Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies Opgedra aan Sheree Rayfield en met dank aan Juan Janse van Vuuren
Pieter Uys Orchards April 2021
Voorblad: Die Key Marco Cat, ʼn houtfiguur van Florida Sipres, is deur die Calusa-mense van die Golf van Meksiko gemaak.
1
Inhoudsopgawe Inleiding
3
Andies vs Amasonies
4
Mapudungun
6
Aymara
8
Quechua
11
Tale van Titicaca
13
Guaraní
14
Die Meso-Amerikaanse Sprachbund
16
K’iche’
18
Literatuur van die Maya
19
Sierra Popoluca
21
Die Taal van die Olmecs
24
Proto-Mije-Soke-woorde in Meso-Amerikaanse tale
27
Purépecha
28
Die Staat van Tarasco
30
Náhuatl
32
Cherokee
34
Lakota
36
Die Amerindiese Tale
40
Verwysings
48
Top Tien inheemse tale van die Amerikas en van die VSA
49
Bibliografie
50
Indeks
52
2
Inleiding Amerindies is ʼn huldeblyk aan Joseph H Greenberg (1915 – 2001) en Merritt Ruhlen (1944 – 2021). Die legendariese antropoloog en linguïs Greenberg het in die 1950s internasionale roem verwerf met sy sensasionele klassifikasie van Afrikatale. In sy finale taksonomie van 1963, het hy die meer as 1,200 tale van Afrika binne net vier families geklassifiseer. Een van sy prestasies was sy ontdekking dat die Ntu-tale wat so ʼn wye verspreiding oor sentraal-, oos- en suidelike Afrika het, net ʼn subgroep is van ʼn groter familie met lede in Wes-Afrika en Kordofan, Soedan. Aanvanklik is sy klassifikasie hewig deur Afrikaniste gekritiseer maar dit dien nou as die hoeksteen van historiese linguïstiek in Afrika. Sy artikel "Some Universals of Grammar with Particular Reference to the order of Meaningful Elements" (1962) het ʼn klassieke werk op die terrein van taaltipologie geword en is steeds een van die mees aangehaalde artikels in die linguïstiek. Die vier-volume “Universals of Human Language” is deur Greenberg geredigeer en in 1978 deur Stanford University Press gepubliseer. Die twee volumes van Greenberg se finale werk, "Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic language family, " het in 2000 en 2001 verskyn. In sy mees omstrede boek, “Language in the Americas” (1987), het Greenberg die tale van die Amerikas in net drie families geklassifiseer. Benewens Na-Dene en Eskimo-Aleut, het hy Amerind as een familie identifiseer. Die woede wat dit ontketen het, kan vergelyk word met die woede teen Darwin se bevindinge. Skaars ʼn jaar na publikasie, het ʼn professor van genetika, Luigi Luca Cavalli-Sforza bevind dat die bevolkings van die Amerikas geneties in dieselfde drie groepe val as die taalgroepe wat Greenberg identifiseer het. Die antropoloog en linguïs Merritt Ruhlen (1944 – 2021) was die mees prominente advokaat en ondersteuner van Joseph Greenberg se werk. Hy was op die voorpunt van inisiatiewe om die bevindinge van historiese linguïstiek met ander menswetenskappe soos genetika en argeologie te koördineer. Sy spesialisvelde was multilaterale taalvergelyking, die Amerindiese taalphylum, die Indo-Pacific-taalfamilie, die verbintenis tussen die Yenisei-tale van Siberië en Na-Dene van Noord-Amerika, sowel as navorsing oor die monogenesis van taal en Proto-Sapiens. In dié verband het hy vir drie dekades met die genetikus Cavalli-Sforza en die argeoloog Colin Renfrew saamgewerk.
Pieter Uys Orchards April 2021
3
Andies vs Amasonies Anders as in Meso-Amerika, bestaan daar nie ‘n Sprachbund in Suid-Amerika wat so duidelik omskryf is as die Meso-Amerikaanse een nie. Sowat 15 miljoen mense praat Andiese tale. Die Andiese familie het meer sprekers as al die ander Amerindiese families saam, en sluit in tale soos Aymara, Patagon, Quechua (Kechwa) en Mapudungun (Araukanies) wat in Ecuador, Peru, Bolivië, Chile en Argentinië gepraat word. Die familie word ook Hoogland- of Westerse Suid-Amerindies genoem. Die kenmerkende Amerindiese N : M patroon vir die eerste en tweede persoonlike voornaamwoorde val mens dadelik op, soos Quechua noqa / qam en Mapudungun iñche / eymi.
(In
Eurasië
is
die
kenmerkende patroon M : T/S). In die werkwoord gebruik Andiese tale hoofsaaklik suffikse om die agent, pasiënt, onderwerp, voorwerp, aspek en tyd te merk, ‘n eienskap wat met Eurasiatiese groepe ooreenstem. In die ooste van die kontinent gebruik tale soos Arawak, Macro-Jê, Carib en Tupi hoofsaaklik prefikse vir voorvermelde doeleindes. Verder beskik die tale in die Andiese groep gewoonlik oor minder klinkers maar heelwat
meer
konsonante
as
die
Oosterse
of
Amasoniese families. Aymara en Quechua bied ‘n interressante voorbeeld van veelvlakkige bilaterale taalkontak. Albei groepe is oorwegend SOV met nominatief-akkusatiewe instelling, en ‘n reëlmatige morfologiese struktuur wat op aglutinerende suffiksering gebou is. Fonologies stem hulle ook ooreen, soos wat duidelik blyk wanneer die rekonstruksies van hulle prototale vergelyk word. Die foneem-inventarisse is dieselfde behalwe vir die glottale en geaspireerde konsonante in Proto-Aymara. Quechua het meer naamwoord-uitgange en affikse om naamwoorde te skep as Aymara. By die werkwoord is die situasie omgeruil: Aymara het meer werkwoord-affikse, veral vir die ekspressie van ruimtelike kategorieë.
4
Op leksikale vlak deel hulle ‘n woordeskat wat teruggaan na die prototale. Meer as 20% van die gerekonstrueerde leksikon het identiese vorme, met inbegrip van kernwoorde soos /nina/ ‘vuur’, /warmi/ ‘vrou’ en /apa-/ ‘om te dra’. Mapudungun se ooreenkomste met Quechua en Aymara kom uit die verre verlede, soos die stamme /t_ʃaŋ/ ‘been’, /tapɨl ‘blaar’, en /moŋkol/moŋkoʎ/ ‘rond’ aandui.
Bron: Pache, Matthias. 2014. Lexical Evidence for Pre-Inca Language Contact of Mapudungun (Mapuche) with Quechuan and Aymaran. Universiteit Leiden. Journal of language contact 7 (2014) 345-379
5
Mapudungun Andies Sowat 300,000 mense praat Mapudungun, saamgestel uit mapu ('land') en dungun (‘taal’). Die term "Huilliche" (mense van die suide), "Pehuenche" (mense van die berge), "Lafquenche" (mense van die kus), en "Picunche" (mense van die noorde) word onderling gebruik om na streke te verwys.
6
Die sprekers van Mapudungun woon hoofsaaklik in Chile se Arauco-, Biobio-, Malleco-, Cautín-, Chiloé en Valdiviaprovinsies, en in Argentinië in Neuquén en langs die Rucachoroi- en Quillénmeer in Patagonië. Hulle Chileense woongebied is skilderagtig mooi, ‘n landskap van watervalle en mere met die sneeubedekte Andesgebergte in die agtergrond. In die lente en somer word die lowergroen omgewing aangevul deur veldblomme en bome vol bloeisels. Mapudungun toon strukturele, fonologiese en fonotaktiese ooreenkomste met die Quechua- en Aymaratale. Tydens die Inkaryk het Mapudungun heelwat woorde by die voorvermelde tale geleen. Ses vokale [a, e, i, o, u] en [ɨ] en 22 konsonante, almal stemloos, vorm die fonemiese inventaris.
Selfstandige naamwoorde word in twee klasse verdeel: Lewend/nie-Lewend. Die voornaamwoordstelsel bestaan uit iñche 'ek', iñchiw'we (ons twee)', iñchiñ'we (ons meer as twee)'; eymi 'jy', eymu ('julle twee)', eymün (julle meer as twee)'; fey 'hy/sy/dit', feyengu '(hulle twee)', feyengün hulle (meer as twee)'. Mapudungun is ‘n aglutinerende taal wat tot ses morfeme in werkwoorde gebruik, in die vorm van suffikse wat die persoon en getal van die onderwerp aandui, sowel as die voorwerp, tydvorm, aspek en negering. Modale vorme van die werkwoord sluit in indikatief, voorwaardelik, en imperatief, terwyl die aspektuele onder meer ‘n reeks ruimtelike afleidings bevat, soos “weg vd spreker, na die spreker”, “beweging ver van die spreker” sonder vorige verwysing, sowel as sirkulêre beweging. Die eerste grammatika van Mapudungun is in 1606 gepubliser, in 1765 het ‘n woordeboek gevolg en in 1777 nog ‘n grammatikawerk.
7
Aymara (Aymar aru) Andies Die Aymaratale bestaan uit Aymara van Bolivië, en Jaqaru en Kawki van Peru.
Sowat 2,5 miljoen Aymara-sprekers woon op die Altiplano, die hoë plato rondom Titicaca-meer in die suide van Peru en noordweste van Bolivië. Kleiner getalle woon in Chile en Argentinië. Die stad La Paz in Bolivië is hoofsaaklik Aymara – die voorstad El Alto word as die hoofstad van die Aymara beskou. Die Altiplano lê tussen twee massiewe bergreekse van die Andes, op ‘n hoogte van tussen 3,800 m en 4,100 m bo seespieël. Dis die area waar die Andes op sy breedste is – na Tibet, is dit die 8
grootste hoogplato op aarde. Bolivië het die grootste deel daarvan, maar die plato strek verder noord na Peru en suid na Argentinië en Chile.
