S012022

Page 1

2022

Modewêreld van sagte linne + satyn 70’s se ‘shag’ & sampioenkleur hare Hawermout die ster op jou bord LEES OOK OOR Bokke se Rene Naylor Jak de Priester & weervrou Annette Bianca Flanders van Nêrens, Noord-Kaap

GETROUD MET RUGBY NOU SONDER CHRISTEL ‘Ek’s rou, geskok maar ook verlig’ SA SE 1ST LADY ‘Ek lei my lewe, Cyril het sy mense’ DR. TSHEPO MOTSEPE

KENNERS SÊ - Reuksin weg? Tyd al wat help - Teenspoed net ’n komma, nie die einde

Eksklusief

1

TATJANA 02003

9 770256 039000

JAN/ FEB 2022 R75,00

(BTW INGESLUIT) NAMIBIË N$75,00

ophou swem’



INHOUD JANUARIE/FEBRUARIE 2022 74

VOORBLADFOTO Foto Leana CR Stilering Fanie Cronjé Grimering en hare

Alex Botha Swembroek

vintage Seafolly, stilis se eie Oorbelle en pêrels

Stilis se eie

110

34

118 92 087 353 1300 VIR INTEKENNAVRAE

073 272 0707 VIR ALLE NAVRAE


24

82

132

6 8

Redakteursbrief Ons inspirasie

40

Sjokolade: Kos van die gode

78

Grimeerwenke as jy bril dra

10 12

Ons wêreld Julle sê

42

Haaie: Ons vriende met die tande

80

Luuks

44 48

Praat jy of swyg jy? Beste van SARIE.com

KOS 82 Hawermout die ster

ONS STYL 15

Nataniël sê

16

Tatjana Schoenmaker: ‘So byna-byna het ek ophou swem’ Getroud met rugby nou sonder Christel: ‘Ek’s rou, geskok maar ook verlig’ Piet Croucamp se kollig steel jy nie SA se 1st lady: ‘Ek lei my lewe, Cyril het sy mense’

24

30 34

ONS LEWE 39

Ricky Schroeder: ‘Nou wil ek ’n Springbokmens wees’

ONS INSPIRASIE 53

Gesig van die maand: Yolani Abrahams, SARIE Voorbladgesig 2017 MODE 54 ’n Wêreld van sagte linne en satyn 62 Modedinge: Serpe MOOI 64 70’s se ‘shag’ en sampioenkleur hare 70 Laserhaarverwydering: Sysag vir somer 72 Mooidinge 74 Raam jou gesig: Kies die regte bril

op jou bord 90 Kosdinge WOON 92 Op Uitkyk se werf 98 Woondinge 100 Koopgids

MYSELF 101

Bianca Flanders: ‘Ek’s gemaklik met ongemak’ 102 Jak de Priester en weervrou Annette Botha: Om weer op te staan 106 Bokke se Rene Naylor: ‘Dit voel of ek self op die veld is’

110

Fotograaf-egpaar op reis met hul kamera: ‘Ons lewe ons waarheid’

118

Kuberkuier: Bassin d’Arcachon, Frankryk

125

Teenspoed net ’n

komma, nie die einde 128 Kwelvrae en die antwoorde GESOND 131 Eetbare sonskerms 132 Reuksin weg? Tyd al wat help 136 Gesonddinge 138 Leesdinge 142 Boekuittreksel: Vlug deur Wilna Adriaanse 144 Blokraai 1 145 Sudoku en blokraaiwenners 146 Laaste sê deur Riana Scheepers

OP EEN PLEK

Die SARIE Wêreld is gróót. As jy verkies om die tydskrif en SARIE-artikels aanlyn te lees, het jy die opsie om ’n Netwerk24-intekenaar te word. Teen R99 per maand. Dit sluit in toegang tot die inhoud van jou gunstelingAfrikaanse tydskrifte en koerante. Gaan na netwerk24.com en klik op “Word ’n intekenaar”.

Onthou jou

SARIE op die rak

‘LIKE’ ONS BY SARIETYDSKRIF

TWIET SAAM BY @SARIETYDSKRIF

Mrt/Apr-uitgawe: 4 Maart VOLG ONS OP INSTAGRAM BY @SARIETYDSKRIF

Mei/Jun-uitgawe: 6 Mei PIN SAAM BY SARIETYDSKRIF


R26 999 vir ’n 5-stuk groepering in Soho Sand materiaal

‘n Luilekker lêplek Die nuwe Indiana rusbank offer gerief wat jy kan pasmaak, met boubare modulêre sitplekke en wolksagte kussings.

www.coricraft.co.za


REDAKTEURSBRIEF

Want jy kan ook maklik dinge voos beplan en die lekker uit die lewe haal. Maar hier’s die ding, goeie beplanning orden tog jou gedagtes en wys hoe jy van A-Z moet kom. Soos dit tans in die wêreld gaan, klink dit ál meer na ’n blink gedagte, want nie een van ons kan nóg ’n Covid-jaar so half in afwagting, so half hoopvol, so half besluiteloos ingaan nie. In 2022 moet ons ’n plan hê! Wel, soort van. In my lange loopbaan in die media het ek al iets van als gesien. Mense wat vas en los met planne werk. Daar’s dié met gróót en belangrike planne. Hulle beïndruk met jaarplanne en vyfjaarplanne. Sukses, sê hulle, is g’n toeval nie. Dis ’n ding wat sekuur uitgewerk word, doelwitte wat gestel word en só bepaal jy ook wat belangrik is en wat nie. Hulle weet presies waar hulle uiteindelik wil wees, en hoe om daar uit te kom. Ontspoor raak hulle nie maklik nie, want vir onverwagte teenspoed is daar óók ’n plan. En hul “nee” kom vinnig en beslis. As dit nie strook met die gróót plan nie, is dit ’n ongewenste afdraaipad. Maar ek het ook al saam met mense gewerk wat skaars ’n plan het. Wonderlike mense wat net go with the flow, asof daar geen môre is nie. Jy kan mos dink, in ’n kreatiewe wêreld soos hierdie is daar baie vir wie ’n grênd plan bloot ’n irritasie is. ’n Demper op energie en entoesiasme. ’n Struikelblok vir die vrye vloei van idees en gedagtes. Vir hulle is die lewe ’n lang, lieflike organiese proses – die een ding lei spontaan na ’n ander. Kom daar ’n kinkel, buig en plooi hulle saam met daardie kinkel, en voilà!, daar’s iets nuuts en . . . anders. Soms héél anders. So anders, die aanvanklike idee is skoon vergete. Ek respekteer albei. Jy kan net jou hoed afhaal vir mense wat oorweldigend glo in iets en met staal in hul are ’n meesterplan volg om by daardie groot doelwit – in baie se oë dikwels die onmoontlike – uit te kom. Die wêreld het sulke onwrikbares nodig. En die skaars-met-’n-plan-mense, dié met immer ’n wip in hul stap en glinstering in die oog, vir hulle het ek ’n sagte plek. Want dié dromers maak die wêreld dikwels ’n mooier en beter plek. Maar waar los dit die res van ons in 2022? Mooi in die middel, sê ek. Daar’s niks verkeerd met middel-mense nie; inteendeel, hulle is interessant en inspirerend. Dis hulle wat kan vat én los, die groter prentjie het en die proses bestuur om teikens te behaal, maar wanneer dit kan, ook skiet gee om ’n bietjie kreatiwiteit binne te nooi. Wie se besliste nee soms ’n klinkende ja word. Feit is, ’n 2022-plan gaan nou eerder ’n hulp as ’n hindernis wees. Want daar’s ’n einddoel, ons werk in ’n rigting. En dit hoef nie ’n meesterplan te wees nie, eerder net ’n goeie plan wat ’n lekker kreatiewe verrassing hier en daar toelaat. ’n Plan van ’n soort, sê ek mos! Tot ons weer gesels wanneer ons Maart/April-uitgawe vol planne en verrassings vanaf 4 Maart op die rak is.

6 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Foto Johan Wilke Stilering Danny Toüa Grimering Algria Hare Johanni van Infidels Agtergrond Getty Images/Gallo Images

Ek’s ’n vrou vir ’n plan, wel ’n plan van ’n soort.


Jou visie. Ons kundigheid. Die perfekte kombuis.

30 jaar van gehaltediens. 31 vertoonlokale landwyd. 2 jaar-kombuiswaarborg. 0861 327 9543 www.easylifekitchens.co.za Trotse lid van die Kombuisspesialistevereniging.

“My droom was altyd om ’n swart-en-wit kombuis met groen aksente te hê. Hulle het dit laat gebeur. Ek beveel Easylife Kitchens beslis aan as jy ’n funksionele kombuis, pasgemaak vir jou, soek.” Nasiema Peck Rondebosch


PURE

SONSKYN

Die foto van Yolani wat uiteindelik op SARIE se voorblad verskyn het.

FOTO LEANA CR

In 2017 het ’n 24-jarige patisseriesjef van die Wes-Kaap SARIE Voorbladgesig gewen. Pure sonskyn, het ons toe oor Yolani Abrahams gesê. Sy het reeds haar eie opskietbakkery op eres (deesdae Tulbagh) besit, en verklaar sy glo besluite bepaal jou ekoms. Sedertdien het Yolani ’n bekende gesig en aanbieder op TV word, en is onlangs getroud met die Kaapse sjef Anwar Abdullatief. In twee rokke, om albei se geloof te vier, sê Yolani. Die een rok so mooi soos die ander. Sien ook bl. 53

PÊRELS SO NÓÚ

s uitvoerende sjef van die Siba-restaurant, Table Bay Hotel, V&A Waterfront, asook uitvoerende

Luuks, elegant, alte Coco Chanel en aktrise Audrey Hepburn. In 2022 is pêrels ook modern en pret, perfek vir Tatjana op ons voorblad en vir die jonger, energieke Generasie Z. Dié armband, deel van die Pandora ME-reeks, van varswaterpêrels en silwer skakels meng klassiek en nuut in ’n stuk verrassend anders. Pêrels met houding. Vir meer: pandorashop.co.za

sjef van die produksiekombuis The Happy Uncles. TROUFOTO’S PETRONELLA STUDIOS

ons inspi SAAMGESTEL DEUR DIE SARIE-SPAN

VIR ALTYD

Nie goedkoop nie, tog in die kol vir dag en aand, en ’n kleinood vir altyd. Die handsak van eksotiese slangleer is groot genoeg vir die basiese en jou sleutels en selfoon. Dra dit met sy kort, parmantige handvatsel, of met die langer band elegant oorkruis oor jou lyf. Vir meer: katvanduinen.com

Net een Nescafé Ricoffy, die eerste koffie-en-sigorei-mengsel en ’n moet-hê in baie SA huishoudings. Met sy 50 jaar vier die handelsmerk die uniekheid van ons land en mense, van sêgoed tot handgebare. Meer as 6 000 eie woorde soos “aspris”, “lekker” en “eita” is versamel, en ’n handvol pronk op ’n spesiale Ricoffy-blik deur illustreerder Karabo Poppy en ’n sonhoed deur ontwerper Gert-Johan Coetzee. Daar’s ook ’n spesiale toetsbord (App en Play Store), Mzansay, vir mense wat in tipiese Suid-Afrikaans boodskappe wil stuur. Vir meer: nescafe.com/za/our-coffees/nescafe-ricoffy

Gert-Johan Coetzee

8 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Foto’s verskaf

Eita! ’N IKOON


L I V E YO U R PA S S I O N CL ASSICS ART DÉCO ROUND For further information contact Picot & Moss (011) 669-0500. picotandmoss.co.za


Fynboskunstenaar Hermien van der Merwe

VIR JÓÚ Local is lekker – ons moet ywerige toeriste in ons eie land word, veral met toerisme in SA wat bly steier onder die gevolge van die pandemie. Tafelberg, wat die derde keer agtereenvolgens by die World Travel Awards as Afrika se top-toeristeaantreklikheid aangewys is, se winkel en kiosk spog met twee nuwe muurpapier-installasies, albei kunswerke van fynboskunstenaar Hermien van der Merwe. Sy het vir die projek met Cara Saven Wall Design saamgespan. “Weens die pandemie het baie minder mense die afgelope twee jaar ons pragtige berg besoek. Ek is bevoorreg dat Shop at the Top my kunswerke verkoop. Dit was tyd om dankie te sê.”

ons wêreld

Bronne: @hermien_art, businessinsider.com

FOTO’S INSTAGRAM/@HERMIEN_ART

DEUR SUZETTE TRUTER suzette.truter@sarie.com

OP TOER DEUR JOU EIE LAND

Avonturier Johan Badenhorst en sy Voetspore-span vat weer die pad in Voetspore in Suid-Afrika 2. Dié reisgids volg hul drie maande lange reis deur die land – van Pafuri in die noordooste van SA, deur van die mooiste dele van die land, totdat hulle Agulhas aan die suidpunt bereik. Dit bevat pragtige foto’s, interessante feite, kaarte en ander nuttige inligting oor verblyf, vulstasies, afstande en ’n paklysie. (Protea Boekhuis, R350)

VAN VERGEET MY NIE TOT BRITBOX

Die SA aktrise Alice Krige is vanaf 13 Januarie op die stromingsdiens BritBox in die Britse reeks The Syndicate te sien. Alice het in Gqeberha grootgeword en aan Rhodes studeer. Nadat sy teenoor Hans Strydom in die 1976-fliek Vergeet my nie gespeel het, is sy Londen toe. Haar deurbraak-rol was in die Oscar-treffer Chariots of Fire (1981) en sedertdien was sy al in tientalle produksies, van Star Trek (as Borg Queen) tot Thor: The Dark World. In die reeks is sy Lady Hazelwood, wat nie eintlik meer haar spogleefstyl kan bekostig nie, en dan wen haar personeel die lotery. Bron: wikipedia.com REGS Alice as Lady Hazelwood.

10 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


CARRIE SE EFFEK TERUG? Hulle noem dit die Sex and the City-effek . . . die verkope van ontwerperskoene en -klere wat die hoogte ingeskiet het nadat mode-ikoon Carrie Bradshaw (gespeel deur aktrise Sarah Jessica Parker) dit in dié TV-reeks oor die avonture van vier vriendinne in die Groot Appel gedra het. Dis tussen 1998 en 2004 uitgesaai. Nou hoop modemense die opvolgreeks, And Just Like That . . ., laat dié koopgier wéér posvat. Dis sedert 13 Desember op DStvkanaal 101 te sien, met baie nuwe uitrustings én vintage-items, soos Carrie se blou satyn-Manolo Blahniks uit die 2008-fliek. Bron: The Guardian

5 GELDLESSE VIR

2022

Foto’s en illustrasies Getty Images/Gallo Images, verskaf, IMDb (Sex and the City)

Selfs finansiële ghoeroes moes leer en probeer . . . Edwin Theron, uitvoerende hoof van Sanlam Indie, verklap watter lesse hy wens hy al in sy vroeë 20’s geleer het: 1. Lewe binne jou vermoë. Gee net uit wat jy kan bekostig. 2. Betaal die skuld waarop jy die hoogste rente betaal eerste af, so gou jy kan. 3. Stel elke maand vir jouself ’n nie-onderhandelbare spaardoelwit. 4. Oorweeg lewensversekering as jy afhanklikes (ouers/grootouers/ kinders) én skuld het. 5. Wéét waarheen jou geld elke maand gaan. Lys alle uitgawes.

VELSORG VAN JAPAN

Hialuronsuur is ’n stof wat water soos ’n magneet aantrek en stoor. Só help dit om jou velwand te versterk en jou vel op te plomp sodat dit soepel, sag en jonk lyk. Dis ook die ster-bestanddeel in die Japanse velsorgreeks Hada Labo Tokyo, wat pas in SA bekend gestel is. Danksy ’n spesiale mengsel van drie tipes hialuronsuur-molekules dring die produkte jou vel diep binne vir ’n stralende gelaat. Beskikbaar by Clicks. – Monica van der Walt

Het jy geweet?

Die Super Hydrator Lotion (R320) van Hada Labo Tokyo is een van die topverkoper-velsorgprodukte in Japan.

’N DRUKKIE IN ’N BOTTEL

Sedert die ikoniese Coca-Cola-logo in 1886 geskep is, het dit al verskeie veranderings ondergaan. In 1969 het die kenmerkende golwende wit lyn bygekom. In 2003, met die Coca-Cola Real-veldtog, is dit met ’n titsel geel en drywende borrels opgekikker, maar dis in 2007 laat vaar. En nou, as deel van die Real Magicveldtog, is die “hug”-logo hier wat die bottel of blikkie “omarm”, om die wêreld in dié moeilike tye te herinner aan die harmonie en verbintenis tussen mense – veral met jonger generasies wat swaarkry in ’n virtuele en verdeelde wêreld.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 11

Stephané Edith Conradie se Birds of Paradise is een van die werke wat by die uitstalling te sien is.

60 WERKE, 40 KUNSTENAARS

Van skilderye en beeldhouwerk tot kralewerk, muurkuns en fotografie . . . Die werk van 40 uiteenlopende kunstenaars van reg oor Afrika, almal jonger as 40, is by die unieke 40 under 40-uitstalling op die historiese Twee Jonge Gezellen-landgoed buite Tulbagh te sien. Meeste van die werke is tydens die pandemie geskep. Die uitstalling begin by die Krone x WhatIfTheWorldgalery. Sestig werke is op sewe plekke oor die landgoed versprei. Dit duur tot einde Februarie. Vir meer: whatiftheworld.com/krone


SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT IN S

Julle sê ...

WITTER & INSTAGRAM

INSPIRASIE VAN DIE MAAND

GEMAAK OM TE SKEP Ek het ’n vriendin, ver in die dorre, harde Karoo. Met haar kunstenaarshande skilder sy die mooiste, mooiste goed. Maar haar hele wêreld word stil, gestroop van kleur. Die skilderdoek word ingesluk deur stof, voerrekeninge, geen reën – droogte. Haar vingers ken die pad, opgesluit in kwas en kleur, maar die kombuis word haar nuwe ateljee. Want sy’s gemaak om te skep en met ’n onstuitbare gees neem die kuns sy vorm aan tussen oond en bak en pan. Vleis en deeg word haar nuwe meesterstuk. Met passie en deegkuns maak haar nuwe “skilderye” menige huisvrou se hart so bly. Ure word dae, dae word weke, die aanvraag ál groter, haar wange ál bleker. Die reuke uit die kombuis is lieflik, die ure agter haar voorskoot sluk haar in. Lank ná twaalf, in die warm Karoostilte, tussen stoom en sous, met geen bure wat kan kla nie, want jou droogtepad is ’n alleenpad. Sy vind haar kuns in die mooiste bestellingsboeke en die verpakking van elke pastei. Haar siel is geknak, verlang na kwas en kleur. Haar gees is geknak, maar leef voort in die hoop – ná die reën wag ’n skoon doek op kwas en kleur. Ek het ’n vriendin, ver in die dorre, harde Karoo. (Na Koos Kombuis.)

Mossie van Loxton het dié uitgawe se wenbrief geskryf. Haar prys ter waarde van R3 397 is die geur New York van Kate Spade (100 ml, 60 ml en 40 ml EDP elk). Dié nuwe parfuum in die kenmerkende pienk kleur is ’n verslawende vrugtige blomgeur met note van sitrusagtige bergamot, soet aarbei, roos en freesia. Aanloklike Ambroxan en Cashmeran sorg vir diepte in die sensuele houtbasis. * Die borge is verantwoordelik vir die pryse en die versending daarvan.

MOSSIE, LOXTON

’N TOEGANKLIKER WÊRELD

Mense lees my stories op sosiale media met die aanmerking dat hulle weet hoe dit gaan sonder om te vra. Sosiale media, die plek waar ons wonderwerkkinders het, met die perfekte huwelik en gesin. Ons ken almal daardie een mens met wie dit net goed gaan. Geseënd en gelukkig. Soms moet mens dinge reguit sê, soms moet ons minder “polish”. Niemand kan hulle met die “perfekte mamma, gesin of kinders” vereenselwig nie. Dis onrealisties en intimiderend. Dalk kan my foute mense baie meer leer. Ons het ook goeie én slegte dae, deurbrake, flops en

suksesse waarvoor ons dankbaar is. Wees eerlik: Sal dit nie lekker wees as ons mekaar kan bevry van hierdie onrealistiese wêreld en lewe wat ons nastreef nie? Die jare maak mens sag. Sonder om ruggraatloos of pateties te raak, lui te wees of boedel oor te gee. Allesbehalwe. Iewers in mens se ouer en wyser word, moet jy stop en leer om nie meer alles vir almal te doen nie. Miskien wil ons almal maar net eendag sê: “Been there, done that . . .” Kinders word gedruk om te presteer. Ons is gesteld op rapporte. Toetspunte. Asof dit iets sê van jou karakter. Dis hierdie dinge wat my laat besef: Jy werk jou lewe lank aan

12 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

daardie CV en getuigskrif, kwalifikasies en prestasies. Dit het beslis waarde, maar dan word jou lewe in ’n heeltemal ander rigting gestuur. Uiteindelik, in die wyser seisoen van my lewe, besef ek ook dat ek nie vir alles hoef ja te sê nie. Die skrywer James Clear het gesê: “Stop making choices, start making commitments.” Ek weet ook in hierdie nuwe, wyser fase dat drome my kinders laat uitsien na die toekoms, al word daar so negatief gepraat in grootmenskringe. Ons moet die wêreld vir ons kinders toegankliker maak. Lynette Strydom, Gqeberha

#JyIsGenoeg olg SARIE op Instagram vir daaglikse inspirasie Watter Disney- of Pixar-fliek kan jy oor en oor kyk? Patricia Theart Lion King (1994) Charlene Louw Thomas he Little Mermaid (1989), ek love die krap Daantjie Badenhorst Up (2009) en Cars (2006) Estelle Bester Viljoen Beauty and the Beast (1990) Louisemarié Combrink Bambi (1942)

STEM: Wat verkies jy?

13%

7% 15%

65% Kolwyntjies 7% Muffins 15% Skons 65% Al drie, natuurlik! 13%

Jou vliegtuigkaartjie en verblyf is reeds betaal, al wat jy moet doen is om die bestemming te kies. Watter land sal jy graag wil verken? Avril Ford Italië, dis ’n lewenslange droom Riet van der Westhuizen Switserland Nelia Henning Duitsland, veral die Swartwoud Deirdre Fourie Nieu-Seeland! Ek mis my kinders so baie Rienie Viljoen Wel, ek wil toer! Amsterdam [Nederland], Antwerpen [België] en enige plek in Frankryk

Agtergrond Getty Images/Gallo Images Produkfoto verskaf

briewe


THEUNS LEEF VOORT IN KLEIN-KAROO-HARTE

> Theuns Jordaan afgeneem vir SARIE Januarie 2015.

FOTO PHYLLIS GREEN

TYD WAT VERBY IS

Alleenheid en eensaamheid is volgens die De Stadlers se Tesourus van Afrikaans sinonieme wat hier en daar verskil in hul toepassing. Daar is iets vreesaanjaends aan alleenheid en iets nostalgies aan eensaamheid. As jy in selfisolasie in jou huis met ’n Camparimojito en ’n boeiende boek voor ’n knetterende vuurtjie sit, is jy nie alleen of eensaam nie. Of as jy besluit om ’n hele Netflixreeks dwarsdeur die nag te kyk, met die slapende lywe van jou troeteldiere wat jou voete warm hou, is jy ook nie alleen nie en jy is allermins eensaam. Jy verkneukel jou aan die gevare waarin die held of heldin verkeer en jy verlekker jou aan hul stomende bed-baljare. Jy is ook nie alleen of eensaam as jy die jasmyn in die tuin ruik en die sneeu sien smelt op die verste berge nie. Jy maak sop – minder as ander tye – en jy eksperimenteer met jou eie jenewerbessies en lemmetjie-drankies. Dan, op ’n Sondag nooi jou naaste kind jou om halfpad te ry en by ’n restaurant te gaan eet. Die mure is dik en oud, die eikebome dikker en ouer, vuur skitter agter ou koperskerms. Jy lag, jy gesels, jy kom agter hoe

Jy klim versigtig op die mespunt en jy haal diep asem. Jy wil nie eintlik weet van eensaamheid en alleenheid nie en jy sit hulle weg. Heeltemal verban. Maar hulle loer deur skrefies vir jou.

Wat is ’n kunstefees? Stalletjies by die honderde? Toneelopvoerings? Koue bier? Kos? Duisende mense? Ja, maar alles is niks sonder daardie een kunstenaar wat die duisende deur die hekke kon kry nie, daardie een wat mense koue Karoo-aande onder kombersies laat sit het vir daai laaste song nie, daardie een kunstenaar wat mense dubbeld laat betaal het vir koffie sonder dat hulle kla, daardie een kunstenaar wat duisende mense op hul voete kon kry ná ’n aand se afwagting, en dit jaar ná jaar reggekry het. Daardie een kunstenaar wat ouma en oupa al vroeg laat kom het vir ’n lekker plekkie, die tieners en studente al die jare voor teen die veiligheidsrelings kon hou, en teen die einde van die aand al daardie mense, oud en jonk, op hul voete kon bring. Soos bloed, so was jy vir ons. Vir my en vele ander was jy ’n hoogtepunt by die fees jaarliks, vir my en baie ander was jy die koning op die stage, vir my en vele ander was jy ’n legend en jou musiek sal voortleef, jy sal onthou word. Jou debuutalbum is uitgereik op Oudtshoorn, by ons eie Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Jy was ’n stukkie van ons en sal altyd jou plekkie hier hê, al is dit nou in ons harte. ’n Perfeksionis, ’n gentleman, reguit maar ook altyd respekvol en dankbaar. Bring jou hart, bring jou lewe na die KleinKaroo . . . Theuns [Jordaan], jy sal voortleef in baie Klein-Karoo-harte.

Riëtte Hugo, Durbanville

NES SY PA

Ek en my wederhelf staan onlangs in die ry om te betaal by ’n bekende kruidenierswinkel. Die kassiere is baie nuuskierig toe ek die agt kanne van twee liter elk amasi (suurmelk) uit my trollie pak om te betaal, en wil weet wie drink dan hierdie vetmaakgoed. Ek wys vir haar ’n foto van my oorgewig, mak swart vark, Buddy . . . Haar oë rek so groot soos pierings van skok en toe sy uiteindelik haar stem terugkry, loer sy oor my skouer na my volronde manlief van 132 kg en sê: “Haai, Mevrou, die vark lyk dan net soos sy pa!” Nodeloos om te sê, my wederhelf was nie baie beïndruk nie, veral nie toe ek en die kassiere albei histeries begin giggel terwyl almal na ons kyk. Marieta Groenewald,

Susan White, Oudtshoorn

Klein-Brakrivier

vinnig jou kleinkinders groei en vaardige vingertjies op selfone laat jou verwonderd. Mettertyd is die kos klaar geëet en die vonkelwyn vonkel nie meer pienk en borrelend nie. Saam stap julle uit – vir ’n wyle staan jy by hulle terwyl almal in die spoelklipmotor inklim. “Baai, Ouma!” “Ouma moet kom kuier!” “Kom Ouma Kersfees saam see toe?” Hulle trek weg en jy stap na jou motor toe. Jy betaal die fooitjie. Jy ry met die son in jou oë huis toe, maar dis nie die

son wat veroorsaak dat jy nie kan sien nie. Dis die trane wat oor die rand van jou oë spoel en jou blind maak. Want nou weet jy waarom eensaamheid en alleenheid sinonieme is. Jy moet aftrek van die pad, want jy kan nie sien waar jy ry nie. Jy huil. Jy huil jou hart uit. Want jou tyd as jong vrou en mamma en laerskool-helikopter-ma en terugstaan- en regstaanma is verby. As jy later by die koue skemerhuis instap en die honde groet uitbundig, moet jy hard werk om weer jou balans te kry.

SARIE.com

Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: sarie@sarie.com. Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespreek in lesersbriewe is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknommer en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronklik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.

Januarie/Februarie 2022 | 13


Fizz Pop Ligte Kode: 3E-KLCH-108-25 of 20 of 15

Vertoonlokale alleenlik. K. Light Import verskaf slegs aan kleinhandelaars en nie direk aan die publiek nie.


ONS STYL

. . . ê s l ë i n Nata

Foto Bernard Brand Grimering Lyn Kennedy Hemp Shani Boerstra Kraag Floris Louw

So groot en genesend as wat elke Kersfees vir baie mense is, so bly ’n nuwe jaar vir menige die blote gevolg van berekeninge,

sterrekunde, seisoene en die behoefte aan ’n kalender. Vir die meerderheid van planeetbewoners is dit ’n terugkeer na ’n werkplek, ’n posisie en ’n roetine. Vir ander, dié wat vryskut moet oorleef en afhanklik is van publieke smaak, is dit (wel, tot onlangs) ’n energieke en benoude wegspring. Wat gaan ek doen wat oorspronklik is? Hoe gaan ek aandag trek? Sal my nuwe projek die voriges oortref? Is hierdie een uiteindelik mý jaar? Maar nou, hier in die huidige werklikheid, lê die nuwe jaar uitgestrek soos ’n lang, taai en ongenadige vraagteken. Gaan ons alles bly beplan net om elke paar maande in ’n nuwe krisis met nuwe beperkinge vas te loop? Gaan ons oorleef as ons die jaar moeg begin? Moeg van teleurstellings, slegte nuus, wantroue en finansiële druk. Hierdie wolke was nog altyd op die horison, het gereeld bo ons kom hang, nou bring dit onweer en skud ons heen en weer soos hulpelose vliegtuigies in ’n somerstorm. Ek het hieroor bly dink tydens die feesdae, ek was vir dekades nooit moeg nie. KAALKOP Gespanne, ontsteld, histeries, ja, dis van my beste eienskappe! Maar moeg? Selde. En hier is ek nou, gedaan en met skouers wat pyn onder die wrede vrag. Ervaring en selfkennis moet ’n mens tog kan lei tot by herstel en herlaai, vanwaar hierdie moegheid? Doodeerlik, doodernstig: Die Pole. Dis die nuwe aardrykskunde wat elkeen se innerlike landskap kom rek en krimp en dwarsdraai het. Daar is ’n helder en duidelike verdeel tussen ons. Verdeeldheid het nog altyd hierdie aarde se geskiedenis geskryf, maar nou is dit hier in ons huise, in ons families, werkplekke, kerke, vriendekringe en alle moontlike sosiale strukture. Weg met aborsie! skree een groep. Dis ons reg! skree ’n ander groep. Jaag weg die vlugtelinge! skree een helfte. Help hulle! skree die ander helfte. Hou op steenkool gebruik! skree een lot. Dis ons inkomste! skree ’n ander lot. Hou op reis! waarsku ’n klomp slimmes. Ons móét reis! skree ’n ander klomp slimmes. Vaksineer! skree die wetenskaplikes. Nie ons nie! skree die mense. Die Pole staan soos rugbypale, sigbaar en ver van mekaar. Hulle trek ons in verskillende rigtings, skeur ons in twee, verander ons in vegtendes. Elkeen het opinies, of dit sin maak of nie, elkeen begin en eindig sy dag met ’n uitspraak, of iemand luister of nie, elkeen gebruik sy reg op ’n keuse soos nog nooit voorheen nie. En dis uitputtend, die voltydse gekies en gekoes. Die aanhoudende verduidelikings. Nee, ek gaan nog nie saamkuier nie. Nee, ek weet julle dink dis alles bog, maar ek voel onveilig. Ja, ek weet dis jou keuse. Ja, jy MAG maar kwaad wees, jy MAG dink dis onregverdig, maar ek werk nou net met dié wat reeds gevaksineer is. Nee, nee, soos jy, het ek ook ’n keuse! Versigtig en ligvoets, soos katjies, moet ons mooi trap, die vrede probeer bewaar terwyl ons woedend is oor ander se gedrag, sommiges leef ten spyte, ander leef as gevolg van. Kollegas, familielede en jare lange vriende is skielik die vyand, daar word gestry, gesmeek, verduidelik en uiteindelik gegroet. Ek wonder daagliks of vertonings gaan plaasvind of nie, wanneer ek ooit weer vir Erik en my peetkinders gaan sien, wie ek in my huis kan toelaat, hoe lank ek nog uitnodigings van die hand gaan wys, hoe lank ek nog my tong kan byt voordat ek op maskerlose vreemdelinge begin gil. Nou skielik, ná ’n lang, lang lewe en ’n lang, lang loopbaan en ’n lang, lang tyd van vooruit beplan, staan ek voor ’n nuwe jaar met my vreemde nuwe leefwyse en my onverwagte frase: Dag Vir Dag. Klink dit hopeloos? Nee. Een koppie tee, een diep asem, een gewillige oor, een vriendelike woord, een besluit, een tree. Môre weer. Tot anderkant die storm.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 15


VOORBLAD

IS OOK Swem is haar hele lewe, maar wen is nie álles nie. Tatjana Schoenmaker gesels oor haar reis tot by die Olimpiese Spele, daardie goue oomblik, haar toekomsplanne. En hoe sy byna handdoek ingegooi het DEUR DELIA DU TOIT FOTO’S LEANA CR KONSEP EN STILERING FANIE CRONJÉ ASSISTENT ELDUNÉ VILJOEN GRIMERING EN HARE ALEX BOTHA

16 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Swembroek vintage Seafolly, stilis se eie Juweliersware stilis se eie

WÊRELD SE NOMMER 1



VOORBLAD

groet met ’n groot glimlag. Om haar ertjie met die vyf Olimpiese ringe. ná die Spele in Tokio het die oomblik, toe sy besef sy het Olimpiese vervaag nie. Haar oë skitter sommer Ek moet seker die hangertjie onder my kamerig, asof sy nie aandag op haar “Maar ek is so mal daaroor. Dit was ike juwelier.” g verander nadat sy in Julie die goue orsslag verower en boonop die tyd van 2:18.95 verbeter het. Sy het m-borsslag. Die eerbewyse stroom Q se Game Changer of the Year vir ank Top Women-toekenning ontvang, ou van die Jaar, en nou een van agt bassadeurs (saam met atlete soos had le Clos en Caster Semenya). lo as ander medaljewenners gesê we nie. ’n Paar maande gelede het et wie ek is nie, en nou waai mense rd oral herken, selfs met ’n masker so lekker, want jy voel daai trots en ms maak dit my tog ongemaklik – ek’s ig wil steel nie en dit voel maar vreemd eid is en al die aandag is op jou.” f sy oornag ’n swemsensasie geraak al sestien jaar lank om te kom waar sy om was dit reeds duidelik dat Tatjana, was eerste by ’n klein skoolgala. Eintlik e – my tye was oor die algemeen nie omsgroep nie. Maar by daardie gala het g haar mentor en afrigter] gesien ek mal in die swemwêreld weet borsslag is e – jy het dit, of jy het dit nie.” >

RIE.com



VOORBLAD


Goue top Cape Instyle

< Tatjana was sportmal en het aan alles moontlik deelgeneem, maar Rocco het haar ouers oorreed dat swem haar fokus moet word. “Ek was eintlik baie daarteen! Ek was veral lief vir netbal en het ook goed gevaar in hekkies en hoogspring. Maar hoe meer ek aan my swem geoefen het, hoe beter het ek begin raak, en toe word ek lief daarvoor. Daar was een hekkiesbyeenkoms waar ek, as ek eerste of tweede sou kom, na ’n ander byeenkoms toe sou moes gaan wat op dieselfde tyd as ’n swembyeenkoms was. In die resies was ek tweede en toe hardloop ek aspris ’n bietjie stadiger sodat ek derde kon kom,” lag sy. Sy is na die Hoërskool TuksSport toe, die Universiteit van Pretoria se sportskool vir belowende atlete. “Ons het soggens voor skool twee uur lank geoefen, dan klas gehad van nege- tot drie-uur, en dan weer ’n twee uur lange oefensessie. En dan moes jy saans huiswerk doen. Dit was ’n baie groot aanpassing, veral omdat ek in die koshuis gaan bly het, terwyl my ouers in Johannesburg was.” Maar sy het uitstekend gevaar – so goed dat almal verwag het sy sou op 18 vir 2016 se Spele in Rio de Janeiro kwalifiseer. En toe mis sy die afsnytyd met 0.01 sekonde. Ná die terugslag wou sy opgee. “Die ding met swem is, as jy nie mal is daaroor nie, gaan jy as swemmer baie ongelukkig wees. Ons swem 48 weke van die jaar en kry net af ná ’n groot kompetisie en oor Kersfees. Anders as in sportsoorte soos rugby verdien ons ook nie salarisse nie. Daar het ek amper my passie verloor en myself begin afvra of dit nog die moeite werd is. Rocco het besluit ek sal daai jaar glad nie meeding nie. Net in die water wees sodat ek weer lief word daarvoor, sonder die druk.” En dit het die ding gedoen. Toe sy dié keer kwalifiseer en na die Spele in Tokio gaan, was sy baie koelkop – en dís hoekom sy so goed gevaar het, glo sy. “Al was daar nie toeskouers by die Spele nie, was daar steeds oor duisend mense in die paviljoen by ons resies – ander swemmers, hul afrigters, organiseerders, borge. Dit was baie opwindend. Maar ek was só kalm. Dié keer het ek geweet my prestasie definieer my nie as mens nie. My doel was net om my beste te gee, en as dit die Here se plan is, dat ek goed

Dié keer was my doel net om my beste te gee . . . En as jy dit so benader, sonder die druk, kán jy Tatjana

sou vaar . . . fantasties. Indien nie, is dit ’n goeie geleentheid om te groei. En as jy dit so benader, sonder die druk, kan jy werklik jou beste gee.” Haar lewe wentel om swem, maar dis nie haar identiteit nie. “Ek het ook ander doelwitte in my lewe en dit was ’n belangrike les om te leer toe ek Rio net-net gemis het. Ek kan byvoorbeeld nie wag om eendag ’n ma te wees nie.” Maar terwyl sy op die kruin van haar loopbaan is, sit sy álles in. Sy oefen tot vier uur per dag en het net Sondae af. “Die meeste van daardie ure is natuurlik in die swembad, maar ek doen ook gimsessies en vreeslik baie aanvullende terapie – gereelde masserings, sessies met ’n sportsielkundige, osoonterapie en fisioterapie. Dis alles net so nodig om jou in topkondisie te hou.” Tot 2020 was sy nog besig met haar BCom-graad in finansiële wetenskap by Tuks (sy het dit ook voltooi) sodat sy “iets het om op terug te val”, en daarna het sy met ’n jaar lange kursus in sportwetenskap begin, maar sy moes dit staak om aan die Spele deel te neem. Daar is tye wat sy haar na ’n oefening moet sleep, erken sy. “Daar is regtig min tyd vir enigiets anders en ek voel soms asof my tenk net totaal leeg is. Maar ek sal myself dwing om by die oefening op te daag, want ek weet ek is nie alleen nie – negentig persent van die mense daar voel ook so. Ons motiveer mekaar om steeds alles in te sit op die moeilike dae, al is swem ’n individuele sportsoort.” Sy het nie juis stokperdjies nie en gaan min uit. “As ek ’n uur af het, sal ek slaap probeer inhaal! Die een ding wat ek myself wel toelaat, is om lekker te eet. Ek eet meestal gebalanseerd, maar ek volg nie ’n spesifieke dieet nie. As ek lus is vir sjokolade, sal ek dit eet – en dit gebeur byna daagliks, want ek het ’n suikertand. Ek sal nou nie ’n hele blok op ’n slag eet nie, maar ek ontneem myself nie. Ek voel ons oefen so hard, ek verdien dít darem. Dis my troos.” Wanneer sy wel uitgaan, maak sy ’n geleentheid daarvan. “Ek hou daarvan om mooi aan te trek en is lief vir mode. Ons is meestal in sportklere, so dis lekker om moeite te doen as ek die kans kry. Dit hoef ook nie iets spesiaals te wees nie – dis vir my lekker om net bietjie uit te kom en iets te gaan eet saam met vriende of familie.” >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 21


Ons sê dankie aan die Universiteit van Pretoria se Hoëprestasiesentrum dat ons by hul swembad kon skiet

< Haar familie is deesdae wyd verspreid, so sy sien hulle min. Sus Fabienne is ’n boekhouer in Johannesburg (Tatjana woon steeds in Pretoria), en haar ouers, René en Renske, is onlangs terug na Nederland, waar haar pa vandaan kom. Haar kêrel, Ruan Ras, is gelukkig ook ’n swemmer en verstaan die druk. Hulle is nou so twee jaar saam, maar is al jare lank vriende. “Dit voel baie langer as twee jaar, want ons is al van skool af vriende. Hy het ander meisies gehad en ek ander kêrels, en ons het nooit so aan mekaar gedink nie. Maar nadat ons albei se laaste verhouding geëindig het, het ons besef iets is hier aan die gang. In die begin was dit ’n vreemde aanpassing, maar nou kan ek nie gelukkiger wees nie – ek kan regtig sê ek is in ’n verhouding met my beste vriend.” Vanjaar fokus sy op die Statebondspele in Julie. “Ek sien omtrent net soveel daarna uit as na die Spele. Dis altyd so ’n voorreg om deel van die Suid-Afrikaanse span te wees en ander lande te kan sien as jy gaan deelneem.”

