SENDING DEUR CHRIST FOR ALL NATIONS
FLAGS
Golwe van herlewing op die strand Die inperking kan God se planne nie stuit nie!
J
essi Green was gehoorsaam aan die visioen wat die Here haar vyf jaar gelede gegee het en sy het ’n groot invloed op die weskus van Amerika waar ’n herlewing tans in Kalifornië aan die gang is. Sy het nog altyd ’n vurige liefde vir dié wat verlore gaan en het op ’n dag besef dat sy die gawe van evangelisasie het, maar kon egter nie veel inligting kry wat evangeliste oplei en vir die bediening voorberei nie. “Ek voel dit is een van die geestelike gawes waaroor daar min gepraat word. Mense hou van evangeliste, maar hulle weet nie wat om met hulle te doen nie,” het sy onlangs in ’n onderhoud gesê. Maar sy het van evangelis Reinhard Bonnke gehoor en het later ook Christ for all Nations (CfaN) se School of Evangelism (SOE) ontdek. Sy onthou hoe sy byna elke dag ná die klas gehuil en gebid het oor dít wat sy geleer het.
’N DUBBELE PORSIE In een onvergeetlike voorval tydens die tweede laaste skooldag, het sy Reinhard Bonnke genader. Die jong evangelis het wat sy ’n “vreemde versoek” noem, aan hom gerig. Sy het hom gevra of sy ’n “dubbele porsie” van sy salwing kan ontvang. Die evangelis het stip na haar gekyk en haar hande toe stewig vasgehou en gesê: “Jy sal dít waarvoor jy gevra het, ontvang.” In September 2015 het Jessi haar SOE-opleiding voltooi en sy was nooit weer dieselfde nie. Sy was aan die brand vir die Here. Sedert daardie dag het sy ’n las vir Amerika. Met haar tuiskoms in New York, het sy dadelik begin om die Evangelie op straat en in die ondergrondse stasies met ander te deel. Jessi kon weens die vuur in haar hart snags nie slaap nie. Sy het die Evangelie voortdurend verkondig en God het vir Jessi ’n visioen gevolglik is ’n menigte mense gered. Drie maande nadat sy die SOE-opleiding oor Kalifornië gegee. voltooi het, het God vir Jessi ’n visioen Sy het die kusdorpie oor Kalifornië gegee. Sy het die kusdorpie Huntington Beach gesien Huntington Beach gesien waar “duisende waar “duisende mense mense besig was om gedoop te word”.
GOD HET GESÊ: ‘GAAN!’
xx JUIG! TYDSKRIF 60 JUIG! TYDSKRIF
besig was om gedoop te word”.
Sy het in haar hart ervaar God sê dat dit die volgende herlewing sal wees en dat sy ’n rol daarin sou speel. Die herlewing sou begin deur die “gelowiges toe te rus”. God wou hê dat sy die vuur in haar ook in ander moet aansteek. Dus het sy sonder om te huiwer en in volle vertroue op die Here, Hom gehoorsaam. Sy en haar man het alles in New York agtergelaat, ook hulle werk en het sak en pak met ’n twee maande oue baba na Kalifornië verhuis. Hulle het by ’n woonstelletjie in Huntington Beach ingetrek. Die paartjie het alles opgeoffer vir die visie wat God vir hul lewens het.