Moeder & Kleuter (Uitgawe 2)

Page 18

PLUS Giveaways | Maternity Fashion | Best Buys | Travel FAMILIEBEPLANNING • SWANGERSKAP • BABAS • KLEUTERS PLUS: WEGGEEPRYSE • NUUT OP DIE RAKKE • RESEPTE • REIS Leer soveel as moontlik vir ‘n stresvrye swangerskap en ouerskap: van oefening en slaap, tot uitsittyd en geestesgesondheid Uitgawe 2 (Somer 2022/23) WEES GOED INGELIG HIER’S NOG MEER BINNE: > Hoe om jou jong kinders se geheue te verskerp > Moet ons vet in ons dieët insluit, of nie? > Maklike feng shui wenke

as net sentimeters

More Than Height

More Than Height More Than Height

As jou kind se groeikoers nie binne die verwagte omvang is nie, kan dit ‘n teken wees van ‘n onderliggende mediese kondisie wat hul groei aantas

Groeikwale is mediese kondisies wat ‘n persoon se lengte, gewig en somtyds seksuele ontwikkeling kan affekteer. Daar is baie verskillende tipe groeikwale wat deur verskillende faktore veroorsaak word—die meeste daarvan lei tot geringe groei en ander mediese kwessies. As groeikwale nie behandel word nie, kan dit later in die lewe tot verdere gesondheidsprobleme lei.

Scan me

Groei is ‘n ingewikkelde biologiese verskynsel wat deur gene, voeding, die omgewing, gesondheid, hormone en groeifaktore (proteïne wat sellulêre groei stimuleer) beïnvloed word. Dit is ‘n essensiële deel van ‘n kind se ontwikkeling en wys op hul welstand heen. As jy opmerk dat jou kind nie na behore groei nie, mag daar miskien ‘n onderliggende mediese kondisie wees wat dit veroorsaak.

Waarom het sommige persone groeikwale?

Groei is ingewikkeld en partykeer werk die prosesse wat groei affekteer, nie soos hulle behoort nie. Byvoorbeeld, genetiese faktore kan die deel van die brein wat groeihormone vrystel, affekteer. Daarbenewens mag die verskillende hormone nie aan die ontwikkelende fetus in die baarmoeder beskikbaar gewees het nie.

Scan
Scan
Scan
Scan
Meer
Die groei van jou kind gaan oor meer as net sy lengte—dit gaan oor sy gesondheid en welstand
More Than
More Than More Than More Than
More Than More Than More Than
More Than More Than More Than
More Than More Than

Wat is groeihormoon en hoekom is dit belangrik?

Groeihormoon is ‘n chemiese ‘boodskapper’ wat van ‘n deel van die brein, die harsingslymklier (pituitêre klier), vrygestel word. Die doel van groeihormoon is nie net om kinders langer te laat groei nie, maar dit stuur ook ‘boodskappe’ na amper elke deel van die liggaam om hulle te laat groei en funksioneer. Hierdie liggaamsdele sluit in spiere, bene, die hart en brein—en hartfunksie, verstandsbehendigheid asook die verouderingsproses word beïnvloed..

As die vlak van groeihormoon te laag is, kan dit tot ingekorte groei sowel as ‘n aantal gesondheidsprobleme lei. ‘n Tekort aan groeihormoon is in sowat 1 uit elke 3 800 babas bepaal. Sonder genoegsame groeihormoon kan ‘n kind nie groei soos hy/sy behoort nie.

Dit kan moeilik wees om op die spoor te bly van jou kind se groei, maar met die Growth Journey app kan jy dit wél doen—op ‘n eenvoudige, prettige wyse. Growth Journey is ‘n gratis app wat ‘n selfoonkamera gebruik om gereeld jou kind se groei na te spoor.

Dit is lewensbelangrik om bewus te raak van groeikwale en hulle vroegtydig te identifiseer.

Laai die Growth Journey app af om jou kind se groei maklik te monitor. Dis beskikbaar op Google Play en Apple App Store.

#itsmorethanheightitshealth

Vir verdere inligting, besoek morethanheight.com.

Novo Nordisk is ‘n toonaangewende gesondheidsmaatskappy wat in 1923 gestig is, met ons hoofkwartier in Denemarke. Ons voorneme is om verandering te weeg te bring om diabetes (suikersiekte) en ander ernstige kroniese siektes soos swaarlywigheid en seldsame bloed- en endokriene kwale te vernietig. Ons voer dit uit met baanbrekerswerk in wetenskaplike deurbrake, die uitbreiding van toegang tot ons medisyne, asook die voorkoming—en uiteindelike genesing—van siektes. Novo Nordisk het amper 47 000 mense in 80 lande in diens, en ons bemark ons produkte in ongeveer 170 lande.

Vir verdere inligting, besoek morethanheight.com, novonordisk.com, Facebook, Twitter, LinkedIn en YouTube

More Than Height Scan me More Than Height More Than Height More Than Height Scan me More Than Height More Than Height Verwysing: 1) Haymond M, e.e. Acta Paediatr. 2013;102:787-796 Novo Nordisk (Edms) Bpk Gebou C1 Marion Street-kantoorpark Rivoniaweg, 150 Sandton, Johannesburg 2196 Tel: 011 202 0500 Faks: 011 807 7989 Skandeer my
cuddlersnappies www.cuddlers.co.za #GrowingOurSmiles

VERVA A R DIGIN

SUID A FRIKA

• m a k an makl f • p klik so erkle r e elastieseband omdiemiddel trek los

INHOUD

22

MAAK TOE JOU OGIES, KLEINDING Hoekom jou baba nog nie deurslaap nie—en hoe

om hom te leer

HOOFARTIKELS

16

HOU AAN BEWEEG

Oefening gedurende swangerskap is veilig vir beide ma en baba. Hier’s alles wat jy daaroor moet weet

44 NET VIR PAPPAS

Koesterende pa’s maak emosioneelintelligente kinders groot—en help om die samelewing meer regverdig te maak

50 SORG VIR JOU AFHANKLIKES

Hier is 8 wenke om jou bates vir toekomstige geslagte te bewaar

22

MAAK TOE JOU OGIES, KLEINDING

Hoekom jou baba nog nie deurslaap nie—en hoe om hom te leer

28 DAARSY!

Om te sit is om te leer balanseer. Hier is wenke hoe om jou baba te help om homself regop te kry

32 STOUTE-HOEKIE

Uitsittyd verbeter jou kinders se gedrag —as jy dit op die regte manier doen

38 KOM ONS ONTHOU!

Hoe om ’n uitstappie na die park of speelgrond te gebruik om jou kinders te help om hul geheue te verskerp

46 LEER HULLE REG

Die belangrikheid van die ontwikkeling van organisatoriese vaardighede van ’n jong ouderdom af

52

DIE GROOT VRAAG

Moet ons vet in ons dieët insluit of nie?

38 32

4 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
(2022/23)
UITGAWE 2

12 GRATIS VIR JOU

Skryf in vir ons kompetisies om pryse vir jou en jou familie te wen!

14 WIE, WAT, WAAR

Die nuutste babanuus, menings en tendense vir swangerskap, geboorte en moederskap

58 KOS OP DIE TAFEL

Met Elmarie Berry se nuwe resepteboek, KOSBAAR, sal jy in jou kombuis nuwe herinneringe kan skep

62 DEKOR: GELUKKIGE PLEK

Bring balans, harmonie en kalmte terug na jou huis met hierdie maklike feng shui wenke

64 REIS: VERMINDER DIE KOSTE, NIE DIE PRET

Hoe jou familie op die goedkoopste manier op vakansie kan gaan

6 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
12 INHOUD
58 62
GEREELD 64

NUUT OP DIE RAKKE

70 SKOONHEID

Trendy produkte wat besonders goed werk. En advies vir daardie slegte velgewoontes

72 NUTTIGE KOPIES

‘n Handvol van die gesogste gehalte produkte vir jou kleinding

74 NÓÚ GROEI HULLE VINNIG OP!

Hier is ‘n paar oulike produkte vir mamma se meisietjie en seuntjie

76 KWEL JOU NIE

Behulpsame items om mas se lewens makliker te maak

78 BOEKRAK

Die nuutste leesstof vir die jongspan, onder meer slaaptydboeke, ‘n pretboek, ‘n bundel Khoena-verhale en ‘n boek vir jong natuurliefhebbers

80 TV-TYD

8 genotvolle kinderrolprente om mammas meer as ‘n 80-minute ruskansie te gee...

8 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 72 INHOUD

’N BOODSKAP VAN SPAN DIE

Babas en kleuters hou daarvan om nuwe dinge te leer—dit is ’n groot wêreld daar buite, en hulle is mal oor die ontdekking daarvan.

In hierdie uitgawe gee ons jou raad hoe om jou kleingoed nuwe vaardighede te leer, om jou klein babatjie balans te leer en hoe om regop te sit, en hoe om regdeur die nag te slaap; om jou kleuter te leer hoekom jy uitsittyd gee en hoe om dit te gebruik om sy gedrag te verbeter; gebruik ’n dag in die park of speelpark om jou kind se geheue te verbeter; en hoe om die gesin bymekaar te kry om hulle organisatoriese vaardighede by die huis te ontwikkel.

En verwagtende mammas kan ook ’n paar nuwe dinge leer. Soos die belangrikheid van oefening gedurende swangerskap. Dis goed vir jou en jou baba—maar daar is wel oefeninge wat jy moet vermy, so lees graag daaroor.

Ons het ook nuttige artikels oor hoe pa’s emosioneel-intelligente kinders kan grootmaak, en hoe jy jou bates kan beskerm met die wete dat jy vir jou afhanklikes kan sorg.

Soos in elke uitgawe, is ons Nuut op die Rakkebladsye propvol van die jongste trends en nuutste produkte vir ma, baba en kleuter; ons deel ’n paar heerlike resepte vir familie en vriende uit Elmarie Berry se nuutste resepteboek; en ons het goeie wenke vir ’n familievakansie wat jou nie die wêreld sal kos nie.

Ons hoop jy vind weereens inspirasie, inligting en motivering tussen hierdie bladsye.

Van almal van ons by

UITGEWER BESTURENDE REDAKTEUR

TEKSREDAKTEUR & SKRYWER

VERTALERS

KREATIEWE HOOF

FOTOGRAFIESE BRONNE

DIREKTEUR VAN

ADVERTENSIEVERKOPE

ADVERTENSIEVERKOPE

REKENINGE KLIËNTEBESTUURDER WEBKOORDINEERDERS

PERSONEELBESTUURDER

VERSPREIDING

Donovan Abrahams

Ashley van Schalkwyk ashley@avengmedia.co.za

Tania Griffin tania@avengmedia.co.za

Liryn de Jager & Tania Griffin

Christine Siljeur

Adobe Stock

Donovan Abrahams

Cheryl Pinter Denise Burgess

Benita Abrahams

Majdah Rogers

Majdah Rogers, Ashley van Schalkwyk Colin Samuels moederenkleuter.co.za, www.magzter.com

DIREKTEURE

UITGEGEE DEUR

Donovan Abrahams Colin Samuels

Aveng Media (Edms) BPK

ADRES Boland Bank-Gebou, 5de Vloer, 18 Laer Burg-weg, Kaapstad, 8000 Tel: 021 418 3090 | Faks: 021 418 3064

E-pos: majdah@avengmedia.co.za Webtuiste: moederenkleuter.co.za

Kopiereg Aveng Media 2022. Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe toestemming van die besturende redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in artikels, rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies wat in die tydskrif gepubliseer word, akkuraat is, kan die besturende redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies, skade of ongerief wat daaruit mag voortspruit nie. Die redaksie behou die reg om veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word, en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade aan of verlies van die materiaal nie. Teen druktyd was alle pryse vir vertoonde items en dienste korrek.

10 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
DIE SPAN
Versus Anti-Mosquito Verf Bewys om muskiete in jou huis te verminder www versuslifestyle com | info@versuspaint co za | (011) 885 3136 Versus Verf met 'n Doel 0861 VERSUS Bestel aanlyn www.versuslifestyle.com Beskikbaar by Versus Paint Direct Wynberg en Leroy Merlin winkels Versus Eco-Bébé Lae VOC Verf Beskerm jou jong gesin van skadelike chemikalieë Versus Anti-Bacterial Verf Beskerm jou gesin van 95% van alle bekende kieme

GRATIS VIR JOU

Skryf in vir ons kompetisies om pryse vir jou en jou kind te wen!

PHILIPS AVENT VINNIGE BOTTELVERWARMER & ULTRA AIR-FOPSPENE

Die Philips Avent Vinnige Bottelverwarmer is veiliger as ‘n mikrogolfoond, en sal baba se melk gou (in slegs drie minute) en egalig verhit, en gelyktydig die melk sirkuleer om enige warm kolle te vermy. Dis maklik om mee te werk, het ‘n handige ontvriesingsstelling en kan ook gebruik word om babakos te verhit. Die ultra airfopspeenversameling word gekenmerk deur ekstra-groot luggate en ‘n ligte skut wat jou baba se vel laat asemhaal en wat help om dit droog te hou. Met ‘n sy-sagte tepel vir ekstra gerief, sal die BPA-vrye fopspeen die natuurlike vorm van jou baba se verhemelte, tande en tandvleis nie beskadig nie.

Ons gee een Philips Avent-babasorgprysmandjie weg, met een bottelverwarmer en ‘n pak van twee ultra air-fopspene—met ‘n totale geldwaarde van R1 800!

ECO DIVA HOLISTIESE VELKONSULTASIE

Eco Diva is trots oor hulle ‘superfood’ velsorg vir alle tipes vel verskaf—alle produkte is skoon, goedaardig en eties. Die Holistiese Velkonsultasie, wat deur Eco Diva stigter Nicole Sherwin aangebied word, stel insigvolle wenke en informasie voor om jou te help om voortdurende genesing te behaal: nie net deur jou vel nie, maar ook deur voortreflike derm- sowel as geestes- en emosionele gesondheid. Dis ‘n insiggewende konsultasie wat jou bewuste welstandsreis ‘n hupstoot sal gee. Vind meer inligting op bit.ly/3tqEHMb.

Ons gee ‘n Eco Diva Holistiese Velkonsultasie weg, wat ook ‘n gidsboekie en Mini Oplossingsstel (produkte sal afhang van die uitkoms van jou konsultasie) insluit —met ‘n totale geldwaarde van R2 000!

WEGGEEKODE: ECOMK2

Skryf in vir enige van hierdie weggeepryse deur eenvoudig jou naam, adres en kontakbesonderhede aan ashley@avengmedia.co.za te stuur, met die relevante weggeekode in die onderwerplyn.

Die sluitingsdatum is 15 Maart 2023. Slegs een inskrywing per persoon per weggeeprys. Wenners sal per e-pos of telefoon gekontak word. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

12 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
WEGGEEKODE: PHILIPSMK2

WAT,WIE,WAAR

Die nuutste babanuus, menings en tendense vir swangerskap, geboorte en moederskap

BABA-AANKONDIGINGS

Watter oulike celeb-babas is die afgelope paar maande gebore?

‘n seuntjie

This Is Us-ster Chris Sullivan en sy vrou Rachel het ook in Oktober ‘n baba dogtertjie verwelkom. Klein Aoife Bea was drie weke te vroeg, maar “volgegroeid, gesond en BAIE sterk”, het die trotse pa op Instagram geskryf.

Die skreeusnaakse Rebel Wilson het in November op Instagram aangekondig dat sy nou ‘n ma is van dogtertjie, Royce Lillian. Die baba is via surrogate gebore. “Sy’s ‘n pragtige wonderwerk!”

14 Moeder &
2
Kleuter Uitgawe
Tennis-pro Rafael Nadal en sy vrou Mery Perelló het in Oktober hulle eerste baba, ‘n seuntjie, verwelkom. Akteur Alec Baldwin is ‘n pa van ag! Sy vrou Hilaria het in September geboorte geskenk aan dogtertjie, Ilaria Catalina Irena Baldwin Dit was ‘n eersteling vir akteur Nicolas Cage en sy vrou Riko: ‘n dogtertjie genaamd August Francesca Coppola Cage, wat in September gebore is. Baba nommer 2 het in Oktober by sanger Joss Stone en haar outjie Cody DaLuz aangekom: genaamd Shackleton Stoker Daluz.

BLY KOEL

5 beste drankies vir swanger vroue

Jy benodig meer water gedurende swangerskap. Dis belangrik om gehidrateerd te bly sodat jou baba kan groei en ontwikkel —en met die somer hier sal ‘n koel drankie net die regte ding wees om jou te verfris.

Water

Maak H2O jou gereelde drankie gedurende swangerskap (eintlik, altyd!). Water help jou liggaam om noodsaaklike voedingsstowwe vanuit kos op te neem. Gee jou glasie ‘n boost met ‘n paar kruisementblare, vars suurlemoen- of lemmetjiesap, komkommerskyfies of ‘n paar bessies wat gewarboel is (gebruik sommer die agterkant van ‘n houtlepel).

Melk

Wanneer jy swanger is, benodig jy 1 000mg kalsium per dag om jou baba se groeiende bene en tande te onderskraag, sowel as om jou bloedsomloop-, spier- en senustelsel in goeie orde te hou. En melk is een van die beste bronne van kalsium. As jy nie suiwel drink nie, probeer gefortifiseerde sojamelk (onversoet).

Gemmertee

Warm of met ys, gemmertee is ‘n smaaklike opsie wat veilig is om gedurende swangerskap te drink. Studies het bewys dat gemmer ‘n deurmekaar maag kan help kalmeer en naarheid kan help verlig. Brou jou eie tee deur vars gemmerwortelsnytjies in gekookte water te week.

