Nongqai Vol 12 No 2

Page 45

Oorsake van die Probleme in die Polisiediens Brig Fanie Bouwer (Wes-Kaap) Ter inleiding Ek wil van meet af sê dat daar by my nie ’n eensydige, subjektiewe veroordeling van die SAPD is nie. Hierdie is ook nie ’n in-diepte ontleding van al die probleme nie, maar sal ek probeer om slegs sekere kern oorsake uit te wys. Ons en die gemeenskappe wíl almal steeds ’n goeie polisiediens hê. En ek was immers selfs ’n paar dekades deel van hierdie organisasie gewees – beide in die SAP en die SAPD. Waarneembare positiewe aspekte

Let wel: dit is nie meer net geïsoleerde insidente nie, maar duidelike onaanvaarbare, waarneembare gedragspatrone wat ontwikkel het. En die tragiese is: dit gebeur vanaf konstabels, reg deur tot heel bo by die (nuwerwetse) generaals. Wie sou ooit in sy stoutste verwagtinge kon dink dat dÍt sou gebeur? ’n Kardinale vraag is: Hoe het dit dan gebeur dat kriminele aktiwiteite nie net deesdae op laagste vlakke plaasvind nie, maar reg bo tot by die hoogste hiërargie? Deel daarvan is kortliks hierbo aangeraak, maar dalk is dit ’n storie vir ’n ander dag, wat ’n veel dieper ontleding verg.

Ek is terdeë bewus daarvan dat daar hier en daar nog steeds baie goeie polisiewerk gedoen word. Soos bv. die baie puik ondersoeke wat deur die Valke en ander plaaslike speurders by polisiestasies gedoen word; sekere polisiestasies wat nog goed deur bevelvoerders in partykeer moeilike omstandighede met bekwaamheid en integriteit bestuur word. Die Engelssprekendes verwys daarna as die sg. “pockets of excellence”. Dis is goed dat mens ook daarvan moet kennis neem.

Soos ons almal weet, is die misdadige gedrag en ander kaperjolle só aanhoudend en wydverspreid, dermate so dat ek, jy en die Suid-Afrikaanse gemeenskappe alreeds geruime tyd besig om al hoe meer vertroue in die polisie te verloor en lede van die gemeenskap is selfs deesdae bang vir hulle. En dít is ’n gegewe. Dit word bevestig deur verskeie studies wat reeds hieromtrent gedoen is deur geloofwaardige instansies en navorsers.

Wat het andersins verkeerd geloop?

Daar is heelwat dinge wat mens hier kan lys; van die totale verlies aan institusionele geheue; regstellende aksie (wat selfs nou skaamteloos in blote diskriminasie gemanifesteer het); gebrekkige of onvoldoende opleiding (kollegerekrute én die volgehoue, gevorderde opleiding soos speurder- en offisierskursusse, en ander); aanvanklike rekrute-keuring wat op ’n tydstip oorboord gegooi was, maar later toe effe briek aangedraai is; die feit dat die polisie destyds deur politici (jy weet wie) en hulle trawante gekaap was om hulle eie “kriminele agterente” te red; aanstellings van onbevoegde oud-MK lede vir “dienste gelewer” vóór 1990 teen die vorige regering en top-aanstellings soos Jacki Selebi, Riah Phiyega, Bheki Cele en die huidige nasionale kommissaris ( Khehla Sitole) wat nou deur d.s. Cele (nou minister) oordonder word.

