproduktiewe broeivolstruise met jong volstruise vervang moet word, bied die Wes-Kaapse Departement die afgelope 19 jaar veilings aan waar volstruisboere jong teelmateriaal kan bekom.
Volstruisvere van goeie gehalte behaal toenemend beter pryse. Na die destydse ineenstorting van die verebedryf met die draai van die eeu, was boere half kopsku vir die verebedryf en gevolglik is daar min teelmateriaal vir gehalte pluime.
Die Departement van Landbou het besluit om vanjaar in samewerking met die bedryf ՚n gesamentlike veiling aan
Agter: Cor du Toit, Pierre de Wet, dr Chris de Brouwer (Departement van Landbou), PA Geldenhuys (afslaer, Klein-Karoo Agri), Gert Laubscher (Klein-Karoo Agri), voor dr Anel Engelbrecht (senior navorser) en Nelleke Lotz ('n student) (albei van die Oudtshoorn Navorsingsplaas). Die twee vroue het die voorkoms van hare op die volstruisvelle evalueer. Dr Chris de Brouwer is die waarnemende hoofdirekteur van Navorsing en Tegnologieontwikkelingsdienste by die Departement en bestuurder van die Veekunde-direktoraat.
Die volstruisvere kon voor die aanvang van die inligtingsdag besigtig word. Hier vertoon Pierre de Wet en Cor du Toit van hulle volstruise se vere.
www.proagri.co.za 58 ProAgri Suid-Afrika 279 Vee en Wild
Ryan Lipschitz se pragtige vere. Die Lipschitz-verelyn van Oudtshoorn is al dekades oud.
te bied wat nie net op reproduksie en gewig fokus nie, maar ook op die vel en veral die gehalte van vere.
Net die beste
Die SAVBK het volstruisboere wat bekend is vir hulle ‘verevolstruise’ geïdentifiseer en hulle genader om volstruise vir die veiling beskikbaar te stel.
Die volstruise is deur verekenners Hannes van der Westhuizen en Arthur Muller beoordeel, terwyl dr Engelbrecht en Nelleke Lotz van die navorsingsplaas die velle op grond van die teenwoordigheid van hare op die vel beoordeel het. Piet het gesorg dat die volstruise aan die minimum-vereistes voldoen.
Etiese volstruisboerdery
Dr Olivier, SAVBK se volstruisveearts, het klem gelê op die belangrikheid van dierewelsyn in volstruisproduksie. “Handelsvennote, verbruikers en modehuise, die belangrikste bron van inkomste vir die volstruisbedryf, fokus toenemend op die integriteit van die volstruisvoorsieningsketting, en Europese wetgewing hou hulle aanspreeklik daarvoor.”
Hy sê die Departement van Landbou en die bedryf is deeglik bewus van wêreldneigings rondom verantwoordelike, etiese dierebestuur en was direk betrokke by die opstel van
bedryfstandaarde. Daar word ook van volstruisboere verwag om aandag aan biodiversiteit en bewaring te skenk. Volstruisvere is ՚n mode-item wat ՚n goeie inkomste bied, veral as die vere van hoogstaande gehalte is, en modehuise is bereid om hierdie vere te koop mits dit aan naspeurbaarheid- en sertifiseringsvereistes voldoen.
Nuwe navorsing
Dr Engelbrecht, senior navorser by die navorsingsplaas, het nuwe navorsing gedeel. Die navorsing bewys dat die haarskagte op volstruisleer ՚n hoogs oordraagbare eienskap is wat met genetiese seleksie verbeter kan word. Sy het riglyne verskaf vir die evaluasie van volstruise en nuwe teeltmateriaal om die haarskagte op die leer te verminder.
Rekordpryse
Die volstruise is spesiaal vir die standaard van hulle
vere uitgesoek. “Volstruisvere se gewildheid neem wêreldwyd toe en volstruisboere wat op vere van goeie gehalte fokus kan van ՚n goeie mark verseker wees,” sê dr Engelbrecht.
Altesaam 88 jong broeivolstruise van die navorsingsplaas en vyf kommersiële volstruisboere is aangebied. Die klem het op gehalte teelmateriaal geval. Die vyf boere is Cor du Toit van Heidelberg, PJ Terblanche & Seuns van De Rust, en Ryan Lipschitz, Joey Potgieter en Jaco Mulder van Oudtshoorn. Die volstruise het almal besonderse vere van goeie gehalte en kom uit gevestigde verelyne van onder meer die Terblanche- en Lipschitz-families wat oor jare bekend is vir gehalte volstruisvere.