In Quechua word dit ‘Collao’ genoem, en in Aymara, ‘Qullaw’, (plek van die Qolla), sedert die Inkaryk, toe die provinsie as Qollasuyu bekend gestaan het. Die Titicaca-meer wat deur Peru en Bolivië gedeel word, beslaan 8,290 km2 en het ‘n oewer van 700 km. Dis die hoogste bevaarbare meer ter wêreld. Die twee hoofdialekte is Sentrale en Suidelike Aymara. Onder die subgroepe is die Qolla, Lupaka, Kanchi, Karanka, Kana, Pacaxe, Killaka, Ubina, Aullaga en Omasuyo. Geen fonemiese kontras bestaan tussen sluitklanke sonder stem [p] of met stem [b]) nie, maar elkeen kan op drie maniere artikuleer word: gewoon (tenuis), met glottalisering, en geaspireerd. Aymara het ‘n alveolare/palatale kontras vir die laterale en nasale klanke, sowel as die semiklinkers (/w/ en /j/). Die drie fonemiese klinkers is /a/, /i/ en /u/ wat kort en lang variante het. Aymara is ‘n aglutinerende en uitsluitlik suffikserende taal, met naamwoord-, werkwood- en onafhanklike agtervoegsels. Veertien naamvalle verbuig die naamwoord. Tot nege agtereenvolgende suffikse kan aan ‘n woord geheg word, en die woordorde is SOV.
9
In sekere opsigte tree Aymara soos ‘n infleksionele taal op, waar die persoons- en tyds-uitgang deur ‘n enkele suffiks onderskei word. Die teenwoordige tyd en die onlangse verledetyd word as definitief beskou, terwyl die toekomstige en verre verlede as onseker beskou word. Die Aymara-werkwoord bied ‘n indrukwekende reeks nuanses in sy uitgange, soos byvoorbeeld of die spreker ‘n aksie sien plaasvind het of nie; selfs bespiegeling kan in die werkwoord aangedui word. Verder is daar die kousatief, refleksief-resiprokaal, en vorms vir ruimtelike rigting. Die modaliteite sluit in evidensialiteit, gebeurtenis-modaliteit en imperatief. Aymara en Quechua deel ‘n enorme leksikon, en Spaans is die vrugbaarste bron van leenwoorde in Aymara. Die eerste Aymara-grammatika en woordeboek is in 1612 deur die Jesuïtepriester Ludovico Bertonio uitgegee.
10
Quechua (Runa Simi) Andies Quechua is by verre die Amerindiese taalgroep met die meeste sprekers; dit word in Peru, Bolivië, Ecuador, Colombië en Argentinië gepraat deur sowat 12 miljoen mense. Die Boliviese laaglande en die stad Cochabamba is hoofsaaklik Quecha-sprekende gebiede. Quechua is ‘n amptelike taal in Bolivië, Ecuador en Peru met ‘n teenwoordigheid op radio- en TV.
•
Sentrale Quechua (Waywash) word in die sentrale hoogland en op die kus van Peru gepraat, en bestaan uit Huaylas, Huaylla Wanca en Conchucos.
•
Wanp'una, in die noordelike berge van Peru; die grootste dialek is Cajamarca.
•
Kichwa word in Ecuador, noordelike Peru en Colombia gepraat (Inga Kichwa) en sluit Chimborazo Hoogland Quichua en Imbabura Hoogland Quichua in.
•
Suidelike Quechua in Bolivië, Chile, suidelike Peru en noordwestelike Argentinië, met die hoofdialekte Cusco (Qheswasimi, Runasimi), Ayacucho, en Puno (Collao).
•
Lank voor die uitbreiding van die Inkaryk het Quechua reeds oor die sentrale Andesgebergte versprei, en dit was die amptelike taal van die Inkaryk 1438 – 1533. Dis tot die 18de eeu deur die Spanjaarde bevorder Die Rooms Katolieke Kerk het die taal vir evangelisasie gebruik. Die sendeling Domingo de Santo Tomás het in 1560 die eerste Quechua-grammatika gepubliseer.
11
Proto-Quechua het drie vokale /u/, /a/ en /i/ gehad, en /i/ en /a/ is as /e/ en /o/ voor die keelklank /q/ uitgespreek. Weens kontak met Spaans het die meeste dialekte vandag ook /e/ en /o/ as fonemiese elemente. Die konsonante was almal stemloos. Quechua is ‘n nominatief-akkusatiewe aglutinerende taal wat van suffikse gebruik maak, met sewe naamvalle. Persoonlike voornaamwoorde sluit eerste / ñoqa/, tweede / qan/ en derde /pay/ / persone enkelvoud en meervoud in. Die eerste persoon meervoud het ‘n inklusiewe /ñoqanchis/ (Ons en jy) en eksklusiewe /ñoqayku/ (Ons sonder jou) vorm. Alle werkwoordstamme eindig op ‘n klinker, is reëlmatig en word op dieselde wyse vervoeg. ‘n Suffiks wat persoon en getal merk, word vereis, terwyl die tydsvorm, aspek en modaliteit opsioneel is. Besit word deur besitlike merkers aangedui wat aan die voorwerp geheg word. Die vervoegings sluit kousatief, applikatief, refleksief, wedersyds en desideratief in, Die woordorde is vry hoewel SOV verkies word, en sintaktiese verhoudings word deur die naamvalle en agtervoegsels aangedui.
12
Tale van Titicaca Titicacameer het sy eie taalkundige demografie. Pukina en Leco is uitgestorwe tale van die gebied rondom die meer, terwyl Kallawaya ‘n geheime taal is wat deur tradisionele genesers gebruik word.
Die Uru of Uro (Qhas Qut Suñi) wat op drywende vlotte op die meer naby Puno, en langs die Desaguaderorivier woon, se taal Uchumataqu het rondom 2010 uitgesterf. Hulle praat nou die verwante Chipayataal wat ook op die dorp Chipaya in Sabaya-provinsie gepraat word. Die sprekers van Chango, wat op die kus van Chile, van Huasco tot by Cobija in Antofagastaprovinsie gepraat is, het na Mapudungun oorgeslaan. Sowat 4,000 Quechua-sprekers woon in tien dorpies op die eiland Amantani van sowat 15 km2 (6 vk myl). Twee heuwels, Pachatata (Vader Aarde) en Pachamama (Moeder Aarde) bevat antieke ruines. Sowat 2,200 sprekers van Puno Quechua woon op die eiland Intika, wat ‘n area van 5.72 km2 (2.21 vk myl) beslaan. Agt honderd Aymara-gesinne bewoon Isla del Sol, een van die grootste eilande op Titicaca, met volop ruïnes uit die Inkatyd soos ‘n heilige rots en die tempels Chicana, Kasa Pata en Pilco Kaima. Nog ‘n Aymara-eiland is Isla de la Luna, oos van Isla del Sol, wat die ruines van ‘n tempel van die Tiwanaku-beskawing bevat. 13
Guaraní Tupi Equatorial-Tucanoan Guaraní, ‘n amptelike taal van Paraguay, is lid van die Tupi-familie en verwant aan die Karibbiese en Macro-Jê-families. Guaraní word oor ‘n uitgebreide gebied suid van die Amasonerivier tot in Argentinië gepraat, en van die Boliviese Andes in die weste tot by die Atlantiese Oseaan in die ooste.
Die Tupi-familie bestaan uit sowat 70 tale wat in Brasilië, Bolivië, Franse Guyana, Peru en Paraguay gepraat word. Die Proto-Tupi tuisland was waarskynlik tussen die Guaporé- en Aripuanãriviere, wat hoofsaaklik in die Rondônia-provinsie van Brasilië lê. Guaraní het min of meer agt miljoen sprekers. Die meeste Paraguayane is tweetalig in Guaraní en Spaans. Guaraní is ook ‘n erkende tweede taal in die Corrientesprovinsie van Argentinië. Die taal het nasale klinkers, genasaliseerde konsonante en nasale harmonie. Die twaalf klinkers is /a/, /e/, /i/, /o/, /u/ /ɨ/ en hulle nasale ekwivalente. Afhangende van dialek is daar 17 – 19 konsonante. Guaraní is ‘n aglutinerende en polisintetiese taal wat beide prefikse en suffikse gebruik. Die werkwoord neem prefikse vir die subjunktief en imperatief, en vir die kousatiewe, refleksiewe, resiprokale vorm, behalwe die kousatief van oorganklike werkwoorde. Aspek en tydsaanduiding sluit in teenwoordige tyd, die progressiewe aspek, verre verlede, perfektief, toekoms en onmiddellike toekoms. Die naamvalle van selfstandige naamwoorde word deur suffikse of agtervoegsels gemerk. Voornaamwoorde verskyn in onderwerp-, besittings-, direkte voorwerp en indirekte voorwerpvorme. Die eerste persoon meervoud (ons) het ‘n inklusiewe en eksklusiewe vorm. Guarani is ‘n aktief-statiewe taal waar oorganklike werkwoorde aktief is terwyl onoorganklike werkwoorde aktief of statief kan wees. Die onderwerp van ‘n onoorganklike klousule word soms op dieselfde manier gemerk as die agent van ‘n oorganklike werkwoord (ek, hy) en soms as die direkte voorwerp (my, hom). Die vorm word bepaal deur die mate van beheer wat deur die deelnemer uitgevoer word. Om te sê dat iemand gestruikel en geval het, sal Guaraní dit uitdruk as “geval hom” want “hy het geval” sou beteken dat die persoon met opset geval het. 14
Spaans en Guaraní leef al vir 400 jaar saam, en in Paraguay is baie leenwoorde tussen die twee uitgeruil. Die woorde jaguar, tapioca en toucan kom van Guaraní.
Die heel eerste grammatika is in 1640 deur die Jesuit Antonio Ruiz de Montoya gepubliseer. Vandag is daar TV- en radioprogramme, supplemente in koerante en toneelstukke in Guaraní. Bron: Jenner, Frances. Paraguay’s Guaraní language is flourishing but its indigenous people are not: Legislation protecting the Guaraní language reveals a double-standard in the government's approach to the Guaraní people. Latin America Reports May 6, 2019.
15
Die Meso-Amerikaanse Sprachbund ‘n Sprachbund of ‘n linguïstiese konvergensie-area is ‘n versameling van aangrensende tale wat strukturele ooreenkomste toon wat te wyte is aan geografiese nabyheid en taalkontak; die tale moet geneties onverwant wees, of net verlangs verwant, en die Sprachbund-eienskappe mag ‘n valse indruk van verwantskap skep.
