DEUR WORK 4 A LIVING STORIE VAN HOOP
FLAGS
Van Armoede tot Voorsiening Patela & Mfundo se getuienis
P
atela en Mfundo Tyoba is van Umtata in die Oos-Kaap. Hulle bestuur ’n sentrum van WORK 4 A LIVING (W4AL) in Umtata wat honderde werklose jongmense help om werk te kry of hul eie besigheid te begin. Patela was ongeveer vier jaar werkloos voordat sy van W4AL te hore gekom het. Sy beskryf daardie tyd in haar lewe: “My lewe was so wanhopig! Ek het gevoel dat daar geen geleenthede vir my was nie en dat ek gedoem was om ’n desperate lewe te slyt soos almal om my.” Haar wanhoop in haar omstandighede het tot depressie gelei wat sy met partytjies en drank probeer verdoof het. Toe vertel een van haar bure haar van die W4AL-werkgereedheidsprogram. Patela het besluit om dit by te woon en daar het haar wêreldbeskouing heeltemal verander. Tydens die kursus het sy die Evangelie gehoor en haar lewe aan Jesus oorgegee. “Dit was asof die wêreld in volkleur verander het!” beskryf sy daardie oomblik.
geletterdheidsvaardighede wat sy geleer het, gebruik om verder te studeer en het daarna ‘n kwalifikasie in menslikehulpbronbestuur verwerf. Mfundo het toe self ook die werkgereedheidskursus voltooi en sê oor sy ervaring: “Dit was die grootste besluit wat ek ooit geneem het. Ek het destyds nie werk gehad nie en was moedeloos. Van die eerste dag af by W4AL het my lewe verander. Iets is in my hart gebore om ons gemeenskappe te dien en te help. Daar is so baie ander jongmense in ons gemeenskappe wat nie werk het nie.”
Hulle eie sentrum om ander te help
Nadat hulle lewens so verander is en omdat hulle ’n passie het om hierdie verandering ook in ander werklose jeugdiges in hul omgewing te sien, het Patela en Mfundo W4AL genader om hulle eie sentrum te begin. Nou bestuur hulle ’n volwaardige W4AL “Tech Hub” in Umtata. Talle mense is al gehelp en baie lewens verander; ’n Lewensveranderende transformasie jongmense is gered, terug skool toe of het ondernemings begin. Aanvanklik was Patela se destydse kêrel, Mfundo, nie so opgewonde Danksy hierdie sentrum wat mense se ingesteldheid verander, het oor hierdie verandering nie. Hy vertel: “Toe [Patela] terugkom van die mense in Umtata werk! Mfundo en Patela se sentrum het ’n die W4AL-program, het ek ’n verandering in haar opgemerk. Ek het goeie uitwerking in hulle gemeenskap en die paartjie het onlangs haar probeer oortuig om nie meer die klasse by te woon nie, want ek ook hulle eie vryskutagentskap begin nadat hulle die digitale Bootcamp-kursus van W4AL voltooi het. wou die ou Patela hê wat altyd partytjie wou Nou kan hulle vir hulle gesin sorg en na hul hou!” Ondanks die teenkanting tuis, het kinders se skoolopleiding omsien. Patela volhard met die kursus, werk Patela en Mfundo gekry en selfs vir Mfundo na die help honderde werklose Here toe gelei. Daarna ’n Bybelse wêreldbeskouing vervang jongmense om werk het sy die finansiële’n ingesteldheid van armoede te kry. Hierdie radikale transformasie en die daaropvolgende uitwerking op ’n gemeenskap kan nie net toegeskryf word aan ’n goeie program nie. Patela en Mfundo het die kern van W4AL – om jou ingesteldheid te verander en die korrekte wêreldbeskouing aan te neem – ter harte geneem. Mfundo brei hieroor uit: “Ons het ’n ingesteldheid van armoede gehad wat sê: ‘Ons is arm en ons sal altyd arm wees; ons kan nie verander nie!’ Ons het gesit en wag dat iemand anders ons moet kom red en hierdie einste manier van dink het ons arm gehou! W4AL het ons denkpatrone heeltemal verander van ’n armoede-ingesteldheid na ’n Bybelse wêreldbeskouing. Nou weet ons dat dit nie goed is om by die huis te sit en niks te doen nie. As iemand moedeloos is in hul omstandighede en nie weet wat om te doen nie, raai ek hulle aan om by ’n W4AL-sentrum in hul stad aan te klop. Hulle lewens sal verander en hulle sal ook hulle gemeenskappe kan verander – net soos ons!” WORK 4 A LIVING is ’n Christus-gesentreerde NRO wat individue bemagtig om in die werkplek te presteer. Besoek www.work4aliving.org vir meer inligting
Mergon werk in vennootskap met Koninkryksorganisasies en bedieninge in Afrika en die Midde-Ooste om hoop te bring en gemeenskappe positief te verander. www.mergon.co.za
JUIG! TYDSKRIF xx