FLAGS
D
eur die loop van die geskiedenis het bepaalde omstandighede en gebeure daartoe aanleiding gegee dat sekere Bybelboeke beklemtoon is. Augustinus het in die tweede eeu na ’n vervalle en rommelbestrooide Romeinse Ryk om hom gekyk en gewonder hoe ’n Godstad sou lyk. Hy het ’n studie van Genesis gemaak en probeer onderskei hoe hy Hippo, ’n stad in Algerië, waar hy gewoon het, kon help transformeer. In die twaalfde eeu het Bernardus van Clairvaux, ’n heilige van daardie tyd, met behulp van Hooglied probeer om ware, volwasse liefde te illustreer in ’n tyd toe vrye liefde hoogty gevier het. In die sestiende eeu het Luther, ná jare van godsdienstige onderdrukking, na die eenvoud en die waarheid van die Evangelie gesoek en dit tussen die verse van Romeine gevind. In ons era word daar baie klem op die boek Openbaring gelê. xx JUIG! TYDSKRIF 18 JUIG! TYDSKRIF
ONS MOET BESEF WIE GOD IS Tydens die COVID-19-pandemie in 2020 het die ganse wêreld tot stilstand gekom en mense het tydens die streng inperkingstyd oraloor vir God begin aanroep. Siekes, omdat hulle met die dood gekonfronteer is en nooit voorheen tyd vir God ingeruim het nie; gesonde mense, omdat hulle graag wou hê die plaag moet by hulle verbygaan. Wat ook al die omstandighede waarmee ons gekonfronteer word, ons moet iewers op ons lewenspad besef wie óns is en wie Gód is.
DIE APOSTEL JOHANNES Die apostel Johannes het ook in so ’n radikale tyd geleef toe hy op die eiland Patmos in ’n plek van afsondering ’n buitengewone ontmoeting met die Lewende God gehad het. Die openbarings in Openbaring het ongeveer in 95 n.C. plaasgevind. Keiser Domitianus was aan bewind en onmenslik wreed teenoor die Christene. Hy het homself selfs as here en god laat verklaar en vereis dat alle Romeinse burgers offers aan hom moes bring.
PERSPEKTIEF IS BELANGRIK By wyse van die boek Openbaring leer Johannes die gemeentes in Klein-Asië en ook vir ons dat daar ’n groter en heerliker werklikheid bestaan as die een waarmee ons bekend is. Die sleutel tot hierdie werklikheid word aan elkeen van ons gegee as ons net bereid is om te luister na wat die Gees sê.
MISTERIE EN APOKALIPTIEK Openbaring is ’n apokaliptiese boek soos Daniël. Dit is ook ’n misterieuse boek, gevul met simbole en boodskappe wat nie noodwendig vir die leser van die 21ste eeu maklik verstaanbaar is nie – totdat ’n mens begryp dat apokaliptiek ’n literatuurgenre is wat wil beskryf hoe God in ’n gebroke wêreld ingryp.
WAT BEHELS APOKALIPTIESE WERKE? In tye toe God se kinders hewig vervolg is, het skrywers hulle tot hierdie literatuurvorm gewend om direkte verwysings na
“God is vandag nóg steeds in beheer, al dink