‘n Groep tale wat eienskappe deel kan net as ‘n Sprachbund omskryf word indien die eienskappe gedeel word om ander redes as die genetiese geskiedenis van die tale. Om tale te probeer klassifiseer sonder kennis van die geskiedenis van die tale kan tot die wanklassifikasie as ‘n Sprachbund lei, en sommige Sprachbunds kan verkeerdelik as taalfamilies geklassifiseer word. Lede van die Amerindiese makrofamilies Chibchan-Paezan, Hokan, Penutian en Sentrale Amerind word in Meso-Amerika aangetref, insluitende die Maya- en Mije-Sokean-tale en Purépecha, wat nie werklik deel daarvan is nie. Die tale van die Meso-Amerikaanse Sprachbund sluit die volgende eienskappe in: •
•
‘n Totale afwesigheid van werkwoord-finale basiese woordorde hoewel daar volop SOV-tale aan die noorde en suide van die gebied is. En al die ander moontlike kombinasies kom daar voor: VSO in Nahuatl, Mixtec en Zapotec, VOS in Otomi en in Mayatale en SVO in Mazatec en Huave. Alle Meso-Amerikaanse tale gebruik relasionele naamwoorde om ruimtelike en ander verhoudings aan te dui, soortgelyk aan voorsetsels in Afrikaans maar bestaande uit ‘n naamwoord plus besittings-affikse, soos “sy-hond die man.” 16
• • • •
•
‘n Generiese relasionele partikel wat soos ‘n generiese voorsetsel optree, byvoorbeeld “op my” (my kop) en “in die kamer” (in-sy-maag-die-kamer). ‘n Fenomeen wat uiters raar buite Meso-Amerika is, ‘n spesiale woordorde by W-vrae (wat?, waar? en wie?). Semantiese Leenvertaling-samestellings – die woord vir spesifieke voorwerpe word geskep deur twee verskillende stamme saam te voeg, bv been + kop = knie. Vigesimale telwoordstelsels wat op 20 gebaseer word (net soos die desimale stelsel op 10 gebaseer is). In Europa gebruik Frans, Deens, Wallies en Skotse Gaelic dié stelsel, of elemente daarvan. Ander kenmerke wat gereeld voorkom maar nie universeel is nie, sluit in:
Sommige tale onderskei inklusiewe en eksklusiewe voornaamwoorde in die eerste persoon meervoud (ons en jy) vs (ons sonder jou). In die werkwoordstelsel is aspek belangriker as tyd (tense), en die copula (die werkwoord “is”) word nie gebruik nie. Kontrasterende stemhebbende sluitklanke, frikatiewe, geaspireerde sluitklanke en affrikate is raar.
Bron: Meso-America as a Linguistic Area. Author(s): Lyle Campbell, Terrence Kaufman, Thomas C. Smith-Stark Source: Language, Vol. 62, No. 3 (Sep., 1986), pp. 530-570 Published by: Linguistic Society of America Stable URL: http://www.jstor.org/stable/415477 https://www.languagesgulper.com/eng/Mesoamer.html 17
K’iche’ Maya Penuties
Die Mayatale word deur minstens sewe miljoen mense in Sentraal-Amerika gepraat, hoofsaaklik in Meksiko, Guatemala, Belize, El Salvador en Honduras. Mayatale vorm deel van die MesoAmerikaansse Sprachbund, ‘n streek van linguïstiese samevloeiing wat deur millennia van interaksie tot stand gebring is. Die vyf subfamilies van Maya is •
Ch'ol-Tsotsil
•
Huastec
•
Yucatecan
•
Chujean-Kanjobal
•
Quichean-Mam
Die moderne Mayatale stam af van Proto-Maya wat sowat vyfduisend jaar gelede gepraat is. In die verre verlede (rondom 2000 VHE) het daar ‘n toevloei van leenwoorde uit die Mije-Soke-familie na die Proto-Mayafamilie plaasgevind. Sowat 30 tale vorm Maya, een van die deeglikste gedokumenteerde taalfamilies van die Amerikas. Die Mayataal met die meeste sprekers is K’iche’ in Guatemala met 2.3 miljoen, gevolg deur Yucatec met 800, 000 in die Meksikaanse deelstate Yucatán, Quintana Roo en Campeche. Derde op die lys is Q’eqchi’ van oostelike Guatemala en suidelike Belize met sowat 700,000 speakers. Mam is vierde met 500,000 sprekers in Meksiko en Guatemala, Tzeltal is vyfde met 450,000 en Tzotzil sesde met 420,000, albei in Chiapas, Meksiko. K’iche’ is die Amerindiese taal met die meeste sprekers in Meso-Amerika, en word gebruik in die media. Alle Mayatale is ergatief-absoluut, en die woordordes VOS, SOV, SVO en VSO word almal gebruik. Werkwoorde is morfologies kompleks en neem beide pre- en suffikse.
18
Mayatale gebruik geglottaliseerde konsonante (ejektiewe sluitklanke), wat gewoonlik geskryf word met ‘n apostroof na die simbool, bv /p’/, /t’/ en /k’/. By ‘n ejektief word lug uit die mond eerder as die longe vir artikulering gebruik. Die klinkers is d /i/, /e/, /a/, /o/, /u/ en sommige tale het ook /ə/.
Literatuur van die Maya Die Popol Vuh (Boek van die Mense) is ‘n teks oor die mitologie en geskiedenis van die Kʼicheʼ. Dit sluit die skeppingsmite van die Maya in, die avonture van die tweeling Hunahpú and Xbalanqué, ‘n kroniek van die Kʼicheʼ-mense en die dinastieë van hulle koningshuis. Dis eers mondeling oorgedra en rondom 1550 op skrif gestel deur Francisco Ximénez. Die eerste deel beskryf hoe Tepeu, god van die lug en Gucamatz, god van die see, die aarde, diere en mens geskep het. In die tweede deel word die storie van die voorvermelde tweeling vertel: hulle daal af na die onderwêreld, en kom daar uit om die son en die maan te word. Die derde deel handel oor die skepping van die eerste vier mense en hulle vroue, en hoe hulle vuur by die god Tohil verkry het. 19
Die laaste deel vertel die geskiedenis van die vroeë konings en van mitiese figure soos Geveerde Slang, ‘n sjaman wat ‘n dierevorm kon aaneem, en in die hemel sowel as die omderwereld kon reis.
Die boeke van Chilam Balam [t͡ʃilam ɓahlam] is handgeskrewe manuskripte wat uit die 17de en 18de eeue dateer. Hulle bewaar belangrike tradisionele kennis en handel oor geskiedenis, profesie, religie, ritueel, letterkunde, die kalender, astronomie en medisyne. Dit is in die Yucatec-taal met die Latynse alfabet geskryf Chilam (priester) Balam (‘n familienaam wat ‘jaguar’ beteken), is ‘n legendariese outeur. Beide taal en konteks bewys dat dele daarvan tydens die Spaanse verowering van die Yucatecstate geksryf is (1527–1546).
20
Sierra Popoluca Mije-Soke Penuties Die Mije-Soke-tale (Mixe-Zoque) word in die Landengte van Tehuantepec in Meksiko gepraat, in die deelstate Chiapas, Oaxaca, Vera Cruz en Tabasco.
Die Landengte van Tehuantepec lê tussen die Golf van Campeche op die Golf van Meksiko en die Golf van Tehuantepec op die Stille Oseaan. Die landengte is ‘n breë plato met ‘n warm klimaat, waar reënwoude en moerasse in die noorde domineer terwyl die suide droër is. 21
Die gebied se diverse geografie sluit die Chimalapaberge, en bergreekse soos die Sierra Madre del Sur, Sierra Madre de Oaxaca en die Sierra Atravesada in, sowel as die vrugbare pleine aan die noorde. Die Papaloapan- en Coatzacoalcosriviere is die grootstes wat na die Golf van Meksiko vloei. Aan die kant van die stille Oseaan is die Mixteco, Atoyac and Tehuantepec.
Mije-Soke is ‘n lid van Penuties, ‘n Amerindiese makrophylum met ‘n besonder wye verspreiding, van die weskus van Kanada deur Kalifornië tot by die suidelike state van die VSA aan die kus van die Golf van Meksiko, en tot by Guatemala.
Proto-Mije-Soke (Proto-MS) was die taal van Amerika se heel eerste beskawing, die Olmec (c. 1400–500 C.E) wat in Veracruz en Tabasco floreer het, en imposante monumente nagelaat het.
22
Proto-MS het eers in Proto-Soke en Proto-Mije verdeel, en Proto-Soke was die bron van Chiapasen Oaxaca-Soke aan die een kant, en Golf-Soke aan die ander. Die epi-Olmec-tekste wat onder meer by La Mojarra gevind is, is in Soke (Zoque) geskryf. Die taalkundige Terrence Kaufman glo dat Proto-MijeSoke by Teotihuacan (Teotiwakan) teenwoordig was, en dat Proto-MS verantwoordelik was vir baie van die eienskappe wat die Meso-Amerikaanse Sprachbund kenmerk. Mije-Soke tale het honderde leenwoorde aan al die Meso-Amerikaanse tale voorsien, soos byvoorbeeld Pajalat (Coahuilteco), Yemé (Comecrudo), Wastekan, Otomí, Tarasko (Purépecha), Matlatzinkan, Chinantekan, Nawan (Nahuan) en Totonakan.
‘n Olmec-invloed is sedert 1,500 VHE in sentrale Meksiko waarneembaar, onder meer by Tlatilco en Chalcatzingo. Die regering van Meksiko erken drie amptelike Mije-Soke-tale, te wete Mije (ayüük ) met 190,000 sprekers, Soke met 120,000 sprekers, en die Popoluca-tale – Mije sowel as Soke – met 75,000 sprekers. Soke-tale word deur sowat 120,000 mense in Chiapas, Oaxaca en Veracruz gepraat, waarvan ongeveer 40,000 Sierra Popoluca praat. Sierra Popoluca het 12 klinkerfoneme: /i/ /ɛ/, /ɘ/, /a/, /u/ en /ɔ/) wat as kort en lank kan verskyn, en 13 fonemiese konsonante. Sierra Popoluca is ‘n aglutinerende en polisintetiese taal wat 28 suffikse gebruik en val in die ergatief-absolute paradigma.
Bronne: Kaufman, Terence. 2013. Olmecs, Teotihuacaners, and Toltecs: Language History and Language Contact in Meso-America. University of Pittsburgh. Roskamp, Hans. 2016. Tarascan (P'urhépecha) Empire. In book: The Encyclopedia of Empire by John M. MacKenzie, Nigel Dalziel, Nicholas Doumanis, Michael W. Charney Kaufman, Terence and John Justeson. 2009. Historical Linguistics And Pre-Columbian Mesoamerica. Dept of Anthropology and Linguistics, 3302 WWPH, University of Pittsburgh, Pittsburgh; Department of Anthropology, University at Albany, Albany, New York
23
Die Taal van die Olmecs Die Olmecs word as die hoeksteen van latere Meso-Amerikaanse beskawings soos die Maya, Zapotec, Toltec en Teotihuacán beskou.