Selterswater

Probeer ‘n vonkelende waterspritzer as ‘n prettige, alkoholvrye alternatief. As jy lus het vir iets soets, voeg ‘n paar snytjies vars vrugte of ‘n spatsel 100% (gepasteuriseerde) vrugtesap by die water.

Vrugte- en groentesmoothie Vermengde vrugte en groente is ‘n heerlike manier om aan jou daaglikse voedingsvereistes te voldoen. Bly by vloeistowwe soos water, melk of ongegeurde jogurt in plaas van vrugtesap—en beperk of los die versoeters. Om jou smoothie meer versadigend te maak sodat jy voller vir langer kan bly, voeg ‘n bron van gesonde vet soos grondboontjie- of amandelbotter by.

Bron: www.whattoexpect.com

KINDERSPELETJIES

10 huishoudelike items wat baba vir ure lank sal vermaak

Meetlepels en -koppies

Wanneer baba sy opstapelvaardighede beoefen, stel dit hom in staat om sy kern te stabiliseer terwyl hy aan sy grootmotoriese vaardighede werk. Gee vir baba meetlepels- en koppies en kyk hoe hy hulle opstapel asook ineenpas.

Plastiekkoppies

Platiekkoppies mag wel nie goed vir die omgewing wees nie, maar as jy ‘n paar iewers in die kombuiskaste het, gee hulle aan baba om sy opstapelvaardighede te beoefen. As baba alreeds items goed kan opstapel, laat hom die plastiekkoppies optel met sy knypgreep; sodoende maak jy die oefening meer ingewikkeld.

Opgevulde Ziploc-sakkies

Plaas ‘n paar van baba se gunstelingspeelgoed binne in ‘n Ziploc-sakkie en verseël dit goed—baba sal moet hard werk om die items uit te kry. En omdat hy sy fynmotoriese vaardighede sal moet gebruik om die sakkies oop te maak, sal die ‘speeltyd’ langer duur.

Ysbakkies

Vir babas wat nog werk aan hulle knypgreep is ‘n ysbakkie ‘n lekker houer om opgetelde goedjies mee rond te dra. As baba van lepels hou, gee vir hom een waarmee hy die items kan opskep en in die ysbakkie kan plaas—sodoende sal die takie meer uitdagend word en baba sal nie te gou verveeld raak nie.

Eierkartondosie

Verander versnaperingtyd in ‘n speletjie met ‘n leë eierkartondosie en babapoffertjies of klein bababeskuitjies. Plaas ‘n paar poffertjies in elke holte van die eierkartondosie. Dan is dit baba se taak om elke poffertjie uit te haal om te eet. Sodoende gebruik hy sy knypgreepen motoriese vaardighede.

Sneesdoekieboks

Babas hou daarvan om sneeusdoekies vanuit die boks te trek. Neem ‘n leë afveelappiehouer en vul dit met vierkantige stukkies afvalmateriaal. Baba sal moet werk om nie net die houer oop te maak nie, maar ook elke stukkie materiaal uit te trek.

Kolwyntjievorm

Gee vir baba ‘n onderstebo kolwyntjievorm/muffinbak en ‘n houtlepel en laat hom trommelspeel. As baba aan sy motoriese vaardighede werk, laat hom verskeie items optel en dit binne in die holtes van die muffinbak plaas.

Houtlepels

‘n Houtlepel is een van die beste items waarmee baba kan speel: laat hom daarmee items optel, of twee lepels teen mekaar slaan, of trommelspeel, of verf met die steelkant.

Kussings

Vir babas wat al kruip, gebruik ‘n paar kussings om ‘n prettige hindernisloop mee te maak. Wanneer baba oor kussings kruip, versterk hy sy kern en skouers beter.

Slaaidraaier

Hierdie is ‘n lekker kombuisapparaat wat vir ‘n behoorlike tyd baba se aandag sal trek. Dit sal miskien eers moeilik vir baba wees om die slaaidraaier te hanteer; trouens, hy moet krag hê om die grote knoppie af te druk om die binneste kompartement te laat draai. Maar sodra hy dit regkry, sal hy ure lank sit en luister na die gedruis van die slaaidraaier.

Bron: www.babygaga.com

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 15
SWANGERSKAP Oefening 16 Mother & Child Issue 24

Hou aan beweeg

Oefening gedurende swangerskap is veilig vir beide ma en baba. Hier’s alles wat jy daaroor moet weet

Deur Dan Gordon & Matthew Slater
Oefening SWANGERSKAP Issue 24 Mother & Child 17

Terwyl daar dikwels gesê word dat oefening gedurende swangerskap veilig is, is daar so baie inligting daarbuite dat dit moeilik kan wees om uit te reken hoeveel oefening jy eintlik moet doen—en of daar sekere oefeninge is wat jy moet vermy.

Oefening is goed vir beide ma en baba, maar met al die veranderinge in die liggaam gedurende swangerskap is dit raadsaam om dinge ‘n bietjie ‘lig’ te hou terwyl jy oefen.

Een van die liggaamsveranderinge is hoe die kardiovaskulêre sisteem funksioneer. Omdat baba ‘n konstante toevoer van suurstof benodig om te ontwikkel—en weens sy vinnige groei—sal ma ‘n 45% tot 50% toename in bloedvolume ondervind om hierdie essensiële suurstof na baba toe oor te dra.

Ma se hart klop ook vinniger om te verseker dat baba genoeg suurstof kry. Dit kan addisionele druk op ma se hart en longe plaas gedurende enige soort aktiwiteit.

Die respiratoriese sisteem word ook geaffekteer. Die hoeveelheid suurstof wat ma kan inasem, neem toe met 40% tot 50% om aan baba die nodige suurstof te gee. Hierdie verandering kan ook plaasvind omdat die groeiende baba die funksie van die longe affekteer: die spasie waarin ma se longe opblaas, raak kleiner. Hierdie veranderinge kan veroorsaak dat ma meer kortasemigheid ondervind, wat ook alledaagse takies meer veeleisend sal maak.

Die liggaam se gewrigte verslap ook: deels as gevolg van ma se massamiddelpunt wat verander, en deels omdat die bekken gekantel het.

Ook die manier waarop die liggaam energie gebruik, verander. Wanneer ons kos eet, bêre die liggaam byprodukte

(gewoonlik glukose of koolhidrate) in ons lewer en spiere sodat ons liggaam van hierdie voorraad kan trek vir energie wanneer benodig—soos wanneer ons oefen. Gedurende swangerskap is daar minder glukose beskikbaar vir energie, omdat baba hierdie energie benodig om te ontwikkel. Gevolglik mag ma gouer moeg raak wanneer sy enige soort take doen, insluitend oefeninge.

Maar al hierdie veranderinge beteken nie dat jy nie gedurende swangerskap moet oefen nie.

Studies wys daarop dat aërobiese oefening (soos stap, draf of swem) gedurende swangerskap, vir ten minstens 150 minute per week, jou fiksheid kan verbeter, spiertoon en -krag kan versterk en verhoed dat jy gewig aansit. Oefening mag ook die risiko van rugpyn verminder, wat ‘n

gemene probleem onder baie swanger vroue is.

Daar is ook beperkte bewyse dat ‘n oefeningsplan gedurende swangerskap sommige vroue kan help om korter barensnood te ondervind, en die waarskynlikheid van ‘n keisersnee kan verminder. Dis huidiglik nog onduidelik hoekom hierdie verband mag bestaan.

Oefening is veilig vir beide ma en baba. Alhoewel oefening die baba direk kan affekteer (soos baba se hartklop wat toeneem terwyl ma oefen), het navorsers bewys dat oefening geen simptome of tekens van stres veroorsaak nie. Gereelde oefening gedurende swangerskap mag ook die waarskynlikheid van oorgewigheid in volwassenheid verminder.

SWANGERSKAP Oefening
18 Moeder & Kleuter Uitgawe 2

Maar alhoewel oefening veilig is, moet sekere aktiwiteite vermy word. Vanselfsprekend moet gevegsport of ander sportsoorte met ‘n groter risiko van val (soos perdry of bergfietsry) vermy word.

Gewigte optel word as ‘n veilige en effektiewe vorm van oefening gedurende swangerskap beskou. Maar dit mag beter wees om die gewigte met die hulp van ‘n vriend of persoonlike afrigter op te tel, en om oordadige gewigte te vermy omdat hierdie oefeninge die risiko van spier- en gewrigsbeserings vermeerder.

Jy moet ook nie in warm temperature (veral bo 32ºC) oefen nie, omdat dit addisionele stres op jou en jou baba se hart kan plaas.

Iets anders wat versigtig oorweeg moet word, is enige vorm van oefening wat eis dat ma plat op haar rug of maag moet lê, soos gedurende joga of pilates. Daar is

‘n kans dat ma ‘n vinnige afname in bloeddruk kan ervaar wat die risiko van floute wanneer sy opstaan, kan vermeerder.

So terwyl jy dinge ‘n bietjie stadiger moet vat as jy gedurende swangerskap wil oefen (veral in die tweede en derde trimester), beteken dit nie dat jy minder as tevore hoef te oefen nie. Mense word aangeraai om ten minstens 150 minute per week kardiovaskulêre-oefening te doen. Dieselfde is waar vir swanger vroue, alhoewel jy die intensiteit van die oefeninge sal moet afbring.

En as jy wél besluit om gedurende swangerskap te oefen, is dit belangrik om te verseker dat jy korrek eet en genoeg water drink, omdat oefening meer energie benodig. Hoe meer veeleisend die oefening, hoe meer kalorieë jy agterna moet inneem. ■

Dan Gordon is adjunk-professor van Kardiorespiratoriese-oefening Fisiologie, en Matthew Slater ‘n vaskulêregesondheidswetenskaplike, aan Anglia Ruskin Universiteit.

SWANGERSKAP Oefening 20 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
Oefening mag ook die risiko van rugpyn verminder, wat ‘n gemene probleem onder baie swanger vroue is.

Maak toe jou ogies, kleinding

’n

Baba se aankoms beteken dikwels ’n slaapgebrek vir ouers vir die eerste vyfjaar van hul kind se lewe. Tussen ’n kwart en ’n derde van ouers meld slaapprobleme aan by kinders onder die ouderdom van 5. Dit is een van die mees algemene redes hoekom ouers na ’n pediater toe gaan.

Ouers is gretig om te leer hoe om hul kind se slaap te reguleer en hoe slaap hulle ontwikkeling beïnvloed. Maatskaplike druk moedig ouers aan om so gou as moontlik ’n oplossing te vind

vir die probleem om ’n goeie nagrus te kry, of deur ouerlike skuldgevoelens gery te word!

Maar wat beteken goeie kwaliteit slaap vir ’n baba? Wat is die regte toestande om die meeste voordeel te trek uit slaap in ’n kind se ontwikkeling? En wat is die gevolge van nie genoeg slaap kry nie?

Die wetenskap van slaap gee ons genoeg om oor na te dink en dan op te tree, ten spyte van debatte in die wetenskaplike gemeenskap en tussen kenners van vroeë-kinderontwikkeling. Daar is ’n beduidende gaping tussen wat die wetenskap weet oor ’n kind se ontwikkeling

en slaap, en wat aan die gemeenskap oorgedra word. Byvoorbeeld, die mite van deurslaap teen ’n sekere ouderdom skep onrealistiese verwagtinge by ouers, wat hulle moed kan breek.

Ek en Catherine Lord, die mede-stigter en president van Immerscience (immerscience. com/en), het ’n projek van stapel gestuur oor slaap vir kinders 5 jaar en jonger, genaamd “Om te leer slaap, is soos om te leer loop”. Die projek is daarop gemik om ouers te help wat in ’n warboel van inligting, advies, getuienis en aanbevelings van deskundiges vasgevang is.

Hoekom jou baba nog nie deurslaap nie—en hoe om hom te leer
BABA Slaap
22 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
Deur Evelyne Touchette

DRIE REALITEITE OOR SLAAP

Slaap is ’n steunpilaar van gesondheid, net soos gesond eet en oefening. ’n Hele aantal areas van ’n kind se ontwikkeling word aan slaap gekoppel, insluitende dink (kognitiewe gesondheid), interaksie met ander (sosiale vaardighede), groei (fisiese gesondheid), voel van emosies (geestesgesondheid) en genesing (immuungesondheid). Slaap en gesondheid loop hand-aanhand, terwyl die omgekeerd ook waar is: gesond wees bevorder goeie slaapkwaliteit.

Slaapontwikkeling is uniek aan elke kind, net soos om te leer loop. Die nodigheid vir slaap wissel met ouderdom en is nie dieselfde vir almal nie. ’n Baba het nie dieselfde behoefte vir middagslapies of deurnag slaap as wat ’n volwassene het nie.

Gemiddeld groei ons teen dieselfde spoed, maar ons ontwikkel nie almal teen dieselfde pas nie. Soos loop, ontwikkel slaap verskillend vir elke kind. Hierdie periode word die slaap rypwording-fase genoem. Slaapkwaliteit verskil heelwat tot en met die ouderdom van 2 jaar. Twee studies wat babas ’n ruk lank gevolg het, het gevind die tyd wat dit vat om aan die slaap te raak, neem af in die eerste ses maande van lewe, en kinders word minder wakker in die nag in die tweede jaar van hul lewe.

Teen die ouderdom van 6 maande, kan ’n kind veranderlikheid in slaap ervaar. En tot en met 3 jaar, wissel slaap van een kind tot die volgende

Slaapontwikkeling is uniek by elke kind, net soos om te leer loop.

een. Om die regte toestande te skep om ’n positiewe invloed op ’n kind se slaapontwikkeling te hê, is dit belangrik om waar te neem waar hulle in hul ontwikkeling is, en nie hoe oud die kind is nie.

Om alleen aan die slaap te raak, is moontlik met ouerondersteuning en as dit een stap op ’n slag gedoen word. Daar is tientalle maniere om kinders groot te maak om hul ontwikkeling te ondersteun. Dieselfde is ook waar vir die aanleer van slaapoutonomie, wat beteken ’n kind se vermoë om aan die slaap te raak en weer alleen met vertroue aan die slaap te raak.

Hierdie selfvertroue kan op verskillende maniere verkry word, solank as wat daar op veiligheid ag geslaan word: met of sonder huil, saam slaap of nie, met die bors of die bottel, met water of melk. Slaap word deur biologie gereguleer, maar ook deur omgewingsfaktore soos ouerpraktyke rondom slaap.

Twee vooraanstaande kenners oor kinders en slaap, Avi Sadeh en Thomas Anders, het ’n teoretiese model van kinderslaap voorgestel. Hulle perspektief, gebasseer op ’n

bio-psigososiale benadering, neem baie faktore in ag, insluitende dit wat met die kind verband hou (soos temperament), die ouers (soos geestesgesondheidprobleme) en die ouer–kind verhouding (soos ouerskap-styl). Al hierdie faktore het ’n invloed op ’n kind se slaap.

Slaap is vasgevang in ’n sosiale konteks waar ouers ’n belangrike rol speel in die bevordering van slaapoutonomie. ’n Epidemiologiese studie van voortydige en voltermyn babas wat na geboorte in spesiale sorgeenhede opgeneem is, het daarop gedui dat neurologiese onvolwassenheid minder belangrik is in die ontwikkeling van slaap probleme as ouers se gedrag.

Studies wys ouergedrag, soos om naby aan ’n voorskoolse kind te bly tot hy aan die slaap raak, kan tot slaapprobleme lei. ’n Oorsig oor van die studies oor pediatriese slaap dui daarop dat sommige tipes interaksie tussen ouers en voorskoolse kinders met slapenstyd slaapprobleme kan voorspel. Ouers ondersteun hul kind wat leer om op sy eie aan die slaap te raak, sodra die ouer sien die kind is gereed daarvoor.

Slaap BABA
Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 23

DRIE MANIERE OM SLAAPOUTONOMIE TE VERSEKER

’n Oorsig van wetenskaplike navorsing beskryf die voordele en nadele van verskillende slaap intervensie-metodes. Sommige is meer gepas as ander, afhangende van die kind se ouderdom, ontwikkeling of die konteks van die kind se slaapprobleme. Intervensiemetodes oor slaapgedrag ontmoedig ouers om in te gryp wanneer ‘n kind deur die nag wakker word, sodat die kind kan leer om op sy eie aan die slaap te raak. Die drie benaderings—die standaard slaapuitwissingsmetode (huil dit uit), uitwissing met ouerteenwoordigheid en geleidelike uitwissing (uitkamp)— sluit ’n voor slaaptyd-roetine en om die kind in die bed te sit terwyl hy nog wakker is, in. Die ouer verlaat die kind se slaapgebied sodat die kind self aan die slaap kan raak.

Kognitiewe gedragsslaapintervensiemetodes verander ouers se verwagtinge, oortuigings en persepsies oor slaap. Soos die kind ouer word, word bykomende komponente

bygevoeg, soos ontspanningstegnieke, gedagteverandering wat verband hou met bekommernis en angs, positiewe nabootsing-oefening en ander. Aanrakingsmetodes is wanneer ’n oorgangsvoorwerp soos ’n kombers bekendgestel word. In hierdie kategorie van slaapintervensiemetodes, is dit belangrik om te fokus op kleiner stappe en doelwitte vol deernis en omgee.

GEEN TOWERKUNSIES NIE… MAAR GUNSTIGE OMSTANDIGHEDE

Daar is nie ’n towermetode nie, maar ouers kan gunstige omstandighede vir slaapoutonomie ontwikkel. Ouers moet keuses maak wat op hul kind se behoeftes gebasseer is, en wat met tyd sal verander, en ook binne die gesinskonteks pas. Ouers moet gewillig wees om hul metodes aan te pas, maar ook konstant wees met hul individuele ingrypings. Ouers moet konstant wees sodat die kind selfvertroue kan ontwikkel.

