FLAGS
DRUK DEUR PASTOOR RUDI BRIEL
D
ruk word op tweërlei wyses beleef: ekstern of intern. Die veeleisendheid van die werksplek of sukkelende sosio-ekonomiese klimaat is voorbeelde van eksterne druk. Dit is egter die interne druk van onbeteuelde spanning, angs, frustrasie, en so meer wat mense in duie laat stort.
HOE OM DRUK SUKSESVOL TE VERWERK 1. Konfronteer druk: Druk gaan nie vanself weg nie. Om dit te konfronteer, sal ’n gevoel van beheer teweegbring, wat baie noodsaaklik is. 2. Ontleed en herstruktureer: Ontleed jou omstandighede. Identifiseer wat die stres veroorsaak (werksdruk, oorvol programme, persoonlike krisisse, verhoudingsprobleme) en herstruktureer dit tot ’n vlak waar jy verligting van stres het.
3. Organiseer: 3.1. Organiseer jou denke. Volgens Spreuke 23:7 (Engelse vertaling) is ’n mens soos wat jou denke is. Ineenstorting, siekte of teenspoed het dikwels hul oorsprong in die denke. Hou jou denke positief. ’n Mens word en ontvang soos wat jy dink. 3.2. Organiseer jou emosies. ’n Wyse slagspreuk lui: "As die emosie styg, daal die intellek." Onbeheerste emosies sal verkeerde besluite en gesindhede tot gevolg hê. Hanteer vrees, woede en frustrasie en verwelkom weer die Heilige Gees se krag tot selfbeheersing (Gal 5:22). 3.3. Organiseer jou lewe opnuut. Intense druk kan ’n mens magteloos en rigtingloos laat voel. Organiseer jou lewe opnuut en skryf jou persoonlike lewensboek vol avontuurlike hoofstukke. Elkeen moet sy eie storie lees.
4. Anker jou geloofslewe: Stimuleer jou geloofslewe deur Woordstudie en leesstof oor geloofshelde. Kombineer gebed daarmee en ervaar hoedat God jou met Sy vrede en versterking aanraak om jou lewensreis in Sy rus voort te sit. Hy wat voor die Almagtige kniel, kan voor enige magtige situasie staande bly! PASTOOR RUDI BRIEL is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom gerus by admin@agscenturion.co.za
3 punte om oor na te dink: KINDERS GROOTMAAK
E
k onthou dat ek tien jaar oud was toe ek aan trou gedink het en om eendag my eie kinders te hê. Aangesien ek in ’n era grootgeword het waar ons ouers ons – hulle kinders – letterlik as die televisie se afstandbeheer behandel het; waar ons die tuindienste, vullisverwyderaars en algemene gofers was, dink ek my begeerte het meer daaroor gegaan om eendag ook iemand te hê wat dit alles vir my gaan doen sodat ek dit nie hoef te doen nie. Mettertyd het ek egter besef dat my begeerte om kinders te hê, diep in my gewortel was en twee van die gelukkigste dae van my hele lewe was my twee seuns, Joshua en Liam, se geboortedae.
’n Oomblik wat my hart laat smelt het Ek moet eerlik wees – om kinders te hê, was tot dusver nog nie moeilik nie. Dit voel asof dit van nature kom (ten minste vir my – my seuns mag dalk nie saamstem nie). Ek het onlangs ’n kursus gedoen oor hoe om ’n beter pa te wees en ek het skielik besef dat daar baie dinge is wat ek anders moet doen. In ’n stadium het ek tydens die sewe weke van die kursus gedink dat ek as pa die punt heeltemal gemis het. Gelukkig het Joshua my gedagtes stilgemaak toe ek hom daarvan vertel. Hy het uitgeroep: “’n Kursus om ’n beter pa te wees? Jy is al klaar die beste!” Dit het my hart laat smelt.
As jy ’n beter ouer wil wees, dink oor hierdie drie punte na: 1. Stel ’n goeie voorbeeld: “Jy moet vir die jonger mans sê hulle moet altyd weet hoe om reg te lewe. Jy self moet goeie dinge doen, sodat jy ’n voorbeeld kan wees vir hulle. Jy moet eerlik wees wanneer jy vir die mense leer, sodat hulle jou kan respekteer.” – Titus 2:6-7 (BVA)
2. Kinders is ’n gawe van God – geniet hulle en lag gereeld: “Aan die kinderlose skenk Hy ’n huisgesin, sy word ‘n gelukkige moeder van kinders.” – Psalm 113:9
3. Maak hulle groot om die Here lief te hê en die Bybel te gehoorsaam: “Wanneer jy vir ’n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het.” – Spreuke 22:6 (BVA)
GAWIE DE LANGE is die algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. Sy passie is om Christus met almal te deel.
JUIG! TYDSKRIF xx JUIG! TYDSKRIF 25