22 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Haar persoonlike doelwitte vir die volgende jaar wentel ook om swem. Sy het einde 2021 die Tatjana Schoenmakerstigting begin met die geld wat private individue aan haar geskenk het terwyl daar sprake was dat die Olimpiese medaljewenners nie ’n bonus sou ontvang nie. “Ek wil so graag die sport help uitbou terwyl daar aandag op my is. Die jammerte van ons sport is dat jy eers ’n loopbaan daarvan kan maak as jy die beste is, so dis baie moeilik om ’n swemmer te wees as jy nie ondersteuning het nie. My ouers het my tot en met die Spele nog finansieel ondersteun. Vir FINA [die Internasionale Swemfederasie] se kortbad-Wêreldbekerreeks in Desember, byvoorbeeld, moes almal in die span R25 000 betaal om te kan deelneem – en die helfte van die span is Olimpiese swemmers. Daar is eenvoudig nie geld om ons te stuur nie. Jy kry net geld as jy goed vaar in die groot kompetisies soos die Spele en Wêreldkampioenskap, wat net elke vier jaar plaasvind.” Sy wil deur die stigting atlete finansieel ondersteun met kompetisie- en reisgeld. “Dít moet nooit die rede wees


VOORBLAD

Ek wil nie ’n one-hit wonder wees nie. Dit beteken nie noodwendig nog goue medaljes nie

Top en romp Wolford Baadjie Viviers Studio Bankie Kuier Table

Tatjana

hoekom iemand teruggehou word as hulle so hard werk nie. Ek wil ook oor die algemeen bewustheid vir swem skep. Ek wil mense wat nie noodwendig aan swem blootgestel word nie, leer swem. Veral op die platteland is daar so baie onnodige verdrinkings omdat mense eenvoudig nie die vaardigheid het wat baie ander as vanselfsprekend aanvaar nie.” En daarna gaan alles oor die Paryse Spele in 2024. “Daar is baie minder voorbereidingstyd as vir die vorige Spele [omdat die Tokio-Spele weens die pandemie uitgestel is], maar dis nie noodwendig ’n slegte ding nie. Ek dink dis makliker om vir twee en ’n half jaar in topkondisie te moet bly as vir vier jaar. En ek word ouer, so hoe gouer, hoe beter!” Vir baie mense is Olimpiese goud die toppunt van ’n sportloopbaan en Tatjana is versigtig om nie toe te laat dat sy nou op haar louere rus nie. “Ek wil nie ’n one-hit wonder wees nie. Dit beteken nie noodwendig nog goue medaljes nie, maar ek wil aanhou om my bes te doen. My fokus is daarop om myself te verbeter. As dit die dag beteken ek wen goud, is dit lekker. As ek my eie tyd verbeter, is dit fantasties. En as ek dít nie kan doen nie, is my doelwit om ’n manier raak te sien om persoonlik te groei. Daardie lesse kan net so belangrik wees soos ’n medalje.”

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 23


Daar’s altyd

K L GEby dieUongeluk Sy het Getroud met rugby-kykers deur die jare vasgenael gehou met al die dramas in haar sepiekarakter se lewe. Met haar swanesang verlede maand het Christel van den Bergh nogmaals haar staal as aktrise gewys. En al is sy nog rou en geskok oor dié onverwagte wending, weet sy: Alles gebeur met ’n rede . . . DEUR SUZETTE TRUTER FOTO’S THE SILBERMANN COLLECTIVE @the_silbermann_collective

So ’n paar jaar gelede het ’n gene-toets getoon dat aktrise Christel van den Bergh die sogenaamde “happy gene” het – haar liggaam vervaardig van nature serotonien. Min het sy geweet hoe nodig sy al daardie natuurlike serotonien sou kry, want die afgelope twee jaar was vir die aktrise ’n onvoorspelbare, moeilike tyd – met baie donker dae tussen die goeie dinge. Sy is onder meer deur ’n moeilike egskeiding, sy het onbepland swanger geraak, en haar kontrak by die gewilde kykNET-sepie Getroud met rugby is uit die bloute beëindig. Renate, die eksvrou van die Stryders-speler Simon Greeff, wat kykers die afgelope vyf en ’n half jaar geboei het met al die drama in haar lewe – onvrugbaarheid, aborsie, surrogaatskap, postnatale depressie, egskeiding . . . se laaste tonele is op 2 Desember uitgesaai. >

24 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


PRAAT MET

Christel van den Bergh skryf gereeld haar gedagtes en idees in ’n dagboek neer.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 25


< Sy voel nog ’n bietjie rou, soos iemand wat aan posttraumatiese stres ly, sê Christel. “Maar dit help om te weet dat ek nie die enigste mens is wat deur ’n moeilike tyd gaan nie. Boonop is ek omring deur mense wat my liefhet en ondersteun. En dan is daar Daniel . . . Mense sê niks anders maak saak as jy eers ’n kind kry nie, maar alles maak vir my méér saak, want die stakes is soveel hoër. Maar as hy lag, is alles in daai oomblik vergete. Hierdie baba is net ongelooflik,” vertel sy terwyl “Boeta” die ene oë by die rekenaarskerm inloer. Christel gesels via Zoom vanuit haar tuiskantoor in Johannesburg, met Daniel wat op haar skoot woel. “Hy moes al lankal geslaap het, hy is eintlik so moeg,” beduie sy, en drapeer hom oor haar skouer. (Later, iewers in die middel van die onderhoud, raak die koppie stil teen ma se skouer.) Min slaap is ’n gegewe in hul huishouding op die oomblik. Saans, wanneer dit stil is, doen sy stemopnames vir ’n reeks aanlyn korporatiewe kursusse. Bedags, terwyl haar verloofde, David Louw, op die Getroud met rugby-stel is (hy vertolk die rol van haar eksman, Simon), is sy tuis by hul seuntjie en skryf aan die draaiboek van ’n nuwe fliek. Sy gaan ook die regie hanteer. Die sperdatum is binnekort, maar as ’n lastminute.com-tipe floreer sy onder druk, so alles is onder beheer, lag sy. Ná vyf en ’n half jaar is Christel weer vryskut. Al gaan sy die sekuriteit van ’n sepie mis, begin sy nou opgewonde raak oor nuwe moontlikhede. “Dis harde werk en jy moet hustle, maar dis een ding van vryskut: Dit laat jou lewendig voel.” Sy het in haar 20 jaar as aktrise al in flieks, sepies, TVreekse en sitkoms gespeel, maar haar karakters het nog altyd een ding gemeen gehad. Almal was so bietjie offbeat. “Ek is mal oor sulke komplekse karakters. Selfs my rol as Lorraine in Villa Rosa was dié van ’n gewone, goeie meisie wat haarself later begin sny het. By verre my lekkerste rol was Martie in die fliek Hoofmeisie. Daai vrou was nie lekker nie. Dis net soveel meer uitdagend as ’n straight karakter. Met so ’n rol vra jy jouself af: Hoekom is sy so? Ek hou daarvan om dit te verken, om haar emosionele reis op te maak en in te kleur. Dis hoekom ek van Renate gehou het. Sy is ernstig ‘beskadig’, maar sy het ook ’n ligter kant.” Nadat sy in Augustus by Getroud met rugby weg is, het sy die mooiste boodskap van een van die skrywers gekry. Hy het gesê dit was vir hom so lekker om vir haar te skryf, want hy het geweet hy kon vir haar enige toneel gee en sy sou dit baasraak. Op haar laaste dag op stel het haar kollegas haar met ’n afskeid verras, haar kleedkamer was vol blomme en geskenke en mense het spesiaal ingekom om totsiens te sê. “Almal was net so hartseer en geskok soos ek. Ek het só gehuil. Daar is baie wat ek gaan mis . . . die pret op stel, die geselsies in die green room, al die wonderlike vriendskappe.

26 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

En om teenoor David te kon speel. Hy is een van die beste akteurs teenoor wie ek al ooit gespeel het.” Christel het mooi herinneringe, maar op die oomblik is haar hart nog te seer om daarop te fokus. “Maar ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid om deel van die span te wees, ek het my beste werk daar gelewer. En was dit nie vir dié sepie nie, het ek nie vir David en ons baba gekry nie.” Waar dink jy het dinge verkeerd geloop? Die afgelope twee jaar het ek soms gesukkel om Renate se gedrag te verstaan, en dan sou ek by die hoofskrywer probeer vasstel wat die motivering is, of haar gedrag bevraagteken. Ek wens ek was iemand wat net my woorde kon sê en huis toe gaan, maar dis nie ek nie, ek gee te veel om, ek belê in my karakter, ek gooi my hart en siel in die proses. En omdat ek sterk voel oor my karakter, moet ek verstaan wat haar motiveer. So ek weet nie . . . my kontrak is vir ’n jaar hernu, maar drie weke later is ek ingelig dat my karakter uitgeskryf word omdat die storielyn dit vereis. Dit was ’n skok, veral omdat ek pas terug was van kraamverlof. Daniel was ses weke oud. Dit het geen sin gemaak nie, maar ek is ook deels verlig omdat my siel bietjie skade gely het met al die ekstreme storielyne. Bedoelend? Ek weet nie of enige aktrise al soveel parallelle tussen haar persoonlike lewe en haar karakter se lewe gehad het nie. Terwyl ek deur ’n moeilike egskeiding is, moes ek dit terselfdertyd as Renate beleef toe sy van Simon skei. Ek het daardie tyd pal gevoel asof ek ’n paniekaanval kry. My regte lewe en sepielewe het net te verweef geraak. Toe ek


PRAAT MET

Ten spyte van ysige koue en reën, het Christel en David se verlowingsfoto’s by Golden Gate in die Vrystaat aan al hul verwagtinge voldoen. In ’n stadium was daar tot ’n reënboog, ’n simbool van hoop vir Christel.

swanger word, is my swangerskap op my versoek ingeskryf, maar ek was later spyt daaroor. In retrospek het ek misbruik gevoel. Dit het nie vir my gevoel asof my swangerskap en my baba met die nodige sensitiwiteit hanteer is nie. Ons is akteurs, maar ons is ook regte mense. Ek moes swaar, intense storielyne hanteer soos obsessief-kompulsiewe steurnis en postnatale depressie . . . Gestel ek het regtig daaraan gely? Dank die Vader ek het nie. Daniel gee my net vreugde. Jy het al vroeër gesê jy wil nie kinders hê nie? Ek het altyd geglo daar is te veel mense op aarde, as ek regtig ’n kind wil hê, sal ek een aanneem. Ek was ook nog nooit broeis nie, maar wanneer ek na Daniel kyk, voel ek heeltemal anders as wanneer ek na ander babas kyk. Ek het vir vier dae gehuil toe ek hoor ek is swanger. Al waaraan ek kon dink, is dat ek nie kinders wil hê nie en wat die nuus aan my eksman, JP, sou doen. Vir hom was ’n gesin nie-onderhandelbaar, dis een van die redes hoekom ons

uitmekaar is. Hoewel hy die een is wat gekies het om te skei, het ons steeds ’n goeie verhouding. Hy het dit uiteindelik ook baie goed hanteer toe ek hom vertel het. Ná ’n paar dae het ek een oggend so ’n vrede oor my voel kom oor die swangerskap. Ek het besef dat dit dalk is hoe dit moet gebeur. Ek gaan dit net embrace. Dink net, as dit nie so gebeur het nie, het ek hierdie wonderlike ervaring gemis. Ma-wees het my rustiger gemaak, hoewel David seker nie sal saamstem nie; ek sit nooit stil nie. Wat het jou en David na mekaar aangetrek? Ek het sy hart leer ken toe ons so intiem as man en vrou op stel saamgewerk het. Hy is gentle en besonder talentvol, wat vir my baie aantreklik is. Ons het regtig goeie vriende geraak en daaruit het die mees ongelooflike verhouding gekom. Ek was nog altyd onafhanklik en ek doen my eie ding, maar hy is baie tradisioneel . . . hy laat my veilig voel en sal aandring om my by die lughawe af en op te laai omdat hy wil weet dat ek oukei en veilig is. En hy is ’n ongelooflike pa. Hoe hanteer hy moeilike situasies? Hy is goed daarmee om terug te staan, ’n situasie te aanskou en ’n berekende besluit te neem. Hy is eintlik my stem van redelikheid, nie dat ek altyd vir hom luister nie! [Sy lag.] As ek iets voel, voel ek dit sterk en diep, en as ek oor ’n week nog so voel, sal ek dit sê. Ek raak beter, want in die verlede sou ek dadelik praat. My probleem is dat ek altyd die laaste sê wil hê! Die situasie het aanvanklik effens stremming op ons verhouding geplaas, omdat ek en Daniel uitgegaan en David agtergebly het. Ek gaan draf maar as ek gestres voel . . . Jy het al die Comrades gehardloop. Was jy nog altyd ’n atleet? My boetie het langafstande begin doen omdat hy asma gehad het. Ek was nege jaar oud, en ek wou ook sulke cool tekkies hê. Toe sê my pa dan moet ek ook oefen. Die afrigter het ons van die asblik na die rugbypaal en terug laat hardloop, ek het skoon naar gevoel. Toe trek ek my tekkies uit en sê vir my pa hy kan dit maar teruggee. Sy antwoord was dat ek kan ophou sodra my tekkies deurgehardloop is! Dis hoe ek begin het. Ek het my eerste marathon voltooi in dieselfde jaar as wat ek die Comrades gedoen het, in 2018. Ek wil dit weer doen. Die gees en ondersteuning langs die pad was ongelooflik. Ek het ’n sterk kop. As ek dit kan doen, kan ek enigiets doen. Was jy as kind lief vir toneelspeel? Ek was daai enetjie wat die Kerskonsert geskryf, die regie gedoen en die hoofrol gespeel het. In graad sewe wou ek na die Pro Arte-skool in Pretoria gaan, maar ek moes eers vir my pa wys dat ek werklik belangstel, dan kon ek in graad tien gaan. Elke jaar het ek ’n oudisie afgelê vir ons skool se toneelgroep, sonder sukses. Maar my belangrikste oudisie – by die Tshwane Universiteit van Tegnologie, het ek geslaag. Ek het in my derde jaar my eerste rol gekry, as Ansie in die TVreeks Plek van die vleisvreters. >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 27


PRAAT MET

Saam met klein Daniel.

goed oor jou kwytraak. Hoekom FOTO SUNA In ’n stadium het ek toneelspeel? ROBBERTS verskriklik baie gewig Dis in my bloed om verloor – weens spanning stories te vertel. Nie almal en omdat ek gesonder sien altyd die hart en wou eet. Hulle het die siel wat jy in ’n karakter lelikste goed geskryf. insit nie, hulle dink dalk Soms kan ek dit aflag. net: “Og, die Renate is Maar ek het dit later so irriterend.” Maar ek blokkeer, ’n mens het nie het deur die jare ook baie altyd die kapasiteit om positiewe terugvoering dit te hanteer nie. van kykers gekry, soos toe Hoekom is sepies sy haar tot ’n surrogaat so gewild? Is dit gewend het om ma te ontvlugting? word. Selfs met die Ek dink nie sepies is OCD-storielyn [obsessiefregtig ontvlugting nie. kompulsiewe steurnis] het Deesdae spreek sepies ek dankiesê-boodskappe kwessies aan en probeer van kykers gekry. Dan ook opvoed. Dis dikwels besef jy die storie wat jy ’n geleentheid vir vertel, het tog vir iemand skrywers om by te dra tot waarde. Ek wil stories die groter gesprek in die vertel wat mense aanraak. land. Ek dink daar kan As jy iets heel dalk ’n beter balans wees. anders kon doen? Mense wíl ontsnap, hulle Ek wil eintlik diere red soek gelukkige eindes. en op ’n plaas bly. As ek Daar is mense wat al drie ’n rondloperhondjie op sepies op kykNET kyk, straat gesien het, sou van sesuur tot agtuur. ek altyd stilhou en hom Deesdae is veearts toe neem om vir Christel afdankings hom ’n huis te kry. My algemeen. Enige droom is my eie sanctuary raad wat jy uit vir diere. Mense sê altyd ervaring kan deel? jy dink jy is lief vir jou As jy jou werk verloor, is die laaste ding wat jy wil hoor: honde, wag tot jy ’n kind het. Maar ek is ewe lief vir al vier Wees positief. My advies is: Hang in there. Voel diep, voel my kinders! daai emosie . . . maar uiteindelik moet jy besef jy moet self Ek raak emosioneel oor diere of enigiemand wat weerloos iets doen. Iewers die moed en krag kry om aan te gaan. Alles is. Hanna Grobler van die Hanna Charity and Empowerment gebeur om ’n rede – daai cliché is waar. Die Here verander Foundation [wat hom vir behoeftiges en gemarginaliseerdes nie noodwendig jou situasie nie, maar hy verander jou in beywer] is ’n baie goeie vriendin van my. Ek het haar dikwels daardie tyd. Pleks van hoekom, vra eerder: Wat gaan ek doen? gehelp toe sy nog in Pretoria gewoon het. Sy het my altyd Moenie vasgevang word in selfbejammering nie. gewaarsku dat ek nie mag huil [tydens ’n besoek] nie. Jy kan Ek en my vriendin Zetske van Pletzen het ’n aanlyn nie iemand help as jy voor hom sit met jou bevoorregte lewe toneelspeelkursus, closeupacting.co.za, begin wat in Januarie en lyk of jy hom bejammer nie. Ek het onlangs ’n episode afskop – dis baie prakties oor spesifiek die film- en TVvan die TV-reeks Dankie, Lottoland aangebied by Huis Zoë, bedryf, van karakterontwikkeling tot teksanalise en die ’n veilige hawe vir vroue en kinders op Hartbeespoortdam – tegniese aspekte. Dis baie opwindend. En soms kom goed dit gryp jou aan die hart. oor jou pad. Ek het toevallig oor die radio genoem dat ek Sosiale media is deesdae almal se seepkis. Hoe die sepie verlaat, ’n jong aanhanger het dit gehoor en vir hanteer jy negatiewe kommentaar? haar oupa vertel. Hy het my jare gelede as seremoniemeester Vir baie kykers is sepiekarakters soos familie in hul sitkamer, gebruik en my dadelik gekontak en werk as stemkunstenaar hulle glo hulle kan sê wat hulle wil. Jy kan nie dit persoonlik aangebied vir al sy aanlyn kursusse. Elke keer as ongeluk my opneem nie. Mense kan nie onderskei tussen my en my getref het, is dit opgevolg deur geluk. karakter nie. They love to hate her. Dis meestal vroue wat lelike

Elke keer as ongeluk my getref het, is dit opgevolg deur geluk

28 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com



Foto met vergunning van Taalgenoot geplaas

Piet Croucamp afgeneem in sy tuisbiblioteek.

30 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


PROFIEL

o k llig

Praat hy nie as politieke ontleder oor die nuus van die dag nie, sorg hyself vir nuus. Vir Piet Croucamp kyk of hoor jy nie sommer mis nie

Piet se

DEUR SONNETTE LOMBAARD FOTO ANDRÉ BADENHORST VAN BLACK FRAME PHOTOGRAPHY

steel jy nie

y ongewone voorkoms tref jou volskoot. Imposant vanaf die visplakkies en ingeleefde jeans en T-hemp aan sy lang lyf, tot by die astrante kopdoekkroon op 1,91 m. Ondertoe is sagter gelaatstrekke: grys spikkelbaard en groen oë wat stip vonkel oor sy brilletjie, halfmas op die neus. Sy sopraanstem en suiwer woordkuns rond hom bekoorlik af . . . Gesels hy eers begeesterd, wis jy gou Piet Croucamp is ’n stervangs uit die genepoel van interessantwees. Een wat hom nie maklik laat inkatrol nie. Die aweregse, en selfs sku, strepe is

deurentyd daar, maar sy skerp verstaan van die lewenskuns en die kreatiewe inkleur daarvan hou hom vars. As politieke ontleder en TVaanbieder is Piet (59) een van ons bekendste en mees omstrede openbare gesigte. Wat genoeg mense die harnas injaag met sy reguit en vurige uitsprake oor van die politiek en taal tot geloof. Praat hy nie oor die dag se nuus nie, maak hyself nuus. Jy kyk of hoor hom nie sommer mis nie. Hy bly nuuswaardig . . . mense gis of gons graag oor hom. Piet erken sy onwilligheid om voorskriftelike norme na te kom, hoewel hy as tropdier sy kuddes eien

en daarin wei. Op sy voorwaardes. Soos hy al op eie houtjie deur Suid-Afrika, Namibië, Europa en oor die breedte van die VSA geryloop het. In onlangse tye stilweg sy eie en sy dogter se ernstige kankerdiagnoses hanteer het. Dit is ook hoe hy dit verkies, hy hou meestal sy lewe privaat. Vir diegene wat hy nader toelaat, is hy ’n verfrissende vriend of kennis, dog kompleks, soms knorrig maar koersvas deurdag. Sy twee kinders kies heldmateriaal om hom uit te knip. Min mense wis Piet se lewensverhaal kronkel deur ’n kinderhuis. En hoe tydige padengele onderweg sy vlerke bly lig het tot hy self kon vlieg. >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 31


WAT

ander

OOR PIET KWYTRAAK < Sy ouers se huweliksboot het gesink toe Piet die lewenslig in Windhoek aanskou het. Sy herinneringe is aan ma Beatris. Binne ’n disfunksionele, behoeftige gesin met 13 kinders moes ouma help grootmaak. Toe hy in st. 3 was, is hy kinderhuis toe, en in die hoërskool is hy deur Bloemfonteinse pleegouers aangeneem. Dit het misluk en hy is terug Windhoek en koshuis toe, waar hy gematrikuleer het. Piet is oortuig hy het niks misgeloop nie. “Het jy nie iets nie, kan jy dit nie mis nie. Dis al wat ek geken het.” En hy was nooit dakloos nie, het nie honger gaan slaap nie en is nie misbruik nie, voeg hy by. Belangriker, dit het hom geleer om vroeg vindingryk te oorleef. “Jy soek wyer na en vind die nodige ondersteuningstelsels oral. Om in die trop onder die radar te vlieg het voordele.” Boonop het die goue les oor genoegsame welwillendheid sy taaier grootwordjare soeter laat proe. “Mense se ongelooflike welwillendheid vloei vrylik, mits jy oop is daarvoor en nie die slagoffer speel nie.” Geluk speel ook ’n rol. Nog ’n belangrike instrument vir die toekoms is destyds geslyp. Hy het die wonderwêreld van boeke en lees ontdek. Eers slapbandboeke en swak romans, later die letterkunde, digbundels en koerante. Die deure na buite het oopgeswaai. Kennis was rykdom en ’n ontsnappingsroete na beter. “Dit het ’n nuuskierigheid en ’n ondersoekende ingesteldheid in my laat posvat wat omdraai onmoontlik maak. “Mettertyd het ek besef die ware lewensreis is gewortel in die voortdurende en ontwykende soeke na wat meer reg as verkeerd is, oftewel naaste aan die werklikheid is. Soms glibberig, bly dit durend.” Sy groot les aan sy kinders, Lazelle (23) en Schalk (19), is om nooit

32 | Januarie/Februarie 2022

My pa was nog altyd ’n inspirasie. Hy het ons geleer hoe om krities te dink en avontuurlik te wees. Ek is elke dag dankbaar dat ek iemand het waarop ek 24/7 kan staatmaak. LAZELLE CROUCAMP, DOGTER

My pa was die brug tussen my naïwiteit oor die wêreld buite en my wilskrag om die lewe uit te daag. Hy is meer as ’n pa, hy is my steunkrag. SCHALK CROUCAMP, SEUN

Ek en Piet het in 1994 in Windhoek ontmoet. Ons was in dieselfde denkkraal: kwaad vir PW, apartheidabsurditeite en die Bosoorlog. “Andersdenkende” was ’n kompliment. Ons het saam geboer en saam getoer . . . in die VSA ’n pienk Ford gekoop en op die maat van die Traveling Wilburys van San Francisco na New York gery en dit op die JFK-lughawe se VIP-parkering gelos. WOUTER VAN ZIJL, NAMIBIESE VRIEND

Ek en Piet het derduisende kilometers in mekaar se geselskap deurgebring en unieke ervarings gedeel. Met sy besonderse skryftalent en woordvaardigheid kon hy ’n kommentaar-artikel tussen Ceres en Kaapstad met sy duime op ’n selfoon uitkap én die spertyd haal. Hy is kompleks: Ons het eenmaal van Johannesburg tot in die Oos-Kaap gery sonder dat hy gepraat het. Die wag voor sy mond is dikwels op awol, maar hy is byna altyd spyt. Hy is lief vir lekker eet en verorber ’n bak turksvye manalleen. Hy hou nie van alkohol nie en kuier ’n aand om met een bier. Hy is ’n ateïs, maar dra Bybelpassasies met vers en kapittel voor. Piet het ’n goeie sangstem, op pad het ons psalms en gesange gesing. Die boere het baie van Piet gehou en snags tot laat met hom gesels oor godsdiens, maar veral landsake. WYNAND DREYER, REGISSEUR VAN MEGABOERE

op te hou delf na die waarheid nie. “Die soektog beloon jou boonop met selfkennis . . . oor wat jou keer om daarby uit te kom, en duur pryse om dit te vermy of ontken.” Ondanks powere matriekpunte, het Piet na Stellenbosch geryloop om te gaan swot, maar op Kovsies in Bloemfontein beland waar hy ’n beurs kon kry. Hy het vir ’n regsgraad ingeskryf, maar aan die einde van

SARIE.com

sy eerste jaar al sy vakke gedop. “Ek was intellektueel onvolwasse met geen verantwoordelikheidsin en werketiek nie.” Nasionale diensplig was sy voorland. Ná uitpassering is hy oorsee, waar hy Europa plat geryloop het en onder meer op ’n kibboets gewerk het. “Ek het begin mature.” Met sy terugkeer was hy 23, en kon “as oupa” en sonder matriekvrystelling ’n Matie word.


PROFIEL

Nog ’n engel het neergedaal. Een etenstyd noem hy terloops aan ’n Namibiese sakeman dat hy wil swot maar geld kort. Ignas Oberholzer het agteraf met die bank gereël en siedaar. Piet het alles terugbetaal en Ignas later jare deur Facebook opgespoor en hom gaan bedank. Ryp vir die filosofie, het die breine en fenomenale denkkrag van mentors soos Willie Esterhuyse hom gefassineer. En in ’n “kernmoment” het ’n lig aangegaan oor die akademie as loopbaan. Halfpad deur sy graadkursus het hy ’n blaaskans gevat. Hy is vir 18 maande fort na die VSA, waar hy van kroegman tot konstruksiewerker was en sosiaal rugby kon speel. En oor die breedte van Amerika van New York na San Francisco kon ryloop. Die 1980’s was ’n intense groeifase vir Piet. In San Francisco het die Beat Generation se walms geluier, is hy blootgestel aan ’n vrye leefwyse en denke. Hy lees Jack Kerouac, woon Bob Dylan-konserte by en ontmoet beatnik Allen Ginsberg. Geïnspireer deur die tydgees en eietydse modes, skaf hy kopdoek, armbande en oorbel aan. Die befaamde kopdoek het gebly. Met sy terugkeer maak hy sy honneursgraad in die politiek klaar en kry werk as personeelbestuurder op Oshakati. Van daar, sonder ’n biblioteek, verwerf hy sy meestersgraad. In 1990 se Rubiconjaar ryloop hy na Suid-Afrika om Nelson Mandela se vrylating in Kaapstad te vier. Waar hy hoor van ’n tydelike lektorspos by die Universiteit van die Noorde in Polokwane. Vir ’n welsprekende wese by wie nuuskierigheid en ondersoek na die waarheid wisselwerkend gedy, pas die akademie se driehoekverkeer van skryfwerk, leeswerk en gesprekvoering Piet perfek. Hy het sy tuiste en passie gevind. Hy is tans politieke dosent aan die NWU se kampus in die Vaaldriehoek.

Sy radiowerk het padlangs ontspring. Met ’n sterk stem en die vermoë om standpunte kalm en suiwer oor te dra, tesame met sy eiesoortige voorkoms, is hy ook voor die kamera in aanvraag en was gewild as aanbieder van MegaBoere se debuutreeks op kykNET. Tussendeur het Piet getrou, kinders gekry en is geskei. As selferkende bachelor het hy gewis die huwelik is ’n hoë-risiko-waagstuk, maar sy kinders wat daaruit gebore is, is sy trotsste prestasie. Hy en sy studentseun Schalk vat gereeld sy Jeep en verdwyn uit die stad. Sy dogter, Lazelle, is die “mens wat ek wou wees”. Sy het pa se sangtalent en leesliefde geërf en sprei nou haar vlerke oorsee. Hy is ’n passievolle pa. “Onbeskaamd patologies verknog” aan sy twee telge. Met ’n oordrewe beskermingsdrang en vrese dat hy nie altyd kan red nie, verklap Piet. “Hulle moes vrede maak daarmee,” lag hy. Dis erg getoets toe Lazelle in 2017 met die bloedkanker leukemie gediagnoseer is en tydens haar tweede studiejaar intense en hoë dosisse chemoterapie moes ondergaan. Vir ses maande het Piet by haar hospitaalbed gewaak. Min gewis nog kankerskokke wag. In 2019 is hyself “uit die bloute” met kolonkanker gediagnoseer nadat hy uitgedaag is om ’n kolonoskopie te laat doen. “Die spesialis het gesê, was daar ’n Nobelprys vir Betyds, is dit myne.” Tydens ’n operasie kon al die kanker verwyder word. Vir vriende stuur hy met sy ontslag ’n foto van hom, gebalde vuis, met die woorde: “Live to fight another day.” Kort daarna is sy halfbroer aan kolonkanker oorlede. “My kankergene is hoog. Dit het albei my ouers geëis,” vertel hy gelate. As oud-Kalahariboer ken hy veld en bosse, maar kies die stad. Voel geborge tussen die gezoer. Wanneer Piet nie in sy kinders se ruimte boer nie, is hy in boek- of koffiewinkels. Hy is ’n tropdier

en nie ’n loner nie. “Ek is die tropram, gewoonlik aan’t stoeie, maar deel van die kudde.” Hy hou van die manier waarop mense mekaar wedersyds en interaktief hervorm en omvorm. Die “miljoene stemme” en nagenoeg 5 000 titels op sy boekrakke is sy geselskap tuis en bring ’n “gelate berusting en vredevolle huislikheid” na sy stadsnes. Hy wil eendag sy boek skryf. Sy blyplek is nederig, soos hy leef. Die Jeep is min werd – sy voete het hom al ver gedra. Hy het min sin aan vertoon, koop selde klere. “Ek het nooit êrens wortelgeskiet nie en jaag nie ’n identiteit na nie. Ek is content met myself en my lewe.” Hy ag geld se waarde. “Toe my dogter oorsee wou gaan verken, het ek my kredietkaart met liefde oorhandig. Moes hard werk en lank afbetaal, maar wat sy gewen het, is prysloos.” Oor sy kritici wat hul gifpenne skerp hou, is hy rustig. Soos Steve Jobs luister hy na sy opponente en aanvaar hulle het dalk ’n punt beet. Hoekom hy staatsluipmoordenaar Eugene de Kock in die tronk gehelp het: “Elkeen verdien ’n kans en geregtigheid. Ek het hom leer ken. Hy is nie boos nie.” Anders as wat baie dink, is hy erg oor sy moedertaal, en mooi Afrikaanse woorde soos erbarming laat sy tone krul. “Jy hoef nie jou taal af te dwing nie. Leef jy dit, sal dit oorleef.” Piet is nie ’n oop boek nie, meer ’n eietydse enigma. Hy dra sy kruis sonder kla, bly dors na lewenswetenskap en sy ware noord. Hy vrees nie die dood nie, wel verlies. “Doodgaan is tog natuurlik. Dis verlies, veral van geliefdes, wat my magteloos maak en maklik laat huil.” In ’n millennium gefikseer op klone, is Piet Croucamp sy eie mens. Hy ken en maak sy eie geluk. Of jy mal is oor hom of nie, jy kan nie sy kollig steel nie. ’n Nugtere en nuuskierige pelgrim, hy woeker met kanse. Die wonder van lééf ontgaan hom nooit nie.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 33


PROFIEL

EKSKLUSIEF SA SE FIRST LADY

Dr.

TSHEPO Motsepe ‘Ek lei my lewe, Cyril het sy mense’

Met haar snyerspakkie en pêrelhalssnoer is sy pure first lady. Maar met politiek bemoei pres. Cyril Ramaphosa se vrou, Tshepo Motsepe, haar nie. Daarvoor is sy te besig: as mediese dokter, ma, filantroop en vroueregteaktivis. In dié onderhoud praat sy eksklusief met Daniëlla van Heerden oor haar liefde vir Afrikaans, die plaaslewe, en waarom haar onafhanklikheid vir haar so belangrik is 34 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Toe Cyril Ramaphosa in Februarie 2018 die demokratiese Suid-Afrika se vyfde president word, moes ons as joernaliste behoorlik bontstaan om soveel as moontlik oor hom te probeer uitvind. Van die feite was welbekend – ons het immers geweet hy was destyds ’n vakbondleier, gesoute politieke onderhandelaar, later ’n skatryk sakeman en, in sy vrye tyd, ’n beesboer. Maar één onderwerp het ons bly ontglip: Die nuwe presidentsvrou. Tshepo Motsepe, Ramaphosa se eggenoot, is immers baie privaat. Sy maak selde openbare verskynings, en staan selfs nog minder media-onderhoude toe.


DR. TSHEPO MOTSEPE SE CV

in ’n neutedop

Mediese dokter

Behaal ’n meestersgraad in openbare gesondheid aan Harvard Dien as voorsitter van die akkreditasiekomitee van die Gautengse gesondheidsdepartement Raadslid van die Wits-gesondheidskonsortium

Kyk ook Green Planet Productions se video-weergawe van Daniëlla se gesprek met die presidentsvrou eksklusief op SARIE.com FOTO KGOMOTSO NETO

Dit was kennelik nie net ons verslaggewers nie, maar ook gewone Suid-Afrikaners wat gebrand het om meer te weet van die kamerasku Motsepe: Ter viering van Google Trends se vyftiende bestaansjaar in 2021 het die soekenjin ’n lys van frases wat Suid-Afrikaners die afgelope dekade en ’n half die meeste gegoogle het, bekend gemaak. Onder die afdeling “Aktuele Sake” tel die frase “Wie is Cyril Ramaphosa se vrou?” onder die toptien. Die enkele brokkies inligting wat ek wél oor haar kon uitsnuffel, was sowel fassinerend as indrukwekkend. ’n Mediese dokter wat haar meestersgraad by Harvard behaal het. Ousus van die bekende mynmagnaat Patrice

Beskermvrou van verskeie organisasies wat omsien na die belange van ma’s en kinders Voorsitter van The Early Care Foundation

Motsepe en sakevrou Bridgette Radebe. Kampvegter vir vroueregte en passievol oor vroeë kinderontwikkeling. “Cyril-se-vrou”, het dit vinnig geblyk, is ’n piepklein onderafdeling van haar curriculum vitae. Toe ek boonop vasstel dat Motsepe vlot Afrikaans praat, het ek geweet – met hierdie merkwaardige vrou móét ek ’n onderhoud voer. Ná weke se joernalistieke speurwerk, mooipraatjies by kontakte vir telefoonnommers, en dosyne oproepe later, kry ek uiteindelik dié bondige e-pos van Motsepe se woordvoerder: “Dear Daniëlla, I hope this email finds you well. Kindly note that Dr. Motsepe has accepted your request. >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 35


< She further noted she is available to do an interview in Afrikaans.” Ek’t byna my skootrekenaar van die tafel af gegooi van opwinding. *** ’n Paar weke later daag ek en ’n kameraspan van Green Planet Productions op by die kantoor van die Cyril Ramaphosastigting in die Goudstad. Danksy Green Planet se eienaar en vervaardiger, Francois Nolte, wat deel in my opwinding oor die “scoop”, is daar kamera-operateurs, ’n regisseur en ’n klankman wat ’n videoopname maak van die spesiale onderhoud. (Kyk die video eksklusief op SARIE.com.) Omdat só min bekend is oor Motsepe, weet ek nie wat om te verwag nie. Sy is só mediasku, dat daar immers ’n kans is dat haar antwoorde bot en kortaf kan wees, en die hele onderhoud platval. Dan het ek die hele span se tyd en geld gemors. Maar my vrese is ongegrond, want hoewel Motsepe aanvanklik effens skugter is, blyk dit gou sy is ook innemend en plat op die aarde. Sy daag op sonder fanfare, met net haar woordvoerder aan haar sy. Geklee in ’n netjiese, eenvoudige snyerspakkie. Grimeringloos. Wanneer grimeerkunstenaar Yolandé Mostert haar onder hande neem net voor die onderhoud, maan sy haar om dit baie eenvoudig te hou. “Ek is nie een vir optof nie, hoor!” sê sy laggend in Afrikaans. Toe ek haar bedank vir haar bereidwilligheid, erken sy my pleidooie vir ’n Afrikáánse onderhoud het bygedra tot haar besluit om tog in te stem. “Ek hou van Afrikaans en is bly dat ek ná al die jare nog die taal kan praat,” sê sy trots terwyl sy haar hare reg druk voor die kameras begin rol.

*** Die onderwerp van Afrikaans is ook die aanknopingspunt toe ons onderhoud amptelik begin. Motsepe, die oudste van sewe sibbe, verduidelik sy het die taal as jong meisie leer praat. Sy het haar skoolloopbaan by ’n voormalige bruin Afrikaanse skool in die Noord-Kaap voltooi. Haar grootwordjare in die 1950’s en 1960’s was tydens ’n onstuimige tyd in die land se geskiedenis en haar pa, wyle Augustine Motsepe, was in die moeilikheid omdat hy kapsie gemaak het teen Bantoe-onderrig. Gevolglik moes die gesin wegtrek uit die destydse Transvaal. Ná matriek het Motsepe aangemeld by die Universiteit van Natal – destyds een van net drie universiteite waar sogenaamde “nie-blankes” toegelaat is om medies te studeer. Nadat sy gegradueer het, is Motsepe gekeur vir ’n meestersgraad in openbare gesondheid aan die gesogte Harvard. Sy erken ruiterlik sy het nie eens geweet presies wáár in Amerika die universiteit geleë is nie. “In daardie dae het ons in Suid-Afrika maar min van die buiteland geweet. Ek was net te dankbaar en opgewonde om Amerika te kan gaan beleef,” verduidelik sy. En hoewel dit vir haar ’n goeie ervaring was, was sy ná twee jaar se ysige winters in Boston vol heimwee vir die huis. “Jy verlang na álles – selfs die kos. Ek wou net weer pap eet!” onthou sy. “Ek was nog vir hulle 4th of July-vieringe genooi na ’n eg Amerikaanse barbeque. Maar ek’t geproe – dié is nie soos die huis nie.” Die laaste strooi was ’n sneeustorm waartydens sy vier dae lank in haar koshuiskamer gekluister was. “Toe dink ek: Wat doen ek hier? Dis nou lekker somer in Suid-Afrika. Ek onthou nog die dag – die twaalfde Februarie – toe ek geweet het ek moet teruggaan.” Sy het haar graad voltooi en teruggekeer na haar

MOTSEPE IS AS VOORSITTER NOU BY THE EARLY CARE FOUNDATION BETROKKE Hulle werk in die sektor vroeëkinderontwikkeling om vroue in informele nedersettings te help om geakkrediteerde kleuterskole en speelgroepies te stig – met ’n sukseskoers van 98%. “Ek het destyds besef daar’s soveel onwettige private kleuterskole,” verduidelik Motsepe. “Ons help nou hierdie vroue dat hulle aan die vereistes voldoen om te kan registreer. Wanneer hulle die nodige kursusse voltooi – hulle leer hoe om goed na jong kinders om te sien – kry hulle ook finansiering by die departement van maatskaplike werk.” Die stigting se harde werk het verskeie voordele: Nie net bemagtig dit dié vroue om sake-eienaars te word nie, dit skep ook ’n beter omgewing vir die peuters en kleuters wat die skole bywoon. “Die eerste jare van ’n kind se lewe is die belangrikste wat opvoeding betref,” sê Motsepe. “Ons help dat hul omgewing veilig is en hulle gestimuleer word, sodat hulle nie hul skoolloopbaan op die agtervoet begin nie.” Lees meer: earlycarefoundation.org

36 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


PROFIEL

geboorteland. Die Motsepes was teen dié tyd nie meer in die Noord-Kaap nie en terug in Mmakau, hul piepklein tuisdorp naby Pretoria. Daar het sy ’n mediese praktyk oopgemaak in die einste gebou waar haar oorlede oupa eens ’n algemene handelaar was. “My oupagrootjie was ’n Batswana-stamkaptein en hy het drie vroue gehad. So, byna almal in die dorp was op ’n manier familie van my. En hulle wou nie betaal het [vir mediese sorg] nie! Sodra ek vir hulle ’n inspuiting gee, was dit net: ‘Dankie, nè, cuzzy, baai-baai!’” Sy lag. “Maar aan die einde van die maand moes ek nog elektrisiteit koop en my mense betaal.” Sy het daarom in 1986 getrek na die hartjie van die hoofstad. Daar het sy ’n praktyk op die been gebring – min wetend dat dié besluit in ’n groot mate haar toekoms sou bepaal. Haar nuwe stadsvriende het Motsepe op al wat ’n toe-oëafspraak is, gestuur. “Hulle het gedink – sy’s klaar op die shelf, sy’s 32 jaar oud. Ons moet iemand vir haar kry.” Ná vyf onsuksesvolle pogings deur flambojante vlerkslepers wat haar allermins beïndruk het (“Die een ou het ’n geel suit gedra, die ander ’n rooi hoed”), het die sesde kandidaat eindelik haar goedkeuring weggedra. Hy was ene Cyril Ramaphosa, destyds ’n jong en dinamiese vakbondleier. Die vorige mislukte afsprake was vergete, en Motsepe erken laggend dit was liefde met die eerste oogopslag. “Ja, sommer dieselfde dag het ek gedink: ‘Hiérdie enetjie, ek hou van hom!’” Die verhouding het vinnig vlamgevat, maar voor hy kon lobola betaal, moes Ramaphosa eers die gesiene Motsepefamilie oortuig hy is hul dogter waardig. “My ouers was baie bekommerd, hulle het gesê: ‘Jy bring ’n man van Soweto af. Ons is nie soos hulle nie! En daai leather jacket van hom, is dit nie tsotsi’s wat dit dra nie?’”