Die Olmec-beskawing het rondom 1,500 VHE na vore gekom in die Landengte van Tehuantepec. Die eerste sentrum was by San Lorenzo, en later het La Venta, Tres Zapotes en ander gevolg, in die hedendaagse Meksikaanse deelstate Veracruz, Tabasco, Mexico, Guerrero en Oaxaca. Die Olmec het massiewe monumente opgerig, waaronder kolossale klipkoppe, stelae en standbeelde. By Olmec-terreine is akwadukte gevind, en ‘n weelde van artefakte, waaronder beeldjies, spieëls, borde en potte. Hulle het ook piramides gebou, en die Meso-Amerikaanse balspel uitgevind, ‘n seremoniële spansport wat vir eeue lank onder latere kulture voortgesit is. Verder was hulle die eerste sistematiese landbouers wat ‘n wye reeks gewasse gekultiveer het.
24
Die laat-Olmec of epi-Olmec ( c 300 VHE – 259 HE) was ‘n kultuurarea in die hedendaagse Veracruz, wat in die kom van die Papaloapanrivier floreer het. Tres Zapotes en later Cerro de las Mesas was die grootste epi-Olmec sentra. Die Olmec het ook piramides gebou, en die Meso-Amerikaanse balspel uitgevind, ‘n seremoniële spansport wat vir eeue lank onder latere kulture voortgesit is. Verder was hulle die eerste sistematiese landbouers wat ‘n wye reeks gewasse gekultiveer het. Die laat-Olmec of epi-Olmec ( c 300 VHE – 259 HE) was ‘n kultuurarea in die hedendaagse Veracruz, wat in die kom van die Papaloapanrivier floreer het. Tres Zapotes en later Cerro de las Mesas was die grootste epi-Olmec sentra.
In 1976 het die linguïste Lyle Campbell en Terrence Kaufman aan die lig gebring dat ‘n spektrum leenwoorde uit ‘n ouer vorm van die hedendaagse Mije-Soke (Mixe-Zoquean)-tale deur verskeie ander tale van Meso-Amerika geleen is. Dit dui daarop dat Proto-Mije-Soke die taal van die Olmecs was. Die leenwoorde het hand-aan-hand met ander kuns- en kultuur-elemente deur Meksiko en Sentraal-Amerika versprei. 25
Die name van plante en landboupraktyke is op ‘n vroeë stadium by Mije-Soke geleen. Onder die leenwoorde is die woorde vir landbougewasse soos bone, tamaties, skorsies en kakao. Hoe weet ons dat die woorde van Mije-Soke na ander tale versprei het? In die eerste plek het MijeSoke min leenwoorde uit ander tale; tweedens word Mije-Soke steeds in die hartland van die Olmecs gepraat. Derdens kan mens leenwoorde in die ontvangtaal uitken op grond van die verskille tussen die struktuur van die leenwoord en die struktuur van morfeme in die ontvangtaal. Neem byvoorbeeld “aardvark”, die Afrikaanse woord wat deur Engels geleen is. In Afrikaans is “aard-vark” ‘n samestelling, terwyl dit in Engels monomorfemies is. ‘n Woord wat nie by die ontvangtaal se fonologiese struktuur inpas nie, is waarskynlik ‘n leenwoord. Proto-MS se *nas-oʔnaʔ 'mis, newel' (“aarde-wolk”) verskyn in die monosillabiese Mayatale Tojolabal, Chuj, Jacaltek en Motozintlec as ʔasun, ʔason, en ʔaso'n – atipiese tweelettergreep-woorde in Maya.
So ook /tunuk'/tuluk' “kalkoen” in die Mayatale Tzeltal, Tzotzil, Chuj, Jacaltec en Motozintlec van PMZ *tuʔnuk, en koya “tamatie” in Cakchiquel, Tzutujil, Mam, Aguacatec en Chol, van PMZ *koya. Dis betekenisvol dat sulke belangrike Meso-Amerikaanse gewasse soos bone, skorsies, tamaties en kakao deur soveel Meso-Amerikaanse tale by Mije-Sokean geleen is. As die eerste landboubeskawing in Sentraal-Amerika, maak dit sin dat die Olmecs se terme vir gewasse deur ander tale geleen sou word. Die feit dat die Mayas en ander kulture dié terme geleen het, getuig van die hoë aansien wat die sprekers van Proto-Mije-Soke in daardie era beklee het. 26
Proto-Mije-Soke-woorde in Meso-Amerikaanse tale Kakao: PMZ *kakawa: Mayatale /kakaw/; Nahua /kakawa/ het geen kognate in ander UtoAsteekse tale nie en kakao groei nie in die oorsprongsgebied van Nahua nie; Totonac /kakaw/; Huave /kakaw/; Purechepa /kahekua/. Tamatie: PMZ *koya: Chol /koya/; Mam /iško:ya/; Teco /ško:ya/; Cakchiquel, Tzutujil /sko:ya/. Patat: PMZ *mǝne: Totonac /manta/; Jicaque /mina/; Xinca /mula/; Chinantec /mɨ/; Cuicatec /mi’i/. Papaja: Copainala Zoque ʔot͡so; Xinca /uĉun/; Nahua /oĉonih-tli/; Ixcatec /tYuĉu/. Guava: Sierra Popoluca (Zoque) pátaŋ; Tzeltal /páta/; Tzotzil /póto/; klem op eerste lettergreep ongewoon vir Mayatale. Wierook: PMZ *po'mV; Mayan /po'm/; Xinca /pu:mu/; Totonac /pu˚m/; Tequistlatec /boma/; Huave /pom/. Hond: PMZ *ʔukA, PMi *ʔok; Yucatec /ok/ 'hond' kalenderdag; Huastec /ok/ vos; Kanjobalan Mayatale /ʔoq/ 'coyote', By, Wespe: PMZ *ʔakaw; Sierra Popoluca (Zoque) /ʔokwoŋ/; Huastec /ʔokow/; Tzeltal, Tzotzil, Tojolabal /ʔáko/; Mixtec /yoko/. Ou man: PMi *naʔwa(y); Huave /neawǝneay/ towenaar; Nahua /nawal/ towenaar, vormwisselaar, alter ego, /nanawatia/ om jouself in ‘n dier te verander; Proto-ChiapanecMangue /*nu-hwa/ towenaar.
Bronne: Cacao: How a Single Word Holds the Key to Understanding the Mesoamerican Past http://nahuatlstudies.blogspot.com/2015/01/cacao-how-contested-history-of-single.html Kaufman, Terrence and John Justeson. Epi-Olmec. In: The Ancient Languages of Asia and the Americas. Edited by Roger D. Woodard. Cambridge University Press 978-0-521-68494-1 First published 2008
27
Purépecha Chibcha-Paez Chibcha Purépecha (Tarascan) het sowat 170,000 sprekers, en word in die deelstaat Michoacán in Meksiko gepraat. Dit was die hooftaal van die Tarasco-beskawing in die tyd van die Asteke en die Maya (circa 1400–1521). Uit die hoofstad Tzintzúntzan het die staat ‘n gebied van meer as 75,000 vk kilometer beheer.
Michoacán is ‘n land van dennewoude, mere, riviere en watervalle. Meksiko se twee grootste riviere, die Lerma en die Balsas, vloei daardeur. Zirahuénmeer beslaan 615 km2 en Pátzcuaro het ‘n oppervlak van1,525 km2 met die eilande Yunuén, La Pacanda, Tecuén, Jarácuaro, Urandén en Carián. Die hartland van die taal is rondom Pátzcuaro-meer, maar die groter deel van die sprekers woon in die westerse sierra in landelike gebiede rondom stede soos Zamora, Los Reyes de Salgado, Paracho de Verduzco, en Pamatácuaro. Purépecha is een van die min tale in Meso-Amerika sonder ‘n fonemiese stembandklapper, en met geen laterale klanke nie, hoewel jonger sprekers die retrofleksiewe /ɽ/ met die Spaanse /l/ vervang.
28
Tesame met die voorvermelde /l/ is daar 23 konsonante, hoewel /x/ net aan die begin, en /ɽ/ net in die middel van ‘n woord verskyn. Die ses klinkers is /e/, /i/, /ɨ ( ï )/, /u/, /o/ en /ɑ/.
Purépecha is ‘n nominatief-akkusatiewe en aglutinerende taal met volop voorbeelde van fusie (infleksie), en gebruik sowat 160 suffikse. In die werkwood is daar 13 aspekte en ses modaliteite. Beide grammatiese naamvalle en agtersetsels word gebruik. Woordorde is vry maar SVO en SOV kom die meeste voor. Hoewel die taal twee eienskappe daarmee deel, vorm Purépecha nie deel van die Meso-Amerikaanse Sprachbund nie. Net die vigesimale telwoordstelsel skakel in by die Sprachbund. Uit dertien wydverspreide metaforiese uitdrukkings het Purépecha net twee: die asssosiasie ‘rand’ met ‘mond, lip’, en ‘wakker’ met ‘lewendig.’ Geneties is dit ver verwyderd van die ander lede van die Sprachbund, wat uit Oto-Mangue-, MijeSoqe-, Totonac-, Nahuatl- en Mayatale bestaan. Dit is lid van die Chibchan-Paezan-makrofamilie wat in Nicaragua en Colombia aangetref word. Hulle kennis van metaalwerk, pottebakkery, die ontwerp van hulle implemente en wonings en die aard van die bouwerk by Tzintzuntzan maak dit waarskynlik dat hulle per boot uit Suid-Amerika gekom het, tot by die mond van die Balsasrivier, en vandaar die binneland ingetrek het. Daar is ‘n Purépecha-tydskrif, verskeie koerante het afdelings in die taal, en kerkdienste word daarin aangebied. Die musiek van hierdie taal is baie gewild in die res van Meksiko.
Bronne: Malmström, Vincent H. 1995. Geographical Origins Of The Tarascans. Chamoreau, C. in press. Purepecha: a non-Mesoamerican language in Mesoamerica. Søren Wichmann (ed.) The Languages of Middle America: A Comprehensive Guide. Berlin: Mouton de Gruyter. 29
Iréchecua Tzintzuntzáni Die Staat van Tarasco Die Land van Tzintzuntzan (Iréchecua Tzintzuntzáni) was die koninkryk van die Purépecha wat min of meer die gebied van die Meksikaanse deelstaat Michoacán, en dele van Jalisco en Guanajuato beslaan het. Dis in die vroeë 14de eeu gestig en was die tweede grootste staat ten tye van die Spaanse verowering in 1530.
