identiteit RUBRIEK DEUR PHILLIP PRETORIUS
FLAGS
LEWE VANUIT
D
OORTUIGING IN ONSEKERE TYE
ie beste spotprent wat ek in Desember 2020 gesien het, was waar iemand ’n deur waarop 2021 geskryf is, met ’n lang stok probeer oopdruk. Ons lewe in baie onseker tye. Sosiale media, waarmee baie persone hulleself die reg toe-eien om enige ongefiltreerde menings te plaas, is aan die orde van die dag. Dit maak dat waarheid ongewild is of in die meeste gevalle nie meer werklik die waarheid is nie. Grense word daagliks getoets en nuwe menings daagliks as waarhede aanvaar.
Drie dinge wat jou kan anker Wat gee ’n mens sekuriteit, stabiliteit en vryheid te midde van hierdie onsekerheid? Daar is drie belangrike aspekte wat elke mens moet vasmaak om die uitdagings van die lewe te kan trotseer: • jou IDENTITEIT • wat WAARHEID is • jou SKEPPINGSDOEL Hierdie beginsels is deur God ingestel om ons die nodige sekuriteit te bied wat ons te midde van storms standvastig sal hou. Ek praat in hierdie artikel hoofsaaklik oor identiteit en sal in komende uitgawes praat oor waarheid en skeppingsdoel.
“Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.” – Psalm 119:9 (OV) xx JUIG! TYDSKRIF 54 JUIG! TYDSKRIF
IDENTITEIT ’n Gebrek aan identiteit is vandag ’n baie groot probleem. Wanneer iemand onseker is, word hy/sy blootgestel aan ’n eindelose soektog met baie smart. Soos die bekende Engelse spreekwoord sê: “As jy nie staan vir iets nie, val jy vir alles.” Identiteit word vasgelê wanneer ons ontdek wie God is, hoekom Hy ons geskape het en ons vanuit die vreugde en vervulling van sekerheid begin lewe. Wanneer jy weet wie jy is, sal jy vanuit daardie standvastigheid ’n invloed op ander uitoefen te midde van almal se menings oor wie hulle dink jy moet wees.
’n Gevaarlike pad Dit is gevaarlik om menslike menings belangriker te ag as dié van jou Skepper. Dan word ’n onsekere soektog na ware sekuriteit geaktiveer en skep dit ’n diep behoefte vir aanvaarding in jou asook ’n ingesteldheid op die guns van mense.
Hoe word ons identiteit gevorm? Daar is ’n manier hoe ons permanente vrede kan kry oor die groot vraag van wie ons is – by die enigste veilige plek; by ons Skepper na wie se beeld en gelykenis ons geskape is. Identiteit word gevorm deur die omgewing waarmee ons onsself gereeld identifiseer. Dit is hoekom God ons ouers gee. ’n
Gesonde gesinslewe en familieverhoudings, waar ouers vir hulle kinders leiding gee en bekendstel aan wie God is, is van kardinale belang in die vorming van kinders se identiteit.
“Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers …” – Genesis 1:26 Na Sy beeld geskape God het elke mens na Sy beeld en gelykenis gemaak. Sonder Hom as middelpunt in ons lewens sal ons altyd op soek wees na ons selfbeeld. Ons verhouding met God moet gesentreerd wees rondom wie Hy is en wie Hy ons geskape het om te wees, eerder as wat ons móét en nié moet doen nie.
Ontdekking van ons ware identiteit verander ons Wanneer ons begin ontdek wie ons in Hom is, gee Sy Goddelike energie en begeerte ons ’n lewenslus om die verskil in ons samelewing te maak. Daar begin outomaties ’n begeerte in ons ontwikkel om hierdie God na wie se beeld ons geskape is,