Joernalis en eNuus-leser Daniëlla van Heerden en dr. Tshepo Motsepe. FOTO’S GREEN PLANET PRODUCTIONS

Maar Ramaphosa het nie moed opgegee nie, en eindelik sy skoonfamilie se harte gewen. “Hulle het eintlik gedink hy’t goeie maniere,” onthou Motsepe met ’n glimlag. In die 1990’s, tydens die oorgang na ’n demokrasie, het Ramaphosa hom voltyds in die politiek begewe. Hoewel daar uitdagings was, het Motsepe ’n wilsbesluit geneem om nie toe te laat dat haar man se nuwe rol haar ontsenu nie. “Ek was besig met my eie dinge. En as jy ’n ma is, is daar die kinders. Ek het besluit, to structure my lifestyle so that it agreed with the work that I was doing. En in die middag was ek ma-setaxi, om die kinders orals te neem.” Dit is ’n benadering wat sy stééds volg noudat sy presidentsvrou is. “Ek is nie ’n politikus nie, en ek’s baie bewus daarvan en waar die grense is,” verduidelik sy. “Ja, so nou en dan moet ek saam met hom na geleenthede toe gaan. Dan is ek soos ’n actress: Ek doen wat ek moet op daardie tyd. Maar sodra ek klaar is, wil ek mý lewe lei.” Sy lees daagliks koerante en maak seker sy bly op die hoogte van sake, maar verkies om nie vir haar man raad te gee nie. “As ek hoor hy’s op die foon en hy praat met ’n ander leier, loop ek sommer uit die kamer uit. Hy hét sy mense [om daarmee te help]. I’ve learnt to trust him, so ek bly weg. En ek is bly dat ek my eie goed het.” Sy en Ramaphosa het drie kinders: Tumelo, ’n seun, en twee dogters, Keneilwe en Mashudu. (Ramaphosa het nog twee ouer kinders, Andile en Tulisa, uit vorige verhoudings.) Motsepe hou verdere besonderhede oor haar kinders, op hul eie aandrang, privaat – maar is wel bereid om bietjie meer te verklap oor haar en die president se verhouding. Tyd vir ontspan is min, sê sy, maar wanneer hulle dit wél kan doen, vlug die egpaar uit die stad. “Ons gaan plaas toe, dis die beste plek,” sê sy. “Sodra jy uit die motor klim, voel jy dis ’n ander wêreld. Daar dra ons ons bruin klere, en hy [Cyril] sy gemaklike rondeneusskoene.” Saans ontspan hulle voor die televisie. “Ons kyk National Geographic – hy hou baie daarvan! Ons geniet ook flieks by die huis, en lees.” Albei volg ook steeds die Afrikaanse media – Motsepe sê dat sy byna daagliks “die nuus” kyk en sy mis nie sommer ’n uitgawe van Landbouweekblad nie. “Ons is mos ook boere. Dis die enigste besigheid waar my man met diere kan werk, so ek maak ook seker dat ek dit lees.” *** Die uur wat vir ons onderhoud opsygesit is, het byna uitgeloop en ek benut die laaste minute om Motsepe uit te vra oor die oomblik toe sy besef het sy is nou die land se first lady. “Dit het eintlik nie vir my ’n groot verskil gemaak nie,” sê sy eerlik. “Ek het daardie tyd herstel van ’n ernstige knieoperasie en moes meestal tuisbly. So die titel van presidentsvrou . . .” Sy voltooi nie dié sin nie en trek bloot haar skouers op. “Ek het SONA [die Staatsrede in 2018] gaan bywoon, weer huis toe gegaan en ek was maar net myself. Tot nou – ek is nog net myself.”

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 37


! ou te koop

Die nuwe jaar is hier – en ’n nuwe SARIE KOS met heerlike resepte vir 2022. In dié Somer-uitgawe vier ons ons eie koswortels en geure met die unieke smake van fynbos en ontdek tee is vir meer as drink. Die debat word voortgesit oor kaas, tamatie, uie, blatjang of geen blatjang nie op die ikoniese braaibroodjie. En daar is die gewilde 10 resepte, met net 7 bestanddele elk, vir maklike, vinnige middel-vandie-week-etes. Kry ook 7 beginsels vir gesonder lewe terwyl jy steeds lekker eet. Moenie jou SARIE KOS Somer misloop nie

Koop jou SARIE KOS Somer vanaf 14 Januarie in winkels landwyd KOOKKLAS 8 So bak jy stap vir stap met chouxdeeg – 3 resepte bl. 44

| ALS WAT JY WIL KOOK, EET EN LEES |

10X

Wees ook op die uitkyk vir 5 000 spesiale SARIE KOSuitgawes met 3 messe by wat jou werk in die kombuis makliker gaan maak

ETES Sewe bestanddele vir elk

DEK ’N FEESTAFEL OP DIE STRAND

PLUS Herman deel sy geheime koswapens: 7 resepte wat jou nuwe gunstelinge gaan raak

MasterChef SA

Dié drie doen die proewerk

•Stokbrood & sjokoladekoek •Braaihoender & jaffels

TEEPOT TOT DIE KOSPOT

PAASFEES VANNIE KAAP!

Warm mosbolletjies & koue piekelvis

Ook in Engels as SARIE FOOD beskikbaar

SOMER 2022 R85,00

(BTW INGESLUIT), NAMIBIË N$85,00

22069

9 780620 383950

FO

Engelse tee vir filet Rooibos vir hoender

OP 2022 SE SPYSKAART

VLA-KOEK

Die beste! My ma se geheime resep – HERMAN

GESELS | KUIER | GESOND | BOEKE | IDEES | MENSE

SAVE TIME, SAVE MONEY

goedvoelkos

VAN TEEPOT TOT KOSPOT

| ALL YOU WANT TO COOK EAT AND READ |

A FEAST O

These three do all the tasting

EASTER VANNIE KAAP!

ON THE 2022 MENU

APPLE TART Oh my! This is simply delicious

HERMAN

CHAT | ENJOY | GOOD HEALTH | BOOKS | IDEAS | PEOPLE

e

r

Rooibos for chicken English tea with fillet

SUMMER 2022 R85,00

22013

deur HERMAN LENSING bygestaan deur DANIELLE COETZEE & JOHANKA BOOYSEN foto’s MICHAEL LE GRANGE

CUP OF TEA FOR THE POT

Hot cross buns with tangy pickled fish

9 772307 361009

Daar is ’n wêreld van geur vasgevang in tee wat wag om ontdek te word. Kook en bak daarmee en jy sal met nuwe, sagter oë daarna kyk

MasterChef SA

•Stokbrood &chocolate cake •Braaied chicken & toasty jaffles

CAPRESESLAAI MET BOEGOESOUS

naweektafel

op ons bord

N iç oi s e

slaa

i vi

rd

ie

so

m

HOENDER IN ROOIBOSTEE GEPEKEL

124 | SARIE KOS Somer 2022 SARIE.com

52 | SARIE KOS Somer 2022 SARIE.com

SARIE.com Somer 2022 SARIE KOS | 53

Fees

24 | SARIE KOS Somer 2022 SARIE.com

by die

see

Hou jou somer lig en vars met feestelike etes so reg vir die strand. Kook eenvoudig en dek ’n lang tafel waar almal kan kuier . . . in die buitelug is die lewe mos mooi

deur HERMAN LENSING byge bygestaan taan d deur ur DANIELLE COETZEE & JOHANKA BOOYSEN foto’s f to’s MICHAEL LE GRANGE

SARIE.com Somer 2022 SAR E KOS | 25


ONS LEWE

Agtergrond Getty Images/Gallo Images

‘NOU WIL EK ’N SPRINGBOK-MENS WEES’

Sy eie pad was nie maklik nie. Daarom glo radio-omroeper, TV-aanbieder en oud-rugbyspeler Ricky Schroeder hy het ’n verantwoordelikheid om hoop te bring – hy staan dan nog. Al kon hy nie sy Springbok-droom bewaarheid nie, is hy trots daarop dat hy ’n Junior Boktrui oor sy kop kon trek. “In die nuwe seisoen van my lewe wil ek ’n Springbok-mens wees. Dit beteken dat jy die beste speler in jóú posisie is. Ek wil ’n Springbok-pa wees, ’n Springbok-man vir my vrou, ’n Springbok-seun vir my pa, ’n Springbokbroer vir my broer. Ek wil altyd gehalte soos op Springbok-vlak lewer.” Ricky se onlangse rol as aanbieder van die kykNET-reeks Dankie, Lottoland was ’n hoogtepunt. En nou die insetsels wat hy vir kykNET&kie se geselsprogram Tussen ons doen. Sy rugbyloopbaan het hom geleer om aan te beweeg. “You got to flush it, juis omdat ’n volgende taak voorlê. Ek ag elke oomblik, elke uitdaging as ’n geleentheid om myself skerper te maak. Waar jy nou is, is nie die volledige prentjie nie. Daar is altyd ’n groter prentjie wat besig is om geskets te word.” – Suanné Mulder FOTO DONNA LEWIS

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 39


Sjokolade

KOS VAN DIE GODE Of dit nou ’n skamerige koekie met sjokoladesplinters of ’n wulpse nagereg is: Ons swymel oor sjokolade. En liefde, soos op Valentynsdag DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Hemels! En jy is nie alleen as jy so dink nie. Sjokolade se botaniese naam, Theobroma cacao, beteken “kos van die gode” in antieke Grieks. Kakaobone, sjokolade se basiese bestanddeel, is deur die Majas gerooster, fyngemaal en met water gedrink. Dis tweeduisend jaar later en baie het intussen verander – maar sjokolade is steeds tops. Die wêreld is aan’t herstel van die coronavirus en gooi stadig maar seker weer sy deure oop. Een van die tekens dat dinge terugkeer na normaal, is dat die vraag na sjokolade toeneem. Sjokolade was ’n slagoffer van die reisverbod: ’n Beduidende deel van verkope is afhanklik van die reisbedryf en impulsiewe kopies by lughawens se belastingvrye winkels, luidens Bloomberg.com.

Het jy dít geweet?

Die plantstowwe in kakao is ’n natuurlike antidepressant en laat jou goed voel.

En dit bevat minerale soos magnesium, kalsium, yster en koper. Dis belangrik vir beengesondheid en om bloedarmoede te help voorkom. Bron: Mariza van Zyl

Bron: eighty20.co.za

LOS ONS TJOKLITS

Toe ’n SPAR-winkel in 2020 op sosiale media aankondig Nestlé-sjokolade soos Peppermint Crisp en Quality Street gaan van die rakke af verdwyn, het Suid-Afrikaners hul misnoeë luid te kenne gegee. Beurtkrag, die pandemie, inperking, gepynigde ekonomie . . . en

nou dít. Nestlé moes wal gooi: Daai sjokolade gaan nêrens heen nie. Die gewilde Chocolate Log se dae was egter ná vyftig jaar getel. Peppermint Crisptert is natuurlik ’n trots Suid-Afrikaanse nagereg. En Quality Street is in baie van ons huise ’n tradisie in die Kerstyd.

DONKERDER IS GESONDER

Ja, jy mag maar – solank dit goeie donkersjokolade is. Sjokolade word gemaak van kakao, waarvan die boom inheems aan dele van Suid-Amerika is. Die vrug word geoes en die bone binne-in gefermenteer en gemaal tot ’n suiwer sjokoladevloeistof. Dié vloeistof word dan geskei in kakao en kakaobotter. Albei word in donkersjokolade gebruik, maar die verhouding verskil van produk tot produk. Daar word altyd op die verpakking van goeiegehalte-sjokolade aangedui wat die persentasie kakao is. Hoe hoër, hoe beter. Maar gehalte kom teen ’n prys en dis gewoonlik ’n bietjie duurder as minder gesonde sjokolade. Bron: Mariza van Zyl

40 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Foto’s en illustrasies Getty Images/Gallo Images

Sjokolade van goeie gehalte (70% of meer kakao) bevat min kafeïen. Daar is sowat 27 mg kafeïen in 100 g, sowat ’n derde van ’n koppie koffie s’n.

Die persentasie mense wat op Valentynsdag sjokolade bo enige ander geskenk verkies, volgens ’n 2021-peiling.


HIEROOR PRAAT ONS

Heerlik in

PARFUUM

Parfuum met ’n sjokoladenoot is gewoonlik redelik kompleks. Dit hoef nie noodwendig soet te wees nie, maar almal het een ding gemeen: Dit ruik baie lekker in koue weer. Nie altyd só op warm dae nie, volgens Fragrantica (fragrantica.com), ’n aanlyn ensiklopedie van parfuums. Black Orchid is ontwerper Tom Ford se sensuele geur van denkbeeldige swart orgideë, blomme soos jasmyn en ilang-ilang, speserye, sjokolade, balsem en swart truffel. Fantasy van pop-prinses Britney Spears se Swarovski-kristalbedekte pienk bottel is ’n voorspel van die supervroulike note binne-in en hart van syagtige witsjokolade. Daar is verskeie ander, dalk ook een vir jóú.

GÓÉD VIR JOU KAKAOBOTTER (in donkersjokolade met 75% of meer kakao) is ryk aan ’n sekere vet, steariensuur. Jou liggaam absorbeer dit nie juis nie en dit kan dus nie jou cholesterol verhoog nie. Kakaobotter het boonop van dieselfde soort vet as olyfolie wat jou cholesterolvlakke in toom hou. oe DONKERDER die sjokolade, hoe meer antioksidante bevat it. Antioksidante het baie gesondheidsvoordele. Só kan dit die goeie” cholesterol in jou liggaam verhoog. Dit is ook belangrik vir sterk immuunstelsel en kan selfs ’n rol speel by ’n mooi vel. Studies wys kakao (in goeie sjokolade met 60-70% of meer daarvan) bevat plantstowwe wat help om jou BLOEDDRUK te verlaag. Dit kan ook INSULIENSENSITIWITEIT (as jy insulienweerstandig is) en die gebruik van glukose (belangrik om jou gewig in toom te hou) in jou liggaam verbeter. oe minder kakao jou lekkerny bevat, hoe minder gesond is dit. Wees op jou hoede: Sekere produkte het so min as 5% KAKAO. Die es is plantvette, suiker, melk en ander geurmiddels. Hou MATIGHEID voor oë en geniet sjokolade in die plek van ander suikerbronne. Die mikpunt vir jou totale suikerinname – dus van alle bronne – is 3-6 teelepels per dag. Nog bronne wat “soet” proe, maar minder suiker per teelepel bevat, is heuning wat soeter as tafelsuiker is, so minder is nodig, agawe-suiker, en vrugtepulp en -puree. avorsing stel die gesondheidswaarde van donkersjokolade et 85% KAKAO gelyk aan vrugte s’n. ’n Blokkie ’n dag is dus góéd r jou. Bron: Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van BeterEet, aanlyn praktyk

Eet en kook SLIM DAARMEE

Gebruik sjokolade in kombinasie met neute vir ’n dubbeldosis goeie gesondheid.

Kies dié met ’n kakao-inhoud van hoër as 60%; 85% is koning vir ’n gesonde dieet.

Sjokolade-nagereg met volume danksy die byvoeging van geklitste eierwit het dikwels minder kilojoules per porsie as koekies of koek.

SONDIGE PLESIER

Die Asteke het sjokolade as ’n koninklike seksstimuleermiddel beskou. Die Majas, weer, het dit met hul vrugbaarheidsgod vereenselwig. In Spanje is dit lank beskou as ’n drankie wat onkuise begeertes in jou aanwakker. Net die ryk mense kon dit bekostig en baie priesters het dit as die duiwel se doepa beskou. In Chocolat, Joanne Harris se ongewone, boeiende sprokie oor sjokolade, word die plegtigheid van die kerk teenoor die sondige plesier van ’n sjokolade-truffel gestel. Sjokolade is ’n versoeking, want dit verlei jou, weg van die onthouding van vleeslike dinge wat die kerk voorstaan. Maar dis ook bevrydend, want die genot daarvan help jou ontspan en om net jouself te wees. Nou ja, hier is die wetenskaplike feite. Sjokolade bevat die chemikalieë fenieletielamien en serotonien, wat jou goed laat voel en ligte seksuele stimulante is. Maar die eienskappe wat jou ’n groter seksuele aptyt gee, gaan dalk meer oor die sensuele plesier daarvan. Sjokolade stel nooit teleur nie. Kaas? Dit kan sleg ruik, al smaak dit ook hoe lekker. Koffie? Dit ruik altyd hemels, maar soms is jy teleurgesteld as jy daaraan teug. Met sjokolade vul geur en smaak mekaar aan. Sjokolade is vir mans én vroue lekker, maar vroue se uitstekende reuksin beteken dat hulle soveel meer genot daaruit put. Bronne: BBC.com, webmd.com

Gebruik meer rou kakaopoeier – in ’n smoothie, gesmelt in koffie/ cappuccino, of gemeng met kaneel in amandelmelk. Bron: Mariza van Zyl

SARIE.com

KONTAK

Mariza van Zyl: bettereat.co.za, Facebook: bettereat, Instagram: bettereat.betereet

Januarie/Februarie 2022 | 41


Onthou Bruce in Finding Nemo? ’n Withaai, ja, vreesaanjaend met al daai tande. Maar ook leier van die visvriendelike haai-ondersteuningsgroep. Sy slagspreuk: “Visse is vriende, nie kos nie!” Hy wil so graag net die vriendelike ou langsaan wees. Dalk moet ons iets soortgelyks begin dreunsing: “Haaie is vriende . . .” Want hulle het ’n ernstige beeldprobleem en veral die withaai word as ’n nagmerriemensvreter gesien. Maak jy ’n haai dood, lig niemand ’n wenkbrou nie. Suid-Afrika se withaai-bevolking is sedert 2017 internasionaal in die kollig. Hokduik-operateurs het toe berig daar word skielik baie minder van die geheimsinnige ou grotes rondom Valsbaai

O

en Gansbaai gewaar. Dit was voorheen ’n gewilde uithangplek vir hulle en die winsgewende haaiekotoerismebedryf het floreer. Dr. Sara Andreotti van die Universiteit Stellenbosch, ’n mariene bioloog en genetikus, is een van die wêreld se voorste navorsers oor die withaai. Haar navorsingsprojek oor hul genetiese data wys daar is net tussen 300 en 500 withaaie in ons gebiedswaters oor. Boonop is dit een groot, ingeteelde familie. “Ons withaaibevolking is dus in die moeilikheid,” sê sy. “Alle haaie is baie sensitief vir oorbevissing, klimaatsverandering, besoedeling en ’n gebrek aan kosbronne. Hulle word ook geteiken om swemmers veilig te hou.”

Oor die teenwoordigheid van moordwalvisse in die omgewing, wat baie withaai-wetenskaplikes as rede vir die dalende getalle beskou, sê sy: “In Kalifornië is gesien dat moordwalvisse die withaai vir kort rukkies uit die omgewing verdryf, maar hulle keer altyd terug. Dis nie wat by ons gebeur nie. Ons weet hoe skadelik dinge soos haainette en oorbevissing is. Maar die oomblik wat ons hoor daar kan ’n natuurlike oorsaak wees, voel ons beter.” (Dis nie ons nie, dis die natuur!) “Ek sê nie die moordwalvis speel geen rol nie, maar dis nie die hoofrede nie. En daar is ander oorsake waaraan ons iets kan doen.” Dr. Andreotti is ’n Italianer wat huis en haard verlaat het om

IE

NDE MET DIE TANDE

Dis somer en die see wink. Dink jy soms aan die rillermusiek van die fliek Jaws wanneer jy tussen die branders baljaar? Maar eintlik is haaie meer vriend as vyand DEUR LYDIA VAN DER MERWE

’N

HAPPIE

Haaie val mense selde aan, ondanks hul vreesaanjaende reputasie. Net sowat ’n dosyn van die nagenoeg 300 spesies was al betrokke by aanvalle op mense. Hulle het miljoene jare voor ons ontwikkel

en ons is eenvoudig nie deel van hul dieet nie.

Bygesê, hulle sal enigiets eet. Daar is al dinge soos bande, nommerplate, ’n pelsjas, hoenderhok en selfs ’n hele wapenrusting in hul maag gevind! Hulle is opportunistiese eters, maar die meeste leef hoofsaaklik

42 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

van kleiner visse en ongewerweldes. Van die groter spesies eet robbe, seeleeus en ander see-soogdiere. Dis bekend dat haaie mense aanval as hulle verward of nuuskierig is. As ’n haai jou in die water sien skop, kan hy ondersoek kom instel en jy gaan tweede kom. Tog het haaie meer van ons te vrees as omgekeerd. Ons jag haaie onder meer vir hul vleis, inwendige organe, vel en vinne vir produkte soos haaivinsop, smeermiddels en leer. Bron: oceanservice.noaa.gov

Foto Getty Images/Gallo Images

Lekker


AKTUEEL

A VA RL

BESKERM MENS – EN HAAI “Haaiman” en omgewingsbewaarder Mike Rutzen het agtergekom haaie hou nie daarvan om digte kelpwoude binne te gaan nie. In die Oscarbekroonde dokkie My Octopus Teacher sien ons hoe onse seekat vir ’n haai daar wegkruip. Ook onder meer pelsrobbe beskerm hulself só teen haaie. Mike en ’n span Suid-Afrikaanse kundiges het saamgespan om een van die wêreld se eerste ekovriendelike maniere te skep om haaie van swemmers af weg te hou. Aan die KwaZulu-Natalse kus word duisende haaie elke jaar doodgemaak deur haainette en hoeke met aas aan (baited hooks). En in die proses ook dolfyne, walvisse, skilpaaie, ens. Die SharkSafe Barrier boots ’n kelpwoud na. Dit bestaan uit lang, buigbare buise met magnete wat ’n konstante magnetiese veld vorm, waarvoor haaie baie sensitief is. Dit oorweldig ’n sintuig wat hulle toelaat om magnetiese velde in die water te voel en waarmee hulle onder meer hul pad vind. Dié kombinasie van die magnetiese veld en gesimuleerde kelpwoud was in studies baie doeltreffend om wit- en zambesihaaie van aas weg te hou. Daar is wêreldwyd belangstelling daarin, sê dr. Andreotti, een van die uitvinders. Daar word ook geld ingesamel sodat dit plaaslik geïnstalleer kan word. Om geld te skenk, of meer uit te vind, besoek sharksafesolution.com.

IG

GE

’n nuwe lewe in Suid-Afrika te begin. Dít alles om die withaai te bestudeer. Hoekom fassineer hulle haar so? Haar antwoord is kort en kragtig: “Het jy al een gesién?” En: “Daar is so baie wat ons nie van hulle weet nie. Omdat ons hulle so lank gevrees het, is hulle nie so goed bestudeer soos ander spesies nie. “Ek was altyd lief vir die see en alle seediere, maar haaie is net so . . . nice. Ek ondersteun duiksentrums en enige besigheid wat mense toelaat om haaie van naderby te sien. Dit neem die vrees weg. Gaan ontmoet hulle net, hulle is hul eie beste advertensie.”

Die wit-, pajama-, josef-, witkolhond- en kortvinmakohaai is tans op SASSI (Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Volhoubare Seekos) se rooilys. (wwfsassi.co.za) Suid-Afrika het ’n nasionale plan van aksie vir haaie ontwikkel om die bewaring, bestuur en volhoubare gebruik van haaie op lang termyn te verseker.

Die see is meestal ’n speelplek vir ons, die haaie léwe daar. En hulle is noodsaakliker vir die see se ekostelsel as ons

– Dewet du Toit, Stellenbosse bewaringsgesinde. Hy was onlangs die eerste mens wat na Dyereiland en terug (7,7 km) geswem het. Dit sou 15 jaar gelede as selfdood beskou gewees het – daardie seegebied het toe gewemel van haaie. Nie meer nie. (Besoek Facebook: The Last Shark Documentary)

ambassadeurs “Dis eintlik ’n wonderwerk.” ’n Seun van so tien by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad se Red ons seë-haai-uitstalling. Die akwarium het in 1995 met ’n program begin om ’n bewustheid van haaie se benarde posisie te skep. Dit was ná die vrylating van Maxine, ’n lywige skeurtandhaai van 190 kg. Ses maande later, toe haar merker ophou uitsaai, het sy reeds 600 km afgelê. Die voorafgaande agt jaar het sy die I&J-roofdieruitstalling

by die akwarium gepatrolleer. ’n Fyn letsel agter haar kieue was die enigste teken van die haainette waarin sy voor haar gevangenskap aan die KwaZulu-Natalse kus verstrik geraak het. Net sowat 40% van skeurtandhaaie oorleef dit. Nog meer word jaarliks deur vissermanne van kant gemaak. ’n Nuutjie by die akwarium is Shark Alley, waar jy meer kan uitvind oor haaie se geheimsinnige gedrag en

eienaardighede. Ook hoe ons dié unieke eienskappe uitbuit – wat baie haaispesies tot op die rand van uitwissing gebring het. “Shark Alley se boodskap is eenvoudig: Ignoreer die haaie se lot en die mariene ekostelsel, ons lewensondersteuningstelsel, kan ineenstort, sê Renée Leeuwner, die akwarium se bestuurder: kommunikasie en media. Besoek aquarium.co.za

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 43


WAARMEE IS JY BEREID OM SAAM TE LEEF?

Die fluitjieblaser se bewerings in The New York Times was verdoemend, gestaaf deur lywige uitgelekte dokumente. In die spervuur was sosialemedia-reus Facebook met beskuldigings van gevoelloosheid teenoor die welsyn van sy gebruikers. Mark Zuckerberg, Mnr. Facebook, se onmiddellike reaksie? ’n Dawerende stilte. Wag. Hy het wel foto’s op sy sosialemediaprofiel geplaas van hom op sy luukse jag en waar hy staan en skerm. Praat van ’n middelvinger wys. Met Frances Haugen, ’n voormalige werknemer van Facebook, se latere verskyning voor ’n subkomitee van die Amerikaanse senaat het Zuckerberg uiteindelik gereageer met ’n verklaring op Facebook. Daar is gemor dat hy Facebook geen guns bewys het deur so lank stil te bly nie. (Facebook se moedermaatskappy het natuurlik nou ’n nuwe naam, Meta. Met die plan om ’n “metaverse”, oftewel meta-heelal, te skep.

44 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Kritici sê sarkasties dié fantasiewêreld moet ons help vergeet wat Facebook aan ons bestaande werklikheid gedoen het.) Op eie bodem: “Waar is Cyril?” het mense tydens die inperking gemurmureer. “Hier sit ons in ons huis gekluister en ons hoor net so af en toe van ons president. As hy net meer met ons wil práát!” Natuurlik was daar die nou bekende “familiebyeenkomste” op TV wat Cyril Ramaphosa gewoonlik begin met: “Mede-Suid-Afrikaners”. Onse president op ’n afstand, formeel met sy alomteenwoordige iPad. Soms het hy lippe-teen-die-klippe gelyk, en wie kan hom kwalik neem? “Ons moet aanvaar leiers is nie alwetend nie en soms onseker. Maar deursigtigheid is belangrik vir vertroue en om spekulasie die mond te snoer,” sê prof. Renata Schoeman, psigiater en medeprofessor aan die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool.

Foto’s Getty Images/Gallo Images

PRAAT JY SWYG JY


AKTUEEL

Soms moet jy jou mond oopmaak, jou uitspreek teen dinge wat jou teen die bors stuit. Andere kere is swye regtig goud werd. Die waarheid sal jou vrymaak? Ja, maar dis nie altyd so eenvoudig nie DEUR LYDIA VAN DER MERWE

PRAAT OF STILBLY?

Dit voel soms asof ons dinge agterstevoor beet het: Wanneer ons iets van ’n hoë gebou af moet gil, bly ons tjoepstil. En wanneer ons moet stilbly, rek ons ons mond so wyd dat ons trillende kleintongetjie sigbaar is. Daar is talle voorbeelde waar mense, goeie mense, stilgebly het toe hulle moes praat: Soos die Jodeslagting tydens die Tweede Wêreldoorlog. Kort-kort is gevalle van seksuele wangedrag in die nuus wat ’n ope geheim was: die Katolieke priesters, rolprentmagnaat Harvey Weinstein en Larry Nassar, jare lange dokter van die Amerikaanse gimnastiekspan. “Ek het genoeg geweet om meer te doen as wat ek gedoen het,” het regisseur Quentin Tarantino in ’n onderhoud oor Weinstein gesê. Tereg het die simboliese Turkse tribunaal, ’n paneel internasionale regters (ook ons

eie Johann van der Westhuizen) wat na menseregtevergrype in Turkye gekyk het, tot die slotsom gekom: Stilte is die grootste vyand van menseregte. Ook in disfunksionele gesinne word ’n sluier oor dinge getrek, daar word nie uitgepraat nie, sê James de Villiers, sielkundige en hipnoterapeut van Kaapstad. Pa slaan Ma, maar buitentoe is ons die perfekte gesin. En as daar ’n tragedie plaasvind, Ma neem haar eie lewe, of skiet Pa, is almal stomgeslaan. En dis ongelukkig ’n bousteen vir >

VAN LINKS BO Facebook se fluitjieblaser Frances Haugen. In die middel getuig sy voor die gesamentlike komitee vir die konsepaanlyn veiligheidswetsontwerp as deel van die Amerikaanse regering se planne vir die regulering van die sosiale media.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 45


AKTUEEL

< ’n disfunksionele samelewing. “Die waarheid begin by die huis waar mense eerlik oor hul waardes, emosies en behoeftes kan praat en hul hang-ups en hiccups met respek teenoor mekaar uitsorteer, vir mekaar jammer sê en aanbeweeg. Dit skep die grondslag van ’n samelewing wat verdraagsaam is, julle kan verskil sonder om mekaar af te breek.” En dit kan emosioneel en fisiek goed wees om te bieg, dinge van jou hart af te kry. “Dit het my bevry,” het Larry Miller, direkteur van Nike se Jordan-handelsmerk, onlangs gesê nadat hy bely het hy het in 1965 as bendelid ’n agtienjarige vermoor. Dit verminder inderdaad stres en help mense om hul persoonlike trauma en gedrag waaroor hulle

spyt is te verwerk, hulself te vergewe en innerlike vrede te vind, volgens sielkundige James W. Pennebaker in ’n artikel (“Does Confessing Secrets Improve Our Mental Health”, scientificamerican.com). Dis nie toevallig dat van die magtigste instellings in baie kulture mense aanmoedig om te bieg nie, volgens hom. In ’n wêreld waar slegte dinge met reëlmaat gebeur, kan dit egter moeilik wees om die moed te vind om te praat as iets moreel verkeerd is. Só is ’n fluitjieblaser dikwels nie die enigste een in besit van die plofbare inligting nie, skryf Mandy Wiener in The Whistleblowers (Pan Macmillan, 2021). Dus: Wat maak dat een ou anderpad kyk en deur sy stilswye

LINKS Mark Zuckerberg op sy jag. BO Pres. Cyril Ramaphosa tydens een van die uitsendings waarin hy Suid-Afrikaners oor die coronavirus-maatreëls en inperking toegespreek het.

KORT EN KRAGTIG. Nie ’n lang preek nie. Laat blyk net die aanmerking of optrede is nie oukei nie. ’n Studie wat reaksies op homofobiese aanmerkings in die werkplek ondersoek het, het bevind die doeltreffendste soort konfrontasie is kalm maar direk: “Haai, dis nie cool nie.” ’n Soortgelyke benadering kan vir byna enige onaanvaarbare gedrag gebruik word.

TREK DIE ANDER OU SE SKOENE AAN Probeer die wêreld vanuit iemand anders se perspektief sien, dan is dit makliker om te praat en die gevolge te dra. Sommige mense is van nature meer empaties, maar ons kan almal meer empatie kweek. Per slot van sake, as jy geboelie of seksueel aangerand word, sal jy nie wil hê iemand moet vir jou opstaan nie?

46 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

IS DIT ’N GRAPPIE? Maak of jy dink ’n aanmerking was sarkasties, of as ’n grap bedoel. Iemand spreek hom uit oor vroulike politici en jy sê: “Ek weet jy maak net ’n grap, maar sommige mense dink regtig vroue is te emosioneel om president te wees.” Só maak jy duidelik jy stem nie saam nie, maar sonder dat hy voel jy konfronteer hom.

MAAK DIE ONGEMAK OOR JOU, NIE HOM NIE Verduidelik jou reaksie op ’n onsensitiewe aanmerking met ’n persoonlike verbintenis. “’n Goeie vriendin is op hoërskool seksueel aangerand, so grappies oor verkragting maak my ongemaklik.” Weer eens maak jy dit duidelik waar jy staan, maar sonder om hom op die agtervoet te plaas. Verwerk uit: Why We Act

Foto’s Getty Images/Gallo Images

Só SÊ JY DIT


Ons moet aanvaar leiers is nie alwetend nie prof. Renata Schoeman

aandadig raak? Terwyl ’n ander práát, verplig voel om alles op die spel te plaas om iets wat verkeerd is uit te wys? Vra mense of hulle die moed sal hê om die regte ding te doen, byvoorbeeld iemand te konfronteer wat ’n rassistiese of seksistiese aanmerking maak, en die meeste van ons sal ja sê. Maar in werklikheid doen ons dit dikwels nie. (Ons praat nou nie eens van menseregtevergrype onder ’n korrupte regering waar jy in die tronk kan beland nie. Dít verg ’n ander soort moed. As jy boonop weet jou gesin kan ook in die spervuur beland, is dit ’n amper onmoontlike besluit.) Moenie te hard met jouself wees nie, dis menslik. Een faktor wat ons tjoepstil laat bly, is vrees vir die gevolge.

STEL JOU GRENSE

Stel jou grense om jouself te beskerm, sê prof. Renata Schoeman. Watter gedrag is nie vir my aanvaarbaar nie? Dat jy my rondstamp, my vloek, in die eksamen gekul het? “As jy nie grense trek nie, stel jy jouself bloot aan emosionele of fisieke mishandeling. Grense gee jou ook selfrespek.” Dis gekoppel aan jou kernwaardes, soos deernis, integriteit, toegewydheid, lojaliteit en eerlikheid en verskil van mens tot mens. Jou waardes is ’n grens en as iemand dit oorsteek, kan jy daaroor praat, of iets daaraan doen. Doen jy dit nie, kan dit innerlike konflik veroorsaak en jou angstig, later selfs depressief maak. Waaroor mense praat, gaan dus verskil, na gelang van hul waardes. Jy kan dit na die werkplek toe deurtrek. As toegewydheid een van jou kernwaardes is, is dit meer waarskynlik dat jy in ’n vergadering jou mond gaan oopmaak as iemand nie sy kant bring nie. Vir iemand anders is dit dalk nie so belangrik nie. Daar is tye wat jy kan besluit om iets te laat vaar. “Vra jouself af of dit die emosionele energie werd is. Want dis emosioneel uitputtend en boonop voel jy daarna sleg omdat jy al weer jou humeur verloor het. By die werkplek geld dieselfde beginsel. Gaan jy iets ignoreer omdat dit net nie die emosionele energie werd is nie? Of gaan dit ’n groter impak op jou emosionele energie hê as jy stilbly?” Die probleem is as twee kernwaardes bots, soos lojaliteit en integriteit. Jy is lojaal teenoor jou bestuurder, maar voel jou integriteit is op die spel. Wat nou? Dit kan baie innerlike konflik veroorsaak.

En onthou, daar is altyd emosionele pyn betrokke, volgens James. “Die vraag is met watter pyn of ongemak jy bereid is om saam te leef en watter pyn die meeste sin aan jou lewe gee.”

Gaan dit my ’n bevordering of verhoging kos? Sal ek ’n vriendskap verloor, ’n reputasie as ’n moeilikheidmaker kry, of deur die groep (familie, kollegas of vriende) uitgesluit word? Wat jy dikwels nie besef nie, is dat baie ander mense in die groep nes jy voel, volgens sielkundige Catherine A. Sanderson in haar boek Why We Act: Turning Bystanders Into Moral Rebels (Harvard University Press, 2020).

DAAROM PRÁÁT ONS NIE

Navorsing het bevind sosiale pyn – wanneer jou mense jou verwerp – aktiveer die brein op presies dieselfde manier as wanneer jy fisieke pyn ervaar, skryf Catherine. Dus op dieselfde manier as wanneer jy jouself met warm koffie brand. Daarom dat ons tot sulke uiterstes toe sal gaan om dit te vermy. Interessant: Volgens haar verlig pynmedikasie ook sosiale pyn. Die werkkultuur speel ’n groot rol. ’n Streng hiërargiese struktuur kan selfs lewensbedreigende gevolge hê. In ’n mediese opset, byvoorbeeld, is dokters boaan die magsleer. Baie verpleegkundiges gaan tjoepstil bly wanneer hulle besef ’n dokter vat kortpaaie, het ’n studie bevind. Al ly die pasiënt daaronder, sê sy. Nog ’n faktor is verwarring oor wat ons nou eintlik sien, of hoor. Is daardie opmerking op kantoor ’n onskadelike grap, of is dit rassisties en aanstootlik? Is dit ’n storm in ’n teekoppie, of ’n geval van gesinsgeweld? Dubbelsinnige situasies maak dit moeiliker om op te tree, want ons wil nie dom of oorsensitief lyk nie. In só ’n geval is ons natuurlike reaksie om na die mense om ons te kyk vir duidelikheid. Maar as ons almal na die volgende ou kyk en niemand wil waag om soos ’n gek te voel nie, is die gevolg ’n dawerende stilte, volgens haar. Voorts is daar ’n gebrek aan ondersteuning of beskerming vir die een wat praat, sê James. “Dit kan ’n kind wees wat deur ’n sib geboelie word; ’n werknemer wat mishandel of seksueel geteister word; iemand wat ’n onreg of korrupsie openbaar maak.”

DÁN IS STILTE GOUD WERD

As jy dit nie gesien, gehoor of self die feite nagegaan het nie, bly stil. Fopnuus het ’n manier geword om propaganda vir jou saak uit te saai. Of soms is ’n brokkie net te sappig om daar te laat. James reken stilbly is ook goed as jy weet jy gaan iemand anders seermaak. Dit gaan dus nie oor jou nie, maar die ander een. “Jy praat nie voor Petrus van die haan nie,” sê hy. Dalk roem jy jou daarop dat jy altyd die kaalkop waarheid vertel. Maar eintlik verlustig jy jou in die geniepsige dolksteke wat jy onder die dekmantel van die waarheid gee. “Om die waarheid só te vertel maak nie vry nie.” KONTAK

James de Villiers: 021 559 6400, jamesdv@iafrica.com Prof. Renata Schoeman: 021 913 1868, oudewesthof@ renataschoeman.co.za, renataschoeman.co.za

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 47


Beste van

SARIE.com

SAAMGESTEL DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG

parfuum

OUE

DEUR MONICA VAN DER WALT FOTO UN PLASH/ANNA VI

Trou jy vanjaar? Onthou, ligter, varser geure is altyd ’n goeie keuse. Maak dit onvergeetlik deur ’n geur te kies wat inskakel by die omgewing waarin jy trou – of dit nou op die strand, in ’n tuin, ’n woud of die stad is. Die meeste parfuums is ryk aan blomnote. In kombinasie met note soos vanielje, suurlemoen of mimosa gee dit ’n unieke karakter aan ’n parfuum, wat dit die perfekte pasmaat kan maak vir die plek waar jy trou.

