SENDING DEUR CHRIST FOR ALL NATIONS
FLAGS
PETER VANDENBERG VIER 40 JAAR IN CFAN
BO: Peter by ’n CfaN-veldtog saam met die president van CfaN, Daniel Kolenda, wat die leisels by Reinhard Bonnke oorgeneem het
C
hrist for All Nations (CfaN) vier die 40ste herdenking van die datum toe visepresident Peter Vandenberg deel geword het van die CfaN-span. Peter is gebore en getoë in Zimbabwe. Hy is ’n ingenieur en het opleiding in die bediening. Hy het 1981 by CfaN aangesluit ná ’n toevallige ontmoeting met die stigter, Reinhard Bonnke. Peter was so diep geraak deur die destydse jong evangelis, dat hy hom gebel het om te vra of hy by die nuwe bediening kon aansluit en hulle dien. Die enigste beskikbare pos was dié van ’n werktuigkundige wat verantwoordelik was vir die herstel van die vragmotors wat die verhoog en toerusting van byeenkoms tot byeenkoms oral in Afrika vervoer het. Reinhard het aangeneem dat die pos heeltemal benede Peter sou wees, maar die ingenieur het geweet dat die Here met hom gepraat het. Tot Reinhard se verbasing het Peter die geleentheid aangegryp om vragmotors vir CfaN reg te maak. Die stap was beslis deur die Gees geïnspireer. Oor
Peter Vandenberg en sy vrou, Evangeline
xx JUIG! TYDSKRIF 62 JUIG! TYDSKRIF
die volgende paar jaar sou Peter se beroeps- en Skriftuurlike opleiding, sy rykdom aan ervaring, vaardighede in organisering, sy gemaklike aard en volkome toewyding aan die verspreiding van die Evangelie hom tot die nommertweeposisie in die organisasie laat vorder – met toesig oor byna elke aspek van die groot Evangelieveldtogte se bedrywighede. Namate Reinhard Bonnke die leisels van CfaN aan Daniel Kolenda oorhandig het, het Peter Vandenberg die rol vervul van ’n belangrike skakel van een geslag na die volgende. Omdat hy daar was in die vroegste dae van die bediening, vervul hy steeds die rol as die “lewende geheue” van die bediening: ’n bewaarder van verhale, getuienisse en lesse wat die alledaagse operasionele werk van die organisasie met ’n belangrike gevoel van
nalatenskap vervul. Daarbenewens was Peter nog altyd aan die voorpunt van innovering – tegnologies en in die bedieningslewe. Hy gaan voort om nuwe visie by CfaN se kultuur en metodes aan te wakker. Dit is deur hierdie unieke kombinasie van eienskappe – van onskatbare waarde – dat Peter Christ for all Nations vir ewig help vorm het. En daarmee saam ook die meer as 80 miljoen siele wat Christus tydens hierdie ampstermyn leer ken het. In sy outobiografiese boek, Into the Unknown, vertel Peter van die talle uitdagings wat hy met die Here onderneem het: vyandige konfrontasies, gevaarlike reise, hangsweefongelukke … Sy lewensverhaal lees soos ’n avontuurroman – en elke woord daarvan is waar! Into the Unknown kan by die CfaN-boekwinkel bestel word by cfan.org.za of skandeer die QR-kode.