Sewentien kopers het geregistreer, maar net sewe het volstruise gekoop. Die pryse het gewissel van R8 000 tot R41 000, met ՚n gemiddelde prys van R14 683. Wyfies se gemiddelde prys was R17 560 en dié van mannetjies R11 598.
Die hoogste pryse is behaal deur twee wyfies. ՚n Wyfie van PJ Terblanche en Seuns is vir R41 000 aan Amie Snyman van De Rust verkoop, en ՚n wyfie van Cor du Toit is vir R31 000 aan Jurie Klue van Klaarstroom verkoop.
Die volstruise is op Heidelberg geselekteer. Agter van links is Cor du Toit en een van sy werkers (naam onbekend), Koos de Wet, Pierre de Wet en Hannes van der Westhuizen. Voor van links is Arthur Muller en Piet Kleyn.
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 59 Vee en Wild
PJ Terblanche en Seuns van De Rust se pragtige volstruispluime. Hulle boerdery het R41 000 vir 'n volstruiswyfie betaal.
Joey Potgieter van Oudtshoorn se pluime.
www.proagri.co.za 60 ProAgri Suid-Afrika 279 Vee en Wild
Piet Schoeman van Oudtshoorn het die meeste volstruise gekoop.
Jurie, wat self al toekennings vir sy vere en velle ontvang het, sê hy was heeltemal bereid om R31 000 vir ՚n volstruiswyfie te betaal, al was dit nie goedkoop nie. “Daar is twee redes waarom ek besluit het om te koop. Eerstens vervang ek jaarliks ՚n klompie van ons volstruise, waarvan 95% uit die navorsingsplaas se bloedlyne kom en dit was tyd vir nuwe bloed.
“Tweedens vertrou ek Arthur en Oom Hannes se oordeel. Hulle is kenners van volstruisvere, en ek vertrou Anel en Nelleke se oordeel wat die velle betref.”
Hy vertrou ook die boere wie se volstruise op die veiling aangebied is. “Die wat ek gekoop het, kom uit geslote kuddes en ek glo ons sal in die toekoms waarde vir ons geld kry uit velle en vere van hoë standaard.”
Amie, wat R41 000 vir ՚n volstruiswyfie betaal het, sê hy het nog nie dié volstruis se gene in sy genepoel nie en sy sal beslis sy bestaande kudde verbeter wat vere en velle betref. “Die wyfie het naas goeie genetika ook ՚n mooi bou, goeie vere en geen hare op die vel nie. Dis gewoonlik nie maklik om volstruise se genetika te verbeter nie, maar ek glo ons het ՚n goeie prys vir goeie genetika betaal.”
Kontak PA Geldenhuys (Klein Karoo Agri), wat die veiling hanteer het by 044-203-5221 of 082-4107705 vir meer inligting.
Kontak die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) by 044-272-3336
Kontak die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Oudtshoorn Navorsingsplaas by 044-203-9404
Sourcing & Procurement of HighGrade, Mid-Grade & Sub-Grade fertilizers, contract free.
Straights, Blends & Organic Fertilizers
We assist you in sourcing & managing reliable transportation and logistics services at competitive prices.
Agricultural shade netting and irrigation construction and conveyancing
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 279 61 Vee en Wild
Fertilizer Without The Fuss
Finally! A dependable agricultural services and bulk
fertilizer supplier.
Kom Ons Groei Saam Sikhula Ndawonye Our Services and products Let Us Beat Your Price!! +27 78 901 5019 ashley@heavitech.com heavitech.com
62 ProAgri Suid-Afrika 279 Takecontrol control Grab. Reach. Stack. Dig. Carry. Tow. Tel: +27 10 601 3000 Email: info.msa@manitou-group.com www.manitou.com www.manitou.com CUSTOM DESIGNED EQUIPMENT TO SUIT THE CLIENT’S NEEDS Fully Galvanized to protect the steel, from the natural elements of Hluhluwe 4 Wheel Drive | Track width adjustable from 3.3m – 3.8m Ground clearance 1.7m | 2000L S/S Tank with 20m Boom info@peakeequipment.co.za Get in touch with us! peakeequipment 082 696 1454 www.peakeequipment.co.za/ peake_equipment STS – PINEAPPLE Based on the STS 1000 Peake sprayer, customized to spray fertilizer on pineapple crops.