1

WATERGEURE VIR DIE STRAND

Vang die vars, koel atmosfeer van ’n strandtroue vas met ’n parfuum met waternote. Hierdie kategorie geure is lig en daarom kan jy dit gereeld aanspuit sodat jy heeldag in ’n wolk van varsheid gehul is. Ander note wat herinner aan son, see en saffier is dié wat ’n eilandgevoel skep, soos ilang-ilang, jasmyn en bamboes. PROBEER 1. Dolce

3

4

& Gabbana Light Blue of Versace Dylan Turquoise

48 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

SENSUELE GEURE VIR DIE STAD

’n Troue in die stad ontlok ’n gevoel van misterie. Daarom is ’n effens swaarder, sensuele geur gepas. Wees op die uitkyk vir ’n parfuum met note soos agarhout en amber. Vanielje sal ook altyd ’n wenner wees. Vir baie van ons is dit een van die eerste geure waarmee ons kennis maak, en daarom is dit gerusstellend en warm. PROBEER 2. YSL Black Opium Extreme of Azzaro Wanted Girl By Night

SAGTE BLOMGEURE UIT ’N TUIN

Wie hou nie van blomgeure nie? Om die perfekte een vir jou groot dag te kies, put inspirasie uit die blomme in jou ruiker en in die tuin waar jy beplan om te trou. Die kans is goed daar gaan rose wees. ’n Roos is die “koningin van blomme” en skep ’n romantiese gevoel. Ander gewilde blomnote is jasmyn, pinksterroos en soetemaling. PROBEER 3. Chanel No. 5 of Gucci Bloom Ambriosia di Fiori


IN ONS SARIE WÊRELD

Die nuwe jaar lê uitgestrek voor ons, met nuwe geleenthede, tendense en avonture om elke hoek en draai. Hier is inspirasie uit die wêreld van mode, skoonheid en kos, en ’n paar bekendes deel hul styl

Foto’s Getty Images/Gallo Images Produkfoto’s verskaf

SPRANKELEND EN VARS VIR DIE WOUD

Groen geure is vars en lig en jy kan dit heeldag lank aanspuit. Note soos komkommer en mimosa sal die aardse, natuurlike atmosfeer van ’n woud perfek vasvang. ’n Sitrusgeur sal ook goed werk vir ’n woudtroue of selfs as jy beplan om die ja-woord in die Bosveld te gee. Sprankelende note soos suurlemoen, lemmetjie, pomelo en lemoenbloeisel skep ’n feestelike gevoel, nes vonkelwyn en ’n tafel wat spierwit gedek is. PROBEER 4. Elizabeth Arden White Tea Ginger Lily of Chanel Chance Eau Fraîche

MAGDEL SE

TOP 3-

STYLWENKE Die grootste geheim van stylvol wees is daardie tikkie selfvertroue. Soek jy nog ’n hupstoot? Hier is drie wenke uit my stylkas DEUR MAGDEL MULLER FOTO INSTAGRAM/ ROUJE

BYKOMSTIGHEDE

Die regte bykomstighede kan jou uitrusting in ’n oogwink verander. Fokus veral op dié items: HORLOSIES Dis ’n klassieke item, maar deesdae speel dit ’n groot rol om ’n uitrusting af te rond. Wees op die uitkyk vir interessante vorms, kleure en style. ONTHOU: Jy hoef nie altyd ’n nuwe horlosie aan te skaf nie, soms is net ’n nuwe bandjie die antwoord. OORBELLE Dit gaan nie meer oor die grootste nie, maar eerder om dit interessant te stileer. Asimmetries is nou gewild: byvoorbeeld ’n knoppie-oorbel (stud) in die een gaatjie en ’n hangoorbel in die ander. Maar as jy dit klassiek wil hou, is ’n hoepeloorbel (klein of groot) altyd ’n staatmaker. HALSSNOERE Dra verskillende lengtes halssnoere saam om jou uitrusting op te kikker. BELDE Breë belde is weer oral te sien. Dit kan ’n groot verskil maak aan jou uitrusting, veral as jy jou middel wil beklemtoon. NOG ITEMS Moenie van ’n mooi sonbril, hoed of gekleurde handsak vergeet nie.

3

2 SKOENE

Stewels is beslis nie net vir die winter of jeans en ’n T-hemp nie – dra dit saam met jou somerrok of ’n formele item. Gaan ook groot met kleure, style en interessante teksture. En ja, dra daai tekkie saam met ’n formele rok.

KLASSIEK

Jou begroting sal nooit hou as jy elke seisoen elke tendens volg nie, belê eerder in klassieke items soos goeie jeans. Stylvol in ’n kits? Dra dieselfde kleur van kop tot toon. Dink swart of wit, of waag met warm oranje, kanariegeel of lemmetjiegroen. Dis sjiek en skep dadelik ’n luukse voorkoms.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 49


IN ONS SARIE WÊRELD

HUISKOS IS ÓNS KOS

Wat is die een happie waarvoor jy nie nee kan sê nie?

In sy sesde kookboek wys SARIE-kosredakteur Herman Lensing weer waarom nostalgie die beste geurmiddel is. Huiskos (Penguin Random House, R390) is nou te koop en Liani Jansen van Rensburg het vir hom drie vrae gevra

’n Kaas-en-tamatietoebroodjie, vir so ’n paar draaie in die mikrogolfoond gesit. Dit moet witbrood wees. Jy kan enige drie bekendes nooi vir ete. Wie sal dit wees en watter Huiskos-geregte sal op die tafel wees? Cher!

En Barack Obama, asook Camilla, hertogin van Cornwall. Op die spyskaart sal wees komkommer-stolslaai, die Koningin se Hoender en melktert. Cher is vir my soos ’n stolslaai – ferm en mooi, maar dit mag dalk net-net smelt! My ma [Susan] was mal oor die royals, ek is steeds en dis waar my inspirasie vir die hoender vandaan kom . . . Camilla sal nogal beïndruk wees. Ek het nog altyd ’n sagte plek vir melktert. Veral tannie Susan Swanepoel s’n, die tannie met die baie groot hart wat kindness uitleef, daarom dink ek Barack Obama sal daarvan hou. Wat is huiskos vir jou? Eerlike kos wat jou innooi sonder om vrae te vra. Lekker kos. En alombekend. Jy sal dit vind in jou ma, ouma of geliefde se kombuis. Huiskos word graag gekook wanneer die hart pyn, die feestafel gedek moet word of tyd min is. Huiskos is óns kos. Dis eenvoudig en kan met gemak gekook word, met bestanddele wat jy sal vind van Pretoria tot Pofadder. FOTO MICHAEL LE GRANGE

SKOENLAPPERERTJIEBLOM-LATTE Die skoenlapper-ertjieblom (Clitoria ternatea) is ’n magiese blom van Suidoos-Asië waarvan die wonderlikste blou tee gemaak word. Dit word al eeue lank as ’n natuurlike kleurmiddel gebruik. Ons kombineer dit hier met dalgona-koffie om ’n skoenlapper-ertjieblom-latte te maak

hand vol ys ¾ k melk van jou keuse 1 t skoenlapper-ertjieblom-poeiertee (blou matcha) 2 t kitskoffie 2 e suiker 2 e warm water eetbare blomme van jou keuse Gooi ys in ’n glas en voeg melk by. Voeg skoenlapperertjieblom-poeiertee by en roer tot ’n pers skakering vorm. Jy kan ekstra poeier byvoeg vir ’n donkerder kleur. Klits koffie, suiker en warm water saam tot dit romerige punte vorm. Skep dan 2 e van die koffiemengsel bo-op die melkmengsel en rond jou drankie af met eetbare blomme. Siedaar, ’n drankie so uit ’n feetjietuin. RESEP EN FOTO MARZANNNE SCHOEMAN

50 | Januarie/Februarie 2022

ALLES MALANSTER

Greteli Fincham

DEEL HAAR SKOONHEIDSGEHEIME DEUR SUANNÉ MULDER FOTO MARGUERITE VAN EEDEN PHOTOGRAPHY

My roetine is eenvoudig: reiniger, oogserum en dan vogroom. Sonskyn of reën, ek sit sonroom aan. My gunstelingproduk is DermExcel Dermatint* – ’n ligte onderlaag gemeng met sonroom wat my vel steeds laat asemhaal en my sproete wys. * R650 by dermalhealth.store

Haar skoonheidsmantra Dit kom van binne! Eet gesond, leef gesond en dan sal jou vel dit reflekteer Lees die volledige artikel op SARIE.com


TELENOVELLE SE NUWELINGE Dubbelperiode wiskunde, pouse, skoolpolitiek. In die kykNETtelenovelle Arendsvlei probeer hulle die balans tussen skool en tienerwees vind. Maar in die regte lewe is Chad Baai, Reece Chloé Lewis en Megan Saayman van die land se blinkste nuwe sterre DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG

REECE CHLOÉ LEWIS EZRA RADEMEYER IN ARENDSVLEI

Jy is ook ’n TikTok-ster met meer as 460 000 volgelinge. Hoe hou jy die balans tussen eg en net jouself wees en om jou privaatheid te beskerm?

Deur te hou by my eie planne, beginsels en passies. En die wete dat nie elke comment met ’n antwoord ge-entertain hoef te word nie. Ek onthou altyd hoekom ek dansvideo’s maak, dis vir inspirasie en nie vir die likes nie.

Ek probeer hou by my lys van prioriteite en somtyds behels dit ’n breek van sosialemedia-video’s . . . ’n mens benodig ook ’n bietjie ek-tyd. Jou grootste wenk vir iemand wat die TikTok-wêreld wil betree?

Moenie so deur die sosiale media ingesluk word dat jy jou eie doelwitte, passies en nederigheid verloor nie. Gebruik eerder jou sterk punte . . . jou enigste kompetisie is jyself. Wees net jouself. En die belangrikste van als: Geniet wat jy doen. FOTO INSTAGRAM/ REECE CHLOÉ LEWIS

CHAD BAAI

KALEB JACOBS IN ARENDSVLEI Watter lewensleuse dra jou deur moeilike tye?

Wanneer ek ’n moeilike dag het, herinner ek myself aan wie ek is en waarvandaan ek kom. Deur God se genade kan ek die beste wees vir myself en vir die mense wat ek liefhet. Jy het ’n groot liefde vir musiekteater. Wat is jou drie gunstelingliedjies uit musiekblyspele?

“She Used To Be Mine” uit Waitress (2015), “Dear Theodosia” uit Hamilton (2015) en “Santa Fe” uit Newsies (2011). FOTO INSTAGRAM/CHAD BAAI

MEGAN SAAYMAN

AYESHA NOOR IN ARENDSVLEI Wie is Megan as sy nie op stel is nie?

Bietjie van ’n huishen. Daar is maar altyd iets wat my besig hou by die huis. As dit nie die skoonmakery is nie, dan

is dit om my ma na my ouma te help omsien. As ek lus is vir die buitelewe, sal ek see toe gaan en net die natuur aanskou of met my vriende opvang. As deel van die musiekblyspel Matilda (2018) het jy oor die wêreld

heen gereis. Nog lande op jou emmerskoplys?

Ag, ek sal baie graag Griekeland toe wil gaan! En dan die Seychelle, ek is mal oor die tropical vibe. FOTO INSTAGRAM/MEGAN SAAYMAN

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 51


HOMEWARE be sk ik ba a r by

www. l av i sh d . co m


ONS INSPIRASIE

GESIG VAN DIE MAAND YOLANI ABRAHAMS

Met daardie breë glimlag was sy ’n wenner. Nou het Yolani Abrahams, SARIE Voorbladgesig 2017 (’n titel wat sy met Nadia de Wet gedeel het), ook Anwar Abdullatief se hart gewen. Hulle is in Oktober 2021 by Langkloof Roses buite Wellington getroud. En daar was twee trourokke: een van SarahC vir die Moslem-diens, en dié Enzoani-skepping van Brides of Somerset vir die Westerse seremonie. Yolani het op die venue verlief geraak toe die SABC2-kosprogram Spyskaart daar geskiet is. Sy is ’n mede-aanbieder. “Daar was ’n troue, soos iets uit ’n sprokiesverhaal, en dit het my laat dink aan Nice, Frankryk.” Sy en Anwar, ook ’n sjef, is naweke op Tulbagh, waar sy die restaurant Kole en Deeg het. In Desember was sy ook in een van twee spanne vir Via se ’n Woolies Kersfees-kookstryd met Minki. Mooi en talentvol, die wêreld glimlag saam met haar. – Magdel Muller

MODE

Soos ’n kunswerk

bl. 54

MOOI

Haar-sensasie bl. 64

KOS

Hawermout, die ster bl. 82

WOON

Mooiste uitkyk

FOTO Petronella Studios @petronellastudios

bl. 92

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 53


mode

MODEREDAKTEUR AMARIA CARSTENS amaria.carstens@sarie.com @acarstens op Instagram MODESTILIS MAGDEL MULLER FOTO’S CASSANDRA COLLETT

NUWE Tekstuur tel en patrone praat in 2022. Meng sagte linne en satyn; kies plooie tot pofmoue. Daar is selfs keuses so mooi soos ’n kunswerk 54 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

nuwe jy


WENK Serpe gee sprankel aan ’n uitrusting, veral een in jou hare. Kyk op bl. 62 vir meer oor serpe

< IN VOLLE BLOM

Vergeet van die muurblommetjie wees, daar is ’n heerlike verskeidenheid blompatrone om uit te kies, en jy kan dit met gemak van kop tot toon dra. Fokus op een tipe blompatroon in ’n uitrusting. Top met pofmoue en smokdetail (R399), Woolworths. Bypassende miniromp (R399), Woolworths. GROOTTES Rok: 4 – 18

> PLOOI-PLEIDOOI

In 2022 wil almal plooie hê. Ook die gewilde, gemaklike wyepypbroek kry ’n nuwe aanslag met plooie. Geplooide palazzobroek met natuurtoneelpatrone (R1 199), Nicci Boutique. Blou pofmoubloes met vierkantige neklyn (R999), Witchery. Sy-satynserp (R699), Mantua. Halssnoer en kaktus-hangertjie van 24 kar. oorgeblaasde goud (R550), Love Shouts. Denimskouersak (R579), Woolworths. Blou skouersak met slangvelmotief (R399), Woolworths. Leerespadrillewighakke (R1 199), Witchery. GROOTTES Broek: 8 – 14 Bloes: 6 – 16


MODE

TUSSEN DIE LYNE

Coco Chanel het dit aan die wêreld bekend gestel en die klassieke streep is steeds een van jou beste vriendinne. Dra dit saam met ander teksture soos fraiings vir ’n vars aanslag. Gestreepte maksirok (R899), Poetry. Fraiingleerbelt (R1 600), Nina Skep. Leer-platformskoene met luiperdvelpatroon (R1 295), Phelan Footwear. GROOTTES Rok: 6 – 20


LUUKS IN LEER

Leer gee altyd ’n luukse gevoel aan ’n uitrusting. Hoewel ’n leerbaadjie ’n klassieke moet-hê is, is rompe en broeke van leer of kunsleer ’n heerlike nuwe toevoeging. Maar vermy ’n kop-tottoon-leeruitrusting. Swart-naaswit-entaankleurige geplooide kunsleerromp (R2 149), Stephen van Eeden x MMXMS. Geknoopte bloes met polkakolle (R449), Woolworths. GROOTTES Romp: 32 – 38 Bloes: 6 – 20

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 57


DROMERIG

Teksture soos chiffon, organza, kant, maasstof en visnet voeg iets spesiaals by ’n uitrusting. Dis egter nie vir op sy eie dra nie, maar vir die skep van ’n laag-op-laag-droomvoorkoms. Visnetjas (prys op aanvraag) KLûK CGDT. Slangvelpatroon-eenstuk (R490), Stephen van Eeden x MMXMS. Reguitpypjeans (R750), Old Khaki. Oorgroot vierkantige sonbril (R4 340), Miu Miu by Sunglass Hut. Hakskoene met goue enkelbande (R599), Woolworths. GROOTTES Visnetjas: Op aanvraag Eenstuk: 32 – 38 Jeans: 28 – 42

58 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


MODE

VERFTEGNIEK

Waterverfpatrone – dit kan lyk soos ’n skildery of bloot kwashale wees – is vars vir 2022. Hierdie patroon is die gesofistikeerde ouer suster van die knoopdoop-patroon. Maksirok met strikdetail op die skouer (R2 899), Judith Atelier. GROOTTES Rok: XS – XL

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 59


MODE

LINNE-BEKORING

Met volhoubaarheid wat al hoe belangriker word, geniet linne nou ook sy plek in die son. Dra dit saam met denim vir ’n stylvolle, gemaklike voorkoms. Steenkleurige linnekimono (R899), Witchery. Gesmokte skouerlose top met blompatroon (R299), Woolworths. Denimpatroon-kêrelsnitjeans met belt (R3 299), Scotch & Soda. GROOTTES Kimono: Een grootte pas almal Top: 6 – 16 Jeans: 24/30 – 30/30

60 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


SYSAG

Spesiale dank aan Jan en Annemie Cloete vir hul gasvryheid en dat ons op hul plaas Welvergenoegd buite Durbanville in die koringlandery kon skiet. MODEL Jeanni Mulder van Boss Models GRIMERING Inga Hewett van Hero Creative Management HARE Jeanette Genis FOTOGRAAF SE ASSISTENT Gareth Dahl

Die koestering van satyn op jou vel is heerlik, maar pasop, hierdie tekstuur wys elke lyn. Dra vormdrag onder satyn of sy vir ’n voorkoms sonder nate of lyne. Satyn-midirok met polkakolle (R499), Woolworths. Swart strooipet (R299), Tread+Miller. Wit tekkies met swart detail aan die kant (vanaf R1 100), Puma. Oorbelle van 24 kar. oorgeblaasde goud (vanaf R380), Love Shouts. GROOTTES Rok: 6 – 20

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 61


MODE

MODEDINGE DEUR MAGDEL MULLER

Serpe is gróót in 2022. Veral die ‘lazy girl’voorkoms om dit om jou kop vas te bind is gewild. Nou’s daar geen slegte haardae meer nie, net stylvolles

Blou syserp met blompatroon (R449), Trenery

Bont blompatroonserp (R199), Old Khaki

Wenk

Kikker jou rok op met ’n groot serp om jou middel. Moenie bang wees om patrone te meng nie

SARIE Voorbladgesig 2021 Emme Scholtz van Somerset-Wes wys net hoe mooi ’n serp om jou kop kan lyk

FOTO LEANA CR

62 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

FOTO NIQUITA BENTO VAN SUPERNOVA MODEL ANNALISA VAN BOSS MODELS


Blou syserp met strepe (R599), Mango

Pienk skoenlapperserp (R999), Aldo

Het jy geweet?

Die antieke Egiptenare het syserpe om hul kop gedrapeer om hul status te wys. Ook stylikone soos Audrey Hepburn (bo) en Jackie Kennedy Onassis (onder) het hul hare graag met ’n luukse serp bedek, net soos koningin Elizabeth (middel) steeds

Mentgroen blompatroonserp (R70), Mr Price/ mrp.com

’n Serp is ’n veelsydige bykomstigheid. Jy kan dit om jou nek, kop, arm, poniestert, handsak en ook om jou middel bind

Foto’s Getty Images/Gallo Images, verskaf

Groot kleurryke syserp (R1 600), ontwerp en vervaardig deur Juandi Andrag van Stellenbosch vir Mantua

Klein olyfgroen serp (R299), Mango by superbalist. com

Klein satynserp met fyn blom- en blaarpatrone (R259), Zara

Mentgroen syserp (R350), Poetry

SIEN KOOPGIDS OP BL. 100

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 63


mooi DEUR MONICA VAN DER WALT monica.vanderwalt@sarie.com of @monxsterr op Instagram FOTO’S GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Haarsensasie

Die régte styl, kleur en produkte omskep jou kroon van gewoon tot sensasioneel. Kenners deel dié seisoen se gewildste haartendense, plus die sewe moet-hê’s wat in elke vrou se skoonheidskas hoort

64 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


2022 SE HAARTENDENSE

Boyd Meilhon, meester-haarstileerder by die salongroep Carlton International in Johannesburg, deel die gewildste haartendense vir die somer:

Gesmelte botter-blond

Tussen wit- en goudblond. Dit boots natuurlike blonde skakerings na en skep dimensie in jou haarkleur.

Die ‘shag’

Dié 70’s-geïnspireerde haarstyl het al verlede jaar ’n terugkeer gemaak, maar word in die nuwe seisoen met langer lae gesny. Dis die ideale snit as jy hare het wat natuurlik golf.

BO Die model Kaia Gerber (links) het onlangs haar hare in ’n “shag”-styl gesny, terwyl die sangeres Taylor Swift (regs) die laaste paar jaar dié styl as haar kenmerk toegeëien het.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 65


’n Lang kuif

Tyd vir ’n kuif? Sogenaamde “curtain bangs”, wat met ’n middelpaadjie gedra word, versag enige haarstyl en is boonop maklik om te stileer en onderhou. LINKS Vir die onlangse CFDA-modetoekennings in New York het die sangeres Ciara haar lang kuif saam met ’n romantiese opstyl gestileer vir die rooi tapyt.

Sampioenkleur

’n Kombinasie van warm en koel skakerings en die balayagetegniek word ingespan om donkerder hare effens ligter te maak. “Dis tans baie gewild en pas by alle velkleure,” sê Boyd.


MOOI

Moet-hêhaarprodukte

wat in elke vrou se skoonheidskas hoort

1

HITTEBESKERMINGSPRODUK

Net soos wat jy nie strand toe sal gaan sonder sonskerm nie, behoort jy nooit hitte op jou hare te gebruik sonder om vooraf eers ’n hittebeskermingsproduk aan te wend nie. Of dit ’n haardroër, haaryster of krultang is, hitte sonder beskerming beskadig jou hare en laat dit vaal en bros lyk, sê Karen Botha, plaaslike bemarkingsbestuurder van die haarsorgreeks INOAR. Dit laat jou haarkleur ook vinniger vervaag. Spuit ’n hittebeskermingsproduk op elke deel van jou hare aan en werk dit deur van wortel tot punt.

3

AANBLY-OPKNAPPER

“Dit bly een van my gunsteling-haarprodukte en werk vir enige haartipe,” sê Anel Cloete, haarstileerder en eienaar van die C Connoisseurs Studio-haarsalon in Johannesburg. Ryker as ’n gewone opknapper, maar ligter as ’n masker. ’n Aanbly-opknapper (leave-in conditioner) lewer ekstra vog aan jou hare. “En alle haartipes het vog nodig om gesond te wees,” sê Karen. Die formules is dikwels lig sodat dit vinnig in jou hare intrek en nie swaar voel nie. Gebruik jou sjampoe en opknapper soos gewoonlik en wend dan jou aanbly-opknapper aan jou klam hare nadat jy dit liggies met ’n handdoek drooggemaak het. Gebruik dit net op jou haarlengtes en -punte, nie die wortels nie.

DROË SJAMPOE

2

Teen dié tyd het ’n droë sjampoe geen bekendstelling meer nodig nie. Dié allesin-een-produk verfris jou hare tussen wasdae, laat jou uitgeblaasde hare langer mooi bly, gee tekstuur aan haarlengtes en volume aan wortels, help vlegsels en opstyle in plek hou én werk uitstekend om enige haarstyl daardie gewilde effens deurmekaar voorkoms te gee.

HAAROLIE

Dis die beste manier om daardie gevreesde gesplete haarpunte te voorkom, sê Karen. Die molekules van haarolies is klein genoeg sodat dit jou hare diep kan binnedring om dit te voed, bevog en te laat blink sonder dat dit olierig voel. Dit bedek ook die haarkutikel (die buitenste laag) sodat jou hare gladder en gesonder lyk. Wend dit aan haarpunte (klam of droog) of voeg ’n paar druppels by jou opknapper of haarmasker vir ’n vog-inspuiting.

5

MASKER VIR JOU KOPVEL

4

Ons versorg ons hare, maar vergeet dikwels om te let na die gesondheid van ons kopvel. En as jou kopvel gesond is, groei jou hare optimaal. Net soos jou vel, word jou kopvel daagliks blootgestel aan vuilheid en raak ontslae van miljoene dooie selle. Om te verseker dat ’n gesonde balans op jou kopvel gehandhaaf word is dit goed om af en toe jou kopvel af te skilfer en te masseer. Massering stimuleer bloedvloei na die haarfollikels, wat haargroei aanhelp.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 67


MOOI

1

2

Wanneer dit kom by haarstilering, is daar min dinge so veelsydig soos ’n haaryster. Stryk jou hare superglad of skep ’n verskeidenheid van krulstyle – van glanskrulle tot moeitelose strandgolwe. “Dis die moeite werd om te belê in ’n topgehalte-haaryster,” sê Angelique Calitz, haarstileerder by die INOAR-haarsalon in Pretoria. ’n Goeie haaryster word net warm genoeg sodat dit nie jou hare brand nie, lewer egalige hitte, wat die stileringstyd verkort, en sal vir jare hou.

3

4

5

’n Vanselfsprekende deel van jou haarsorgroetine, maar die geheim lê daarin om die régte sjampoe en opknapper vir jou unieke haarkwessies te vind. Jou hare kan nie vanself skade daaraan herstel nie, daarom maak die formule en tekstuur van die haarprodukte wat jy gebruik ’n reuse-verskil aan die toestand van jou hare.

1 Joico Defy Damage Protective Shield (R570). By uitsoeksalonne 2 Moroccanoil All In One Leave-In Conditioner (R515). By uitsoeksalonne 3 Colab Dry Shampoo in Boho Rose (R89). By Clicks 4 INOAR Argan Oil (R700 vir 60 ml). By uitsoeksalonne of inoar.co.za 5 Umberto Giannini Scalp Scrub Exfoliating Anti-Dandruff Treatment (R190). By Clicks 6 ghd Platinum+ Hair Straightener (R3 400). By uitsoeksalonne of ghdhair.com/za

6

Sjampoes en opknappers

7

8

9

10

11

7 VIR GEKLEURDE HARE Redken Acidic Bonding Concentrate Shampoo (R360) en Conditioner (R400). By uitsoeksalonne 8 VIR KRULHARE Hask Curl Care Moisturizing Shampoo en Detangling Conditioner (R180 elk). By Clicks 9 VIR BLONDE HARE Marc Anthony Complete Color Care Purple Shampoo en Conditioner (R180 elk). By Dis-Chem 10 VIR GRYS OF DROË HARE Schwarzkopf Fibre Clinix Hydrate Shampoo (R340 vir 300 ml) en Conditioner (R380 vir 250 ml). By uitsoeksalonne 11 VIR OLIERIGE HARE Roots Double Effect Extreme Clean Shampoo en Silk Finish Conditioner (R200 elk). By Clicks en rootsdoubleeffect.co.za

68 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Produkfoto’s verskaf * Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel

6

HAARYSTER

7

SJAMPOE EN OPKNAPPER



A

SYS

vir somer

1

HOE WERK DIT?

2

WERK DIT VIR ALLE HAARKLEURE?

Tydens ’n laserhaarverwyderingsbehandeling stel ’n lasertoestel ’n ligstraal vry wat deur die melanien (kleurpigment) van die haarwortel geabsorbeer word. Dié lig-energie word omgesit in hitte-energie wat die haarwortel binnedring en gevolglik ook die haarfollikel beskadig om toekomstige haargroei te belemmer.

Donkerder hare bevat meer pigment, wat beteken die laserstraal word makliker na dié hare aangetrek. “Daarom werk laser veral goed vir die onderarms, bikinilyn en mans se gesighare, aangesien hierdie hare gewoonlik donkerder is en ’n growwer tekstuur het,” sê Tzvia Hermann, stigter en mede-eienaar van die estetiese kliniekgroep The Laser Beautique.

3

IS DIT SEER?

Vanweë die hitte-energie wat gegenereer word, was die prosedure in die verlede dikwels pynlik. Maar danksy nuwe tegnologie kan die lasertoestel hitteenergie meer geleidelik vrystel en word die deel wat gelaser word, effens verkoel. Volgens Tzvia is dit minder pynlik en kan dit vergelyk word met die gevoel van ’n massering met warm klippe.

4 IS DIT PERMANENT? Omdat die haarfollikel beskadig word, kan daar nie ’n nuwe haar groei nie, sê Tzvia. Tog kan dit gebeur dat hormoonskommelinge of sekere medikasie hare later laat teruggroei.

70 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

erhaarverwydering pnuut in die kollig ksy nuwe tegnologie t dit byna pynloos ak. Dís wat jy oor die gewilde behandeling moet weet DEUR SUANNÉ MULDER

MOET EK MY HARE VOORAF LANK LAAT GROEI?

5

IS DIT DIE MOEITE WERD?

6

HOEVEEL SESSIES IS NODIG EN HOEVEEL KOS DIT?

7

Nee, die deel wat gelaser gaan word, moet voor die behandeling glad geskeer wees. Moet egter nie die hare waks, pluk of garedraadjies (threading) gebruik nie. Só word die haarwortel saam met die pigment verwyder en sal die laserstraal nie geabsorbeer kan word nie.

Korttermyn-haarverwyderingsmetodes soos waks en skeer kan maklik die vel irriteer en tot ingroeihare, inflammasie en selfs hiperpigmentasie lei – wat nie die geval met laser is nie. “Beskou laser as ’n langtermyn-belegging vir jou velgesondheid, -voorkoms, beursie én tydskedule,” sê Tzvia.

Die hare op ons lyf se haargroei-siklus wissel en daarom word 8 tot 12 behandelingsessies elke 4 tot 6 weke aanbeveel. Só sal elke haar op die mees ideale tyd van die groeisiklus effektief verwyder kan word. Dit kos vanaf R350 per sessie, afhangend van watter deel van jou lyf jy laser.

OM TE WEET

Vermy laser as jy swanger is of borsvoed. Hormoonskommelinge beïnvloed haargroei en kan die haarverwydering bemoeilik. Vermy onnodige sonblootstelling 3 weke voor en ná die behandeling. Na gelang van watter deel gelaser word, kan ’n sessie enigiets tussen 10 en 30 minute duur.

Foto Getty Images/Gallo Images

MOOI



SOETE r ’n parfuum met speserynote, is Twilly d’Hermès Eau Ginger (R2 500 vir 85 ml EDP) die somergeur vir jou. Die parfuum spog met net drie note: vars pinksterroos, soet versuikerde gemmer en warm sederhout. Saam skep dit ’n geur wat sonskyn, energie en jeugdigheid uitstraal.

MOOIDINGE DEUR MONICA VAN DER WALT

SLIM SONSKERMS

1. iS Clinical PerfecTint Powder SPF 40 (R1 584) is ’n sonskerm in poeiervorm, wat dit perfek maak vir deur die dag opknap. By uitsoek- estetiese salonne en -spa’s 2. Die formule van SVR Clairial Day Anti-Brown Spot Unifying Corrector SPF 30 (R690) is ontwikkel om aan te pas by jou velkleur sodra jy dit aanwend. By uitsoeksalonne en Takealot 3. ’n Alles-in-eensonskerm wat jou beskerm teen UV- en infrarooistrale, blou lig en besoedeling. Dis boonop waterbestand – Kalahari Solar Defence Fluid SPF 50 (R414). By uitsoeksalonne en -spa’s

72 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


MOOI

1 UIT 4

SOMERMOET-HÊ’S

Onderlaag wat hóú, ’n glanslipstiffie en ligpers naellak hoort nou in jou

Het jy gehoor?

Skin Republic het nou ook ’n reeks serums. Probeer die Vitamin C 6% Serum (R250) om donker vlekke te verhelder. By Clicks en skinrepublic.co.za

EI

M

MY MO O

Dís hoeveel vroue tussen 25 en 40 steeds met aknee en knoppies sukkel, volgens die Franse velsorghuis Institut Esthederm. ve Propolis+-reeks is m spesifiek ontwikkel masie te kalmeer en s te voorkom, terwyl droogheid en lyntjies e sterbestanddeel is lis, ’n wasagtige stof ningbye gebruik om rf te bou. Propolis is bakteries, ’n kragtige oksidant en bevorder stel. ’n Serum-Lotion 2) en Skin Perfecting R1 157) is beskikbaar. Chem en Superbalist

Om my hooded oë kunsmatig te lig en groter te laat lyk wend ek graag ’n neutrale of warmpienk oogskadu oor my hele ooglid aan om ’n vals oogvou te skep

Long-Wearing & Hydrating Matte Foundation (R605)

+

Hooffoto Getty Images/Gallo Images, produkfoto’s verskaf * Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel

Kara du Toit, aktrise bekend vir haar rol as dr. Maya Gosslin in Binnelanders

GOED VIR JOU GOED VIR DIE AARD

African Extracts Rooibos gewilde Classic Ultra-Moisturisin Body Butter (R89) is onlang geherformuleer om 100 veganisties te wee MONICA

lon Super Lustrous Glass hine Lipstick in Cherries In The Snow (R129)

HOU VAN

Met soveel van ons wat van die huis af werk, is ons nooit selfoonskerm nie. Dit eis sy tol op ons postuur, spiere, oë en gemoed. Ek is onlangs genooi om die Saxon Hotel en Spa in Johannesburg se nuwe Digital Detox-behandeling (R1 900) te ervaar. Die behandeling is spesiaal ontwikkel om ons van ons skerms te skei vir ’n paar uur van stilte en ontspanning sonder digitale afleiding. Die sessie begin met ’n kort, begeleide aandagtigheidsoefening om jou gedagtes te stil en gemoed te kalmeer. Die terapeut skilfer dan jou hele lyf met growwe Himalajasout af, waarna ’n vollyfmassering volg. Die fokus is op die dele van jou lyf wat geneig is om styf te raak weens ons digitale leefstyl: jou nek, skouers, borug, voorarms en hande. Spesiale masseringskoppies word ook gebruik om die spiere te help ontspan. Dit was nie bloot ’n massering nie, maar ’n ervaring en ’n fees vir my sintuie en gemoed.

SARIE.com

+

Maval eam in Rimini (R105)

Januarie/Februarie 2022 | 73


MODE

Lees ook grimeerwenke as jy bril dra, bl. 78

FOTO CASSANDRA COLLETT

GROOTOOG

’n Leesbril is lankal nie meer net vir lees nie. Dit dien ook as beskerming vir jou oë noudat ons so baie tyd voor ons rekenaarskerms deurbring en gedurig na ons selfoon kyk. ’n Brilraam met ’n skilpaddopmotief is klassiek en pas veral goed by ligbruin hare. Reghoekige skilpaddopmotief-bril (R2 180), Armani Optical by Luxottica

74 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


RAAM jou gesig

Dis nie maklik om die regte bril te vind nie, maar het jy geweet jou oogkleur en gesigvorm kan jou help besluit? Doen jy dit reg, beklemtoon dit jou beste gelaatstrekke

Wenk

DEUR MAGDEL MULLER

KIES DIE REGTE BRIL VOLGENS JOU

Illustrasies Getty Images/Gallo Images

oogkleur

HASELNEUTBRUIN OË Dis ’n kombinasie van bruin, goue en groen oë, ’n taamlik skaars oogkleur wat verander saam met die lig en die klere wat jy dra. Dié verkleurmannetjieoogkleur is tegelyk “warm” en “koud”, wat dit makliker maak om ’n vleiende raamkleur te kry. Aardse kleure, soos taan, karamel, bruin en groen, is altyd ’n wenner. So ook goud, pienk en bessiekleure.

BRUIN Die klassieke swart raam is die go-to vir mense met bruin oë. Ook warm, aardse kleure, soos brandewyn en sepia, sal jou oogkleur komplementeer. As jy meer wil waag, probeer olyf- of mosgroen, die skilpaddopmotief, en pers. Selfs laventelpers kan werk.

BLOU Die klassieke swart raam laat jou oogkleur uitstaan, maar kyk ook na blou of grys rame om die aandag op jou oë te vestig. Probeer vir ’n sagter voorkoms ligbruin of die skilpaddopmotief, ’n gunsteling van bekendes soos Jennifer Aniston en Katy Perry. As jy ’n stelling wil maak, probeer skakerings van oranje of selfs ’n helderrooi, blou se komplementerende kleur op die kleurwiel. Koraal gaan ook baie mooi saam met blou oë.

Hierdie is net riglyne en nie reëls nie, jy moet steeds gelukkig wees met jou brilkeuse en dit wíl dra. Dis soos ’n nuwe haarkleur, semipermanent en iets wat mense gaan raaksien

GROEN Rame wat dié oogkleur beklemtoon, is warm, aardse kleure, goud, karamel of selfs die skilpaddopmotief. Warm kleure bring die goud uit in groen oë, wat dit meer uniek maak. Groen oë lyk ook treffend saam met skakerings van groen (smarag en jade), pienk en pers (pruim, viooltjie, laventel en bessiepienk).

SARIE.com

GRYS Grys oë is baie skaars, maar jy kan rondspeel. Donker rame, soos vlootblou, swart, donkerpers en selfs wynrooi word aanbeveel vir dié oogkleur. Indien jy twyfel, dink aan die klere wat jy dra: Pers, vlootblou, swart en wynrooi by grys is almal mooi kombinasies, so jy kan jou indink hoe dié kleure jou oogkleur gaan komplementeer.

Januarie/Februarie 2022 | 75


VOLGENS JOU

gesigvorm

Vierkantig

Jy het ’n prominente voorkop en sterk kaak, en jou voorkop en wangbene is ewe of byna ewe breed. BEKENDES MET DIÉ GESIGVORM: Olivia Wilde, Sandra Bullock en Gwyneth Paltrow.

WEES OP DIE UITKYK VIR: ’n Ronder of ovaalvormige raam word aanbeveel vir balans. Dit gee ’n sagter voorkoms aan die sterk, vierkantige lyne. ’n Fyner raam is ook ’n beter keuse, en ’n kleurraam vat Die raam kan die fokus weg van die ook ’n bietjie gesigstruktuur. breër wees as jou wangbene

Wenk

Rond

Jou gesig is min of meer ewe breed as lank, maar effens smaller by jou voorkop en kaak. BEKENDES MET DIÉ GESIGVORM: Kate Moss, Emma Stone en Mila Kunis.

WEES OP DIE UITKYK VIR: ’n Vierkantige of reghoekige raam. ’n Reghoekige raam “breek” jou gesigvorm en laat dit langer en dunner voorkom. ’n Vierkantige een gee struktuur aan jou gesig en komplementeer die vorm. Kies rame met uitspattige lyne en maak seker dat die onderste deel van jou raam net bo jou wangbene lê. Rame soos die katoog en wayfarer word ook aanbeveel.

IES UIT:

1

4

2

5

3

6

1. Ronde, deurskynende blou raam (R1 280), Bril 2. Ovaalvormige raam met kunsstene versier (R2 500), UniqueMe by Spectacle World 3. Goue vlieënierstyl raam (R2 000), Vogue x MBB by Luxottica

4. Donkerpienk katoog-raam (R1 600), Vogue by Luxottica 5. Wayfarer-styl raam (R2 600), Persol by Luxottica 6. Reghoekige vlieënierstyl raam (R1 750), Vogue by Luxottica

Jy sal verbaas wees hoe jou bril jou voorkoms komplementeer as jy die perfekte raam vir jou gesig, styl en persoonlikheid vind Yvette Human, oogkundige van Bril

76 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Illustrasies Getty Images/Gallo Images, produkfoto’s verskaf

KIES UIT:


MODE

Hartvormig

Jou voorkop is breed, jy het ’n dun, spits ken en hoë wangbene. BEKENDES MET DIE GESIGVORM: Jennifer Aniston, Reese Witherspoon en Scarlett Johansson.

WEES OP DIE UITKYK VIR: Wayfarer- en katoog-rame. Die geheim is om seker te maak dat die raam ’n bietjie breër as jou voorkop is. Rame wat op die onderste deel meer detail het, word ook aanbeveel (bottom-heavy frames). Ook rame met arms wat laer sit (low-set temples), veral as jy baie bewus is van jou voorkop en die aandag op die onderste deel van jou gesig wil hê. ’n Ovaalvormige raam beklemtoon jou oë as jy ’n skerp ken het.

Ovaalvormig

Jou gesig is langer as wat dit breed is. BEKENDES MET DIE GESIGVORM: Jessica Alba, Cate Blanchett, Kendall Jenner en Taylor Swift.

WEES OP DIE UITKYK VIR: Oorgroot brille. Jy kan speel met vierkantige, reghoekige en geometriese raamvorms. Of kies iets uitspattigs wat by jou styl pas – soos kleure of teksture. Daar is min style wat nie by dié gesigvorm pas nie.

