Afro-Asiatiese Taalfamilie

Page 18

Nylvallei-Arabies

Die woord Egipte kom van Latyn Aegyptus, via Grieks Aigyptos, uit die Ou Egiptiese E-Ka-Ptah “die huis van die gees van Ptah”. Egiptiese Arabies, Masri (

‫ ) َمصرى‬is die eerste taal van sowat 68 miljoen

Egiptenare. Dis eintlik die dialek van Kaïro, en word regoor die Nyldelta gepraat in verskeie subdialekte. Die ander dialekgroep is Ṣaʽīdi (‫ )صعيدى‬wat van Giza tot by Nubiё gepraat word. Masri (‫ ) َمصرى‬word oor die hele Arabiese wêreld verstaan danksy die Egiptiese media en die uitsaaibedryf. Boonop woon studente uit die Arabiese wêreld Egiptiese universiteite en kolleges by. Die Arabiese dialekte van Egipte is deur Kopties – die laaste fase van Egipties – beïnvloed, in die leksikon, fonologie en sintaks. Kopties is nog tot die 17de eeu gepraat toe dit eindelik deur Arabies vervang is. Fonologies verskil Masri van die skryftaal, Klassieke Arabies, as volg:  Vyf vokale /a, e, i, o, u/ teenoor die drie van Klassieke Arabies /a, u, i/  Die [q] – ‘n k wat agter in die keel artikuleer word, word as stembandklapper uitgespreek  Die Klassieke [dž] van Jamal word ‘n [g] in Masri  Die interdentale konsonante /θ ð ðˤ/ word /t d dˤ/ of /s z zˤ/ in Egiptiese Arabies.

‫ )صعيدى‬is ‘n vorm van gesproke Arabies met sowat 25 miljoen

Opper Egiptiese of Ṣaʽīdi Arabies (

sprekers wat van Nubiё in die suide tot naby die begin van die Nyldelta gepraat word. Ṣaʽīdi se onderskeidende kenmerk is dat die bovermelde [q] as [g] en die bovermelde [dž] soos in Klassieke Arabies uitgespreek word. Soedanese Arabies van die Nylvallei is verwant aan Egiptiese Ṣaʽīdi Arabies, en is beïnvloed deur Dongolawi Nobiin. Die /q/ word as ‘n [ɢ] uitgespreek, en die [u] van Klassieke Arabies word as [o] uitgespreek.

17


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.