Die sleutelboodskap is om vertroue in jou kind en jouself te hê. Net soos loop of potjielesse, is om met vertroue alleen aan die slaap te raak ’n stap na selfstandigheid. Om jou kind met hierdie leerproses te help, is om hulle te help groot word.

Dit is belangrik om realistiese ouerverwagtinge oor slaap te hê. As ’n ouer, is dit belangrik om drie dinge in gedagte te hou: dat jou kind genoeg slaap vir sy fase van ontwikkeling, dat jou kind se slaap teen sy eie pas ontwikkel (wat kan wissel), en dat die ouers gunstige en veilige toestande moet skep om hul kind te ondersteun om slaapoutonomie te ontwikkel. ■

Evelyne Touchette is ’n ere-professor in die Departement van Fisieke Onderrig aan die Universiteit van Quebec – Trois-Rivieres Kampus

24 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 BABA Slaap
Studies wys dat ouers se optrede, soos deur naby ’n voorskoolse kind te bly totdat hy aan die slaap raak, kan tot meer slaapprobleme lei.
FURNITURE NURSERY FURNITURE DECOR & ACCESSORIES TOYS & GIFTS EDUCATIONAL TOYS

Was meer slym uit met 3% hipertoniese soutoplossing

As gevolg van ‘n hoër soutinhoud in die produk as wat in die liggaam is, trek ‘n hipertoniese soutoplossing vog uit die ontsteekte, opgeswelde voering van die neus, sinusse, larinks en bronchi om die lugweg te help oopmaak.

Mediese navorsing wys dat ‘n hipertoniese soutoplossing ‘n groot rol kan speel met die uitwis van virusse wat in die liggaam inkom deur die neus. Deur ‘n hipertoniese oplossing op ‘n daaglikse basis te gebruik bly die neus gange skoon en dit verdun slym. Dit help dan om die virus se vermoë om aan die membrane vas te heg te verminder.

Verligting vir jou kleintjie

As jou baba sukkel om te drink as gevolg van ‘n toe neus, laat Kuraflo® 1.5% Pediatriese Sproei help om die slym te verdun en die neusholtes oop te maak sodat hulle makliker kan asem haal.

As kroep ‘n probleem is, laat Kuraflo® 3% Nebuliseringsoplossing help om die swelling af te bring in die larinks, tragea en bronchi om vinnige verligting te bring. Sprei en nebuliseer daagliks met Kuraflo om jou kleintjie te help beskerm teen crèche sindroom en allergieë.

www.kuraflo.co.za @kuraflo @kuraflo_sa
by a leading ENT
Developed
Onafhanklike Apteke Volg ons op

Nebuliseer enige plek, enige tyd

Kuraflo®-draagbare “mesh”-nebuliseerder

Ideaal vir babas

Ons “mesh”-tegnologie nebuliseerder wat jou toelaat om stil en vir korter tye te nebuliseer en om meer medikasie op te neem vir vinniger verligting is beproef om meer doeltreffend as die gewone ‘piston’ nebuliseerders te wees. Kurafo Mesh-nebuliseerder het tot 7000 lasergeboorde gate wat ‘n fyner mis veroorsaak wat beter en vinniger opname van medikasie in die longe veroorsaak.

Vir babas, kinders & volwassenes Kan gebruik word met jou voorgeskrewe medikasie of ENIGE nebuliserings-oplossing.

medehealth.co.za/devices SAHPRA Approved | Nappi Code 1081289001
• 7000 lasergeboorde gate • Beter
van
• Korter
• Beter
van
• Herlaaibare litium-battery • USB • Geen
verwerking
medikasie
nebuliseringstye
opname
medikasie
geraas

Daarsy!

Om te sit is om te leer balanseer. Hier is wenke hoe om jou baba te help om homself regop te kry

BABA Leer om te sit 28 Moeder & Kleuter Uitgawe 2

Vyf tot 6 maande is ’n oorgangsfase in baba se ontwikkeling. Voor hierdie fase, sit baba op een plek. Hy kan nie rondbeweeg of sit en alleen speel nie. In die volgende fase, 6 tot 9 maande, kry hy dit reg om albei te doen. In die sesde maand, begin baba leer om te sit en rond te beweeg.

DIE SIT-VOLGORDE

Om te leer sit, is die vaardigheid om te bemeester in die sesde maand. Die volgorde om te leer sit van 4 tot 6 maande is een van die mees fassinerende stappe in baba se ontwikkeling. In die eerste paar maande, lyk dit nie of baba veel krag in sy laerugspiere het nie. As hy in die sittende posisie gesit word, val hy vooroor op sy neus. Tussen 3 en 4 maande, wys baba laerugspiersterkte deur vorentoe te beweeg, maar dop dan weer om. Van 4 tot 5 maande, tuimel baba steeds vorentoe of na die kant, maar gebruik hy sy arms as steunpilare. Tussen 5 en 6 maande, laat baba los. Sy rugspiere is nou sterk genoeg om hom te laat regop sit, maar met die hande wat steeds gebruik word. Nou is dit net ’n geval van leer om te balanseer.

Hou nou dop hoe jou slim beginsitter balans leer. As baba laat los, eers met die een hand, dan met die ander, hou hy sy rug reguit vorentoe teen ’n hoek van 45-grade. Soos die balans en rugspiere versterk en verbeter, sit hy regop teen 90-grade teenoor die vloer. Die nuweling sitter wiggel en wankel op sy ronde boudjies, terwyl hy sy arms kant toe hou om te balanseer.

Sodra hy dit reg kry om gebalanseerd te sit, het baba nie meer sy kop en arms as hulpmiddels nodig nie, maar kan dit vir kommunikasie en speel gebruik. Wanneer die behendige sitter sy kop begin draai om jou te volg en sy arms gebruik om rond te wys of te speel, gewoonlik tussen 6 en 7 maande, sit baba waarlik op sy eie.

HOE OM DIE BEGIN-SITTER TE HELP

Omdat baba nog nie sterk genoeg is homself op te help as hy geval het nie, is dit beter om agteroor en kant toe te val as dit ’n goeie sit beteken. Jou baba sal leer om goed en reg te sit as jy hom alleen laat. Maar as jy jou baba help om die vroeë sitervarings te geniet, sal hy besef hy kan beter sien en waarneem vanuit hierdie posisie en sal hy dit meer geniet om sy vaardighede te ontwikkel.

Só kan jy help:

• Versag die onvermydelike val agteroor en kant toe deur kussings rondom baba te pak. Dit is niks lekker om op ’n harde oppervlakte te val nie en sal baba bang maak en sy motivating demp om te probeer sit.

• Om die wankelrige beginsitter te help, sit baba in ’n tuisgemaakte hoefvormige stuk spons (gebruik sommer jou borsvoedkussing wat jy vir daardie eerste paar maande gekoop het).

• Vir die baba wat in die somer leer sit, maak ’n holte in die sand buite. (Bedek die sand met ’n kombers as jy nie sand in die oë, mond of doek wil hê nie.)

• Terwyl jy speeltyd met baba op die vloer geniet, laat hom tussen jou uitgestrekte bene sit sodat hy dit as handreëlings kan gebruik.

• Gebruik interaksie met speelgoed om baba balans te leer. As hy aangemoedig word om sy hande te gebruik om ’n speelding te gryp, ‘vergeet’ baba om sy hande as hulpmiddels te gebruik en maak hy net op sy lyfspiere staat vir balans.

• As baba steeds voortgaan om op sy hande te rus as hulpmiddels, plaas blokke voor hom om hom te motiveer om sy hande van die grond af te lig en die blokke dan te gryp.

• Om speel met die hande aan te moedig, hang ’n gunsteling speelding ooghoogte voor baba. Beweeg dan die speelding van kant tot kant, en moedig baba aan om sy arms agter die speelding aan te beweeg terwyl hy sit.

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 29 Leer om te sit Baba
As hy eers die kuns bemeester om gebalanseerd te sit, het baba nie meer langer sy kop of arms nodig as hulpmiddels nie, maar kan hulle dan eerder vir kommunikasie en speel gebruik.

Tydens hierdie balansoefeninge, let op hoe baba sy arms gebruik om balans te hou. Baba reik aanvanklik met een hand vorentoe na ’n speelding terwyl die ander hand vir balans gebruik word. Soos die balans verbeter, kyk hoe baba met albei hande na ’n speelding reik, kant toe en agter toe, sonder om om te val.

Wanneer baba al hoe beter op sy eie sit, kan ouers ook langer alleen sit. Om alleen te sit en speel is ’n groot mylpaal vir ouers. As hy eers sit bemeester het, bring ’n 6-maande oue baba minder tyd in die skoot of in die arms deur, en word hy meer van ’n stoel- en vloer-baba.

REGOP SIT EN RONDBEWEEG

Die sesde maand is letterlik ’n keerpunt vir baba. Baba het elke maand meer van sy lyf van die grond af opgelig. Nou kan hy homself tot bykans by sy naeltjie van die grond af oplig. Kyk net wat kan baba alles van die regop sit posisie doen: Hy kan sy hande laat los, sy voete oplig, en op sy maag rondbeweeg—soos ’n wipplank. Of hy kan sy hande en voete op die grond hou en beweeg in ’n halfsirkel om ’n gunsteling speelding in die hande te kry. Hy kan ook op sy maag rondbeweeg met sy bene en

swaaiende arms wat momentum verskaf—soos ’n vliegtuig.

Volgende is dit draai. Baba probeer om in die rondte te draai, deur sy arms gebruik en op sy maag te beweeg, wat steeds lyk of dit aan die vloer vasgeplak is. Terwyl baba besig is met draai-oefeninge, sit ’n gunsteling speelding eenkant, net buite sy bereik. Kyk hoe baba in die rondte draai om al hoe nader aan die speelding te kom. As hy regtig haastig is, mag hy dalk vinnig omdraai en na die speelding toe rol.

HIER IS HOE JY KAN DEEL IN BABA SE ONTWIKKELINGSVAARDIGHEDE:

Rus op die bors

Hoewel ’n baba daarvan hou om op sy maag te lê en speel, kan gereelde opstote die jongeling uitput. Hy mag ook gefrustreerd raak omdat hy sy arms en hande vir ondersteuning moet gebruik en nie vir speel nie. Sit ’n 7-sentimeter stuk spons onder baba se bors. Hierdie hulpmiddel laat hom toe om sy hande te gebruik om meer gemaklik met speelgoed voor hom te speel, vir langer tye en sonder om moeg te word. Hy kan ook op die mat rol sonder om homself seer te maak.

Eerste vorentoebewegings

Sit ’n aanloklike speelding net buite baba se bereik op die vloer. Kyk hoe hy sy tone en vingers op die vloer druk en wriemel, vorentoe beweeg of kruip, al hoe nader aan sy teiken. Sommige babas kan op hierdie stadium tussen 300 en 600 sentimeter beweeg soos hulle hul eerste kruip oefen.

Geen speelhokke meer

Babas leer nie veel in speelhokke nie. In die sit-en-speel fase, kan sommige babas hulle eie klein speelkamer met baie goed geniet, want dit is binne grypafstand. Maar in latere maande, soos die ontluikende ontdekker deur die net na die groot kamer aan die anderkant staar, sal hy hom waarskynlik teen die inperking teensit. Soos baba vorentoe beweeg van die sit-en-speel fase na die beweeg-en-ontdek fase, slaan liewer die speelhok op en maak die hele huis baba-bestand. ■

30 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 BABA Leer om te sit

Promotes Healthy Lactation

The Himalaya Drug Company (Pty) Ltd www himalayawellness.com
tonic A clinically proven formulation that helps babies eat well and digest well.
The complete digestive
Promotes healthy breast milk production and restores postpartum health Tiny Hands, BIG Love Tiny Hands, BIG Love STRENGTHENS THE BOND BETWEEN MOTHER & BABY NATURAL GALACTAGOGUE

Stoutehoekie

et ouers wat meer tyd as gewoonlik saam met hul kinders spandeer as gevolg van die COVID-19-pandemie, is hul behoefte aan dissipline wat werk groter as ooit. Gelukkig is daar ‘n paar bewese tegnieke.

MAs ‘n ontwikkelingsielkundige, glo ek enigiemand wat klein kindertjies grootmaak, kan leer hoe om uitsittyd (timeouts) beter te gebruik. Hierdie dissiplinêre tegniek is een van die beste maniere om frustrerende kindergedrag—soos om nie te luister nie, gesinsreëls te verbreek of te aggressief te wees—stop te sit.

32 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 KLEUTERS Dissipline
Uitsittyd verbeter jou kinders se gedrag —as jy dit op die regte manier doen
Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 33 Dissipline KLEUTERS

VERKEERDE EN ONVOLLEDIGE INLIGTING

Sielkundiges moedig ouers, ander voogde en gereelde versorgers aan om uitsittyd te gebruik (wat oor die algemeen geskik is vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 5) reeds sedert die 1960’s.

Tydens uitsittyd hou ouers en ander voogde kortliks op om aandag aan hul kind te gee en laat haar stil sit en kalmeer. Uitsittyd is bedoel om wangedrag te stop en kinders te kry om in die toekoms op te hou om buite beheer op te tree.

Navorsers het oor en oor gevind dat uitsittyd oor die algemeen goed werk, solank ouers en ander primêre versorgers konsekwent vyf spesifieke stappe volg.

Die probleem is dat baie van die inligting wat op die Internet en deur ander kanale beskikbaar is, onakkuraat of onvolledig is.

Toe ‘n span kundiges ongeveer 100 webwerwe hersien het, het hulle gevind dat nie een van hulle elke noodsaaklike stap ingesluit het nie. Dit behoort dus nie verbasend te wees dat ander navorsers gevind het dat die meeste ouers wat uitsittyd gebruik nie al die stappe volg nie.

Nog ‘n probleem is dat uitsittyd nie geskik is vir alle vorme van wangedrag nie. Hulle is die beste vir wanneer kinders aggressief optree, wanneer hulle dinge breek, of wanneer hulle weier om aanwysings te volg wat hulle onveilig maak. Byvoorbeeld, jou kind wat haar broer of suster slaan, sal ‘n gepaste

rede wees om uitsittyd te gee. Maar tantrums, kerm en terugpraat is nie. Ouers moet ander strategieë probeer, soos om die kind te ignoreer, vir hierdie gedrag.

Bowendien, ek beveel dit nie by die skool aan nie waar, hoewel daar nog nie voldoende navorsing is nie, ek glo ander strategieë beter werk.

In plaas daarvan om uitsittyd te gebruik wanneer ‘n kind haar wangedra, moet volwassenes ander tegnieke probeer soos om geringe wangedrag te ignoreer, en oorweeg of hulle kan verbeter op hoe hulle reageer wanneer ‘n kind haar wangedra.

Vir ouers en ander voogde beteken dit om seker te maak dat hul kinders se dae gevul is met gelukkige en prettige aktiwiteite binnenshuis. Ouers kan dit bereik deur ten minste 10 minute per dag aan een-tot-een spel met hul kinders te wy. Ouers moet ook op die uitkyk wees vir kinders se goeie gedrag en al die wonderlike dinge wat hul kinders doen te prys.

Kinders behoort te weet watter soort wangedrag tot uitsittyd sal lei, waarheen hulle tydens uitsittyd moet gaan, en hoe lank dit sal duur. Ouers moet verduidelik wat tydens uitsittyd gebeur wanneer almal kalm en gelukkig is, deur ‘n opgestopte dier te gebruik om elke stap te demonstreer.

34 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 KLEUTERS Dissipline

rooibos vermeng met heerlike geure wat jou kinders sal geniet. Dit is kafeïenvryen bevat natuurlike polyphenol antioksidante.

FRESHPAK APPLE FRESHPAK PEACH & APRICOT FRESHPAK NAARTJIE FRESHPAK STRAWBERRY & VANILLA FRESHPAK JUNIOR ORGANIC ROOIBOS FRESHPAK JUNIOR ROOIBOS @freshpakrooibos @Freshpak.Rooibos HEERL I K, VERFRISSE N D NE LOV TAN EKILRUU OG E D HEID Freshpak is Suid-Afrika se Nr. 1 Rooibos Tee!
Skandeer vir verfrissende ystee resepte
Geniet warm of as ‘n verfrissende ystee.

’N STAP-VIR-STAP GIDS

Uitsittyd is die geskikste vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 5 jaar. Dit moet ‘n minuut duur vir elke jaar van die kind se ouderdom.

STAP WAT OM IN GEDAGTE TE HOU

1. Verduidelik kortliks die rede vir die uitsittyd.

2. Loop rustig saam met die kind na haar aangewese uitsittyd-stoel. Sê vir die kind om daar te sit totdat jy sê dit is tyd om op te staan.

3. Sit die kind op die stoel en herhaal die rede vir die uitsittyd.

4. Sê vir die kind wanneer die uitsittyd verby is. As die kind saamgewerk het, bedank haar daarvoor.

5. Verbind weer met die kind.

SLEUTELSTAPPE

Uitsittyd is veronderstel om vervelig te wees, nie streng of uiters straf nie. Ouers moet heeltyd kalm en stil bly en slegs die minimum vir kinders oor elke stap sê.

Voordat jy jou kind met haar uitsittyd laat begin, verduidelik duidelik hoekom sy een moet doen. Byvoorbeeld, jy kan kortliks sê: “Jy het jou suster geslaan, jy het nou uitsittyd.” Stap dan saam met jou kind na die uitsittyd-stoel. Ek beveel aan om ‘n stil, vervelige plek te gebruik, eerder as ‘n kamer met baie speelgoed, vol mense of waar ‘n TV of ‘n ander afleidende toestel aan is. Dit help om ‘n stewige stoel te gebruik wat geskik is vir grootmense, eerder as een wat vir kinders ontwerp is, want kindergrootte stoele kan maklik omgestoot of selfs deur omgekrapte kinders gegooi word.