KIES UIT:

KIES UIT:

7

10

8

11

9

12

7. Deurskynende grys wayfarer-raam (R1 900), Vogue by Luxottica 8. Vlootblou katoog-raam (R1 280), Bril 9. Skilpaddopmotief-raam met turkoois aksente (R2 500), UniqueMe by Spectacle World

10. Swart katoog-raam met wit en goud versier (R2 500, ketting uitgesluit), UniqueMe by Spectacle World 11. Oorgroot deurskynende katoog-raam (R2 300), Bril 12. Olyfgroen katoog-raam (R1 900), Vogue by Luxottica

Het jy geweet? ’n Leesbril is nie net vir lees nie, maar nuwe tegnologie bied ook beskerming vir jou oë teen die blou lig van toestelle soos selfone, tablette en rekenaars. “Dié hoë-energie-strale kan die binneste laag van die oog binnedring, daarom beveel ons lense aan wat blou lig blokkeer,” sê Adèle Camarena, optometris en direkteur van Spectacle World in Kaapstad. Laat toets jou oë gereeld, sodat oogprobleme betyds geïdentifiseer en behandel kan word, is haar raad. BRONNE: SARIE.com, coastal.com, classicspecs.com

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 77


Laat jou oë agter jou bril sprankel met dié topwenke imering

Grimeer enke AS JY BRIL DRA VAN DER WALT

MAAK OOGOMLYNER JOU BESTE PÊL As jy gereeld ’n bril dra, is oogomlyner jou staatmakerproduk, sê die bekende grimeerkunstenaar Bobbi Brown in haar boek Everything Eyes. Dit gee jou oë definisie en laat hulle uitstaan agter jou bril.

Brillense is geneig om donker kringe en fyn lyntjies onder jou oë te beklemtoon. Wend daarom altyd verbloemer een of twee skakerings ligter as jou velkleur onder jou oë aan om dié skaduwees te verbloem.

KYK NA JOU BRILRAAM

Volgens Adèle Camarena, optometris en direkteur van Spectacle World in Kaapstad, is dit slim om jou grimering by die styl van jou bril aan te pas. “’n Treffende gekleurde brilraam lyk mooi saam met ’n subtiele lipkleur, terwyl ’n helder lipstiffie goed werk saam met ’n meer klassieke raam.” Net so vra ’n dikker raam vir helder, meer dramatiese ooggrimering. As jou raam meer delikaat is, kies sagter oogskaduen oogomlyner-skakerings.

4

ONTHOU JOU WENKBROUE

3

Brilrame trek die aandag na jou wenkbroue, so maak seker hulle is mooi gevorm en netjies ingevul.

78 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Foto’s Getty Images/Gallo Images, verskaf * Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel

2

1

VERBLOEM ONDER JOU OË


MOOI

WEES SLIM MET MASKARA

Bobbi Brown beveel aan dat jy jou wimperhaartjies vooraf met ’n wimperkruller krul en dan ’n paar lae waterbestande maskara slegs op jou boonste wimpers aanwend. Só voorkom jy dat jou maskara onder jou oë of op jou lense afsmeer.

1. Essence Bronzed This Way Eyeshadow Palette (R88) 2. Bobbi Brown No Smudge Mascara (R510) 3. WBeauty Felt Eyeliner (R150). By Woolworths 4. Wet n Wild Photo Focus Concealer Corrector (R77). By Clicks 5. Benefit Brow Microfilling Pen (R460). By Edgars en Superbalist 1

2

3

4

5

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 79


LUUKS DEUR MAGDEL MULLER & SUANNÉ MULDER

’n Vars en betowerende mansgeur wat die dieptes en misterie van die oseaan vasvang. Giorgio Armani Acqua di Giò Profondo Lights (R1 950 vir 75 ml EDP) is ’n herinterpretasie van die oorspronklike geur en spog met groen mandaryn, kardemom, laventel en patsjoelie om die kenmerkende seenote te komplementeer. Die laventel word eksklusief vir dié Italiaanse modehuis in Provence, Frankryk, geoes. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by Foschini Dit gons weer oor Gucci: Nie net het die luuksemodehuis in 2021 hul 100ste bestaansjaar gevier nie, maar die langverwagte fliek House of Gucci met Lady Gaga in die vroulike hoofrol is ook op 24 November uitgereik. En steeds sorg Gucci vir kuns op die modeplanke. Sedert Alessandro Michele in 2015 die kreatiewe direkteur geword het, blaas hy nuwe lewe in ikoniese ontwerpe soos die korset, die “Jackie Kennedy”-handsak, en die brogue-insteekskoen met pelsafwerking. En moenie vergeet van die oorgroot vierkantige sonbril (prys op aanvraag) nie. Met dié een met sy skilpaddop-effek kan jy nie ’n fout begaan nie. Vir meer: gucci.com

Velveroudering word aan veel meer as net plooie gekoppel. Ons vel sak, die verspreiding van volume verander, dele soos ons wange kom meer hol voor en ons gesigkontoere verloor definisie. Die Milaanse skoonheidshuis Diego dalla Palma se FilLift-reeks span aktiewe bestanddele geïnspireer deur estetiese tegnieke in om dié kwessies te takel. Die Hyalu&Collagen Filler (R1 450) pas die konsep van vuller- en botox-inspuitings toe. Hialuronsuur, neuropeptiede asook ’n gepatenteerde kollageensamestelling werk doeltreffend saam as ’n intensiewe verfermingsbehandeling vir jou gesig, nek, halslyn en hande. By uitsoeksalonne en -spa’s

80 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


MODE & MOOI Cartier is nie net bekend vir hul tydlose juweliersware nie, maar ook hul luukse handsakke. ’n Handsak is een van jou belangrikste bykomstighede: om jou besittings in te bêre en jou uitrusting af te rond. Die Double C de Cartier (prys op aanvraag) haal die “gewig” van jou skouers af om die perfekte sak te vind. Met die eenvoudige, amper argitektoniese lyne, ’n knip met die ikoniese Cartier-simbool en ’n kettingband vir ’n tikkie blink is dié klein handsak ’n groot belegging. Daar is twee nuwelinge in die reeks, Capri-blou en mentgroen. As die sak jou pas, dra dit. Vir meer: cartier.com

Akteur Ryan Gosling (foto) is TAG Heuer se nuwe gesig. Vir Ryan, wat sy eie waagtoertjies doen in kultusflieks soos Drive en Blade Runner 2049, is die TAG Heuer Carrera die perfekte pasmaat. Die Three Hands-model (prys op aanvraag) is ’n kopknip na die Switserse horlosiemaker se lang verbintenis met die motorrenwêreld, waar elegansie en vreesloosheid hand aan hand loop. Volgens Ryan hou hy van die skoon, eenvoudige lyne. Die nuwe model spog met wysers wat meer sigbaar is, en die band is nou H-vormig. Vir meer: picotandmoss.co.za

Foto’s Getty Images/Gallo Images, verskaf * Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel

Die Atelier Versace-parfuumreeks bring hulde aan dié Italiaanse modehuis se strewe om topgehaltemateriale in uitsonderlike ontwerpersuitrustings te omskep. Die ses uniseksgeure simboliseer die kleremakers se toewyding aan vakmanskap. ’n Heerlike vermenging van delikate roos, amber en muskus in Atelier Versace Eclat de Rose (R4 950 vir 100 ml EDP) skep ’n ryk blommegeur. By ARCwinkels in Sandton City en die V&A Waterfront

Die internasionale grimeerkunstenaar Gucci Westman is bekend vir die natuurlike grimeervoorkomste wat sy skep. Nou is haar eie grimeerreeks, Westman Atelier (pryse vanaf R580), ook beskikbaar in SA. Met die ontwikkeling van die reeks was ligte, skoon formules wat die vel voed en gemaklik laat voel, eerste prioriteit. Daarby eggo die minimalistiese verpakking dié konsep van moeitelose koonheid By Skins osmetic


kos

DEUR HERMAN LENSING herman.lensing@sarie.com of @lensingherman op Instagram FOTO’S MICHAEL LE GRANGE

LInks op die bord is hawerkorrels (steelcut oats) en regs gerolde hawermout.

HA T W ER M O U

meer as ontbyt 82 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


Heuning-enhawermoutbrood (bl. 88)

Maak jou vanjaar reg om hawermout oral op spyskaarte te sien. En ons kan nie vir beter vra as gesonde vesel en heerlike teksture nie. Kom sit aan vir ’n hawermout-bederf SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 83


KOS

Tamatie-enmozzarellarisotto (bl. 88)

Sk op

VIR JOU SPYSVERTERING Kosse hoog in vesel sorg vir meer as net goeie spysvertering. Dit kan jou risiko vir hartsiekte, beroerte en diabetes help verminder, selfs help dat jy gewig afskud en dalk kolonkanker help voorkom. Vesel kom in alle plante voor, wat vrugte, groente, sade en peule insluit. Maar nie alle vesel is dieselfde nie: Die funksies en werking in jou lyf verskil. Sommige vesel los op in jou lyf (wateroplosbaar), soos dié in hawermout. Onoplosbare vesel (bv. die buitenste deel van ’n koringkorrel) gaan onveranderd deur jou dermkanaal en help dus om hardlywigheid te voorkom. Die kategorisering van vesel is gekompliseerd en nie alle vesel is óf oplosbaar óf onoplosbaar nie. Wat belangrik is, is dat jy baie en ’n verskeidenheid daarvan inkry. – Lydia van der Merwe (Lees meer oor sewe gesonde eetgewoontes in die Somer-uitgawe van SARIE KOS, vanaf 14 Januarie op die rak.)

84 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


Oornaghawermout (bl. 88)


KOS

Gevulde lamsboud (bl. 88)


Hawermout-ensjokoladekoekies

HAWERMOUT-EN-SJOKOLADEKOEKIES

Ek het dié resep by die bekende Knysna-bakkery île de païn leer maak. Gebruik goeie sjokolade met ’n hoë kakao-inhoud.

genoeg vir 20 220 g (240 ml) botter 260 g (325 ml) bruinsuiker 2 eiers 340 g (950 ml) hawermoutvlokkies 220 g (380 ml) koekmeel 200 g donkersjokolade, in growwe splinters gekap 5 ml sout

Verhit oond tot 160 °C. Klits botter en bruinsuiker tot lig en romerig. Breek eiers een vir een by en meng elke keer goed. Vou res van bestanddele om die beurt by en meng. Voer twee bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep met ’n roomyslepel balle vol van die deeg ver genoeg uit mekaar op die bakplate om met jou palm tot 1 cm dik plat te druk. Bak vir 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 87


KOS

HEUNING-ENHAWERMOUTBROOD

(bl. 83) Een van my gunstelinge om te maak – dis vol smaak en gesonde geure.

VIR DIE PAP 50 g growwe hawermout 100 ml water 30 ml heuning 20 ml olyfolie BROOD 10 g sout 10 g-sakkie kitsgis 250 ml louwarm water 200 g (360 ml) volgraanmeel 140 g (250 ml) witbroodmeel Pap Plaas al die bestanddele vir die pap

in ’n klein pot en roer oor lae hitte tot dit begin kook. Laat kook vir 5 minute. Skep pap in ’n middelslagmengbak en laat afkoel. Brood Voeg sout, gis en water by afgekoelde pap. Voeg volgraanmeel by en meng deur met ’n houtlepel. Voeg nou genoeg broodmeel by om ’n stywe, kniebare deeg te vorm en knie tot glad. Smeer ’n skoon bak met sonneblomolie, plaas deegbal in bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 40 minute. Spuit ’n broodpan van 15 x 20 cm met kleefwerende kossproei. Knie deeg af en vorm in ’n langwerpige brood. Druk deeg in pan vas, bedek pan met kleefplastiek en laat rys deeg weer tot dubbel die volume, sowat 20 minute. Verhit intussen die oond tot 180 °C. Bak uitgerysde brood vir 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sit voor met botter.

(bl. 84) Ek maak dié risotto met steel-cut oats – hawergort wat grofweg in korrels gekap word. Die

88 | Januarie/Februarie 2022

genoeg vir 6 1,5 liter hoenderaftreksel knippie saffraan of 10 ml borrie 30 ml olyfolie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngekap 380 g (500 ml) gesnyde hawerkorrels (steel-cut oats) 125 ml droëwitwyn 50 g parmesaankaas, fyngerasper, plus ekstra vir voorsit sout en varsgemaalde swartpeper 24 kersietamaties, gehalveer 24 vars mozzarellaballe (bocconcini)

genoeg vir 1 brood

TAMATIE-ENMOZZARELLARISOTTO

tekstuur werk perfek in risotto, en dit word vinniger gaar as tradisionele rys.

Plaas aftreksel en saffraan of borrie in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Laat kook vir 5 minute. Hou eenkant. Verhit olyfolie tot warm in ’n groot pot. Voeg ui, knoffel en hawerkorrels by. Roerbraai vir 1-2 minute of tot uie begin verbruin. Gooi wyn by en roer tot wyn weggekook het. Gooi 500 ml van die warm saffraanaftreksel by en meng deur. Maak pot toe en laat kook vir 5 minute of tot hawer vloeistof geabsorbeer het. Herhaal met res van aftreksel, 500 ml op ’n slag. Sodra al die vloeistof geabsorbeer is, verwyder van hitte en voeg parmesaan by. Roer tot romerige mengsel vorm. Proe en geur met sout en peper. Skep risotto in dienbak. Pak tamaties en mozzarella bo-op. Sit voor met ekstra parmesaan en vars groenslaai van jou keuse.

OORNAGHAWERMOUT

(bl. 85) Dié ontbytgereg is eenvoud op sy beste. Maak genoeg daarvan en hou dit in jou yskas reg om te geniet, dit kan tot 48 uur hou.

genoeg vir 6 2 groenappels 210 g (250 ml) gerolde hawermout (rolled oats)

SARIE.com

250 ml lemoensap 80 ml heuning 500 ml Bulgaarse-styl jogurt 100 g neute van jou keuse, gekap vars vrugte vir voorsit

Gebruik die growwe kant van ’n rasper en rasper die appel met die skil. Plaas hawermout in mengbak en voeg gerasperde appel en lemoensap by. Meng deur en laat staan 20 minute. Voeg heuning by en meng deur. Voeg jogurt by en meng goed. Skep in dienbakkies. Sprinkel neute oor en sit voor met vars vrugte.

GEVULDE LAMSBOUD

(bl. 86) Moenie dink hawermout kan nie werk as vulsel vir jou Sondaglam nie. Glo my, dis heerlik en die geure in die vulsel word soos ’n spons deur die lam geabsorbeer.

genoeg vir 6-8 340 g (950 ml) hawermoutvlokkies 50 g parmesaankaas, gerasper hand vol vars kruie (pietersielie, salie en tiemie), fyngekap 115 g (125 ml) botter, gesmelt sout en varsgemaalde swartpeper 1 lamsboud, ontbeen tot voor die skenkel 410 g-blik tamatiepuree 410 g-blik gekapte tamaties 500 ml lams- of beesvleisaftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Meng hawermout, parmesaan, kruie en botter saam tot sagte, klam mengsel. Geur goed met sout en peper. Plaas vulsel in holte van lamsboud waar been was – stop hom lekker vol. Plaas gevulde boud in oondroosterpan. Voeg res van bestanddele by. Geur lam weer goed. Maak pan toe met aluminiumfoelie en rooster vir 2 uur toe. Maak pan oop en rooster vir nog 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.


CLOVER PROMOSIE

GOED VIR MA – TOORGOED VIR KINDERS

Proe Clover se heerlike Nutrikids-reeks produkte vol voedingstowwe spesiaal vir kleingoed

H

et jy al jou kinders aan die heilsaamheid van Nutrikids bekend gestel? Dis spesiaal geformuleer vir kinders van drie jaar en ouer, en sal jou help om seker te maak dat hulle sterk en gesond bly. Elke produk is verryk met noodsaaklike voedingstowwe wat jong kinders se groei en ontwikkeling bevorder. Hoekom hou ma’s van die Nutrikids-reeks? Dis ’n gerieflike bron van kalsium en B-vitamiene, towerkrag vir ’n groeiende kind! Ons weet die lewe raak soms besig. Dis waar Nutrikids tot die redding kom: Kyk hoe jou kleinspan hul eie krag ontdek as hulle elke da Nutrikids se tower-voordele inkry!

MEER OOR DIE NUTR Mediumvet-suiwelme

Medium Fat Dairy Liquid B van kalsium vir sterk bene langleweverpakking. Kitsmelkpoeier Nutriki Fat Milk Powder is geform B-vitamiene om jou kleute te hou. In houers van 350 1,8 kg te kry. Vrugtesappe Nutrikids Blend is propvol B-vitamie energie. Geniet dit in geur rooibos, appel-en-peer en bessies. Dit kom in 200 m Suiwelhappies Nutrikid Dairy Snack is beskikbaar kersie, piesang-en-toffie, k aarbei, piesang en perske prettig en boonop vol B-v breinkrag! Te kry in pakke

VERANDER JOU NUTRIKIDSSUIWELHAPPIE IN ’N HEERLIKE STOKKIEROOMYS ❶ Druk bloot die stokkie (wat by die verpakking ingesluit is) in die suiwelhappiehouer. ❷ Sit dit in die vrieskas. ❸ Geniet sodra dit gevries is!

Wees op die uitkyk vir Nutrikids van Clover, beskikbaar by alle voorste kleinhandelaars.


KOS

heuning SOOS

OM DIE MOND

Hierdie veldblomheuning van Chaloner is 100% Suid-Afrikaans en heerlik saam met hawermoutpap, roosterbrood, pannekoek of jogurt en vrugte. Dit kan selfs as ’n antiseptiese salf gebruik word. R129 vir ’n 300 g-pot by Yuppiechef

DINGE DEUR MARZANNE SCHOEMAN

MARZANNE

HOU VAN

hoë noot

Geniet ontbyt op sy lekkerste m Wazoogles se hawermoutp vol plantgebaseerde superk proteïene. Voeg net warm of ko water of neutmelk by. Ons h veral van die sjokoladesplint koekiedeeg-ge Vanaf R39 by wazoogles.com of gesondheidswinkels soos Faithful to Nature

TYD VIR OOND SKOONMAAK

Vergeet van al die onaangename dampe en skrop om van hardnekkige vlekke, vet en aangebrande kos in die oond ontslae te raak met die nuwe Oven Cleaner Active Gel van Dr. Beckmann. R89 by uitsoektakke van Pick n Pay, Checkers en Spar

90 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Verander gew kraanwater in ’n v borreldrankie Sodastream ekovriendelike S Machine. Die toestel veral gewild in die 197 en 80’s en dié weerga is steeds ’n wonder toevoeging enige komb R1 249 by uits kombuiswin

JA VIR O

Die plantgeba handelsmerk Okja se hawermoutmelk is ’n goeie plaasvervanger vir koeimelk en kan in jou koffie, pap, smoothies en selfs gebak gebruik word. Vanaf R40 vir ’n eenliter-boks by uitsoek-kruidenierswinkels en aanlyn

Hooffoto Getty Image

BEGIN JOU DAG OP ’N



woon

DEUR ANITA ROSSOUW & LOUNETTE FOURIE arossouw@sarie.com lfourie@sarie.com FOTO’S WARREN HEATH VIR BUREAUX

OP UITKYK SE WERF

Oor dertig jaar het Illze die kaal erf rondom die grasdakhuis in ’n semiformele tuin omskep.

Toe Illze as ’n pasgetroude op die plaas aangekom het, was daar reeds ’n nuwe vleuel aangebou om die huis ’n klassieke T-vorm te gee. Sy was verlief op die ruimte en die pragtige ou trap, maar die vloei van die vertrekke het nie gewerk nie. Om die twee vleuels te integreer het hulle die kombuis en die eet- en leefarea oopgebreek om een ruim vertrek te skep. Die reuse-kombuis en die eetkamer is nou die spil waarom die huis draai. Illze het ’n wonderlike talent om kosbare

92 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


In die Herbertsdale-distrik lê Uitkyk, die allermooiste plaas. Hier in die Tuinroete woon Illze en Wouter Muller asook hul drie kinders in die ou opstal wat hulle tot ’n knus tuiste gerestoureer het

VERTEL ’N STORIE Illze skep graag ’n tafellandskap met items wat vir haar mooi en kosbaar is. Op die erfstuk-laaikas is skilderye van haar dogter Celia Anet, ’n skets van Eric Meyer en porseleinvoëltjies van Rialheim (rialheim.co.za).

Sien bl. 94-95 vir die fotobyskrifte

antieke meubels met kontemporêre stukke te vermeng. Om warmte en tekstuur te skep het sy natuurlike elemente soos grasmatte, koeivelle, leer en linne ingebring. Die lyne van die 180-jarige huis (soos die hemelhoë plafonne, antieke balke en vloere van breë planke) is die perfekte agtergrond vir nuut en oud wat so naatloos saamleef. Vir Illze was die grootste kompliment toe ’n kuiergas eenkeer gesê het die mooiste van die huis is die gelukkige atmosfeer.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 93


RUIM EN LIG (BL. 92-93, HOOFFOTO)

Die reuse-leefarea se fokuspunt is hierdie tafel, ook ’n erfstuk. Meubels is gerangskik sodat elkeen tot sy reg kom, soos die intieme sithoek digby die venster. Die leiklipvloer word versag deur matte en velle. Die ligte houttafel en meubels is van Weylandts.

KOM BINNE (BL. 92, LINKS ONDER)

By die ingang na die leefarea is ’n erfstuk-stoel gekombineer met potplante en ’n moderne vloerlamp.

ALMAL SAAM Die hegte gesin geniet mekaar se geselskap. Van links is Hendrik-Wahl, Anet, Wouter, Illze en Annegret.

’N BIETJIE KLEUR (LINKS)

Die treffende linnedoek (shop.babylonstoren.com) bring ’n spatsel kleur na die andersins monochroomkleurige kombuis. ’n Ou karring, ’n sinkkommetjie, piouterbekers (by Maurits Lammers Antiques gekoop) en ’n skoonma-se-tong-plant herhaal die kleure van die doek.

94 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


WOON

’N SPESIALE VONDS (BL. 93, REGS BO)

Tydens die restourasie het hulle op hierdie versteekte ingeboude muurkas afgekom, asook ’n balk wat in 1873 deur die vakman geteken is. En hoe mooi werk die moderne meubels nie saam met die voorvaderportret nie.

UITGESTAL (REGS)

Vars uie en plaaseiers word uitgepak op ’n ou skaal of in ’n draadmandjie.

HART VAN DIE HUIS (BO)

Soos op menige plaas, is die kombuis die belangrikste vertrek in die huis (en sekerlik een van die mooistes). Die industriële ligte bo die twee identiese moderne eetkamertafels is deur Illze ontwerp. Rondom die tafels is ’n versameling stoele van verskillende eras en materiale. Twee eenderse keramiekbakke is weerskante van ’n vlak bord waarop koperkandelare met donkergrys kerse staan.

SOETE VERLEIDING Goue heuning van hul eie byekorwe geoes.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 95


WOON

’N TIKKIE ROMANSE (LINKS)

Die Mullers se slaapkamer is gemaklik, weelderig en romanties. Teen die donker muur vertoon die beddegoed kraakwit. Die ysterkatel het hulle by ’n antiekwinkel raakgeloop. ’n Boogvormige goue spieël en ’n kroonkandelaar sorg vir ’n luukse gevoel. Die mat is van Weylandts (weylandts.co.za). Olyftakke is in eenderse vase weerskante van die bed gerangskik.

DIE FAMILIEBADKAMER (LINKS)

Geen teël is in sig in hierdie serene badkamer nie. Die stortvloer is met plat klippies afgewerk en daar is genoeg plek vir ’n oorgroot vaas en tak. Hier het die oorspronklike geelhoutplafon behoue gebly. Die mure is afgerond met waterbestande stucco.

96 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


MOOI GEBÊRE (REGS)

’n Versameling ou koffers en houtkissies is ingespan om die aantrekkamer met oop rakke netjies en georden te hou. Die chaise lounge is ’n erfstuk.

DEUR GENERASIES (REGS ONDER)

Die lieflike hemelbed is al vier geslagte in die familie. Nou is dit in Annegret se kamer. Die amperswart mure verseker dat klassiek en modern harmonieus ontmoet. Die sterre teen die muur het Illze gemaak en die metaalstoeltjie is van Builders Home.

IN DIE NOK (BO)

Hendrik-Wahl het die soldervertrek as sy eie toegeëien. Die toevoeging van ’n dakvenster en nog ’n groot venster gee ’n oorvloed lig. Gordyne (langs die venster) verberg hang- en pakplek vir klere. Illze het die ligte met katoenlap toegemaak vir sagte lig. Die vertrek is groot genoeg vir ’n private sitkamer met ’n L-vormige bank van Weylandts. Op die agtergrond staan die bed versteek agter die twee laaikaste.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 97


W 1

Die Mullers van die plaas Uitkyk het funksionele betonwerkvlakke en klipvloere gekies vir hul besige en hardwerkende kombuis (sien hul plaashuis op bl. 92), maar ’n versameling koperpotte en -panne, eiers in ’n draadmandjie, uie op ’n ou skaal en ruwe houtsnyplanke sê dié kombuis is pure plaas. Die mure is gestroop van kaste en slegs ’n kershouer is gemonteer weerskante van ’n venster wat

2

ONDING 3

8 9

4 7

5

1. Maak ’n stylstelling deu r-bakke en -bekers maak ontbyt nog lekkerder (R55 s, 30 cm in deursnee, gee ekstra tekstuur aan ’n g ( , ), p gg g vel is ’n mooi vloermat (R3 999), esque.co.za 5. Materiaal wat soos sement lyk, is gebruik om dié ligte sytafel te vervaardig (R2 699), Coricraft 6. Die eikehoutlaaikas vertoon klassiek met sy gedraaide pote (R15 999), @home 7. Dié pluispoolwolkussing is plaaslik met die hand gemaak (R1 200), H&M 8. Metaal en hout gee die kombuisstoel ’n industriële voorkoms (R2 295), Block & Chisel 9. Sit gemaklik op die stoep op die tweesitplek-bank (R8 999), Coricraft

98 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Produkfoto’s verskaf

6


SPESIALE UITGAWE

! p oo k e t u o N

9 772076 014007

22014

LANGEBAAN • PATERNOSTER • LOERIESFONTEIN • TANKWA • KALAHARI

R155,00 (BTW INGESLUIT), NAMIBIË N$155.00

WESKUS & NAMAKWALAND HUISE & BLYPLEKKE OP DIE SPOOR VAN BLOMME

LUUKS & NOSTALGIES TOT AFRIKA-SJIEK

6 NUUTSTE TRENDS KLEUR, VORM, STYL – LAAT DIT VIR JOU WERK


KOOPGIDS

A @home 086 083 4834, home.co.za Aldo 010 300 6888, aldoshoes.co.za B Birkenstock 021 461 7426, bashafrica.com Block & Chisel 011 442 0809, 010 593 9308, 021 712 5193, blockandchisel.co.za Bril 064 209 5261, hellobril.co.za C Coricraft coricraft.co.za Country Road 086 002 2002, woolworths.co.za E Eurolux 021 528 8400, eurolux.co.za H H&M 086 069 0707, hm.com/za J Judith Atelier 082 450 4217, judithatelier.co.za K KLûK CGDT 083 377 7780, klukcgdt.com L Love Shouts loveshouts.co.za Lovisa 011 268 0257, 021 551 1051 M Mango shop.mango/za Mantua 083 390 7450, mantua.co.za MMXMS 082 400 6542, mmxms.co.za Mr Price 080 021 2535, mrp.com N Nicci Boutique 011 783 7661, 021 425 0051, nicci.co.za Ninaskep instagram.com/ninaskep O Old Khaki 086 044 4429, oldkhaki.co.za P Phelan Footwear 021 852 4516, phelan.co.za Poetry 086 055 5529, poetrystores.co.za Puma 021 204 8282, za.puma.com S Scotch & Soda scotch-soda.co.za Spectacle World 021 595 3410, 074 434 8873, spectacleworld.co.za Stephen van Eeden stephenvaneeden.co.za Sunglass Hut 086 100 0850, za.sunglasshut.com Superbalist 087 362 7300, superbalist.com T TREAD+MILLER 086 066 5533, treadandmiller.co.za Trenery 086 002 2002, woolworths.co.za W Witchery 086 002 2002, woolworths.co.za Woolworths 086 002 2002, woolworths.co.za Z Zara 011 302 1500, 021 446 8700, 031 536 6440, zara.com/za

100 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

REDAKTEUR KUNSDIREKTEUR PROJEKBESTUURDER STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR MODEREDAKTEUR STILIS EN MODESKRYWER KOSREDAKTEUR SKRYWER EN KOSASSISTENT SKOONHEIDSREDAKTEUR SKOONHEIDSKRYWER TEKSREDAKTEURS DEKORREDAKTEURS GESONDHEID EN ARTIKELS ARTIKELS BOEKEREDAKTEUR REPRODUKSIE REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT

Michélle van Breda Maresa Pretorius Pieter Hugo Fanie Cronjé 082 934 5226 Amaria Carstens 072 041 3393 Magdel Muller Herman Lensing Marzanne Schoeman 060 904 5090 Monica van der Walt 082 226 3076 Suanné Mulder Liesl Roodt (hoofsub) en Natasja Lochner Lounette Fourie en Anita Rossouw Lydia van der Merwe Suzette Truter, Marguerite van Wyk en Delia du Toit Phyllis Green Dewald Spies en Noorieyah Fakier

Liesel Pienaar 073 272 0707 Kontak haar by LPienaar3@sarie.com of sarie@sarie.com vir algemene navrae

WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Elmari de Vos Elmari.DeVos@sarie.com 082 644 1022 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE & BORGSKAPPE HOOF VAN BORGSKAPPE Nikki Ruttimann Nikkir@media24.com HOOF VAN ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER Charlene Meyer 082 928 5970 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER Daniela di Giovanni 083 709 7040 INTEKENING, HERNUWINGS & NAVRAE TEL: 087 353 1300 FAKS: 086 296 6681 E-POS: subs@media24.com SMS: SARIE na 32361 (R1,50 per SMS) WHATSAPP: 087 353 1333 DIGITALE INTEKENING: www.zinio.com/za en www.magzter.com VORIGE UITGAWES (Bestel): yumna.tofey@media24.com/021 406 2205 DIVERSE INKOMSTE ONTWIKKELINGSBESTUURDER Lise van Breda lise.coetsee@media24.com GELEENTHEIDSDIREKTEUR Edmund Beukes Edmund.Beukes@media24.com KOÖRDINEERDER: DIVERSE PROJEKTE Anéne de Klerk anene.deklerk@media24.com CREATE STUDIO KREATIEWE DIREKTEUR Michael de Beer mike.debeer@media24.com HANDELSREDAKTEUR Gerda Engelbrecht gerda.engelbrecht@media24.com BEMARKINGSBESTUURDER Andile Nkosi andile.nkosi@media24.com UITGEWERSPAN HOOFBESTUURDER MEDIA 24 LEEFSTYL Nerisa Coetzee FINANSIËLE BESTUURDER MEDIA 24 LEEFSTYL Jameelah Conway BEDRYFSBESTUURDER MEDIA 24 LEEFSTYL Edwina Lyners SIRKULASIE SIRKULASIEBESTUURDER Armand Kasselman armand.kasselman@onthedot.co.za PRODUKBESTUURDER Janine Snyman janine.snyman@onthedot.co.za KORPORATIEF SARIE word uitgegee deur Media24 (Edms) Bpk Media24-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 Tel. 021 406 2121 UITVOERENDE HOOF MEDIA24 Ishmet Davidson HOOFBESTUURDER LEEFSTYL EN NUUS Minette Ferreira Reg.nr. 1950/038385/07.

SARIE, Media24-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad 8001; Posbus 1802, Kaapstad 8000 Tel. 021 406 2205 Gedruk deur CTP Printers en versprei deur On the Dot. Kopiereg Media24 (Edms) Bpk. Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in artikels, rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies wat in die tydskrif gepubliseer word, akkuraat is, kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies, skade of ongerief wat daaruit voortspruit nie. Die redaksie behou die reg voor om veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word, en kan nie aanspreeklik gehou word vir skade aan of verlies van die materiaal nie. Met druktyd was alle pryse vir vertoonde items en dienste korrek.


MYSELF

‘EK’S GEMAKLIK MET ONGEMAK’

Sy het al geleer om gemaklik met verwerping te wees. “Ek glo die rolle wat vir my bestem is, sal my vind,” sê aktrise, skrywer en regisseur Bianca Flanders. Uitdagings het haar juis gewys waartoe sy in staat is. Soos haar droom van twee kinderboeke, Prinses Pampoenpit en Pampoenpit se groen gevoel, wat bewaarheid is. “Ek skryf die verhale wat nie in my kinderjare beskikbaar was nie. As kunstenaar wil ek aktief betrokke wees om die wêreld te skep waarin ek graag wil leef, en Pampoenpit vorm deel daarvan.” Albei boeke is in Afrikaans sowel as Engels beskikbaar. “Ek probeer om gemaklik met ongemak te raak. Dis hoe ons groei. Afrikaans is my tweede taal. Ek is nie altyd gemaklik om daarin te werk nie, maar hoe meer ek dit doen, hoe beter slaag ek daarin.” Bianca beskryf haarself as energiek en vurig, iemand wat als gelyk wil aandurf. “Ons is geneig om by ons idees vas te steek. Maar dis ons dade wat kragtig is.” – Suanné Mulder

Agtergrond Getty Images/Gallo Images

FOTO JONO WICKWAR

* Bianca is onlangs getroud met Dean Balie, haar mede-ster in Nêrens, Noord-Kaap. Die twee was ook getroud in dié kykNET-dramareeks.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 101


P O

Om weer

te staan

Annette Botha

FOTO DEWALD BOTHA

102 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


MY WÊRELD

Angsbevange, geskok, hartseer . . . as jy jou werk verloor of jou inkomste begin opdroog, kan ’n magdom emosies jou oorweldig. Weermeisie Annette Botha en Jak de Priester vertel hoe hulle dit oorkom het DEUR SUZETTE TRUTER

Ek moes eers rou oor my werk Annette Botha, meteoroloog

“Vanaand groet ek julle met ’n swaar hart, maar ná elke sonsak wag ’n mooier sonsopkoms. Mag dit reën waar jou bokke wei. In onweer of mooiweer, die Here bly in beheer . . .” eNuus-kykers is verlede jaar onkant betrap toe weeraanbieder en meteoroloog Annette Botha die aand se uitsending met dié woorde afsluit. Sy was nog self die aand geskok nadat sy en twee kollegas die vorige dag uit die bloute ingelig is dat hul kontrak met eNuus en eNCA summier gekanselleer is. Deesdae is Annette die meteoroloog en aanbieder van die splinternuwe aanlyn weerdiens Vox Weather, maar sy moes eers ’n pad stap voordat sy kon sê: Ek is oukei. “Ek het altyd gesê ek sal eers werklik oor my afdanking wees wanneer ek kan stilsit en tevrede wees met wie ek is sonder dat ek weet wat die toekoms inhou,” vertel sy. Net toe sy op daardie plek is, kry sy onverwags ’n oproep van Jacques du Toit, hoof van die telekommunikasiemaatskappy Vox Telecom. “Hy het een vraag gehad: ‘Hoe bring ons die weer terug?’ Ons het saamgewerk aan ’n voorlegging om die weer op alle sosialemedia-platforms aan te bied. Betroubare, akkurate, interaktiewe inligting wat ek persoonlik saamstel.” Die diens, wat einde Augustus afgeskop het, het tot dusver baie positiewe reaksie gekry. Sedert November bied Annette ook die weer namens Vox Weather op die kykNETprogram Die groot ontbyt aan. Sy geniet dit om weer betrokke te wees by weersake, al het sy in ’n stadium gevoel sy is klaar daarmee. “Ná die skok en hartseer was ek op ’n tydstip kwaad vir meteorologie as wetenskap en ek het oorweeg om terug te val op my wiskundegraad. Ek het ’n passie vir wiskunde en minder bevoorregte kinders. Maar my ma >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 103


MY WÊRELD

< het gesê sy glo nie ek is klaar met die weer nie, en my man was van die begin af rustig, oortuig dat die volgende ding op my pad ongelooflik gaan wees . . .” Annette was onvoorbereid op al die emosies wat haar afdanking by haar ontlok het. Getrou aan haar aard, het sy dadelik werk begin soek en geleenthede bygewoon om te netwerk, maar mettertyd besef sy moet ook rustig raak en vrede maak daarmee dat sy ’n ruk lank net niks gaan doen nie. Sy moes ’n blaaskans vat en “luister” na haar eie gedagtes. Sy was nog altyd gedrewe en dit was moeilik om te aanvaar dat sy eers moes rou, maar uiteindelik was dit ’n belangrike deel van haar helingsproses. “Ek moes treur oor my werk, my ses jaar in die mediabedryf en my ongelooflike kollegas wat nie meer deel van my dag sou wees nie. En ek moes treur daaroor dat ek as wetenskaplike nie as noodsaaklik beskou is nie.” Annette het as’t ware “grootgeword” by eNuus en eNCA. Einde 2014 het sy nog die Donderdag haar laaste eksamen by die Universiteit van Pretoria geskryf en die Maandag by eNuus ingeval. “Ek is so trots op wat ek bereik het en hoe ek gegroei het sedert ek met sterre in my oë daar begin het. Een van my grootste uitdagings was om my teleurstelling in die mediabedryf te verwerk, want ek het aanvaar ’n nuuskantoor sal altyd ’n meteoroloog insluit. Ek het gedink dat my werk veilig is,” sê sy. In sulke tye word jy gedwing om jouself af te vra: “Wie is ek?” Annette het opnuut besef haar loopbaan is nie wie sy is nie. “’n Spoggerige werktitel definieer my nie. Al goedkeuring wat ek nodig het, is my eie.” Sy sal die wonderlike herinneringe altyd koester. “Dit was ’n eer om te leer by van die beste meteoroloë en klimatoloë in die land. Ek sal altyd die hartkloppings onthou voor ’n regstreekse weeruitsending, die vreugde en opwinding wat gepaardgaan met stormweer-uitsendings, die plesier om my eie weerstorie te bou en die genot om tydens ’n sneeustorm – met die kamera op my – die sneeuvlokkies op my neus te voel.” Die terugslag het haar geleer dat dit

104 | Januarie/Februarie 2022

nie van jou ’n swakkeling maak as jy mense se raad en hulp vra nie. Haar geloof, haar familie en vriende het haar gedra in ’n tyd toe sy self nie geweet het hoe om verder te loop nie. Haar man, Dewald, was deurentyd haar anker. Hy werk by ’n logistieke maatskappy, maar sy groot passie is video’s maak en redigeer, en nou kry hulle ook kans om saam te werk. Hy is die videograaf as sy in stormweer afgeneem moet word of met ’n professor ’n onderhoud oor klimaatsverandering voer. Vox Weather het vinnig gegroei. Net in die eerste maand het hulle meer as 1,6 miljoen mense aanlyn bereik, sê sy. “Mense is dankbaar dat iemand weer die weer verduidelik, veral in ’n landbouland soos Suid-Afrika waar betroubare weerinligting so belangrik is. En ek is

verheug oor my Groot ontbyt-insetsel, dis lekker om te weet dat mense die waarde van ’n volledige voorspelling deur ’n gekwalifiseerde meteoroloog insien.” Sy is opgewonde oor die toekoms van Vox Weather. Op ’n persoonlike vlak wil sy aanhou leer, aanhou gee, aanhou glo en tevrede wees wat ook al haar omstandighede, ’n bietjie deur die wêreld reis, eendag ’n gesin begin en deur die oog van ’n orkaan vlieg . . . Annette hoop haar storie kan vir iemand iets beteken. Haar afsluitingswoorde daardie aand in April met haar laaste aanbieding het uit haar hart gekom, sê sy. “Ek moes baklei om die trane terug te hou, maar ek glo in daardie oomblik – tydens my seerste seer – kon ek ’n paar mense aanmoedig om altyd die lig te sien.”