ProAgri South Africa 279 63 YOUR ONE S T OP SECURIT Y SHOP ELECTRIC FENCE AND SECURIT Y CENTRES 0861 STAFIX/782349 www.stafix.co.za Ø Electric Fencing Ø Gate Motors Ø Batteries Ø CCTV Ø Garage Door Motors Ø Remotes Ø Intercoms Ø Equestrian Fencing Ø Game Fencing Ø Alarm Systems Ø Roboguard Ø Security Beams CCT V SURVEILLANCE TECHNOLOGY Bethlehem Bloemfontein Cape Town Central Cape Town South Centurion Durban North East London George Gaborone Harare Jet Park Kimberley Klerksdorp Lusaka Mozambique Nelspruit Kya Sand Paarl Pietermaritzburg Pinetown Polokwane Port Elizabeth Potchefstroom Pretoria Rustenburg Somerset West Upington Vanderbijl Park Vryheid Windhoek West Rand
BRANCH LOCATIONS
STAFIX
Vries-brandmerk is ‘n hoogs effektiewe, minimaal-indringende metode om jou beeste permanent te brandmerk. Dit laat geen skade aan die vel nie, wat huidverwante vermorsing en finansiële verliese tot die minimum beperk.
GEBRUIK DIE VRIESBRANDMERK METODE OMDAT JY OMGEE.
BY BOTHAVIL
SKAKEL ONS OP 078 164 1712 OF BESOEK ONS WEBWERF BY www.dryice.co.za
64 ProAgri Suid-Afrika 279
ONS
My burgh T oe rusting
Besoek ons by Nampo! Stalletjie G7 b en G7 c 16 Tot 19 Mei 2023
Tafelopteller
Diens jou mielie tafel terwyl jou stroper jou soja boontjies stroop met ons tafelopteller
Padmaker
As jou pad nie mooi geskraap is nie, gaan jou vrou jou voeter as sy haar kar stukkend ry op jou slegte pad.
Kom besoek ons by Nampo ! Nuwe
Bekendstelling: Stroper spikes
Paalslaner
As Jy vinniger wil draadspan, kom kyk gerus hoe moker Myburgh Toerusting n stomp teerpaal in die grond in Forklift
Verander jou trekker in 'n forklift wat oorals kan ry
HOSE MASTER 50/100 PORTABLE IRRIGATION SYSTEM
Rolmoer Klein en lig maar, effektief. 'n Rolmoer op die trekker se driepunt
SPORTSMAN 120 SPORT FIELD AND GARDEN IRRIGATION
Draadspanner 4
As jy vinniger kan draad span gaan daar tyd wees om iets anders ook te doen
Bol - ‘n - Vlieg
Die produk is uitstekend om by voerkrale te gebruik. 1 pak R195 btw ing
pak R 955 btw ing
RAINMAKER 200
HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION
RHINO 300
HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION
The most effective and cost efficient travelling irrigation systems available
SOUTH AFRICA
Head office: Jasper Hewitt +27 (0) 82-773-7544
jasper@rotrixafrica.co.za
Andries Bothma +27 (0) 79-959-3356 / +27(0) 23-342-3438 / sales@rotrixafrica.co.za
Gauteng: Tobie van den Heever
+27 (0)82-658-6054
+27(0)12-736-2121/2103/2323
tobie@iunlimited.co.za
Stroper rolmoer 'n Rolmoer onder jou stroper se tafel. Nou kan jy stronke verwoes terwyl jy stroop
Kontoermaker
Op die trekker se driepunt met 'n vaste raam en sonder enige hidroulika
CLUBMAN 100 SMALL SCALE FARMING AND RECREATIONAL IRRIGATION
HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION
Suitable for tall crops
www.rotrixafrica.co.za
ProAgri South Africa 279 65
R 122 000.00 btw ing R 99 500.00 btw ing R 45 000.00 btw ing R 27 000.00 btw ing
5
R 44 000.00 btw ing
R 97 000.00 btw ing
R 7
700.00 btw ing
R 175 000.00 btw ing
66 ProAgri Suid-Afrika 279 OF Kontak Reyno Snyman: 082 513 3227 Besoek ook ons Facebook-blad JRS FEED MILLS Hoender- en visvoerpil-masjien Ons vervaardig pil-masjiene, van die grootste na die kleinste. Pil-aanlegte Mielie-dorsmasjien
Self-voerders
ONS VERVAARDIG MASJIENERIE VOLGENS JOU BEHOEFTES
Voermengers Hammermeule
Krippe Harke
ProAgri South Africa 279 67 Volledige voor-seisoen diens van planters. AC Smith: 083 974 5112 | ac@b-equal.co.za | Deon Bresler: 083 306 5089 | deon@b-equal.co.za Facebook page: Bultfontein Equalizer -Plant jou toekoms | Instagram: bultfontein.equalizer Plaas Kroonland, Bultfontein, 9670, Vrystaat Kwaliteit diens is vir ons ‘n prioriteit. Beskikbaarheid van Equalizer onderdele gewaarborg.