Jy kan die kind eers waarsku, maar net een keer.

Stel ’n voorbeeld van hoe om kalm te bly deur stil te bly en selfbeheersing toe te pas. As die kind weier om na die stoel toe te gaan, tel haar saggies van agteraf en onder die arms op, en dra haar tot by die stoel.

Bly kalm en sê niks anders nie. Maak seker die kind bly op die uitsittyd-stoel totdat dit verby is.

Dit hang van die volwassene, nie die kind, af wanneer om te sê die tyd is verby.

Prys goeie gedrag, soos deur met broers/ susters te deel.

Kinders moet een minuut vir elke jaar van hul ouderdom in die stoel spandeer. Daar is geen bewyse dat ‘n langer uitsittyd beter werk nie.

Dit is reg as hulle van die stoel afklim—wat wel baie gebeur. Ouers kan hul kinders op die stoel terugsit, terwyl hulle kalm en stil bly. Dit sal dalk meer as een keer gebeur, want uitsittyd is so ontwerp om vervelig te wees, en nie alle kinders hou daarvan nie.

As ‘n kind eers net 30 sekondes sal sit, beëindig dit dan na 30 sekondes. Maar dit moet van die volwassene in beheer afhang om te sê wanneer die uitsittyd verby is, nie die kind nie. Sodra almal betrokke die uitsittyd onder die knie het en op die regte manier doen, kan dit geleidelik langer gemaak word. As jou kind saamgewerk het, bedank haar agterna daarvoor.

Sodra die uitsittyd verby is, praat weer met jou kind—sit op die vloer en speel saam. Of ouers, ander voogde en gereelde versorgers kan op die uitkyk wees vir dinge wat die kind doen wat hulle meer gereeld wil sien gebeur en daardie gedrag prys.

Beide ouers en kinders moet al hierdie stappe elke keer volg vir uitsittyd om te werk. As jy sukkel om jou eie humeur te beheer, probeer iets anders. Uitsittyd is ook nie geskik vir alle kinders nie.

Ek vind egter in die meeste gesinne dat uitsittyd werk omdat jong kinders besef dat slaan en ander soorte wangedrag ‘n ongewenste verposing van pret en plesier meebring. ■

Lucy McGoron is mede-professor van Kinder- en Familie-ontwikkeling aan Wayne State Universiteit

36 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 KLEUTERS Dissipline

QuatroFlora

KEEPS THE COLON HEALTHY

ALLE PROBIOTIKA IS NIE DIESELFDE NIE

Een van die grootste uitdagings vir mense se welstand in die 21ste eeu is om te fokus op die voordeel van ’n gesonde kolon en dus ’n goeie immuunstelsel. Dít is waar probiotika ’n belangrike rol kan speel.

’n Goeie probiotikum kan in die volgende siektetoestande voordelig wees:

ALL PROBIOTICS ARE NOT THE SAME

• Diarree of hardlywigheid

• Slegte asem, winde en opgeblasenheid

ALL PROBIOTICS ARE NOT THE SAME

Gastro-intestinal problems affect all of us at some time or another Diarrhea, constipation, bloating and the like are often caused by over-indulgence or eating something that doesn’t agree with us, and quickly clear up of their own accord.

Gastro-intestinal problems affect all of us at some time or another. Diarrhoea, constipation, bloating and the like are often caused by over-indulgence or eating something that doesn’t agree with us, and quickly clear up of their own accord.

Probiotika is van kardinale belang vir normale spysvertering en beskerming teen infeksie. Bakterieë in die dermkanaal doen die volgende: • Stimuleer die immuunstelsel

Distressing and unpleasant conditions such as these can, however, become chronic – and that can be caused by a bacterial imbalance in the intestines.

One of the greatest challenges for human wellbeing in the 21st century will be to focus on the advantage of having a healthy colon and therefore a good immune system – this is where probiotics can play a significant role.

Distressing and unpleasant conditions such as these can however become chronic – and that can be caused by a bacterial imbalance in the intestines.

• Versterk die mukuswand

❖ Beneficial bacteria in the gut are known to:

Beneficial bacteria in the gut are known to:

• Prikkelbare derm en laktose-intoleransie

• prevent and stop diarrhoea or constipation

• Prevent and stop diarrhea or constipation

• aid digestion and break down toxins

• Gastroënteritis en speelskoolsiektes onder jong kinders.

• Aid digestion and break down toxins

• produce vitamins B12 and K

• Produce vitamins B12 and K

A good probiotic can be beneficial in the following ailments:

• stimulate the immune system.

• Diarrhoea or constipation

• Stimulate the immune system

WEER BESKIKBAAR

• Bad breath, gas & bloating

• Help met spysvertering en breek toksiene af • Keer dat patogene (of kieme) vaskleef.

Probiotics are critical for normal digestion and for defence against infection. Bacteria in the gut are known to:

• Stimulate the immune system

• Enhance the mucosal barrier

• Aid digestion and break down toxins

Some groups of bacteria can cause acute or chronic illness, but another group of bacteria offers protective and nutritive properties. Imbalances between the two can lead to a number of unpleasant conditions such as diarrhoea, constipation, bloating, IBS, allergies, poor digestion and poor nutrient absorption. In laboratory investigations, some strains of LAB (Lactobacillus bulgaricus) have demonstrated anti-mutagenic effects thought to be due to their ability to bind with heterocylic amines, which are carcinogenic substances formed in burnt red meat.

Some groups of bacteria can cause acute or chronic illness, but another group of bacteria offers protective and nutritive properties Imbalances between the two can lead to a number of unpleasant conditions such as diarrhea, constipation, bloating, IBS, allergies, poor digestion and poor nutrient absorption. In laborator y investigations, some strains of of LAB (Lactobacillus bulgaricus) have demonstrated anti-mutagenic effects thought to be due to their ability to bind with heterocyclic amines, which are carcinogenic substances formed in burnt red meat.

• Inhibit adherence of pathogens

The two most important groups of friendly intestinal flora, or probiotics, are Lactobacilli – found mainly in the small intestine, and Bifidobacteria – found mainly in the colon.

Probiotics are live micro-organisms that, when consumed in adequate amounts, have strong health benefits.

The two most important groups of friendly intestinal flora, or probiotics, are Lactobacilli – found mainly in the small intestine, and Bifidobacteria – found mainly in the colon.

Probiotics are live micro-organisms which, when con sumed in adequate amounts, have strong health benefits

Just as all humans are not the same, all probiotics are not the same. Insist on QuatroFlora®, with clinical documentation available on the health benefits of the strains it contains.

Just as all humans are not the same, all probiotics are not the same Insist on QuatroFlora® with clinical documentation available on the health benefits of the strains it contains.

Vra jou apteker om dit by sy voorkeurverskaffer te bestel.

• Allergies, rhinitis, lactose intolerance Gastroenteritis and playschool diseases in young children

QuatroFlora™-kapsules bevat die volgende tipes probiotiese bakterieë om gastroïntestinale gesondheid en welstand te verbeter:

This product is not intended to diagnose, cure or prevent any disease. Clinical documentation available on request. This product has not been evaluated by the MCC.

AM AM AM www.betapharm.co.za
documentation
request. Beta Pharmaceutical 041 - 378 1189
This product is not intended to diagnose, cure or prevent any disease Clinical
available on
QuatroFlora™ capsules contain the following strains of probiotic bacteria for improving gastro-intestinal health and well-being: Bifidobacterium, BB-12®, Lactobacillus acidophilus, LA 5®, Lactobacillus bulgaricus, LBY 27, Streptococcus thermophilus, STY 31
Pharmaceutical
378 1189
Beta
041
i86_BETTAPHARM.indd 1 9/12/12 4:51:52 PM
sales@betapharm.co.za www.betapharm.co.za i124_BETAPHARM-QUATRO-FLORA_FP.indd 1 9/9/15 10:10 AM
Tel: 041 3781189
Bifidobacterium, BB-12®, Lactobacillus acidophilus, LA-5® Lactobacillus bulgaricus, LBY-27, Streptococcus thermophilus, STY-31 Hierdie produk is nie bedoel om enige siektes te diagnoseer, behandel, genees of voorkom nie. Dokumentasie oor kliniese studies is op versoek beskikbaar. Die produk is nie deur die SA reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte (Sahpra) geëvalueer nie.
DIE KOLON GESOND Tel: 041 3781189 sales@betapharm.co.za www.betapharm.co.za www.betapharm.co.za
HOU
AD's.indd 1 2021/12/06 11:23 AM AM
Foto Gallo Images/iStock
38 Moeder &
Uitgawe 2 LEER Geheue
Kleuter

m dinge te onthou, moet jy jou volle aandag daaraan gee.”

Die Amerikaanse neurowetenskaplike en topverkoper skrywer van Still Alice, Lisa Genova, se sleutelbevindinge om Alzheimer’s te voorkom, wys hoe om die geheue te verskerp om inligting te herwin. Hierdie navorsing kan vir kinders aangepas word.

Kinders kan ondersteun word om hul breinkrag te oefen. Hulle kan leer wat die beste maniere is om inligting effektief in hul koppe te kry en net so effektief toegang daartoe te kry wanneer hulle dit nodig het.

In haar boek, Remember: The science of memory and the art of forgetting, wys Genova daarop om die geheue te verskerp, hoef ons nie “rekenaar-breinspeletjies” te speel of “boeke oor herroepstrategieë” te lees

Malone nie—wat ons eenvoudig moet doen is om ons vaardighede van waarneming te verbeter. Sy skryf dat “om waar te neem vereis twee dinge: persepsie (sien, hoor, ruik, voel) en aandag”.

Kom ons onthou! “O

Jy kan ’n uitstappie na die park of speelgrond gebruik om jou kinders se breinkrag te versterk en beter leerders te laat word. Dit kan gedoen word deur aandag te gee, die pas te verstadig, breinkartering, verskerping van die sintuie te oefen en deur dinge te verander.

OPPAD SOONTOE

Sit peuselhappies en iets om te drink, klein speelfigure (soos feetjies, leeus, tiere, dinosourusse of klein gunsteling karretjies) in jou kind se rugsak om stories te vertel en in die modder mee te speel.

Verkykers vir kinders en vergrootglase is fantasties om te soek vir goggas en na voëls te kyk.

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 39 Geheue LEER
Hoe om ’n uitstappie na die park of speelgrond te gebruik om jou kinders te help om hul geheue te verskerp

Sit ook waterverf, kwassies en herwinde papier in om te verf, en kryte en bruin-bakpapier om bas, blare, klippe, hande en speelgoed af te trek. Speelklei is ook goed vir natuurlike beeldjies.

BREINKARTERING

Soos diere, gebruik mense ook breinkartering om kaarte van ons onmiddellike omgewing te skep om daardeur te beweeg. Ons brein is so saamgestel om te onthou waar dinge in ’n spesifieke spasie pas.

Vir wilde diere is dit krities vir oorlewing—en dit help om kinders veilig te laat voel. Jy kan nie breinkartering in die motor doen nie, jy moet loop.

Terwyl jy oppad park toe is, streel met jou hande oor die heinings en ruik die plantegroei. Moeding jou kinders aan om dit ook te doen.

Maak blare en ander natuurlike los voorwerpe bymekaar en sit dit in ’n sak om later te gebruik vir speel en verf in die park.

Jy kan kryt-tekeninge maak van riviere en vis op die sypaadjie as ’n manier om weer jou pad terug huistoe te kry.

Die pas mag dalk stadig wees, maar om dinge regtig waar te neem, moet jy dit stadiger doen. Daar gebeur baie dinge in die agtergrond terwyl kinders besig is

Mense gebruik breinkartering om kaarte van ons onmiddellike omgewing te skep om daardeur te beweeg

met breinkartering. Meer tyd voeg besonderhede by die herinnering.

OEFEN DIE VERSTAND

Wanneer jy by die park is, verminder afleidings deur nie met veelvuldige take besig te raak nie (sit fone en tablette af). Dit laat ruimte om dinge waar te neem.

Laat jou kinders die toerusting op die speelgrond ontdek totdat hulle uitasem is en hul liggame moeg is.

Nou is dit tyd om hulle verstand te oefen. Vat ’n oomblik om die verskille van die park, die aarde, gras, boomwortels, miere en goggas, plante en bome, blare, voëls en die lug in te neem.

LEER Geheue 40 Mother & Child Issue 24

MATHS ENGLISH

U kind kan uitblink

.

O n s p r o g r a m m e s t e l d i e g r o n d b e g i n s e l s v a n g e t a l l e e n l e e s v o o r , d e u r g e b r u i k t e m a a k v a n p r e t t i g e , k l e u r v o l l e w e r k k a a r t e e n i n d i v i d u e l e o n d e r s t e u n i n g v a n ‘ n K u m o n I n s t r u k t e u r

K i n d e r s w o r d a a n g e m o e d i g o m o p l e t t e n d e n d e u r d a g t i g d e u r d i e w e r k k a a r t e t e w e r k o m k o n s e n t r a s i e , a a n d a g s p a n e n g o e i e l e e r p r a k t y k e t e o n t w i k k e l S o d o e n d e s k e p o n s ‘ n s t e r k , t o e g e w e i d e l e e r d e r v i r s k o o l e n h u l l o o p b a a n v e r d e r

K u m o n i s ‘ n t u i s g e b a s e e r d e l e e r m e t o d e w a t o n d e r s t e u n w o r d m e t b e s o e k e a a n ' n K u m o n s e n t r u m w a t s t r e n g C o v i d 1 9 m a a t r e ë l s t o e p a s , e n / o f a a n l y n k l a s s e .

B e s o e k w w w . k u m o n . c o . z a o m ’ n s e n t r u m i n u a r e a t e v i n d , e n s k r y f v a n d a g n o g i n .

D i e K U M O N W I S K U N D E & E N G E L S P R O G R A M M E i s o n t w e r p o m u k i n d ‘ n u i t s t e k e n d e v o o r s p r o n g t e g e e
www.kumon.co.za
Lewenslange sukses kan vandag begin.

Jy kan saam met jou kinders op jou rug lê en jou oë toemaak. Laat die gedagtes rustig word, deur bewustheid, laat jou kinders droomverlore raak. Ontspanning in ’n meditatiewe toestand kan angstigheid en spanning laat bedaar.

Navorsing op kinders in die natuur openbaar dit verlig ook hiperaktiwiteit en depressie. Die verstand kan “geleer word om minder reaktief te word, om briek aan te draai wat stress betref”.

Jy kan nou die speelfiguurtjies uithaal. Gebruik dit, met takkies en blare vir die verhoog, om stories vir die kinders te vertel. Hulle kan blomblare en water meng as ‘towerdrankies’.

Kinders steek gewoonlik sterk emosionele reaksies teenoor gebeure of inligting weg tot en met die stil oomblikke. Heraktivering van die neurale golwe deur middel van oorvertelling of eksternalisering help kinders om positiewe herinneringe te skep en teenstrydige emosies te verwerk.

Die uitleef van stories deur middel van die gebruik van speelfiguurtjies of ander voorwerpe kan kinders help om positiewe en negatiewe ervarings weer te beleef wat hulle ervaar het.

Jy kan jou kind aanmoedig om feetjie- of dinosourus-wêrelde te skep en gebeure van die verlede te herleef. Op hierdie manier kan

kinders emosies ten toon stel deur die voorwerpe en soos die storie vertel word.

Positiewe emosies soos geluk en vrede versterk kinders se vermoë om positiewe emosies van die verlede te herleef. Deur op individuele sintuie of emosionele reaksies te fokus, kan kinders leer om kenmerke met assosiasie te verbind. Dit bou belangrike nuwe verwysingsraamwerke wat later herleef kan word.

Multisensoriese en betekenisvolle ontmoetings verbeter ons waarneming en herroepvermoë deur

multineurale weë te skep. Dit kan gedoen word deur ’n reeks sintuie te gebruik: reuk, tas, klank ens. Jy kan jou kinders aanmoedig om ’n oomblik stil te staan en die geure te ruik, na die voëls te luister, ’n veer deur jou vingers te voel, klippies te versamel, en growwe bas op bakpapier af te trek.

Gebruik die potlode en verf om blomme of beeldjies van opgestapelde klippe te teken.

MENG DINGE DEURMEKAAR EN BESOEK DIT WEER

Genova skryf, “om dieselfde te doen is ’n doodskoot vir die geheue.” As jy wil hê kinders moet meer onthou van wat gebeur het, beweeg weg van ’n roetine en doen dinge anders.

Gaan iewers nuuts, doen iets anders. Kyk uit vir maniere om die uitstappie na die park buitengewoon te maak.

Jy kan kos eet wat net groen is, kort digitale stories maak, foto’s uitdruk, weer na tekeninge en verfwerk kyk, jou reis op ’n kaart aanteken—vertel dan weer die storie en heraktiveer kinders se ervaring terwyl hulle aan die slaap raak. ■

42 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 LEER Geheue
Karen Malone is ’n professor in Omgewingsvolhoubaarheid en Kinderstudies aan Swinburne Universiteit van Tegnologie
PSFA_M+Cmag_277x190_PrintAd_tweaked_PrintReady.pdf 1 2017/11/28 2:23 PM
C M Y CM MY CY CMY K

IMPAK ’n Breër

Toe my oudste seun, wat nou amper 13 is, in Julie 2008 gebore is, het ek gedink ek sou maklik my loopbaan kon balanseer met my begeerte om meer betrokke by die huis te wees, veel meer as wat my pa en sy generasie was. Ek was verkeerd.