Ek moes nuut kyk na die lewe Jak de Priester, sanger

Toe die erge inperking in 2020 begin byt, het sanger Jak de Priester een oggend in sy garage in Pretoria rondgesnuffel en op ’n groot blik geel emaljeverf afgekom. En toe begin hy verf. ’n Beeldjie. Houtrame. ’n Wynstaander. ’n Speelklaviertjie. Koffietafels. Tot sy denimbaadjie en die jeans wat hy aangehad het. Alles geel. Sy vrou het naderhand bekommerd begin raak. “Ek het geel gaan google, net ingeval ek dalk die kluts kwyt is . . . en toe sien ek as jy gefassineerd is met geel, is jy op soek na hoop,” vertel hy. Dit was toe dat hy besef het dis sy manier om positief te bly in ’n tyd wat die kunste een van die bedrywe was wat die ergste deurgeloop het en mense se inkomste opgedroog het. Jak het ook ’n blog, Koppieteefontein, begin as ’n uitklaatklep vir al sy emosies gedurende die “ups en downs” van die pandemie. Sy “geel episode” was sy heel eerste inskrywing. Maar hy het nooit kon dink oor hoeveel lewensveranderende ervarings hy uiteindelik sou skryf nie. Jak en sy gesin het later dieselfde jaar sak en pak na Kleinmond verhuis,

SARIE.com

en toe ’n tweede keer, na SomersetWes, waar hulle deesdae al ingeburger is. Sedert verlede Januarie is hy ook eiendomsagent op Stellenbosch. “Ek staan nou met een been in die kunstewêreld en die ander in die korporatiewe wêreld, en ek besef meer as ooit – sing is nie werk nie, dis net ’n fantastiese jol!” Hy onthou nog hoe hy gevoel het toe hy weer die eerste keer opgetree het – voor 25 mense in ’n restaurant op Kleinmond. “Dis asof jy met nuwe perspektief sing, asof jy elke woord in jou eie liedjie herontdek. Ek het dit intens gemis. Covid het bevestig dat ’n wêreld sonder sang nie vir my lekker sal wees nie,” sê hy. As hy terugdink aan daardie “jaar van niks”, kry hy nagmerries. “Daar was baie nagte van wakkerlê. Ek het ’n hele paar Dag Zero’s sien aankom. My reserwes het soos sandjies deur ’n uurglas gegly. Jy wéét in ’n stadium gaan jou geld opdroog. En wat dan? Dis angswekkend. Ek het ’n vrou, drie kinders, honde, voëls . . . “Ek het agtien jaar daaraan gebou om eendag ook gerieflik te kan aftree, maar toe moet ek my eiendomme verkoop


wat ek vir my oudag gehou het. Ek het bly vashou aan die hoop dat 2021 beter gaan wees. Almal troos: Hou net uit . . . Maar toe word alle feeste en vertonings wéér afgestel, en dit tref my . . . nóg ’n jaar van niks lê voor.” Jak, wat al vir jare op klein skaal eiendomme koop, herstel en verkoop, was met ’n projek op Kleinmond besig toe hy en sy vrou, Michelle, besef die antwoord is dalk om voltyds daarop te fokus. Hulle het hul huis in Pretoria in die mark gesit – en toe verkoop dit binne ’n dag. Hulle moes trek. Selfs vir iemand soos Jak wat hou van uitdagings, was die skuif Kaap toe ’n grote. Soos hy dit op sy blog stel: “Daar is oomblikke wat ek opgewonde is oor nuut begin op ’n vreemde plek en dan is daar oomblikke wat my hart in my keel ontplof van angs en onsekerheid.” Dit was veral vir die kinders swaar om al die bekende dinge agter te laat, maar hulle het reeds in hul nuwe gemeenskap op Somerset-Wes ingeskakel. Sy seuntjie vaar goed in tennis, sy dogtertjie dans en surf en die kleintjie is oral gelukkig. Jak het in dié tyd opnuut die waarde van vriendskap besef. “My buurman in Pretoria, Rudolph Botha, het my op die regte pad gehou. Dis wonderlik as iemand jou emosioneel ondersteun, maar dis uitsonderlik as iemand vir jou sê: ‘Ek glo in jou, hoeveel het jy nodig om jou deur die volgende vyf maande te dra?’ Hy het my letterlik gered. “Ek en hy het later ’n road trip Kaap toe gedoen met die laaste huisgoed. Hy het my vertel van die fliek My broer se bril wat hom as kind so beïndruk het. Die man het níks oorgehad nie, net dié bril. Sy broer se visie. Later, toe ek verjaar, het Rudolph sy bril vir my gestuur! Dis my grootste geskenk. Ons kom uit verskillende wêrelde – hy is ’n ingenieur – maar hy het my ’n nuwe visie gegee, my nuut laat kyk na die lewe.” Jak het al ’n paar eiendomme verkoop, hoewel hy nog sy voete as eiendomsagent vind. Net om daar te begin het gehelp om sy gemoedstoestand positief te hou, vertel hy. Die lekkerste is om ’n huis aan potensiële kopers te wys en enige spanning tussen koper en verkoper te verbreek. As ’n “mensemens” hou hy daarvan om ’n verhouding

met kliënte te bou. “Hulle sê wel in die eiendomswêreld moet jy nie sensitief wees nie, maar my sangloopbaan gaan oor sensitief wees, om na die wêreld te kyk en dit met jou liedjies te probeer beter maak. En nou moet ek niks persoonlik opneem nie? Ek neem álles persoonlik op!” skerts hy. “Ek moes ook ontdek wie ek is as ek nie sing nie. Jy moet sonder jou

professie steeds iemand wees, en weet wat die dinge is wat regtig saak maak.” Sy eerste prioriteit bly om mense te inspireer met sy liedjies en sy blog. Van die begin af het hy baie reaksie daarop gekry. “Ek het besef hoeveel van ons in dieselfde bootjie is. Dis ’n wonderlike platform waar mense hul ervarings deel. In dié vreemde tye moet ons saamstaan en mekaar meer ondersteun.”

Jak se TV-geselsreeks, Koppieteefontein, was tot einde Desember op kykNET te sien.

FOTO ABRI KRUGER PHOTOGRAPHY

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 105


MY WÊRELD

BOKKE BO!

‘Dit voel

of ek op die veld is’ Sy’s die klein figuur wat op en af teen die kantlyn draf en op die veld storm wanneer iets verkeerd loop. Rene Naylor, die Bokke se mees senior fisioterapeut, kan haar nie ’n lewe sonder rugby indink nie DEUR SUZETTE TRUTER

ene Naylor het al drie Rugbywêreldbekertoernooie agter die blad as die Springbokke se fisioterapeut, sy’t twee reekse tussen die Bokke en die Britse en Ierse Leeus beleef (albei in SA se guns beklink) en nog ’n magdom ander internasionale toere . . . maar sy kry stééds hoendervel elke keer as die span op die veld draf. “Ek is net so passievol oor die sport. Dis ’n voorreg om deel te wees van

106 | Januarie/Februarie 2022

’n Suid-Afrikaanse handelsmerk wat soveel vir die land beteken,” sê sy. Dis moeilik om te glo dat Rene al sedert 2008 deel van die Bokspan is. Sy lyk soos ’n student met haar hoë poniestert en op spanfoto’s word sy skoon verdwerg deur die spelers wat bokant haar uittoring. Maar moenie dat haar jeugdige voorkoms jou flous nie. “Ek hoor nou die dag een van die spelers sê: ‘Rene is ’n baie nice girl in die week, maar op die veld, sjoe, dán verander sy!’” lag sy. “Ja, ek ís ferm,” sê sy. “Kyk, ek is daar

SARIE.com

vir die spelers se welstand, ek moet sorg dat hulle veilig is. En soms moet ek en die spandokter die moeilike besluit maak dat ’n speler van die veld moet afgaan.” Wanneer sy beserings takseer, help dit as sy die speler goed ken – dis nou benewens die kliniese diagnose, verduidelik Rene. “As ’n speler sê die pyn is vier uit tien, en ek wéét dis eintlik tien uit tien, maar ek ken hom as iemand wat nie sy span in die steek wil laat nie, dan moet ek ferm wees . . . Dit kan jy egter net weet as jy al >


Rene en haar hond, Skye, oefen gereeld teen Leeukop naby haar huis in Kaapstad.

FOTO CARMEN LORRAINE

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 107


Dis spesiaal as jy ’n speler na herstel kan help Rene

< ’n pad met die speler gestap het.” So streng soos wat sy is, so emosioneel kan sy raak. “Toe ons die 2021-reeks teen die Leeus gewen het, het ek só gehuil. Die span is deur tawwe tye, dit was vir niemand ’n maklike pad tot daar nie. Ons was sewentien weke in die ‘Covid-borrel’ en tussendeur was ’n klomp van ons ook in isolasie nadat ons positief getoets het. Die laagtepunte was baie laag, maar die hoogtepunte baie hoog. Daardie oorwinning was wonderlik.”

aan mekaar, my ouers is naby en by die skool hou sy onderwyseres ook ’n ogie. Ons het die afgelope weke lekker dinge saam gedoen, in die berg gestap, geselsies gemaak, warmsjokolade voor skool gedrink . . . Ons sal drie keer op ’n dag kontak maak deur video-oproepe.” Cullin was nog altyd deel van haar werkwêreld. Hy was ’n pap baba toe hy in 2013 die eerste keer saam op

brein nie mieliepap geword het omdat ek ’n baba het nie.” Met die eerste toer na Argentinië was Cullin agt weke oud – sy het ’n oppasser saamgeneem. Ouma is saam na Australië toe hy tien weke was. “Die ouens het my ook wonderlik ondersteun. Ek het boonop snags geborsvoed – ek weet nie hoe ek dit reggekry het nie, maar ek het.” Rene het grootgeword in Belhar buite Kaapstad in ’n huis vol rugbyliefhebbers – haar ouma het altyd vir Naas Botha

Rene was tydens ons onderhoud in Oktober al weer aan die inpak vir die Bokke se jaareindtoer na Europa, wat tot einde November geduur het. Dié keer het haar agtjarige seuntjie, Cullin, tuisgebly, vertel sy. “Ek het voorgestel dat hy saamkom – hy is nou in graad twee – maar hy is so ’n verantwoordelike mannetjie. Hy’t gesê: ‘Mamma, jy weet dis nie skoolvakansie nie!’ Elke werkende ma stoei met dié swaar besluite . . . Maar ek voel gerus, want hy is gelukkig en geborge. Hy en my kêrel is baie geheg

toer was. Toe Rene destyds hoor sy is swanger, het sy dadelik met afrigter Heyneke Meyer gaan gesels. “Ek was bly oor die nuus, maar ek was ook bekommerd oor my werk. Ek het gevoel soos ’n standerdagt-leerling wat die prinsipaal gaan sien. Heyneke was só ondersteunend. Hy het dadelik gesê ek kan weer terugkom. Ek dink nie die span óf SA Rugby het gedink ek gaan só gou terugkom nie! Maar ek wou. As enkelma was dit vir my belangrik dat my seun weet waartoe ek in staat is. Ek wou ook wys dat my

geskree. Toe haar pa weens ’n besering ’n fisioterapeut besoek, het dit vir haar na ’n lekker mediese loopbaan gelyk. Sy het fisioterapie studeer, haar meestersgraad behaal en haar eie praktyk in Mitchells Plain begin. “Deur my praktyk het ek by klubrugby betrokke geraak. Ek was elke Saterdag op die veld. Was sommer dokter, fisio en sielkundige . . . Daarvoor het ek R200 gekry! Ek sê altyd vir jong fisioterapeute: Moenie die ervaring op klubvlak onderskat nie, jy leer ontsettend baie. Later was ek by die

108 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


MY WÊRELD

WP se o.19-span. Dit was tien jaar voor ek by die Bokke uitgekom het.” Toe afrigter Peter de Villiers haar in 2008 vra om by hulle aan te sluit, was sy die heel eerste vrouefisioterapeut in die Bok-span. Rene was vasberade om te wys wat in haar steek. “Ek wou erkenning kry omdat ek goed is in my werk, nie omdat ek ’n vrou is nie.” Sy beskryf haarself as ’n girly girl. “Ek is nie ’n rabbedoe nie. ’n Vrou hoef nie soos ’n man te lyk omdat sy in ’n mansgedomineerde omgewing werk

Sy kan haar nie ’n lewe sonder rugby indink nie. In 2015 het sy bedank om meer by Cullin te wees, maar in die twee jaar daarna het sy die sport geweldig gemis. Toe Rassie Erasmus vra of sy vroeg in 2018 sal terugkom, het sy dadelik ingestem. Veral omdat sy al voorheen saam met hom gewerk het en sy filosofie ken. Dit was ’n ongelooflike uitdaging om deel te wees van die opbou na die 2019-Wêreldbeker, sê sy. “Dit bly een van die hoogtepunte van my loopbaan.

ek is ál mens in ’n groen sweetpak – almal om my was in swart, en hulle het behoorlik na my gestaar. Toe wen ons daardie dag – op hul tuisveld.” Dis ook lekker om ’n speler terug op die veld te kry. “Dis iets kleins en privaat, maar dis ’n spesiale gevoel as jy ’n beseerde speler na herstel kan help. Ek hou spelers met ’n arendsoog dop as hulle enige niggles het.” Op toer is haar dag baie lank. Sesuur doen sy net eers haar eie oefeninge (soos draf en gim) en daarna begin haar

VAN LINKS Rene trek al by haar vierde paspoort sedert sy die Bokke se fisioterapeut is; Rene en haar seun, Cullin; Op ’n besoek aan berg Foedji in Japan tydens die Wêreldbekertoernooi; Rene en haar kêrel, Paul Whitefield; Rene (heel regs) en die Springbokke verheug oor die verowering van die Rugbywêreldbeker in Japan in 2019.

FOTO’S INSTAGRAM/ RENE_NAYLOR

nie. Ek wil nie spesiaal behandel word omdat ek ’n vrou is nie, maar ek omarm tog die feit dat ek ’n ander element na rugby bring.” Rene ondersteun die ouens as hulle wil gesels – party ken sy al lank. “Dis moeilik as jy nie gekies word vir die span nie. Of as jy bekommerd is omdat iets tuis gebeur het. Ek is nie ’n sielkundige nie, maar ek luister graag. Die ouens kry ook swaar as hulle verloor. Ek dink nie mense besef hoe pynlik dit vir die span is nie. Jy moet regtig geestelik sterk en voorbereid wees daarop.”

Toe ons in Suid-Afrika land en so deur die ontvangslokaal loop terwyl die mense sing . . . die trane het net gerol. Ek het vir twee maande nie my familie gesien nie, maar dit was oor en oor die moeite werd. En om die impak op die land te sien toe ons met die bus die strate vat . . . Ek dink nie ek sal ooit in my lewe weer so iets beleef nie.” Selfs net ’n wedstryd teen die All Blacks kan jou ewig bybly, sê sy. In 2009, toe sy nog ’n groentjie in die span was, het sy vroegoggend in NieuSeeland gaan stap. “Skielik het ek besef

werkdag – behandelings, oefensessies bywoon, vergaderings . . . tot tienuur die aand. Ná al die jare geniet sy steeds haar werk. “Ek vra myself altyd: Gee ek steeds meer as wat ek vat? Dis belangrik dat die antwoord ja is. Jy moet ook nooit oorgerus raak nie. Ek probeer altyd verbeter, klein doelwitte stel en dink hoe ek spelers kan help. Ek is nie Faf of Siya of Rassie nie, ek is net die fisioterapeut. Maar ek voel so deel van die span asof ek self op die veld draf.”

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 109


NATUURWONDERS

Op reis met hul kamera ‘ONS LEWE ONS WAARHEID’

110 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


1

HOOFFOTO ’n Gemsbok, verlig deur die natuur se “kollig”, by die Khumib-vallei in Namibië. 1. ’n Kameelperd tuur in die verte by ’n drinkplek in die Etosha Nasionale Park in Namibië.

Elkeen kan ’n verskil maak aan die aarde se voortbestaan. Meer as drie dekades al trotseer Beverly en Peter Pickford wind, weer en gevaar op hul reise om dié boodskap by mense tuis te bring. Nes in hul jongste bekroonde fotoboek, Wild Land, waarvoor hulle van die mees ongerepte natuurwonders op al grafeer het DEUR MA

Beverly en Peter Pickford

Rob praat teen die agtergrond van branders wat klots. ’n Seevoël swiep verby, vis in die bek. Voor ons lê ’n lang, láng spierwit strand. Die bekroonde fotograafegpaar Beverly en Peter Pickford se kliphuis kyk uit stuk grond hier in die Groot ervaat naby St. Helenabaai in 1998 gekoop. In 2003 het hulle ’n strandhuis gebou en woon sedert 2010 hier wanneer hulle nié die wêreld deurkruis nie. Die bruingebrande natuurliefhebbers se missie die afgelope dertig plus jaar is om deur hul foto’s mense daarvan bewus te maak dat élkeen ’n verskil kan maak aan die aarde se voortbestaan. >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 111


2

3

2. Spitsbergen, die Noorweegse argipel in die Arktiese Oseaan waar die “oordeelsdag”saadkluis gehou word. 3. Die huemul, ’n tipe bokras afkomstig van Argentinië, afgeneem in Patagonië. 4. Kyk hoe verwelkom so ’n bruinbeer Beverly en Peter waar hulle land by die Katmai Nasionale Park in Alaska . . .

4

< Gandhi se woorde, “Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien”, tref hulle telkens diep. Net soos wat al die ander visioenêre, soos Madiba, Martin Luther King Jr., Jane Goodall hulle inspireer . . . Peter glo elkeen kán ’n verskil maak. ’n Groot paniek het hulle beetgepak dat enige “wildernis”, soos ons dit nou nog ken, binnekort gaan taan. Daar is té veel mense wat die aarde se voortbestaan versteur, glo hulle. “Die mens dínk hy beheer die aarde, maar ons neuk dit op. Die voëls sterf, want daar is nie genoeg vis nie. Mense vang te veel vis, want hulle is honger. Kyk hoeveel robbe en voëls sterf van die honger. Die regering doen niks om in te gryp nie,” sê Peter. Dis hoe die gedagte vir Wild Land, hul tiende boek, ontkiem het. Dit is ’n epiese fotoreis wat oor vier en ’n half jaar en al sewe kontinente gestrek het, ’n hartsprojek, vertel hulle. Peter se dagboek, To the Edges of the Earth, wat ook later gepubliseer is, vat dit uitstekend saam. Wild Land is in Engels, Duits, Frans, Chinees en Nederlands vertaal. Die media en natuurkenners was gaande daaroor. Tot die New

112 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

York Times het dit ’n ster-resensie gegee, en dit is bekroon met die Communication Arts (CA), die grootste internasionale handelsjoernaal vir visuele kommunikasie, se Award of Excellence vir 2019. Hoe sit ’n mens so ’n reuse-projek aanmekaar? “Dit is oorweldigend. Jy dink nie te ver vooruit nie. Dít is hoe ons alles benader,” sê Peter. “Destyds het ons nog op ons plaas, die Sangebethu- private natuurreservaat, waar my ouers begrawe is, gewoon. Dit is op ’n berg wat op Robertson uitkyk,” vertel Beverly. Een aand ná ete sit hulle voor die vuur en gesels. In die verte sien Peter liggies en dáár beleef hy ’n eureka-oomblik. Waar liggies brand, is mense. En hulle kliek meteens Google Earth is die antwoord. Die donkerste plekke op die aarde sal wys waar dit wild en ongerep is. Dís waar die diere sal wees. Beverly was bereid om die plaas te verkoop (en hét ook) om die projek te finansier. En só begin die beplanning toe vorm aanneem. “Danksy gul borge vir byvoorbeeld


5

NATUURWONDERS

5. Asof só gestileer staan ’n groepie bharal-bokke in die Xiakangjuan-berge in Tibet. 6. Twee natuurwonders op een foto: die noorderlig (aurora borealis) en die Yukonrivier in die noorde van Kanada. 7. Die maan gooi haar gloed oor die Blackstone-rivier in Yukon, ’n afgesonderde en ongerepte deel van Kanada.

6 7

kameratoerusting, voertuie en om die voertuie oor kontinente Beverly blaai deur die reuse-koffietafelboek. Elke foto in te verskeep, kon ons voortgaan. Anders was dit onmoontlik. Wild Land is ’n kunswerk. Dit voel asof jy op ’n spirituele Jy doen dit vir ’n groter doel, nie vir die geld nie,” sê sy. reis gaan saam met die fotograwe, ingetrek word in die Hulle het baie navorsing gedoen. Opgelees oor die storms natuur se kragtige wisselwerking met die mens. Peter meen in Antarktika, die woude en riviere van Patagonië, die wye die trefkrag van ’n goeie natuurfoto lê nie in perfeksie nie, landskappe van Alaska, die water en oseane van die Yukonmaar eerder in multidimensionele interpretasie. “Poppie gebied in Kanada, die Himalajas in Tibet, ysbere in die [van Rooy], ons huiswerker – of jy, of wie ook al – moet elke Arktiese sirkel, wilde vee (beeste) in die Kimberley-streek in keer iets anders raaksien. ’n Foto moet jou uitlok om weer die Australiese “outback” . . . En ook “tuis”, Afrika, al langs die te wil kyk, nuwe vlakke te ontdek . . .” Beverly reken ook dit Skedelkus van Namibië, waar die bruine, duine en wild hulle moet emosie ontlok, ’n storie vertel en dat dit oor veel meer as stom gelaat het. die visuele gaan. Wat ’n fyntrap-reis. “Ons moes inval Miskien lê die “magic” van hul by die natuur se ritme en aanpasbaar foto’s daarin dat hulle nie daagliks wees, hoewel beplanning altyd ’n lys het van wát hulle moet afneem belangrik is. Jy moet jou Land Rover nie. “Ons kyk wat daar is. Die kuns verstaan, dit kan regmaak as dit breek. lê daarin om met ’n oop gemoed Ry genoeg brandstof en water saam vir rond te loop, soms ’n dag lank, en ingeval die voertuig drie weke vasval diere te soek, en te wag, vertel hulle. Beverly in ’n woestyn, sorg dat jou toerusting Nie een van die twee het juis geduld werk,” sê Peter. nie. Maar soos Peter verduidelik: >

Jy doen dit vir ’n groter doel, nie vir die geld nie

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 113


8

12

11

Dit is ’n duur projek met baie logistieke uitdagings. Dis die enigste lewe vir ons, ons lewe ons waarheid

ingerig. Daar’s ’n warm stort, < “Terwyl jy sit en wag, is klein kombuis, bed. “Net nie jy só deel van die proses, jy ’n toilet nie. Maar jy raak smelt saam met die natuur. gewoond aan die grafie. Dis Jy hoor die goggatjies, ruik net bietjie moeiliker om my die ander diere, die veld, knieë te buig noudat ek ouer hoor elke klein takkie wat raak,” lag Peter. kraak. Dit is nie eens asof jy Begrip vir mekaar se werk agterkom jy wag nie.” Beverly skep respek. Peter: “Sy is Miskien het hy geduld my vennoot en neem net so met Beverly nodig, spot hy. goed, en soms beter, foto’s Beverly erken sy probeer as ek.” En Beverly verstaan dat Peter soms die laaste sê het. altyd op die laaste nippertjie – by die huis – nog ’n paar “As die Land Rover breek, en hy sê ons kan nie verder ry nie, ekstra goed doen en dan raak dinge bietjie dol. vertrou ek hom.” Toe hulle jonger was, moes hulle mekaar Hulle werk al so lank saam, hulle weet wat werk en wat soms nog leer verstaan op lang reise. “Maar ons is 25 Oktober nie. Hul reise klink ongerieflik, maar die Land Rover is goed

114 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


NATUURWONDERS

9 10

41 jaar getroud,” sê Peter, toe ek vra op watter datum hulle getroud is. “Wow, ek is beïndruk. Gewoonlik moet jou ma jou so teen middagete herinner,” spot Beverly. Hy vat af en toe aan Beverly se lang blonde hare. Sy is petite, geklee in jeans, sjokoladebruin hemp en tekkies. Hy is duidelik trots op sy vennoot, wat hom al gered het van heelparty gevare, soos ’n aanstormende renoster. Sy dagboek is ook aan haar opgedra: “To My North Star.” En dan: “Sy is geestelik taf. Ek lag soms as party mans so grootpraat en wil saamgaan bos toe. Dit sit nie sommer in elkeen nie.”

8. Soveel water en groenigheid, eie aan die Kimberley-streek in Australië, waar daar vele wortelbome (mangroves) is wat in soutwater groei. Die soutboom-woud is in die Prince Frederick-hawe in Australië. 9. Dis die enigste lewe vir Beverly, vry in die natuur . . . net sy, Peter en hul viertrekvoertuig. 10. Sandduine en mis langs die Skedelkus in Namibië lyk soos kunswerke. 11. ’n Jong meisie waag dit om af te koel in die Fitzroy-rivier, wat wemel van die krokodille. Dit is in die oostelike deel van Queensland, Australië. 12. ’n Waterskilpad verken die waters by die Montgomery-rif in Australië.

Om te kampeer, buite te slaap, voet te slaan deur onbegaanbare terrein, en soms van halfvier soggens tot saans ná sonsondergang te werk laat hulle gloei. Vir hulle is dit soos ’n “ekstreme sportsoort” – maar van die veld. Adrenalienbelaai. Beverly: “Die moeilike toestande laat jou voel jy léwe, al jou sinne tintel.” Peter laat val: “Ek is veel eerder buite as binne. Ons is so geneig om onsself so warm en gemaklik moontlik te maak, te pantser teen die koue. Met die yswind wat jou gesig piets en wanneer die reën op jou neerslaan, voel jy die natuur in jou wese.” >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 115


NATUURWONDERS

Daar is min dinge so gesond vir ’n mens se aardse perspektief en ego as die besef dat die landskap onaangeraak bly deur ons lyding of dood Peter

14 13

13. ’n Kolonie koningpikkewyne trek saam in Saint Andrew-baai, Antarktika. 14. Die Bungle Bungles-bergreeks in die Kimberley-streek in Australië bied vele anderwêreldse landskapstonele. 15. Statig, op sy pos, is dié bergleeu of poema in die Torres del Paine Nasionale Park in Patagonië. 16. ’n Paar koningpikkewyne stap nader, baie nuuskierig terwyl Beverly hulle fotografeer.

< Dis ’n voorreg, sê albei, om hul lewensdroom te volg. In hul prille jeug was Peter en Beverly kortstondig ingeskryf vir graadkursusse in onderskeidelik medies en natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en (destydse) Universiteit van Natal. “Om ons pa’s tevrede te stel,” sê hy. Maar die lewe het sy draaie geloop. Hulle het in hul vroeë twintigs ontmoet by die Sabi Sabi-natuurreservaat waar hulle gewerk het. Sy in hotel-en-gastebestuur, hy as wildbewaarder en later kampbestuurder. Hy skryf in sy boek van die meisie wat ’n blaar tussen haar lippe gehou, dit sensueel uitgehaal en opgemerk het hoe vars dit ruik. “Soos die reuk van gesnyde gras, asof die somer en son vasgevang is in die reuk. Dit is asof die natuur in sy volle omvang hierin opgesluit is.” Peter het besef dís sy sielsgenoot. Sáám wou hulle, soos die meeste 21-jariges, die lewe verander, lag sy. Konvensie was nie vir hulle nie.

116 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Reëls is steeds ’n kopsorg. Veral met burokrate by grensposte. “Sedert kindertyd sukkel ek maar met gesag. Maar gelukkig is tyd aan ons kant. Ons jaag nie. Wat nie vandag gebeur nie, kan môre gebeur,” vertel Peter. ’n Koppie tee en ’n bietjie gesels klaar dinge met ’n nukkerige beampte gewoonlik op. “Want sommige van dié ouens kan maar moeilik wees.” Daar’s iets subliem aan alleenwees in die natuur. Wat hy en Beverly met die Wild Land-avontuur ervaar het, is moeilik om weer te gee, vertel hy. Om so op jou eentjie die natuur in te drink, vervul hom met piëteit, nederigheid en vrees. “Daar is min dinge so gesond vir ’n mens se aardse perspektief en ego as die besef dat die landskap onaangeraak bly deur ons lyding of dood,” skryf hy in sy dagboek. “Hoewel Wild Land uitverkoop het, het ons nie wins gemaak daaruit nie, maar ons is tevrede dat dit sy doel bereik het. Ons het mense probeer bewus maak van die dilemma van die natuurlewe, wat hopelik hul dade gaan verander,” sê hulle.


15 16

To the Edges of the Earth (2021, Bookstorm, R390), Wild Land (2018, Bookstorm, R985)

Nou wil hulle hul deel vir seebewaring doen. “Ons is passievol oor die oseane. Daar is soveel besoedeling, wêreldwyd, langs die kuslyne,” sê Peter. Hul huis is een van slegs agt eiendomme wat op die reservaat gebou mag word. “Ons wil dié deel van die kuslyn, wat ryk is aan voëls, bewaar. Dié reservaat het dieselfde status as ’n nasionale park,” vertel hulle. Hulle weet nog nie hoe lank hul nuwe projek sal duur nie. Enigiets van drie tot vyf jaar. Grendeltyd het dit effe

van koers gehad, hoewel hulle reeds suksesvol afgeskop het aan die Wildekus. En in November het hulle van Majorka, Spanje, na die Karibiese eilande geseil. Onderwaterfotografie is nie hul forté nie, maar hulle het dit so bietjie opgeskerp. “Maar dít is nie waarop ons gaan fokus nie,” vertel Peter. “Dit is ’n duur projek met baie logistieke uitdagings. Dis die enigste lewe vir ons, ons lewe ons waarheid,” sê Beverly. En ja, dié keer is hulle letterlik aan die diep kant ingegooi.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 117


1 2

Die bassin (baai) met die Dune du Pyla sigbaar op die agtergrond. FOTO GETTY

IMAGES/GALLO IMAGES 3

4

5

6

1. Die hawe van La Teste-de-Buch, die klein dorpie in die Bassin d’Arcachon waar Marteni en Chappy woon, met sy oester-cabanes. Die langwerpige bote waarmee die oesters uitgetrek word, word pinasses genoem. 2. ’n Dekorwinkel in Bordeaux. 3. Les huîtres! Vars oesters uit die baai. 4. ’n Restaurantjie in Bordeaux. 5. By die Soirée Blanche, waar almal wit dra en op die strand eet en kuier om die begin van die somer se vakansieseisoen te vier. 6. Die bekende mallemeule op die Arcachon-strand se boulevard.

118 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


KUBERKUIER

Sy besef sy leef met die witbaguette onder die arm. ‘Ek woon in die land van foie gras en wyn, maar tog werk ek elke dag in die taal van braaibroodjies en beskuit,’ vertel Marteni Burger, oorspronklik van Potchefstroom

Bassin d’Arcachon, Frankryk

DEUR LIESEL PIENAAR

Foto’s verskaf Agtergrond Getty Images/Gallo Images

3

Marteni Burger en haar man, Chappy (Charl) van Vliet.

Hoe lank bly jy al in Frankryk? Ek het elf jaar terug agter my hart aan hierheen verhuis. My man, Chappy van Vliet, was ’n professionele rugbyspeler en so trek ons toe vir jare van veld na veld en klub na klub. Enige rugbyspelersvrou sal vir jou kan sê dis ’n twee-tas-bestaan. Ons (en ons twee katte, Croissant en Taxi) het tien jaar gelede in die Bassin d’Arcachon kom woon. Dis waar Chap uiteindelik sy tokse opgehang het en hier lê my gehekelde kombers en Afrikaanse resepteboeke steeds. Chappy het ’n verf-

besigheid en my werk is oor die waters (en die internet) in Suid-Afrika. Watter werk doen jy? Ek werk in liefde, mode en Afrikaanse reklame. Ek en ’n vennoot, Dewald van Zyl, wat in Kaapstad woon, het saam ’n bemarkingsagentskap genaamd Dit&Dat Ontwerp. Ons “kuberwerk” al die afgelope vyftien jaar oor die waters. Ons is ook deel van die bende eienaars agter die Afrikaanse maatsoek-app Koer. Ek, Chappy en vennote versprei ook ’n Franse onderklere-handelsmerk vir

mans, Pullin, in Suid-Afrika. Ek besef ek staan met die wit-baguette onder die arm. Ek woon in die land van foie gras en wyn, maar tog werk ek elke dag in die taal van braaibroodjies en beskuit. Frankryk word beskryf as ’n “heksagon”. Hoekom? As jy na Frankryk op ’n kaart kyk, sal jy sien dat die land ses sye het. Dis waarom ou oompies in swart bérets tussen pastis (anyslikeur) en rooklinte deur na l’Hexagone verwys as hulle van Frankryk as land praat. >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 119


Die uitsig vanaf La Co(o)rniche, ’n luukse hotel op die Dune du Pyla. 13

12

Wat moet besoekers weet van die Franse etiket? Die opvallendste is seker die Franse se beleefdheid. Ek ondervind hulle glad nie so onbeskof soos wat mense soms sê nie. Op ’n afgeleë pad op die platteland of in ’n winkel in die middel van Parys, daar is altyd ’n “bonjour” en ’n “merci, au revoir” wanneer jou pad met iemand kruis. Die Franse spreek ook vreemdes formeel aan met “vous”, wat die ekwivalent is van “u” in Afrikaans. Wanneer jy die eerste keer aan iemand voorgestel word, skud jy hand, maar daarna is dit soen-soen op die wange al die pad tot julle ses voet onder is. Ook . . . moenie sommer net by iemand inval omdat jy “in die buurt” is nie. Dis nogal ’n ongemaklike les om te leer. As jy wel genooi word vir ete, bring altyd ’n geskenkie saam.

120 | Januarie/Februarie 2022

7 11

Vertel van minder bekende besienswaardighede? Met so ’n lang en interessante geskiedenis is daar om elke hoek ’n storie vir die oog. Ek is meer bekend met die suidweste, met soveel om te ontdek en verken, soos die enorme wyn-châteaus, plekke met name soos Saint-Émilion (beste vir wyntoerisme), Aubeterre-surDronne (plattelandse droomlandskappe) en my gunsteling, die Bassin d’Arcachon, waar ons by die see woon. Dié baai is ’n versteekte wonder waar die Atlantiese Oseaan ’n inham in die land maak en elke ses ure trek die gety in en uit. Dit het die beste oesters in Frankryk. In die somer gaan smul ons by vriende se oester-cabane aan oesters wat hulle dieselfde oggend nog uitgetrek het. Smiddae teug ons aan koue rosé op die

SARIE.com

Dune du Pyla (die hoogste sandduin in Europa) om die sonsondergang te geniet. Ons naaste stad is Bordeaux. Van hier kan jy enige rigting inslaan vir ’n kulinêre avontuur, interessante geskiedenis en ongelooflike argitektuur. Bonus: Spanje is twee ure van hier af, so ons het ook al saam met bulle gedraf in Pamplona en Basque-geure gaan geniet. Gunstelinggeregte? My tande is baie fiks. Laat ons daar begin. Ek is baie lief vir kos. Ek (en my palet) het soveel nuwe dinge in Frankryk ontdek. My gunsteling is eend! Ek is ook lief vir ’n oondgebraaide tarentaal. Kaas, canelés (rum-en-vanieljegegeurde koekies), gâteau Basque (’n tert met ’n vlavulsel en broskorsdeeg), coq au vin natuurlik en as ek lus is vir ’n cheatbederfie, ’n croque monsieur.


KUBERKUIER 7. Vars seekos op die spyskaart. 8. In die sonneblomlande buite Aubeterre-sur-Dronne, ’n uur per trein vanaf Bordeaux. 9. ’n Antiekwinkeltjie in Bordeaux. 10. Valskermsweef vanaf die Dune du Pyla. 11. Die ingang van La Co(o)rniche. 12. Kersfees saam met rugbyfamilie. Agter van links is Gonzalo Manso van Argentinië, Marteni en Springbok Steven Kitshoff. Voor van links is Chappy, Aimee Kitshoff, Annabelle Mouliets van Frankryk en Pablo Salandria Ruiz van Argentinië. 13. Die Grosse Cloche (groot klok), die ou stadspoort van Bordeaux wat uit die Middeleeue dateer. 10

8

9

Lège-CapFerret

Arès

Andernosles-Bains

Lanton

Arcachon

La Testede-Buch

Pyla-sur-Mer ’n Kerk op die ou dorpsplein van die nabygeleë Lège-Cap-Ferret. FOTO

GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Wat is die gewildste vervoer? Ek skat busse en moltreine. Veral in die groot stede. As jy my vra, is die beste manier om deur Frankryk te reis per trein. Anders as van my Franse vriende, is die treine meestal betyds. Dis so gemaklik. Jy kan rustig terugsit en ontspan terwyl die landskap in die ruit elke kilometer verander. Bordeaux het die tremstelsel, wat lekker werk vir open afklim tussen buurte. Wat laat jou na SA verlang? ’n Johnny Clegg-liedjie op ’n Franse troue (ja, hulle is steeds mal oor “Le Zoulou Blanc”) of die Leeutjiestroopblikkie (Lyle’s Golden Syrup) in die internasionale afdeling van die supermark. Ons hou ook jaarliks ’n “weeskind-Kersfees” met ’n klomp Suid-Afrikaners wat nie by familie kan

Dune du Pyla

wees nie. Dan kraak die tafel onder die Afrikaanse geregte en buig die stoelpote onder rugbyspelers se gewig. Daar is so twee of drie manne wat glo dat hulle die beste skaapboud kan maak, so elke fees smaak anders. Daar was al pampoenkoekies uit Noordwes en hoenderpastei uit die Karoo. Sulke dae verlang ons almal saam na ’n Somerkersfees. Hoe het die pandemie die Franse soen op die wang beïnvloed? Hoeveel keer het ek nie al die afgelope jaar vooroor gebuk vir ’n wangsoen en ’n vuis op die arm gekry nie? Wanneer ons nou (en meer as die helfte van Frankryk is gelukkig al ingeënt) groet, is daar steeds ’n halwe huiwering. Dis hartseer omdat dit so ’n deel van Franswees is. Maar ek glo dat ons een van die

dae, wanneer almal se arms al twee keer geprik is, weer twee keer gaan soen. Hoe groot is die SuidAfrikaanse gemeenskap daar? O! Ek weet glad nie wat die ware syfer is nie, maar as ek kyk na die Suid-Afrikaanse gemeenskap op ons sosialemediagroepe en die SuidAfrikaners wat ons in rugbykringe ken, kan ek met sekerheid sê hier is duisende. Ek vind dat die Suid-Afrikaners mekaar ondersteun en saam verlang, grappies deel, resepte uitruil en vir ure oor die foon kan gesels net om ’n aksent te hoor wat ’n hart kan bedaar. Ons bly maar gasvrye mense met kos op die hart en grappies op die tong. So as planne gemaak word om te kuier, staan al wat ’n voordeur is oop vir enige landsgenoot wat alleen voel tussen die “oui oui oui”. >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 121


KUBERKUIER

WOON JY OORSEE? 14

15

Vertel ons daarvan! Stuur e-pos na pieter.hugo@sarie.com

16

14. By Paliquet, een van Chappy en Marteni se gunsteling-cabanes. 15. Les Bassins de Lumières, ’n digitale uitstalling van beroemde Franse skilderye in Bordeaux. 16. ’n Parkie naby hul huis wat in die lente oortrek is met die mooiste affodille. Die huisies is in die tipiese styl van La Teste-de-Buch gebou. 17. Saam in ’n bitterkoue Milan, Italië. Die twee reis graag en baie na die groot Europese stede wat net ’n kort vlug ver is. 18. ’n Bordeaux-“poegie” te huur. 19. ’n Tipiese arcachonnaise (Arcachon-villa) uit die Victoriaanse era. 20

17

19

18 20. Wyn op die dorpie SaintRomain in die Charente-distrik. Marteni en twee vriendinne bied elke jaar vir SuidAfrikaners ’n toer aan na die Franse platteland. 21. Le Point Rouge, ’n restaurantkroeg in Bordeaux waar jy mengeldrankies kan bestel waarvan die resepte oor meer as 200 jaar versamel is.

21

Die mense is . . . Altyd laat. Koffiebehep. Eet brood en sit nooit gewig aan nie. Mal oor ’n fees. Patrioties. Vrypostig, ekspressief en super-emosioneel. Hou ewe veel van ’n optog as ’n staking. Die Franse kan met een woord vier goed sê en vra altyd waar die brood is wanneer hulle aan tafel sit. Hulle is baie geïnteresseerd in Afrika en vra uit oor Madiba en die Kaap. Bang vir Engels praat as hulle jou nie ken nie en sit altyd hul beste gereg voor. Hulle kla graag, maar vier met meer graagte. Hulle is ywerig om vir jou te wys, te laat proe, te vertel en te spog met hul land, sy kultuur en produkte. Hoe werk reis in die pandemie? Noudat ons die Pass Sanitaire het, die inentingsapp op jou foon wat wys dat jy gesond/ingeënt is, is alles baie makliker. Dit geld alles in die toerismebedryf – restaurante, flieks, arenas, sportbyeenkomste, treine, vlugte, ens. Geen bewys, geen ingang. Interessante wette? ’n Prokureursvriend het eendag vertel dis onwettig in Frankryk om ’n vark

122 | Januarie/Februarie 2022

Napoleon te noem. Dis ’n wet uit die 19de eeu wat vandag nog geld. Jy mag ook nie jou kinders onterf nie. En jy is verplig om met jou eie asemtoets-toestel in jou kar rond te ry. Jy kan dié toestelle byna oral koop teen so een euro elk. Frankryk is . . . My huis, maar nie. As ekspat sal ek altyd “’n ander huis” hê. Kuier ons in SuidAfrika, gaan ek verlang na ’n croissant en ’n confit de canard. Kom ek in Frankryk,

SARIE.com

gaan ek my ma se patats wil hê en ’n Sondaglam voor Carte Blanche. Frankryk is goed vir ons. Die land van om ’n tafel sit en jou mond bederf. Waar vier en fees aan die orde van die dag is en almal tussen een en twee rus. Waar hulle net so ernstig oor hul sport as oor hul kaas is en iemand altyd wil sing. Waar trane rol oor sege en verlies en niemand skaam is om dit te wys nie. In Frankryk rus my lyf, maar in Suid-Afrika lê my hart.



