W122021

Page 68

LESERSTORIE

Uiteindelik… avontuur!

Hulle het ’n aftreereis soos min beplan, maar toe steek Covid-19 ’n stokkie voor hulle planne. Al moes hulle ’n jaar wag, was dit uiteindelik ’n avontuur vir die boeke, vertel Hennie en Emmerentia Hugo van Brackenfell in die Kaap.

T

oe Hennie en Emmerentia getroud is, het hy haar gewaarsku hulle pad vorentoe gaan ’n avontuur wees. Hy erken egter nou dat sy dalk nie voorbereid was op presies hoé avontuurlustig hy is nie. Hulle was al digby tien keer in die Gamkaskloof, soms met erge teenstand en verskonings van Emmerentia se kant af, maar Hennie het altyd daarop aangedring dat hulle sáám die avonture beleef. Toe Hennie se aftrede aan die einde van 2019 begin nader kom, het hy reeds ver gevorder met die beplanning en bespreking van verblyf vir hulle volgende groot avontuur. Hy het Google Maps “stukkend gekyk” soos hy na moontlike paaie en roetes gestaar, planne gemaak en dit dan weer verander het. Teen Januarie 2020 was alles haarfyn beplan. De laaste verblyf is bespreek en in die meeste gevalle ook ten volle betaal. Die plan was soos volg: om en by ’n maand in die Krugerwildtuin, vandaar na Tshipise, dan na Marakele, gevolg deur Botswana tot by Senyati, van waar hulle ’n vinnige uitstappie na die Victoriawaterval sou onderneem. Volgende sou die Zambesistreek (Caprivi) aan die beurt kom op pad na 68 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep

Okaukeujo in Etosha, gevolg deur Erindi en dan na hulle geliefkoosde Swakopmund. Daarvandaan sou hulle net op plekke oorslaap op pad na Augrabies voor hulle terugkeer huis toe. Waarmee hulle nié rekening gehou het nie, is die wêreldwye Covid-19-pandemie. Ná die president se eerste familievergadering vroeg verlede jaar was al hulle reisplanne van die baan. Maar Hennie-hulle ken nie van moed opgee nie en het vinnig gespring om hulle planne met ’n jaar aan te skuif. Genadiglik werk al die plekke waar hulle reeds bespreek het, mooi saam en hulle kan begin uitsien om in 2021 in die pad te val. Covid-19 was egter nog nie klaar met hulle nie: In Februarie kom maak die virus ’n ongenooide draai in hulle huis – soveel so dat Hennie én Emmerentia twee weke lank in die hoësorgeenheid beland. Vroeg in Maart word hulle ontslaan, en sowat ’n maand later gee die longspesialis toestemming dat hulle op toer mag gaan. Hennie vertel. Ons beoog om op 30 April 2021 te vertrek, en die pakkery verg omtrent ’n gemeet en gepas om alles in te kry. Ons

vat selfs ons kampwasmasjien saam, want ons gaan met vakansie en wil nie sukkel met vuil klere nie. Dan breek die groot dag aan. Die president het nou al verskeie familievergaderings gehou, maar niks keer ons om te ry nie, want daar is nie meer geslote grense of enige ander struikelblokke nie. Ons val vroegoggend in die pad en mik vir die Karoo- nasionale park, ons eerste oornagplek. Ons reis met ’n 2007-model Mazda BT-50-bakkie en ons Alpha Panther-woonwaentjie (’n 2017-model) wat ons “Alphi” gedoop het. >


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.