Ek het bykans dadelik agtergekom hoe moeilik sosiale beleide, skool en gesondheidstelsels dit vir pa’s maak om intens betrokke by die huis te wees. Teenstrydige verwagtinge oor werk en gesinslewe is in oorvloed.

As ’n vaderskapnavorser met vier kinders van my eie, is ek daarvan oortuig dat pa’s transformerende figure vir hul kinders, gesinne en gemeenskappe is.

Maar ’n man se blote teenwoordigheid, salaristjek en bereidwilligheid om ongehoorsame kinders te straf, is nie naastenby genoeg nie. Baie van die voordele van vaderskap vir kinders kom van pa’s wat koesterend

is, liefdevol en betrokke by alle aspekte van ouerskap.

Wanneer pa’s versorgers is—wanneer hulle emosionele ondersteuning verleen en liefdevol teenoor hul kinders optree—strek die invloed veel verder as groei, ontwikkeling, goeie gesondheid en goeie punte. My navorsing wys die voordele sluit ook in om kinders te hê wat waarde heg aan emosionele intelligensie, geslagsgelykheid en gesonde kompetisie.

KOESTERENDE TEENOOR ONVERSKOONBARE PA’S

Met die fokus op die breër impak wat pa’s het, het ek in Mei 2021 geanaliseer hoe vaderskap verskillende sosiale waardes soos ’n geloof in geslagsgelykheid beïnvloed.

In ’n meningspeiling onder meer as 2 500 Amerikaanse pa’s 18 jaar en ouer, het ek gevind dat betrokke vaderskap ’n blywende impak op die persoonlike waardes en kulturele perspektiewe van kinders het.

Die verskille tussen die mins

koesterende en die mees koesterende pa’s kom duidelik in my navorsing na vore.

Pa’s met wie ek gepraat het en wat gesê het hul eie pa’s was baie teruggetrokke, was uiters kompeterend, emosioneel onverskoonbaar en het nie waarde geheg aan vroue se bydraes buite die huis nie.

In teenstelling hiermee, het pa’s wat gesê het hulle het hoogs koesterende pa’s gehad, ’n baie groter kans gehad om hul doelwitte op ’n gesonde manier te bereik, om emosioneel meer oop te wees en glo in ’n gelyke vennootskap.

HOE PA’S WAARDES VASLÊ

’n Aantal dekades gelede, was baie pa’s nie bereid of in staat om hul kinders emosioneel te ondersteun of fisies voor te sorg nie. Hulle het instede gefokus op kos op die tafel, kinders se dissipline en om bloot net teenwoordig in die huis te wees.

Koesterende pa’s maak emosioneel-intelligente kinders groot —en help om die samelewing meer regverdig te maak Deur Kevin Shafer
44 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 NET VIR PAPPAS Verhoudings

Hierdie tradisionele norme het baie hedendaagse pa’s swak toegerus vir moderne ouerskap. Hedendaagse sosiale normes het groot verwagtinge aan pa’s gestel: die neerlê van reëls en ekonomiese ondersteuning van die gesin asook om aan die kinders se fisiese en emosionele behoeftes te voldoen.

Breër ouerskapbetrokkenheid met kinders is belangrik omdat pa’s ’n unieke invloed op kinders het. Kinders se waardes, emosionele uitdrukking en sosiale ontwikkeling word nou verbind met vaderskap. Kinders word beter emosioneel hanteer, het meer deursettingsvermoë en is meer oopkop wanneer hul pa’s betrokke is by hul opvoeding en sosialisering.

Seuns, soms beter en soms slegter, is dikwels die spieëlbeeld van die gewoontes, belangstellings en waardes van hul eie pa’s.

Ek en my kollega, Scott Easton, het gevind hoe ’n mens se pa optree, is veral kragtig gegewe die feit dat kulturele, sosiale en institusionele norme oor vaderskap baie swakker is as wat dit vir moederskap is.

Byvoorbeeld, ma’s word tradisioneel verbind met die wys van toegeneentheid teenoor kinders en vir die verskaffing van emosionele ondersteuning. Sosiale verwagtinge vir hierdie gedrag is nie goed gedefinieer onder pa’s nie. En as ’n gevolg, het pa’s ’n baie groter invloed op hul seuns se vaderskapgedrag as wat ma’s op hul dogters se moederskapgedrag het.

Positief gesien, beteken dit ’n aansienlike deel van mans boots die beste eienskappe van hul eie pa’s na, soos om liefdevol te wees. Aan die negatiewe kant, beteken dit slegte gedrag—soos buitengewone harde straf—word soms deur generasies herhaal.

Sommige mans vergoed tog vir hul eie pa’s se swak of nie-bestaande ouerskap deur hul eie idees en waardes oor ouerskap te skep.

VOORDELE VIR ALMAL

Die bevindinge van my meningsopname bou op dekades se navorsing oor die voordele van positiewe vaderskap. En hierdie voordele is nie net vir kinders nie.

Ma’s en ander ouerskapvennote is gelukkiger en gesonder wanneer pa’s baie by hul kinders betrokke is. Mans wat vir hul kinders sorg en hulle ondersteun, vind ook baat met ’n verbeterde selfbeeld, lewensuitkyk en verhoudinge. En gemeenskappe trek voortdurend voordeel uit die verhoogde vertroue en veiligheid van die verhoudinge wat gebou word wanneer pa’s positief deelneem aan hul kinders se aktiwiteite, skool en sosiale netwerke.

WAARDEER

ONDERSTEUNENDE PA’S

Hoe kan die gemeenskap verseker dat gesonde kompetisie, emosionele openheid en respek vir vroue by toekomstige generasies van mans en pa’s posvat?

Deel van die antwoord is deur

waarde te heg aan liefdevolle, ondersteunende vaderskap.

Dit beteken meer ondersteuning vir pa’s in die werkplek, openbare beleid en instellings. Betaalde gesinsverlof, buigsame werksomstandighede en die integrasie van pa’s in prenatale en na-geboorte sorg is alles effektiewe maniere om pa’s aan te moedig om meer betrokke te raak.

Baie pa’s het meer betrokke geraak by kindersorg-take tydens die COVID-19 pandemie. Hierdie skuiwe kan permanent word, en uiteindelik kulturele waardes oor ouerskap en geslagsrolle verander.

Die breër gemeenskap moet ook duideliker boodskappe aan pa’s gee oor wat werk en wat nie werk in ouerskap. Byvoorbeeld, ek en my kollegas het gewys dat mans wat glo hulle moet koesterende ouers wees, meer betrokke is by hul kinders se lewens. Pa’s wat gesonde manlike eienskappe ten toon stel, soos selfgelding en sterk doelgerigtheid, neig ook om meer sensitiewe, betrokke ouers te wees.

Daar is dus baie roetes na transformerende vaderskap. En dit is nie bloot net gedrag van biologiese pa’s nie. Vaderskap word wyd gedefinieer, en mense kyk baie keer na nie-biologiese vaderfigure soos familielede, stiefpa’s, pleegpa’s en onverwante mentors.

Alle mans wat vir kinders omgee en hulle ondersteun, het ’n kritiese rol te speel om positiewe sosiale waardes in toekomstige geslagte vas te lê. ■

Pa’s is transformerende figure vir kinders, gesinne en gemeenskappe
Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 45 Verhoudings NET VIR PAPPAS
Kevin Shafer is ’n mede-professor van Sosiologie aan die Brigham Young Universiteit

Leer hulle reg

Die belangrikheid van die ontwikkeling van organisatoriese vaardighede van ’n jong ouderdom af

Die ontwikkeling van organisatoriese vaardighede is belangrik in holistiese kinderontwikkeling, en ‘n sleutelstap in hul pad na onafhanklikheid en akademiese sukses. Kinders is bekwaam en sal reageer op die geleentheid om georganiseer te word, sê ‘n onderwyskundige.

“Organisatoriese vaardighede help kinders om orde in hul omgewing en die wêreld te skep, en hulle voel bemagtig om toenemend meer komplekse take aan te pak soos hulle op hierdie grondliggende vaardigheid bou,” sê Desiree Hugo, hoof van akademie by ADvTECH-skole, ‘n afdeling van Afrika se voorste privaat onderwysverskaffer.

Sy sê ouers kan geleidelik begin om organisatoriese vaardighede in die alledaagse lewe van hul kinders bekend te stel deur dit ‘n prettige en bemagtigende ervaring te maak. Noodsaaklik vir hierdie bekendstelling is om te verseker dat jou

kind ’n goeie rolmodel het, en dit word maklik gedoen deur ouer en kind wat voorberei vir die skooldag voor slaaptyd.

Maak seker dat skooldrag voorberei word, skooltassies gepak word, kosblikke gereed is om gevul te word, en planne vir afhaal by die skool bespreek word. Betrek jou kind by hierdie voorbereidings en gee hulle die verantwoordelikheid om deel te neem aan die organisasie van hul dag en ruimte.

Vertrek vroeg in die oggend om verkeersopeenhopings te vermy, en voorkom dat jou kind angstig raak oor laat opdaag. Die impak van laat opdaag sal die kind se gereedheid en leer deur die dag beïnvloed.

“Onderrig, modellering en om die kind outonomie toe te laat om hierdie noodsaaklike vaardighede in te oefen, het ‘n beduidende en langdurige impak op ‘n kind se vermoë om regdeur hul akademiese loopbaan suksesvol te wees, aangesien hierdie noodsaaklike lewensvaardighede is en dit die grondslag

46 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 OUERSKAP Lewensvaardighede
Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 47
OUERSKAP
Lewensvaardighede

Ouers kan progressief begin om organisatoriese vaardighede bekend te stel in die alledaagse lewe van hul kinders deur dit ’n prettige en bemagtigde ervaring te maak.

is vir die bou van ‘n kind se vermoë om voorbereid te voel, en gereed om te leer en betrokke te raak in die klaskamer.”

Hugo sê alle kinders is uniek, en hoewel sommige ‘n aangebore dryfkrag het om hul omgewing te organiseer, kan ander heel tevrede wees om chaos rondom hulle te laat saamdrom. Hierdie verskille in persoonlikheid kan heel waarskynlik ook oorgeplaas word na skoolwerk en verantwoordelikhede by die huis, sê sy, so organisatoriese vaardighede moet van jongs af aangemoedig en op ‘n ouderdomsen persoonlikheidsgepaste manier bekendgestel word.

“Jou gemiddelde voorskoolse kind gaan byvoorbeeld nie ‘n dagboek of doenlys hou nie, maar hulle kan roetines by die huis en in

die klaskamer verstaan, ontwikkel en deel,” sê Hugo.

“Onderwysers kan studente help om op koers te bly deur elke dag ’n algemene skedule te volg. Die handhawing van struktuur in die klaskamer ondersteun studente om ‘n skedule vas te stel en te onthou wat van hulle verwag word. Waar moontlik, help struktuur deur ’n mate van sekerheid en voorspelbaarheid te verskaf.”

Sy sê by die huis is take soos om speelgoed op te ruim, klere weg te bêre en om die tafel te help dek of skoon te maak—of watter herhalende take ook al in die huisomgewing voorkom—goeie maniere om kinders die metodiese benadering te leer om aanwysings te volg en op ‘n taak te fokus.

“Om ‘n naskoolse roetine vir

middagete te vestig, hul werktydlyne te beplan en huiswerk stiptelik te voltooi, is ook nuttig— nie net akademies nie, maar dit verskaf ook ‘n gevoel van struktuur en prestasie.”

Hugo sê ouers kan hul kind op hul organisatoriese reis help deur ‘n koesterende omgewing te skep wat bevorderlik is vir die aanleer en ontwikkeling van belangrike grondslagvaardighede, maar deur altyd in die bevoegdhede van hul kind te glo.

“Met die regte aanmoediging en benadering sal kinders geleidelik begin om organisatoriese krag op te bou en trots te wees op hul bydrae binne die huis en by die skool.”

Gesinspeeltyd is noodsaaklik en om saam speletjies te skep, is interaktief. ‘n Opwindende manier om nuwe konsepte bekend te stel— veral aan ‘n andersins onwillige kind—is om dit in ‘n speletjie te omskep, sê Hugo.

Die LEGO-Stigting (www. legofoundation.com) en Unicef (www.unicef.org) deel nuttige elemente van speelse pedagogie, en hierdie aanlyn platforms bied speelse leeridees, materiaal en strategieë vir skole en gesinne, wat organisatoriese denke kan ondersteun.

“Namate akademiese eise begin groei, kan kinders uitdagings ervaar om prioriteite te stel, planne te maak, by ‘n taak te hou en dinge gedoen te kry. Hierdie vaardighede word al hoe belangriker namate jou kind deur verskillende graadvlakke beweeg.

“Baie mense dink aan organisatoriese vaardighede as die vermoë om dinge in orde te hou, maar dit is veel meer as dit—dit maak ’n kind gereed vir sukses en om hul leerreis te geniet.” ■

48 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 OUERSKAP Lewensvaardighede

THEM SMILING

SMILING

For over 85 years, St Joseph’s Home has given thousands of medically fragile children a second chance at childhood. We provide much-needed post-acute, chronic, palliative and respite care to children with life-threatening illnesses. Want to know how you can support? Visit our website and follow us on social media!

For over 85 years, St Joseph’s Home has given thousands of medically fragile children a second chance at childhood. We provide much-needed post-acute, chronic, palliative and respite care to children with life-threatening illnesses. Want to know how you can support? Visit our website and follow us on social media!

Here’s
DONATE
Follow us on social media! • @stjosephshome • @stjosephshomeofficial • @st_josephshome
KEEP
Visit www.stjosephshome.org.za/donate Sign-up for our quarterly mailer, scan the QR code to the left.
how you can help:
scan to donate with
DONATE
Follow us on social media! • @stjosephshome • @stjosephshomeofficial • @st_josephshome
KEEP THEM
Visit www.stjosephshome.org.za/donate Sign-up for our quarterly mailer, scan the QR code to the left. Here’s how you can help:
scan to donate with

Sorg vir jou

50 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
Hier is 8 wenke om jou bates vir toekomstige geslagte te bewaar
FINANSIES

afhanklikes

Dink jy nie dit is tyd om na te dink oor die bates wat jy oor die jare, en waarskynlik generasies, opgebou het nie? In hierdie onsekere tye is dit belangrik om weer die waarde van jou bates te evalueer, en wat die beste manier is om ’n nalatenskap agter te laat.

Maar vir baie individue het die COVID-19 pandemie die afskryf van bates genoodsaak. Baie mense is gedwing om moeilike besluite te neem, soos om aftrede uit te stel of hul erfporsies aan eggenote en kinders kleiner te maak.

Die persoonlike finansieswebwerf, JustMoney, het ’n kontrolelys opgestel om jou te help om vir jou afhanklikes te sorg terwyl jy nog daar is vir hulle, en om jou te help om jou bates te bou en te onderhou.

STEL ’N BEGROTING SAAM.

Jou huishouding het waarskynlik drasties sedert inperking verander. Kinders wat uit die huis is om te gaan werk, is weer terug. Weet jy hoe jou geld spandeer word? Om weer na jou begroting te kyk, sal jou help om vir die toekoms te beplan.

VERMINDER SKULD.

Kyk na jou leningsverpligtinge en rentekoerse.

Betaal

bestaande skuld so gou moontlik en vermy dit om nuwe lenings aan te gaan.

KYK NA VERSEKERING.

Motorongelukke, gebarste geisers en onverwagse gesondheidskrisisse kom ongelukkig gereeld voor. Maak seker jy het die toepaslike dekking wat by jou veranderde behoeftes aanpas. Kry kwotasies om te vergelyk—baie versekeraars bied gunstige koerse aan. Maak seker jy het lewensversekering wat vir jou afhanklikes sal sorg wanneer jy nie meer in staat is om dit te doen nie.

KRY JOU TESTAMENT OP DATUM.

As jy reeds ’n testament het, maak seker jou instruksies is nog van toepassing. As jy nie ’n testament het nie, kry so gou as moontlik een. Dit is die enigste manier om seker te maak wie sal voordeel trek uit jou boedel, en in watter verdeling.

BEOORDEEL JOU AFTREDE.

As ’n reël, moet jou pensioen 75% voorsien van die inkomste wat jy ontvang het terwyl jy nog werksaam was. Die belangrikste bateklasse wat jy moet verstaan wanneer jy belê, is die geldmark, verbande, gelysde eiendom en aandele.

BESKERM FAMILIEONDERNEMINGS.

Afhanklikes moet leer hul fokus moet wees op rentmeesterskap van rykdom, eerder as op die verkryging van nog bates. Familieondernemings vereis gewoonlik gespesialiseerde strukture

om duidelike grense te stel tussen eienaarskap, sakebestuur en familie. Maak seker jy beskerm die generasie rykdom van jou familie.

SKENK OORDEELKUNDIG.

As dit reg gedoen word, sal skenkings nie net ander bevoordeel nie, maar terselfdertyd ook jou belasting- en finansiële beplanning. Hou in gedagte dat wanneer geld geskenk word, moet dit aan ’n goedgekeurde openbare welsynsorganisasie wees, en binne die toegelate jaarlikse drumpel.

STEL GESONDE GEWOONTES

VAS.

Bykomend tot die nalating van tasbare bates, is die voorbeeld van ’n sterk rolmodel, om kwaliteit tyd saam te spandeer, en om sterk familietradisies daar te stel, deel van ’n robuuste nalatenskap.

JustMoney se bemarkingsbestuurder, Shafeeka Anthony, sê: “Geld is ’n geskenk, en wanneer dit goed bestuur word, kan dit nie net jou kinders se lewens verander nie, maar ook toekomstige generasies. Dit gebeur egter nie per ongeluk nie. Jy moet beplan as jy rykdom bymekaar wil maak en dit wil oordra.

