OUERSKAP DEUR MATT HAVILAND
FLAGS
WAAROM ’N VADERLOSE SEUN MENTOR? 3 maniere om sy lewe te verander
D
ie verslae is deurlopend: Ons lewe in ’n samelewing met ’n vaderlose jeug. Met alle respek teenoor dié wat sonder ’n sterk vaderfiguur grootgeword het, verkies ek egter om nie hier op die negatiewe te fokus nie. Ek gee liewer praktiese maniere waarop ons as mans goeie mentors vir vaderlose seuns kan wees.
Jou aandeel kan langtermynvrugte oplewer Mentorskap is ’n voorwaardelike roeping, dit mag nooit ten koste van jou eie gesin wees nie. Maar net een uur per week saam met ’n vaderlose jongman kan ’n merkwaardige positiewe uitwerking in sy lewe hê en langtermynvrugte oplewer.
Waar kan jy begin?
Die goue reël – hou by jou woord
Enkelouers is helde. Ek het deur die jare heen saam met talle enkelma’s en -pa’s gewerk. Hulle vermag dinge wat die res van ons verstom. Tog is ’n enkelouer steeds net een persoon en kan hulle doodeenvoudig nie aan al die eise van die lewe voldoen nie. ’n Belangrike eienskap van ’n goeie mentor, is om te verstaan hoe belangrik dit is om toegewyd te wees. Beplan julle rooster ten minste een skooljaar vooruit om ongeveer een keer per week te ontmoet. Te veel kinders is al meermale in die steek gelaat deur leë of verbreekte beloftes. As Mentorskap is ’n jy sê dat jy daar gaan wees, hou by jou woord. wonderlike geleentheid As jy dit regtig nie kan maak nie, laat die kind, die mentorskapprogram en die kind se gesin om jou geloof en vooraf weet. En maak seker dat jy dadelik julle waardes uit te leef – om afspraak herskeduleer.
onvoorwaardelike liefde aan dié te betoon wat dit die nodigste het.
Weet jy nie waar om te begin nie en is jy miskien selfs ’n bietjie geïntimideer? Moenie wees nie. Die meeste gemeenskappe het ’n mentorskapsprogram by skole, naskoolsentrums of gemeenskapsorganisasies. En ek kan uit persoonlike ervaring getuig dat die mentor net soveel baat by die mentorskap as die persoon wat gementor word. Volg hierdie eenvoudige formule – daag op (wees konsekwent!). xx JUIG! TYDSKRIF 68 JUIG! TYDSKRIF
Jy moet inspraak in sy lewe hê
Een van my gunstelingteksverse sê: “Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom” – Efesiërs 4:29. Dit is presies wat ’n vaderlose seun nodig het – om verbaal opgebou te word. Jou bemoedigende woorde speel ’n belangrike rol in