SLIMMER MET SARIE KOOKKLAS MET HERMAN LENSING

Ek deel meer as net lekker resepte in hierdie kursus. Dit gaan oor die dieper lesse wat met wysheid kom. Ontspan, want in hierdie kookklasse is daar nie ’n klomp teorie of kwaai lektore wat punte gee nie Herman Lensing

Van die towerkrag van die eenvoudige eier en smelt-in-die-mond broskors tot fluweelgladde, glansende souse en pasta-tegnieke. Leer kook en bak soos ’n sjef en raak slimmer met SARIE – alles in die gemak van jou eie kombuis SLIMMER MET SARIE is ’n aanlyn projek wat elke entoesias die kans gee om meer te leer oor hul stokperdjie of om nuwe vaardighede baas te raak. In dié kursus rus Herman Lensing, kosredakteur van SARIE en SARIE KOS, en 13 kenners jou toe met 13 onontbeerlike tegnieke: Hoe fileer jy vis, ontbeen jy ’n hoender of hoe verhef jy die nederige aartappel tot bistroperfeksie? Selfs hoe om die regte (en beste) mes vir die werk te kies. Herman leer jou alles – al die moets en moenies en ’n hele paar wenke wat kook en bak makliker maak. Onthou net, hierdie is nie ’n gewone kosdemonstrasie nie, jy leer die beginsels van kook en bak. Dit vorm die grondslagtegnieke waarsonder geen sjef in die kombuis sal regkom nie.

Gaan na slimmermetsarie.co.za

KLASSE IS NOU OOP!

R950

TEEN KRY JY DIE VOLGENDE ¡ ’n Volle kursus van 13 klasse, elkeen met 3 videolesse ¡ ’n Handleiding om af te laai en uit te druk ¡ Onbeperkte toegang tot die kursus vanaf jou rekenaar, tablet of slimfoon ¡ Jy kan werk teen jou eie tempo

Skryf vandag nog in! Skandeer my met jou selfoonkamera

MET SARIE

Foto’s deur Willem Lourens

n y l n a a

JOU KOOKSKOOL


HIEROOR PRAAT ONS

Ontgin die

goed

in slegte tye p of persoonlike verlies is, jy kán iets goeds uit slegte tye kry – as jy dit reg benader. Kenner Nikki Bush het self ná groot verandering en trauma ’n pad gestap en ’n nuwe toekoms gevind

Foto’s verskaf Agtergrond Getty Images/Gallo Images

DEUR DELIA DU TOIT

Normaal.

BO Nikki Bush. Haar boek, Future-proof Yourself (Penguin Random House, 2021), is teen R180 by boekwinkels beskikbaar.

Dit is omtrent almal se wens op die oomblik: Kan dinge asseblief net terugkeer na normaal? Kan ons weer optel waar ons moes los toe die pandemie begin het? Maar, sê Nikki Bush, kenner van menslike potensiaal, jy doen jouself nie ’n guns deur te wag vir dinge om te verander nie – al is dit met optimisme. “Dis ’n gejaag na wind. Nes jy nie jouself kan on-skei nadat jy geskei is of onafdank nadat jy jou werk verloor het nie, kan ons nie die wêreld on-Covid nie. Ja, jy kan weer trou en weer ’n werk kry, en die pandemie kan eindig, maar dit gaan nie verander aan wat reeds gebeur het nie. Dit het ons rééds verander. >

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 125


HOE HELP EK MY KIND MET VERANDERING?

Kinders het minder lewenservaring en vir hulle kan verandering nog moeiliker as vir jou wees, sê Nikki. “Aanvaar dat jou kind se proses anders gaan lyk as joune. Hulle het minder gereedskap om verandering te verwerk en gaan dit dus anders aanpak – bly oopkop daaroor. My oudste seun het byvoorbeeld dae omgeslaap ná sy pa se dood, terwyl my jongste probeer aangaan het soos voorheen – totdat posttraumatiese stresversteuring begin kop uitsteek het.” As jou kind baie sukkel, kry professionele hulp, sê sy. “Speelterapie is ’n moet vir jong kinders. Ouer kinders kan ’n traumaberader of sielkundige sien.” As ouer kan jy hulle ondersteun deur te luister en ook te sorg dat jy self dinge verwerk. “Deur na jouself om te sien kan jy jou kind beter ondersteun. Wees kwesbaar voor jou kind sodat hy kan sien en leer hoe jy dinge verwerk. Herinner hulle dat hulle aan die ander kant hiervan sal uitkom, al lyk dinge nou donker. Help hulle ook om raak te sien dat hulle voorheen al deur verandering gekom het en oukei was – hoe angswekkend dit ook al was. (Byvoorbeeld die eerste dag van skool.) Al is dit nie dieselfde nie, gebruik ’n mens baie van dieselfde gereedskap om enige verandering te verwerk.”

< “En selfs as die buitewêreld weer lyk soos voorheen, gaan jy binne-in anders wees.” En dis nie noodwendig ’n slegte ding nie, inteendeel, dit kan wonderlik wees. In Nikki se boek Future-proof Yourself: How to Win at Work and Life (Penguin Random House, 2021) verduidelik sy hoe jy die goeie, die hoop en die potensiaal uit moeilike tye in jou lewe kan ontgin. “Rampspoed kan jou óf begrawe as ’n slagoffer van omstandighede óf dit kan jou oopbreek en plant sodat jy daaruit kan groei. Die keuse is joune.”

’N KOMMA, NIE ’N PUNT

Nikki het die boek geskryf omdat sy baie ooreenkomste gesien het tussen hoe sy die dood van haar man, Simon, verwerk het en hoe mense probeer om

126 | Januarie/Februarie 2022

die pandemie te verwerk. Die raad wat sy daarin gee, geld egter enige lewensveranderende gebeurtenis. “In 2017 het my lewe binne ses minute onherroeplik verander. Daardie aand het ons honde begin blaf. Simon het uitgegaan om te kyk hoekom en gewapende mans op ons erf betrap. Hy het die huis ingehardloop en die stoep se glasdeur toegemaak, maar hulle het hom deur die deur geskiet. ’n Enkele skoot in sy hart, en hy is daaraan dood.” Toe sy besef wat aangaan, het Nikki haarself in die badkamer toegesluit terwyl die rowers die huis binnegekom het. “Ek het noodoproepe gemaak. Toe hoor ek hulle het my seun, wat toe 18 was. Hulle het die deur probeer afskop, en ek kon hoor hoe my seun baie kalm vir hulle sê ‘sy het reeds

SARIE.com

hulp ontbied, julle kan netsowel gaan’. Ek dink sy kalmte en dié dat hulle my nie kon kry nie, het hulle die skrik op die lyf gejaag. Hulle het gegryp wat hulle kon en weggehardloop.” Die werklikheid het haar eers ’n week later, by haar man se begrafnis, getref. “Tot in daardie stadium was ek te getraumatiseer om enigiets te begin verwerk. Maar daar het ek besef ek is nou op 50 ’n weduwee. Die broodwinner en ’n enkelma [haar ander seun, toe 22, was al uit die huis]. Dit het gevoel soos die einde van my lewe. As jy iemand verloor, verloor jy nie net die persoon nie, maar ook jul toekoms saam, jul drome. Wie was ek sonder Simon, my maat vir 28 jaar?” Haar vriendin, ’n sielkundige, het daardie aand vir haar gesê sy moet dit as ’n komma eerder as ’n punt begin benader. “Dit het eers maande later ingesink, want ek moes nog baie emosies verwerk. Maar toe tref dit my: Dit was ’n komma, ’n pouse in my lewe – nie die einde nie. En die toekoms is ’n ellips. Daar was werk om te doen, en dit het my die hoop en moed gegee om ’n nuwe toekoms te begin skep.” Nikki was toe al as ouerskapskenner ’n gewilde spreker en het ook praatjies begin doen oor hoe om verandering in jou lewe te verwerk en die beste daarvan te maak. Sy is nou maande vooruit bespreek om haar jongste praatjie, “Reframing disruption to win at work and life”, te gee. “Die praatjies het ’n manier begin raak om my eie emosies te verwerk en soveel mense het daarby aanklank gevind. Die raad in die praatjies en in my boek geld enige ontwrigting. Iemand het eenkeer ná ’n praatjie na my toe kom en gesê dit het hulle laat besef hulle is al agtien jaar lank vasgevang weens ’n ontwrigting. Maak


HIEROOR PRAAT ONS

nie saak wat die situasie is nie, hoe jy jouself losmaak as ’n gevangene van omstandighede bly dieselfde.”

’N NUWE AVONTUUR

Ons besef dit nie, sê Nikki, maar verandering gebeur aanhoudend en selfs positiewe en beplande verandering is ontwrigtend. “Ons sien egter net die katastrofes as werklik ontwrigtend – die dood van ’n naaste, ’n diagnose, die pandemie. Maar om byvoorbeeld kinders te kry, wonderlik soos dit is, is een van die grootste ontwrigtings in jou lewe – alles verander daarna en jy moet ’n nuwe realiteit bou, jouself herontdek.” Twee dinge is noodsaaklik om die beste uit ontwrigting te ontgin, sê sy. Eerstens moet jy dit as ’n pouse eerder as ’n einde beskou. Sy verduidelik: “Ek wou nie die slagoffer wees nie, die vrou van wie almal sê ‘haai, arme mens’ as sy die vertrek binnekom nie. ’n Slagoffer is vasgevang en hulpeloos. Maar as jy aan ontwrigting begin dink as ’n pouse – iets wat op jou pad is en nie in jou pad nie – kry jy jou beheer terug. As ek bly fokus het op my verlies, sou ek bly wens het vir my vorige lewe. Maar ek het, ná ’n ruk, met nuuskierigheid vorentoe begin kyk. Wie sou ek wees sonder Simon? Wie sou die mense in my lewe wees? Watter plekke sou ek sien en watter ondervindings sou ek hê? Daardie nuuskierigheid is belangrik – dit dryf jou om die toekoms te begin inkleur. “Ná ’n terugslag is dit so maklik om eerder net by die huis te bly, om dieselfde mense te sien en dieselfde dinge te doen. Maar daardie dinge is nie noodwendig geskik vir die nuwe jy nie. Ek het doelbewus ná Simon se dood begin ja sê vir uitnodigings van nuwe mense, en nee vir dié van ou

kennisse. Die ou vriende sou verwag het ek moet die ou Nikki wees, en ek het eers tyd nodig gehad om die nuwe ek te leer ken sonder om myself deur hul lens te sien.” As jy dit reg aanpak, kan dit ’n wonderlike avontuur wees, sê sy. “Staan elke oggend op en sê sommer hardop: Ek wonder hoe hierdie dag my gaan verras. En vra jouself dan saans wat hét jou toe verras, sodat die nuwe ondervindings nie ongesiens verbygaan nie. Deur jouself bewus te maak van die nuwe avontuur maak jy die deur oop vir nuwe dinge.” Tweedens, sê sy, moet jy pen op papier sit en daaraan werk om die positiewe raak te sien. “Al gaan dit hóé sleg, is daar altyd ook iets goeds. Trauma laat jou perspektief verloor – jy sien net die slegte raak.” Sy stel voor jy deel ’n bladsy in twee en skryf al die slegte aspekte van die ontwrigting in die eerste kolom, en die positiewe in die tweede. Nikki noem die oefening “collateral damage versus collateral beauty”. “Sowat nege maande ná Simon se dood, op ’n dag wat ek vreeslik hartseer was, het ek die oefening gedoen. Ek het eers omtrent twee en ’n half bladsye vol geskryf met die negatiewe dinge. Ek het my man verloor, my kinders het hul pa verloor, ons moes die huis verkoop, ons herinneringe agterlaat . . . daar was so baie. Ek het gedink ek sal so tien positiewe dinge kan uitdink om neer te skryf. En toe is ek vyf bladsye later eers klaar. Daar het wonderlike dinge ook gebeur wat nie andersins sou nie – die nuwe mense wat in my lewe gekom het, die goedhartigheid wat ek in ander raakgesien het, die geleentheid wat dit my as beheervraat gegee het om ’n ruk lank te laat gaan, hoeveel meer werk ek gekry het. Jy sal verbaas wees as jy eers begin skryf.”

HARDE WERK SORG VIR WONDERWERKE

Dis twee eenvoudige stukkies raad, maar dit beteken nie dis maklik nie – dit verg doelbewuste werk.

En dit gaan ook nie die seer wegneem nie, sê sy. “Voor jy die goeie kan raaksien, moet jy eers deur die donker beweeg. Dis belangrik om te rou, om in die pyn te ‘marineer’, om elke hoek en draai daarvan te bekyk. Laat jouself toe om hartseer en kwaad te voel. Want dis hoe jy daardeur kom. Jy kom ook nie daaroor nie – dit word deel van jou en jy leer om ’n nuwe toekoms rondom dit te bou.” Dit op sigself kan later ’n positiewe word, sê sy. “Dis die paradoks van die lewe: Sonder kwaad is daar nie goed nie, sonder donker is daar nie lig nie. Die donker kan jou help om later nuwe goedheid te sien wat jy nie andersins sou nie.” En terwyl jy deur die swaar beweeg, is dit belangrik om na jouself om te sien. “Doen doelbewus dinge wat jou laat beter voel. Gaan na ’n kunsgalery

Dit was ’n pouse in my lewe – nie die einde nie Nikki

toe, gaan stap in ’n park waar jy nog nie voorheen was nie. Oefen, om goedvoelhormone vry te stel. Huil, om daardie emosies uit te kry. Gaan vir masserings, want trauma sit ook in jou liggaam vas. Voed jou siel. “Dan, wanneer jy gereed is, raak nuuskierig oor jou nuwe toekoms. Verandering is altyd ongemaklik, want ons is bang vir die onbekende, maar met oefening kan jou nuuskierigheid groter word as jou vrees. En dis waar die wonderwerke begin.”

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 127


DILEMMAS

KWELVRAE & die antwoorde Hoe hanteer ek dit as my beste vriendin gekant is teen inenting?

Christi Gadd, kliniese sielkundige van Pretoria: Die motiveringspreker Stephen Covey sê probeer eers die ander persoon se standpunt insien voordat jy jou eie probeer verduidelik. Jou vriendin vrees inenting. Probeer dit verstaan. Deel dan jóú vrese en gevoel van weerloosheid op ’n empatiese manier en verduidelik hoe dit jou oortuig het om ingeënt te word. Moenie haar probeer oortuig om van standpunt te verander nie. Om haar aan te val kan julle uitmekaardryf. Sê eerder vir haar jy is bekommerd oor jul albei se gesondheid wanneer julle in mekaar se geselskap is. Besin dan sáám oor ’n moontlike oplossing. Julle het immers nie beheer oor mekaar se lewenskeuses nie, wel oor waar en wanneer julle tyd saam kan deurbring en watter aktiwiteite veilig is om te doen.

128 | Januarie/Februarie 2022

Jou vriendin is teen inenting, jou man sit gewig aan, jy bly angstig . . . Allerlei ongewone dilemmas het die afgelope jaar of wat oor ons pad gekom. Kenners gee raad DEUR MARGUERITE VAN WYK

Dr. Johan Ferreira, sielkundige van Johannesburg: Dis gesond om jou eie opinie te hê, maar laat ruimte vir verskille. Dit bly jou goeie reg om mense sosiaal te vermy as hulle nie ingeënt is nie, al is dit jou vriende. Sê dit openlik en maak ander planne om die vriendskap voort te sit. Kuier aanlyn of buite. Maak seker jy verstaan hóé die virus werk, sodat irrasionele vrese uit die weg geruim word. En wees uiters versigtig vir wat dikwels op sosiale media aangeblaas word. Die beste raad is: Wees altyd respekvol en vermy gesprekke wat kan lei tot konflik oor dié sensitiewe saak. Jy wíl nie daardie pad stap met geliefdes nie.

SARIE.com

Ai, daardie inperkingsvetjies . . . hoe motiveer ek my man om saam gimnasium toe te gaan?

Marciel Hopkins, leefstylafrigter, model, aktrise, TV-aanbieder en #healthnotsize-aktivis: Posisioneer julself as ’n span. Onthou, gewig is altyd ’n sensitiewe saak. Hy sal vir seker weet hy is effe oorgewig, so dit is nie nodig om hom daaraan te herinner nie. Sê dalk: “Ons twee het so bietjie weggelê in die grendeltyd. Dis miskien tyd om te gaan oefen. Wat dink jy?” Verwyte gaan niks help nie, veral nie teenoor jou geliefde nie. As hy weet jy ondersteun hom, voel hy minder alleen. Mans hou van wedywering. Gebruik dit tot jou voordeel en maak die goedvoel-en-fiksword-projek ’n prettige kompetisie tussen julle. Stel doelwitte. Wie kan die verste draf op die trapmeul, wie kan die meeste opsitte doen, wie is die week se wenner op die


skaal? Elke week (of twee) verander die teikens. Dit hou dinge opwindend. En dis goeie motivering om die gimnasium te besoek. Vier die klein oorwinnings saam. Prys hom as jy sien hy vorder. Wanneer

julle groot mylpale sáám bereik, gaan vir ’n prettige “duo”-massering of op ’n romantiese naweek weg. Betrek hom ook by die beplanning van gesonder spyskaarte. Maak dit ’n veilige gesprek. Hy moet deel van

die “oefening” voel. Niks moet aan hom opgedwing word nie. Streef na ’n gesonde, holistiese leefwyse. As mens reg eet, is jy gewoonlik meer gemotiveerd om gereeld te oefen.

Maar dan is daar die individuele verliese. Jou ma, pa of vriende sterf aan Ek is ingeënt, sosialiseer weer en die wêreld het effens Covid. Voor die pandemie sou dit deur teruggekeer na ‘normaal’, tog bly ek angstig. Hoekom? die gemeenskap geabsorbeer word. Jy sou byvoorbeeld in die hospitaal langs ’n geliefde se bed behoorlik kon afskeid neem en deur die dokter of Marlize Heppell, kliniese verpleegpersoneel ondersteun word. vir ’n kalm gemoed. sielkundige van Klerksdorp: Of jy sou by die begrafnisdiens eer As die angs of moedeloosheid nie Mense is dikwels nou méér angstig as kon betoon aan oupa en ouma of jou wil wyk nie, maak ’n afspraak met ’n toe Covid aanvanklik kop uitgesteek vrou. Agterna sou die predikant en die sielkundige. Moet dit nie ignoreer nie. het, waarskynlik weens die nadraai familie saam ’n koppie tee drink en oor van die trauma wat hulle tot nou toe die ontslapene se lewe gesels, mekaar Dr. Johan Ferreira: moes hanteer. Navorsing in Amerika troos. Daar sou afsluiting wees. Baie Ons beleef ’n unieke, dinamiese tyd het gewys teen einde 2020 het 11% mense moes individuele verlies alleen van verlies soos selde tevore. Dit hou méér mense simptome van angs en verwerk. En dít word nie nou skielik aan en aan – veel langer as wat enigeen depressie ervaar as in die vorige jaar. vergeet nie, al leef jy meer normaal. kon dink. Die ervaring verander Dit was reeds wêreldwyd ’n probleem, Ons leef binne die chaos van Covid. voortdurend en ons moet telkens maar die grendeltyd en gepaardgaande Ons sal dus genadig aanpas by die isolasie het dit vererger. Daar was ook met onsself moet nuwe eise wat dié wat strykdeur moes werk, soos wees oor hoe vinnig die pandemie gesondheidswerkers en mense in die ons weer sosiaal stel. kleinhandelbedryf, en elke dag met die “fiks” kan wees. Dít veroorangs moes saamleef. Begin dink aan saak angs. Nou lyk dit of daar meer hoop is, kort kuiers, wees Al kan ons maar vrees en vrae is nie dinge wat diep bewus van die weer meer soos oornag verdwyn omdat jy veiliger voel omvang van mense in die verlede met die entstof nie. Of omdat ons weer se verliese sosialiseer, kan Dr. Johan Ferreira die teater of fliek (met ’n masker aan) en berei jou voor geeneen die mag besoek of kan uiteet nie. Niemand op moeilike uitwerking van is seker hoe die virus ons vorentoe gaan gesprekke. beduidende “verras” en hoe erg die volgende vlaag Maak dus verlies afskud gaan wees nie. Onsekerheid is een van bewustelike keuses oor hoe jy weer nie. Daar is twee tipes verlies: kollektief die grootste snellers vir angs. deel van die “nuwe normaal” wil en individueel. Die beste manier om jouself te word. Anders kan dit bydra tot Die ganse wêreld beleef trauma en pantser en meer geestesweerbaar te toestande soos angs. deel daarin. Dit maak die belewenis maak, bly die outydse staatmakers: soveel meer intens. Dink só daaraan: Oefen gereeld, selfs al stap jy net Hoe ervaar jy byvoorbeeld die verlies twintig minute per dag, slaap genoeg, van mense wat jy ken wat dood is? Of eet gesond, volg ’n roetine, doen moeite dat vanselfsprekende lewensgenietinge KONTAK Dr. Johan Ferreira: drjohanferreira.com, om vriende te sien (of bel) en probeer verby is? Ons kan nie meer drukkies johanf@mosaiek.com om dinge te doen wat jou laat ontspan. uitdeel, teaters besoek sonder maskers, Christi Gadd: 082 594 4645, christigaddpsychology.co.za En lééf bewustelik. Sekere oefeninge vrylik reis nie. Baie maatskappye gaan Marlize Heppell: 083 273 9245 soos joga anker jou. Diep asemhaling nou nét aanlyn werk. Dít is voorbeelde Marciel Hopkins: hello@marcielhopkins.com en meditasie doen ook wondere van kollektiewe verlies.

Ons beleef ’n unieke, dinamiese tyd van verlies soos selde tevore

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 129


PROMOSIES

Kyk-en-koopdinge Wat is nuut, wat is anders? Kyk bietjie, dalk is hier ’n kopie

Elegant en ekovriendelik

Hierdie luukse kandelaar van K. Light is gemaak van kroonglas en skep ’n gevoel van weelderigheid en styl, veral met die unieke geëlektroplateerde goue kleur. Die moderne, modieuse kandelaar het LED-lampies, wat die glas selfs helderder laat vertoon. Dit gebruik ook baie minder krag as ’n tradisionele kandelaar en is dus ekovriendelik. Besoek klight.co.za vir meer inligting.

Perfekte vakmanskap

Clover Elite Cheese is in ’n groot verskeidenheid beskikbaar, wat insluit natuurlike en geprosesseerde kase, asook feta. Maar almal het een ding gemeen: Dit is heerlik! Geure sluit in Gouda, Cheddar en Tussers™. Al Clover se kase gaan ook deur ’n outentieke vyfstap-produksieproses om seker te maak dit voldoen aan die Elitevereistes vir gehalte, smaak en tekstuur. Beskikbaar by uitsoekkleinhandelaars landwyd.

Bederf jouself met ’n sysagte serum

Varser, gladder, jonger vel – dís waarna jy kan uitsien met die African Extracts-serum wat dubbele skofte insit vir jou gesig en die sakkies onder jou oë. Dit verminder pofferigheid en donker kringe. Met plantsel-tegnologie, ’n spesiale suur en verhelderende vitamien C, is daar klinies bewys dat die formule plooie binne so min as 28 dae teenwerk. Beskikbaar teen R280 by Dis-Chem, Clicks en Takealot.

Kyk net daai oë

’n Ryk, romerige formule wat swart maskara en ’n basislaag (primer) kombineer vir ’n betroubare wimperverrykingserum van RapidLash®. Vir die beste resultate, gebruik RapidGlam™ se Eyelash Enhancing Mascserum gedurende die dag en RapidLash® Eyelash Enhancing Serum gedurende die nag. Die unieke kombinasie van die twee help om die voorkoms van jou wimpers te verander sodat jou oë binne ses weke die koppe sal laat draai.

Kook met trots

Clover Olive Pride se ekstrasuiwer olyfolie (750 ml) is propvol geur, wat dit perfek maak om oor enige gereg te drup, terwyl die 1 literversnit waarin saadolie en ekstrasuiwer olyfolie gemeng is, ideaal is vir braai, rooster, kook en bak. Die Pride Fat Spread van 500 g is ’n heerlike vetsmeer wat ryk is aan omega 3 en is gemaak van ekstrasuiwer olyfolie.

Kruiehulp vir vroueprobleme

Die Salome-reeks help vroue met oplossings vir onder meer die bestuur van algemene simptome wat verband hou met polisistiese ovariële sindroom. Dit gee hulle ook natuurlike opsies vir probleme soos menstruele pyn, erge menstruele bloeding, PMS en menopousale


Covid-19 en reuk bl. 132 ADHD neem toe bl 136

gesond

DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com

sonskerms

Foto en illustrasies Getty Images/Gallo Images

Son . . . strand . . . sonroom, ja! Het jy geweet ook kosse kan jou vel teen die son beskerm? Nie ’n ekskuus om jou room, hoed en donkerbril opsy te skuif nie. Maar nog ’n wapen in jou arsenaal teen velveroudering

GROENTEE Dit verminder skade deur UVA-strale en bied beskerming teen tanende kollageenvlakke, is in ’n dierestudie bevind. Kollageen is die proteïen wat die meeste in die liggaam voorkom en maak die vel fermer. In nog ’n studie het velkanker minder voorgekom by muise wat groentee-polifenole (antioksidante) ingegee is. Wetenskaplikes het tot die gevolgtrekking gekom dat dit dalk ook by mense ’n voorkomende effek kan hê. Teug dus aan verfrissende groentee met ys, mentblare en jou gunsteling-sitrussap.

WAATLEMOEN Tamaties bevat baie likopeen, ’n antioksidant, maar waatlemoen selfs méér, asook vitamiene A en C. Likopeen absorbeer UVA- en UVB-strale, hoewel dit ’n hele paar weke kan duur voordat die vel meer “sonparaat” is, oftewel vir die biochemiese proses wat help om jou teen die son se molekulêre skade te beskerm, om in te skop. Ná ’n paar weke van soet, sappige waatlemoen elke dag (wat is nou moeilik daaraan) en siedaar . . . ’n natuurlike sonblok!

AVOKADO Kikker ’n maaltyd daarmee op, eerder as wat jy dit dik aan jou gesig smeer. (Soos beïnvloeders op YouTube doen en dan magiese resultate belowe.) Romerige avokado bevat hope vitamien E, noodsaaklik vir die voorkoming van sonskade. Dit hou ook die vel bevog en help veg teen kraaispore. Sit dit in slaai, of vervang die botter op jou brood daarmee. Of eet dit net so uit die skil, met bietjie sout en peper.

DONKERSJOKOLADE Dit het jy nie verwag nie! Die gereelde eet van sjokolade ryk aan flavonoïede, wat as antioksidante optree, bied beskerming teen die UV-strale se skade, volgens ’n studie in die Journal of Cosmetic Dermatology. Maar nie alle sjokolade gaan die ding doen nie, goeie sjokolade van die donkerder soort (70% en meer kakao) bevat meer flavonoïede. (Sien ook die artikel op bl. 40.)

WORTELS Dié krakerige happie slaan ’n driedubbele hou teen UV-skade: Dit bevat betakaroteen (wat in vitamien A omgesit word), likopeen en vitamien C. Al drie voedingstowwe beskerm die vel teen sonskade, wat vroeë veroudering en velkanker insluit. Geniet saam met tuisgemaakte hoemoes, of voeg by ’n kleurryke slaai.

BRONNE: eatthis.com, healthline.com, cnn.com

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 131


DIE VREEMDE COVID-SIMPTOOM

My nooi is in ’n ) (vrotnartjie!* Sowat die helfte van mense met die coronavirus verloor hul reuksin, maar dit herstel meestal binne weke. Wat as jy egter maande daarna nog nie kan ruik nie? Sommige mense ervaar boonop verwronge en slegte reuke tydens die herstelproses DEUR LYDIA VAN DER MERWE

132 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com


GESOND

WOORDEBOEK ANOSMIE is ’n algehele verlies aan reuk. HIPOSMIE is ’n vermindering van die reuksin. PAROSMIE is wanneer normale reuke verwring word, gewoonlik in iets onaangenaams. Met FANTOSMIE ruik jy reuke wat nie daar is nie. PROE is wat die reseptore op die tong optel as sout, soet, suur, bitter en umami.

Foto Getty Images/Gallo Images

SMAAK/GEUR is die totale sensoriese ervaring van kos. Al die sintuie is betrokke, maar reuk se bydrae is die belangrikste. Selfs al kan jy dus proe (tong), gaan reukverlies ernstig beïnvloed hoe kos smaak.

k kan net niks ruik nie. Die enigste manier waarop ek coronavirus veroorsaak word en kan dit kan beskryf, is dat alles dieselfde, voortduur lank nadat die aanvanklike eentonige reuk het. Soos swael. Of ek simptome verdwyn het. Sowat 89% van nou verby ’n oop drein loop, of spek mense se reukvermoë herstel ná sowat braai – die lekkerste reuk wat daar is ’n maand heeltemal of gedeeltelik, – alles ruik dieselfde . . .” volgens ’n klein studie. Maar sommige Anita George-Kuhn van (1 uit 10) het ses maande later steeds Johannesburg is deur Covid-19 probleme met reuk en smaak. Of platgetrek en was baie siek. Dis sowat ontwikkel parosmie, ’n toestand waar ses maande later en sy is steeds moeg, jou normale persepsie van ’n bekende haar bors voel toegetrek . . . en haar reuk verander. Die reuk word dan reuksintuig is omgesukkel. Vreemd verwring: Dinge wat lekker behoort te genoeg – en gelukkig – smaak kos nog ruik, soos kos, seep, jou geliefdes, maak soos voorheen. “Spek smaak soos spek. jou nou naar. Suurlemoene kan na vrot Dankie tog, want ek is lief vir kook. En kool ruik, sjokolade na paraffien. (Sien die enigste manier waarop ek seker kan ook “Parosmie, vanwaar?” op bl. 134.) maak die kos is oukei, is deur daaraan te “Ek gaan eerlik wees. Die hele proe. Ek kan dit anosmie/ mos nie ruik nie!” parosmieDaar is baie verskynsel is mense soos moeilik om sy. Covid-19 te verstaan, te het ’n unieke verduidelik en te uitwerking op hanteer,” sê dr. die reukreseptore. Adriaan Pentz, Naas hoofpyn oor-neus-enis reukverlies keel-spesialis Anita George-Kuhn meer algemeen van Kaapstad. as enige ander “Voor Covid-19 simptoom, het ons nou en volgens Europese navorsers. En hoewel dan anosmie gesien. Dit was meestal ná die meeste pasiënte met die virus sê hul verkoue of griep – virale infeksies van reuksin is normaal, wys reuktoetse dis die boonste lugweg – of selfs sinusitis. dikwels nie so nie, is in nog ’n Europese Dus ’n infektiewe of inflammatoriese studie bevind. oorsaak. Ek het ook een of twee Maar meer: Reukverlies (anosmie) is mense gesien wat dit ontwikkel het een van die gevolge van “lang Covid”, ná ’n ongeluk waarin hulle hoof- of ’n groep toestande wat deur die gesigbeserings opgedoen het.” >

Alles het dieselfde, eentonige reuk

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 133


GESOND

navorsers wat met ’n Facebookondersteuningsgroep, AbScent (AbScent.org), saamgespan het. In reaksie op navorsingsvrae het lede van die groep aanlyn duisende plasings gemaak en kommentaar gelewer. Ten tyde van die studie was daar sowat 9 000 lede en dit het sedertdien gegroei tot sowat 32 000. (Dit is in die joernaal PLOS One gepubliseer en ’n aanlyn artikel deur een van die navorsers het in The Conversation verskyn.) Wat die navorsers eerste opgeval het, was hoe onvoorspelbaar en verwarrend dit kan wees. Sommige mense kan eensklaps net niks ruik nie: “Dit was soos ’n ligskakelaar: van 100% tot 0% binne ’n paar uur . . . Dis asof my neus afgeskakel is,” volgens een inskrywing. Vir ander was dinge meer vloeibaar. Anosmie (jy kan glad nie ruik nie) kan omsit in parosmie (die verwringing van reuke); kos smaak een dag goed, die volgende dag aaklig.

Jy kan nie meer doen as om dinge kans te gee nie Dr. Adriaan Pentz

< Met Covid-19 kry ons nou ook parosmie en (skaarser) euosmie, waar jy ’n reuk ervaar as meer aangenaam as wat dit werklik is. (Sien ook “Wilde woordeboek” op bl. 133.)

ONDER DIE VERGROOTGLAS

MINUS ’N SINTUIG

Dit klink na ’n klein irritasie. Maar om geruime tyd met ’n reuk- en smaakprobleem te moet saamleef, het ’n effek op jou hele lewe, volgens

Maaltye saam met vriende, die reuk van nat grond ná die reën . . . Die onvermoë om die lewe se eenvoudige plesiertjies

PAROSMIE, VANWAAR?

Ons weet nog nie hoekom dit by mense met “lang Covid” voorkom nie. ’N TEORIE: Dis weens skade aan senuweevesels wat seine van die neusreseptore na “eindpunte” (bekend as glomeruli) van die reukbol in die brein oordra. As dit weer groei – ongeag of die skade aangerig is deur ’n motorongeluk of ’n virale of bakteriële infeksie – heg die vesels vermoedelik aan die verkeerde “eindpunt”. Die brein herken dus nie die reuk nie en is dalk geprogrammeer om dit dan as ’n gevaar te beskou. Die teorie is dat die brein meestal die probleem mettertyd sal regstel. Daar is nie juis data beskikbaar nie omdat so min mense voor Covid-19 parosmie gehad het. NOG ’N TEORIE is dat jy net sommige van die verbindings in ’n stof waarneem en dat dit in isolasie erger kan ruik. Die intensiteit kan selfs verhoog word. Só bevat koffie swaelverbindings wat lekker ruik in kombinasie met al die ander molekules wat koffie ’n heerlike geur gee, maar alleen nie so lekker ruik nie. Ons weet ook nie presies hoekom ons brein dié verdraaide reuke meer dikwels as onaangenaam vertolk nie. Euosmie (dit ruik lekker) is skaarser as parosmie (dit ruik aaklig). Dalk omdat dit makliker is om ’n onaangename reuk, soos vrot, giftige kos, te herken as ’n aangenamer geur. (Bron: BBC.com)

134 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

te geniet kan jou lewensgehalte beïnvloed. Reuk speel ook ’n rol by die vermyding van gevaar en persoonlike higiëne. Neem reuk weg en dit kan verstaanbaar lei tot depressie, angs en sosiale onttrekking. Jou sielkundige welsyn, fisieke gesondheid, verhoudings, werk en belewing van jouself: Dit kan alles geraak word. Eet nie meer lekker: Die meeste mense raak bewus van hul reukverlies omdat kos skielik nie meer enige smaak het nie. Jy kan sukkel om te eet – veral as normale reuke nou skielik anders ruik. Een vrou het ’n “verrotte” reuk beskryf wat oor die huis hang terwyl sy kos maak en haar tot trane dryf. Dit kan lei tot voedingstekorte en ernstige gewigsverlies. Vreemd genoeg sit ander mense weer gewig aan. Dit is dikwels mense wat “geur jag” nadat hulle hul reuksin verloor het. “Kos is nie meer lekker nie en ek kom agter ek eet meer om daardie gevoel van welbehae te probeer kry,” volgens nog iemand. Intimiteit word weersin: As jy jou reuksin heeltemal of gedeeltelik verloor, kan dit probleme in persoonlike en romantiese verhoudings skep, het die PLOS One-studie bevind. Reuk speel ’n rol by dinge soos die kies van ’n romantiese maat, asook die band tussen ouer en kind. In die studie het mense vertel hulle kan nie meer hul romantiese maat en kinders ruik nie en hoe eensaam dit hulle laat voel. Nog erger was die effek van parosmie: “Sy natuurlike reuk het hom vroeër begeerlik gemaak; nou maak dit my naar,” lui een inskrywing. Ander het gekla dat soen skielik sleg smaak. Daar was ook dié wat nie meer hul eie liggaamsreuk kon monitor nie. Dit het gelei tot ’n verlies aan selfvertroue en ’n toename in sosiale angs. Dit ruik afgryslik: As alledaagse geure skielik walglik ruik, kan dit die wêreld in ’n gevaarlike, verwarrende plek omskep. Uie en knoffel is algemene snellers vir parosmie en kan


OORSAKE VAN REUKVERLIES

Foto Getty Images/Gallo Images

Virale infeksie, soos verkoue, griep of Covid-19 Kopbesering Neuspoliepe, goedaardige groeisels in die weefsel van jou neus Ouderdom Allergieë soos hooikoors Blootstelling aan chemikalieë soos plaagdoders Misbruik van kokaïen en ander middels wat deur die neus ingeasem word Rook Swak luggehalte Sommige neurodegeneratiewe toestande soos Parkinson se siekte, Alzheimer se siekte of breingewasse (Bron: AbScent)

onder meer aan dreinwater herinner. Nog ’n gereelde klagte is die reuk van koffie wat nes vrot vleis, swael of ontlasting kan ruik. Dikwels sukkel mense om die reuk te beskryf omdat dit anders is as enigiets wat hulle voorheen teëgekom het en kies hulle eerder woorde wat hul afsku oordra. (Soos dood, verval.) Die slegte reuk kan ook ’n ongewoon lang tyd by jou bly. By die meeste van ons kielie die heerlike geur van koffie jou neus net ’n paar sekondes lank. Vir iemand met parosmie kan die slegte reuk ure, selfs dae lank rondhang. Isolasie: Jy vind dit moeilik om jou simptome aan geliefdes en vriende te verduidelik, het die PLOS One-studie bevind. En het gemengde gevoelens van frustrasie en isolasie omdat jy nie besef wat die uitwerking daarvan op jou lewe is nie. Sommige mense sê hulle voel verwyderd van hulself, ander en die groter wêreld. “Ek treur oor my verlore sintuie. Nie meer kaas-enwynproe-aande of kuier met jenewermengeldrankies nie,” kla een.

LEER WEER RUIK

Jammer, daar is nie ’n kitsoplossing nie. Kortikosteroïede, wat inflammasie in die liggaam kan verminder, word

oorweeg, maar navorsers het min bewyse gevind dat dit kan help. Daar word ook gekyk na neusdruppels met vitamien A, en nog navorsing suggereer omega 3-aanvullings kan sommige mense help. “Reuk-afrigting” lyk belowend, volgens Britse navorsers. Proefpersone moes twee keer per dag, verskeie maande lank, aan vlugtige olies met

Koswenke VIR

PAROSMIE

Eet kos koud of by kamertemperatuur. Vermy gebraaide kos, geroosterde vleis, uie, knoffel, eiers, koffie en sjokolade, almal kosse wat dikwels sondaars is. Eet kosse wat nie skerp op die tong is nie, soos rys, noedels, nie-geroosterde brood, gestoomde groente en ongegeurde jogurt. As jy nie kos binne kan hou nie, oorweeg ongegeurde proteïenskommels. (Bron: AbScent)

skerp geure ruik. Soos bloekom, suurlemoen, roos, kaneel en laventel. Dis ’n goedkoop, eenvoudige behandeling sonder enige newe-effekte vir verskeie oorsake van reukverlies, ook Covid-19. En kan dalk help vanweë neuroplastisiteit, die brein se vermoë om homself te herorganiseer ná ’n besering. Maar dit vat lank, of werk dalk glad nie. (Vir ’n gids, saamgestel met die hulp van die Britse Rinologievereniging, besoek abscent.org/nosewell.) Vergeet van boererate. Die eet van gebrande lemoenskil gemeng met bruinsuiker gaan nie help nie, al is dit waarskynlik onskadelik. Anders as neussproei met sink, wat jou reuksintuig kan vernietig, volgens time.com. “Ek kyk in die neus met ’n buigbare veselskoop,” sê dr. Pentz. “As alles normaal lyk, doen ons gewoonlik ’n RT-skandering [rekenaartomografie] van die neus- en sinusholtes en ook die voorste deel van die brein waar die reuksenuwees is. As dit normaal is, kan jy nie veel meer doen as om dinge kans te gee nie.” Dus: Wag dat jou reuksin natuurlik herstel, wat in die meeste gevalle gebeur. Sterkte! * Met apologie aan D.J. Opperman.

