Gratis JUIG! April 2021 Digitale Uitgawe

Page 26

FLAGS

WOORDE VAN

WYSHEID Die uitnemendste gawe –

Evangeliseer deur

AANBIDDING DEUR PASTOOR RON KINNEAR

I

n ’n dorp naby Phuket in Thailand is daar ’n teetuin. Die plaaslike jongmense geniet veral die tee en versnaperinge wat daar bedien word, asook die rustige atmosfeer wat daar heers. Hulle verstaan nie die liedjies wat in Engels gesing word nie. Dit het wel ’n positiewe en heilsame uitwerking op hulle. Die rede waarom die sang en musiek mense aanlok, is dat die musiek aangebied word deur gelowiges in Christus en sendelinge van Suid Afrika – o.a. Trevor en Rochelle Naidoo. Hulle het agtergekom dat sang en musiek en veral aanbidding mense na die Here trek. Die besoekers word uitgenooi om op ’n Donderdagaand na nog musiek te kom luister. Dan verander die situasie radikaal. Die byeenkoms vind in ’n kerkgebou plaas en die jong gelowiges prys en aanbid die Here. Hoewel die besoekers ’n Boeddhistiese agtergrond het, geniet hulle die aanbidding. Daar heers kalmte en vrede. Hulle ervaar ’n Teenwoordigheid van liefde en aanvaarding en dit lok hulle om meer te wil weet. Sodoende het baie van hulle se pad met dié van Christus gekruis en is hulle nou gelowiges. Ons moet die krag van ware aanbidding nie onderskat nie. Dit kan ook ons jeug na ons dienste en aktiwiteite lok wat weer na ’n ontmoeting met hulle Heiland kan lei. Ek verwys hier na die tipe aanbidding waarvan Jesus in Johannes 4:23 praat: Die Vader soek die wat Hom in Gees en waarheid aanbid. Jongmense kan onderskei tussen tradisionele liturgiese aanbidding sonder salwing en ware aanbidding in die Gees. Dié soort aanbidding kan nie nagemaak word nie. As die Here dié soek wat so aanbid, kan ons aflei dat jongmense ook daarna sal soek. 

xx JUIG! TYDSKRIF 24 JUIG! TYDSKRIF

PASTOOR RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling, stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za

LIEFDE (deel 3)

DEUR PASTOOR GORDON CLAASEN

”Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword.” – 1 Korintiërs 13:1

I

n Bybelse dae was dit uiters skaars dat iemand veeltalig was en as jy wel oor so ’n gawe beskik het, was jy as ’n welopgevoede, welgesproke en ook as ’n welbelese persoon beskou. Ander mag dalk beïndruk wees met sulke intellektuele vermoëns en welsprekendheid, maar volgens Paulus baat dit niks as dit sonder die liefde gedoen word nie. “Al sou ek die tale van engele spreek” verwys na die diep geestelike dinge, die verborgenhede, geheimenisse en openbaringe van God. Al het ons die vermoë om dit aan ander oor te dra, maar ons het nie die liefde nie, is al hierdie diep openbarings leeg en betekenisloos. Ons lewer soms die Woord akkuraat, maar sonder enige liefde. Geestelike leiers wat die Woord bedien, moet hul motiewe ondersoek en seker maak dat hulle ander met Christus se onvoorwaardelike liefde bedien. Soms word die verkondiging van die Woord eerder ’n plig sodat eie materialistiese behoeftes vervul kan word. "… en al sou ek al my goed gee uitdeel … en ek het nie die liefde nie, dan sal dit my niks baat nie.” Om vrygewig te wees, is wat God van ons vereis. Maar as diens aan Christus nie ons primêre motief is nie, dan beteken ons goeie dade niks nie. Dit is nie emosies wat ons dring om te gee nie; ons gee onvoorwaardelik, want die grondslag om aan ander te gee, is Sy liefde. As die manier hoe ons gee nie die liefde van Christus weerspieël nie, is dit nutteloos. Al lê ons ook ons lewens af vir ander, sal dit sonder die liefde niks baat nie.  PASTOOR GORDON CLAASEN is senior pastoor en stigter van Kingdom Reign Ministries. Hy bied byeenkomste aan om leiers met die Woord toe te rus. Kontak hom by info@kingdomreign.co.za of besoek kingdomreignministries.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook

Articles inside

Die Krag Van Verkoopspesialiste

4min
pages 80-84

Hoe Kan Ons Vroue-Entrepreneurskap In SA Laat Groei?

1min
page 79

Kredietkaartskuld, Jy Is Nie Alleen Nie

2min
page 78

Waarom ’n Vaderlose Seun Mentor?

3min
pages 70-71

n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees

3min
pages 68-69

Christenskap In Die Werkplek

5min
pages 76-77

Poue, Voëls Van Anderse Vere

1min
pages 66-67

Peter Vandenberg Vier 40 Jaar In CfaN

2min
pages 64-65

Golwe Van Herlewing Op Die Strand – CfaN

6min
pages 62-63

Ondanks Die Pandemie Vul Christelike Uitsendings Kirgisië – FEBA

5min
pages 60-61

Olga, ’n Ware Verhaal Van ’n Ma Se Geheime Hartseer

18min
pages 28-33

Karakters Van Die Bybel – Barabbas

6min
pages 48-49

Waarom Het Die Dissipels Nie Vir Jesus Herken Nie?

3min
page 46

Jesus Het Vir My Gesterf

9min
pages 38-41

Wat Het Gebeur Op Die Pad Na Emmaus?

3min
page 47

Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange

3min
page 27

Empatie: Lucille May

4min
pages 24-25

Woorde Van Wysheid

3min
page 26

Van Verdeeldheid Tot Eenheid: Suksesverhaal In Senekal

7min
pages 14-17

Leer Kinders Hoe Om Groepsdruk Te Hanteer

8min
pages 8-9

n Boer Se Getuienis Van Vergifnis

3min
pages 18-19

Die Openbarings In Openbaring: Elza Meyer

5min
pages 20-21

Van Armoede Tot Voorsiening, Patela En Mfundo Se Getuienis – W4AL

5min
page 13

Redakteursbrief

5min
pages 4-5
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.