“Vat tyd om jou sake agtermekaar reg te kry. Daar is gemoedsrus as jy weet jou swaarverdiende bates word goed bestuur en beskerm vir die maksimum voordeel vir jou geliefdes.” ■

Besoek JustMoney.co.za vir meer inligting.

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 51
FINANSIES
52 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 VOEDSAAM VIR DIE FAMILIE Vette

Die groot vraag

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 53 Vette VOEDSAAM VIR DIE FAMILIE
Mellor
Moet ons vet in ons dieët insluit of nie? Deur Duane

Jy sal vergewe word as jy nie weet of jy vet moet eet of nie. Vir ‘n lang tyd is mense aangesê om heeltemal daarvan weg te bly. Maar die afgelope tyd lyk dit of vet weer op die tafel is— maar net sekere soorte vet.

Met soveel teenstrydige boodskappe oor watter soorte vet om te eet, is dit geen wonder dat baie mense verward is oor die kwessie of hulle dit moet eet of nie. Hier is net ‘n paar redes waarom die advies oor vet so verwarrend is—en hoeveel vet jy regtig moet eet.

Sommige vet is noodsaaklik in ons dieët, aangesien dit ons energie gee en ons help om sekere vitamiene te absorbeer, insluitend vitamien A, D en E. Maar daar is baie verskillende soorte vette, en om te veel van sekere soorte te eet, kan skadelik vir ons wees. Onversadigde vette (ook genoem mono-onversadigde of polionversadigde vette) staan bekend as ‘goeie’ vette en is belangrik om ons te help om cholesterol te verlaag en ons hart gesond te hou. Onversadigde vette kan gevind word in kos soos avokado’s, olyfolie of grondboontjieolie, en vis.

Maar versadigde vette kan sleg wees vir ons wanneer dit in oormaat geëet word, en kan cholesterol en

die risiko van hartsiektes verhoog. Transvette kan ook cholesterolvlakke verhoog. Voedsel wat versadigde- en transvette bevat, sluit in botter, kaas, spek, koekies en gebraaide kosse.

VET IS BELANGRIK

Baie gesondheidsowerhede wêreldwyd stem saam dat vet ‘n belangrike deel van ‘n gesonde dieët is, maar dat ons net soveel kalorieë daagliks uit vette moet kry.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel aan dat mense nie meer as 30% van hul daaglikse kalorieë uit vet kry nie—waarvan slegs 10% van die daaglikse kalorieë van versadigde vette moet wees, en minder as 1% van transvette.

Maar in Europa stel

gesondheidsaanbevelings voor dat vet tussen 20% en 35% van ons totale daaglikse kalorieë moet uitmaak. Daar is ook geen aanbevelings vir hoeveel kalorieë van versadigde- of transvette moet wees nie—net dat dit beperk moet word. In Amerika word mense net aangeraai om die inname van versadigde vette tot minder as 10% van die daaglikse kalorieë te beperk.

Alhoewel daar dus blykbaar ooreenstemming is oor hoeveel vet mense moet eet, kan die geringe variasies in hierdie aanbevelings— sowel as variasies in hoeveel van sekere soorte vet ons moet eet—die verwarring verklaar oor die kwessie of ons vet moet eet of nie, en hoeveel daarvan ons moet eet.

54 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
Daar is baie verskillende tipes vet, en om te veel van seker tipes te eet, kan skadelik wees.
VOEDSAAM VIR DIE FAMILIE Vette

MISLEIDENDE RAAD

Asof al die verskillende aanbevelings nie verwarrend genoeg is nie, is daar ook baie inligting daar buite wat óf te simplisties óf verkeerd is. Dit maak die aanbevelings oor vet eet des te meer ingewikkeld.

Byvoorbeeld, die Gesamentlike Britse Verenigings (wat aanbevelings publiseer om mense te help om hul risiko van kardiovaskulêre siektes te verminder) beveel aan dat slegs ongeveer 10% van ‘n persoon se totale vetinname van versadigde vette moet kom. Aangesien ons tipies 30% tot 40% van ons kalorieë van vet inneem, en internasionale en regeringsliggame aanbeveel dat ongeveer 30% van daaglikse kalorieë van vet moet kom, sal die beperking van versadigde vette tot 10% daarvan beteken dat dit slegs 3% van ons daaglikse kalorieë uitmaak. Dit sou op ‘n bietjie meer as ongeveer 7g versadigde vet neerkom—ongeveer twee teelepels botter.

Dit verskil van baie ander aanbevelings, soos van die WGO, wat sê 10% van al die kalorieë wat mense daagliks eet, moet van versadigde vette kom. Dit is ook onduidelik of so ‘n streng beperking van versadigde vette enige voordeel sal inhou en vir baie mense moeilik sal wees om te bereik, aangesien ‘n verskeidenheid gesonde kosse, soos olyfolie, ook versadigde vette kan bevat.

Daar is ook baie raad wat te simplisties is, wat indirek misleidend kan wees.

Byvoorbeeld, een wenk wat die Britse Hartstigting aanbeveel om versadigde vette vir onversadigde vette te ruil, is om ‘n spuitolie of maatbekers te gebruik in plaas daarvan om dit net reguit uit die bottel te gooi. Maar dit neem nie in ag dat verskillende soorte olie verskillende versadigde vetvlakke het nie. Sonneblomolie, byvoorbeeld, is reeds laag in versadigde vet, so verminderde gebruik sal kalorieë aansienlik verminder, maar versadigde vetvlakke net matig verminder.

’n Fokus op metodes wat ‘n minimale effek op versadigde

vetvlakke het, kan dit meer verwarrend maak om te weet watter kosse (en vette) om te vermy. Die maklikste manier om versadigde vette te vermy, is om kos soos pasteie, koeke en beskuitjies te vermy. Hierdie kosse is hoog in versadigde vette en dit is geneig om die grootste bron daarvan in die meeste mense se dieët te wees.

KRY DIE REGTE HOEVEELHEID

Navorsing dui daarop dat ons ongeveer ‘n derde van ons energie uit vet moet kry—waarvan twee-derdes onversadigde vette moet wees.

Natuurlik sal sekere voedselbronne verskillende soorte vette en verskillende vlakke van vette bevat. Byvoorbeeld, avokado’s en pasteie is albei hoog in vet. Maar avokado’s is hoog in gesonde mono-onversadigde vette, wat goed is vir hartgesondheid en wat cholesterol kan verlaag. Pasteie, aan

die anderkant, is hoog in versadigde vette, wat sleg kan wees vir jou hart en cholesterolvlakke.

Die maklikste manier om seker te maak jy eet genoeg van die regte vette, is om kos te vermy wat versadigde en transvette bevat—soos botter, harde kase, pasteie, koekies, gebak, koeke, verwerkte vleis en skyfies. Hierdie kosse is ook hoog in sout, koolhidrate en suiker, en kan dus ook ander gesondheidskade inhou, soos ’n verhoogde risiko van hoë bloeddruk.

Probeer eerder bronne van gesonde vette soos avokado’s, olyfolie, neute en vis in te sluit. Dit sal verseker dat jy nie net genoeg vet in jou dieët inkry nie, maar dat jy die regte soort vette inkry (ongeveer 75g per dag vir vroue en 90g vir mans). ■

Duane Mellor is hoof van Bewysgebaseerde Medisyne en Voeding aan die Aston Mediese Skool

56 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
VOEDSAAM VIR DIE FAMILIE Vette
Die maklikste manier om seker te maak jy kry genoeg van die regte vette, is om kos te vermy wat versadigde- en transvette bevat.

BIEDOUW VALLEY ROOIBOS

+27 27 482 2832 | www.biedouwvalleyrooibos.co.za

Biedouw Valley Rooibos Tea is cultivated on the plateau of the surrounding Cederberg mountains which overlooks the Biedouw Valley, world famous for its breathtaking wild flowers. Growing in its original habitat at an altitude of 900 - 1,000m, in perfect sandstone soil and unpolluted air, our tea has a richer flavour.

Biedouw Valley Rooibos was formed in 1997 to produce estate Rooibos Tea and is run by the Van der Merwe family producing, marketing and distributing this unique product.

Biedouw Valley Rooibos is proudly a leader in the field of quality, taste and hygiene to ensure the best quality to tea drinkers world-wide.

Fennel has been used as a natural medicine for centuries with its properties been having said to help prevent and relieve muscle spasms, improve digestion, flatulence and stomach cramps. Many of the symptoms are associated with colic in infants. Chamomile is a mild sedative, which helps improve your kid’s sleep quality. Some parents also use Chamomile tea for teething or to treat a colicky baby, as it helps in easing tummy pain.

To order, email sales@biedouwvalleyrooibos.co.za

Met Elmarie Berry se nuwe resepteboek sal jy in jou kombuis nuwe herinneringe skep

KOSBAAR is Elmarie Berry se eerste kookboek, hoewel sy reeds sedert 2015 ’n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om ’n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep. Die kookboek bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma, toon

Elmarie se kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. KOSBAAR bevat ook heelwat graanvrye resepte. In haar eie woorde: “Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!”

Bastilla

Hierdie speseryagtige hoendergereg is ’n heerlike, maklike resep propvol interessante geure. Terwyl ek in ’n restaurant gewerk het, het ek dit dikwels gemaak.

LEWER 4 TOT 6 PORSIES

BESTANDDELE

• 100g botter

• 1 ui, gekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 eetlepel gerasperde vars gemmer

• 1 eetlepel fyn kaneel

• 1 eetlepel gemengde speserye

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 1 teelepel borrie

• 1 teelepel fyn kardemom

• 1 heel hoender

• 2 koppies hoenderaftreksel

• 1 koppie room

• 200g amandelvlokkies, gerooster

• ‘n handvol vars kruisement, gekap

METODE

• Smelt die botter in ’n groot swaarboomkastrol en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, kaneel, gemengde speserye, sout en peper, borrie en kardemom by. Voeg die hoender by en gooi die hoenderaftreksel oor. Prut sowat ’n uur tot die hoender baie sag is.

• Skep die hoender uit die kastrol en laat effens afkoel. Haal die vel af en die bene uit en pluis die vleis fyn.

• Kook die vloeistof tot dit met die helfte verdamp het en voeg die room by. Voeg die gepluiste hoender by en prut vir 10 minute.

• Strooi amandelvlokkies en kruisementblare oor en sit voor op rys.

LET WEL: Jy kan ook 6 hoenderfilette gebruik en dit vir sowat 30 minute prut.

VOEDSAAM VIR DIE FAMILIE Kos op die tafel 58 Moeder & Kleuter Uitgawe 2

Gebakte Beesstert met Olywe en Lemon

Beesstert met lemoen en olywe mag dalk vreemd klink, maar die kombinasie is verruklik. Dit is die maklikste en geurigste beesstert en sal die mense om jou tafel beïndruk.

LEWER 4 TOT 6 PORSIES

BESTANDDELE

• 3 eetlepels olyfolie

• 1kg beesstert, in stukke gesny

• 4 eetlepels brandewyn

• 1 koppie droë witwyn

• ongeveer 2 koppies beesaftreksel

• 2 lourierblare

• 2 eetlepels pietersielie, gekap

• 2 repies lemoenskil (hou die res van die skil vir later)

• 2 knoffelhuisies, gekneus

• 225g swart olywe, ontpit

• skil en sap van 1 lemoen

• ‘n handvol pietersielie, gekap

METODE

• Verhit die oond tot 150°C.

• Verhit olie in ’n ysterpot en braai die beesstert tot bruin. Verhit die brandewyn in ’n potjie tot warm en gooi oor die vleis. Steek die brandewyn aan die brand. Gooi die witwyn by nadat die vlamme uitgebrand het en laat 2 minute vinnig kook. Voeg net genoeg aftreksel by om die vleis te bedek. Voeg die lourierblare, pietersielie, 2 repies lemoenskil en knoffel by.

• Sit die deksel op en bak vir 4 uur. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Skep die oortollige vet af.

• Voeg die olywe by en kook vir nog 1 uur stadig op die stoofplaat sodat die vleis van die bene begin loskom.

• Rasper die lemoenskil oor en gooi die lemoensap oor die vleis.

• Strooi pietersielie oor en sit voor met kapokaartappels en/of patats.

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 59

Nutella-gevulde Plaatkoekies

Wat ’n lieflike manier om ’n Sondagoggend te begin met ’n koppie stomende koffie en varsgebakte plaatkoekies gevul met Nutella. Dit is my kinders se gunstelingontbyt en so maklik om te maak. Probeer gerus die resep en maak jou gesin se harte bly!

BESTANDDELE

• 2 eetlepels botter

• 150ml melk

• 1 groot eier, geklits

• 1 koppie bruismeel

• ’n knippie sout

• ½ koppie suiker

• Nutella vir die vulsel

METODE

• Die maklikste manier is om die botter, melk, eier, meel, sout en suiker in ’n elektriese menger te meng. So nie, smelt eers die botter en voeg dan die melk en die eier by en meng. Meng die meel, sout en suiker eers en meng dan alles saam met ’n ballonklitser.

• Verhit ’n kleefvrye pan tot matig warm. Jy kan ’n klein bietjie botter of olie in die pan sit, maar ek gebruik die pan net so. Skep die mengsel met ’n lepel in die pan. Wanneer die boonste deel van die plaatkoekies begin borrels maak, skep ’n teelepel Nutella bo-op. Dan skep jy weer ’n teelepel plaatkoekiemengsel bo-op om die Nutella te bedek. Draai die plaatkoekies om en bak die ander kant tot gaar en ligbruin.

LET WEL: Jy kan hierdie resep sonder die Nutella maak en die plaatkoekies gewoonweg bak.

VOEDSAAM VIR DIE FAMILIE Kos
die
op
tafel
60
2
Resepte en foto’s uit “KOSBAAR” deur Elmarie Berry (R380). Penguin, ‘n drukkersmerk van Penguin Random House, 2022
Moeder & Kleuter Uitgawe
F
www.nulaid.co.zaehserFesheggs www.nulaid.co.za 69 Moeder & Kleuter Uitgawe 1
www.nulaid.co.za
sheg
Fresheggs nourishthe body

Gelukkige plek

Bring balans, harmonie en kalmte terug na jou huis met hierdie maklike feng shui wenke

Dit is reeds twee jaar sedert die wêreld, soos ons dit geken het, byna oornag verander het as gevolg van COVID-19. Selfs al is ons nou deur die ergste, sukkel ons nog steeds met die onsekerheid, stres en vrees. Soos ons meer en meer tyd tuis deurgebring het, het ons ook tyd gehad om te dink oor hoe ons wil hê ons huise moet lyk.

Dit het al hoe belangriker geword dat ons huis ons gelukkige plek is: ’n spasie waar balans, harmonie en kalmte aan die orde van die dag is. Terwyl sommige mense feng shui as net nog ’n esoteriese verdryf afmaak, is die realiteit dat sommige van die basiese beginsels van hierdie Sjinese ritueel kan help om tipe van ’n positiewe, georganiseerde en bemagtigde omgewing te skep—iets

waarna ons almal so naarstigtelik opsoek is.

WAT IS FENG SHUI?

Voordat jy leer hoe om feng shui in jou huis toe te pas, moet jy jouself eers met sommige van die sleutelbeginsels vertroud maak.

Die hoof-idee agter feng shui behels die energie wat regdeur jou huis loop, ook bekend as chi.

Feng shui is tradisioneel geskep vir gebruik in spirituele spasies, maar dit word nou algemeen toegepas in huise, sakeondernemings en openbare gebiede.

Baie dinge beïnvloed chi, insluitende lopende water in jou huis, plante en hoe jou meubels gerangskik is.

Die gebruik van plekmatjies en die kleur van jou voordeur is belangrike aspekte van feng shui.

DEKOR Feng shui 62 Moeder & Kleuter Uitgawe 2

’N STAP-VIR-STAP GIDS:

• Oorweeg die kleur van elke kamer. Verskillende skakerings sal verskillende energie aantrek.

• Moedig baie natuurlike daglig aan. Gebruik spieëls vir die maksimum lig en warmte.

• Plaas meubels in ‘oop’ formasies. Dit laat toe dat die energie vrylik vloei.

• Maak seker waterfonteine vloei na die middel van jou huis toe.

• Meeste mense spandeer die grootste deel van hulle tyd in die leefvertrek en slaapkamer, so dit is twee goeie plekke om te begin.

IN DIE LEEFVERTREK:

• Sit jou bank teen ’n soliede muur. Hou dit teen so ’n hoek dat diegene wat daarop sit altyd kan sien wie die kamer binnekom.

• Sit ’n waterfontein in die noordekant van die vertrek. Dit bring geluk en welstand.

• Voeg houtmeubels en dekor by. Dit moet aan die suidekant van die vertrek kom.

• Die hoofdeur moet nie na enige ander deure wys nie. Dit sal ’n tonnel vir die energie van die vertrek skep.

• Jou leefvertrek moet buitemure en vensters hê. Dit sal natuurlike lig toelaat om in te vloei.

• Meubels moet maklike deurgangspasies regdeur die vertrek skep. Dit is vir mense en energie om te vloei.

• Kies sagte rondings vir jou meubels. Vermy skerp hoeke.

IN DIE SLAAPKAMER:

• Verseker dat jy ’n soliede kopstuk het. Dit verskaf beskerming terwyl jy slaap.

• Hou die spasie onder jou bed oop. Dit laat energie rondom jou vloei.

• Plaas jou bed sover as moontlik van die deur af. Jy moet egter seker maak dit bly in jou gesigsveld.

• Hou jou skootrekenaar, foon en ander elektroniese toestelle weg van jou bed af. Dit word verbind met tydenergie en is sleg vir ’n goeie nagrus.