JOU TOEKOMS Suksesvolle bemarking & verspreiding van landbou toerusting & produkte. Senter360 is online...are you? For the best service contact us at + 27 (0)18 469 1331 0r +27 (0)82 564 5955 or www.senter360.co.za Our Center pivots are known for it’s superior construction quality and strength. Now the same legacy lives in our communication systems! Terms and conditions apply Our standard control system has comprehensive cell/internet communication abilities No monthly/ yearly subscription costs (zero!)
PLANT
68 ProAgri Suid-Afrika 279 THE SMARTER WAY OF WORKING Range of portable, versatile attachments that combines several individual functions easily attached to a single unit Loaders - Mulchers - Augers - Trenchers +27 11 397 1211 sales@avantsa.co.za | www.avantsa.co.za Avant Compact Loaders More than 100 attachments Find us at NAMPO Stand nr. E12A STARTER BUNDLE NEW! GPS 7000 RECEIVER S TERRASTAR CAPABILITY WWW.AGLEADER.COM with 123-222-3333 1234 Example Lane Ames, IA 50010 Jaco van der Merwe 082 738 0718 jaco@agtechtechnology.co.za Jaco Hamman 082 762 1669 www.ppfagri.co.za
Introducing
THE ULTIMATE CORPORATE GIFT.
BUILT TOUGH AND ROBUST
Enquire for more info at sales@rogueicecoolers.co.za or call us on 032 007 0143. Shop online with free delivery to your doorwww.rogueicecoolers.com
ProAgri South Africa 279 69 087 803 1108 064 910 6092 www mahindraalberton co za Cnr Voortrekker & Padstow, Raceview, Alberton
We pride ourselves in producing a distinctive product range that stands apart from all others and is steeped in a rich and traditional bush heritage of days gone by. The ice insulation of these coolers is legendary. Each detail is lovingly assembled by hand including the leather straps, built in bottle opener, padded canvas seat and many other unique features that go into making these coolers your complete outdoor companion. the Authentic African Ice Cooler.
Treat your employees or customers to a Rogue Ice Cooler with the option of personalisation on any hard or soft ice cooler. The modern, sustainable cooler, built to last decades.
70 ProAgri Suid-Afrika 279 FOR ALL YOUR CATTLE NEEDS WE OFFER CATTLE HANDLING EQUIPMENT We offer cattle: Tel: +27 728 794 871 | +27 100 230 786 | Email: sales@steeltubeprofiles.co.za Bloempark 2, Vanderpijlpark AH, Gauteng, 1911 | www.steeltubeprofiles.co.za Customised gate & cage manufacturers Delivery nationwide (except WC, EC & KZN) Kraal panels Bale rings Sorting & Sliding gates Loading ramps Weighcrates Neck clamps etc. Cylinder & Pump Co. (PTY) Ltd Suier & Pomp Mpy. (EDMS) Bpk 2023
New HollaNd
TH7.32-Teleskopiese
HanTeerder
Die beste oplossing vir die ophys en hantering van materiaal op die plaas danksy groter hys- en reikvermoë, vinniger siklustyd en die hoogste beweeglikheid en stabiliteit wanneer daar met vragte gewerk word. Die New Holland-teleskopiese hanteerder kry die werk vinniger gedoen.
Kontak jou New Holland-handelaar vandag of skakel:
eduan Booyens (071 871 8163)
Noordwes, Vrystaat, Gauteng, limpopo en Mpumalanga
Paul de Korte (064 752 1613)
KwaZulu-Natal
Quintus Smit (082 524 7397)
wes-Kaap, Noord-Kaap en oos-Kaap
72 ProAgri Suid-Afrika 279
www.newholland.com/za Volg ons op Tindrum 23/058 NUUT!