Hierdie hoogliggende vulkaniese streek behels die westerse deel van die Meksikaanse Mesa Central tussen die Lerma- en Balsasriviere. Dit sluit matige, subtropiese en aan die kus, tropiese klimaatsones in. Die mense was hoofsaklik Purépecha maar het ook ander etniese groepe soos die Nahua, Otomi, Matlazincas, Tecos, Chontales en Chichimec ingesluit. Die hoofstad Tzintzuntzan op die oewer van Pátzcuaro-meer is deur Koning Pátzcuaro gestig, terwyl die grootste stad moontlik Angamuco was. Die staat was ‘n vyand van die Asteke en het verskeie kere daarmee in konflik getree, sodat die Asteke nie na die noordweste kon uitbrei nie. In die 1470s het die Asteke onder Axayacatl ‘n poging aangewend om die staat se kerngebied binne te val, maar is verslaan.
30
Van 1480 af het die Asteekse koning Ahuitzotl die konflik hernu en groepe soos die Matlatzincas, Chontales, en Cuitlatecs aangemoedig om Iréchecua Tzintzuntzáni aan te val, maar Koning Zuangua het al die aanvalle afgeweer. In 1530 is die staat deur die Spanjaarde oorgeneem. In 1536 is Vasco de Quiroga as Biskop van Michoacán aangestel. Hy het die res van sy lewe in Michoacán gewerk as beskermheer van die mense, onder wie hy as die beminde Tata Vasco bekend staan. Die Relación de Michoacán is rondom 1540 deur die Fransiskaanse priester Fray Jeronimo de Acalá saamgestel; die werk bevat narratiewe van edeles van die staat, sowel as dele van die “amptelike geskiedenis van Tarasco”. Dit fokus op geskiedenis en op die mense se religieuse tradisie.
31
Náhuatl (Nawa) Yuta-Nawan Sentraal-Amerind
Sentraal-Amerind se drie takke is Kiowa-Tanoan, Oto-Mangue en Yuta-Nawan (Uto-Aztecan). Die laasgenoemde familie is een van die grootstes in die Amerikas in terme van sprekers, tale en geografie. Vanaf Idaho (Shoshone) tot in El Salvador (Pipil) is daar meer as 60 tale en sowat twee miljoen sprekers. Die Vallei van Meksiko is ‘n hooglandplato in sentrale Meksiko omring deur berge en vulkane. Dis ‘n wieg van beskawing waar kulture soos Teotihuacan en die Toltecs floreer het. Die vallei in geheel word soms die Kom van Meksiko genoem, terwyl die Kom van Meksiko meer spesifiek na die streek rondom die stad Meksiko verwys.
Vanaf hulle oorspong in die noorde, het die Nahuatl-stamme die Vallei van Meksiko soos volg bewoon: Die Xochimilca het hulle rondom 900 HE in Cuahilama gevestig. Die tweede was die Chalca wat sowat 25 km oos van Tenochtitlán gaan woon het. Laat in die 12de of vroeg in die 13de eeu het die Tepaneca hulle by Azcapotzalco aan die noordweskus van die Texcoco-meer gevestig. Die vierde, Acolhua, het hulle aan die noordooskus van die meer gevestig. Die Tlahuica was die vyfde groep, en hulle het die stede Cuauhnahuac (hedendaagse Cuernavaca), en Huaxtepec suid van die meer gestig. Die Tlaxcalan het in die ooste van die Vallei van Meksiko gaan woon waar hulle die stad Tlaxcala gestig het. Die naam Meksiko kom van die Mēxihco [meːˈʃiʔko], die sewende en laaste groep wat die meesters van die Ryk van die Asteke geword het. Hulle ander name was Culhua-Mexica en Tenochca, vernoem na Tenoch wat Tenochtitlan rondom 1325 op ‘n eiland in die Texcoco-meer gestig het. Tydens die 15de en 16de eeue het sprekers van Nahuatl oor die hele Meso-Amerika versprei onder die Asteekse Ryk. Na die Spaanse oorname is die taal in ‘n Latynse alfabet gedruk en geskryf. Klassieke Nahuatl is regoor Meksiko deur die Spanjaarde as administratiewe taal ingespan.
32
Vandag woon die grooste konsentrasie Nahua(tl)sprekers in Puebla, Veracruz, Hidalgo, San Luis Potosí en Guerrero. Die /t͡ɬ/-foneem van Klassieke Nahuatl het in óf ‘n /t/ verander soos in die dialek van die Landengte óf in /l/ in die dialek van Pómaro, Michoacán. Sommige moderne dialekte het foneme soos /b, d, ɡ, f/ by Spaans geleen. Al die tale van Sentraal-Meksiko - met inbegrip van Nahuatl - bevat leenwoorde uit Mije-Soke. Voor die jaar 500 VHE moes daar al sprekers van Mije-Soketale in die Vallei van Meksiko gewoon het. Nahuatl, wat vanaf 800 HE uit die Vallei begin versprei het, het toe reeds ‘n aansienlike aantal leenwoorde uit Mije-Soke gehad. Die werkwoordstam kry prefikse wat die persoon van die onderwerp en die persoon en getal van die direkte en indirekte voorwerp merk, terwyl die suffikse aspek, tyd, modaliteit en onderwerpgetal aandui. Twee aspekte bestaan: perfektum en imperfektum, sowel as progressief en gewoontelik in sommige dialekte. So ook die optatiewe en prohibitiewe modaliteite. Die Mije-Soke-tale beskik oor al die strukturele eienskappe wat deur Nahuatl aangeneem is, en Nahuatl het beslis een grammatiese morfeem, en morfologiese en sintaktiese patrone aan Nahuatl oorgedra. Nahuatl het ‘n vigesimal (basis-20) telwoordstelsel. Die basiswaardes is cempoalli (1 × 20), centzontli (1 × 400), cenxiquipilli (1 × 8,000), cempoalxiquipilli (1 × 20 × 8,000 = 160,000), centzonxiquipilli (1 × 400 × 8,000 = 3,200,000). Die ce(n/m) prefiks staan vir "een" (soos in "een honderd" en "een duisend"). Meksikaanse Spaans gebruik talle Nahua-leenwoorde, veral op die terrein van diername, plante, groente, vrugte, kos en drankies. Die stel affrikate sluit in [t͡s] en [t͡ɬ] wat as ⟨tz⟩ en ⟨tl⟩ geskryf word, soos /coatzacoalquense/ [koat͡sakoalˈkense] (‘van Coatzacoalcos af’), tlapalería [t͡ɬapaleˈɾia] ('hardeware winkel’). Selfs woorde van Latynse of Griekse oorsprong met ⟨tl⟩, soos /Atlántico/ en /atleta/, word uitgespreek:[aˈt͡ɬãn̪t̪iko̞], [aˈt͡ɬe̞t̪a].
Bron: Van der Hulst, Harry, Keren Rice en Leo Wetzels. The Languages of Middle America. 33
Cherokee Keresiouan Almosan-Keresiouan
Cherokee (ᏣᎳᎩ) word in Noord-Carolina, Arkansas en Oklahoma gepraat, deur net ongeveer 1,500 mense uit ‘n groep van 378, 000. Cherokee (ᏣᎳᎩ ᎦᏬᏂᎯᏍᏗ, Tsalagi Gawonihisdi [dʒalaˈɡî ɡawónihisˈdî]) is ‘n taal wat naby aan sy einde is, in weerwil van pogings om dit te red. In 2019 het die Driekamerraad van Cherokeestamme ‘n noodtoestand oor die stand van die taal afgekondig.
Cherokee is die inheemse taal van die VSA met die grootste korpus gepubliseerde werke. Daaronder is ‘n grammatika, woordeboeke, Nuwe Testament en Psalms. Die taal het ook sy eie koerant, Cherokee Phoenix, gehad. Twee hoofdialekte bestaan: Oostelik (Kituwa) in The Qualla, ‘n deel van Noord-Carolina, en Westelik (Otali) in Oklahoma en Noord-Carolina. Cherokee behoort tot die Iroquois-taalfamilie, wat Mohawk, Oneida, Onondaga, Cayuga, Seneca en Tuskarora insluit. (Hiawatha was ‘n Mohawkleier, en die sanger-liedjieskrywer Robbie Robertson van The Band is Mohawk).
34
Die Iroquois-tale is op hulle beurt weer deel van Keresiouan, wat eindelik deel uitmaak van Almosan-Keresiouan. Soos ander Iroquoistale, het Cherokee nie die labiale foneme /p, b, f, v/ nie; /m/ bestaan wel maar is raar. Die taal se konsonant-inventaris is minimalisties.
Cherokee het sy eie alfabet wat deur Sequoyah (1776–1843) ontwikkel is. Dié skryfwyse wat uit simbole vir 85 lettergrepe bestaan, is in 1825 deur die nasie aanvaar en het gehelp om die Cherokee in ‘n kort tydjie geletterd te maak. Dis ook in die tweetalige koerant, The Cherokee Phoenix gebruik. Sequoyah se alfabet word steeds gebruik en is te siene op geboue en padtekens in die Cherokee Nation in noordoos-Oklahoma.
35
Lakota Keresiouan Almosan-Keresiouan
Die Lakota, wat ook as Teton Sioux bekend staan, is een van drie hoofgroepe van die Sioux. Hulle praat Lakȟótiyapi – die Lakotataal, die mees westelike van die drie nouverwante tale wat die Siouan taalfamilie uitmaak. Die name Teton of Tetuwan is afgelei van die Lakota-woord thítȟuŋwaŋ, waarvan die betekenis nie duidelik is nie. Ander benaminge sluit in: Tinton, Tindaw, Atintans, en Teetonwan, terwyl vroeë Franse rekords na hulle verwys as Sioux des prairies, Sioux occidentaux en Sioux nomades. By die 2010-sensus was daar meer as 170,000 Lakota waarvan net 2,000 nog die taal praat. Vandag woon die Lakota verspreid oor reservate in Noord- en Suid-Dakota, Montana en in Saskatchewan en Manitoba in Kanada. Hulle woon ook in Rapid City en in dorpe in die Black Hills-gebied. Die westelike dialek van Dakota (Dakȟótiyapi) is wedersyds verstaanbaar met Lakota, maar het net sowat 200 sprekers oor.