Onthou dat netheid ’n belangrike deel is van feng shui, so moet nie vergeet om jou huis gereeld skoon te maak met die nodige veeldoelige reinigers nie.

Daar is nie ’n beter tyd as nou om daaraan te dink om meer balans en harmonie in jou huis te skep nie—en jy kan met hierdie maklike stappe begin. ■

www.cleanipedia.com Feng shui DEKOR Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 63
Die hoof idee agter die feng shui beginsels behels die energie wat regdeur jou huis loop.

Verminder die koste, nie die pret

Hoe jy en jou familie op die goedkoopste manier op vakansie kan gaan

VRYE TYD Reis 64 Moeder & Kleuter Uitgawe 2

Met die somer nou hier is almal gretig om weg te breek vir ‘n vakansie waarop ons al lankal wag. Maar deesdae is die idee van ‘n vakansie dikwels so vreemd vir baie Suid-Afrikaners dat hulle dit nie eers oorweeg weens die veronderstelde koste nie. Maar met ‘n bietjie ingeligte informasie kan jou volgende familievakansie net om die draai wees.

Ervare reisiger en bekende deskundige in die reisbedryf, Rioma Cominelli (direktrise van First Loyalty Plus), sê: “Met ‘n bietjie inbinding, maandelikse besparing en vaardige beplanning kan jy kort voor lank oppad wees na jou eerste—of volgende— familievakansie!”

Hier is 7 top wenke om jou op die regte spoor te bring:

1. REIS NA ‘N PLAASLIKE BESTEMMING.

Dit gaan alles oor die plek! Kies ‘n bestemming wat naby jou tuiste is—dit sal jou petrolkoste aanmerklik verminder, en wie wil nou nie dít hê nie? Moenie dink jy hoef myle en myle te reis om te ontspan nie; partykeer is die lieflikste plekke op ons drumpel.

2. BESPREEK VOORUIT, EN VIR ‘N KORTE TYDPERK.

As jy jou vakansie-akkommodasie ver vooruit bespreek, sal dit jou meer tyd gee om vir die reis te spaar en dit sal ook baie goedkoper wees as om op die nippertjie die bespreking te maak (wanneer die aanvraag hoër is). Dis meer verstandelik om vir vier nagte in plaas van ses te gaan vakansie hou—jy sal dus nie die koste van ‘n volle week hoef te betaal nie. En al klink dit soos ‘n kort vakansie, hou in gedagte dat vier dae nog altyd beter is as slegs ‘n naweek weg.

3. OORWEEG DIT OM GEDURENDE DIE BUITESEISOEN TE REIS.

As jy klein kinders het, en jy word nie deur skoolvakansies beheer nie, kan jy voordeel trek uit buiteseisoense of middelweekse afslae. Sodoende kan jy jou vergroting selfs verder strek, want gedurende skoolvakansies en naweke is die koste van akkommodasie gewoonlik hoër.

4. KIES SELFSORG -AKKOMMODASIE.

Dis amper altyd goedkoper om selfsorgeenhede of chalets in plaas van hotelkamers te bespreek. Om by restaurante te eet is ook duur, so jy kan geld bespaar as jy self kos maak. Maar dit beteken nie dat arme mammie vir ure lank in die kombuis moet staan nie—pak ‘n piekniekmandjie vir ‘n genotvolle buitelugse avontuur, geniet ‘n familiebraai, of koop pasklaar pizzas of etes by winkels soos Woolworths of Checkers.

Reis VRYE TYD
Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 65

5. STEL ‘N LYSIE OP.

Jy’s uiteindelik by jou bestemming en sien uit na ‘n lekker vakansie wanneer jy besef jy het jou gunstelinge swemkostuum, hoed of boek by die huis vergeet... As jy nie ‘n lys maak om te verseker alles word gepak nie, sal jy gedwing wees om tyd en geld te mors op die koop van nuwe items. So hou die koste tot ‘n minimum en moenie onnodige geld uitgee nie.

6. GENIET AKTIWITEITE WAARVOOR JY NIE HOEF TE BETAAL NIE.

Hulle sê die beste dinge in die lewe is gratis—en hoeveel beter terwyl jy op vakansie is! First Group Hotels & Resorts, byvoorbeeld, bied daaglikse beplande aktiwiteite aan wat jou nie ‘n sent sal kos nie. Jou familie kan ook gaan wandel, vietsry in die berge, tennis speel, visvang of die dag by die strand spandeer. Maar julle hoef nie ‘n hele klomp aktiwiteite in een dag te doen nie; dit sal net stresvol wees.

7. WORD DEEL VAN ‘N LOJALITEITSPROGRAM.

Akkommodasie sal sekerlik die grootste stuk van jou begroting opvreet, maar een van die maklikste maniere om hierdie koste te verminder is om deel te word van ‘n lojaliteitsprogram. Lidmate van First Loyalty Plus, byvoorbeeld, kan tot op 50% afslag kry op akkommodasie, etes en nog meer.

Cominelli sluit af, “Die voordele van ‘n familievakansie gaan verder as net die klaarblyklike rus en ontspanning; dis die lewenslange herinneringe wat jy sal skep wanneer jy weggaan, wat vir jare lank sal voortduur. Beplan jou volgende vakansie slim, en jy sal heel moontlik daardie droom ‘n bekostigbare realiteit maak.” ■

BELOON JOUSELF

First Loyalty Plus is ‘n beloningsprogram wat lidmate tot op 50% afslag op ‘n hele klomp ongelooflike leefstylprodukte aanbied, en wat hulle ook die geleentheid gee om beloningspunte te verdien wat op dinge soos luukse akkommodasie, spabehandelinge, unieke ervarings —asook ‘n keuse van goedere in die aanlynwinkel—geruil kan word. Besoek firstloyaltyplus.co.za vir meer inligting.

VRYE TYD Reis 66 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
w w w . u m n g a z i . c o . z a e : r e qu e s ts @ um n ga z i . c o . z a | t : + 2 7 (0) 4 7 564 111 5 / 6 / 8 / 9 M A GIC A L H OLI DA Y S

DIS NOOIT TE LAAT NIE!

Sê totsiens aan daardie slegte velgewoontes

Behandel jy jou vel blindelings, en doen jy net wat aan jou gesê word sodat jy kan voorgee jy het ‘n ‘velsorggesondheidsreël’? Moenie sleg voel nie, die meeste van ons is skuldig hieraan. Laat ons eerlik wees, die lewe word besig en ons velsorg kan tweede plek neem.

Tumi Lehutso van fundamentals Skincare (fundamentalsskincare.co.za) sê dat velsorg voorkeur kan kry, en dat dit maklik kan wees. Ons almal weet dat jy jou grimering moet verwyder voordat jy gaan slaap, dat jy genoeg water moet drink, en die korrekte produkte moet kies. So, laat ons ‘n bietjie verder as die fundamentele beweeg:

SLEGTE GEWOONTE 1:

JY GEBRUIK TE VEEL PRODUKTE

Partykeer is te veel van ‘n goeie ding sleg vir jou, soos om ‘n verskillende bevogtiger vir elke dag te gebruik. Met so baie velsorgopsies wat deesdae beskikbaar is, kan jy dikwels produkte te veel gebruik, of produkte kombineer—wat eintlik jou vel kan beskadig. Bly liewers by die produkte wat jou vel eintlik benodig, en hou vol daarmee.

SLEGTE GEWOONTE 2:

JY GEBRUIK DIE PRODUKTE VERKEERD

Dis iets waaraan baie van ons skuldig is, want dis ‘n algemene gebruik om velsorgformules te meng om hul sterkte te verskerp—maar sommige kombinasies vul nie mekaar aan nie. Hierdie sluit in alfa-hidroksiesure en retinol, vitamiene C en retinol, asook saliselsuur en retinol. Om aktiewe bestanddele onverskillig te meng, kan skadelik wees, want hierdie bestanddele kan jou vel oorstimuleer en moontlik beskadig.

SLEGTE GEWOONTE 3:

JY GEBRUIK NIE SONSKERM NIE

Of jy nou strand toe gaan of net vanaf jou kantoor na jou motor toe stap, is sonskerm noodsaaklik om jou vel teen sonskade te beskerm. Sommige mense glo nog steeds dat hulle slegs sonskerm moet gebruik as hulle

lank in die son gaan vertoef, maar dermatoloë wêreldwyd sê dis verkeerd. Dit is kritiek dat jy elke dag jou vel teen sonskade beskerm, al gaan jy nie baie tyd in die son spandeer nie.

SLEGTE GEWOONTE 4: JY SKILFER TE VEEL AF

Afskilfering is belangrik en so bevredigend wanneer jy dit doen, maar net tot ‘n sekere mate. Te veel of te min kan jou vel sensitief maak—aan irritasies, vlokking en pyn. Jy mag miskien ook nie meer gelaatsbehandeling kan kry nie, of sekere tipes grimering gebruik nie, want jou vel is net te prikkelbaar. Jy hoef slegs ‘n paar keer per week af te skilfer. En jy moet slegs chemiese afskilferprodukte gebruik, want fisiese produkte kan dikwels tot oorafskilfering in verskillende dele van jou vel lei; penetrasie is nie egalig nie, en dikwels is hierdie soort afskilferprodukte te grof en kan die boonste laag van jou vel beskadig.

SLEGTE GEWOONTE 5: JY KRAP AAN PUISIES

Ongeag jou ouderdom, sal jy op een of ander tyd puisies kry. Wanneer dit gebeur, moet jy nie in die versoeking kom om aan die puisies te krap nie. Hierdie slegte gewoonte kan jou gesig beskadig en ook daartoe lei dat die puisie onder die vel se oppervlak bars. As dit gebeur, kan dit inflammasie onder die vel se oppervlak vererger—wat nog meer puisies kan veroorsaak. As jy rêrig die puisies wil verwyder, gaan besoek ‘n professionele velkundige.

NUUT OP DIE RAKKE Skoonheid 70 Moeder & Kleuter Uitgawe 2

1. SKNLOGIC RETINOL 0.5% BOOSTER (R280) EN PROTECT SPF40

(R305)

Die nuwe-generasie, vinnigabsorberende retinol formula in SKNLOGIC se Retinol Booster verminder dramaties die verskyning van fyn lyne, plooie en hiperpigmentasie. Bygevoegde sojaglikoon vergroot die effek van die retinol. SKNLOGIC Protect is ‘n breëspektrumsonskerm wat ook voordelig is teen voortydige veroudering. Dit gaan verder as net beskerming teen UVA- en UVBstrale: dit help om teenstand te bied teen bloulig (digitale besoedeling) en omgewingsbesoedeling, asook infrarooi lig wat deur die son uitgestraal word.

Aanlyn by www.sknlogic.com of toonaangewende salons en spas landwyd

2. FUNDAMENTALS BEVOGTIGER MET PEPTIEDES (R175)

Terwyl merkbare veroudering in jou 30s mag begin, begin voortydige veroudering al in jou 20s. Dis hoekom velsorg so belangrik is. Hierdie nuwe room met peptiedes is ‘n hoogs gekonsentreerde bevogtiger wat ‘n boost van hidrasie aan die vel bied, en wat fokus op die vroë tekens van veroudering (soos fyn lyne en plooie) deur die produksie van kollageen te vermeerder. Dis ‘n ware peptiedestryder wat soggens en saans gebruik kan word—een produk wat alles doen.

fundamentals-skincare.co.za

3. HAIRTAMIN MOM (R550)

Vrouens se liggaams ondergaan baie veranderings gedurende swangerskap. Dikwels verander ons hare ook, met haarverlies of -verdunning ‘n algemeen voorkomende newe-effek. Hierdie vegan harevitamien is ‘n volledige aanvulling wat voor en na geboorte gebruik kan word om jou (en jou baba) se liggaam, asook jou hare, te voed. Dit help ook teen oggendsiekte. superbalist.com

4. SKIN CREAMERY VELGEUR (R450)

Hierdie produk vloei sagkens ineen met jou vel se eie natuurlike reuk en word iets onverwags bekend. Dit gryp aan jou unieke aura met ‘n teengestelde mengsel van aardagtige, sitrus en speseryagtige note. Kuskusgras, lemmetjie en koljander word tot ‘n melkerige roos versag om jou natuurlike essens op ‘n subtiele wyse te versterk. Nes jou eie vel, maar beter. skincreamery.com

5. W7 VERY VEGAN OOGSKADUPALET (FROM R175)

W7 het nou ‘n reeks grimeringsprodukte wat deur die Vegan Society goedgekeur en gesertifiseer is. Die oogskadupalet bied ‘n versameling van 12 mat en metaliese oogskadukleure aan vir natuurlike, alledaagse ‘glam’. “Pretty Wild” sluit in lenteskakerings soos oranje, koper, pienk en pers vir ‘n helder maar delikate voorkoms; terwyl “Au Naturel” herfsskakerings soos vleeskleur, goud, bruin en rook insluit vir ‘n warmer voorkoms. takealot.com, superbalist.com en www.caretobeauty.com

6. CLARINS HERSKEPPENDE

GESIGSROLLER (R610)

Hierdie gesigsmasseer-roller, wat deur Clarins se Spa-kennis geïnspireer is, moedig limfatiese dreinering aan en maak jou gesig minder opgeblaas. Die twee geboë kante van die sink gua sha pas aan by die kontoerlyne van jou gesig en bied net die regte drukking en masseering aan vir ‘n liggingseffek. www.clarins.co.za

2 3 1 5 6 4
Skoonheid NUUT OP DIE RAKKE Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 71
Hierdie trendy produkte werk besonders goed —maak plek vir hulle in jou badkamer!

‘n

Nuttige kopies

Handvol van die gesogste gehalte produkte vir jou kleinding

1. TASTY TIE (R175)

‘n Stylvolle en praktiese (en tog te oulik) silikon tande***, krinkelspeelding en babadas in een. Omdat dit met ‘n knippie vasgemaak word, sal dit nie afval nie, so dis perfek om in die motor of op reis te gebruik. Die dassie help ook babas om hulle bewegings te beheer. Aan die punt van die dassie is ‘n sagte stukkie silikon met klein knoppies wat baba se teer tandvleis kan help streel. www.kidsemporium.co.za

2. MAXI-COSI MICA PRO ECO I-SIZE BABASTOEL

(R9 899)

Hierdie babastoel (vanaf geboorte tot 4 jaar) gebruik Eco Care, wat bedoel dit is van 100% herwinde tekstiele gemaak— dit is die eerste volhoubare babastoel. Die ingeboude FlexiSpin maak dit maklik om die Mica Pro Eco 360-grade om te draai, met net een hand! Dis ongelooflik gou en maklik om jou kleinding in en uit die motor te beweeg. Nog meer, die vyfpunt veiligheidsharnas sal jou baba ten alle tye styf vashou, met veelvoudige leuningsposisies en addisionele opstopping. azbaby.co.za

3. BAOCARE BABY BAOBAB & GROENROOIBOS-OLIE (R200)

Hierdie baba-olie serum is met die sagste plantaardige bestanddele gemaak om jou kleinding se vel al die nodige versorging te gee. Dit streel irritasies, insekbyte, kroonuitslag, brandboudjies en ander alledaagse vel-irritasies. Sien www.baocare.co.za vir verskaffers of aanlynkope

4. TOMMEE TIPPEE DTOMMEE TIPPEE DREAMMAKER (R859.99)

Die Dreammaker, wat deur wetenskaplikes ontwerp is,

is ‘n bewese klank-en-lig slaaphelper wat jou baba beter sal laat slaap deur ideale slaapkondisies—en nie jou kindjie self—te stimuleer. Die kalmerende rooi lig spoor die produksie van die slaaphormoon melatonien aan, en sal nie jou baba (of jouself) hinder wanneer hy uiteindelik aan die slaap raak nie. Die ritmiese polsslae van sagte lig naboots baba se diepe asemtuie, terwyl pienkgeraas die natuurlike klanke van die baarmoeder naboots—jou kleinding sal vinniger aan die slaap raak, en dieper en langer bly slaap. Sien www.tommeetippee.co.za vir verskaffers of aanlynkope

5. TOMMEE TIPPEE SMUSHEE EERSTE SELFVOEDENDE-LEPEL (R179.99)

‘n Selfvoedende-lepel wat perfek is vir babas wat wil probeer om hulself te voer. Daar is geen regte of verkeerde manier om die Smushee vas te hou nie, so jou baba kan eenvoudig die lepel in haar bakkie steek en die kos sal vassit. BACSHIELD™ beskerm die lepel se oppervlak deur bakterie tot 99.99% te verminder. Sien www.tommeetippee.co.za vir verskaffers of aanlynkope

6. WELEDA TANDJEL VIR KINDERS (R130)

Hierdie tandjel versorg nuwe en ontwikkelende tandjies en bied natuurlike beskerming aan om tandholtes te verhoed. Met organiese gousblom om tandvleis gesond te hou, silika vir deeglike skoonmaak, en natuurlike geure soos vinkel en groenment. Die jel bevat geen fluoride nie. www.shopweleda.co.za

72 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
NUUT OP DIE RAKKE Vir baba
2 3 4 5 1 6
SAVING SEABIRDS SINCE 1968 For just R600, you can adopt and name an African penguin for yourself or as a unique gift for a loved one. You can’t take it home but your donation will contribute to specialised rehabilitation, medication and fish feeds for an endangered African penguin in SANCCOB’s care. DONATE and help SANCCOB save the endangered African penguin from extinction. ADOPT -APENGUIN End seabird extinction. Together. www.sanccob.co.za The Southern African Foundation for the Conservation of Coastal Birds is a non-profit marine conservation organisation. 003-134 NPO | Registration No. 2001/026273/08 Tel: +27 21 557 6155 | Fax: +27 21 557 8804 info@sanccob.co.za SANCCOB Saves Seabirds @SANCCOB SANCCOB Only 2% of the African penguin population remains in the wild.
Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 73
©Emma Strumpman

Nóú groei hulle!