Die kriminele gedrag en ander kaperjolle, wat swak dissipline en wangedrag binne die geledere van die polisie insluit, en wat al om die ander dag in die media gerapporteer word, is egter die gevolg van dinge wat verkeerd geloop het, nie net tussen die hoë bestuurshiërargie op sigself nie, maar ook wat betref toesig en bestuur van ander offisiere en lede van hierdie groot organisasie ondertoe. Die tweede kwessie wat meesal uit die oog verloor word, is die huidige strukture waarbinne hulle funksioneer. Meer oor lg. hieronder. Dit alles manifesteer dan in swak polisiëring en ander probleme op stasievlak, daar waar die tekkie die teerblad slaan. En dit raak ons – die gemeenskap - dan almal. Die vraag is nou: Gaan dit mettertyd soos die jare aanstap elke jaar se nuwe rekrute beïnvloed, totdat hulle ook almal gekontamineer is in die werksomgewing en dan maar soos die res, of party van hulle eerder, begin maak?

Algemene probleme

Meeste van bg., indien nie almal, was aangestel met ’n politieke doel – nie om misdaad beter te beveg of om ’n bekwame(r) polisiediens daar te stel nie. Lg. kwessies het dus aan die agterspeen gesuig, SA beleef nog steeds die negatiewe gevolge daarvan.

NONGQAI VOL 12 NO 2 FEBRUARY 2021

(Continued on page 46)

45


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook

Articles inside

Nawoord: Hennie Heymans

13min
pages 218-221

Detective Sgt J.G. Kotzee

8min
pages 210-212

Briewe

10min
pages 213-217

Professor Anthony Turton

7min
pages 206-209

Genl maj. G.N. Opperman SDSMMMM

8min
pages 201-205

SA Commonwealth War Causalities buried

12min
pages 194-200

Britains last female WWII transport pilot dies

9min
pages 166-171

Enigste land in die wêreld waar vroue mag

36min
pages 172-190

RHODESIAN WAR ART: John Wynne Hopkins

4min
pages 191-193

Chinese intelligence challenge to the USA in

4min
pages 152-158

1914: Scotty Smith: Vroeë Spioen van die Unie

6min
pages 161-165

Enkele Brokkies oor die voormalige Republikeinse

4min
pages 159-160

2 SQUADRON SAAF: Photos bt Christo Chrous

1min
page 151

UDF: Garrison Military Police Robert's Heights

3min
pages 148-150

n Kommando gedig (gegrond op 'n ware verhaal

0
page 141

PC Peter Harris: Darryl Newcombe

1min
pages 129-130

Die werklikheid van Oorlog: Oumagrootjie MS

2min
pages 131-132

nLEWENSREIS: Brig Hannes Slabbert

36min
pages 111-128

DIE SPEURDER: Johan de Jager

3min
pages 109-110

Reminiscences of a Railways Policeman: Keith

4min
page 108

SA Spoorwegpolisie: Sake, verhale en staaltjies

10min
pages 104-107

Crime Index by City2021

0
page 103

REGSPLEGING: STRAF IN DIE TOWNSHIP: Brig

1min
page 102

Lt genl CF Zietsman

26min
pages 65-91

NONGQAI Trust

0
page 100

Tugela Ferry Firearm Unit: Late WO Jurgen Freese

31min
pages 53-64

Police Courts and Prisons in Early Johannesburg

7min
pages 50-52

Oorsake van die Probleme in die Polisiediens: Brig

6min
pages 45-46

1937: Die oorspronklike Nongqai is 30 jaar oud

2min
pages 47-48

Die Verwyt wat ewig by my sal spook: Lt genl. Johan

17min
pages 38-44

1970 SAP Foxtrot Company: Caprivi at Bwabwata

1min
page 37

TROU TOT DIE DOOD TOE:Genl. Johan

5min
pages 35-36

Dr Leon Wessels vertel

4min
pages 33-34

The Genesis and Contribution of the Re

45min
pages 17-29

Slaap En Polisie Funksionaliteit: Dr Coert Mommsen

7min
pages 30-32

Genl. H.J. Van den Bergh

8min
pages 8-14

Oleg Kalugin, KGB Spymaster:Tribute and

2min
pages 15-16

Pastoor Koot Swanepoel

1min
page 7

Brig. Hennie Heymans

3min
page 6

Inhoudsopgawe | Contents

5min
pages 3-5
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.