36
The Black Hills, ‘n afgesonderde bergreeks wat bo die Groot Vlaktes van Noord-Amerika uittroon in Wyoming en South Dakota, is ‘n heilige plek vir die Lakota. Die hoogste berg is Black Elk Peak van 7,244 voet (2,208 m) en die area sluit Black Hills Nasionale Woud in. Die naam "Black Hills" is ‘n vertaling van Lakota Pahá Sápa, omdat die berge donker lyk van ‘n afstand af, oënskynlik omdat hulle hange vol immergroen bome is. Lakotaleiers van formaat sluit in Tȟatȟáŋka Íyotake (Sitting Bull) wat as die grootste Sioux-leier van almal beskou word. Dit was hy wat Genl Custer by Little Big Horn verslaan het.
37
Heȟáka Sápa (Black Elk ) is beroemd vir die boeke wat hy aan Amerikaanse etnograwe dikteer het. Hy het die sewe heilige rites van die Sioux aan Joseph Epes Brown meegedeel wat dit in die boek The Sacred Pipe gepubliseer het. Die etnoloog John Neihardt het sy visioene, religieuse oortuigings en ervarings, in die 1932 boek Black Elk Speaks uiteengesit.
Tȟašúŋke Witkó (Crazy Horse) was ‘n kryger van die Oglala Lakota wat in baie gevegte teen die Verenigde State betrokke was: Die Slag van Platte Bridge, die Slag van die Honderd in die Hand, die Wakis Slag en die Groot Sioux Oorlog. In 1982 het die Verenigde State se posdiens ‘n seël ter ere van Crazy Horse uitgegee. 38
Daar word vermoed dat die voorouers van die Sioux die “mount builders” was.
Lakota beskik oor sowat dertig fonemiese konsonante en die klinkers /i e a o u/ plus drie nasale klinkers, /ĩ ã ũ/ (foneties [ɪ ̃ ə̃ ʊ̃]). Die nasale klinkers is eers as /į ą ų/ geskryf, en word deesdae met ‘n volgende /ƞ, ŋ of n/ aangedui. Werkwoorde kan elemente soos bywoorde en byvoeglike naamwoorde inkorporeer. Die woordorde is SOV maar nie rigied nie. Lakota gebruik agtersetsels, soos byvoorbeeld /mas'óphiye él/ wat letterlik as “winkel by” beskou kan word, en /thípi=kiŋ ókšaŋ/ "rondom die huis" (letterlik ‘huis rondom’. Bywoorde of agtersetselfrases kan wyse, plek en rede beskryf. Lakota is ‘n lid van Siouan, en hoër op, van Siouan-Yuchi, wat deel van die breër Keresiouan-groep is. Die groter familie word Almosan-Keresiouan genoem.
Bronne: https://www.crystalinks.com/sioux.html https://omniglot.com/language/phrases/lakota.php
39
Die Amerindiese Tale Proto-Amerind, haar dogters en kleindogters
Die kern van hierdie bespreking is ‘n 2008-essay deur Larry Lepionka, “Historical interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies”, uit In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology,*1 aangevul met addisionele data wat sedertdien beskikbaar geword het. Lepionka se analise is gebaseer op Joseph Greenberg en Merritt Ruhlen se baanbrekerswerke van 1987 en 2007, met verwysing na Greenberg se elf taalfamilies van Amerind (wat Eskimo-Aleut en die Na-Dene tale uitsluit). Die toepaslike doelwit van so ‘n analise is om hipotese voor te stel wat direk aan die linguïstiese bewyse getoets kan word, of indirek aan argeologiese bewyse. Lepionka neem die elf families in oënskou en stel dieper verwantskappe voor om die vroegste vier phylums te identifiseer. Die onderliggende konsep van die analise berus op die feit dat ruimtelike verspreiding op sigself artefakte van die geskiedenis is, en daarom aspekte van die geskiedenis kan onthul. Die kontras tussen ‘n gekonsentreerde en verstrooide verspreiding van taalfamilies dra betekenis. Binne ‘n gegewe geografiese ruimte wat deur twee of meer taalfamilies bewoon word, word die groep met die aaneenlopende verspreiding as ‘n latere aankoms beskou, terwyl die groep wat uit geïsoleerde eilande bestaan, ouer is. Die fragmentering van die ouer familie is ‘n resultaat van die inkoms van die latere. En diversiteit is groter in die streek wat die langste bewoon word. Genetiese studies het bevind dat die pre-koloniale bevolkings van die Amerikas – van Kanada tot by die suidelike punt van Chile – deur drie migrasies geplant is. Die meerderheid stam af van ‘n enkele groep Eerste Amerikaanse Migrante wat vanaf Beringia gekom het, toe dit nog ‘n landbrug tussen Asië en Alaska gevorm het. Deur na variasies in DNA te kyk, is daar bevind dat hoewel die grootste deel van die bevolking van die Amerikas uit die eerste migrasie ontstaan het, twee latere migrasies ook belangrike genetiese bydraes gelewer het.*2 (Nature). Die tweede en derde migrasies se impak is beperk tot Noord-Amerika, maar selfs die noordelike bevolkings het die grootste deel van hulle genoom van die Eerste Amerikaanse Migrasie geërf. Dit bevestig die feit dat die mense van die twee latere migrasies uit Asië met die Eerste Amerikaners vermeng het.
40
Die ysvrye poort deur die koue
Veertienduisend jaar gelede het daar ‘n poort tussen die Kontinentale (Laurentiese) en die Cordilleraysplate van Noord-Amerika oopgegaan weens verwarming. Mense het dié poort betree en na die suide gevolg, totdat hulle die suidelike rand van die ysplaat bereik het. Aan die linkerkant was die wuiwende grasvelde van die ooste en aan die regterkant was die Rotsgebergte (Rocky Mountains) wat steeds met ys bedek was. Na die ooste was daar een rivier na die ander en volop wild. Dis nie moeilik om te raai watter rigting die eerste migrante sou kies nie. Soos die migrante se getalle toeneem, sou hulle al hoe verder oos en suid beweeg, en in die Amerikaanse suidweste ‘n woudland-paradys aantref, vol eetbare plante en troppe wild. Dit sluit nie die moontlikheid uit dat sommige van die vroegste migrante die reis na die suide voortgesit het nie, of dat ander, toe hulle ver genoeg suid beweeg het, die berge na Kalifornië oorgesteek het nie. Die datums uit Suid-Amerika suggereer dat die vroegste mense daar nie lank in die noorde getalm het nie. Dié groepie – of twee groepies - jagter-versamelaars aan die voorpunt moes hulle verkyk het aan die landskap soos dit warmer en groener en wildryker word.
Die Pioniers Die een groepie was fisies toegerus vir ‘n koue klimaat, en om hoog bo seespieël te floreer. Die ander was met eienskappe toegerus wat ideaal is vir ‘n warm klimaat in tropiese reënwoude en savanna. Albei het deur Panama die suidelike kontinent in beweeg. Een van hulle het die kus na die suide gevolg, deur die teenswoordige Colombië, Ecuador, Peru en Chile. Ver in die suide – Patagonië of die Chileense kus, kom hulle tot ruste, plant voort en vermeerder. Andies as die eerste phylum wat Suid-Amerika betree het, kan nie betwyfel word nie. Van die suidelikste punt van die kontinent, Tierra del Fuego, deur Patagonië en die weskus van Chile tot in Peru het dié groepering aanvanklik ‘n ononderbroke strook gevorm.
Equatorial-Tucano Die ander groep versprei al langs die kus van die Karibbiese See, van die teenswoordige Colombia na die strandmeer van Maracaibo, deur die kusstrook van Venezuela tot by die mond van die Orinocorivier. ‘n Groepie Dwarstrekkers beweeg in die riviervallei op terwyl die ander verby die Guyanas gaan op pad na die Atlantiese kus van Brasilië. Eindelik gaan die Dwarstrekkers op na die berge, en skop nes aan die oostelike hange van die Andes. 41
Greenberg se Equatorial-Tucanoan-phylum, as die eerste in die tropiese streek, word vandag wyd verspreid oos van die Andesgebergte aangetref. Sy verspreidingspatroon bestaan uit geïsoleerde lappies en periferale streke op die Atlantiese kus en die Karibbiese See. Dis duidelik onderbreek deur Macro-Carib in die noorde, deur Macro-Jê in die middel en deur Macro-Pano in die suide. Aan die oostelike hange van die berge het Chibchan-Paezan en Andies dit vanaf Equador tot Bolivia onderbreek. Ekologiese aanpassing speel ‘n belangrike rol in voorhistoriese vestiging, en Equatorial-Tucanoan wys ‘n voorliefde vir kusgebiede en riviervalleie met reënwoud soos die Orinoco- en Amasonerivier en hulle sytakke. Geen ekspansie na die weste van die Andes of na die Pampas en Patagonië het plaasgevind nie. Macro-Arawak is die groep wat die verste versprei het, lank voor Macro-Carib.
Jê-Pano-Carib Die verspreiding van Jê-Pano-Carib is meer kompak as dié van Equatorial-Tucano. Hierdie groep is waarskynlik aangepas vir tropiese grasvelde. Macro-Jê in die ooste en sentrale dele van die kontinent omring verskeie lappies Equatorial. Macro-Pano verskyn vanaf suidoos Brasilië tot by Paraguay en Bolivië, en vanaf die ooste van Peru in Brasilië in. Macro-Carib is versprei oor Venezuela, Guyana, Suriname en die nabygeleë dele van Brasilië, met uitlopers op die oostelinge hang van die Andes in Colombia, op die Equador-Perugrens en in die middel van Brasilië. Dit omring ook verskeie lappies Equatorial in sy verspreidingsareas. Jê-Pano-Carib het ten koste van Equatorial-Tucanoan versprei, soos blyk uit die oorblyfsels en periferale sones van laasgenoemde. Macro-Carib moet die vroegste van die drie subgroepe wees; Jê-Pano moes daaruit voortgespruit het. Die oorspronklike tuiste van Jê-Pano-Carib is dus waarskynlik Venezuela, Guyana of Suriname. Uitbreiding het begin met Jê se ekspansie na die suide, waar Jê-Pano van Carib begin verskil het, sodat Macro-Jê na die ooste, en Macro-Pano na die suide en weste beweeg het. Die oorsprong van Macro-Carib kan dus in ‘n Equatorial-taal lê.