KONTAK die plaaslike ondersteuningsgroep vir “lang Covid” by: WhatsApp 082 392 6622; Facebook: The ME/CFS Long Covid and me. Dr. Adriaan Pentz: 021 911 0898, avzpentz@mweb.co.za

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 135


GESOND

565%

Die persentasie waarmee soektogte na “climate anxiety” die afgelope jaar toegeneem het, berig Google. Dis nie meer net iets waaroor groenes wat bome omhels, op en af spring nie. Terwyl brande, oorstromings, hittegolwe, ensovoorts al hoe meer deel van ons werklikheid word, begin ons met nuwe oë na aardverhitting kyk, volgens ’n Googlewoordvoerder. Bron: grist.org

GESONDDINGE

DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Lekker koel, mos! Behalwe as jy sukkel met prikkelbaredermsindroom (PDS). Dan is dit dalk een van die kosse wat jy liefs moet vermy. Dit kan ook ’n sneller vir migraine wees, dikwels binne minute nadat jy dit geëet het. In ’n groter mate as grenadella, lemoen, pynappel, druiwe, piesang, komkommer en papaja, volgens ’n studie. Bron: eatthis.com

MAAK SOOS ’N REIER

Hoe lank kan jy op een been staan? Dis ’n teken van goeie gesondheid. Soos wat jy beter raak daarmee, kan dit jou fiksheid verbeter en jare by jou lewe voeg, wys navorsing. Die onvermoë by gesonde mense om 20 sekondes lank só te staan word gekoppel aan ’n groter risiko vir skade aan klein breinbloedvate en ’n verminderde vermoë om moeilike idees te verstaan. Bron: theconversation.com

ADHD NEEM TOE

Die tegnologie was ’n uitkoms tydens die pandemie. Ons bring nou tot 80% meer tyd voor die skerms deur – met ADHD-simptome by kinders en volwassenes wat toeneem. Dit dra ook by tot slaapprobleme, vetsug, depressie en angs, volgens prof. Renata Schoeman, sameroeper van die ADHD- spesiale belangegroep van die SA Vereniging van Psigiaters (SASOP). Oormatige skermtyd kan ADHD-agtige simptome veroorsaak – veral onoplettendheid, ’n gebrek aan fokus, rusteloosheid en slaapprobleme – sonder dat jy noodwendig die toestand het. Dit kan egter ook dui op ’n ongediagnoseerde probleem, of simptome vererger by mense wat reeds met ADHD gediagnoseer is. Ouers moet gesonder gewoontes aankweek en só ’n goeie voorbeeld vir kinders wees: Minder TV kyk en meer oefen en lees, volgens haar. Besoek renataschoeman.co.za

DIER-BAAR ’N HOND SE BESTE VRIEND? Dis vroue! Vlekkie en Wagter se verhouding met vroue het die grootste impak op die hond-mens-band. Honde se interaksie met mense in 144 samelewings wêreldwyd is in ’n Amerikaanse studie ontleed. Daar is gekyk na 8 000 geskrifte van so ver terug as die Romeinse Ryk in 79 n.C. Van toeka af word honde met ’n vrou as eienaar meer liefdevol behandel . . . en meer soos ’n mens. Die kans is beter dat hulle deel van die gesinslewe word en met groter agting bejeën word. Dié verhouding is wedersyds voordelig: Honde verlaag die streshormoon kortisol. En ’n troeteldier kan die waarskynlikheid van allergieë by kinders met tot 33% verminder. Bron: 1st for Women

(firstforwomen.co.za), wat nou ook mediese versekering vir troeteldiere bied.

136 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Foto’s en illustrasies Getty Images/Gallo Images

SAAI DIE WAATLEMOEN



LEESDINGE

DEUR PHYLLIS GREEN pgreen@media24.com of @PhyllisGreen op Twitter

Uit “Optiek” deur Zandra Bezuidenhout in die bundel Derde gety (Human & Rousseau, R250)

Sterboek

Together

Luke Adam Hawker (Kyle Books, R414)

Dié inspirerende boek se boodskap van saamwees is die perfekte mantra om vanjaar met jou saam te dra. Die afgelope twee jaar is ons lewe ontwrig deur ’n storm in die vorm van ’n pandemie. Dié storm word op ’n eenvoudige manier, met min woorde en gevoelvolle illustrasies, deur Hawker uitgebeeld. Deur die oë van ’n man en sy hond beleef ons die emosies wat onsekerheid en verandering meebring: hoe moeilik dit is om afgesny te wees van ander, hoe alleen ons voel. Maar deur anders te kyk, met hoop en waardering, kan ons die positiewe sien. Die mooi van die natuur en die familie- en vriendskapsbande wat die gom is wat ons sterk hou. Dié boek moet langs jou bed lê sodat jy dikwels daarin kan kyk. Net om jou te herinner dat ons saam die meeste uitdagings kan oorkom. Phyllis Green

138 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

SO SÊ HULLE OP SARIE.COM

Marzahn Botha gesels oor haar dokumentêre boek, Lafenis in die droogte (Landbouweekblad, R300)

Wat het jou die diepste geraak? Die Boesmanland met sy wrede prentjies van karkasse en die boer wat moet toekyk. ’n Boer en sy vrou wat ’n katplaag beleef en skaars vir hul diere kan sorg. By Calvinia het ek wedlope gesien tussen skape wat agter voer aanhardloop, asook ’n vroueboer wat saam met haar twee werkers alles probeer om nie by die voerkrippe omgestamp te word nie. By die Nqwebadam naby Graaff-Reinet het die toneel van duisende gevrekte visse op die dam se bodem my diep geraak. Ek glo elke stedeling móés al by voerskenking betrokke geraak het. Wat staan vir jou uit? Die tema van die boek is eintlik “Hoop ten spyte van die droogte”. Al was sommige gemeenskappe sonder water, het hulle telkens iets laat val wat hoop gee. Daar was plaasbordjies met Begin weer” op. Verhale van oervroue wat vertel hoe hul man uis kom en sê daar sal môre nie oer vir die diere wees nie. Dan om hulle by die koöperasie en emand het hul rekening betaal. Daar’s Roselien Mienies van ieu-Bethesda wat ou wynkanne itspoel en vol boorgatwater tap n vir die mense van Graaff-Reinet aan uitdeel. Serieta Klindt van Kenhardt wat R50 vra as iemand haar padstal se toilet gebruik sodat sy ’n resepteboekie kon uitgee. Met die opbrengs het sy die skoolen koshuisgeld van kinders in die Boesmanland betaal. So is daar baie voorbeelde van hoop ten spyte van erge beproewing. Lees die volledige onderhoud met Marzahn op SARIE.com

Foto’s verskaf * Pryse is voorgestelde pryse en kan wissel van winkel tot winkel

By ’n herbesoek aan roetes en ruïnes word dit duidelik: ’n geskiedenis is geknoei vir selfbehoud


RESENSIES

Bure van nature, Hennie

Broken (in the best

Songbirds, Christy

Photo Tales: Wildlife

Danica Gouws,

van Deventer (Protea

possible way), Jenny

Lefteri (Bonnier, R330)

Photo Stories from

SARIE-leser van

Boekhuis, R250)

Lawson (Picador, R348)

Nisha, ’n au pair uit

Africa (Volume 2),

Kaapstad

Dié afgetrede

Lawson, ’n depressielyer,

Indië, werk op Ciprus

saamgestel deur

koerantredakteur en

is bekend daarvoor

vir Petra. Petra vererg

Heinrich, Philip en

skrywer se gunsteling-

dat sy haar stryd teen

haar wanneer Nisha

Ingrid van den Berg

Circus of Wonders,

kuierplek is die huis

dié siekte humoristies

een Maandagoggend

en Ronél Bouwer (HPH

Elizabeth Macneal

wat hy en sy vrou,

uitbeeld om ander lyers

nie betyds opdaag om

Publishing, R395)

(Picador, R330)

Tokkie, in ’n private

te verseker dat hulle nie

haar dogter, Aliki, skool

Die eerste volume van

Dis die Victoriaanse

natuurreservaat langs

alleen is nie.

toe te neem nie. Teen

dié boek met foto’s en

era en op elke dorp

die einde van die dag

stories deur gereelde

staan die mense tou

die Sabierivier naby die

Sy beskryf situasies

Paul Krugerhek besit.

in haar daaglikse lewe

is Nisha steeds soek en

besoekers aan Suid-

vir ’n skouspel van

Sabiepark is al 20 jaar

wat jou laat skaterlag:

kan Petra nie die gevoel

Afrika se wildtuine

sirkusvertonings en

deel van hul familielewe.

soos toe sy haar skoen

afskud dat iets fout

was so gewild, dat

grillerige uitstallings.

In die bundel vertel

(vir die soveelste maal)

is nie. Nisha het haar

daar nou ’n tweede

hy met passie van hul

in ’n hysbak verloor

nog nooit voorheen in

een is. Wanneer jy na

met geboortemerke wat

wedervaringe met hul

het; die keer toe sy

die steek gelaat nie en

die uitmuntende foto’s

haar vel oortrek, word

bure van nature: van

vir haar honde skoene

sal nie sommer net so

kyk, kan jy nie glo dis

aan Jasper Jupiter’s

insekte, voëls en slange

moes koop; asook ’n

verdwyn nie.

deur amateurfotograwe

Circus of Wonders

tot leeus en olifante. As

samestelling van twiets

Wanneer Nisha se

geneem nie.

verkoop. Sy word

jy hou van veldstories

van aanhangers wat húl

kêrel, Yiannis, haar ook

Daar’s dramatiese

en mens en dier wat

verleë oomblikke deel.

begin soek, besef hulle

tonele van leeus wat

geselskap en is gou die

sy gaan dalk nooit weer

op ’n prooi toeslaan, ’n

ster. Vir die eerste keer

mekaar van naderby

Aan die ernstige kant

’n Jong meisie, Nell,

deel van die reisende

leer ken, is die boek

vertel sy ook van ’n

haar opwagting maak

trop buffels wat ’n leeu

in haar lewe voel sy sy

vir jou. Deel van die

onbesorgde gesondheid-

nie. Yiannis het sy eie

verwilder, en ’n luiperd

hoort iewers.

lekkerlees-ervaring

stelsel wat haar telkens

geheime en glo haar

wat die aftog moet

is die spitsvondige

in die steek laat.

verdwyning het dalk

blaas teen ’n ystervark.

en lewendige wyse

Lawson vermenslik

waarop Van Deventer

dít wat baie van ons in

sy liefde en respek vir

die regte lewe deurgaan.

die natuur deel. Feite

Die mooi van die boek

word behendig by die vertellings ingeweef. Dit maak nie saak of jy ’n ou besoeker aan

met sy bedrywighede

bereid om die kollig met haar te deel

vreemdste gesigte is

nie, hy is immers die

dié van ’n bobbejaan-

sirkusmeester. Hy

hulle Nisha is nie die

mannetjie wat ’n

spartel om sy mag en

lê in haar onwrikbare

enigste vermiste au pair

leeuwelpie in ’n boom

aansien te behou, maar

hoop te midde van haar

op die eiland nie.

indra en die welpie

toe hy uitvind sy broer

versorg soos wat hy

en enigste vertroueling,

verhaal fokus op

’n bababobbejaan sou

Toby, is verlief op Nell, is

versorg.

dit die laaste strooi.

beproewinge. Sy dra die boek op

te doen.

Een van die

Jasper is egter nie

In hul soektog ontdek

Die deernisvolle

die park is of nog nooit

aan haar man. Sonder

verhoudings en wys

daar was nie, jy sal die

sy aanmoediging sou

hoe maklik dit is om die

boek terdeë geniet.

sy dalk nie opgehou

mense naaste aan jou

mooiste foto’s dié van

Jasper en Nell kan

Gert J. Venter

Netflix kyk en die boek

as vanselfsprekend te

die olifante. Daar is

kies, en waartoe is Nell

klaargeskryf het nie.

aanvaar.

net iets magies aan die

alles in staat om te

Chantelle van der Merwe

Antoinique van Staden

kolosse van die veld en

keer dat iemand haar

ek is elke keer ontroer

nuwe lewe verwoes?

om te sien met hoeveel

Dis ’n meesleurende

omgee die olifantkoeie

verhaal van jaloesie,

na hul kleintjies omsien.

mag en lojaliteit wat die

Phyllis Green

verbeelding aangryp.

Om meer oor skrywers en boeke te lees besoek SARIE.com

Vir my bly van die

Sal Toby tussen

blaai om >


BOEKUITTREKSEL Sien bl. 142

As jy vreemdes liefkry . . .

n Wilna Adriaanse se nuwe roman, Vlug (Tafelberg, R320), wonder die hoofkarakter, Milla Roux, “hoe dit moontlik is om vreemdes so lief te kry asof julle bloed van mekaar is”. Dié veearts smee onwillekeurig bande met die mense by die rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Vyf jaar tevore het sy ’n traumatiese ervaring in Suid-Afrika beleef, en die pad gevat. Noordwaarts, sonder ’n plan. Sy wou net wegkom van haar hartseer. By die rehabilitasiesentrum is sy onvoorwaardelik aanvaar. Sonder dat sy wou, het sy emosioneel betrokke geraak by die sjimpansees en probeer nou deur haar werk ’n verskil maak aan die lot van dié bedreigde diere. Die onstuimige politieke klimaat bemoeilik egter die taak. Toe die sentrum in die kruisvuur van regeringstroepe en rebelle-organisasies beland, slaan sy weer op die vlug. Vergesel van dokter Graham Saunders van Dokters Sonder Grense wat toevallig by die sentrum was nadat hy sy basis moes ontruim. Hulle vlug per voertuig met drie klein sjimpansee-wesies. Die verhaal raak temas aan van menseverhoudings, trauma, oorlewing en veral vlugtelingskap. Boeiend en aksiebelaai tot op die laaste bladsy. Boekeredakteur Phyllis Green het per e-pos met Wilna gesels.

Wat was die vonk vir die verhaal? Ek het nie altyd een nie. Soms meld ’n karakter stilweg aan, en gaan net nie weg nie. Milla was een van dié wat net haar opwagting gemaak het. Ek was nie heeltemal seker wat alles met haar gaan gebeur nie. Ek het net haar hartseer backstory geken. Wanneer jy van O.R. Tambo Botswana toe vlieg, deel jy ’n vertreksaal met passasiers na verskeie ander Afrika-bestemmings. Dalk is Milla daar gebore, ek weet nie. Ek wonder dikwels oor ander passasiers, maak vir elkeen ’n storie op. Die titel, Vlug, dra swaar aan simboliek. Die titel het eintlik outomaties saam met die inhoud gekom. Ek het die laaste klompie jare baie tyd in vliegtuie spandeer. Dis ’n manier van reis wat my nog altyd gefassineer het. Die blik op die wêreld, die verwydering tussen jou en wat ook al daar onder aangaan.

140 | Januarie/Februarie 2022

Die feit dat jy net ’n vertrek- en aankomspunt het. Die tussenin maak amper nie saak nie. Dan op ’n dag ry jy die roete met ’n motor en beleef die landskappe. Jy sien huise, lowergroen landerye, droogte, bruinvaal dorpies met verwaarloosde kinders, vervalle strate. Jy beleef die wêreld in al sy fasette. In ’n voertuig is daar nog ’n mate van skeiding tussen jou en die wêreld om jou. Jy kan nie help om dan te wonder hoe dit voel om per voet te vlug nie. Dis interessant dat die woord vlug uiteenlopende betekenisse het. Waarom vlug Milla van alle plekke na die DRK en nie Europa nie? My ervaring is dat jy ná ’n traumatiese gebeurtenis dikwels ’n tyd lank op ’n outomatiese stelling funksioneer. As sy na ’n Europese land toe gegaan het, sou dit beplanning verg, sy sou

SARIE.com

Wilna Adriaanse

oor haar toekoms moes besluit, dinge soos visumaansoeke moes doen. Om klere in ’n kar te gooi en te ry verg nie baie beplanning nie. Dit impliseer eintlik eindelose moontlikhede. Met ’n voertuig kan jy omdraai ook, of met ’n ander roete terugkom. In die verhaal word dit duidelik dat sy nie met ’n plan gery het nie. Hoe het jy jou navorsing aangepak? Ek lees so wyd ek kan oor ’n plek. Veral die laaste jare was ek bevoorreg om baie mense te kon ontmoet wat in Afrikalande werk of gewerk het. Ek’s ’n skaamtelose uitvraer en hoor dikwels interessante stories. Alles wat ek hoor, sien en ervaar, beland in ’n soort storieopgaardam waaruit ek put terwyl ek skryf. Feite is belangrik, maar ek vind dat my emosie rondom die verhale wat ek hoor, ’n groot rol speel wanneer ’n storie gedaante kry. Waarom trek Milla haar die lot van die diere so intens aan? Een karakter sê as jy eenkeer met empatie in ’n dier se oë gekyk het, kan jy nie weer wegstaan van hul pyn af nie. Omdat Botswana, waar ek woon, in ’n groot mate ’n bewaringsgebied is, kry jy hier meer dikwels te doen met mense wat ongelooflik toegewy is aan die bewaring van en hulp aan diere. Milla vertel vir Graham die ander het haar gewaarsku om nie té betrokke te raak nie, maar sy kon nie help nie. Haar eie verlies het waarskynlik meegebring dat sy soveel empatie met die diere se swaarkry het. Lees die volledige onderhoud met Wilna op SARIE.com

Foto van Wilna deur Brenda Veldtman

I

Of hulle wil of nie, mense vorm emosionele verbintenisse met mekaar. Dis in die aard van menswees


NET GOEIE NUUS - MAAK JOU WINSKOOP ’N WERKLIKHEID

“Hallo, ek is Charlize. Kyk watter afslag en winskopies het ek raakgeloop.”

M1

FINES4U

BEMARK JOU PRODUK

Gratis oudit vir jou of jou maatskappy Die nagmerrie van verkeersboetes. Fines4U rig deur die regte kanale vertoë om vermindering of die afskryf van jou boetes. Gratis oudit vir jou of jou maatskappy se uitstaande boetes, plus ’n administratiewe afslag.

Jy betaal nie vooraf om jou produk op Bargain Bulletin te bemark nie ... Jy betaal net as en wanneer jou produk of diens verkoop. Vir volledige inligting gaan na ons webtuiste:

www.bargainbulletin.co.za

*SMS M1 en jou naam na 48 404

M14

SONKRAG-STELSEL Slegs R64 750

Bespaar R7 200

M20

Totsiens, beurtkrag! Die mees effektiewe sonkrag-stelsel is nou bekostigbaar. SIB Warehouse bied 6 sonpanele, die Sunsynk Inverter plus ’n Shotobattery teen ’n kragtige 10% afslag. Ook maandeliks afbetaalbaar.

*SMS M14 en jou naam na 48 404

CSN-GEWIGSVERLIESPROGRAM

Slegs R2 599

Gratis CSN-botoksroom ter waarde van R499 Verloor soveel as 15% van jou huidige liggaamsmassa in net 30 dae! Die veiligheid en effektiwiteit van CSN se drastiese vetverliesprogram is wetenskaplik bewys in ’n kliniese studie. Geen oefening en geen hongerpyne!

*SMS M20 en jou naam na 48 404 *R1,50 per SMS • B’s en V’s geld

Kontak ons gerus self as jy ’n winskopie op Bargain Bulletin se unieke platform wil bemark. Gaan na ons webtuiste vir meer inligting.

www.bargainbulletin.co.za


Vlug

DEUR WILNA ADRIAANSE

Milla wil opstaan, maar haar arms en bene verstaan nie die opdrag nie. Sy wens die geskree wil ophou sodat sy kan dink. Sy proe steeds stof en ruik iets wat brand. Om haar is daar ’n geskarrel, en dan voel sy hoe sy opgelig en haastig weggedra word. Dis vreemde hande, en ’n vreemde lyf wat haar vashou, en sy wil wegbeur. “Hou op spartel,” hoor sy Graham Saunders naby haar oor sê. “Sit my neer. Ek moet gaan help.” Sy is nie seker waarmee nie. Wat het gebeur? Waarmee was sy besig toe sy geval het? Sy sukkel om deur die dowwe kol in haar brein te dink. “Jy is gewond. Hoe meer jy woel, hoe meer bloed verloor jy.” Milla hoor sy woorde, maar dit maak nie sin nie. Hoe kan sy gewond wees en geen pyn voel nie? Daar is net ’n eienaardige lamheid in haar sy. Sy hoor ’n deur oopgaan, ander stemme, en voel dan hoe sy op iets hard neergesit word. Sy besef hulle is in die kliniek en sy lê op die staalarea wat sy as ’n ondersoek- en operasietafel gebruik. Agnes en Paulina se gesigte kom en gaan voor haar. Paulina hou nie vir ’n sekonde op met praat nie. Agnes se hande fladder soos iemand wat vat en los, vat en los. “Help my met die hemp,” hoor sy Graham Saunders bevele gee. “Nee, knip sommer oop, daar is nie tyd om die knope los te maak nie.” Milla hoor hoe die materiaal onder die skêr meegee, en dan voel sy vir die eerste keer pyn toe hy die hemp wegvou. Sy hande is koel teen haar warm vel. “Jy is baie gelukkig. Dis ’n vleiswond en die koeël het al die belangrike organe gemis.” Sy wil opstaan, maar hy druk haar terug. “Dit beteken nie jy kan opstaan nie. Ons moet die wond vinnig skoon kry. Die laaste ding waarmee ons nou wil sit, is infeksie.” Hy vra vir Agnes water, en Milla hoor hoe hy Paulina stuur om sy noodhulptas te gaan haal. “Wat het gebeur?” wil sy weet toe die twee vroue uit is en hy besig is om haar hemp verder uit te trek. “Hier was ’n aanval. Jy is raakgeskiet.” “Waar is die ander?” “Sover ek weet, is almal ongedeerd.”

142 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Sy wil hom vra hóé ver hy weet. Maar dan kom Agnes terug met ’n skottel water. Paulina kom ook uitasem die vertrek in met ’n groot rugsak in die hand. Op die buitekant is die teken van die slang wat om ’n staf gedraai is. Milla voel hoe die newel lig, maar sy skram nog weg van die beelde wat wil deurkom. “Ons het so groot geskrik toe jy val. Wat het jou besiel om uit te hardloop?” wil Agnes nou ergerlik weet. “Hoeveel . . . Wie is dood?” Sy sien hoe Agnes en Paulina na mekaar kyk. Dit vat ’n rukkie voor Agnes antwoord. “Ons weet nog nie.” “Jy weet ek gaan uitvind. Ek verkies om dit nou te weet.” Agnes sit haar hand op Milla se voorkop. “Hulle is nog besig om te soek.” Dan trek Milla haar asem skerp in toe Graham aan die wond raak. “Ek gaan vir jou iets inspuit vir die pyn, en om die plek effe te verdoof. Dit kan jou dalk bietjie lomerig maak, maar dis beter so. So ’n wond kan baie seer word.” Sy skud haar kop. “Ek wil nie nou slaap of lomerig word nie. Maak net klaar.” Sy draai weer na Agnes. “Wie was die aanvallers?” “Die soldate vermoed dit was ’n verkenningseenheid van ’n rebellegroep. Hulle is waarskynlik gestuur om die gebied vir moontlike hinderlae te deursoek, en natuurlik om kos in die hande te kry. Dit was blykbaar ’n klein eenheid, want hulle het dadelik op die vlug geslaan toe daar op hulle geskiet word. Een is doodgeskiet.” Milla voel haar keel dik word, maar sy huil nie. ’n Mens kan nie huil as dit so koud in jou is nie. Sy lê ’n oomblik stil en fokus op die pyn wat besig is om terug te kom. ’n Brandpyn asof iemand ’n warm yster in haar sy druk. Dis goed dat daar pyn is. Al het een van die skote haar destyds skrams getref, was sy nie werklik bewus van pyn nie. Al waarvan sy toe bewus was, was die gat waar haar ingewande veronderstel was om te wees. Dit het gevoel asof sy ’n leë dop is. “Wanneer is jy klaar?” Graham kyk ’n oomblik lank na haar, asof hy oorweeg wat om te antwoord. Sy kyk nie weg nie. “Jy gaan nou eers vir ’n dag of drie stil moet wees, anders is die kanse goed dat jy jou erger gaan beseer.” Sy draai haar kop weg en sien dat Paulina soos ’n riet bewe. “Neem haar huis toe,” sê Milla.


Agtergrond Getty Images/Gallo Images

BOEKUITTREKSEL

Agnes wil by Graham weet of hy haar nog nodig het. Toe hy sy kop skud, neem sy Paulina om die skouers en stap met haar deur toe. Milla hoor hoe Paulina begin snik. “Ek gaan vir jou ’n antibiotikum inspuit.” Milla knik en draai op haar sy sodat hy haar op die boud kan inspuit. “Ek sou verkies het dat ons jou minstens vannag op ’n drup hou.” Sy antwoord nie en toe hy klaar is, begin sy stadig regop kom. “Verstaan jy wat ek vir jou gesê het?” “Ja, maar ek verwag nie dat jy vir my verantwoordelikheid moet aanvaar nie. Help my net regop.” “Ek is nie besig om verantwoordelikheid vir jou te aanvaar nie. Ek gee jou my professionele opinie.” “En ek hoor jou.” Hy tel haar versigtig regop, maar toe sy op haar voete kom, voel sy hoe die aarde wankel en sy druk met haar hand op die tafel. Dan klaar die duiseligheid op en begin sy in die rigting van die deur skuifel. Sy tel die stukkende hemp op waar hy dit oor ’n krat gegooi het, en hy help haar dit aantrek. Binne die omheining is Ephraim en Albért besig om saam met die soldate gate te grawe. Die soeklamp is aan ’n boomtak gehang. Blare en takke lê op die grond gestrooi. Die water in die drinkbad is rooi, en teen die heining lê Chester en nog twee van die groter sjimpansee-mannetjies. Asof hulle probeer wegkom het. Verder onder ’n boom is die liggaam van die soldaat wat doodgeskiet is. Sy kop is skeefgedraai en Milla kan sy gesig sien. Die dood is bedrieglik en vervorm ’n mens se voorkoms, maar sy skat hom nie ouer as agtien nie. Ephraim sien haar en skud sy kop. “Moenie nader kom nie.” Sy ignoreer hom en stap stadig na waar Chester lê. Toe sy langs hom neersak, wil die pyn haar naar maak. Daar is hande wat haar wil help regop kom, maar sy rem terug. “Milla . . .” Ephraim se stem is hees. “Hoeveel is oor?” Hy noem twee name. “En die drie babas. Dalk het van die ander weggekom.” “Glo jy dit?” Sy streel oor Chester se kop. Hy antwoord nie. “Waarom het hulle die drie grotes doodgemaak, maar gelos?” “Ek vermoed hulle het nie teenstand verwag nie, en dis nie elke man wat so ’n groot sjimpansee alleen kan dra nie.” Haar lyf begin bewe. Ephraim se arms gaan om haar en hy tel haar op. “Ephraim . . .” “Sjuut, ons sal later praat. Jy moet nou probeer slaap. Julle moet vroeg môreoggend vertrek. Dokter Saunders sê hy sal jou iets inspuit vir die pyn.” “Julle moet ook môre vroeg ry,” sê sy. “Belowe my julle sal nie hier bly nie.” Hy knik. “As jy belowe jy sal nou in die bed gaan klim, en probeer om ’n bietjie slaap te kry.” Hy ondersteun haar

terwyl hulle hek toe stap, en toe hulle daar kom, kyk sy net een keer om. Milla luister na Agnes se asemhaling. Sy weet Agnes is wakker, maar sy vermoed sy het ook nie vannag woorde nie. Sy het net vroeër gesê die dokter het vir Paulina iets gegee om te slaap. Sy probeer voorwerpe in die kamer uitmaak, maar dié nag kom donkerder voor as gewoonlik. Sy hoor hoe Agnes se bed kraak toe sy omdraai. Die ander vrou gee ’n lang sug en dan raak alles weer stil. Na ’n rukkie hoor sy hoe Agnes se asemhaling verander. Milla kners op haar tande toe sy opstaan. Sy stap voetjie vir voetjie na waar sy weet die kamerdeur is. Daar is gelukkig meer lig in die leefkamer en kombuisie. Die agterdeur skwiek toe sy dit stadig oopmaak, maar dis stil toe sy dit wyer oopstoot. Sy is nou bly Agnes het haar gehelp om te stort voor hulle gaan lê het. En dat sy nie die inspuiting geneem het nie. Sy ervaar koue, maar sweet slaan op haar bolip uit toe sy die deur agter haar toetrek. Sy staan ’n oomblik stil. Luister, en kyk om haar rond. Maar sy gewaar niemand nie, en glip om die hoek en stap agter die huisie om kliniek toe. Sy gaan staan toe die bries sagte stemme na haar toe aandra, maar dan besef sy dis die twee soldate wat weer om die vuur sit. Sy weet nie wanneer sy die plan gemaak het nie. Toe sy gaan lê het, het sy gevoel hoe ’n magteloosheid oor haar neersak. Sy kon die mislukking proe, en hoe swaar ook al, sy het geweet daar is nie ’n ander opsie nie. In die uur of wat terwyl sy en Agnes probeer slaap het, het sy gevoel hoe alles in haar skreeu. In opstand kom. Agnes se asemhaling was ’n teken van lewe en terwyl sy self leef, moet sy iets probeer doen. In die kantoor skakel sy haar flits aan, en sit dit só neer dat niemand dit hopelik van buite kan sien nie. Dan begin sy pak. Soveel mediese voorraad as wat sy kan. Melkformule. Alles waaraan sy kan dink. Sy haal die Cruiser se spaarsleutel van die hakie agter die deur af en sluip weer om die hoek na die afdakke toe. Die heen en weer lopery laat haar soms naar voel, maar dan skud sy haar kop, staan ’n oomblik en gaan dan weer aan. Toe sy alles gelaai het, trek sy die skryfblok nader en skryf haastig ’n boodskap. Moenie vir my kwaad wees nie – ek kan nie anders nie. Ek moet probeer om hierdie drie kleintjies ’n kans te gee om te lewe. Ons elkeen het ’n doel in die lewe en ek dink dít is myne. * Vlug deur Wilna Adriaanse word uitgegee deur Tafelberg en kos R320 by boekwinkels. Wees op die uitkyk vir die SARIE Maart/April-uitgawe waarin jy Vlug as deel van ons SARIE Boekbederf kan bestel.

SARIE.com

Januarie/Februarie 2022 | 143


Komeetstert

Ondersteuning

Lewe (prefiks)

Dus

Beskaaf

'n Sport

Kragtig

Gesondheidsoord

Reusagtige

Indring

SA aktrise (4,6)

Tien (Rom.)

Vat so!

Gaatjie

Plat visse

Insake

Graveerkunswerk

Bevrugte eierselle

Vaartuig in die Bybel

Iridium (simbool) . . . en vloed

Groep sangers

Inhamme Akkerboom

Koud word

Ses (Rom.) Vol betekenis

Noodgevalle

Irritasie

Skaam jou! (3,1)

Ná April

Ooi se kind

Verorber (dier)

Oplig Fonteine

Stroom

Regop

Sag

Geregte

Edisie (afk.) Dissipline

Krone

Gelyk (3,3,3)

Organiseer Amper

Artikel

Penvloeistof

Eensaam Doen chirurgie

Bak brood daarvan

Die gebaande . . . volg

Huwelik

Porsie Ondertoe

Tandaanpaksel

Simbool

Iedere

Poegaai

Kamtig

Gawe

Paar

Serie

Astaat (simbool)

Kleurstof aanwend

. . . ere van

Gewyde portret

Beswadder

Die vere maak nie die . . . nie

Aardliewend

Dwaas

Fluitspeler

Was in staat

Reeds Huil

Onsin

Solfanoot

Gemeensaam

Tabberd

Eiser

Dut

Energiebron Geen . . . hê nie

SA akteur (2,5,7)

Asook

Aantrek

Klein bietjie

Verliefdheid

Moet

Raai Suurmelk Gallium (simbool)

Koerante en tydskrifte, bv.

Ellendig

SuidAfrika (afk.)

... Salvador

Kennis

Pluk

ie uit nie

Waar daar 'n . . . is, is daar 'n weg

Jou dors ... Plegtige verklarings

Een meer as 'n halfdosyn

Vark

ekrompe

Skaam Wyd oop

NAAM STRAATADRES POSKODE TELEFOON BLOKRAAI 1 STUUR DIE VOLTOOIDE BLOKRAAI NA: SARIEBLOKRAAI@SARIE.COM MET BLOKRAAI 1 IN DIE ONDERWERPVELD

144 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Saamgestel deur Gerda Engelbrecht Foto’s Danie van Rensburg, Jenni Elizabeth

Die . . . ore wees

Rumoer

Die uwe


BLOKRAAI

1 tot 9 bevat – sonder dat een van die syfers herhaal

1 2 6 3

of uitgelaat word in die ry, kolom of vierkant. Oplossing onder.

BLOKRAAI 4 OPLOSSING & WENNERS

5 3 6 9 8 1 7 4 2

8 9 1 7 4 2 6 3 5

D A A O N H R E F

T B S T E O L R T J A E D S E E L O R E K N T S L U E R E N

4 2 7 3 6 5 1 8 9

F R U W E

K G O L T O A N T N T E A D G O O M E S I T S E T E D R U O E G T

V E R V R O L I K I M P E R I A L I S

9 6 5 2 3 7 8 1 4

T F A M V E L E O T J I S E

G O R W E P L U I D S M E I S U E E L N M R E P A K K S R I E R P K N U U U T G R I L I A S L P A B O E R W O E R A A S E P N A T W N E D I E P T O E E E R E W I E R E G T E R E P E W E S A T

2 4 8 6 1 9 3 5 7

* Pryse van boeke is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel

afwaarts en elke vierkant van 9 blokkies die syfers

8 5 1 7 9

9 3 8

Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom

3

7 1 3 8 5 4 9 2 6

OM DEEL TE NEEM: Die blokraaisel op bl. 144 is die een wat jy moet voltooi om vir die pryse in ons wedstryd in aanmerking te kom. Werknemers en hul gesinne van NB-Uitgewers, Media24 (SARIE se moedermaatskappy) en hul reklamemaatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied die wedstryd namens NB-Uitgewers aan as ’n diens aan haar lesers. NB-Uitgewers voorsien en is verantwoordelik vir die pryse.

5

SUDOKU NR. 1

5 8 3

6 8 9 4 2 3 5 7 1

Sluitingsdatum: 4 Februarie 2022

7 2 5 1

2 1 4 3

3 5 4 1 7 6 2 9 8

Nog 5 SARIE-lesers kan elk Marinda se kinderkombuis deur Marinda Engelbrecht (Human & Rousseau, R260) wen. Benewens resepte in dié kleurryke kookboek, is daar ’n skatkis van wenke oor kookterapie en die voordele daarvan vir kinders, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier kan help met wiskunde, wetenskap, lees- en skryfvaardighede en ander skoolvakke. Leer saam met Sjef Sout hoe om ’n oondomelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in ’n bottel te pak, en die heel mooiste kolwyntjies te versier. Dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word ’n laboratorium wanneer hy wys hoe om ’n kleureskouspel met melk op te tower, ’n eier in ’n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog vele meer.

6

SARIE.com

O F O E R I S I P E B S A M E L E L S O O T N O R R Y U D I V O E E T T M E M E R E R A R S E T E N

1 7 2 5 9 8 4 6 3

5 gelukkige SARIElesers kan elk die boek Vlam deur Sidney Gilroy (Human & Rousseau, R290) wen. Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is weg Lesotho toe. Terwyl Parkwegstasie se voorste speurder in ’n gastehuis wakker lê en tob oor sy aandeel, brand die Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af. Haar oeuvre, ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha. Was dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk?

T E K O R T S M E E S O E K M E T

5 SARIE-lesers wen elk die boek Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer (Human & Rousseau, R325):

Tersia Botha, Wesstraat 28, Jordaanpark, Heidelberg, Gauteng; Elzané Schoombie, Hesperusstraat 9, Herlear, Kimberley; Mia Bekker, Plot 16A, Buffelspoort, Mooinooi; Willie van der Westhuizen, Cilliersstraat 26, Franskraal, Gansbaai; Martha du Plessis, De Wetstraat 189, Richmond Estate, Goodwood. Nog 5 SARIE-lesers wen elk die boek Marinda se koskas deur Marinda Engelbrecht (Human & Rousseau, R250):

Sanet Marais, NP van Wyk Louwstraat 33, Langenhovenpark, Bloemfontein; Magdalena Cloete, Buffalostraat 34, Sherwood, Gqeberha; Paula Becker, Brinkstraat 27, Rustenburg; A. Opperman, Jakarandastraat 22, Fochville; Annelie Jacoba van Maaswinkel, Culemborgstraat 30, Parow-Oos.

Januarie/Februarie 2022 | 145


Daar ry ’n spoggerige motor deur onse dorpie.

Op ’n dag sit ek in ’n lughawe se sitkamer. Naby my sit ’n ouer man. Duur skoene en ’n ontwerpersbaadjie, maar sy houding is onopvallend, beskeie. ’n Pragtige vrou, een wat die koppe laat draai, kom in en gaan sit op die oop sitplek langs hom. Hy knik hoflik toe sy met hom oogkontak maak, maar verdiep hom verder in sy boek. Toe sy opstaan om te gaan, staan hy op, ’n outydse hoflikheidsgebaar. En ek dink: Watter fantastiese man. Wat op só ’n manier respek betoon vir ’n vrou. Hier naby my drink die oom sy koffie klaar en staan op. Teleurgesteld dat hy nie ons kelnerin verower het nie, en teleurgesteld dat ek nie ag slaan op sy kyke na my, die tweede keuse, nie. Die arme man, dink ek. Oud. Én grillerig.

146 | Januarie/Februarie 2022

SARIE.com

Foto Leonie Scholtz

RIANA

Die mense op die sypaadjies gaan staan botstil om te kyk. Dié van ons wat op die koffiewinkel se stoep sit, vergeet om ons koffie te sluk. Die fietsers ry omkyk-omkyk verby, amper ry een ou in ’n lamppaal vas. Só ’n motor sien mens net in flieks en tydskrifte. Of outydse sigaretadvertensies. ’n Bloedrooi sportmotor. Afslaankap oop in die lentewind. Die enjin spin genoeglik, soos ’n groot kat. Ook ek kyk, met groeiende verstomming. Die bestuurder, wat nou voor die koffiewinkel parkeer, is ’n oompie so oud soos die berge. Sy benerige hande die ene plooie en ouderdomsvlekke. Die wind kan maar waai, sy yl grys haartjies bly soos dit is. Alles aan hierdie prentjie is verkéérd. Dit moet mos ten minste Casanova self wees wat agter daardie stuur sit? En langs hom ’n vrou wat lyk soos ’n silwerdoekgodin van weleer, iemand so sensueel soos Sophia Loren. Of Rita Hayworth, met ’n donkerbril en hare waaruit vuurvonke spat. Skaam kry ek vir myself, want ek is nou gruwelik skuldig aan diskriminasie. Ouderdomsdiskriminasie. En stereotipering. Dis mos nie SCHEEPERS net jong, pragtige liggame wat uit ’n sportmotor kan klim nie? Natuurlik mag die oompie met sy duur sportmotor rondpronk, dis sy geld. Die mense van ons dorpie hou die motor en sy bestuurder met groot belangstelling dop. Dat hy bewus is van die aandag, is baie duidelik. Maar hy het ’n houding aan hom, een wat my nie juis aanstaan nie. My ouma sou hom een kyk gegee het en gesê het: Hy het nie ’n mooi lyk aan hom nie. Want van die oomblik dat ons kelnerin hom ontvang, flankeer hy met haar. En nie op ’n elegante manier nie. Hy noem haar “Jou oulike ding” en knyp guitig aan haar wang. Hy vat met sy benerige hand aan haar arm. Té lank en té intiem. Hy kyk na haar op ’n manier wat slymerig is. Sy hou nie daarvan nie. Ek ook nie. Ek moet my bedwing om nie iets te sê nie. Gelukkig is ons kelnerin bedrewe in die kuns van ontwyking, want sy sorg dat sy wegbly. Dit is haar manlike kollega wat sy koffie bring, al vra hy ewe ongepoets vir hom waar sy girlie is. Ek sit en stoom. Wat is dit met sekere ouer mans? Wat dink dat hulle onweerstaanbaar vir alle vroue is, veral as hy ’n deftige kar het? Besef hulle nie dat sommige vroue yskoud en hoflik sal bly, maar dat die meeste hom teen dié tyd al ’n klap sou gegee het nie? Miskien moet ek eendag ’n gids skryf. Wat vroue nié wil hê nie. Subtitel: Veral nie van ou mans nie. Dié gids gaan redelik omvattend wees, vermoed ek, want daar is baie skrikverhale uit die werklike lewe. Maar as ek dit kort en kragtig moet maak, sal die ouer, manlike leser wel die boodskap kry: Hou op flankeer, dis onaanvaarbaar. (Om sommer prontuit te sê, dis grillerig.) Wees vriendelik, nie vatterig nie. Tree op soos ’n heer, dan gesels ek graag met jou. (Maar net as jy nie jou storietjie die tiende keer oorvertel nie.) En miskien die belangrikste: Dis nie sleg om oud te wees nie, maar leef daarvolgens.



TAG HEUER BOUTIQUES SANDTON CITY 011 784 7422 - V&A WATERFRONT 021 421 8539 FOR FURTHER INFORMATION PLEASE CALL 011 669 0500 PICOTANDMOSS.CO.ZA


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.