Hier is ‘n paar oulike produkte vir mamma se meisietjie en seuntjie

1. STEPHEN JOSEPH DUBBELWAND VLEKVRYE STAAL WATERBOTTEL

(R349)

‘n Oulike botteltjie wat jou kind gehidrateerd sal hou, as dit nou met warm sjokolade of koue sap is. Hierdie bottels is gemaak om genoeg van jou kleuter se gunstelinge drankie te bevat sonder om sy handjies uit te put. Dis vry van al die slegte goed soos BPA, PVC en ftalaat, maar vol van nuttighede soos ‘n lekvrye deksel met ‘n knoppie wat maklik kan oopmaak, en ‘n stewige vlekvrye-staal konstruksie. www.faithful-to-nature.co.za en takealot.com

2. MELISSA & DOUG DIEREREDDINGSTROK (R399.90)

Met hierdie ruwe safari-trokkie is die twee vrolike reddingsveldwagters gereed om oor die grasvlakte te zoem om hulle ses dierevriendjies te help. Lig en verwyder die ladingsdeur om die kleurvolle diere af te laai, en tel en stapel dan die houtstukkies voordat jy die trokkie weer laai en die deur styf toemaak. toykingdom.co.za

3. DINNER WINNER AANDETE SKINKBORD

VIR KINDERS (R399)

Dinner Winner maak etenstyd pret! Die doel is om by die eindstreep uit te kom waar ‘n spesiale (verborge) soetdingetjie wag. Selfs uitsoekerige eters sal hulle bord leegmaak. Die skinkbord is van 100% melamien gevorm en is veilig vir die bediening van kos en skoonmaak in die skottelgoedwasser. takealot.com

4. COCOMELON SNACKTIME JJ POP (R729)

Hierdie speelgoedkosblik—in die vorm van die gewilde CoComelonkarakter JJ—kom met ‘n drie-stuk skinkbord, vurk, lepel en speelgoeditems soos ‘n stukkie roosterbrood met eier, ‘n appel en ‘n ysie. Kleuters kan oor die verskillende kosgroepe leer en hoe om te tel. Laat hulle op JJ se magie druk om liedjies en verskillende klanke te hoor. Loot.co.za en takealot.com

5. OH SO HEAVENLY TOTS ‘N TODDLERS FOREST FUN SAGTE BORRELBAD (R62.99) & VEELSYDIGE VERSAGTENDE ROOM (R39.99)

Die roomerige borrelbad vorm ‘n hele klomp borrels om badtyd pret te maak. Dis met 100% natuurlike rooibos toegedien, en die kleur- en seepvrye formulasie is klinies bewys om sag te wees op kosbare vel. Nadat jou kind gebad is, gebruik die versagtende room (met rooibos en shea botter) om sy delikate vel diep te voed en hidrateer tot op 24 ure. Clicks-winkels en aanlyn by www. clicks.co.za

6. DIE VORENTOE-GERIGTE BOEKRAK (R1

790)

Al die boeke wat jy so sorgsaam vir jou kind gekies het, kan maklik gesien en bygekom word op hierdie vorentoe-gerigte boekrak. Selfs voor jou kind nog kan lees sal sy die kleurvolle en aanvallige omslagillustrasies sien en daardeur aangemoedig word om die boeke te lees—óf self óf saans saam met ma en pa. studiodoodle.co.za

2 3 6 1 4 5
74 Moeder & Kleuter Uitgawe 2 NUUT OP DIE RAKKE Vir kleuters

Henro het n verskeidenheid van smullekker koekies wat elke okkassie kan opkikker.

Gryp nou jou gunsteling Henro koekies en geniet daardie gelukkige oomblikke met familie en vriende!

Kwel jou nie

Behulpsame items om ma’s se lewens gemakliker en gesonder te maak

4. SLEEPY BOTTLE (R2 300)

1. PHILIPS AVENT ENKEL ELEKTRIESE BORSPOMP (R3

900)

Die Natural Motion-teknologie van hierdie borspomp hou jou melkvloei op ‘n optimale vlak en pas by jou tepelgrootte en -vorm aan. Dit bied die perfekte balans van suiging en tepelstimulasie aan, geïnspireer deur die natuurlike manier waarop babas drink. Die stille motor beteken dat jy jou borsmelk op enige plek diskreet kan uitdruk, terwyl die adaptiewe silikoonkussing sag en gemaklik is. Die borspomp druk ook gou uit, so jy sal meer melk uitkry in minder tyd. Baby City, Dis-Chem en Babies R Us, of aanlyn by takealot.com en www. medhealthsup.com

2. THE KINDNESS CO. FLY AWAY AFWEERMIDDEL (R79.99)

‘n Eenhonderdpersent natuurlike vliegafweermiddel wat geen skadelike chemikalieë, toksiene of gifstowwe bevat nie. Sproei dit op alle oppervlakke soos die tafelblad, deur- en vensterrame—en wanneer jy en jou familie buite eet, sproei dit op tafels of tafeldoeke om vlieë of bye af te weer vir ten minstens twee of drie ure. Moenie bekommerd wees nie: hierdie produk sal nie die vlieë of bye doodmaak nie, dit sal hulle net afweer. www.thekindnessco.co.za

3. BRAMLEY AFRICAN COLLECTION WEEFSELOLIE (R26.99)

Hierdie premiumreeks van Bramley Cosmetics—wat met 100% natuurlike olies geformuleer is en wat met heerlike blomreuke gegeur is—sal jou stemming en self-vertroue verhef. Daar is twee variante: Arganolie & Macadamia, en Aalwyn & Olyfolie. Arganolie staan bekend as ‘vloeibare goud’ danksy die genesende eienskappe, terwyl aalwyn bekend is vir intensiewe bevogtende en koelende eienskappe. Hierdie weefselolies sal help om rekmerke, littekens en donker kolle te voorkom, asook jou vel se tekstuur en toon te verbeter. Die olies versprei maklik en word gou geabsorbeer. Uitgesoekte PEP-winkels

Die wêreld se eerste volledige draagbare babaformulemaker— nou hoef jy nie meer in die middel van die nag na die kombuis toe te gaan nie! Terwyl jy slaap, hou die Sleepy Bottle die formule droog en verhit die water na die perfekte temperatuur van 37°C. Wanneer baba wakker word, hoef jy slegs die bottel te draai en skud om die formule met die water te meng—dis gereed in sekondes. www.kidsemporium.co.za

5. SOPURE MYTVRY BABA STOFSPROEI

(R139.95 VIR 500ML)

Hierdie sproei help om die proteïne in myte en hulle uitskeidings wat allergieë veroorsaak, te neutraliseer. Dit kan op beddens, kussings, linne, bababeddens, gordyne, tapyte, babastoele, donserige speelgoed en meubelstowwe gebruik word. Dit kan ook help om virusse, bakterie, muf en meeldou te verwyder sonder enige skadelike chemikalieë of toevoegsels. Die suiwer formulasie is 100% nie-giftig en vry van kunsmatige reuke—sag op weefstowwe, babas en die planeet. sopure.co.za

6. PHILIPS AVENT GEVORDERDE ELEKTRONIESE STERILISEERDER (R3

020)

Steriliseer tot op ses voerbottels met toebehore in slegs 10 minute, waarna die masjien outomaties sal afskakel. Die nuwe drupplaat beskerm die verhittingsplaat teen melkdruppeltjies, wat onaangename reuke sal help verminder. Sterilisering is effektief en vry van chemikalieë, en gebruik die krag van suiwer stoom om jou baba se items tot op 24 uur steriel te hou. Die steriliseerder maak 99.9% van kieme dood, vir gemoedsrus by elke voeding. Baby City, Dis-Chem en Babies R Us, of aanlyn by takealot.com en www.medhealthsup.com

76 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
NUUT OP DIE RAKKE Vir mamma
2
6 5
3 1
4

BOEKRAK

Die nuutste leesstof vir die jongspan, onder meer slaaptydboeke, ‘n pretboek, ‘n bundel Khoena-verhale en ‘n boek vir jong natuurliefhebbers

DRAKE DEEL NOOIT!

deur Nicola Kinnear (R155, HUMAN & ROUSSEAU)

STORIES IN DIE WIND deur Deidre Jantjies (R170, TAFELBERG)

Rissie is ‘n baie soet draak. Sy volg al die reëls in die Reëlboek vir Drake: Sy steel by almal, en wil nie haar skatte met enige iemand deel nie! Die ander diere het genoeg gehad. As hulle maar die draakreëls kon verander...

Tien verhale wat die minder bekende stories van die mense van die Richtersveld, Namakwaland en Kalahari vertel. Die karakters is diere, mense, die son, maan en sterre. Skilpad en Volstruis sê mekaar die stryd aan. Sal Jakkals en Leeu kan saamwerk om te jag? Die mense van Hoerikwaggo trek //Hui !Gaeb toe...

BABADIERESTORIES: NAG, EENDJIE EN NAG, APIE deur

Elsa Silke (R140, HUMAN

& ROUSSEAU)

Hierdie pragtige slaaptydboeke met fotoillustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n kits droomland toe stuur. Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur... en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind. En Apie wil altyd die beste in alles wees. Maar hoogmoed kom voor die val, en hy leer gou dat om ‘n goeie maatjie te wees die heel beste van alles is.

LEKKERLAGPRETBOEK

deur De Wet Hugo (R155, HUMAN & ROUSSEAU)

Hierdie pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke.

DIE WILDE WÊRELD VAN AFRIKA deur Owen Hendry (R170, PENGUIN RANDOM HOUSE)

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis? Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers.

78 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
VRYE TYD Lees

KINKELS EN KEUSES 1: DIE HOLDERSTEBOLDER

HONDEPARTYTJIE deur De Wet Hugo (R135, HUMAN & ROUSSEAU)

Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: ‘n hond! En hy wil ‘n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunstelingsanggroep, Wagter en die Waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? ‘n Storie propvol kinkels en keuses!

DIE DODELIKSTE DONUTS IN DIE HEELAL

deur Cecilia Steyn en Johann Strauss (R165, HUMAN & ROUSSEAU)

Wynand se ma is nou wel ‘n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak ‘n ander plan: Sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! Wat kan tog fout gaan?

MY GUNSTELING-DIERESTORIES EN MY GUNSTELING-SLAAPTYDSTORIES deur Kobus Geldenhuys (R150, HUMAN & ROUSSEAU)

My gunsteling-dierestories bevat vyf stories oor diere wat kinders se verbeelding sal aangryp: “Die Vos en die Ooievaar”, “Die Lelike Eendjie”, “Die Haas en die Skilpad”, “Die Kraai en die Kruik” en “Die Drie Rammetjies Rof”. Terwyl My gunsteling-slaaptydstories stories soos “Die Plaasmuis en die Dorpsmuis”, “Rooikappie”, “Hansie en Grietjie”, “Die Dors Duif” en “Die Bondel Stokke” insluit. Beide boeke is perfek vir voorlees tydens slaaptyd, maar ook selflees.

DIE SEEROWERS 3: DIE SEEROWERS EN DIE MONSTER SE SKAT deur Jonny Duddle

(R165, HUMAN & ROUSSEAU)

Ahooi daar, skarminkels! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture.

Hierdie keer soek hulle na ‘n skat, maar ‘n vioolspeler waarsku hulle teen ‘n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, opvreet...

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 79
Lees VRYE TYD

E MA IEK K R FL V A

8 genotvolle kinderrolprente om mammas meer as ‘n 80-minute ruskansie te gee...

Ons verstaan dat dit somtyds nodig is om kinders vir langer as net ‘n 24-minute episode te vermaak. So hier is ons lys van prima kinderrolprente op Showmax wat die kleingoed kan kyk sodat jy meer as 80 minute kry om ander takies te verrig.

TOM & JERRY (PG)

Ons gunsteling kat en muis is terug! Jerry trek in by New York se mees uitspattige hotel op die vooraand van ‘die troue van die eeu’, en dwing geleentheidsbeplanner Kayla (Chloë Grace Moretz) om Tom te huur om van die ongenooide gas ontslae te raak. Maar chaos breek uit, en hul voortslepende kat-enmuis bakleiery dreig om Kayla se loopbaan, die troue en selfs ook die hotel te vernietig.

In hierdie aflewering moet Peter Parker vir Dokter Strange om hulp vra nadat Spider-Man se identiteit bekendgemaak is. Wanneer ‘n towerspreuk verkeerd loop, begin daar gevaarlike vyande van ander wêrelde te verskyn, en Peter word gedwing om vas te stel wat dit eintlik beteken om Spider-Man te wees. Jy kan ook Spider-Man: Homecoming (2017) en Sam Raimi se Spider-Man-trilogie op Showmax kyk.

SING 2 (PG)

Die vervolgstuk tot die rolprent Sing van 2016 (ook op Showmax) beeld die eskapades van die immeroptimistiese koala, Buster Moon (Matthew McConaughey), en sy mede-spelers uit terwyl hulle beplan om hul mees betowerende skouspel ooit in die skitterende vermaaklikheidshoofstad van die wêreld te stig. Maar as hulle die skouspel in die Crystal Tower-teater in die bekorende Redshore City wil hou, sal hulle die meedoënlose magnaatwolf, Jimmy Crystal, moet ompraat en die eenselwige rocklegende-leeu, Clay Calloway (die stem van U2 se Bono), oorreed om na die verhoog toe terug te keer.

80 Moeder & Kleuter Uitgawe 2
SPIDER-MAN: NO WAY HOME (10-12PG LV)
VRYE TYD TV-tyd

The long-awaited sequel to the 1996 favourite, Space Jam: A New Legacy sees a rogue AI trap basketball champion LeBron James and his son in a digital space, forcing LeBron, Bugs Bunny and a gang of notoriously undisciplined Looney Tunes into the highest stakes basketball game ever as they face the AI’s digitised champions on the court.

Geen stad is te groot, en geen hondjie te klein nie! Hierdie fliek is op die geliefde kleutertelevisiereeks gebaseer en volg Ryder en sy trop hondjie-held vriende na Adventure City toe waar die geldgierige burgermeester Humdinger besig is om die bedrywige stad in wanorde te bring. Plus, daar is ‘n nuwe dapper meisiehondjie in die span: Liberty.

GHOSTBUSTERS: AFTERLIFE (10-12PG)

Afterlife vind 32 jaar na die gebeure van Ghostbusters II plaas. ‘n Enkelma en haar twee kinders verhuis na die plaas in Oklahoma wat sy van haar vervreemde pa oorerf het. Geleidelik ontdek hulle hul verbinding met die oorspronklike Ghostbusters en die geheime erfenis wat die kinders se oupa agtergelaat het. Kyk ook uit vir Ghostbusters I en II sowel as die 2016-rolprent op Showmax.

THE BOSS BABY: FAMILY BUSINESS (PG)

The Boss Baby 2 gaan oor die nou-volwasse Templetonbroers wat vervreemd geraak het—totdat ‘n nuwe ‘boss baby’ hulle probeer om weer bymekaar te bring, en sodoende kindertyd te red. Die sterbesetting sluit in Alec Baldwin, wat sy rol as die Boss Baby hervat, asook James Marsden, Jeff Goldblum, Lisa Kudrow, Eva Longoria and Jimmy Kimmel. The Boss Baby 1 is ook op Showmax beskikbaar.

THE BIG RED DOG (PGV)

Die fliek is op die geliefde reeks van 80 kinderboeke deur Norman Bridwell gebaseer, en gaan oor ‘n klein rooi hondjie genoemd Clifford, wat blykbaar sal groei soveel as wat sy nuwe beste vriend hom sal lief hê. En op stuk van sake word die jong Emily baie, baie lief vir Clifford...

Uitgawe 2 Moeder & Kleuter 81
PAW PATROL: THE MOVIE
ages)
JAM: A NEW LEGACY
(All
SPACE
(PGLV) CLIFFORD
TV-tyd VRYE TYD
JUNIOR PROBIOTIC & IMMUNE SUPPORT ALL with Vitamin C Creating a Balance between Fun and Function Containing 4 strain probiotic and Vitamin C 3 With 12.5 billion CFUs South Africa’s preferred probiotic expands their Junior Range! *As a result of the reduced upper respiratory tract symptoms that are treated by the combination of Probiotics and Vitamin C The information included on this material is not intended to replace your health care professionals advice. References: 1. IRI August 2021. 2. Garaiova I, Muchová J, Nagyová Z, et al. Probiotics and vitamin C for the prevention of respiratory tract infections in children attending preschool: a randomised controlled pilot study. Eur J Clin Nutr 2015;69(3): 373-379. 3. ProbiFloraTM Junior Fit for School Professional Information. ProbiFlora™Junior Fit For School Chewable Tablets. Each chewable tablet contains total probiotics 12,5 billion CFU (colony forming units), probiotic blend consisting of Lactobacillus acidophilus CUL60, Lactobacillus acidophilus CUL21, Bifidobacterium animalis subsp. Lactis CUL34, Bifidobacterium bifidum CUL20, Asorbic acid (Vitamin C) 50 mg Health Supplement. Category D: Complementary Medicines. 34.12 Multiple Substance Formulation. This unregistered medicine has not been evaluated by the South African Health Products Regulatory Authority for quality, safety or intended use. Adcock Ingram Limited. Co. Reg. No. 1949/034385/06. Private Bag X69, Bryanston, 2021, South Africa. Customer Care: 0860 ADCOCK/232625. www.adcock.com. 2022032510192692 April 2022 47 % less absent days from preschool compared to other children* 2

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.