42
43
Andies Proto-Andies het twee moontlike tuislande, Peru of suidelike Chile en Patagonië. ‘n Waarskynlike scenario vir die verspreiding van taalfamilies in Peru is die volgende: (1) Die voorouers van Andies het daardeur beweeg op pad na die suide (2) Equatorial-sprekers het van die ooste af ingekom (3) sprekers van Paezan het na Bolivië en na die noorde van Argentinië en Chile uitgebrei, en in die proses die reste van (1) en (2) geabsorbeer (4) Andiese groepe uit die suide het die Altiplano en westelike hange van die Andes betree terwyl Macro-Pano-groepe uit die Amasonevallei hulle op die oostelike hange van die Andes gevestig het. Volgens Ruhlen mag Chibchan-Paezan ‘n hegter verbintenis met Andies as enige ander groep hê, terwyl Lepionka die moontlikheid opper dat dit uit Hokan ontstaan het, en later Hokan verplaas het. Drie Andiese tale is steeds groot en lewenskragtig, te wete die Quechua-tale, Aymara en Mapudungun. Die slotsom is dat Andies en Equatorial sustergroepe is wat direk van Proto-Amerindies afstam.
Chibchan-Paezan Dié familie het waarskynlik in Meso-Amerika ontstaan, en ‘n vroeë verdeling het Proto-Paezan in Suid-Amerika afgegee. Chibchan het drie verspreidingstreke: die suidweskus van Meksiko (Jalisco tot Michoacan), SentraalAmerika (van Honduras en El Salvador deur Panama, met ‘n deel van die Karibbiese kus en die binneland van Colombië). Dit moes aanvanklik ‘n soliede strook gewees het, wat deur die latere verspreiding van Sentraal-Amerindies en Penuties opgebreek is. Chibchan se tuisland was waarskynlik Meksiko, en Chibchan stam volgens Lepionka uit Hokan, wat steeds ‘n teenwoordigheid op die noordelike Golfkus en Baja California handhaaf, met oorblyfseleilandjies naby die grens van Guerrero en Oaxaca, noordelike Honduras, en die Stille Oseaankus van Colombia. Hokan is soos Chibchan deur Sentraal-Amerindies en Penuties gefragmenteer, asook deur die vroeër ekspansie van Chibchan. Paezan se wye verspreiding, vanaf Chile en Argentinië in die suide tot by Florida in die noorde, met lappies langs die Karibbiese kus, veronderstel die kusstrook van Colombië as tuisland. Paezan se ekspansie het Equatorial opgebreek, en Paezan self is later deur die verspreiding van Macro-Carib opgebreek. 44
Sentraal-Amerind Proto-Sentraal-Amerind het vermoedelik in die suidweste van die VSA of die noorde van Meksiko ontwikkel, en Sentraal-Amerind het deur Meksiko tot by die Landengte van Tehuantepec versprei, slegs onderbreek deur buiteposte van die Na-Dene-tale in die suidweste van die VSA. Dit het Chibchan verplaas maar kon nie deur die Penutiese streke in Yucatan en Guatamala breek nie. Oorblyfsels van Hokan word rondom Sentraal-Amerindies gevind in Kalifornië, die kus van Meksiko en Texas en langs die Rio Grande, sowel as Honduras en Colombië. Dit suggereer dat Hokan ook verplaas is, en verder dat Sentraal-Amerindies uit ‘n Hokan-taal ontstaan het. Ruhlen (2007) is van mening dat Yuto-Nawa (Uto-Asteeks) van suidelike Meksiko na die noorde versprei het. Sentraal-Amerindies se drie onderafdelings is Tano in die noorde, Yuto-Nawa) ook daar en in Meksiko, en Oto-Mangue in Meksiko. Die Yuto-Nawa-taal Nahua(tl) is Meksiko se grootste, met nagenoeg twee miljoen sprekers. Oaxaca is die Meksikaanse provinsie met die meeste sprekers van Oto-Mangue-tale, waar die Zapotec en Mixtec-tale deur altesaam 1.5 miljoen mense gepraat word. In die sentrale state Mexico, Hidalgo en Querétaro, het Otomi en Mazahua, twee tale van die Oto-Pame-tak, saam meer as 500,000 sprekers.
45
46
Hokan Hokan het in Noord-Amerika wes van die Rotsberge ontstaan, en is aanvanklik versprei vanaf Kalifornië tot in die suide en regdeur Meso-Amerika. Proto-Hokan wat uit Penuties ontstaan het, is die oorspronlike Wes-Amerindies. Vandag word dit gevind vanaf die noordelike, deur die sentrale tot in die suidelike dele van Kalifornië, in Baja California, Arizona, die kus van Texas en Meksiko, langs die Rio Grande, in Guerrero, Oaxaca en Chiapas, El Salvador, die noordkus van Honduras en ‘n klein enklave op die Stille Oseaankus van Colombië. Hokan en Penuties is dus susterfamilies op dieselfde vlak.
Penuties Penuties is die heel eerste taal van Noord-Amerika, en was in die ooste gekonsentreer. ProtoAmerind is die taal wat uit Beringia gekom het, en moet dus baie naby aan Proto-Penuties wees. Die verspreiding van Penuties sluit in die suidoostelike VSA, vanaf die ooste van Texas tot by South Carolina, en met die Mississippivallei op tot in Missouri. Aan die weskus strek Penuties vanaf die suide van Alaska deur Kanada, Washington en Oregon tot in suidelike Kalifornië, die suidweste, klein lappies aan die ooskus van Meksiko, en ‘n strook van Tehuantepec tot in Guatemala wat die hele Yucatan-skiereiland insluit. Sommige van die Penutiese tale in Kalifornië is meer spesifiek Golftale van die suidooste, wat selfs met die New Orleans-area verbind kan word. Die meer veraf-verwante Penutiese tale van die weskus is elk ‘n afsonderlike groep op dieselfde taksonomiese vlak as Golf- of Meksikaanse Penuties.
Almosan-Keresiouan Almosan-Keresiouan dek die hele breedte van Noord-Amerika. Sy uitbreiding het plaasgevind in die spore van die yslaag soos dit na die noorde van Kanada teruggetrek het. Almosan-Keresiouan het vanuit die oostelike hartland van Penuties die gebiede betrek wat voorheen onder ys bedek was,. Proto-Almosan-Keresiouan stam uit ‘n Penutiese groep wat aan die voorpunt van die noordelike migrasie gestaan het, en Proto-Almosan het geboorte geskenk aan die Mosan- en Keresiouantale. Dié migrasie het aanvanklik na die noordooste beweeg en tot by die boomlyn gevorder, die Atlantiese kusgebied gevul, en toe weswaarts deur Kanada begin beweeg. Die eerste hindernis onderweg was weer die Rotsberge, waaragter die riviere vol salm op die westelike hange gewag het. Die vallei van die Fraserrivier word tot vandag nog deur sprekers van Mosan bewoon. 47
By die kus het hulle die Penutiese gebied verdeel sodat Tsimshian in die noorde geïsoleer is. Die oorsteek van die berge en die verlies aan kontak met die oostelike tale was die begin van die verdeling tussen Almosan (ooste) en Mosan (weste). Mosan-sprekers het waarskynlik die kus bereik voordat die sprekers van Na-Dene daar opgedaag het. Keresiouan het in westelike en oostelike tale verdeel, met ‘n buitepos Almosanstreek wes van die hoof- Keresiouangebied. Proto-Keresiouan het uit ‘n Almosantaal ontwikkel, heel moontlik in die omgewing van die oorsprong van die Mississippirivier. Die oostelike groep van Keresiouantale is die Iroquoistale wat van die St Lawrencevallei in die noorde deur New York tot by Virginia en SuidCarolina strek. Lepionka bevind dus dat al elf Amerindiese taalfamilies nie onafhanklike dogtertale van ProtoAmerind is nie. Die Andiese en Equatorial-families stam direk uit Proto-Amerindies, terwyl Tucano en Macro-Carib van Equatorial af kom. Op sy beurt het Macro-Carib die Jê-Pano-groep verwek. Sentraal-Amerindies en Chibchan stam af van Hokan, en Paezan van Chibchan. Hokan is ‘n ouer kind van Penuties, en Almosan ‘n jonger een. Die Mosan- en Keresiouantale het uit Almosan ontwikkel. Dit laat mens met vier dogtertaalfamilies wat direk uit Proto-Amerindies stam: Penuties, Hokan, Andies en Equatorial.
Die stam T’AʔNA ~ kind / sib Een van die bewyse in Greenberg se identifisering van die Amerindiese familie, is die woord /tana/ waarvan die algemene betekenis “kind” of “sib” is. Die stam word in al elf van Greenberg se Amerindiese familie gevind. Die rekonstruksie vir Proto-Amerind sou *t’ana wees. In Noord- en Sentraal-Amerika verskyn vorms soos tuwaana (seun), sinsin (neef), i-tsaŋa (jonk), t’ánat (kleinkind),
-tsan (verkleinsuffiks), *taʔn (sib), sitona (vrou), out (dogter), tatan (ouer broer), en in Suid-Amerika, vorms soos toto (ouer broer), tini-usa (dogter), tino (kleintjie), ketun (suster), doana (skoonseun), tute (kind), dēnu (seunskind). Dis nie net die stam wat die verbintenis tussen voorvermelde vorme aandui nie, maar ook affikse wat in spesifieke kombinasies aan die stam geheg word. Die eerste persoon * na soos in *netankwa (skoonsuster in Proto-Algonquian), en nitari (my broer in Ipurina). Die verkleinsuffiks *sa se vorme sluit in /taŋsa/ (meisie in Macusi), /kwunasa/ (meisie in Cayuse); die ander verkleinsuffiks *-mai lewer onder meer /tani-mai/ (jonger suster in Masaca), en /nutanimi/ (my dogter, in Yavitero). Die suffiks *-kwa vir skoonfamilie bied /ategwa/ (neef in Motilon), /utsekwa/ (kleinkind in Tacana), /nekwa/ (skoonouer in Yurok), die suffiks *-ko vir ‘n ouer persoon bied /tonko/ (ouer broer in Caraho), /tūkã/ (oom aan moederskant in Biloxi), *-tuk wat ook na “kind” verwys, soos /tuktan/
48
(seuntjie in Miskito), /togtan/ (meisie in Tibagi), plus talle kombinasies met ‘n hele rits ander affikse soos *-win (vroulik), *-wis (ouer vroulik), en die prefiks *ʔa- (ouer).
Familie
Taal
Vorm
Betekenis
Almosan
Nootka
t’an’a
kind
Keresiouan
Yuchi
tane
broerskind
Penutian
Totonac
t’anat
kleinkind
Hokan
Coahuiltec
t’an
kind
Central Amerind
P-Uto-Azt
*tana
kind
Chibchan
Miskito
tuk-tan
kind
Paezan
Warrau
dani-
ma se suster
Andies
Aymara
tayna
eersgeborene
Macro-Tucanoan
Masaca
tani-mal
jonger suster
Equatorial
Uruba-Klaapor
ta’in
kind
Macro-Carib
Pavishana
tane
my seun
Macro-Pano
Lengua
tawin
kleinkind
Macro-Je
Tibagi
togtan
meisie
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verwysings *1 Lepionka, Larry. Historical interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies. Article published in: In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology. In honor of Harold Crane Fleming. Edited by John D. Bengtson. *2 David Reich, Nick Patterson, Desmond Campbell, Arti Tandon, Stéphane Mazières, et al. Reconstructing Native American population history. Nature, Nature Publishing Group, 2012, 488 (7411),pp.370-4. 10.1038/nature11258. hal-0072
49
Top Tien inheemse tale van die Amerikas en van die VSA Die Babbel-webwerf en -tydskrif bied ‘n Top 10 Inheemse Tale van die Amerikas op 27 Maart 2020 aan. Die problematiese aspek daaraan is dat Quechua, Maya, Mixtec, Zapotec en Totonac eerder taalfamilies as enkeltale is. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.
Quechua Maya Guaraní Nahuatl Aymara Mixtec Zapotec Otomi Totonac Mapudungun
7.7 miljoen 6.4 miljoen 6.2 miljoen 1.7 miljoen 1.6 miljoen 518,000 441,000 285,000 268,000 250,000
Devlin, Thomas Moore. All In The Language Family: The Amerindian Languages. March 27, 2020. https://www.babbel.com/en/magazine/amerindian-languages Sarah-Claire Jordan van Alphaomegatranslations bied op 10 Augustus 2015 die volgende lys van die Top 10 Inheemse Tale in die VSA aan. Let wel dat Navajo en Yupik nie Amerindiese tale is nie, maar onderskeidelik aan die N-Dene- en Eskimo-Aleut-families behoort. 1. Navajo 2. Sioux 3. Yupik 4. Keresan 5. Cherokee 6. Choctaw 7. Zuni 8. O’odham 9. Ojibwe (Chippewa) 10. Hopi Jordan, Sarah-Claire. Top 10 Indigenous Languages of the US. Aug 10, 2015. https://alphaomegatranslations.com/foreign-language/top-10-indigenous-languages-of-the-u-s/
50
Bibliografie Campbell, Lyle and Terrence Kaufman. 1976. A Linguistic Look at the Olmecs. American Antiquity, Vol. 41, No. 1 (Jan., 1976), pp. 80-89 Published by: Society for American Archaeology Stable URL: http://www.jstor.org/stable/279044 Campbell, Lyle, Terrence Kaufman and Thomas C Smith-Stark. 1986. Meso-America as a linguistic area, in; Language vol 62, number 3 (1986). Cavalli-Sforza, L. L., Menozzi, P. & Piazza, A. 1994. The History and Geography of Human Genes (Princeton Univ. Press, 1994) Emekur: Sprachen, Karten und Sprachkarten. 2021. https://emekurnet.wordpress.com/ Gómez-Carballa A, Pardo-Seco J, Brandini S, et al. The peopling of South America and the transAndean gene flow of the first settlers. Genome Research. 2018 Jun;28(6):767-779. DOI: 10.1101/gr.234674.118. Greenberg, Joseph H. and Merritt Ruhlen. 2007. An Amerind Etymological Dictionary. Dept of Anthropological Sciences, Stanford University, 2007. Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University Press. Greenberg, Joseph H. 1966. The Languages of Africa. 2nd ed. Mouton & Co, The Hague. Greenberg, Joseph H. (editor). 1980. Language Universals. Mouton de Gruyter. Matteson, Esther, Alva Wheeler, Frances L. Jackson, Nathan E. Waltz, and Diana R. Christian. 1972. Comparative Studies in Amerindian Languages. Janua Linguarum, Series Practica, 127. The Hague: Mouton, 1972. Meltzer, D. J. 2009. First Peoples in a New World: Colonizing Ice Age America (Univ. of California Press, 2009) Minster, Christopher. 2019. The Olmec https://www.thoughtco.com/the-olmec-overview-2136304 Thomaz Pinotti, Anders Bergström, Maria Geppert, et al. Y Chromosome Sequences Reveal a Short Beringian Standstill, Rapid Expansion, and early Population structure of Native American Founders.Current Biology, Volume 29, Issue 1, 2019. Pages 149-157.e3, ISSN 0960-9822 https://doi.org/10.1016/j.cub.2018.11.029. www.sciencedirect.com/science/article/pii/S0960982218314957 Reich, D., Patterson, N., Campbell, D. et al. Reconstructing Native American population history. Nature 488, 370–374 (2012). https://doi.org/10.1038/nature11258
51
Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the world's languages, Vol. I: Classification. London: Edward Arnold, 1987 Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford University Press, 1994 Turner C.G., Scott G.R. 2015. The Dentition of American Indians: Evolutionary Results and Demographic Implications Following Colonization from Siberia. In: Henke W., Tattersall I. (eds) Handbook of Paleoanthropology. Springer, Berlin, Heidelberg. https://doi.org/10.1007/978-3-64239979-4_63 Sequoyah and the Creation of the Cherokee Syllabary. 2019. National Geographic. https://www.nationalgeographic.org/article/sequoyah-and-creation-cherokee-syllabary/ Schmal, John P. 2018. The Náhuatl Language of Mexico: From Aztlán to the Present Day. https://indigenousmexico.org/state-of-mexico/the-nahuatl-language-of-mexico-from-aztlan-to-thepresent-day/ Sutter, Richard C. 2005. The Prehistoric Peopling of South America as Inferred from Epigenetic Dental Traits. Indiana University - Purdue University, Fort Way. Wood, Sam. 2020. All In The Language Family: The Mayan Languages. https://www.babbel.com/en/magazine/mayan-languages Zamponi, Raoul. First-person n and second-person m in Native America: a fresh look. Italian Journal of Linguistics, vol 29, Issue 2, 2017.
52
Indeks Affiks
8
Ahuitzotl
31
Almosan
47
Altiplano
8
Amasonies
4, 44
Andes
4
Andies
4, 44
Angamuco
30
Araukaans
4
Arawak
4
Argentinië
4
Asteke
30
Aullaga
9
Axayacatl
30
Ayacucho
11
Aymara
8
Belize
18
Beringia
40
Bertonio, Ludovico
10
Black Hills
36
Black Elk
38
Bolivië
11
Brasilië
4
Cerro de las Mesas
25 53
Chango
13
Cherokee
34
Chiapas
21, 23, 47
Chibcha
44
Chibchan-Paezan
44
Chichimec
30
Chilam Balam
20
Chile
4, 5, 6
Chimborazo
11
Chipaya
13
Cobija
13
Chol-Tsotsil
19
Collao
9
Colombië
11, 4, 47
Costa Rica
44
Crazy Horse
38
Cuitlatec
31
Cusco
11
Dakota
36, 37
De Santo Tomas, Domingo
11
De Quiroga, Vasco
31
Ecuador
11, 12, 13, 41
El Salvador
18, 44, 47
Epi-Olmec
25
Equatorial
41
Florida
44
Greenberg, Joseph H
3
Guarani
14 - 15
Guyana
14, 42 54
Hiawatha
34
Hokan
47
Honduras
18, 45, 47
Huastec
18
Huave
16
Imbabura
11
Intika
13
Iroquois
34
Isla de la Luna
13
Isla del Sol
13
Jaqaru
8
Jê-Pano-Carib
42
Kakao
27
Kallawaya
13
Kalifornië
22, 47
Kana
9
Kanchi
9
Karanka
9
Kawki
8
K’iche’
18
Killaka
8
Kichwa
8
Kituwa
34
La Paz
8
Lakota
36 - 39
Leco
13
Lupaka
9
Mapudungun
4-7
Maya
18 – 20 55
Macro-Carib
4
Macro-Jê
4
Maracaibo
41
Mazatec
16
Meso-Amerika
16
Mexico
32
Michoacán
28
Mije-Soke
21 – 27
Mixe-Zoque
21 – 27
Mixtec
16
Mohawk
34
Mosan
48
Nahuatl
32
Nawa
32
Nicaragua
16
Oaxaca
21
Oglala
38
Olmec
22, 24 - 27
Omasuyo
9
Orinoco
41
Otali
34
Otomi
16
Oneida
34
Onondaga
34
Oto-Mangue
45
Pacaxe
11
Paezan
44
Pampas
42
Panama
41, 44 56
Paraguay
14, 15
Patagonie
4
Patagon
4
Pátzcuaro
28
Penuties
47
Peru
4, 11, 14, 42
Pipil
32
Popol Vuh
19
Pukina
13
Puno
13
Purépecha
28
Qheswasimi
11
Quechua
11
Quichean-Mam
19
Qolla
9
Rio Grande
45, 47
Ruhlen, Merritt
3
Runasimi
11
Sentraal-Amerindies
16
Sabaya
13
Sequoyah
35
Sierra Atravesada
22
Sierra Madre del Sur
22
Sierra Popoluca
21
Sioux
36
Sitting Bull
37
Sprachbund
4, 16
Suriname
4, 23
Tabasco
21 57
Tano
45
Tarasco
30
Tehuantepec
21
Teotihuacan
23, 32
Teton Sioux
36
Tierra del Fuego
41
Titicaca
13
Tiwanaku
13
Toltec
24
Tres Zapotes
24
Tsalagi
34
Tupi
4
Tzintzuntzan
30
Ubina
9
Uro
13
Uru
13
Uchumataqu
13
Uto-Aztecan
32
Venezuela
41, 42
Wanp’una
11
Waywash
11
Xochimilca
32
Yucatán
18, 19
Yucatecan
18
Yuta-Nawan
32
Zapotec
16
Zuangua
31
58
Kos, Mark Zlojutro https://www.researchgate.net/figure/Distribution-of-mtDNA-haplogroup-frequencies-among-Native-Americanpopulations-modified_fig7_29444958
59